Preke

Gebeure van die DOOP (05-02-2026)

Gebeure van die DOOP (05-02-2026)

Lukas 24: 49  En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte. 

Handelinge 2: 37  Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Johannes 3: 3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 

Markus 16:15En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. 16  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. 

Handelinge 22: 12  En ‘n sekere Ananías, ‘n vroom man volgens die wet, wat ‘n goeie naam gehad het by al die Jode wat daar woon, 13  het na my gekom en by my gaan staan en vir my gesê: Saul, broeder, word siende! En op dieselfde oomblik het ek hom aangekyk. 14  En hy het gesê: Die God van ons vaders het jou voorbeskik om sy wil te ken en die Regverdige te sien en die stem uit sy mond te hoor; 15  want jy sal vir Hom by al die mense ‘n getuie wees van wat jy gesien en gehoor het. 16  En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep. 

Romeine 6:1  Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2  Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. 7  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. 8  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, 9  omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. 10  Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. 11  So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. 

Romeine 8:8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; 9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. 10  Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid. 11  En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. 

1 Petrus 3: 18  Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; 19  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, 20  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; 21  waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus 

Galásiërs 3:26  Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; 27  want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

2026

2026

Johannes 4:46  Jesus het dan weer gekom te Kana in Galiléa, waar Hy die water wyn gemaak het. En daar was ‘n sekere koninklike beampte wie se seun in Kapérnaüm siek was. 

47  Toe hy hoor dat Jesus uit Judéa in Galiléa gekom het, gaan hy na Hom en vra Hom om af te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê. 

48  Jesus sê toe vir hom: As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie. 

49  Die koninklike beampte sê vir Hom: Here, kom af voordat my kind sterwe. 

50  Jesus antwoord hom: Gaan, jou seun lewe! En die man het die woord geglo wat Jesus vir hom gesê het, en hy het gegaan. 

51  En toe hy al op pad was huis toe, kom sy diensknegte hom tegemoet en bring die berig en sê: U kind lewe! 

52  Hy verneem toe van hulle die uur waarop hy beter geword het. En hulle sê vir hom: Gister, die sewende uur, het die koors hom verlaat. 

53  Die vader merk toe dat dit daardie uur was waarop Jesus vir hom gesê het: Jou seun lewe! En hy het self geglo en sy hele huis. 

54  Hierdie tweede teken weer het Jesus gedoen toe Hy uit Judéa in Galiléa gekom het. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Geloftedag 2025 – LAAT U NAAM GEHEILIG WORD (Wat beteken Geloftedag vir ons?)

Geloftedag 2025 – LAAT U NAAM GEHEILIG WORD (Wat beteken Geloftedag vir ons?)

Geloftedag 2025 – LAAT U NAAM GEHEILIG WORD (Wat beteken Geloftedag vir ons?)

Matthéüs 6:9  Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; :10  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; 11  gee ons vandag ons daaglikse brood; 12  en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; 13  en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. 

Eségiël  36:16  Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 17  Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit verontreinig met hul wandel en met hul handelinge; hulle wandel was voor my aangesig soos die besoedeling van die maandelikse onreinheid. 18  Daarom het Ek my grimmigheid oor hulle uitgegiet, vanweë die bloed wat hulle in die land vergiet het, terwyl hulle dit met hul drekgode verontreinig het. 19  En Ek het hulle verstrooi onder die nasies en hulle is versprei in die lande; Ek het hulle geoordeel volgens hul wandel en hul handelinge. 20  En toe hulle by die nasies kom waarheen hulle getrek het, het hulle my heilige Naam ontheilig deurdat van hulle gesê is: Hierdie mense is die volk van die HERE, en hulle moes uit sy land uittrek. 21  Toe het dit My ter harte gegaan om my heilige Naam ontwil wat die huis van Israel ontheilig het onder die nasies waar hulle gekom het. 22  Daarom, sê vir die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gekom het. 23  En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, spreek die Here HERE, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken. 24  En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring. 25  Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. 26  En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. 27  En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen. 28  En julle sal woon in die land wat Ek aan jul vaders gegee het; en julle sal vir My ‘n volk en Ek sal vir julle ‘n God wees. 29  En Ek sal julle verlos van al jul onreinhede; en Ek sal roep na die koring en dit vermenigvuldig, en Ek sal geen hongersnood op julle lê nie. 30  En Ek sal die vrugte van die bome en die opbrings van die veld vermenigvuldig, sodat julle die smaad van hongersnood nie meer hoef te verdra onder die nasies nie. 31  Dan sal julle dink aan jul verkeerde weë en aan jul handelinge wat nie goed was nie; en julle sal vir julleself walglik wees oor jul ongeregtighede en oor jul gruwels. 32  Ek doen dit nie om julle ontwil nie, spreek die Here HERE; laat dit julle bekend wees! Skaam julle en bloos oor jul weë, o huis van Israel. 33  So sê die Here HERE: In die dag as Ek julle reinig van al jul ongeregtighede, sal Ek die stede laat bewoon, en die puinhope sal opgebou word. 34  En die verwoeste land sal bewerk word, in plaas dat dit ‘n wildernis is voor die oë van almal wat verbygaan. 35  En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden; en die stede wat in puin gelê het en verwoes en afgebreek was, is versterk en bewoon. 36  Dan sal die nasies weet wat rondom julle oorgebly het, dat Ek, die HERE, opgebou het wat afgebreek was, beplant het wat verwoes was; Ek, die HERE, het dit gespreek en sal dit doen. 37  So sê die Here HERE: Ook dit sal Ek My laat vra deur die huis van Israel om dit vir hulle te doen: Ek sal hulle mense vermenigvuldig soos skape. 38  Soos die geheiligde skape, soos die skape van Jerusalem op sy feestye, so sal die stede wat in puin lê, vol wees van kuddes van mense; en hulle sal weet dat Ek die HERE is. 

Eségiël 37: 21  en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. 22  En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie. 23  En hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en Ek sal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig. So sal hulle dan vir my ‘n volk wees, en Ek vir hulle ‘n God wees. 24  En my kneg Dawid sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel. 25  En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, húlle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle vors wees vir ewig. 26  En Ek sal ‘n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal ‘n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig. 27  En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees en hulle vir my ‘n volk wees. 28  En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees. 

Deuteronómium 7:6  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.  7  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. 8  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. 

Deuteronómium 10:14  Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. 15  Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is. 

Jeremia 31:31  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; 

Exodus 11:4  Toe sê Moses: So het die HERE gespreek: Omtrent middernag trek Ek uit dwarsdeur Egipte; 5  dan sal al die eersgeborenes in Egipteland sterwe, van Farao se eersgeborene af wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavin agter die handmeul en al die eersgeborenes van die vee. 6  En daar sal ‘n groot gejammer in die hele Egipteland wees soos daar nie gewees het en soos daar nie weer sal wees nie. 7  Maar teen geeneen van die kinders van Israel sal ‘n hond sy tong verroer nie, van die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat die HERE ‘n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete. 

Romeine 9:13  Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 14  Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! 15  Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. 16  So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 17  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. 19  Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? 20  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? 22  En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23  juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, 24  ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? 25  Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26  en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God. 

Openbaring 3:15  Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! 16  Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug. 7  Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. 8  Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. 19  Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. 20  Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. 21  Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. 22  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Johannes (2025/26)

Johannes (2025/26)

In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 

Hy was in die begin by God. 

Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. 

In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. 

En die Woord het Vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou

En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het;

maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self,

dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie.

Amen. 

Johannes 1:1  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2  Hy was in die begin by God. 3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. 4  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. 5  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. 

Johannes 8:12  En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê. 

Johannes 1:8  Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. 9  Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. 10  Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. 11  Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. 12  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; 

Deuteronómium 26:18  En die HERE het jou vandag laat verklaar dat jy vir Hom ‘n eiendomsvolk sal wees soos Hy jou beloof het, en dat jy al sy gebooie sal onderhou; 19  en dat Hy jou dan die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot ‘n lof en ‘n roem en ‘n sieraad, en dat jy ‘n heilige volk aan die HERE jou God sal wees soos Hy beloof het. 

Deuteronómium 14:2  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is. 

1 Petrus 2:9  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 10  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is. 

Eségiël 34: 30  Maar hulle sal weet dat Ek, die HERE hulle God, met hulle is, en dat hulle, die huis van Israel, my volk is, spreek die Here HERE. 31  En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die Here HERE. 

Romeine 9:1  Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees 2  dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart. 3  Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ‘n vervloeking te wees, wég van Christus af. 4  Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes; 5  aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Godsdiens of Verbond? (2025)

Godsdiens of Verbond? (2025)

Die Verbondsverhouding se oorsprong is die dag toe God ‘n verbond met Abraham, deur sy seun Isak en die se seun Jakob, en sy nageslag,  gemaak het en dit met ‘n eed bevestig het. Die nageslag is die lede van die verbond en die beloftes van die verbond wat deur God gemaak is, is op hulle van toepassing.  

Godsdiens of Verbond (1) (14-09-2025)

Godsdiens is ‘n vorm van aanbidding van ‘n god, op ‘n voorgeskrewe manier, om guns by daardie god te kry, sodat daardie god die aanbidders kan beloon vir hulle aanbidding.

Voorbeelde van godsdiens is:

  1. Rooms-Katolisisme en die Christendom 1.2 Biljoen
  2. Islam 1.3 Biljoen
  3. Hindoeïsme 900 Miljoen
  4. Boeddhisme 360Miljoen
  5. Judaïsme 15 Miljoen

Die Verbondsverhouding se oorsprong is die dag toe God ‘n verbond met Abraham, deur sy seun Isak en die se seun Jakob, en sy nageslag,  gemaak het en dit met ‘n eed bevestig het. Die nageslag is die lede van die verbond en die beloftes van die verbond wat deur God gemaak is, is op hulle van toepassing.  

Elke godsdiens het:

  1.  ‘n God.
  2. ‘n Stigter wat die godsdiens begin het.
  3. Oorgelewerde vorm van aanbidding.
  4. ‘n Geloof in hulle god.
  5. Wette waarvolgens die lede moet leef.

Die Christelike godsdiens glo baie uiteenlopend en verskil hemelsbreed met mekaar in so ‘n mate, dat meeste Christene ander Christene nie beskou as Christene nie. Die Christelike godsdiens is begin deur Jesus nadat hy aan die kruis gesterf het vir die sonde van die hele wêreld, omdat hy hulle almal lief het.

Die verbondsverhouding was van Abraham af en het nie begin of geëindig met die kruisiging van Yahshua nie. Yahshua het nie ‘n alternatiewe godsdiens vir die Joodse godsdiens, of enige ander godsdiens, begin nie, maar Hy het net kom doen dit wat die profete gesê het Hy gaan kom doen, vir hulle, met wie Hy ‘n verbond het. Jesaja 53:8  Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.

Christelike godsdiens kom in kerkgeboue bymekaar waar mense dan kerk hou. Daar word dan meestal gepraat deur ‘n prediker, gesing deur die lede, afkondigings gemaak en huis toe gegaan. Die nageslag van Jakob kom nie in kerke bymekaar nie, want hulle is nie ‘n godsdiens nie, maar ‘n geslag. Die volk met wie God ‘n verbond het, lewe hulle lewe elke dag in ‘n verbondsverhouding met hulle Verbondsgod, en het geen opdrag van Hom gekry om kerke te begin en godsdiens te bedryf nie.

Christelike godsdiens bely dat hulle Christene is en dit maak van hulle Christene. Enige mens moet net bely dat hy ‘n Christen is, om ‘n Christen te kan wees. Lede van die verbond egter, het dit deur afkoms omdat die verbond met ‘n geslag gemaak is. God het sy verbond met Abraham, deur Isak en Jakob en Jakob se nageslag, in hulle geslagte ná hom gemaak, as ‘n ewige verbond.

Christelike godsdiens lewe volgens sekere wette van die Bybel, maar daar is baie verskillende opvattinge van watter wette van toepassing is en watter nie. Meestal word aanvaar dat die tien gebooie onderhou moet word, maar sommige Christene gaan so ver na die wet-lose kant toe, dat hulle losbandig is en verklaar dat hulle onder God se genade is en daarom kan hulle sonde doen.

Volgens die Nuwe Verbond, met die geslag van Jakob, moet die lede van die verbond weer gebore word. Met wedergeboorte ontvang hulle dan die Gees van God wat in staat is om hulle harte te verander om te word soos sy hart. In plaas dat ‘n verbondskind wette moet hou, verander die Gees sy wil om te word soos die wil van God en daarom kan die weergebore lid van die verbond dan net doen wat hy wil, want sy wil het verander na die wil van God.

Christelike godsdiens se visie is dan ook om nie-Christene te oortuig om Christene te word en by hulle betrokke kerk-organisasie aan te sluit, sodat hulle gered kan word. ‘n Verbondskind se visie is om na die verlore lede van die verbond te gaan en hulle in te lig dat hulle lede van die verbond met God is en hulle hul tot Hom kan bekeer en daardeur gered word.

Die verbond is ‘n verwarrende term vir Christelike godsdiens en word baie min bespreek omdat die Christelike geloof verklaar dat die Ou Verbond in die Bybel verby is en daar nou ‘n Nuwe Verbond is wat niks met die Ou Verbond te doen het nie.  Hulle glo dat die Ou Verbond wel met ‘n uitverkore geslag was, maar nadat Jesus gekruisig is, het Hy toe lief geword  vir alle mense op die aarde en nie net meer vir die uitverkore geslag nie, en daarom is die Nuwe Verbond nou met almal.

Die verbond wat God met Israel gemaak het, was omdat Hy hulle liefgehad het. Omdat Hy hulle liefgehad het, het Hy ook vir hulle sonde gesterf, sodat hulle nie hoef te sterf nie. Toe Hy gesterf het, het Hy nét gesterf vir hulle wie Hy lief gehad het en nie vir hulle vir wie Hy sogenaamd lief sou word nie. Deuteronómium 10:14-15  Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.  (15)  Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.

Omdat die houers van die verbond mislei is, weet hulle nie van die verbond nie, maar hou hulle besig met godsdiens. Wanneer ons egter besef wat die verbond behels, sal dit ons hele verhouding teenoor God en met God verander.

‘n Verbond is ‘n ooreenkoms waarop mens kan vertrou vir wanneer jy dit nodig het. God maak ‘n verbond met Abraham en sy nageslag met die doel om aan hom en sy nageslag goed te doen. God maak aan Abraham beloftes wat goed is vir hom, omdat God ‘n goeie God is en goeie dinge oor hom en sy nageslag bedink. Ons is die letterlike nageslag van Abraham, Isak en Jakob en dit is die enigste vereiste om in die verbond met die Allerhoogste te wees.

Die verbond wat Vader met ons maak, is ter wille van ons en is ‘n goeie verbond. Dit het vir ons geweldige groot voordele in, maar omdat ons nie weet van die verbond nie, is die verbond dan vir ons waardeloos. Almal met wie God sy verbond gemaak het, het Hy geseën omdat Hy vir hulle lief is en omdat Hy ‘n goeie God is, wil Hy hê dat dit met hulle goed moet gaan.

God het met Abraham die verbond gemaak en Abraham geseën, sodat dit met hom goed moet gaan. So het Hy ook gedoen met Isak en Jakob en Jakob se kinders, tot by ons vandag, omdat Hy wil hê dat dit met ons moet goed gaan. God seën nie die godsdienstige Christen omdat hulle Hom aanbid nie en ook nie omdat hulle tiendes gee of vir Hom sing nie, maar slegs hulle met wie Hy ‘n verbond het, en OMDAT Hy met hulle ‘n verbond het. Om met God ‘n verhouding te hê, moet dit binne verbond-verband wees en nie binne die godsdiens-verband nie.

God maak met Israel ‘n verbond en red hulle uit Egipte, nie omdat hulle dit verdien het of omdat hulle Hom aangeroep het nie, maar omdat Hy ‘n verbond met hulle het, en daarom kon hulle Hom ook aanroep, en omdat Hy hulle lief gehad het, het Hy met hulle ‘n verbond gehad. Hy skenk hulle ook die land van die Kanaäniete, omdat Hy hulle lief het en omdat Hy aan hulle goed wil doen, omdat Hy ‘n goeie God is en goeie dinge oor hulle bedink.

God se motief vir die verbond is sy liefde vir die uitverkore geslag, en omdat Hy geen liefde het vir al die ander geslagte nie, het Hy ook geen verbond met hulle nie, maar Hy gee hulle in die plek van die uitverkore geslag.

Jesaja 43:1-9  Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!  (2)  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.  (3)  Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.  (4)  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.  (5)  Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.  (6)  Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,  (7)  elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.  (8)  Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het.  (9)  Al die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid!

God seën die verbondsvolk in Kanaän en maak hulle voorspoedig in alles wat hulle doen, omdat dit sy hart teenoor sy verbondsvolk is en Hy wil hê dat dit met hulle goed moet gaan. Hy seën vir Dawid in sy koninkryk en gee hom die oorwinning in elke oorlog wat hy voer, want Hy het ‘n verbond met Dawid omdat Hy lief is vir Dawid en wil hê dat dit met hom goed moet gaan. Vader is gelukkig as Dawid oor sy vyande triomfeer en sy kinders soos sipresse rondom sy tafel sit en sy volk hom eer en hy sy volk goed lei.

God seën Salomo en seën sy koninkryk met voorspoed omdat Hy met hom ‘n verbond het wat in liefde gegrondves is. God gee om vir Salomo en vir Salomo se volk. Hy dra hulle belange op sy hart en wil vir hulle goed wees. Omdat Hy hulle oorvloedig wil seën, vra Hy vir Salomo wat hy wil hê. Nadat Salomo wysheid kies, gee God hom dit, plus rykdom en eer, net omdat Hy aan Salomo goed wil doen en omdat Hy ‘n verbond met Salomo het en vir hom lief is en oorvloedige voorspoed vir hom begeer.

 Omdat ons mislei is glo ons nou dat ons God moet behaag deur ons Godsdiens, sodat Hy ons kan seën. Leuenaars verkondig ‘n evangelie aan die verbondsvolk om persoonlike voordeel uit hulle te trek, ten koste van die verbondsvolk, en ten koste van God se verhouding met sy verbondsvolk. Omdat ons nie weet van die verbond nie, kan ons nie staatmaak op die verbond nie en die satan steel nie net ons verhouding met ons God nie, maar ook ons seëninge deur die verbond.

(2) Godsdiens of Verbond? (21-09-2025)

Die waarheid is dat God nooit hierdie verbond, wat Hy as gevolg van liefde gemaak het, gestop het nie. Die ou verbond was met hierdie nageslag van Jakob en die nuwe verbond is ook met hulle. Hebreërs 8:6-10  Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.  (7)  Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie.  (8)  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,  (9)  nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.  (10)  Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

Volgens God se verbond sal Hy vir ons ‘n God wees. As ons in die nood is, wil Hy hê ons moet Hom aanroep, want Hy wil ons uitred. Die openbaring is dat as ons in die nood is, sal Hy ons uitred, want ons het ‘n verbond met Hom. ‘n Verbond is ‘n wettige ooreenkoms en Vader eer sy wettige ooreenkoms. Psalm 50:15-16  en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.  (16)  Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond—

Wanneer ons besef ons het ‘n verbond met God en dat al sy beloftes in Hom ja en in Hom amen is, sal ons nie meer hulp op ander plekke soek nie. Omdat ons nie weet ons het so ‘n verlossings-verbond nie, kan ons nie daarop staatmaak nie en probeer ons ander metodes om van ons probleme ontslae te raak. Indien ons volkome op Hom sou vertrou, omdat ons ‘n verbond met Hom het, sal ons altyd op sy verlossing staatmaak en nie op ons eie vermoë nie. Dawid het nie getwyfel of hy die reus kon verslaan nie, maar omdat hy die verbond geken het en omdat hy die God van die verbond geken het, het hy net op God vertrou en geen plan B gehad nie.

 Wanneer ons volkome op Hom kan vertrou, omdat ons weet ons het ‘n verbond met Hom, sal Hy altyd getrou wees aan sy verbond. Wanneer ek dan na die wêreld-omstandighede sou kyk, sal ek my geensins daaroor bekommer nie, want ek het ‘n verbond met die Almagtige. Wanneer ek weet van ‘n probleem wat op pad is, sal ek nie bekommerd wees nie, want ek sal weet dat God ook van dit bewus is en reeds besig is om aan my uitkoms te werk. 

Ons lees in Openbaring van die merk van die dier wat gaan voorkom dat ons kan koop en verkoop as ons nie die dier aanbid nie. Nou weet ons reeds dat dit op pad is en dat ons nie sal kan koop en verkoop nie, omdat ons gaan kies om nie die merk te ontvang nie. Die implikasie is dat ons ons huise en kos sal verloor en op straat gaan beland. Die waarde van die verbond is dat ek dan nou reeds weet dat God klaar besig is om vir my voorsiening te maak vir in daardie tyd en dat ek my nie daaroor hoef te bekommer nie. Hoekom sal Hy dit dan vir my doen en nie vir die ander nie? Want ek het ‘n verbond met Hom en ek vertrou Hom en sy verbond met my.

Psalm 91:7-16  Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie.  (8)  Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.  (9)  Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.  (10)  Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;  (11)  want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.  (12)  Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.  (13)  Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.  (14)  Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.  (15)  Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.  (16)  Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

Omdat ons dus in ‘n verbond met God is, en ons weet dat die verbond altyd ten gunste van ons is, en omdat ons weet dat God die vermoë het om sy verbond te hou, behoort dit ons hele lewe te domineer. As ons kan besef dat Hy in elke oomblik van ons lewe betrokke is, met die goeie verbond as gesindheid, sal ons nooit vrees nie. Dit maak nie saak wat in ons lewe gebeur nie, God is uiters bewus daarvan, want Hy het ‘n verbond met ons.

Elke oomblik van my lewe is Hy betrokke, want sy goeie verbond is elke oomblik geldig. Hy is ‘n goeie God en bedink goeie dinge oor ons en volgens sy wettige ooreenkoms, met ons, sal Hy sorg dat alles wat in ons lewe gebeur ten goede mee werk vir ons voordeel. 

Omdat ek dus weet dat Hy elke oomblik van my lewe betrokke is en die vermoë het om gebeure en omstandighede te beïnvloed, sal dit tot my eie voordeel wees om my lewenswandel oor te laat aan sy voorsiening. Psalm 37:3-7  Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,  (4)  en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.  (5)  Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;  (6)  en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.  (7)  Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.

Elke gebeurtenis in ons lewe en elke besluit in ons lewe kan ons volgens die verbond aan God oorlaat en dit sal uitwerk volgens die verbond. As iemand jou parkering vat, sien dit as ‘n bestiering van God, en alhoewel jy die parkering wou hê, weet jy daar is ‘n rede waarom jy dit nie gekry het nie. Daar is nou twee keuses van optree. Die natuurlike een is om kwaad te word en die parkering te probeer vat (dit is my wil) of om te besef ek is in ‘n verbond met die Allerhoogste en Hy het bepaal dat ek nie die parkering kry nie en dit is daarom reg met my.  As dit vir my beter sou wees om die parkering te sou kry, sal niemand dit by my kan vat nie. God bepaal of ek dit kry of nie, laat sy wil geskied, want dit is volgens ons verbond, vir my beter.

God werk met ons volgens sy verbond en sodra ons dit besef kan ons saam met Hom werk, in plaas van teen Hom. Volgens sy verbond bedink Hy goeie dinge oor my en laat die goeie dinge oor my gebeur, maar ek saboteur Hom dan deur in te meng met my eie wil. Hoe meer ek saam met Hom werk en nie teen Hom werk nie, hoe meer kan Hy sy verbond in my lewe laat geskied.

As gevolg van sy verbond lei Hy die volk van die verbond na die beloofde land toe. Die verbond hou vir hulle baie goeie voordele in, maar omdat hulle gereeld nie saam stem met God se metodes nie, saboteur hulle sy plan met hulle. Hulle wil die beloofde land hê, maar op hulle manier en dit veroorsaak dat hulle dit later nie kan verkry nie. God se goeie wil oor ons is die beloofde land in ons lewe, maar ons meng so in, dat Hy nie dit kan doen wat Hy vir ons beplan het nie.

God se beplanning met ons is die beloofde land en om daar te kom, moet ons soms eers deur die woestyn. Dit is hier waar ons rebbeleer, want ons lewe vir die “nou” en nie vir die groter toekoms nie.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Kerk of Koninkryk? (2025)

Kerk of Koninkryk? (2025)

(1) Kerk Of Koninkryk? (31-08-2025)

‘n Kerk

  1. Die byeenkoms is ‘n aanbieding deur een persoon en die ander is passief.
  2. Die leier doen die aanbieding en is ook die hoof van die gebeure en die kerk.
  3. Die kerk is ook die gebou waar God is. Die kerk is ‘n plek, nie persone nie.
  4. Die doel van die byeenkoms is lofprysing en lering.

‘n Koninkryk het ‘n Koning en nie ‘n predikant nie. Die gemeente is deel van die koninkryk en is nie ‘n instansie op sy eie nie. Die hoof van die gemeente is nie die predikant nie, maar die Koning.

  1. Wat is ‘n Koning? Let wel, Yahshua is ‘n Koning en nie ‘n Bruidegom nie.
  2. ‘n Koning het alle seggenskap, dit is nie ‘n demokrasie nie. ‘n Koning word nie deur die meerderheid verkies nie, maar Hy is Koning deur geboorte.
  3. Sy gesag word nie bespreek nie en word nie gekritiseer nie. Hy word nie vervang omdat mense nie van Hom hou nie. Yahshua was nie Koning gemaak nie, maar Hy is Koning van ewigheid af en Hy is die hoof van die gemeente.
  4. ‘n Koning besit alles in sy Koninkryk. In ‘n demokrasie besit mense eiendom, maar in ‘n Koninkryk besit die Koning alles. Al die huise, grond, hulpbronne en mense. Hy regeer nie net oor die Koninkryk nie, Hy besit dit. Die gemeente is die mense in die Koninkryk, wat deur die Koning besit word.
  5. Die Koning se Woord is wet en word nie bespreek nie, maar net aanvaar. Wanneer ‘n president praat, is dit ‘n belofte. As ‘n prediker praat, is dit ‘n aanbieding, maar as die Koning praat, is dit wet. Geen debat, geen onderhandeling en geen stemreg nie, sy woord is wet. Sy woord is nie ‘n voorstel nie, dit is nie goeie raad nie, dit is nie net ‘n gedagte nie, dit is wat dit is. Hy spreek en die storm is stil. Hy spreek en daar is lig. ‘n Kerk pas die Koning se Woord aan om aan te pas by omstandighede in die tyd waarin ons leef.
  6. ‘n Koning beskerm en voorsien aan sy burgers. Hy het ‘n verbond met hulle omdat hulle burgers van sy Koninkryk is, nie omdat hulle lofprysing in die kerk hou nie.
  7. ‘n Koning vereis totale lojaliteit en onderdanigheid. Enige persoon wat verdeelde lojaliteit het sal skuldig wees aan verraad en tereggestel word. ‘n Koning verwag totale oorgawe van sy burgers. ‘n Kerk het hulle eie grondwet en belydenis en staan in kompetisie met die Koninkryk van die Koning. Hy het nooit ‘n opdrag gegee om ‘n kerk te begin nie.
  8. In die Koning se Koninkryk kan mens nie net dien nie, maar jy moet buig. Jy moet aanbid, jy moet gehoorsaam wees, jy moet jouself onderwerp. In Sy Koninkryk kan jy nie net Sondae in die kerk dien en ander tye jou eie ding doen nie, dit is ontrou aan die Koning en Hy sal so ‘n persoon vergeld na sy dade. Hy verwag egter nie van ons om die hele week kerk toe te gaan nie, maar om die hele week deel van sy liggaam te wees. Hy verwag van ons om glad nie kerk toe te gaan nie, want dit is ‘n alternatief vir deelname aan sy liggaam en maak dat ons nie by die roeping uitkom waarvoor ons geroep is nie. Ons is nie geroep om kerk toe te gaan nie, maar ons dink ons het aan sy roepstem gehoor gegee toe ons kerk toe gaan.
  9. Om deel van sy Koninkryk te word, is nie ‘n uitbreiding op my lewe nie, maar dit is die einde van my lewe en dan net ‘n lewe in sy Koninkryk. Ek kruisig myself en leef nou in Hom en vir Hom.
  10. Ons is deel van ‘n Koninkryk met ‘n Koning en moet seker wees ons weet wat Hy wil hê, sodat ons dit kan doen.

‘n Koninkryk het ‘n volk.

  1. Ons is nou reeds in sy Koninkryk en nie in ‘n kerk-organisasie nie.
  2. Ons word nie lidmate van ‘n kerk nie, maar burgers van ‘n Koninkryk. Ons word gebore as burgers van die Koninkryk van duisternis, maar dan moet ons oorgaan na sy Koninkryk van lig.
  3. God het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is. ‘n Kerk se lidmaatskap is ‘n lidmaatskap tot ‘n menslike organisasie en nie tot die Koninkryk van God nie.
  4. Die Koning kies nie alle mense van die aarde as sy volk nie, maar dit is ‘n geslag, die nageslag van Israel. Enige mens kan lid van ‘n kerk word en kerke roem daarop dat almal welkom is, maar God roep die wat aan Hom behoort. Hulle is Sy volk, ‘n geslag. Johannes 6:35  En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. Johannes 37  Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. Johannes 6:44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Johannes 6:65  En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie. Johannes 7:37  En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!
  5. Die kerk roep lede vir homself uit alle bewoners van die aarde, maar die Koning roep sy volk uit al die bewoners van die aarde. Johannes 13:1  En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.
  6. Nie die hele nageslag van Israel sal egter in die Koninkryk van God kan ingaan nie, maar net hulle wat weer ‘n keer gebore is.
  7. Geen persoon kan ‘n burger wees van die koninkryk van hierdie wêreld en ook ‘n burger van die Koninkryk van God nie. Hierdie twee koninkryke staan teenoor mekaar, haat mekaar en is vyande van mekaar. Enige persoon wat ‘n burger is van albei die koninkryke, sal aangekla word van hoogverraad. Jakobus 4:4-5  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.  (5)  Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?
  8. Die kerke van die wêreld leef in vrede met die koninkryk van hierdie wêreld en is glad nie in vyandskap met die wêreld nie. Inteendeel is hulle baie goeie vriende. Die meeste lande gee nie net aan hulle godsdiensvryheid nie, maar stel hulle ook vry van belasting. Die kerke beskou nie die koninkryk van duisternis as vyande nie, maar werk saam met hierdie wêreld se koninkryk om dit ‘n beter plek te wil maak. Die kerk is een van die pilare waarop die koninkryk van hierdie wêreld se samelewing gebou is.  2 Timótheüs 3:12-13  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.  (13)  Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE