Speellyste

Wees sterk en vol moed (31-04-2018)

Wees sterk en vol moed (31-04-2018)

– Banie Swanepoel:

Wanneer moet jy sterk en vol moed wees?

“Sterk en vol moed” impliseer dit is nie maklik nie. Job se verhaal, is vir ons die mooiste voorbeeld uit die Skrif van hoogty tot laaggety. ‘n Man wat alles in die lewe gehad het en toe in sak en as geland het…

Deuteronómium 31:1  Daarna het Moses gegaan en die hele Israel met hierdie woorde toegespreek 

Deuteronómium 31:3  Die HERE jou God, Hy trek voor jou oor; Hy sal hierdie nasies voor jou uit verdelg, en jy sal hulle uit hul besitting verdrywe; Josua, hy trek voor jou oor soos die HERE gespreek het. 

Deuteronómium 31:5  die HERE sal hulle aan julle oorgee, en julle moet met hulle handel geheel en al volgens die gebod wat ek julle beveel het. 6  Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie. 7  Toe het Moses Josua geroep en aan hom voor die oë van die hele Israel gesê: Wees sterk en vol moed, want jy sal met hierdie volk in die land ingaan wat die HERE aan hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee; en jy sal hulle dit laat erwe. 8  En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie. 

Job 1:1  Daar was ‘n man in die land Us wie se naam was Job; en dié man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad. 2  En vir hom is daar sewe seuns en drie dogters gebore. 3  Daarby was sy besitting sewe duisend stuks kleinvee en drie duisend kamele en vyf honderd paar beeste en vyf honderd eselinne en ‘n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste. 

Job 1:6  En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. 7  Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het. 8  En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad. 9  En die Satan antwoord die HERE en sê: Is dit verniet dat Job God vrees? 10  Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land. 11  Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het—waarlik, hy sal U in u aangesig seën! 12  Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE. 13  En op ‘n dag, terwyl sy seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer, 14  kom ‘n boodskapper na Job en sê: Terwyl die beeste aan ploeë was en die esels aan wei langs hulle, 15  het die Sabeërs ‘n inval gedoen en dit weggeroof, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 16  Terwyl dié een nog spreek, kom daar ‘n ander een en sê: Die vuur van God het van die hemel geval en gebrand onder die kleinvee en onder die dienaars, en dit het hulle verteer; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 17  Terwyl dié een nog spreek, kom daar ‘n ander een en sê: Die Chaldeërs het drie leërafdelings opgestel en ‘n aanval op die kamele gemaak en dit weggeroof, maar hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 18  Terwyl dié een nog spreek, kom daar ‘n ander een en sê: U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer, 19  toe daar meteens ‘n groot wind oor die woestyn kom wat die huis aan die vier hoeke gryp; en dit het op die jongmense geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 20  Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval 21  en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd! 22  By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie, 

Job 2:3  En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak. 4  Toe het die Satan die HERE geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe; 6  En die HERE sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe. 7  En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel. 

Job 3:1  Daarna het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek. 2  En Job het begin en gesê: 3  Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: ‘n Seun is ontvang. 

Job 10:18  Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat ‘n oog my gesien het. 19  Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het. 

Job 3:20  Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel; 21  wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte; 22  wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind? 

Job 4:2  As ‘n mens dit met ‘n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou—wie kan dit? 3  Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk. 4  Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk. 5  Maar nou dat dit jóu oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jóu tref, is jy verslae! 6  Is jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie? 7  Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg? 

Job 4:12  Verder is ‘n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het ‘n gefluister daarvan opgevang, 13  by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val. 14  Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe. 15  Toe skuif daar ‘n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys. 16  Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie—’n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van ‘n stem wat sê: 17  Sou ‘n sterfling regverdig wees voor God? Of ‘n man rein wees voor sy Maker? 18  Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling. 19  Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos ‘n mot. 20  Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee. 

Job 16:7  Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes. 8  En U het my gegryp—’n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my. 

Job 16:11  God gee my oor aan slegte mense en werp my in die hande van die goddelose. 12  Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel. 

Job 7:11  So wil dan ook ék my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel. 

Job 7:13  As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra, 14  dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte, 15  sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraamte van my. 16  Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid. 

Job 10:1  Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel. 2  Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis. 3  Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn? 

Job 30:1  En nou lag hulle wat jonger is as ek, my uit—mense wie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit. 

Job 30:6  In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse. 7  Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar— 8  dwase, ja, eerlose mense wat met ‘n sweep uit die land geslaan word. 9  En nou het ek hulle spotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat. 10  Hulle het ‘n afsku van my, staan op ‘n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie. 

Job 29:2  Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het; 

Job 29:9  Vorste het hulle woorde ingehou en die hand op hul mond gelê. 10  Die stem van edeles is teruggehou, en hulle tong het gekleef aan hul verhemelte. 11  Want het ‘n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het ‘n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis. 12  Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. 13  Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel. 14  Die geregtigheid was my kleed, en ek sy kleed; my reg was soos ‘n mantel en ‘n tulband. 

Job 21:19  Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel! 20  Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en sélf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige. 

Job 16:19  Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig, is in die hoogtes. 20  My vriende spot met my; uit my oog drup trane tot God— 21  dat Hy kan pleit vir ‘n man by God en as Menseseun vir sy naaste. 22  Want maar min jare kom—dan bewandel ek ‘n pad waarlangs ek nie terugkeer nie. 

Job 38:2  Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis? 3  Gord dan soos ‘n man jou heupe—dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. 4  Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het. 

Job 38:17  Is die poorte van die dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien? 

Job 41:1  Niemand is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou? 2  Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne. 

Job 42:1  Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: 2  Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie. 3  Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie. 4  Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my! 5  Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. 6  Daarom herroep ek en het berou in stof en as. 

Job 42:7  En nadat die HERE Job toegespreek het met hierdie woorde, sê die HERE aan Élifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie. 

Job 42:10  En die HERE het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die HERE het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen. 

Hábakuk 3:17  Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie— 18  nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. 19  Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Wie is Yahweh? (16-10-2016)

Wie is Yahweh? (16-10-2016)

– Banie Swanepoel:

Ken jy Yahweh vir wie Hy is, of het jy ‘n suurdeeggedagte?

Omdat ons in die Nuwe Verbond-tyd lewe, fokus ons, ons baie daarop en dink GOD het verander van die GOD van die Ou Verbond, na die GOD van die Nuwe Verbond.

Hy het nie verander nie. Hy is altyd presies dieselfde. Die verbond het verander. Sy optrede in die Nuwe Verbond is anderste as in die Ou Verbond, as gevolg van die genade, maar die karaktertrekke wat ons van GOD sien in die Ou Verbond, is wie Hy is.

TEKSVERSE GEBRUIK:

Jesaja 48:12  Luister na My, o Jakob, en Israel, wat Ek geroep het, dit is Ek; Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste. 13  Ook het my hand die aarde gegrond, en my regterhand die hemele uitgesprei; as Ek hulle roep, staan hulle daar almal saam. 

Jakobus 3:2  Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ‘n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou. 

Filippense 3:20  Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, 21  wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp. 

Psalm 50:21  Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel. 

Deuteronómium 7:10  Maar aan die wat Hom haat, aan elkeen persoonlik, vergeld Hy dit, om hom te vernietig; Hy sal met sy hater nie versuim nie, hom persoonlik sal Hy dit vergelde. 

Jeremia 5:8  Soos vet gevoerde hingste swerf hulle rond; hulle runnik elkeen na die vrou van sy naaste. 9  Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek die HERE. Of sou my siel hom nie wreek op ‘n nasie soos hierdie een nie? 

2 Konings 9:7  En jy sal die huis van Agab, jou heer, verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte, die profete, en die bloed van al die knegte van die HERE op Isébel kan wreek; 8  en die hele huis van Agab sal omkom, en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering. 

2 Konings 9:10  En die honde sal Isébel eet op die dorpsgrond van Jísreël, en daar sal niemand wees wat haar begrawe nie. Daarna het hy die deur oopgemaak en gevlug. 

Hebreërs 10:30  Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. 31  Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God. 

2 Korinthiërs 5:10  Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad. 11  Omdat ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees. 

Jesaja 53:4  Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. 5  Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. 6  Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom. 7  Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie. 8  Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom. 

1 Petrus 2:21  Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg; 22  Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; 23  wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel; 24  wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is. 25  Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele. 

Matthéüs 16:27  Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade. 

Openbaring 20:11  En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13  En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15  En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp. 

Johannes 15:1  Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. 2  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. 3  Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het. 4  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. 5  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. 6  As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. 

Efésiërs 5:14  Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. 15  Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; 16  en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. 17  Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is. 18  Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. 19  Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here, 20  terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Lydsaamheid (28-10-2018)

Lydsaamheid (28-10-2018)

– Banie Swanepoel:

Ons almal het seker ‘n redelike goeie idee wat lydsaamheid beteken, maar daar is teorie en daar is praktyk. Jy kan geloof byvoorbeeld heeltemal verstaan, maar om te glo, is nie so maklik nie.

“Lydsaamheid” is ‘n boetie van “geloof”. Met ander woorde, jy glo, maar dan hou jou geloof op, want dit waarvoor jy geglo het, gebeur nie soos jy gehoop het nie. Dan het jy lydsaamheid nodig om aan te hou glo.

Lydsaamheid, is om aan te hou…. trappie vir trappie… di’s is nodig om tot die einde toe te kan glo dat GOD goed is en jou lewe in Sy hande te kan los.

Hebreërs 10:35  Werp dan julle vrymoedigheid, wat ‘n groot beloning het, nie weg nie. 36  Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry. 

Markus 13:11  En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees. 12  En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. 13  En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 

Galásiërs 6:9  En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. 

Psalm 37:5  Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer; 6  en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag. 

Filippense 4:6  Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. 

Johannes 16:23  En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Getrouheid (05-03-2017)

Getrouheid (05-03-2017)

– Banie Swanepoel:

Getrouheid is ‘n begrip in die Skrif wat ‘n mens net baie maklik oor lees, maar het ons ‘n begrip oor wat dit beteken?

  • Is ons getrou?
  • Hoe belangrik is dit om getrou te wees?
  • Wat is die waarde van getrouheid?
  • Hoe pas ek dit toe?

1 Korinthiërs 6:20  Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort. 

1 Johannes 2:6  Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het. 

Galásiërs 5:22  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. 

Galásiërs 5:24  Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. 25  As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. 

Johannes 15:4  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. 5  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. 6  As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. 

Johannes 15:8  Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees. 

Lukas 19:12  Hy het dan gesê: ‘n Man van hoë geboorte het na ‘n ver land gereis om vir homself ‘n koningskap te ontvang en dan terug te kom. 13  En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom. 14  Maar sy medeburgers het hom gehaat en ‘n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie. 15  En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het. 16  En die eerste het verskyn en gesê: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak. 17  En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede. 18  En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde verdien. 19  En hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede. 20  En ‘n ander een kom en sê: Meneer, hier is u pond wat ek in ‘n doek weggesit het; 21  want ek was bang vir u, omdat u ‘n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maai wat u nie gesaai het nie. 22  Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie. 

Lukas 19:24  En aan die wat daarby staan, sê hy: Neem die pond van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het— 

Lukas 19:27  Maar daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood. 

1 Korinthiërs 12:1  En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. 

1 Korinthiërs 12:28  En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale. 29  Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? 30  Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê? 31  Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ‘n nog uitnemender weg. 

Matthéüs 25:31  En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; 

Matthéüs 25:35  Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; 36  Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom. 37  Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? 

Matthéüs 25:40  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. 

Lukas 13:6  En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ‘n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie. 7  Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar? 8  Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het. 9  As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap. 

Deuteronómium 7:9  Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte. 

Hebreërs 10:19  Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus 

Hebreërs 10:24  en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; 25  en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. 

1 Korinthiërs 3:5  Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het. 6  Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. 

Galásiërs  6:9  En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. 

1 Petrus 5:6  Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. 

Hebreërs 4:16  Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word. 

2 Timótheüs 2:3  Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van Jesus Christus. 4  Niemand wat ‘n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het. 5  En verder, as iemand aan ‘n wedstryd deelneem, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie. 

Matthéüs 24:45  Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee? 46  Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind. 47  Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel. 48  Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom— 49  en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink, 50  dan sal die heer van dié dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie; 51  en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande. 

Openbaring 2:10  Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. 11  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie. 

Matthéüs 10:41  Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal die loon van ‘n profeet ontvang; en wie ‘n regverdige ontvang omdat hy ‘n regverdige is, sal die loon van ‘n regverdige ontvang. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Hoop (12-06-2016)

Hoop (12-06-2016)

– Banie Swanepoel:

Hoop is ‘n begrip wat ons as gevolg van ons taal verkeerd verstaan, dat hoop eintlik ‘n wens geword het. Soos bv. as ek sê ek hoop dit gaan reën, dat ek eintlik wens dit gaan reën en dat dit sodoende eintlik nie meer ‘n waarde het nie. Soos die Engelsman sal sê, dit is “wishful thinking”.

Die hoop van die evangelie is egter iets anders.

Die hoop van die evangelie is iets wat vas is. Dit is jou hoop… jou uitkyk op die toekoms.

Om dit mooi te verduidelik, kyk ons na die wederkoms: Ek hoop nie Yahshua gaan terugkom nie, ek wéét Yahshua gaan terugkom. Dáái hoop, is ‘n vaste wete…

1 Korinthiërs 13:13  En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde. 

Hebreërs 11:1  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. 

1 Petrus 3:15  Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees; 

Prediker 9:4  Want solank as iemand by al die lewendes behoort, is daar hoop; want ‘n lewendige hond is beter as ‘n dooie leeu. 5  Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet. 

Prediker 9:7  Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met ‘n vrolike hart, want God het lankal behae in jou werke. 

Galásiërs 5:4  Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval. 5  Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop. 

Jesaja 51:4  Luister na My, my volk, en neig die oor tot My, my nasie! Want ‘n wet sal van My uitgaan, en Ek sal my reg vasstel as ‘n lig van die volke. Isa 51:5  My oorwinning is naby, my heil trek uit en my arms sal die volke oordeel; op My sal die eilande wag, en op my arm sal hulle hoop. 

Jesaja 51:7  Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is! Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie; 

Jesaja 51:12  Ek is dit wat julle troos! Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras? — 13  dat jy vergeet die HERE wat jou gemaak het, wat die hemel uitgesprei en die aarde gegrond het; dat jy gedurigdeur die hele dag bewe vir die grimmigheid van die verdrukker as hy dit daarop toelê om te verwoes? Waar is dan die grimmigheid van die verdrukker? 

Romeine 5:3  En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, 4  en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; 

Romeine 8:18  Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. 19  Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. 20  Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het 21  in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. 22  Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. 23  En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam. 24  Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? 25  Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding. 

Handelinge 27:20  En omdat die son en ook die sterre baie dae lank nie geskyn het nie, en ‘n hewige storm ons gedruk het, is eindelik alle hoop om gered te word, ons ontneem. 21  En nadat hulle lank sonder ete was, het Paulus in hul midde opgestaan en gesê: Manne, julle moes na my geluister en nie van Kreta afgevaar het nie en julle so hierdie ramp en skade bespaar het. 22  Maar nou vermaan ek julle om moed te hou, want daar sal hoegenaamd geen verlies van lewe onder julle wees nie, maar alleen van die skip. 23  Want daar het in hierdie nag by my gestaan ‘n engel van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien. 24  En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus; jy moet voor die keiser staan, en kyk, God het aan jou geskenk almal wat saam met jou vaar. 

Kollosense 1:3  Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid, 4  omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges, 5  vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie, 

1 Thessalonicense 4:13  Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. 14  Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. 

Titus 1:1  Paulus, ‘n dienskneg van God en ‘n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is, 2  in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het, 

1 Thessalonicense 5:8  Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. 9  Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus 

Efésiërs 1:17  dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, 18  verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is; 

Romeine 15:13  En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees! 

Hebreërs 3:5  En Moses was wel getrou in sy hele huis as ‘n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word, 

Hebreërs 3:6  maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou. 

Hebreërs 10:23  Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; 24  en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; 25  en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. 

1 Petrus 1:13  Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. 

1 Johannes 3:2  Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. 3  En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is. 

Hebreërs 6:10  Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien. 11  Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van die hoop tot die einde toe; 12  sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is. 

Openbaring 3:10  Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. 11  Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Josef (26-03-2017)

Josef (26-03-2017)

– Banie Swanepoel:

Josef se lewe is ‘n praktiese voorbeeld van ons lewens.

Josef het net normaal sy lewe gelei, maar VADER het hom só dramaties kon gebruik in sy lewe.

Baie keer as ons kyk na die geloofshelde, dan dink ons dit was maar net hulle…. dit is nie ons nie, maar dit is nie so nie. Wie is VADER se geloofshelde in die laaste dae?

Ons verwag Sy wederkoms. Wie gaan die fakkel dra? Wie gaan die lig laat skyn? Wie gaan vir die volk hulle voedsel op die regte tyd gee as ons almal dink, dit moet seker maar net iemand anders wees…

Génesis 45:1  Toe kon Josef hom nie langer bedwing voor almal wat by hom gestaan het nie, en hy roep: Laat almal van my af weggaan! En daar het niemand by hom gestaan toe Josef hom aan sy broers bekend gemaak het nie. 2  Daarop bars hy in trane uit, sodat die Egiptenaars en ook die huis van Farao dit gehoor het. 3  En Josef sê vir sy broers: Ek is Josef! Leef my vader nog? Maar sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle was verskrik voor hom. 4  Verder sê Josef vir sy broers: Kom tog nader na my. En toe hulle nader kom, sê hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het. 5  Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur. 6  Want daar was nou twee jaar hongersnood in die land, en daar is nog vyf jaar waarin nie geploeg of geoes sal word nie. 7  Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle ‘n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot ‘n groot verlossing. 8  Júlle het my dan nou nie hierheen gestuur nie, maar God; en Hy het my ‘n raadsman van Farao gemaak en ‘n gebieder oor sy hele huis en ‘n regeerder in die hele Egipteland. 

Efésiërs 4:1  Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, 2  met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra 3  en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede. 4  Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; 5  een Here, een geloof een doop, 6  een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is. 7  Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus. 

Hebreërs  3:1  Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus, 

2 Petrus 1:10  Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie. Matthéüs 25:31  En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; 32  en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; 

Matthéüs 25:34  Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. 35  Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; 36  Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom. 37  Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? 38  En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? 39  En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? 40  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. 41  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. 

Efésiërs 6:10  Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. 11  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. 12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. 13  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. 

Génesis 37:1  En Jakob het gewoon in die land van die vreemdelingskap van sy vader, in die land Kanaän. 2  Dit is die geskiedenis van Jakob. Josef het as seun van sewentien jaar die kleinvee opgepas saam met sy broers—hy was nog jonk—met die seuns van Bilha en die seuns van Silpa, die vroue van sy vader. En Josef het die slegte gerug oor hulle na hulle vader oorgebring. 3  En Israel het Josef meer lief gehad as al sy seuns; want hy was vir hom ‘n seun van die ouderdom; en hy het vir hom ‘n lang rok met moue gemaak. 4  Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vriendelik met hom praat nie. 5  Ook het Josef ‘n droom gehad wat hy aan sy broers vertel het. Daaroor het hulle hom nog meer gehaat. 

Génesis 37:7  Kyk, ons was besig om gerwe te bind op die land toe meteens my gerf gaan staan en ook regop bly staan, terwyl julle gerwe daar rondom kom en hulle voor my gerf neerbuig. 8  Toe sê sy broers aan hom: Wil jy miskien oor ons regeer? Of wil jy miskien oor ons heers? En hulle het hom nog meer gehaat oor sy drome en oor sy woorde. 9  Daarna het hy nog ‘n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog ‘n droom gehad—die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig. 10  Toe hy dit aan sy vader en sy broers vertel, het sy vader hom hard bestraf en aan hom gesê: Wat is dit vir ‘n droom wat jy gehad het? Moet ons werklik kom, ek en jou moeder en jou broers, om ons voor jou na die aarde neer te buig? 11  En sy broers was afgunstig op hom, maar sy vader het die saak in gedagte gehou. 

Génesis 37:18  En hulle het hom van ver af gesien. Maar voordat hy naby hulle kom, het hulle listig raad gehou teen hom om hom dood te maak. 

Génesis 37:20  Kom dan nou, laat ons hom doodmaak en in een van die putte gooi en sê: ‘n Wilde dier het hom opgeëet. Dan sal ons sien wat van sy drome word. 21  Toe Ruben dit hoor, het hy hom uit hulle hand gered deur te sê: Laat ons hom nie doodslaan nie. 

Génesis 37:24  en hulle neem hom en gooi hom in die put. Maar die put was leeg; daar was geen water in nie. 

Génesis 37:26  Toe sê Juda aan sy broers: Watter voordeel is dit dat ons ons broer doodmaak en sy bloed verberg? 27  Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister. 28  En toe die Midianitiese koopmans verbykom, het hulle Josef uit die put uit opgetrek en uitgehaal en Josef aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer. En húlle het Josef na Egipte gebring. \

Génesis 37:31  Toe neem hulle Josef se rok, en hulle slag ‘n bok en steek die rok in die bloed, 32  en hulle stuur die lang rok weg en laat dit na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gevind. Kyk tog goed of dit die rok van u seun is of nie. 

Génesis 37:34  Toe skeur Jakob sy klere en trek ‘n roukleed om sy heupe, en hy het oor sy seun gerou, baie dae lank. 

Génesis 37:36  En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Pótifar, ‘n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag. 

Génesis 39:2  En die HERE was met Josef, sodat hy ‘n voorspoedige man was; en hy het in die huis van sy heer, die Egiptenaar, gebly. 

Génesis 39:4  het Josef guns in sy oë gevind en hom gedien; en hy het hom aangestel oor sy huis, en alles wat in sy besit was, aan hom oorgegee. 

Génesis 39:6  En hy het alles wat syne was, aan Josef oorgelaat, sodat hy met sy hulp van niks kennis geneem het nie as net van die brood wat hy geëet het. En Josef was skoon van gestalte en mooi van aansien. 7  Ná hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my. 8  Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee. 9  Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God? 

Génesis 39:12  Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop. 

Génesis 39:14  roep sy na haar huisgenote en sê aan hulle: Kyk, hy het vir ons ‘n Hebreeuse man hier gebring om met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het hard geskreeu; 

Génesis 39:19  Toe sy heer die woorde hoor waarmee sy vrou hom aanspreek: So en so het jou kneg aan my gedoen—het hy baie kwaad geword; 20  en die heer van Josef het hom laat vang en hom in die gevangenis gesit op die plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis. 21  Maar die HERE was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis. 22  En die owerste van die gevangenis het almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en alles wat daar te doen was, het hy gedoen. 

Génesis 40:1  Ná hierdie dinge het die skinker van die koning van Egipte en die bakker hulle misgaan jeens hulle heer, die koning van Egipte, 

Génesis 40:5  En hulle het altwee ‘n droom gehad, elkeen sy droom, in dieselfde nag, elkeen ‘n droom met besondere betekenis, die skinker en die bakker van die koning van Egipte, wat in die gevangenis gevange gesit het. 

Génesis 40:14  Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed gaan, en bewys my tog ‘n guns en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit; 15  want ek is gesteel, ja gesteel, uit die land van die Hebreërs, en ek het hier ook niks gedoen dat hulle my in die gevangenis gesit het nie. 

Génesis 40:23  En die voorman van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, maar hom vergeet. 

Génesis 41:1  Ná verloop van twee volle jare het Farao gedroom dat hy by die Nyl staan; 

Génesis 41:8  Dié môre was sy gees onrustig, en hy het al die towenaars en al die wyse manne van Egipte laat roep; en Farao het aan hulle sy droom vertel, maar niemand kon dit aan Farao uitlê nie. 9  Toe het die voorman van die skinkers met Farao gespreek en gesê: Ek moet vandag my sondes in gedagtenis bring. 

Génesis 41:12  En daar was by ons ‘n Hebreeuse jongman, ‘n kneg van die owerste van die lyfwag—aan hom het ons dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging volgens sy droom gegee. 

Génesis 41:14  Toe laat Farao Josef roep, en hulle het hom gou uit die gevangenis uitgehaal, en hy het hom geskeer en ander klere aangetrek; en hy het by Farao gekom. 

Génesis 41:16  En Josef het Farao geantwoord en gesê: Niks vir my nie! God sal Farao ‘n gunstige antwoord gee. 

Génesis 41:25  Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is een en dieselfde. Wat God van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee. 

Génesis 41:39  En Farao sê vir Josef: Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie. 40  Jy moet oor my huis wees, en na jou bevel moet my hele volk hulle skik; alleen deur die troon sal ek groter wees as jy. 

Génesis 41:42  Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan die hand van Josef; en hy het hom fyn linneklere laat aantrek en die goue ketting om sy hals gehang 43  en hom laat ry op sy tweede rytuig; en hulle het voor hom uitgeroep: Pas op! So het hy hom dan oor die hele Egipteland aangestel. 44  En Farao sê vir Josef: Ek is Farao, maar sonder jou mag niemand sy hand of voet in die hele Egipteland verroer nie. 

Génesis 41:46  En Josef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte, gestaan het; en Josef het van Farao af weggegaan en die hele Egipteland deurgetrek. 

Génesis 41:56  En die hongersnood was oor die hele oppervlakte van die aarde, en Josef het alles waarin iets was, oopgemaak en aan die Egiptenaars verkoop; en die hongersnood was swaar in Egipteland. 

Génesis 42:1  Toe Jakob merk dat daar koring in Egipte was, het Jakob aan sy seuns gesê: Wat kyk julle so na mekaar? 2  En hy sê: Kyk, ek het gehoor dat daar koring in Egipte is; trek daarheen af, en koop vir ons daar koring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie. 

Génesis 42:6  En Josef was die maghebber oor die land, hy wat aan al die mense van die land koring verkoop het; daarom het die broers van Josef gekom en hulle voor hom met die aangesig na die aarde gebuig. 

Génesis 42:8  En Josef het sy broers herken, maar húlle het hom nie herken nie. 9  Toe dink Josef aan die drome wat hy aangaande hulle gedroom het; en hy sê vir hulle: Julle is spioene, julle het gekom om te kyk waar die land oop is. 

Génesis 42:21  Toe sê hulle vir mekaar: Voorwaar, ons boet nou vanweë ons broer, omdat ons die benoudheid van sy siel gesien het toe hy ons gesmeek het en ons nie geluister het nie—daarom kom hierdie benoudheid oor ons. 22  Daarop antwoord Ruben hulle: Het ek nie vir julle gesê nie: Besondig julle nie aan die seun nie? Maar julle het nie geluister nie. Kyk, so word dan ook sy bloed geëis. 23  En hulle het nie geweet dat Josef dit verstaan nie, want daar was ‘n tolk tussen hulle. 24  Toe draai hy hom van hulle af weg en ween. Daarna het hy na hulle teruggegaan en met hulle gespreek; en hy het Símeon onder hulle uitgeneem en hom voor hulle oë gebind. 

Génesis 42:36  Daarop sê Jakob, hulle vader, vir hulle: Julle beroof my van kinders. Josef is weg! En Símeon is weg! En Benjamin wil julle wegneem! Alles is teen my! 

Génesis 43:1  En die hongersnood was swaar in die land. 

Génesis 43:26  Toe Josef dan in die huis kom, het hulle vir hom die geskenk binnegebring wat by hulle was, en hulle voor hom neergebuig na die aarde toe. 27  En hy het hulle na hul welstand gevra en gesê: Gaan dit goed met julle ou vader van wie julle gespreek het? Leef hy nog? 28  En hulle antwoord: Dit gaan goed met u dienaar, ons vader; hy lewe nog. En hulle het hul eerbiedig neergebuig. 29  Toe slaan hy sy oë op en sien sy broer Benjamin, die seun van sy moeder, en sê: Is dit julle jongste broer van wie julle met my gespreek het? Daarop sê hy: Mag God jou genadig wees, my seun! 30  En Josef het gou gemaak, want sy binneste was ontroerd oor sy broer: hy het geleentheid gesoek om te ween en in die kamer gegaan en daar geween. 31  Daarna het hy sy gesig gewas en uitgekom en hom bedwing en gesê: Bring die ete op! 

Génesis 44:1  Toe gee hy bevel aan die opsigter oor sy huis en sê: Maak die sakke van die manne vol met lewensmiddele soveel as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak; 

Génesis 45:1  Toe kon Josef hom nie langer bedwing voor almal wat by hom gestaan het nie, en hy roep: Laat almal van my af weggaan! En daar het niemand by hom gestaan toe Josef hom aan sy broers bekend gemaak het nie. 2  Daarop bars hy in trane uit, sodat die Egiptenaars en ook die huis van Farao dit gehoor het. 3  En Josef sê vir sy broers: Ek is Josef! Leef my vader nog? Maar sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle was verskrik voor hom. 4  Verder sê Josef vir sy broers: Kom tog nader na my. En toe hulle nader kom, sê hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het. 5  Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur. 6  Want daar was nou twee jaar hongersnood in die land, en daar is nog vyf jaar waarin nie geploeg of geoes sal word nie. 7  Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle ‘n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot ‘n groot verlossing. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE