Reekse

Die Wederkoms is nie die Einde nie (2019)

Die Wederkoms is nie die Einde nie (2019)

– Banie Swanepoel:

Ons het ons eie gedagtes en ons eie idees van wat die Wederkoms is en hoe dit gaan wees. Meeste van die tyd het ons geen idee nie en dink ons sal maar wag en kyk as Yahshua kom.

Ons weet nie of ons hemel toe gaan nie. Ons weet nie of ons almal in geeste gaan verdwyn nie. Ons weet nie of ons hele lewe ge-“reset” gaan word en of ons superwesens gaan wees, of ‘n ander gedagte gaan hê nie…

Ons weet niks, maar ironies genoeg is dit in die Skrif, maar soos met alle goed in die Woord van ons VADER wat Hy vir ons geskryf het, bedek die Satan dit, sodat ons dit nie moet sien nie.

 

001 Die wederkoms is nie die einde nie

(Wat die Satan vir ons bedek.) 21-04-2019

SKRIFGEDEELTES GEBRUIK:

Handelinge 1:4  En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. 5  Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie. 6  Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? 7  En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; 8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. 9  En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. 10  En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, 11  wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het. 

Openbaring 19:11  Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. 12  En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. 13  En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. 14  En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. 15  En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige. 16  En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here. 17  En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God, 18  dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot. 19  En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër. 20  En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. 21  En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees. 

Openbaring 20:1  En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. 2  En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, 3  en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word. 4  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. 5  En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. 6  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank. 

Daniël 2:42  En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is—’n gedeelte van die koninkryk sal hard en ‘n gedeelte sal bros wees. 43  Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het—hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie. 44  Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan— 

Daniël 7:23  Só het hy gesê: Die vierde dier—die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koninkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel. 

Daniël 7:26  Maar die gereg sal sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig. 27  Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees. 

Jesaja 49:8  So sê die HERE (Yahweh): In die tyd van die welbehae het Ek (Yahweh) U (Yahshua) verhoor, en in die dag van heil het Ek (Yahweh) U (Yahshua) gehelp; en Ek (Yahweh) behoed U (Yahshua) en gee U (Yahshua) as ‘n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe; (Handelinge 1:6 Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?)  9  om te sê aan die gevangenes: Gaan uit! aan hulle wat in duisternis is: Kom te voorskyn! By die paaie sal hulle wei, en op al die kaal heuwels sal hulle weiveld wees. 10  Hulle sal geen honger en geen dors hê nie, en die woestyngloed en die son sal hulle nie steek nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei en hulle saggies aanbring na die fonteine van water. 11  En Ek sal al my berge tot ‘n weg maak, en my grootpaaie sal opgevul wees. 12  Kyk, hulle hiér kom van ver, en kyk, hulle dáár kom van die noorde en van die weste, en hulle dáár kom uit die land van die Siniete. 13  Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge breek uit in gejubel! Want die HERE het sy volk getroos en ontferm Hom oor sy ellendiges. 14  Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet! 15  Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie! 16  Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My. (Matthéüs 1:21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.) 17  Jou seuns kom gou, maar jou verwoesters en jou vernielers sal van jou af wegtrek. 18  Slaan jou oë rondom op en kyk: hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe! So waar as Ek leef, spreek die HERE, sekerlik sal jy hulle almal aansit soos ‘n versiersel, hulle ombind soos ‘n bruid. 19  Want jou puinhope en jou verwoeste plekke en jou verwoeste land—sekerlik, nou sal jy te nou wees vir die inwoners, en die wat jou verslind het, is ver weg! 20  Nog sal die kinders waarvan jy beroof is, voor jou ore sê: Die plek is te nou vir my; maak vir my plek, dat ek kan woon! 21  Dan sal jy in jou hart sê: Wie het vir my hierdie kinders gebaar, aangesien ek kinderloos en onvrugbaar was, verban en verstote? En wie het hulle grootgemaak? Kyk, ek het toe alleen oorgebly; hierdie kinders—waar was húlle? 22  So sê die Here HERE: Kyk, Ek sal my hand ophef na die nasies en my banier opsteek na die volke; dan sal hulle jou seuns aan die boesem bring, en jou dogters sal op die skouer gedra word; 23  en konings sal jou oppassers wees, hulle vorstinne jou pleegmoeders; hulle sal voor jou neerbuig met die aangesig na die aarde toe en die stof van jou voete lek; en jy sal weet dat Ek die HERE is, dat hulle nie beskaamd staan wat My verwag nie. 24  Sal van ‘n held die buit afgeneem word? Of sal die gevangenes van ‘n regverdige ontvlug? 25  Waarlik, so sê die HERE: Ja, die gevangenes van die held sal afgeneem word, en die buit van die tiran sal ontvlug; en jou bestryder sal Ék bestry en jou kinders sal Ek verlos. 26  En Ek sal jou verdrukkers hulle eie vlees laat eet, en van hulle eie bloed sal hulle dronk word soos van mos. Dan sal alle vlees gewaar word dat Ek, die HERE, jou Heiland is, en jou Verlosser die Magtige van Jakob. 

Jesaja 51:1  Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is. 2  Aanskou Abraham, julle vader, en Sara, wat julle gebaar het; want as eenling het Ek hom geroep en hom geseën en hom vermenigvuldig. 3  Want die HERE vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die HERE; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere. 4  Luister na My, my volk, en neig die oor tot My, my nasie! Want ‘n wet sal van My uitgaan, en Ek sal my reg vasstel as ‘n lig van die volke. 5  My oorwinning is naby, my heil trek uit en my arms sal die volke oordeel; op My sal die eilande wag, en op my arm sal hulle hoop. 6  Slaan julle oë op na die hemel en aanskou die aarde daaronder; want die hemel sal soos rook verdwyn en die aarde soos ‘n kleed verslyt en sy bewoners soos muskiete sterwe; maar my heil sal vir ewig bestaan en my geregtigheid nie verbreek word nie. 7  Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is! Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie; 8  want die mot sal hulle opeet soos ‘n kleed, en die wurm sal hulle verteer soos wol; maar my geregtigheid sal vir ewig bestaan en my heil van geslag tot geslag. 9  Ontwaak, ontwaak, beklee u met sterkte, arm van die HERE! Ontwaak soos in die dae van die voortyd, onder die geslagte van lank gelede. Is dit nie u wat Rahab neergekap, wat die seemonster deurboor het nie? 10  Is dit nie u wat die see, die waters van die groot wêreldvloed drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see ‘n pad gemaak het vir die deurtog van die verlostes nie? 11  So sal dan die losgekooptes van die HERE teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg. 12  Ek is dit wat julle troos! Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras? — 

Jesaja 52:13  Kyk, my Kneg sal voorspoedig wees, Hy sal hoog en verhewe, ja, baie hoog word. 14  Soos baie hulle oor U verstom het—so misvormd was sy voorkoms, geen mens meer nie, en sy gestalte was nie soos dié van ‘n mensekind nie— 15  so sal Hy baie nasies laat opspring, konings sal hulle mond oor Hom toehou; want wat aan hulle nie vertel is nie, sien hulle; en wat hulle nie gehoor het nie, word hulle gewaar. 

*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*

002 Die Wederkoms is nie die einde nie

(Kronologie van gebeure) 21-04-2019

Die wêreld waarin ons inpas het sekere beperkinge, bv. in die geestelike wêreld is hemelwesens. Ons kan hulle nie sien nie, maar dit beteken nie dat hulle nie bestaan nie. As ‘n engel letterlik soldate kan doodmaak (in een nag 175 000) en hy is ‘n geeswese en hulle kan hom nie sien nie, maar hy kan hulle fisies doodmaak, dan bestaan hulle.

Ons GOD bestaan, want alles wat julle met die oog kan sien, dit het Hy gemaak, maar GOD is Gees en die wat Hom aanbid, moet Hom in gees en in waarheid aanbid.

So, ons is eintlik in ‘n wêreld wat beperk is, maar dit beteken nie dat daai wêreld nie bestaan nie. Daai wêreld bestaan. Dit is ‘n ander wêreld. Paulus praat van ‘n persoon wat weggeruk was tot in die derde hemel en hy het onuitspreeklike dinge gesien. Dit beteken daai persoon het teruggekom en het dit gesien, maar kan dit aan niemand verduidelik nie, want jy kan dit nie vergelyk met dit wat op die aarde is nie.

Kom ons begin by die begin…

SKRIFGEDEELTES GEBRUIK:

1 Thessalonicense 4:14  Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. 15  Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. 16  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. 

Matthéüs 25:31  En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; 32  en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; 33  en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit. 

Jesaja 65:19  En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie. 20  Daarvandaan sal nie meer kom ‘n suigling van ‘n paar dae of ‘n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want ‘n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word. 21  En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet: 

Miga 4:1  En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom. 2  En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem. 3  En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie. 4  Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die HERE van die leërskare het dit gespreek. 5  Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos. 

Openbaring 20:7  En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; 8  en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. 9  En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. 10  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. 

Openbaring 20:11  En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13  En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15  En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp. 

1 Korinthiërs 15:22  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23  maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24  Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26  Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27  Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28  En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees. 

Openbaring 21:6  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. 7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees. 

Jesaja 55:3  Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle ‘n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid. 

Matthéüs 26:18  En Hy antwoord: Gaan na die stad na ‘n sekere iemand en sê vir hom: Die Meester laat weet: My tyd is naby. By jou sal Ek die pasga hou met my dissipels. 19  Daarop het die dissipels gedoen soos Jesus hulle beveel het, en hulle het die pasga berei. 20  En toe dit aand geword het, was Hy met die twaalf aan tafel. 

Matthéüs 26: 26  En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. 27  Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. 28  Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. 29  Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader. 

*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*{}*

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Beloftes van die Heilige Gees (2017)

Beloftes van die Heilige Gees (2017)

– Banie Swanepoel:

Ons het die Heilige Gees nodig tot baie dinge. Baie keer fokus ons op een onderwerp en sê dit is waarvoor ons die Heilige Gees nodig het. GOD ís die Heilige Gees en Hy laat vir ons die Heilge Gees na. Hy sê Hy laat ons nie as wese agter nie, maar gee vir ons Sy Gees wat ons vertroos.

Daar was ‘n tyd wat die Gees nie daar was nie en daar is ‘n tyd wat die Gees daar is. Ons is in die tyd wat die Gees daar is, maar meeste van die tyd leef ons soos weeskinders.

Wat mis ons?

001 Beloftes van die Heilige Gees

(Inleiding) 13-12-2017

TEKSVERSE GEBRUIK:

Johannes 14:27  Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie. 

Markus 4:37  En ‘n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word. 38  Maar Hy was agter op die skuit aan die een op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om eenl vergaan nie? 39  En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het ‘n groot stilte gekom. 40  Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie? 

Markus 1:7  En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom ná my, en ek is nie waardig om neer te eenl sy skoenriem eenl maak nie. 8  Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees. 

Lukas 3:16  antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om eenl maak nie—Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. 

Handelinge 1:4  En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. 5  Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie. 

Handelinge 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. 

Handelinge 2:1  En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. 2  En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, eenl het die hele huis gevul waar hulle gesit het. 3  Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. 4  En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. 

Handelinge 2:6  En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; 

Handelinge 4:31  En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die een van God met vrymoedigheid gespreek. 

Handelinge 10:44  En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die een gehoor het. 45  En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. 46  Want hulle het gehoor hoe hulle in tale eenlre God groot maak. Toe het Petrus begin spreek: 

Handelinge 11:15  En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin. 16  En ek het die een van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word. 17  As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder? 

Handelinge 8:12  Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue. 13  En Simon het ook self gelowig geword, en eenlr gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur. 14  En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die een van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur. 15  Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, 16  want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus. 17  Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang. 18  En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied 19  en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang. 

Handelinge 19:1  En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind 2  en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle eenlr hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie. 3  En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle eenlr: Met die doop van Johannes. 4  Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop eenl die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus. 5  En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. 6  En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer. 7  En altesaam was hulle omtrent twaalf manne. 

Génesis 1:1  In die begin het God die hemel en die aarde geskape. 2  En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. 3  En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. 

Psalm 33:6  Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele een. 7  Hy versamel die waters van die see soos ‘n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers. 

Rigters 6:34  En die Gees van die HERE het Gídeon vervul; en hy het op die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter eenl opgeroep. 

Rigters 15:14  Toe hy tot by Legi kom, juig die Filistyne hom tegemoet; maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword, en die toue wat aan sy arms was, het geword soos linnedrade wat in die vuur brand, en sy bande het versmelt van sy hande af. 15  En hy het ‘n vars eselskakebeen gevind en sy hand uitgesteek eenl geneem en daar duisend man mee verslaan. 

1 Samuel 10:6  En die Gees van die HERE sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in ‘n ander mens verander word. 

1 Samuel 10:10  Nadat hulle daar by Gíbea gekom het, ontmoet hom meteens ‘n groep profete, en die Gees van God het oor hom vaardig geword, eenlr onder hulle geprofeteer het. 11  En toe elkeen wat hom van gister en eergister af geken het, sien eenl saam met die profete profeteer, het die mense die een aan die ander gesê: Wat het tog gebeur met die seun van Kis? Is Saul ook onder die profete? 

Matthéüs 1:18  Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is eenlren bevind uit die Heilige Gees. 

Jesaja 40:13  Wie het die Gees van die HERE eenlren as sy raadsman Hom onderrig? 14  Met wie het Hy raad gehou, dat dié Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig? 15  Kyk, die nasies is soos ‘n eenl aan die emmer, en soos ‘n stoffie aan die weegskaal word hulle gereken. Kyk, Hy hef die eilande op soos ‘n stoffie! 

Jesaja 44:1  Maar luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het! 2  So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het! 3  Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my een op jou nakomelinge. 4  En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope. 5  Die een sal sê: Ek behoort aan die HERE; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan die HERE, en hom met die erenaam Israel noem. 

=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=

002 Beloftes van die Heilige Gees

(Geestelike Gawes) 20-12-2017

Ons wil hoor wat VADER vir ons sê. Daar is soveel opinies in die wêreld betreffende die Heilige Gees.

Ons het nie in die tyd geleef vóór die uitstorting van die Heilige Gees nie en ons kan maar net wonder hoe het daai mense geestelik gelewe?

GOD is die Gees en Hy kom woon binne ons en Hy kan net binne iemand kom woon wat perfek en sondeloos is, en in die Ou Testament was dit onmoontlik. Vir ons is dit nog steeds onmoontlik uit onsself uit, maar ons ís die Geregtigeheid van Yahshua en dáárom kan Hy in ons kom woon…

TEKSVERSE GEBRUIK:

1 Korinthiërs 12:1  En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. 2  Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is. 3  Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees. 4  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; 5  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; 6  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. 7  Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. 8  Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; 

(WYSHEID – Handelige 6:8  En Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. 9  En daar het sommige van die sogenaamde sinagoge van die Libertyne opgestaan, en van die Cirenéërs en Alexandryne, en van die mense van Cilícië en Asië, en hulle het met Stéfanus geredetwis. 10  Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie.)

(KENNIS – Handelinge 5:1  Maar ‘n sekere man met die naam van Ananías het saam met sy vrou Saffíra ‘n eiendom verkoop, 2  en ook met die medewete van sy vrou van die prys agtergehou en ‘n sekere deel gebring en aan die voete van die apostels neergelê. 3  Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?)  

1 Korinthiërs 12: 9  aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; 

(GESONDMAKING – Handelinge 19:11  En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen, 12  sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het. 18  En baie van die wat gelowig geword het, het belydenis kom doen en hulle dade bekend gemaak; 19  en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftig duisend silwerstukke was. 20  So het die woord van die Here met krag gegroei en sterk geword.)

1 Korinthiërs 12: 10  aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. 

(PROFESIE – Handelinge 21:8  En die volgende dag het ons, die geselskap van Paulus, vertrek en in Cesaréa aangekom; en ons het ons intrek geneem in die huis van Filippus, die evangelis, wat een van die sewe diakens was, en by hom gebly. 9  En hy het vier ongetroude dogters gehad wat die profetiese gawe besit het. 10  En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het ‘n sekere profeet met die naam van Agabus van Judéa afgekom. 11  En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer. 12  En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie. Handelinge 11:28  En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar ‘n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius.) 

(ONDERSKEIDING VAN GEESTE – Romeine 8:14  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. 15  Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! 2 Timótheüs 1:7  Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. Lukas 13:10  En Hy was besig om op die sabbat in een van die sinagoges te leer. 11  En daar was ‘n vrou wat ‘n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie. 12  En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos. 13  En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik. 14  Maar die owerste van die sinagoge, wat verontwaardig was dat Jesus op die sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare: Daar is ses dae waarop ‘n mens behoort te werk; kom dan op dié dae en laat julle genees en nie op die sabbatdag nie. 15  Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie? 16  Maar hierdie vrou wat ‘n dogter van Abraham is, wat die Satan—dink daaraan! —agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie?)

1 Korinthiërs 12: 11  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. 12  Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. 13  Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. 14  Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie. 15  As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? 16  En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? 17  As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? 18  Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het. 19  As almal een lid was, waar sou die liggaam wees? 20  Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam. 21  En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie. 22  Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk; 23  en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid, 24  terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee, 25  sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra. 26  En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. 27  Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik. 

=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=

003 Beloftes van die Heilige Gees

(Werking van die Heilige Gees) 26-11-2017

1 Korinthiërs 13: 1 is nogal ‘n mooi verduideliking van wat die gawes van die Gees is:  “Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword.”

Hy begin deur te sê “Al sou ek die tale van mense en engele spreek…” bedoelende deur die Heilige Gees. So tale van mense, is verskillende tale wat in die wêreld is, soos wat die Apostels met die uitstorting van die Heilige Gees gedoen het. En van engele, en dit is óók deur die Heilige Gees en dit is ‘n taal wat ‘n mens nie verstaan nie, maar die slotsom is en jy het nie die liefde nie, het jy ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword.

So, wanneer ek die gawes van die Heilige Gees gebruik en ek doen dit sonder liefde, beteken dit niks… 

1 Korinthiërs 13:2  En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. 

TEKSVERSE GEBRUIK:

1 Korinthiërs 14:1  Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer. 2  Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. 3  Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging. 4  Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente. 5  Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang. 6  Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle spreek òf deur ‘n openbaring, òf deur kennis, òf deur profesie, òf deur lering nie? 7  Net soos met lewelose dinge wat ‘n klank gee, ‘n fluit of ‘n siter, as hulle nie ‘n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal ‘n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word? 8  Want as die basuin ook ‘n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog? 9  Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal ‘n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat. 10  Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is sonder klank nie. 11  As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker ‘n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my ‘n vreemdeling wees. 12  So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente. 13  Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê. 14  Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. 15  Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing. 16  Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie? 17  Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie. 18  Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal; 19  maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in ‘n taal. 20  Broeders, moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand. 21  In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê die Here. 

(Jesaja 28: 10  Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie. 11  Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek, 12  Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie.)

1 Korinthiërs 14: 22  Die tale is dus ‘n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges. 23  As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie? 24  Maar as almal profeteer en daar ‘n ongelowige of ‘n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel; 25  en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is. 26  Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting geskied. 27  En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê. 28  Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek. 29  Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel. 30  Maar as daar iets geopenbaar is aan ‘n ander wat daar sit, laat die eerste swyg. 31  Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word. 32  En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe; 33  want God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges. 34  Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê. 

(Génesis 3:16  Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.) 

1 Korinthiërs 14: 35  Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek. 36  Of het die woord van God van julle uitgegaan, of het dit tot julle alleen gekom? 

(1 Korinthiërs 11:4  Elke man wat bid of profeteer met iets op sy hoof, doen sy hoof oneer aan; 5  maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is.) 

1 Korinthiërs 14:37  As iemand meen dat hy ‘n profeet of ‘n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is. 38  Maar as iemand onkundig is, laat hom onkundig bly. 39  Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie. 40  Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan. 

Romeine 8:26  En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE