Preke

Godsdiens of Verbond? (2025)

Godsdiens of Verbond? (2025)

Die Verbondsverhouding se oorsprong is die dag toe God ‘n verbond met Abraham, deur sy seun Isak en die se seun Jakob, en sy nageslag,  gemaak het en dit met ‘n eed bevestig het. Die nageslag is die lede van die verbond en die beloftes van die verbond wat deur God gemaak is, is op hulle van toepassing.  

Godsdiens of Verbond (1) (14-09-2025)

Godsdiens is ‘n vorm van aanbidding van ‘n god, op ‘n voorgeskrewe manier, om guns by daardie god te kry, sodat daardie god die aanbidders kan beloon vir hulle aanbidding.

Voorbeelde van godsdiens is:

  1. Rooms-Katolisisme en die Christendom 1.2 Biljoen
  2. Islam 1.3 Biljoen
  3. Hindoeïsme 900 Miljoen
  4. Boeddhisme 360Miljoen
  5. Judaïsme 15 Miljoen

Die Verbondsverhouding se oorsprong is die dag toe God ‘n verbond met Abraham, deur sy seun Isak en die se seun Jakob, en sy nageslag,  gemaak het en dit met ‘n eed bevestig het. Die nageslag is die lede van die verbond en die beloftes van die verbond wat deur God gemaak is, is op hulle van toepassing.  

Elke godsdiens het:

  1.  ‘n God.
  2. ‘n Stigter wat die godsdiens begin het.
  3. Oorgelewerde vorm van aanbidding.
  4. ‘n Geloof in hulle god.
  5. Wette waarvolgens die lede moet leef.

Die Christelike godsdiens glo baie uiteenlopend en verskil hemelsbreed met mekaar in so ‘n mate, dat meeste Christene ander Christene nie beskou as Christene nie. Die Christelike godsdiens is begin deur Jesus nadat hy aan die kruis gesterf het vir die sonde van die hele wêreld, omdat hy hulle almal lief het.

Die verbondsverhouding was van Abraham af en het nie begin of geëindig met die kruisiging van Yahshua nie. Yahshua het nie ‘n alternatiewe godsdiens vir die Joodse godsdiens, of enige ander godsdiens, begin nie, maar Hy het net kom doen dit wat die profete gesê het Hy gaan kom doen, vir hulle, met wie Hy ‘n verbond het. Jesaja 53:8  Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.

Christelike godsdiens kom in kerkgeboue bymekaar waar mense dan kerk hou. Daar word dan meestal gepraat deur ‘n prediker, gesing deur die lede, afkondigings gemaak en huis toe gegaan. Die nageslag van Jakob kom nie in kerke bymekaar nie, want hulle is nie ‘n godsdiens nie, maar ‘n geslag. Die volk met wie God ‘n verbond het, lewe hulle lewe elke dag in ‘n verbondsverhouding met hulle Verbondsgod, en het geen opdrag van Hom gekry om kerke te begin en godsdiens te bedryf nie.

Christelike godsdiens bely dat hulle Christene is en dit maak van hulle Christene. Enige mens moet net bely dat hy ‘n Christen is, om ‘n Christen te kan wees. Lede van die verbond egter, het dit deur afkoms omdat die verbond met ‘n geslag gemaak is. God het sy verbond met Abraham, deur Isak en Jakob en Jakob se nageslag, in hulle geslagte ná hom gemaak, as ‘n ewige verbond.

Christelike godsdiens lewe volgens sekere wette van die Bybel, maar daar is baie verskillende opvattinge van watter wette van toepassing is en watter nie. Meestal word aanvaar dat die tien gebooie onderhou moet word, maar sommige Christene gaan so ver na die wet-lose kant toe, dat hulle losbandig is en verklaar dat hulle onder God se genade is en daarom kan hulle sonde doen.

Volgens die Nuwe Verbond, met die geslag van Jakob, moet die lede van die verbond weer gebore word. Met wedergeboorte ontvang hulle dan die Gees van God wat in staat is om hulle harte te verander om te word soos sy hart. In plaas dat ‘n verbondskind wette moet hou, verander die Gees sy wil om te word soos die wil van God en daarom kan die weergebore lid van die verbond dan net doen wat hy wil, want sy wil het verander na die wil van God.

Christelike godsdiens se visie is dan ook om nie-Christene te oortuig om Christene te word en by hulle betrokke kerk-organisasie aan te sluit, sodat hulle gered kan word. ‘n Verbondskind se visie is om na die verlore lede van die verbond te gaan en hulle in te lig dat hulle lede van die verbond met God is en hulle hul tot Hom kan bekeer en daardeur gered word.

Die verbond is ‘n verwarrende term vir Christelike godsdiens en word baie min bespreek omdat die Christelike geloof verklaar dat die Ou Verbond in die Bybel verby is en daar nou ‘n Nuwe Verbond is wat niks met die Ou Verbond te doen het nie.  Hulle glo dat die Ou Verbond wel met ‘n uitverkore geslag was, maar nadat Jesus gekruisig is, het Hy toe lief geword  vir alle mense op die aarde en nie net meer vir die uitverkore geslag nie, en daarom is die Nuwe Verbond nou met almal.

Die verbond wat God met Israel gemaak het, was omdat Hy hulle liefgehad het. Omdat Hy hulle liefgehad het, het Hy ook vir hulle sonde gesterf, sodat hulle nie hoef te sterf nie. Toe Hy gesterf het, het Hy nét gesterf vir hulle wie Hy lief gehad het en nie vir hulle vir wie Hy sogenaamd lief sou word nie. Deuteronómium 10:14-15  Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.  (15)  Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.

Omdat die houers van die verbond mislei is, weet hulle nie van die verbond nie, maar hou hulle besig met godsdiens. Wanneer ons egter besef wat die verbond behels, sal dit ons hele verhouding teenoor God en met God verander.

‘n Verbond is ‘n ooreenkoms waarop mens kan vertrou vir wanneer jy dit nodig het. God maak ‘n verbond met Abraham en sy nageslag met die doel om aan hom en sy nageslag goed te doen. God maak aan Abraham beloftes wat goed is vir hom, omdat God ‘n goeie God is en goeie dinge oor hom en sy nageslag bedink. Ons is die letterlike nageslag van Abraham, Isak en Jakob en dit is die enigste vereiste om in die verbond met die Allerhoogste te wees.

Die verbond wat Vader met ons maak, is ter wille van ons en is ‘n goeie verbond. Dit het vir ons geweldige groot voordele in, maar omdat ons nie weet van die verbond nie, is die verbond dan vir ons waardeloos. Almal met wie God sy verbond gemaak het, het Hy geseën omdat Hy vir hulle lief is en omdat Hy ‘n goeie God is, wil Hy hê dat dit met hulle goed moet gaan.

God het met Abraham die verbond gemaak en Abraham geseën, sodat dit met hom goed moet gaan. So het Hy ook gedoen met Isak en Jakob en Jakob se kinders, tot by ons vandag, omdat Hy wil hê dat dit met ons moet goed gaan. God seën nie die godsdienstige Christen omdat hulle Hom aanbid nie en ook nie omdat hulle tiendes gee of vir Hom sing nie, maar slegs hulle met wie Hy ‘n verbond het, en OMDAT Hy met hulle ‘n verbond het. Om met God ‘n verhouding te hê, moet dit binne verbond-verband wees en nie binne die godsdiens-verband nie.

God maak met Israel ‘n verbond en red hulle uit Egipte, nie omdat hulle dit verdien het of omdat hulle Hom aangeroep het nie, maar omdat Hy ‘n verbond met hulle het, en daarom kon hulle Hom ook aanroep, en omdat Hy hulle lief gehad het, het Hy met hulle ‘n verbond gehad. Hy skenk hulle ook die land van die Kanaäniete, omdat Hy hulle lief het en omdat Hy aan hulle goed wil doen, omdat Hy ‘n goeie God is en goeie dinge oor hulle bedink.

God se motief vir die verbond is sy liefde vir die uitverkore geslag, en omdat Hy geen liefde het vir al die ander geslagte nie, het Hy ook geen verbond met hulle nie, maar Hy gee hulle in die plek van die uitverkore geslag.

Jesaja 43:1-9  Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!  (2)  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.  (3)  Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.  (4)  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.  (5)  Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.  (6)  Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,  (7)  elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.  (8)  Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het.  (9)  Al die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid!

God seën die verbondsvolk in Kanaän en maak hulle voorspoedig in alles wat hulle doen, omdat dit sy hart teenoor sy verbondsvolk is en Hy wil hê dat dit met hulle goed moet gaan. Hy seën vir Dawid in sy koninkryk en gee hom die oorwinning in elke oorlog wat hy voer, want Hy het ‘n verbond met Dawid omdat Hy lief is vir Dawid en wil hê dat dit met hom goed moet gaan. Vader is gelukkig as Dawid oor sy vyande triomfeer en sy kinders soos sipresse rondom sy tafel sit en sy volk hom eer en hy sy volk goed lei.

God seën Salomo en seën sy koninkryk met voorspoed omdat Hy met hom ‘n verbond het wat in liefde gegrondves is. God gee om vir Salomo en vir Salomo se volk. Hy dra hulle belange op sy hart en wil vir hulle goed wees. Omdat Hy hulle oorvloedig wil seën, vra Hy vir Salomo wat hy wil hê. Nadat Salomo wysheid kies, gee God hom dit, plus rykdom en eer, net omdat Hy aan Salomo goed wil doen en omdat Hy ‘n verbond met Salomo het en vir hom lief is en oorvloedige voorspoed vir hom begeer.

 Omdat ons mislei is glo ons nou dat ons God moet behaag deur ons Godsdiens, sodat Hy ons kan seën. Leuenaars verkondig ‘n evangelie aan die verbondsvolk om persoonlike voordeel uit hulle te trek, ten koste van die verbondsvolk, en ten koste van God se verhouding met sy verbondsvolk. Omdat ons nie weet van die verbond nie, kan ons nie staatmaak op die verbond nie en die satan steel nie net ons verhouding met ons God nie, maar ook ons seëninge deur die verbond.

(2) Godsdiens of Verbond? (21-09-2025)

Die waarheid is dat God nooit hierdie verbond, wat Hy as gevolg van liefde gemaak het, gestop het nie. Die ou verbond was met hierdie nageslag van Jakob en die nuwe verbond is ook met hulle. Hebreërs 8:6-10  Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.  (7)  Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie.  (8)  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,  (9)  nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.  (10)  Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

Volgens God se verbond sal Hy vir ons ‘n God wees. As ons in die nood is, wil Hy hê ons moet Hom aanroep, want Hy wil ons uitred. Die openbaring is dat as ons in die nood is, sal Hy ons uitred, want ons het ‘n verbond met Hom. ‘n Verbond is ‘n wettige ooreenkoms en Vader eer sy wettige ooreenkoms. Psalm 50:15-16  en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.  (16)  Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond—

Wanneer ons besef ons het ‘n verbond met God en dat al sy beloftes in Hom ja en in Hom amen is, sal ons nie meer hulp op ander plekke soek nie. Omdat ons nie weet ons het so ‘n verlossings-verbond nie, kan ons nie daarop staatmaak nie en probeer ons ander metodes om van ons probleme ontslae te raak. Indien ons volkome op Hom sou vertrou, omdat ons ‘n verbond met Hom het, sal ons altyd op sy verlossing staatmaak en nie op ons eie vermoë nie. Dawid het nie getwyfel of hy die reus kon verslaan nie, maar omdat hy die verbond geken het en omdat hy die God van die verbond geken het, het hy net op God vertrou en geen plan B gehad nie.

 Wanneer ons volkome op Hom kan vertrou, omdat ons weet ons het ‘n verbond met Hom, sal Hy altyd getrou wees aan sy verbond. Wanneer ek dan na die wêreld-omstandighede sou kyk, sal ek my geensins daaroor bekommer nie, want ek het ‘n verbond met die Almagtige. Wanneer ek weet van ‘n probleem wat op pad is, sal ek nie bekommerd wees nie, want ek sal weet dat God ook van dit bewus is en reeds besig is om aan my uitkoms te werk. 

Ons lees in Openbaring van die merk van die dier wat gaan voorkom dat ons kan koop en verkoop as ons nie die dier aanbid nie. Nou weet ons reeds dat dit op pad is en dat ons nie sal kan koop en verkoop nie, omdat ons gaan kies om nie die merk te ontvang nie. Die implikasie is dat ons ons huise en kos sal verloor en op straat gaan beland. Die waarde van die verbond is dat ek dan nou reeds weet dat God klaar besig is om vir my voorsiening te maak vir in daardie tyd en dat ek my nie daaroor hoef te bekommer nie. Hoekom sal Hy dit dan vir my doen en nie vir die ander nie? Want ek het ‘n verbond met Hom en ek vertrou Hom en sy verbond met my.

Psalm 91:7-16  Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie.  (8)  Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.  (9)  Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.  (10)  Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;  (11)  want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.  (12)  Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.  (13)  Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.  (14)  Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.  (15)  Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.  (16)  Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

Omdat ons dus in ‘n verbond met God is, en ons weet dat die verbond altyd ten gunste van ons is, en omdat ons weet dat God die vermoë het om sy verbond te hou, behoort dit ons hele lewe te domineer. As ons kan besef dat Hy in elke oomblik van ons lewe betrokke is, met die goeie verbond as gesindheid, sal ons nooit vrees nie. Dit maak nie saak wat in ons lewe gebeur nie, God is uiters bewus daarvan, want Hy het ‘n verbond met ons.

Elke oomblik van my lewe is Hy betrokke, want sy goeie verbond is elke oomblik geldig. Hy is ‘n goeie God en bedink goeie dinge oor ons en volgens sy wettige ooreenkoms, met ons, sal Hy sorg dat alles wat in ons lewe gebeur ten goede mee werk vir ons voordeel. 

Omdat ek dus weet dat Hy elke oomblik van my lewe betrokke is en die vermoë het om gebeure en omstandighede te beïnvloed, sal dit tot my eie voordeel wees om my lewenswandel oor te laat aan sy voorsiening. Psalm 37:3-7  Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,  (4)  en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.  (5)  Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;  (6)  en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.  (7)  Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.

Elke gebeurtenis in ons lewe en elke besluit in ons lewe kan ons volgens die verbond aan God oorlaat en dit sal uitwerk volgens die verbond. As iemand jou parkering vat, sien dit as ‘n bestiering van God, en alhoewel jy die parkering wou hê, weet jy daar is ‘n rede waarom jy dit nie gekry het nie. Daar is nou twee keuses van optree. Die natuurlike een is om kwaad te word en die parkering te probeer vat (dit is my wil) of om te besef ek is in ‘n verbond met die Allerhoogste en Hy het bepaal dat ek nie die parkering kry nie en dit is daarom reg met my.  As dit vir my beter sou wees om die parkering te sou kry, sal niemand dit by my kan vat nie. God bepaal of ek dit kry of nie, laat sy wil geskied, want dit is volgens ons verbond, vir my beter.

God werk met ons volgens sy verbond en sodra ons dit besef kan ons saam met Hom werk, in plaas van teen Hom. Volgens sy verbond bedink Hy goeie dinge oor my en laat die goeie dinge oor my gebeur, maar ek saboteur Hom dan deur in te meng met my eie wil. Hoe meer ek saam met Hom werk en nie teen Hom werk nie, hoe meer kan Hy sy verbond in my lewe laat geskied.

As gevolg van sy verbond lei Hy die volk van die verbond na die beloofde land toe. Die verbond hou vir hulle baie goeie voordele in, maar omdat hulle gereeld nie saam stem met God se metodes nie, saboteur hulle sy plan met hulle. Hulle wil die beloofde land hê, maar op hulle manier en dit veroorsaak dat hulle dit later nie kan verkry nie. God se goeie wil oor ons is die beloofde land in ons lewe, maar ons meng so in, dat Hy nie dit kan doen wat Hy vir ons beplan het nie.

God se beplanning met ons is die beloofde land en om daar te kom, moet ons soms eers deur die woestyn. Dit is hier waar ons rebbeleer, want ons lewe vir die “nou” en nie vir die groter toekoms nie.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Kerk of Koninkryk? (2025)

Kerk of Koninkryk? (2025)

(1) Kerk Of Koninkryk? (31-08-2025)

‘n Kerk

  1. Die byeenkoms is ‘n aanbieding deur een persoon en die ander is passief.
  2. Die leier doen die aanbieding en is ook die hoof van die gebeure en die kerk.
  3. Die kerk is ook die gebou waar God is. Die kerk is ‘n plek, nie persone nie.
  4. Die doel van die byeenkoms is lofprysing en lering.

‘n Koninkryk het ‘n Koning en nie ‘n predikant nie. Die gemeente is deel van die koninkryk en is nie ‘n instansie op sy eie nie. Die hoof van die gemeente is nie die predikant nie, maar die Koning.

  1. Wat is ‘n Koning? Let wel, Yahshua is ‘n Koning en nie ‘n Bruidegom nie.
  2. ‘n Koning het alle seggenskap, dit is nie ‘n demokrasie nie. ‘n Koning word nie deur die meerderheid verkies nie, maar Hy is Koning deur geboorte.
  3. Sy gesag word nie bespreek nie en word nie gekritiseer nie. Hy word nie vervang omdat mense nie van Hom hou nie. Yahshua was nie Koning gemaak nie, maar Hy is Koning van ewigheid af en Hy is die hoof van die gemeente.
  4. ‘n Koning besit alles in sy Koninkryk. In ‘n demokrasie besit mense eiendom, maar in ‘n Koninkryk besit die Koning alles. Al die huise, grond, hulpbronne en mense. Hy regeer nie net oor die Koninkryk nie, Hy besit dit. Die gemeente is die mense in die Koninkryk, wat deur die Koning besit word.
  5. Die Koning se Woord is wet en word nie bespreek nie, maar net aanvaar. Wanneer ‘n president praat, is dit ‘n belofte. As ‘n prediker praat, is dit ‘n aanbieding, maar as die Koning praat, is dit wet. Geen debat, geen onderhandeling en geen stemreg nie, sy woord is wet. Sy woord is nie ‘n voorstel nie, dit is nie goeie raad nie, dit is nie net ‘n gedagte nie, dit is wat dit is. Hy spreek en die storm is stil. Hy spreek en daar is lig. ‘n Kerk pas die Koning se Woord aan om aan te pas by omstandighede in die tyd waarin ons leef.
  6. ‘n Koning beskerm en voorsien aan sy burgers. Hy het ‘n verbond met hulle omdat hulle burgers van sy Koninkryk is, nie omdat hulle lofprysing in die kerk hou nie.
  7. ‘n Koning vereis totale lojaliteit en onderdanigheid. Enige persoon wat verdeelde lojaliteit het sal skuldig wees aan verraad en tereggestel word. ‘n Koning verwag totale oorgawe van sy burgers. ‘n Kerk het hulle eie grondwet en belydenis en staan in kompetisie met die Koninkryk van die Koning. Hy het nooit ‘n opdrag gegee om ‘n kerk te begin nie.
  8. In die Koning se Koninkryk kan mens nie net dien nie, maar jy moet buig. Jy moet aanbid, jy moet gehoorsaam wees, jy moet jouself onderwerp. In Sy Koninkryk kan jy nie net Sondae in die kerk dien en ander tye jou eie ding doen nie, dit is ontrou aan die Koning en Hy sal so ‘n persoon vergeld na sy dade. Hy verwag egter nie van ons om die hele week kerk toe te gaan nie, maar om die hele week deel van sy liggaam te wees. Hy verwag van ons om glad nie kerk toe te gaan nie, want dit is ‘n alternatief vir deelname aan sy liggaam en maak dat ons nie by die roeping uitkom waarvoor ons geroep is nie. Ons is nie geroep om kerk toe te gaan nie, maar ons dink ons het aan sy roepstem gehoor gegee toe ons kerk toe gaan.
  9. Om deel van sy Koninkryk te word, is nie ‘n uitbreiding op my lewe nie, maar dit is die einde van my lewe en dan net ‘n lewe in sy Koninkryk. Ek kruisig myself en leef nou in Hom en vir Hom.
  10. Ons is deel van ‘n Koninkryk met ‘n Koning en moet seker wees ons weet wat Hy wil hê, sodat ons dit kan doen.

‘n Koninkryk het ‘n volk.

  1. Ons is nou reeds in sy Koninkryk en nie in ‘n kerk-organisasie nie.
  2. Ons word nie lidmate van ‘n kerk nie, maar burgers van ‘n Koninkryk. Ons word gebore as burgers van die Koninkryk van duisternis, maar dan moet ons oorgaan na sy Koninkryk van lig.
  3. God het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is. ‘n Kerk se lidmaatskap is ‘n lidmaatskap tot ‘n menslike organisasie en nie tot die Koninkryk van God nie.
  4. Die Koning kies nie alle mense van die aarde as sy volk nie, maar dit is ‘n geslag, die nageslag van Israel. Enige mens kan lid van ‘n kerk word en kerke roem daarop dat almal welkom is, maar God roep die wat aan Hom behoort. Hulle is Sy volk, ‘n geslag. Johannes 6:35  En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. Johannes 37  Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. Johannes 6:44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Johannes 6:65  En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie. Johannes 7:37  En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!
  5. Die kerk roep lede vir homself uit alle bewoners van die aarde, maar die Koning roep sy volk uit al die bewoners van die aarde. Johannes 13:1  En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.
  6. Nie die hele nageslag van Israel sal egter in die Koninkryk van God kan ingaan nie, maar net hulle wat weer ‘n keer gebore is.
  7. Geen persoon kan ‘n burger wees van die koninkryk van hierdie wêreld en ook ‘n burger van die Koninkryk van God nie. Hierdie twee koninkryke staan teenoor mekaar, haat mekaar en is vyande van mekaar. Enige persoon wat ‘n burger is van albei die koninkryke, sal aangekla word van hoogverraad. Jakobus 4:4-5  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.  (5)  Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?
  8. Die kerke van die wêreld leef in vrede met die koninkryk van hierdie wêreld en is glad nie in vyandskap met die wêreld nie. Inteendeel is hulle baie goeie vriende. Die meeste lande gee nie net aan hulle godsdiensvryheid nie, maar stel hulle ook vry van belasting. Die kerke beskou nie die koninkryk van duisternis as vyande nie, maar werk saam met hierdie wêreld se koninkryk om dit ‘n beter plek te wil maak. Die kerk is een van die pilare waarop die koninkryk van hierdie wêreld se samelewing gebou is.  2 Timótheüs 3:12-13  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.  (13)  Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die duiwel. (06-07-2025)

Die duiwel. (06-07-2025)

Eségiël 28:1-26  Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:  (2)  Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here HERE: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is ‘n god, ek bewoon ‘n godewoning in die hart van die seë—terwyl jy tog ‘n mens is en geen god nie—en jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god;  (3)  kyk, jy is wyser as Daniël, alles wat verborge is, is vir jou nie te duister nie!  (4)  Deur jou wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf;  (5)  deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom;  (6)  daarom, so sê die Here HERE: Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god,  (7)  daarom, kyk, Ek bring vreemdes oor jou, die geweldigste nasies, en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid wat jou wysheid verwerf het, en jou glans ontheilig.  (8)  In die kuil sal hulle jou laat neerdaal, en jy sal in die hart van die seë die bittere dood sterwe van een wat verslaan is.  (9)  Sal jy werklik sê, in die aangesig van hom wat jou doodmaak: Ek is ‘n god! —terwyl jy tog ‘n mens is in die hand van hulle wat jou deurboor, en geen god nie?  (10)  Jy sal die dood van onbesnedenes sterwe, deur die hand van vreemdes; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE.  (11)  Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:  (12)  Mensekind, hef ‘n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid.  (13)  Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei.  (14)  Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes.  (15)  Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is.  (16)  Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut!  (17)  Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien.  (18)  Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek ‘n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.  (19)  Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het ‘n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie. 

Eségiël 31:1-18  En in die elfde jaar, in die derde maand, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:  (2)  Mensekind, sê aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy menigte: Na wie lyk jy in jou grootheid?  (3)  Kyk, Assur was ‘n seder op die Líbanon, skoon van takke en ‘n skaduryke bos en hoog van groei; en sy top was tussen die wolke.  (4)  Waters het hom grootgemaak; die watervloed het hom hoog laat groei, wat met sy strome gegaan het rondom die plek waar hy geplant was, en sy watervore uitgestuur het na al die bome van die veld.  (5)  Daarom het hy hoër gegroei as al die bome van die veld, en het sy takke baie geword en sy takkies lank, weens die groot waters toe hy uitgeskiet het.  (6)  Al die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke, en al die wilde diere van die veld het onder sy takkies aangeteel, en allerhande groot volke het onder sy skaduwee gaan sit.  (7)  En hy het skoon geword in sy grootheid, in die lengte van sy takke, omdat sy wortel by groot waters was.  (8)  Seders het nie naby hom gekom in die tuin van God nie, sipresse was nie soos sy takke nie, en platane het nie gehaal by sy takwerk nie: geen boom in die tuin van God was met hom te vergelyk in sy skoonheid nie.  (9)  Ek het hom mooi gemaak deur die menigte van sy takke, sodat al die bome van Eden wat in die tuin van God was, hom beny het.  (10)  Daarom, so het die Here HERE gesê: Omdat hy hoog uitgegroei het, en hy sy top tussen die wolke verhef het en hoogmoedig geword het oor sy hoogte,  (11)  sal Ek hom oorgee in die hand van die magtige onder die nasies; dié sal sekerlik met hom handel; vanweë sy goddeloosheid het Ek hom uitgedrywe.  (12)  Vreemdes, die geweldigste nasies, het hom afgekap en hom neergewerp; op die berge en in al die dale het sy takke geval, en sy takkies is stukkend gebreek in al die klowe van die land; en al die volke van die aarde het uit sy skaduwee weggegaan en hom so laat lê.  (13)  Al die voëls van die hemel het gaan sit op sy omgevalle stam, en al die wilde diere van die veld was op sy takkies;  (14)  sodat al die bome wat by water staan, nie hoog sou groei en hulle top nie sou verhef tussen die wolke nie, en hulle magtiges nie sou gaan staan in hulle hoogheid, almal wat water drink nie! Want hulle is almal oorgegee aan die dood om te gaan na die onderste van die aarde, onder die mensekinders, na die wat in die kuil neerdaal.  (15)  So sê die Here HERE: Op die dag toe hy na die doderyk neergedaal het, het Ek laat treur: Ek het om sy ontwil die watervloed oordek en die strome daarvan teruggehou, sodat die groot waters gestuit is; en Ek het om sy ontwil die Líbanon in swart gehul, en al die bome van die veld het gesmag om sy ontwil.  (16)  Deur die geluid van sy val het Ek die nasies laat bewe, toe Ek hom na die doderyk laat neerdaal het saam met die wat in die kuil neerdaal; en al die bome van Eden, die uitgesoektes en bestes van die Líbanon, almal waterdrinkers, het hulleself getroos in die onderste van die aarde.  (17)  Hulle het ook saam met hom neergedaal na die doderyk, na die wat verslaan is deur die swaard, ook sy helpers wat in sy skaduwee gesit het onder die nasies.  (18)  Na wie lyk jy so in heerlikheid en grootheid onder die bome van Eden? En tog sal jy neergewerp word saam met die bome van Eden na die onderste van die aarde; tussen die onbesnedenes sal jy lê, saam met die wat verslaan is deur die swaard. Dit is Farao en sy hele menigte, spreek die Here HERE.

Génesis 3:1-19  Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?  (2)  En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,  (3)  maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.  (4)  Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;  (5)  maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.  (6)  Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.  (7)  Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.  (8)  En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin.  (9)  Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?  (10)  En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.  (11)  En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?  (12)  En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.  (13)  Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.  (14)  Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.  (15)  En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.  (16)  Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.  (17)  En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.  (18)  Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet.  (19)  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

Job 1:6-12  En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom.  (7)  Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.  (8)  En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.  (9)  En die Satan antwoord die HERE en sê: Is dit verniet dat Job God vrees?  (10)  Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land.  (11)  Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het—waarlik, hy sal U in u aangesig seën!  (12)  Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE.

Lukas 4:1-8  En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei,  (2)  waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is; en Hy het niks geëet in dié dae nie; en toe hulle verby was, het Hy naderhand honger geword.  (3)  Toe sê die duiwel vir Hom: As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word.  (4)  Maar Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God.  (5)  Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd.  (6)  En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.  (7)  As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort.  (8)  En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

2 Korinthiërs 11:14-15  En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.  (15)  Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

Openbaring 2:10  Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.

Openbaring 12:3-4  En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;  (4)  en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het. 5  En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.  (6)  En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank. 7  En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;  (8)  en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.  (9)  En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.  (10)  Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.  (11)  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.  (12)  Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.

Openbaring 20:1-3  En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand.  (2)  En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank,  (3)  en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word. Opn 20:6  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank. 7  En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;  (8)  en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.  (9)  En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.  (10)  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.

1 Petrus 5: 6  Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. 7  Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. 8  Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. 9  Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is. 10  En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves! 11  Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Hou goeie moed. (2025)

Hou goeie moed. (2025)

Johannes 16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Romeine 8:22-28  Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.  (23)  En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.  (24)  Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog?  (25)  Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.  (26)  En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.  (27)  En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.  (28)  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Handelinge 20:22-25  En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie,  (23)  behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.  (24)  Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.  (25)  En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.

Lukas 12:22-59  En Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie.  (23)  Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.  (24)  Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!  (25)  En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?  (26)  As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge?  (27)  Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie.  (28)  As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges!  (29)  Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie;  (30)  want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.  (31)  Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.  (32)  Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.  (33)  Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.  (34)  Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.  (35)  Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand.  (36)  En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.  (37)  Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien.  (38)  En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte.  (39)  Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie.  (40)  Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie. 

Hou goeie moed. (b) 29-06-2025

 

Lukas 12: (41)  Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal?  (42)  En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee?  (43)  Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind.  (44)  Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.  (45)  Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word,  (46)  dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot maak van die ontroues.  (47)  En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word;  (48)  maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.  (49)  Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!  (50)  Maar Ek het ‘n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is!  (51)  Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.  (52)  Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie.  (53)  Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder.  (54)  En Hy het ook aan die skare gesê: Wanneer julle ‘n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom reën! en dit gebeur ook.  (55)  En wanneer julle die suidewind sien waai, sê julle: Dit sal gloeiend warm wees! en dit gebeur.  (56)  Geveinsdes, die voorkoms van die aarde en die lug weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan beoordeel nie?  (57)  En waarom oordeel julle ook nie uit julleself wat reg is nie?  (58)  Want terwyl jy met jou teëstander na die owerheid gaan, doen moeite op die pad om van hom los te kom; sodat hy jou nie miskien voor die regter sleep en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en die geregsdienaar jou in die gevangenis werp nie.  (59)  Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy ook die laaste oortjie betaal het nie.

Hábakuk 3:16-19  Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ‘n aanval maak.  (17)  Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie—  (18)  nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.  (19)  Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.

Daniël 6:23-24  My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie.  (24)  Toe het die koning baie bly geword en bevel gegee om Daniël uit die kuil op te trek. So is Daniël dan uit die kuil opgetrek sonder dat daar ‘n letsel aan hom gevind is, omdat hy op sy God vertrou het.

Daniël 3:15-27  As julle dan nou, sodra julle die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, bereid is om neer te val en die beeld wat ek gemaak het, te aanbid, goed; maar as julle nie aanbid nie, sal julle oombliklik binne-in die brandende vuuroond gegooi word, en wie is die God wat julle uit my hand kan verlos?  (16)  Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop ‘n antwoord te gee nie.  (17)  As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;  (18)  maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.  (19)  Toe het Nebukadnésar baie woedend geword en sy gelaatstrekke het verander teenoor Sadrag, Mesag en Abednégo; as antwoord het hy bevel gegee om die oond sewe maal warmer te maak as wat eintlik nodig was.  (20)  En aan sommige van die sterkste manne wat in sy leër was, het hy bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednégo te boei, om hulle in die brandende vuuroond te gooi.  (21)  Toe is daardie manne geboei met hulle mantels, hulle broeke en hulle tulbande en hulle ander klere aan, en hulle is binne-in die brandende vuuroond gegooi.  (22)  Omdat dan nou die woord van die koning streng en die oond uitermate verhit was, het die vlam van die vuur daardie manne wat Sadrag, Mesag en Abednégo opgeneem het, doodgebrand.  (23)  Maar daardie drie manne, Sadrag, Mesag en Abednégo, het geboeid binne-in die brandende vuuroond geval.  (24)  Toe het koning Nebukadnésar verskrik geword en haastig opgestaan; hy het sy raadsmanne toegespreek en gesê: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en sê aan die koning: Sekerlik, o koning!  (25)  Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ‘n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ‘n godeseun.  (26)  Toe het Nebukadnésar nader gekom na die opening van die brandende vuuroond en daarop gesê: Sadrag, Mesag en Abednégo, knegte van die allerhoogste God, gaan uit en kom hier! Toe het Sadrag, Mesag en Abednégo uit die vuuroond uitgegaan.  (27)  Daarop het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs en die raadsmanne van die koning vergader en aan daardie manne gesien dat die vuur geen mag oor hulle liggame gehad en die hare van hulle hoof nie geskroei het nie, en dat hulle mantels geen verandering ondergaan en die reuk van die vuur nie aan hulle gekom het nie.

Psalm 138:1-8  ‘n Psalm van Dawid. Ek sal U loof met my hele hart; in die teenwoordigheid van die gode sal ek psalmsing tot u eer.  (2)  Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak.  (3)  Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel.  (4)  Al die konings van die aarde sal U loof, o HERE, as hulle gehoor het die woorde van u mond;  (5)  en hulle sal sing van die weë van die HERE, want die heerlikheid van die HERE is groot.  (6)  Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte.  (7)  As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my.  (8)  Die HERE sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Ek is wat Ek is. (15-06-2025)

Ek is wat Ek is. (15-06-2025)

EK IS WAT EK IS – Dit is die Naam van die God wat aanbid moet word. Die uitspraak en die taal waarin ons dit sê, is nie belangrik nie, maar die betekenis is belangrik, want dit identifiseer die ware God tussen die afgode uit, wat hulle self voordoen as die waarde God en wat ongelukkig deur meeste mense aanbid word. Baie ander gode gee voor om die God van die Bybel te wees, maar net Hy wat voldoen aan EK IS WAT EK IS, is die ware God. Indien ons oortuig is dat ons die God van die Bybel aanbid, maar hy wie ons aanbid verskil van Hom wat die Bybel sê “HY IS”, aanbid ons ‘n afgod. ‘n Afbeeldsel van die ware God.

Exodus 32:4-5  En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ‘n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.  (5)  Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor ‘n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die HERE.

1 Konings 12:28-29  Daarom het die koning raad gehou en twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem—hier is, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het!  (29)  En die een het hy in Bet-el opgerig en die ander in Dan opgestel.

Waarom wil ons ‘n god (‘n opperwese) aanbid? Waarom het ons ‘n behoefte daarna? Omdat ons na bonatuurlike krag smag om ons uit ons probleme te red wat vir ons te groot is. Persone sonder noemenswaardige probleme en wat voorspoedig lewe kyk na mense wat ‘n god aanbid as dwase, omdat dit vir hulle nie sin maak nie. Wanneer so ‘n persoon se vyfjarige dogtertjie egter ontvoer word en hy magteloos staan, begin hy in sy nood uit te roep tot ‘n god om hom te help, maar wie is God en waar is God en hoe roep ek tot God?

Alle mense se grootste vrees is die onbekendheid van die lewe na die dood. Die maklikste manier om van daardie vrees ontslae te raak, wat elke dag aan jou knaag, is om daagliks vir jouself te vertel dat daar nie lewe na die dood is nie.

Omdat sulke mense die verkondigde “bewusteloosheid na die dood” nie kan bewys nie, bly hulle onseker van hulle eie oortuiging dat daar nie lewe na die dood is nie, en die dag wanneer hulle lewe bedreig word, en hulle staar die dood in die oë, kom daardie vrees vir die dood in volle mag terug en dan roep hulle met vrees tot die god van die dood om hulle genadig te wees.

Is daar lewe na die dood, en is daar ‘n god van die dood? Niemand weet nie, want niemand was al daar en het weer teruggekom om ons te kon inlig nie. So, ons wat nog in die lewe is, bly onseker. Tog is daar baie mense wat sê dat hulle weet wat na die dood met ons gebeur, maar meeste van hulle verskil van mekaar oor wat gaan gebeur en gee verkillende inligting en raad. 

Vir die van ons wat onsself vroegtydig wil voorberei vir die lewe na die dood, lê daar dus ‘n wêreld van onsekerheid en verwarrende inligting voor, waardeur ons moet soek, om die waarheid te kry. Iemand wat die eerste opinie, wat op sy pad langs kom aangryp, sal heel waarskynlik onvoorbereid wees, omdat daar so baie opinies is wat almal met mekaar verskil, tensy die voorbereiding vir die lewe na die dood eenvoudig en maklik is en met min insette suksesvol gedoen kan word.

Deur die eeue aanbid mense hulle gode om hulle in hierdie lewe te help, maar baie van hulle vertrou ook op hulle gode om hulle te help met dit wat vir hulle voorlê aan die anderkant van die dood. Weereens probeer meeste mense hulle self sus, deur vir hulself te vertel dat daar geen lewe na die dood is nie, maar dan kom daardie knaende vraag altyd weer terug, sê nou net daar is lewe na die dood, wat dan?

Die Grieke en Romeine het hulle Pagan-gode aanbid en gehoop dat daardie gode die vermoë het om hulle deur die dood te begelei na een of ander plek van saligheid. Die Romeinse kerk het by hulle oorgeneem met hulle eie weergawe van lewe na die dood en leer hulle volgelinge hoe hulle, hulle gode moet aanbid, om saligheid na die dood te kan verkry.

Iemand wat homself as ‘n ware Christen beskou, gebruik die inligting wat in die Bybel is om homself gereed te maak vir die lewe na die dood. Volgens die Bybel is daar twee eindbestemmings vir alle mense na die dood. Die eerste is die ewige lewe, in die koninkryk van hulle Skepper, en die tweede is die ewige dood, in die poel van vuur. Dit is twee uiteenlopende uiteindes en vanselfsprekend sal almal die ewige lewe kies en nie die ewige dood nie.

Selfs tussen die ernstige Christene verskil hulle geweldig oor die vereistes en metode om die koninkryk van God te kan ingaan en nie die ewige dood nie. Vir buitestaanders wat soekende is na die pad na die ewige lewe lyk hierdie verskille tussen Christene so uiteenlopend en verwarrend, dat hulle soms hulle soektog na die ewige lewe eerder stop, nog voor hulle begin het, want wat is waarheid?

So het elke mens sy opinie van die lewe en die lewe na die dood, en geweldig baie mense sit nou maar net onverantwoordelik en wag om te kyk hoe dit dan sal wees, maar die werklikheid daarvan is dat daardie individue dan totaal onvoorbereid is om hulle Maker te ontmoet. Ander word grootgemaak met ‘n sekere oortuiging en klou dan daaraan vas, sonder om dit aan enige iets te toets, met die hoop dat so ‘n opregte poging van geloof, in ‘n oorgelewerde godsdiens, genoeg sal wees om hulle van die ewige dood te bevry en toe te laat tot die ewige lewe.

As ons dan bely dat ons Christene is en in die Bybel glo, is ons mos dwaas om nie te gaan kyk wat daar staan en dan te doen wat daar staan om die ewige lewe te kan kry nie. Meeste Christine abdikeer hierdie groot verantwoordelikheid aan iemand anders en plaas hulle ewige lewe in ‘n vreemdeling se hande. Omdat ons skape is, doen ons sulke dinge. Alle skape volg ander skape, wat dan self onseker is wie die eerste skaap lei.

Ons vertrou ‘n vreemde dokter om ons onder narkose te sit en met ‘n mes aan ons te sny, net omdat al die ander skape dit ook doen. Ons glo wat die ander skape glo, want al die ander skape glo dit en almal kan tog nie verkeerd wees nie, of so redeneer ons.

Met die ondersoek van die Bybel sien ons dat die Bybel sê as ons in God glo sal ons gered word. Handelinge 16:30-31  En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word?  (31)  Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.

Dit klink tog baie eenvoudig om te doen en almal wat dit doen sal dus gered word, maar dit is nie so eenvoudig nie. Wie is Yahshua in wie ons moet glo? HY IS WAT HY IS. HY IS die God wat Israel uit Egipte uitgelei het en met hulle die verbond aan Jakob bevestig het.

So, beteken dit dan dat as ek Hom sou aanbid as die God wat die Israeliete uit Egipte uitgelei het, ek dan die regte God aanbid? Nee, nie noodwendig nie, want dit is presies wat Aäron en Jeróbeam gesê het en hulle het afgode aanbid. Hulle het bely dat hulle YHWH (die God wat hulle uit Egipte uit verlos het) aanbid, maar hulle belydenis was nie goed genoeg nie. Om te glo dat Hy die God van Israel is, is reg, maar sodra ons glo dat ons Hom deur ‘n beeld van Hom kan aanbid, diskwalifiseer ons ons eie geloof.

Daarom moet ons weet wie Hy is wanneer Hy sê; EK IS WAT EK IS. Ek is die God van Israel, maar Ek is nie ‘n beeld van wat jy dink EK is nie. HY IS WAT HY IS trek besliste grense van wie Hy is en wie Hy nie is nie, en die oomblik wat ons oor die grens gaan van wie Hy is, is ons besig met ‘n afbeelding van Hom, en daarom is dit van uiterse belang om Hom te ken vir wie Hy is.

Prakties beteken dit dat ons vir onsself afbeeldings maak, van wie Hy vir ons is, en dan daardie beelde, wat ons vir onsself gemaak het, aanbid. So ‘n persoon wat dit namens baie ander gedoen het, is Konstantyn. Soos Aäron en Jeróbeam maak hy ‘n beeld van God en net soos Israel van ouds volg almal hom in die aanbidding van die beeld. Tot vandag toe word hierdie beeld deur miljoene aanbid en hulle bely dat hulle God aanbid en ook dat hulle Christene is, tog ken hulle Hom nie en weet nie wie Hy is nie.

Luther sien later dat daar ‘n beeld gemaak is van die ware God en protesteer daarteen, maar ironies genoeg, maak hy net ‘n ander beeld van wie hy dink God is, en saam met Luther aanbid miljoene mense die afgod van die Lutherane. Calvyn maak sy eie beeld van wie God is en miljoene mense aanbid die beeld wat Calvyn gemaak het. Latere jare kom meer en meer instansies en maak beelde van God en leer die mense om dit te aanbid.

Ken ons God soos wat Abraham Hom geken het, of gaan ons kerk toe en doen ‘n paar rituele saam met ander mense, onder leiding van ‘n Ds. of Pastoor en dien ‘n god wat deur oorlewering aan ons oorgelewer is? Glo ons wat vir ons gesê word van wie God is, want dan glo ons in die beeld van ‘n god wat iemand anders vir ons gemaak het, of glo ons in God soos wat Dawid in Hom geglo het.

Voorbeelde:

  • Is daar drie gode in een of is dit een God? EK IS WAT EK IS.
  • Is Hy die Verlosser van almal, of is Hy die Verlosser van sy volk? EK IS WAT EK IS.
  • Word almal verlos en gaan deur genade in sy Koninkryk in, of moet ons eers weergebore word?
  • Kan ons losbandig in ons sonde bly lewe, of moet ons die begeertes van die sondige vlees afsterf?
  • Indien God voorskryf dat ons ons moet bekeer en dan gedoop word, maar die beeld van Calvyn sê ons moet babas doop om deel van die verbond te word, is dit dan dieselfde God?

1 Petrus 1:9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

As die einddoel van ons geloof die redding van ons siele is, en ons word gered deur ons geloof in God, maar ons geloof is in ‘n beeld van God, sal dieselfde met ons gebeur as wat met die Israeliete gebeur het wat ‘n beeld van God gemaak het en dit aanbid het. Die beeld kan ons nie red nie en God gaan ons nie red as ons ‘n beeld van Hom aanbid nie, ons moet Hom ken en ‘n verhouding met Hom hê, sonder die insettinge en verhouding met ander mense. Ek in Hom en Hy in my.

Psalm 91:14-16  Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.  (15)  Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.  (16)  Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

Jesaja 5:13-16  Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.  (14)  Daarom het die doderyk sy keel wyd oopgemaak en sy mond uitgerek sonder maat, en daarin sink hulle adel en hulle menigte en hulle luidrugtigheid en diegene onder hulle wat uitgelate is.  (15)  Dan word die mens gebuig en die man verneder, en die oë van die hoogmoedige mense word verneder.  (16)  Maar hoog sal die HERE van die leërskare wees deur die strafgerig, en die heilige God sal Hom as die Heilige laat ken deur geregtigheid.

Jeremia 9:23-24  So sê die HERE: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie;  (24)  maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek ‘n behae, spreek die HERE.

Titus 1:15-16  Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel.  (16)  Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.

Filippense 3:8-14  Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry  (9)  en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;  (10)  sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE