Reekse

Godsdiens of Verbond? (2025)

Godsdiens of Verbond? (2025)

Die Verbondsverhouding se oorsprong is die dag toe God ‘n verbond met Abraham, deur sy seun Isak en die se seun Jakob, en sy nageslag,  gemaak het en dit met ‘n eed bevestig het. Die nageslag is die lede van die verbond en die beloftes van die verbond wat deur God gemaak is, is op hulle van toepassing.  

Godsdiens of Verbond (1) (14-09-2025)

Godsdiens is ‘n vorm van aanbidding van ‘n god, op ‘n voorgeskrewe manier, om guns by daardie god te kry, sodat daardie god die aanbidders kan beloon vir hulle aanbidding.

Voorbeelde van godsdiens is:

  1. Rooms-Katolisisme en die Christendom 1.2 Biljoen
  2. Islam 1.3 Biljoen
  3. Hindoeïsme 900 Miljoen
  4. Boeddhisme 360Miljoen
  5. Judaïsme 15 Miljoen

Die Verbondsverhouding se oorsprong is die dag toe God ‘n verbond met Abraham, deur sy seun Isak en die se seun Jakob, en sy nageslag,  gemaak het en dit met ‘n eed bevestig het. Die nageslag is die lede van die verbond en die beloftes van die verbond wat deur God gemaak is, is op hulle van toepassing.  

Elke godsdiens het:

  1.  ‘n God.
  2. ‘n Stigter wat die godsdiens begin het.
  3. Oorgelewerde vorm van aanbidding.
  4. ‘n Geloof in hulle god.
  5. Wette waarvolgens die lede moet leef.

Die Christelike godsdiens glo baie uiteenlopend en verskil hemelsbreed met mekaar in so ‘n mate, dat meeste Christene ander Christene nie beskou as Christene nie. Die Christelike godsdiens is begin deur Jesus nadat hy aan die kruis gesterf het vir die sonde van die hele wêreld, omdat hy hulle almal lief het.

Die verbondsverhouding was van Abraham af en het nie begin of geëindig met die kruisiging van Yahshua nie. Yahshua het nie ‘n alternatiewe godsdiens vir die Joodse godsdiens, of enige ander godsdiens, begin nie, maar Hy het net kom doen dit wat die profete gesê het Hy gaan kom doen, vir hulle, met wie Hy ‘n verbond het. Jesaja 53:8  Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.

Christelike godsdiens kom in kerkgeboue bymekaar waar mense dan kerk hou. Daar word dan meestal gepraat deur ‘n prediker, gesing deur die lede, afkondigings gemaak en huis toe gegaan. Die nageslag van Jakob kom nie in kerke bymekaar nie, want hulle is nie ‘n godsdiens nie, maar ‘n geslag. Die volk met wie God ‘n verbond het, lewe hulle lewe elke dag in ‘n verbondsverhouding met hulle Verbondsgod, en het geen opdrag van Hom gekry om kerke te begin en godsdiens te bedryf nie.

Christelike godsdiens bely dat hulle Christene is en dit maak van hulle Christene. Enige mens moet net bely dat hy ‘n Christen is, om ‘n Christen te kan wees. Lede van die verbond egter, het dit deur afkoms omdat die verbond met ‘n geslag gemaak is. God het sy verbond met Abraham, deur Isak en Jakob en Jakob se nageslag, in hulle geslagte ná hom gemaak, as ‘n ewige verbond.

Christelike godsdiens lewe volgens sekere wette van die Bybel, maar daar is baie verskillende opvattinge van watter wette van toepassing is en watter nie. Meestal word aanvaar dat die tien gebooie onderhou moet word, maar sommige Christene gaan so ver na die wet-lose kant toe, dat hulle losbandig is en verklaar dat hulle onder God se genade is en daarom kan hulle sonde doen.

Volgens die Nuwe Verbond, met die geslag van Jakob, moet die lede van die verbond weer gebore word. Met wedergeboorte ontvang hulle dan die Gees van God wat in staat is om hulle harte te verander om te word soos sy hart. In plaas dat ‘n verbondskind wette moet hou, verander die Gees sy wil om te word soos die wil van God en daarom kan die weergebore lid van die verbond dan net doen wat hy wil, want sy wil het verander na die wil van God.

Christelike godsdiens se visie is dan ook om nie-Christene te oortuig om Christene te word en by hulle betrokke kerk-organisasie aan te sluit, sodat hulle gered kan word. ‘n Verbondskind se visie is om na die verlore lede van die verbond te gaan en hulle in te lig dat hulle lede van die verbond met God is en hulle hul tot Hom kan bekeer en daardeur gered word.

Die verbond is ‘n verwarrende term vir Christelike godsdiens en word baie min bespreek omdat die Christelike geloof verklaar dat die Ou Verbond in die Bybel verby is en daar nou ‘n Nuwe Verbond is wat niks met die Ou Verbond te doen het nie.  Hulle glo dat die Ou Verbond wel met ‘n uitverkore geslag was, maar nadat Jesus gekruisig is, het Hy toe lief geword  vir alle mense op die aarde en nie net meer vir die uitverkore geslag nie, en daarom is die Nuwe Verbond nou met almal.

Die verbond wat God met Israel gemaak het, was omdat Hy hulle liefgehad het. Omdat Hy hulle liefgehad het, het Hy ook vir hulle sonde gesterf, sodat hulle nie hoef te sterf nie. Toe Hy gesterf het, het Hy nét gesterf vir hulle wie Hy lief gehad het en nie vir hulle vir wie Hy sogenaamd lief sou word nie. Deuteronómium 10:14-15  Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.  (15)  Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.

Omdat die houers van die verbond mislei is, weet hulle nie van die verbond nie, maar hou hulle besig met godsdiens. Wanneer ons egter besef wat die verbond behels, sal dit ons hele verhouding teenoor God en met God verander.

‘n Verbond is ‘n ooreenkoms waarop mens kan vertrou vir wanneer jy dit nodig het. God maak ‘n verbond met Abraham en sy nageslag met die doel om aan hom en sy nageslag goed te doen. God maak aan Abraham beloftes wat goed is vir hom, omdat God ‘n goeie God is en goeie dinge oor hom en sy nageslag bedink. Ons is die letterlike nageslag van Abraham, Isak en Jakob en dit is die enigste vereiste om in die verbond met die Allerhoogste te wees.

Die verbond wat Vader met ons maak, is ter wille van ons en is ‘n goeie verbond. Dit het vir ons geweldige groot voordele in, maar omdat ons nie weet van die verbond nie, is die verbond dan vir ons waardeloos. Almal met wie God sy verbond gemaak het, het Hy geseën omdat Hy vir hulle lief is en omdat Hy ‘n goeie God is, wil Hy hê dat dit met hulle goed moet gaan.

God het met Abraham die verbond gemaak en Abraham geseën, sodat dit met hom goed moet gaan. So het Hy ook gedoen met Isak en Jakob en Jakob se kinders, tot by ons vandag, omdat Hy wil hê dat dit met ons moet goed gaan. God seën nie die godsdienstige Christen omdat hulle Hom aanbid nie en ook nie omdat hulle tiendes gee of vir Hom sing nie, maar slegs hulle met wie Hy ‘n verbond het, en OMDAT Hy met hulle ‘n verbond het. Om met God ‘n verhouding te hê, moet dit binne verbond-verband wees en nie binne die godsdiens-verband nie.

God maak met Israel ‘n verbond en red hulle uit Egipte, nie omdat hulle dit verdien het of omdat hulle Hom aangeroep het nie, maar omdat Hy ‘n verbond met hulle het, en daarom kon hulle Hom ook aanroep, en omdat Hy hulle lief gehad het, het Hy met hulle ‘n verbond gehad. Hy skenk hulle ook die land van die Kanaäniete, omdat Hy hulle lief het en omdat Hy aan hulle goed wil doen, omdat Hy ‘n goeie God is en goeie dinge oor hulle bedink.

God se motief vir die verbond is sy liefde vir die uitverkore geslag, en omdat Hy geen liefde het vir al die ander geslagte nie, het Hy ook geen verbond met hulle nie, maar Hy gee hulle in die plek van die uitverkore geslag.

Jesaja 43:1-9  Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!  (2)  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.  (3)  Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.  (4)  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.  (5)  Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.  (6)  Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,  (7)  elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.  (8)  Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het.  (9)  Al die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid!

God seën die verbondsvolk in Kanaän en maak hulle voorspoedig in alles wat hulle doen, omdat dit sy hart teenoor sy verbondsvolk is en Hy wil hê dat dit met hulle goed moet gaan. Hy seën vir Dawid in sy koninkryk en gee hom die oorwinning in elke oorlog wat hy voer, want Hy het ‘n verbond met Dawid omdat Hy lief is vir Dawid en wil hê dat dit met hom goed moet gaan. Vader is gelukkig as Dawid oor sy vyande triomfeer en sy kinders soos sipresse rondom sy tafel sit en sy volk hom eer en hy sy volk goed lei.

God seën Salomo en seën sy koninkryk met voorspoed omdat Hy met hom ‘n verbond het wat in liefde gegrondves is. God gee om vir Salomo en vir Salomo se volk. Hy dra hulle belange op sy hart en wil vir hulle goed wees. Omdat Hy hulle oorvloedig wil seën, vra Hy vir Salomo wat hy wil hê. Nadat Salomo wysheid kies, gee God hom dit, plus rykdom en eer, net omdat Hy aan Salomo goed wil doen en omdat Hy ‘n verbond met Salomo het en vir hom lief is en oorvloedige voorspoed vir hom begeer.

 Omdat ons mislei is glo ons nou dat ons God moet behaag deur ons Godsdiens, sodat Hy ons kan seën. Leuenaars verkondig ‘n evangelie aan die verbondsvolk om persoonlike voordeel uit hulle te trek, ten koste van die verbondsvolk, en ten koste van God se verhouding met sy verbondsvolk. Omdat ons nie weet van die verbond nie, kan ons nie staatmaak op die verbond nie en die satan steel nie net ons verhouding met ons God nie, maar ook ons seëninge deur die verbond.

(2) Godsdiens of Verbond? (21-09-2025)

Die waarheid is dat God nooit hierdie verbond, wat Hy as gevolg van liefde gemaak het, gestop het nie. Die ou verbond was met hierdie nageslag van Jakob en die nuwe verbond is ook met hulle. Hebreërs 8:6-10  Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.  (7)  Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie.  (8)  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,  (9)  nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.  (10)  Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

Volgens God se verbond sal Hy vir ons ‘n God wees. As ons in die nood is, wil Hy hê ons moet Hom aanroep, want Hy wil ons uitred. Die openbaring is dat as ons in die nood is, sal Hy ons uitred, want ons het ‘n verbond met Hom. ‘n Verbond is ‘n wettige ooreenkoms en Vader eer sy wettige ooreenkoms. Psalm 50:15-16  en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.  (16)  Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond—

Wanneer ons besef ons het ‘n verbond met God en dat al sy beloftes in Hom ja en in Hom amen is, sal ons nie meer hulp op ander plekke soek nie. Omdat ons nie weet ons het so ‘n verlossings-verbond nie, kan ons nie daarop staatmaak nie en probeer ons ander metodes om van ons probleme ontslae te raak. Indien ons volkome op Hom sou vertrou, omdat ons ‘n verbond met Hom het, sal ons altyd op sy verlossing staatmaak en nie op ons eie vermoë nie. Dawid het nie getwyfel of hy die reus kon verslaan nie, maar omdat hy die verbond geken het en omdat hy die God van die verbond geken het, het hy net op God vertrou en geen plan B gehad nie.

 Wanneer ons volkome op Hom kan vertrou, omdat ons weet ons het ‘n verbond met Hom, sal Hy altyd getrou wees aan sy verbond. Wanneer ek dan na die wêreld-omstandighede sou kyk, sal ek my geensins daaroor bekommer nie, want ek het ‘n verbond met die Almagtige. Wanneer ek weet van ‘n probleem wat op pad is, sal ek nie bekommerd wees nie, want ek sal weet dat God ook van dit bewus is en reeds besig is om aan my uitkoms te werk. 

Ons lees in Openbaring van die merk van die dier wat gaan voorkom dat ons kan koop en verkoop as ons nie die dier aanbid nie. Nou weet ons reeds dat dit op pad is en dat ons nie sal kan koop en verkoop nie, omdat ons gaan kies om nie die merk te ontvang nie. Die implikasie is dat ons ons huise en kos sal verloor en op straat gaan beland. Die waarde van die verbond is dat ek dan nou reeds weet dat God klaar besig is om vir my voorsiening te maak vir in daardie tyd en dat ek my nie daaroor hoef te bekommer nie. Hoekom sal Hy dit dan vir my doen en nie vir die ander nie? Want ek het ‘n verbond met Hom en ek vertrou Hom en sy verbond met my.

Psalm 91:7-16  Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie.  (8)  Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.  (9)  Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.  (10)  Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;  (11)  want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.  (12)  Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.  (13)  Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.  (14)  Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.  (15)  Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.  (16)  Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

Omdat ons dus in ‘n verbond met God is, en ons weet dat die verbond altyd ten gunste van ons is, en omdat ons weet dat God die vermoë het om sy verbond te hou, behoort dit ons hele lewe te domineer. As ons kan besef dat Hy in elke oomblik van ons lewe betrokke is, met die goeie verbond as gesindheid, sal ons nooit vrees nie. Dit maak nie saak wat in ons lewe gebeur nie, God is uiters bewus daarvan, want Hy het ‘n verbond met ons.

Elke oomblik van my lewe is Hy betrokke, want sy goeie verbond is elke oomblik geldig. Hy is ‘n goeie God en bedink goeie dinge oor ons en volgens sy wettige ooreenkoms, met ons, sal Hy sorg dat alles wat in ons lewe gebeur ten goede mee werk vir ons voordeel. 

Omdat ek dus weet dat Hy elke oomblik van my lewe betrokke is en die vermoë het om gebeure en omstandighede te beïnvloed, sal dit tot my eie voordeel wees om my lewenswandel oor te laat aan sy voorsiening. Psalm 37:3-7  Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,  (4)  en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.  (5)  Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;  (6)  en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.  (7)  Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.

Elke gebeurtenis in ons lewe en elke besluit in ons lewe kan ons volgens die verbond aan God oorlaat en dit sal uitwerk volgens die verbond. As iemand jou parkering vat, sien dit as ‘n bestiering van God, en alhoewel jy die parkering wou hê, weet jy daar is ‘n rede waarom jy dit nie gekry het nie. Daar is nou twee keuses van optree. Die natuurlike een is om kwaad te word en die parkering te probeer vat (dit is my wil) of om te besef ek is in ‘n verbond met die Allerhoogste en Hy het bepaal dat ek nie die parkering kry nie en dit is daarom reg met my.  As dit vir my beter sou wees om die parkering te sou kry, sal niemand dit by my kan vat nie. God bepaal of ek dit kry of nie, laat sy wil geskied, want dit is volgens ons verbond, vir my beter.

God werk met ons volgens sy verbond en sodra ons dit besef kan ons saam met Hom werk, in plaas van teen Hom. Volgens sy verbond bedink Hy goeie dinge oor my en laat die goeie dinge oor my gebeur, maar ek saboteur Hom dan deur in te meng met my eie wil. Hoe meer ek saam met Hom werk en nie teen Hom werk nie, hoe meer kan Hy sy verbond in my lewe laat geskied.

As gevolg van sy verbond lei Hy die volk van die verbond na die beloofde land toe. Die verbond hou vir hulle baie goeie voordele in, maar omdat hulle gereeld nie saam stem met God se metodes nie, saboteur hulle sy plan met hulle. Hulle wil die beloofde land hê, maar op hulle manier en dit veroorsaak dat hulle dit later nie kan verkry nie. God se goeie wil oor ons is die beloofde land in ons lewe, maar ons meng so in, dat Hy nie dit kan doen wat Hy vir ons beplan het nie.

God se beplanning met ons is die beloofde land en om daar te kom, moet ons soms eers deur die woestyn. Dit is hier waar ons rebbeleer, want ons lewe vir die “nou” en nie vir die groter toekoms nie.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Kerk of Koninkryk? (2025)

Kerk of Koninkryk? (2025)

(1) Kerk Of Koninkryk? (31-08-2025)

‘n Kerk

  1. Die byeenkoms is ‘n aanbieding deur een persoon en die ander is passief.
  2. Die leier doen die aanbieding en is ook die hoof van die gebeure en die kerk.
  3. Die kerk is ook die gebou waar God is. Die kerk is ‘n plek, nie persone nie.
  4. Die doel van die byeenkoms is lofprysing en lering.

‘n Koninkryk het ‘n Koning en nie ‘n predikant nie. Die gemeente is deel van die koninkryk en is nie ‘n instansie op sy eie nie. Die hoof van die gemeente is nie die predikant nie, maar die Koning.

  1. Wat is ‘n Koning? Let wel, Yahshua is ‘n Koning en nie ‘n Bruidegom nie.
  2. ‘n Koning het alle seggenskap, dit is nie ‘n demokrasie nie. ‘n Koning word nie deur die meerderheid verkies nie, maar Hy is Koning deur geboorte.
  3. Sy gesag word nie bespreek nie en word nie gekritiseer nie. Hy word nie vervang omdat mense nie van Hom hou nie. Yahshua was nie Koning gemaak nie, maar Hy is Koning van ewigheid af en Hy is die hoof van die gemeente.
  4. ‘n Koning besit alles in sy Koninkryk. In ‘n demokrasie besit mense eiendom, maar in ‘n Koninkryk besit die Koning alles. Al die huise, grond, hulpbronne en mense. Hy regeer nie net oor die Koninkryk nie, Hy besit dit. Die gemeente is die mense in die Koninkryk, wat deur die Koning besit word.
  5. Die Koning se Woord is wet en word nie bespreek nie, maar net aanvaar. Wanneer ‘n president praat, is dit ‘n belofte. As ‘n prediker praat, is dit ‘n aanbieding, maar as die Koning praat, is dit wet. Geen debat, geen onderhandeling en geen stemreg nie, sy woord is wet. Sy woord is nie ‘n voorstel nie, dit is nie goeie raad nie, dit is nie net ‘n gedagte nie, dit is wat dit is. Hy spreek en die storm is stil. Hy spreek en daar is lig. ‘n Kerk pas die Koning se Woord aan om aan te pas by omstandighede in die tyd waarin ons leef.
  6. ‘n Koning beskerm en voorsien aan sy burgers. Hy het ‘n verbond met hulle omdat hulle burgers van sy Koninkryk is, nie omdat hulle lofprysing in die kerk hou nie.
  7. ‘n Koning vereis totale lojaliteit en onderdanigheid. Enige persoon wat verdeelde lojaliteit het sal skuldig wees aan verraad en tereggestel word. ‘n Koning verwag totale oorgawe van sy burgers. ‘n Kerk het hulle eie grondwet en belydenis en staan in kompetisie met die Koninkryk van die Koning. Hy het nooit ‘n opdrag gegee om ‘n kerk te begin nie.
  8. In die Koning se Koninkryk kan mens nie net dien nie, maar jy moet buig. Jy moet aanbid, jy moet gehoorsaam wees, jy moet jouself onderwerp. In Sy Koninkryk kan jy nie net Sondae in die kerk dien en ander tye jou eie ding doen nie, dit is ontrou aan die Koning en Hy sal so ‘n persoon vergeld na sy dade. Hy verwag egter nie van ons om die hele week kerk toe te gaan nie, maar om die hele week deel van sy liggaam te wees. Hy verwag van ons om glad nie kerk toe te gaan nie, want dit is ‘n alternatief vir deelname aan sy liggaam en maak dat ons nie by die roeping uitkom waarvoor ons geroep is nie. Ons is nie geroep om kerk toe te gaan nie, maar ons dink ons het aan sy roepstem gehoor gegee toe ons kerk toe gaan.
  9. Om deel van sy Koninkryk te word, is nie ‘n uitbreiding op my lewe nie, maar dit is die einde van my lewe en dan net ‘n lewe in sy Koninkryk. Ek kruisig myself en leef nou in Hom en vir Hom.
  10. Ons is deel van ‘n Koninkryk met ‘n Koning en moet seker wees ons weet wat Hy wil hê, sodat ons dit kan doen.

‘n Koninkryk het ‘n volk.

  1. Ons is nou reeds in sy Koninkryk en nie in ‘n kerk-organisasie nie.
  2. Ons word nie lidmate van ‘n kerk nie, maar burgers van ‘n Koninkryk. Ons word gebore as burgers van die Koninkryk van duisternis, maar dan moet ons oorgaan na sy Koninkryk van lig.
  3. God het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is. ‘n Kerk se lidmaatskap is ‘n lidmaatskap tot ‘n menslike organisasie en nie tot die Koninkryk van God nie.
  4. Die Koning kies nie alle mense van die aarde as sy volk nie, maar dit is ‘n geslag, die nageslag van Israel. Enige mens kan lid van ‘n kerk word en kerke roem daarop dat almal welkom is, maar God roep die wat aan Hom behoort. Hulle is Sy volk, ‘n geslag. Johannes 6:35  En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. Johannes 37  Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. Johannes 6:44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Johannes 6:65  En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie. Johannes 7:37  En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!
  5. Die kerk roep lede vir homself uit alle bewoners van die aarde, maar die Koning roep sy volk uit al die bewoners van die aarde. Johannes 13:1  En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.
  6. Nie die hele nageslag van Israel sal egter in die Koninkryk van God kan ingaan nie, maar net hulle wat weer ‘n keer gebore is.
  7. Geen persoon kan ‘n burger wees van die koninkryk van hierdie wêreld en ook ‘n burger van die Koninkryk van God nie. Hierdie twee koninkryke staan teenoor mekaar, haat mekaar en is vyande van mekaar. Enige persoon wat ‘n burger is van albei die koninkryke, sal aangekla word van hoogverraad. Jakobus 4:4-5  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.  (5)  Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?
  8. Die kerke van die wêreld leef in vrede met die koninkryk van hierdie wêreld en is glad nie in vyandskap met die wêreld nie. Inteendeel is hulle baie goeie vriende. Die meeste lande gee nie net aan hulle godsdiensvryheid nie, maar stel hulle ook vry van belasting. Die kerke beskou nie die koninkryk van duisternis as vyande nie, maar werk saam met hierdie wêreld se koninkryk om dit ‘n beter plek te wil maak. Die kerk is een van die pilare waarop die koninkryk van hierdie wêreld se samelewing gebou is.  2 Timótheüs 3:12-13  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.  (13)  Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Hou goeie moed. (2025)

Hou goeie moed. (2025)

Johannes 16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Romeine 8:22-28  Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.  (23)  En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.  (24)  Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog?  (25)  Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.  (26)  En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.  (27)  En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.  (28)  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Handelinge 20:22-25  En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie,  (23)  behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.  (24)  Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.  (25)  En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.

Lukas 12:22-59  En Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie.  (23)  Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.  (24)  Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!  (25)  En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?  (26)  As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge?  (27)  Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie.  (28)  As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges!  (29)  Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie;  (30)  want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.  (31)  Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.  (32)  Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.  (33)  Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.  (34)  Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.  (35)  Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand.  (36)  En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.  (37)  Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien.  (38)  En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte.  (39)  Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie.  (40)  Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie. 

Hou goeie moed. (b) 29-06-2025

 

Lukas 12: (41)  Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal?  (42)  En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee?  (43)  Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind.  (44)  Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.  (45)  Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word,  (46)  dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot maak van die ontroues.  (47)  En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word;  (48)  maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.  (49)  Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!  (50)  Maar Ek het ‘n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is!  (51)  Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.  (52)  Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie.  (53)  Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder.  (54)  En Hy het ook aan die skare gesê: Wanneer julle ‘n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom reën! en dit gebeur ook.  (55)  En wanneer julle die suidewind sien waai, sê julle: Dit sal gloeiend warm wees! en dit gebeur.  (56)  Geveinsdes, die voorkoms van die aarde en die lug weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan beoordeel nie?  (57)  En waarom oordeel julle ook nie uit julleself wat reg is nie?  (58)  Want terwyl jy met jou teëstander na die owerheid gaan, doen moeite op die pad om van hom los te kom; sodat hy jou nie miskien voor die regter sleep en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en die geregsdienaar jou in die gevangenis werp nie.  (59)  Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy ook die laaste oortjie betaal het nie.

Hábakuk 3:16-19  Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ‘n aanval maak.  (17)  Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie—  (18)  nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.  (19)  Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.

Daniël 6:23-24  My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie.  (24)  Toe het die koning baie bly geword en bevel gegee om Daniël uit die kuil op te trek. So is Daniël dan uit die kuil opgetrek sonder dat daar ‘n letsel aan hom gevind is, omdat hy op sy God vertrou het.

Daniël 3:15-27  As julle dan nou, sodra julle die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, bereid is om neer te val en die beeld wat ek gemaak het, te aanbid, goed; maar as julle nie aanbid nie, sal julle oombliklik binne-in die brandende vuuroond gegooi word, en wie is die God wat julle uit my hand kan verlos?  (16)  Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop ‘n antwoord te gee nie.  (17)  As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;  (18)  maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.  (19)  Toe het Nebukadnésar baie woedend geword en sy gelaatstrekke het verander teenoor Sadrag, Mesag en Abednégo; as antwoord het hy bevel gegee om die oond sewe maal warmer te maak as wat eintlik nodig was.  (20)  En aan sommige van die sterkste manne wat in sy leër was, het hy bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednégo te boei, om hulle in die brandende vuuroond te gooi.  (21)  Toe is daardie manne geboei met hulle mantels, hulle broeke en hulle tulbande en hulle ander klere aan, en hulle is binne-in die brandende vuuroond gegooi.  (22)  Omdat dan nou die woord van die koning streng en die oond uitermate verhit was, het die vlam van die vuur daardie manne wat Sadrag, Mesag en Abednégo opgeneem het, doodgebrand.  (23)  Maar daardie drie manne, Sadrag, Mesag en Abednégo, het geboeid binne-in die brandende vuuroond geval.  (24)  Toe het koning Nebukadnésar verskrik geword en haastig opgestaan; hy het sy raadsmanne toegespreek en gesê: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en sê aan die koning: Sekerlik, o koning!  (25)  Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ‘n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ‘n godeseun.  (26)  Toe het Nebukadnésar nader gekom na die opening van die brandende vuuroond en daarop gesê: Sadrag, Mesag en Abednégo, knegte van die allerhoogste God, gaan uit en kom hier! Toe het Sadrag, Mesag en Abednégo uit die vuuroond uitgegaan.  (27)  Daarop het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs en die raadsmanne van die koning vergader en aan daardie manne gesien dat die vuur geen mag oor hulle liggame gehad en die hare van hulle hoof nie geskroei het nie, en dat hulle mantels geen verandering ondergaan en die reuk van die vuur nie aan hulle gekom het nie.

Psalm 138:1-8  ‘n Psalm van Dawid. Ek sal U loof met my hele hart; in die teenwoordigheid van die gode sal ek psalmsing tot u eer.  (2)  Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak.  (3)  Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel.  (4)  Al die konings van die aarde sal U loof, o HERE, as hulle gehoor het die woorde van u mond;  (5)  en hulle sal sing van die weë van die HERE, want die heerlikheid van die HERE is groot.  (6)  Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte.  (7)  As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my.  (8)  Die HERE sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

‘n Verbondsgod (2025)

‘n Verbondsgod (2025)

Banie Swanepoel:

Die Almagtige maak ‘n verbond met Noag en met al die mense wat uit hulle voort sou kom en volgens hierdie verbond sal Hy nooit weer die aarde met water vernietig nie. 

  1. Hierdie verbond (Sondvloed-Verbond) kom van God en is sy inisiatief en is nie van menslike insette afhanklik om dit geldig te hou nie.
  2. Hierdie verbond is ‘n ewige verbond en het nie ‘n vervaldatum nie.
  3. Omdat God met ons hierdie verbond gemaak het, glo ons dat dit nie weer sal gebeur nie, omdat ons Hom vertrou en glo dat Hy nie ‘n leuenaar is nie.
  4. Die teken van die verbond is die reënboog.

Die Almagtige maak weer ‘n verbond, maar hierdie keer nie met alle mense van die aarde nie, maar met Abraham. Abraham leef na Noag rondom die tyd van die toring van Babel. Hy maak nie net met Abraham ‘n verbond nie, maar Hy bevestig dit met ‘n eed.

  1. Hierdie verbond is apart van die eerste verbond wat God met Noag gemaak het en het geen verbintenis met dit nie.
  2. Volgens hierdie verbond wat God met Abraham maak, kies God hom uit om vir hom ‘n God te wees en hy en sy nageslag sal vir God ‘n volk wees.
  3. Net soos die verbond met Noag, is dit ‘n ewige verbond en het nie ‘n vervaldatum nie.
  4. Net soos die verbond met Noag, is die verbond God se inisiatief en niemand hoef iets te doen om hierdie verbond geldig te maak, of in stand te hou nie.
  5. Saam met die verhouding wat voortspruit uit die verbond, maak God ook beloftes aan Abraham, bv. hy sal ‘n groot nageslag hê en hy en sy nageslag sal die land Kanaän beërwe as hulle land, tot in ewigheid.
  6. Die teken tussen hulle vir die verbond is die besnydenis van manlike babas.

Génesis 17:7-8  En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou.  (8)  En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.

Van die dag af dat God hierdie verbond met Abraham gemaak het, was Hy Abraham se God. Later het hy ‘n seun (Isak) gehad en toe was Vader ook Isak se God. Isak het ‘n seun gehad, Jakob, en YHWH was toe die God van Jakob. Jakob het twaalf seuns gehad en YHWH was toe die God van die twaalf seuns, en toe díe se seuns en so in hulle geslagte totdat die ewige verbond eindig.

Al hierdie kinders is die nageslag van Jakob, wie se naam verander was na Israel, en so staan al die nakomelinge van Israel bekend as “Israeliete”.

Hierdie Israeliete is uniek deurdat hulle uit al die geslagte op die aarde met die Almagtige ‘n verbond het. Hierdie is nie sommer net ‘n verbond nie, maar met hierdie verbond verbind God Homself vir ewig in ‘n verhouding met hierdie geslag. Die ontnugterende deel is dat Hy nog nooit weer met enige ander persoon so ‘n verbond gemaak het nie.

Wanneer die nageslag van Jakob hulle in Egipte as slawe bevind, roep hulle om hulp. Dit is nou reeds vier honderd jaar later en  hulle roep na die God van hulle voorvaders, Abraham, Isak en Jakob, en Hy hoor hulle geroep omdat Hy met hulle ‘n verbond het. Geen ander nasie kan na húlle God om hulp roep nie, want Hy het met geen ander nasie ‘n verbond gemaak waarin Hy verklaar dat Hy hulle God is nie.

Die Egiptenare kon, as voorbeeld, Hom nie aanroep vir hulp tydens die tien plae nie, want die plae het juis van Hom af gekom, teen hulle, vir die Israeliete. Hy was nie die Egiptenare se God nie, maar Hy was hulle Vyand. Dit lyk onregverdig, maar dit is die verbond wat God gemaak het. Die Israeliete was nie beter mense as die Egiptenare nie, en die Egiptenare het ook nie oordadig sonde gedoen nie, maar God het ‘n verbond met die Israeliete gehad en toe hulle Hom aanroep, het Hy hulle uitgered.

Romeine 9:14-21  Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!  (15)  Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.  (16)  So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.  (17)  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.  (18)  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.  (19)  Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?  (20)  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?  (21)  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

Jesaja 43:3-4  Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.  (4)  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.

Toe hulle uit Egipte verlos word deur hulle God, kom hulle by die berg Sinai en daar bevestig God sy verbond aan hierdie massiewe volk wat ontstaan het uit die lendene van een man. By die berg Sinai gee hy ook aan hulle ‘n wet waarvolgens hulle moet lewe, sodat hulle bewaar kan word van die bose sondige werke wat vir die Israeliete natuurlik kom. ‘n Baie belangrike gebeurtenis is, is dat Hy ook die rede gee vir hierdie oënskynlike onregverdige optrede deur een volk te verlos, ten koste van ‘n ander.

Deuteronómium 7:6-8  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendoms volk te wees.  (7)  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.  (8)  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.

God se verbond met Israel maak sy optrede altyd eensydig ten gunste van Israel. Hy het hulle lief en sal ander nasies vernietig ter wille van die Israeliete, omdat Hy nie die ander nasies liefhet nie.

Deuteronómium 7:1-2  As die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit verjaag: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies, meer en magtiger as jy;  (2)  en die HERE jou God hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie.

Wanneer die Israeliete ongehoorsaam aan God is, en ander gode dien ,sal Hy hulle tug, maar sy verbond met hulle sal Hy nooit verbreek nie, want dit is ‘n ewige verbond wat nie van hulle optrede afhang nie.

Jeremia 31:35-37  So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam:  (36)  As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd.  (37)  So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE.

Dawid was van hierdie eensydige liefdesverbond bewus en het die beginsels van God se ooreenkoms geken toe hy die reus, Goliat, tegemoet geloop het op die oorlogsveld. Dawid was totaal bewus daarvan dat God hom sal help ten koste van die reus, omdat die reus ‘n onbesnede Fillistyn is. Sy onbesnede toestand was ‘n aanduiding daarvan dat hy geen verbond met die Almagtige het nie en Dawid het in ‘n verbond met God gestaan.

1 Sameul 17:10  Verder sê die Filistyn: Ek daag die slagordes van Israel vandag uit! Gee my ‘n man, dat ons saam kan veg. 1Sa 17:32-33  En Dawid het aan Saul gesê: Laat die manne se moed tog nie ter wille van hom sink nie. U dienaar sal gaan en teen hierdie Filistyn veg.  (33)  Maar Saul het Dawid geantwoord: Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is ‘n seun, en hy is ‘n krygsman van sy jeug af. 1Sa 17:40-49  Daarop neem hy sy staf in sy hand en soek vir hom uit die spruit vyf gladde klippe uit en steek dit in sy herderstas wat hy gehad het, naamlik in die slingersak; en met sy slinger in sy hand het hy nader gekom na die Filistyn.  (41)  Ook die Filistyn het al nader en nader gekom na Dawid, en die skilddraer voor hom uit.  (42)  Toe die Filistyn opkyk en Dawid sien, het hy hom verag, omdat hy ‘n seun was—rooierig, met ‘n mooi voorkoms.  (43)  En die Filistyn vra vir Dawid: Is ek ‘n hond dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode.  (44)  Verder sê die Filistyn vir Dawid: Kom na my toe, dat ek jou vlees aan die voëls van die hemel en die diere van die veld kan gee.  (45)  Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het.  (46)  Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel ‘n God het.  (47)  Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee.  (48)  Toe die Filistyn hom dan klaarmaak en aldeur nader kom om Dawid te ontmoet, loop Dawid gou na die vegterrein om die Filistyn te ontmoet;  (49)  en Dawid steek sy hand in die tas en neem ‘n klip daaruit en slinger, en hy tref die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die grond val.

‘n Verbondsgod, deel 2 (11-05-2025)

As ons kan glo dat God met ons ‘n verbond het, sal ons kan reken op daardie verbond, maar as die verbond vir ons aangebied word op so ‘n manier dat ons niks daarvan verstaan nie, sal ons geen waarde in die verbond hê nie en nie daarin kan glo nie.

Indien mens vir die gemiddelde Christen vra wat is die verbond van God met ons, sal hulle sukkel om te antwoord, want dit het iets te doen met Abraham en die besnydenis, die nuwe verbond met die kerk en die doop, maar die met mý persoonlik te doen het, is ‘n raaisel.

Die verbond wat God met ons het is nie ‘n verborgenheid nie, maar dat Hy ons God is, en omdat Hy ons God is maak Hy in sy almag beloftes aan ons, ter wille van ons. Hy sal ons uitred as ons in gevaar is, want Hy is ons God. Hy sal in al ons behoeftes voorsien, na die rykdom van sy genade, want Hy is ons God. Hy sal ons bring na die land wat Hy aan ons beloof het, want Hy is ons God. Hy sal ons siele verlos uit die mag van die dood, deur in ons plek te sterf, want Hy is ons God.

Hy maak ‘n verbond met ons waarin Hy al hierdie dinge met ons ooreenkom, maar omdat ons nie sy hart ken nie, en omdat  ons nie die verbond ken nie, en omdat ons nie weet wie Hy is nie en omdat ons nie weet wie ons is nie, gaan hierdie kosbare verbond by ons verby, omdat ons reken dit het iets met die kerk te doen, maar ons weet ook nie wat nie.

Die evangelie wat deur die kerke aangebied word is baie geheimsinnig en niemand is regtig seker hoe, wat werk met betrekking tot die verbond nie en daarom is daar geen krag in die verbond nie. ‘n Kontrak in ‘n maatskappy, of tussen twee lande, is die beginsels van hulle verhoudings en daar moet sekerheid wees wat die kontrak sê, sodat daar daarvolgens gehandel kan word. Ons het ‘n soortgelyke kontrak met die Almagtige, maar ons is totaal onkundig wat die kontrak is.

Indien ons kan besef dat God met elkeen van ons as individu ‘n verbond het, dat Hy ons God is en ons sy volk, dan sal ons geloof in Hom kan hê en op Hom kan vertrou. Wanneer ek op Hom vertrou vir uitkoms uit ‘n situasie, het ek geloof in my verbond met Hom, maar as die omstandighede vir my groter as die verbond in Hom is, sal ek Hom nie kan glo nie. As ek egter die verbond met Hom ken en in daardie verbond vertrou, ten spyte van die sienlike omstandighede, sal Hy my uitred omdat Hy met my ‘n verbond het en ek op die verbond met Hom vertrou.

As die Nuwe Verbond met die kerk gemaak is, wat van my? Waarop moet ek vertrou? As ek nie in die kerk is nie, beteken dit dat ek nie met God ‘n verbond het nie? Wat is die verbond met die kerk?

In die geskiedenis van Israel was daar baie triomf vir hulle gewees teen hulle vyande, omdat God hulle God was en die geveg vir hulle geveg het, maar daar was ook tye wat Hy hulle in die hand van hulle vyande oorgegee het, omdat hulle van Hom af weggedwaal het. Sy liefde en sy verbond het egter nooit teenoor hulle verander nie. Hoewel Hy toegelaat het dat ander nasies sy nasie verdruk, het Hy dan telkens daardie nasies gestraf, nadat Hy die Israeliete uit hulle hand verlos het.

Jeremia 46:27-28  Maar jy, my kneg Jakob, wees nie bevrees nie; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou kroos uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom verskrik.  (28)  Jy, o my kneg Jakob, wees nie bevrees nie, spreek die HERE, want Ek is met jou. Want Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.

Hoewel God met hierdie uitverkore geslag ‘n verbond het om hulle God te wees en hulle sy volk, is die verbond nie goed genoeg om hulle siele te red van die ewige dood nie en daarom maak Hy met hulle ‘n nuwe verbond.

Jeremia 31:31-34  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit;  (32)  nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE.  (33)  Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.  (34)  En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.

Dit is uiters belangrik om te sien dat die Nuwe Verbond met dieselfde mense gemaak is. Die oorspronklike ewige verbond, was met Abraham, Isak en Jakob gemaak, en hulle kinders wat die huis van Israel en die huis van Juda geword het. In die verbond het God gesê dat Hy vir hulle ‘n God sal wees en hulle sal vir Hom ‘n volk wees, en dit was so. Nou, met die Nuwe Verbond bly dit nog net so van krag, maar die Nuwe Verbond is nou ook in staat om hulle siele te red.

Die Ou Verbond wat Hy met Israel gemaak het, het hulle tydelik onder bewaring gehou totdat die verbond gekom het wat in staat is om hulle siele te red.

Galásiërs 3:23-25  Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.  (24)  Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.  (25)  Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie.

Die loon van die sonde is die dood. Die uiteinde van die sonde is die hel, maar met die Nuwe Verbond het Hy die sonde van sy volk op Hom geneem, deurdat Hy in hulle plek gesterf het.

Lukas 1:67-68  En Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê:  (68)  Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het,

Lukas 1:76-77  En jy, kindjie, sal ‘n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;  (77)  om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes,

Hebreërs 2:17  Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.

Beteken dit dan dat Hy sy lewe gegee het vir net die Jode? Nee, die wat hulle self vandag Jode noem, is nié die Israeliete wat met God ‘n verbond het nie.

Openbaring 2:9  Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.

Openbaring 3:9  Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.

Na sy opstanding uit die dood, verskyn Yahshua aan sy dissipels en gee hulle ‘n sending-opdrag. Niks in die Bybel is toevallig opgeskryf nie en baie van ons het al gewonder waarom Paulus, wat die evangelie aan die heidene verkondig het, se sendingsreise so in detail opgeskryf was. Waarom is dit belangrik dat ons moet weet waar hy sendingwerk gedoen het?

Omdat die Israeliete uit hulle land weggevoer was, en nog nie weer terug gegaan het nie, moes Paulus, en die ander Apostels, na hulle toe gaan om vir hulle die evangelie van verlossing deur, God se nuwe verbond met hulle, te bring. Hy gaan na die bereikbare lande toe waar die Israeliete was: Griekeland, Italië, Switserland, Spanje.

Ons voorvaders kom ook van daardie lande af en dit maak ons deel van daardie uitverkore volk waarmee Vader ‘n verbond het. Net soos wat God die Israeliete van die eerste verbond ‘n opdrag gegee het om sy verbond te hou, net so kry ons ook nou ‘n opdrag.

‘n Verbondsgod, deel 3 (18-05-2025)

Onderskeiding is nie net om reg van verkeerd te kan onderskei nie, maar ook om reg, van amper reg, te kan onderskei.

Paulus verkondig dus die evangelie aan die heidene, maar hy gaan na die lande wat ons vandag ken as Europa. Die tien stamme wat in verstrooiing gegaan het, het gedeeltelik in Europa beland en hy het geweet wie hulle is.

Jakobus 1:1 Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!
1 Petrus 1:1 Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië,

Ons voorvaders kom ook van daardie lande af en dit maak ons deel van daardie uitverkore volk waarmee Vader ‘n verbond het. Net soos wat God die Israeliete van die eerste verbond ‘n opdrag gegee het om sy verbond te hou, net so kry ons ook nou ‘n opdrag om sy verbond te hou. Hierdie evangelie is onbekend vir die hele wêreld se mense en indien hulle dit iewers sou hoor, verwerp hulle dit sonder om dit eers te ondersoek, want dit is ‘n skande.

Die hele wêreld lê in die hand van die Bose en hele wêreld haat die ware evangelie, naamlik dat God ‘n uitverkore geslag het vir wie Hy lief is en dat Hy sy lewe gegee het om daardie uitverkore geslag van die ewige dood te red.

Hierdie wêreld het vir hulself ‘n menige predikers versamel om vir hulle ‘n evangelie te verkondig wat hulle in die gehoor streel, om hierdie wêreld wat in die hand van die Bose lê, geen aanstoot te gee nie. Die evangelie wat oral in die wêreld verkondig word, is ‘n evangelie wat die wêreld se heersers, die owerhede en die magte, goedkeur, maar dit is ‘n evangelie wat verskil met God se evangelie en wat Hom van sy eer beroof.

2 Timótheüs 4:1-5 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: (2) verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; (3) want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, (4) en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. (5) Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.

Génesis 17:9-10 Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag. (10) Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word—

Hoewel almal wat die nageslag van Jakob was, Israeliete was, was hulle nie deel van die verbond alvorens hulle nie besny was nie. God se verbond het dus bestaan, maar ‘n onbesnede persoon was nie deel van die verbond nie en sou nie saam met die ander Israeliete erf, tensy hy besny was nie.

Vandag het ons ook ‘n opdrag om sy verbond te hou, maar dit is nie dieselfde teken nie. Met die Nuwe Verbond moet ons weer gebore word, anders sal ons nie die saam met die ander Israeliete die ewige lewe erf nie.

Johannes 3:1-7 En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode. (2) Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. (3) Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (4) Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? (5) Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. (6) Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. (7) Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.

Daar is vandag baie mense wat van hulle identiteit as Israeliete bewus word en wil dan deel van die verbond van God word, maar dan die eerste verbond te hou deur hulle te laat besny. Dit is dieselfde as wat Abraham sou dink hy is deel van die verbond met God en die teken daarvan is die reënboog. Die besnydenis het ‘n Israeliet deel gemaak van die eerste verbond, maar wedergeboorte maak ‘n Israeliet deel van die tweede verbond.

Wat van ander volke?

As ‘n nie-Israeliet hom laat besny het, het hy nie deel van die verbond met God geword nie en indien ‘n nie-Israeliet vandag probeer om weer gebore te word, word hy ook nie deel van die tweede verbond tussen God en Israel nie. Die inisiatief van die uitnodiging tot die verbond kom van God af en nie van die mense af nie.

Johannes 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.


Johannes 6:65-68 En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie. (66) Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie. (67) Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie? (68) En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.

In die tweede verbond is die besnydenis vervul deurdat ons harte besny moet word. Die besnydenis van ons hart is deel van wedergeboorte. Wanneer God my hart van klip verwyder en vir my ‘n hart van vlees gee, besny ek my hart deur my vlees se begeertes af te lê.

Kollesense 2:9-12 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; (10) en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; (11) in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, (12) omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.

Waarom is dit belangrik om te weet dat God ‘n verbond het en dat Hy met my, as deel van sy volk, ‘n verbond het?

  1. Om geloof in God te kan hê moet ek sekerheid hê in wat ek glo, maar as die inligting verwarrend is, sal ek nie kan glo nie. As ek nie kan glo nie, sal ek nie deur God gered word nie, want ons word deur ons geloof in Hom gered.
  2. As ek weet dat ek deel van sy volk is met wie Hy van die begin af ‘n verbond het, sal ek kan glo dat die beloftes wat Hy aan Israel gemaak het, direk op my betrekking het. As ek dit nie weet nie en dink ek is deel van ‘n kerk wat eintlik verbondlose heidene is, wat hulle tot God bekeer het, wat uit genade aangenome kinders geword het, maar sy eintlike volk is die Jode, vir wie Hy eintlik lief is, maar hulle ontken Hom, maar hulle gaan nog tot bekering kom en eintlik is die beloftes net vir hulle, maar tog vir my ook?

Kyk na die volgende beloftes aan Israel en maak die saak uit met jouself of dit op jou van toepassing is of nie.
• Dit is beloftes wat direk deur God gemaak is aan Israel.
• Iemand wat nie deel is van die volk nie, kan nie daarop aanspraak maak nie.
• Almal wat deel van die volk is, het ‘n verbond met God en die beloftes is vir hulle.
• God maak dus beloftes en afhangende van wat ek glo ten opsigte van wie ek is, betreffende daardie beloftes, sal bepaal of daardie beloftes in my lewe sal realiseer.

Jesaja 41:8-14 Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend, (9) jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie. (10) Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. (11) Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom. (12) Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie—die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos ‘n nietige ding—die manne wat teen jou oorlog voer. (13) Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou. (14) Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel.

Is hierdie nageslag die Jode, of is dit dalk die kerkmense, of is dit die bekeerdes of is dit letterlik die nageslag van Jakob? Indien ons die saak kan uitmaak en sien dat dit die nageslag van Jakob is en dat ek persoonlik deel is van daardie nageslag en dat hierdie beloftes letterlik op my van betrekking is, sal ek kan glo dat dit vir my is.

Indien ek onseker is of dit vir die kerk is en ek is onseker vir watter kerk, maar dit is dalk vir die Jode, maar hulle is dan ook nie ‘n nageslag nie, sal ek nie kan glo wat God aan my belowe het nie en sy verbond aan my blyk tevergeefs te wees.

Jesaja 44:1-6 Maar luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het! (2) So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het! (3) Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge. (4) En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope. (5) Die een sal sê: Ek behoort aan die HERE; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan die HERE, en hom met die erenaam Israel noem. (6) So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.

Efésiërs 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

As ek nie kan glo nie, want die inligting is vir my te verwarrend, op grond van wát sal ek dan gered word? Die hele wêreld lê in die hand van die Bose en die Bose se hoogste prioriteit is om die ware Israeliete weg te hou van hulle verbond met God en die beloftes wat God aan hulle gemaak het, deur die verbond. God se verbond gaan deur ‘n letterlike geslag en die wêreld se evangeliste staan dit met alle mag teë, deur te preek dat dit nie deur ‘n geslag is nie.

Is dit so dat God gesê het…?

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Is dit nou die einde van die Boervolk? (2025)

Is dit nou die einde van die Boervolk? (2025)

Banie Swanepoel: Die blankes in Suid Afrika, en veral die Afrikaner blankes, is nie welkom in hulle eie land nie, maar word deur die ander rasse gehaat en dit word openlik gesê.

001 – Is dit nou die einde van die Boervolk? (13-04-2025)

Die blankes in Suid Afrika, en veral die Afrikaner blankes, is nie welkom in hulle eie land nie, maar word deur die ander rasse gehaat en dit word openlik gesê.

Die amptelike regering verklaar dat grond by die blankes weggeneem moet word om aan “ons” mense gegee moet word. Die blankes is dus nie deel van die sogenaamde “ons” mense nie, maar word na 400 jaar nog beskou as kolonikuste. Hoewel die swart nasies in Afrika geen geskiedenis kan ophaal nie, is hulle bewering dat alle grond in Afrika aan hulle behoort, omdat hulle nog altyd in Afrika is.

Byeenkomste, met meer as 50 000 deelnemers, sing liedere wat die menigtes aanhits om die Boere te skiet en daarom is plaasmoorde al normaal in Suid Afrika. Hierdie liedere wat die moord op die blanke aanhits, was in die hof verdedig, maar die hof het beslis dat dit gedoen mag word. 

Daar is meer as 120 amptelike landswette wat openlik diskrimineer teen die blankes van Suid Afrika en nog strenger wette word beplan. Grondonteiening sonder vergoeding word gemik teen die blankes wat nog op plase bly, om hulle grond ook weg te neem. Nadat Amerika hierdie gebeure aan die wêreld bekend gemaak het, word die blanke in Suid Afrika nog meer gehaat deur die res van die inwoners in Suid Afrika.

In 1994 het die blanke regering van Suid Afrika ‘n eerste wêreld land oorhandig aan ‘n swart regering wat dit net geplunder en vernietig het vir eie belang, sodat daar vandag net ‘n leë dop oor is. Energie- en watervoorsiening hang aan ‘n draadjie en dit is vir die swart regering geen abnormaliteit nie, omdat hulle geen sin vir verantwoordelikheid het nie. Paaie en ander vervoer is ook op hul einde. Die weermag bestaan nie meer nie en ons het ‘n lugmag sonder vliegtuie.

Wanneer die blankes hierdie vernietiging van instansies waarneem, probeer hulle hul eie inisiatief gebruik om alternatiewe te skep soos skole, universiteite en selfs dorpe, maar omdat dit dan die ander inwoners van die land tot skande is, wil hulle dit met alle mag vernietig.

Hoe het ons tot in hierdie toestand gekom?

Omdat ons as blankes geïndoktrineer en gebreinspoel was, reeds in die tagtiger jare, naamlik deur te verklaar dat alle rasse dieselfde is, is ons as blankes nou verbaas oor wat nou in die land gebeur, maar die swart rasse wat die land moet bestuur vind geen fout met dit wat gebeur nie, vir hulle is dit normaal. Ons as blankes se verwagting is nog steeds dat hulle op ‘n stadium moet agterkom hoe die lewe werk en waarmee hulle besig is en dan verander en dan die land regruk en reg bestuur, maar hulle kan nie, hulle het nie die vermoë nie. Hulle is anders as ons en ons is nie dieselfde as hulle nie.

Hierdie feit het homself oor die laaste 30 jaar openbaar en tog kan meeste mense dit nog nie sien nie. Nêrens in Afrika het dit anders gewerk nie en hier sal dit ook nie gebeur nie. Ons as blankes wat nie in armoede wil bly nie, werk elke dag lang ure om dit te voorkom, maar die swart ras gee nie om om in armoede te bly nie, want dit is vir hulle normaal. As daar nie elektriese krag is nie, gebruik hulle net ‘n kers. As daar ‘n sinkgat in die pad is, maak hulle net die pad toe. As daar nie genoeg geld vir die regering is om die land te bestuur nie, maak hulle net die belasting meer.

Net soos wat mans en vroue nie dieselfde is nie, is rasse nie dieselfde nie, maar die liberalis probeer ons daarvan oortuig dat nie so is nie. As ons kan wakker word en die waarheid sien, sal die waarheid ons vry maak. Omdat mense gemaklik is in ‘n gemaksone, wil hulle gewoonlik nie die waarheid weet nie, want dit is ongemaklik, maar omdat omstandighede in ons land so haglik raak, is die gemaksone besig om ongemaklik te word en daarom begin al meer mense bereid word om alternatiewe waarheid te oorweeg.

Die CIA het jare gelede al ‘n eksperiment gedoen waar hulle 15 mense getoets het, maar 14 van hierdie mense was CIA-agente wat deel van die toetsers was. Aan al 15 “deelnemers” is ‘n tekening van ‘n driehoek gegee en hulle moes dan sê wat hulle sien. Al 14 die agente het eerste gesê dat dit ‘n sirkel was, hoewel dit ‘n driehoek was.

Die 15de persoon was die enigste een wat nie ingelig was nie en was dan verbaas dat almal sê dit is ‘n sirkel, hoewel dit ‘n duidelike driehoek was. Omdat almal gesê het dat dit ‘n sirkel was, het die 15de persoon nie kans gesien om met almal te verskil nie en het dan gesê dat dit ‘n sirkel is. Almal kan tog nie verkeerd wees nie, daar is seker fout met my en ek wil nie hê die mense moet dink ek is mal nie.

Bykans nooit het dit gebeur dat iemand as die uitsondering sou erken dat dit ‘n driehoek is nie, hoewel dit ‘n duidelike driehoek was. Hierdie konsep is dan deur die CIA toegepas om die massas van ander sieninge te oortuig, deur die media in te span en oor en oor te sê wat waarheid volgens hulle is, hoewel dit dan ‘n volkome leuen was.

In Suid Afrika was hierdie tegniek ook deur dieselfde CIA toegepas en meeste mense het net aanvaar wat deur die koerante, TV, skole, universiteite en veral predikante gesê was. Hierdie instansies het almal saamgespan om die blanke ras, wat altyd geweet het hulle is anders, te oortuig dat hulle dieselfde as alle ander rasse is.

Vir sesduisend jaar was apartheid normaal, anders sou daar nou al net een ras gewees het, maar met hulle metode het hulle ons almal gekondisioneer om te aanvaar dat apartheid ‘n skande is. Almal aanvaar dat apartheid verkeerd is, maar niemand weet hoekom nie. Almal aanvaar dat ons maskers moet dra vir die virus, want al die dokters en media sê so.

Daar is egter die enkeling wat hierdie indoktrinasie ‘n myl vêr sien aankom en dadelik weet dit is ‘n driehoek en dadelik sê dit is ‘n driehoek, omdat hulle nie bereid is om net te glo wat almal sê die waarheid is nie. In ons Boere Afrikaner gemeenskap is heelwat sulke mense en nog meer van hulle word wakker uit die beswyming waar in hulle geplaas was deur die Dominee en ander media.

Wat het dit te doen met ons tema? Die Bybel sê die waarheid sal ons vry maak en almal wat onder die betowering van die wêreldheersers kan uitkom, is kandidate om by die waarheid van God se Woord te kan uitkom. Dit is ‘n ongewilde pad, want jy is die een wat die driehoek sien en dan erken dat dit ‘n driehoek is. Almal wat bang is om die waarheid te erken, sal dan saam met die wat die leuens versprei spot dryf met die enkeling wat by die waarheid staan.

So wat is dan die waarheid wat ons vry sal maak?

Omdat alle rasse nie deur God dieselfde gemaak is nie, verskil hulle in hoe hulle lyk en ook in hulle optrede en opvattinge wat nie kan en sal verander nie. God voel ook nie dieselfde oor al die rasse nie en hoewel die Bybel duidelik daaroor is, verander die predikante die Bybel om dit te verberg.

God het ‘n geslag uitverkies en met hulle ‘n verbond gemaak. Die implikasie is dat Hy nie met die ander geslagte op die aarde ‘n verbond gemaak het nie. Die indoktrinasie-masjien se boodskap verklaar dat almal voor God dieselfde en gelyk is, maar God verklaar dat almal nie voor Hom dieselfde is nie.

Exodus 11:7  Maar teen geeneen van die kinders van Israel sal ‘n hond sy tong verroer nie, van die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat die HERE ‘n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete.

God het met ‘n sekere geslag ‘n verbond (die eerste verbond) gemaak en toe Hy die tweede verbond maak, toe maak Hy dit weer met dieselfde mense.

Hebreërs 8:8  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,

Die eerste persone met wie God hierdie verbond gemaak het, was met Abraham, sy seun Isak en die se seun Jakob. God maak met húlle ‘n verbond en sê dat Hy húlle God sal wees en húlle en húlle nageslag sal sy volk wees. Húlle kan Hom aanroep in ‘n tyd van benoudheid en Hy sal húlle uitred. So het Hy met geen ander nasie gedoen nie.

Levítikus 26:12  En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ‘n God wees, en júlle sal vir My ‘n volk wees.

(Aan die ander nasies: Ek sal nie in júl midde wandel nie en nie vir júlle ‘n God wees nie, en júlle sal nie vir My ‘n volk wees nie.)

Die rede waarom God hierdie geslag van Abraham, Isak en Jakob uitverkies het bo al die ander nasies wat op die aarde is, is omdat Hy hulle lief het. Die implikasie is dat die nasies met wie Hy nie ‘n verbond het nie, Hy nie liefhet nie.

Deuteronómium 7:6-8  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendoms volk te wees.  (7)  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.  (8)  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.

Omdat God met hierdie uitgesoekte volk ‘n liefdesverbond het, maak Hy beloftes aan hulle. Wanneer hulle in die nood is en hulle Hom roep, sal Hy hulle uitred. Hulle vyande is sy vyande en Hy sal hulle van hul vyande verlos.

Deuteronómium 33:29  Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? ‘n Volk wat deur die HERE verlos is, die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande julle al kruipende aan jou onderwerp; maar jy sal op hulle hoogtes stap.

Jesaja 43:1-4  Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!  (2)  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.  (3)  Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.  (4)  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.

Hierdie volk het ‘n groot voorreg om ‘n Almagtige God te hê wat al hulle vyande beskou as sy Eie vyande. Deur die eeue het Hy hulle uit al hulle benoudhede gered en tot vandag doen Hy dit nog, maar wie is hierdie volk vandag en wat het dit met die bedreigde Boere Afrikaners in Suid Afrika te doen.

Daar is ‘n groot waarheid wat vir ons weggesteek word deur die propaganda-masjien en as ons hierdie waarheid weet, sal dit ons vry maak. Die propaganda-masjien sê elke dag en heel dag op elke moontlike media dat die driehoek ‘n sirkel is en net die wat bereid is om uit te staan uit die massas, sal die waarheid kan sien.

In die jaar 1838 is die Boere Afrikaners van vandag, se voorouers in ‘n lewensgevaarlike situasie toe minder as 400 van hulle oorlog moes maak teen meer as 20 000 Zoeloes. Die Boere roep tot die God van hulle voorvaders en Hy hoor hulle stem en verlos hulle soos wat Hy nog altyd deur die eeue gedoen het. 10 000 Zoeloes sterf en nie een van die Boere nie.

God sê dat Hy die God is van net een geslag op die aarde en hier word een volk verlos, deur ‘n wonderwerk, ten koste van ‘n ander volk, en nog steeds wonder ons wie die uitverkore geslag is wie tot God kan roep en Hy hulle dan uit red.

Jesaja 43:3  Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.

Romeine 9:17-21  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.  (18)  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.  (19)  Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?  (20)  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?  (21)  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

Die propaganda-masjien kry dit al vir baie eeue reg om hierdie waarheid weg te hou van hierdie uitverkore geslag waarvan die Boere-Afrikaners deel is. Vandag is ons die nageslag van hierdie mense wat deur God gered was en daarom staan ons met Hom in dieselfde verhouding as hulle. As ons Hom aanroep, sal Hy ons uitred. Dit maak nie saak hoe groot die teenstanders is nie.

;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;

002 – Is dit nou die einde van die Boervolk? (20-04-2025)

Slegs wanneer ons weet ons het ‘n God wat met ons ‘n verbond het en Hy het nie met ons vyande ook ‘n verbond nie sal ons in staat kan wees om in Hom te kan glo en op Hom te kan vertrou. As Hy met ons vyande ook ‘n verbond het hoe sal ons op Hom kan vertrou vir verlossing, want dalk verlos Hy hulle eerder a ons ten koste van ons. Die uitkoms van hierdie gedagte in ons hart sal ons vertroue en geloof in God bepaal.

As God se volk, met wie Hy ‘n verbond het, in Hom glo en tot Hom roep om hulp sal Hy hulle uitred. As God se volk se vyande tot Hom roep vir hulp, sal Hy hulle nie uitred nie, want Hy het geen verbond met hulle nie. Sy eie volk weet dan dat hulle op Hom kan vertrou, want Hy het reeds hulle kant gekies, omdat Hy met hulle ‘n verbond het.

Die owerhede, die magte, die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu en die Bose geeste in die lug weet dit en daarom is dit by hulle hoogste prioriteit dat die volk van God dit nie moet weet nie en veral nie moet weet dat hulle sy volk is en dan met Hom ‘n verbond nog ook het nie. Hulle mag nie weet dat hulle die uitverkorene uit al die volke wat op die aarde is, is nie en dat die Almagtige Skepper met hulle ‘n verbond het nie, maar hulle moet so min as moontlik weet en so gou as moontlik onder die indruk geplaas word dat alle volke voor God gelyk is en dat Hy geen onderskeid maak nie.

Jesaja 5:13  Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.

Hoséa 4:6  My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp,

Die propaganda-masjien het ‘n paar wapens om die ware Israeliete weg van die verbond wat hulle met die Allerhoogste het, te hou.

  1. Hulle weet niks van die verbond en die uitverkiesing af nie. Hou hulle besig met ander onderwerpe.
  2. Hulle word geleer dat die Nuwe Verbond met die kerk gemaak is en dat die kerk die bruid van Yahshua is
  3. As hulle nuuskierig raak oor die uitverkiesing, word hulle geleer dat die Jode die uitverkore volk van God is, hoewel die Bybel sê dat hulle wat sê dat hulle Jode is, lieg, maar is in werklikheid ‘n sinagoge van die Satan is.

Openbaring 2:9  Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.

Openbaring 3:9  Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.

Omdat God met die Israeliete ‘n verbond gehad het, kon hulle Hom aanroep in Egipte en Hy het hulle verhoor. Nie omdat hulle beter en groter as die ander volke was nie (hulle was die geringste), maar omdat Hy hulle lief gehad het en ‘n verbond met hulle gehad het.

Slegs wanneer ons kan ontsnap uit die leuen wat ons gevange hou in die kerker, sal ons in staat wees om in ons God te kan glo. Omdat die propaganda-masjien (deur die preekstoel) vir ons leer dat God verbonde maak en dit dan weer kanselleer en ‘n eed sweer en dit dan later weer laat vaar, veroorsaak dit dat ons vertroue in God verloor, omdat Hy nie getrou aan sy Woord is nie en dan is dit vir ons onmoontlik om in Hom te kan glo. As ons nie in Hom glo nie, sal ons Hom nie vertrou vir ons verlossing nie en sal dan op ons eie vermoë probeer staatmaak.

Jeremia 33:24  Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie.

As ‘n vriend jou belowe om jou te kom help trek en hy daag nie op nie en later sê hy dat iets anders voorgeval het, sal jy vanselfsprekend volgende keer twyfel of hy gaan opdaag. As Hy weer nie opdaag nie, sal jy moeilik in hom kan glo, want sy woord is nie veel werd nie. As God beloftes maak en nie daarby hou nie, hoe sal ons in enige van sy beloftes kan glo?

Génesis 17:7-8  En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou.  (8)  En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.

Exodus 2:23-25  En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God.  (24)  En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob.  (25)  En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken.

As God met ‘n eed aan Abraham belowe dat Hy vir hom en sy nageslag tot in ewigheid ‘n God sal wees, maar later laat vaar Hy die verbond en maak ‘n soortgelyke verbond met die kerk, is God se Woord dan betroubaar? Kan ons Hom glo as Hy belowe om ons te red wanneer ons deur ‘n dal van doodskaduwee gaan, of wanneer Hy sê Hy sal ons siel red van die hel? Hoe kan ons Hom dan vir die een belofte glo, maar Hy is onbetroubaar vir die ander?

Dawid was totaal oortuig dat hy die reus gaan verslaan omdat hy heeltemal bewus was van sy verbond met God. Hy het ook ‘n vaste vertroue gehad dat God getrou sal wees aan sy verbond, en dit is die definisie van geloof.

1 Samuel 17:26  Daarop het Dawid die manne wat by hom staan, gevra en gesê: Wat sal met die man gebeur wat hierdie Filistyn verslaan en die smaad van Israel wegneem? Want wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die lewende God durf uitdaag?

1 Samuel 17:36  U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het.

Dawid het ‘n verbond met die Almagtige gehad en die Filistyn het nie en daarom was die uitkoms van hierdie geveg vir Dawid geen verborgenheid nie. Dawid was heeltemal bewus daarvan dat hy ‘n seun is en dat die reus ‘n geoefende soldaat was. Verder het Dawid net ‘n slingervel gehad, waar die reus ‘n wapenrusting gehad het. Vir die normale menslike oog was Dawid op pad na ‘n gewisse dood, maar vir Dawid was hy op pad na ‘n ongetwyfelde oorwinning. 

1 Samuel 17:43-51  En die Filistyn vra vir Dawid: Is ek ‘n hond dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode.  (44)  Verder sê die Filistyn vir Dawid: Kom na my toe, dat ek jou vlees aan die voëls van die hemel en die diere van die veld kan gee.  (45)  Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het.  (46)  Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel ‘n God het.  (47)  Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee.  (48)  Toe die Filistyn hom dan klaarmaak en aldeur nader kom om Dawid te ontmoet, loop Dawid gou na die vegterrein om die Filistyn te ontmoet;  (49)  en Dawid steek sy hand in die tas en neem ‘n klip daaruit en slinger, en hy tref die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die grond val.  (50)  So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met ‘n slinger en ‘n klip. En hy het die Filistyn verslaan en hom gedood alhoewel daar geen swaard in Dawid se hand was nie.  (51)  Daarop het Dawid gehardloop en by die Filistyn gaan staan en sy swaard geneem, dit uit sy skede getrek en hom van kant gemaak, en hy het daarmee sy hoof afgekap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood was, het hulle gevlug.

As gevolg van die verbond is God self betrokke by die geveg en gee Hy die oorwinning. Dit maak nie saak hoe klein Dawid is en hoe groot is die reus nie, die oorwinning is baie maklik vir YHWH.

Psalm 33:16-22  ‘n Koning word nie verlos deur ‘n groot leër, ‘n held nie gered deur groot krag nie.  (17)  Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.  (18)  Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;  (19)  om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.  (20)  Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild;  (21)  want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.  (22)  Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!

Gideon vat ‘n hele weermag om die Midianiete te verslaan, maar God bewys dat getalle niks beteken nie en dat dit glad nie die uitkoms bepaal nie, soos met die slag van Bloedrivier.

Rigters 7:2-4  Toe sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos.  (3)  Roep dan nou tog uit voor die ore van die manskappe en sê: Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai van die gebergte van Gílead af. Toe het daar van die manskappe twee en twintig duisend omgedraai, en tien duisend het oorgebly.  (4)  Daarop sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan—dié mag met jou saamgaan

Rigters 7:7  Toe sê die HERE vir Gídeon: Deur die drie honderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee; maar al die ander manskappe kan elkeen na sy woonplek gaan.

Rigters 7:22  En toe die drie honderd op die ramshorings blaas, het die HERE die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Seréda toe, tot by die oewer van Abel-Mehóla by Tabbat.

Sodra ons vry kan kom van die leuen wat ons gevange hou, sal ons in staat wees om die waarheid te glo. Dit wat ons van die waarheid weghou, is die potensiële skande wat ons mag oorkom. Sodra ons die waarheid glo, deur in ons God te glo, sal niemand teen ons kan staan nie en sal Hy ons van ons vyande verlos. Dit is nie die einde van die Boere-Afrikaners nie, want ons het ‘n God en ons het ‘n verbond met Hom.

Net Dawid het in God geglo en al die ander Israeliete het gebewe vir die reus, maar God het net een persoon nodig wat in Hom glo en dit kan enige een van ons wees. As almal Baäl wil volg en jy is die enigste een wat YHWH volg, laat dit so wees. Al die bewoners van die aarde sal die Draak aanbid, behalwe hulle wat die waarheid liefhet en die waarheid soek. Hulle alleen sal God vind, want God is waarheid.

Is die verbond waarlik op ons ook van toepassing?

Deuteronómium 4:25-31  As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in die land verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle ‘n gesnede beeld maak, ‘n gelykenis van enigiets, en doen u wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God om Hom te terg,  (26)  dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word.  (27)  En die HERE sal julle onder die volke verstrooi, en ‘n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die HERE julle sal drywe.  (28)  En daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie.  (29)  Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.  (30)  As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister.  (31)  Want die HERE jou God is ‘n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.

Die keuse is elkeen van ons se eie. As ons bly glo in ‘n wêreldse God wat die God van ons en ons vyande is, sal ons nooit geloof in Hom kan hê om ons van ons vyande te verlos nie. As ons egter weet dat Hy ons God is en ons vyande is sy vyande, soos die reus was, dan sal Hy ons verlos van al ons vyande as ons Hom aanroep, want ons het ‘n verbond met Hom.

As my verhouding met die wêreld egter vir my belangriker is as my geloof in God, sal ek glo wat die propaganda-masjien (deur die preekstoel) vir my leer en hoewel ek dan by hulle gewild sal wees, sal ek nie die vermoë hê om in God te kan glo nie.

Filippense 2:12  Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;

Joshua 24:14-15  Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die HERE.  (15)  Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE