Preke

Desember 2024 en daarna. (12-2024)

Desember 2024 en daarna. (12-2024)

Banie Swanepoel:

Huidige Gebeure:

  • Oorlog in Oekraïne.
  • Oorlog in Midde-Ooste (Sirië).
  • Trump word president.
  • Mense se harte beswyk van vrees, vind geen sin in die lewe nie. Ly smart en lewe swaar.

001 – Desember 2024 en daarna. (08-12-2024)

Psalm 2:1-9  Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?  (2)  Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:  (3)  Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!  (4)  Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.  (5)  Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:  (6)  Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.  (7)  Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.  (8)  Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.  (9)  U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot.

Openbaring 13:11-18  En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.  (12)  En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.  (13)  Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.    (16)  En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;  (17)  sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.  (18)  Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

Daniël 2: (31)  U, o koning, het ‘n gesig gehad—kyk, daar was ‘n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik.  (32)  Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper,  (33)  sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei.  (34)  U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ‘n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het.  (35)  Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ‘n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.  (36)  Dit is die droom; sy uitlegging sal ons nou voor die koning sê:  (37)  U, o koning, koning van die konings, aan wie die God van die hemel die koningskap, die krag en die sterkte en die eer verleen het,  (38)  en in wie se hand Hy in die hele bewoonde wêreld die mensekinders, die diere van die veld en die voëls van die hemel gegee het, sodat Hy u as heerser oor hulle almal aangestel het—ú is die hoof van goud.  (39)  En ná u sal daar ‘n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; daarna ‘n ander, ‘n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers;  (40)  en die vierde koninkryk sal hard wees soos yster, juis omdat yster alles fynstamp en verpletter; en soos die yster wat vergruis, sal hy dit alles fynstamp en vergruis.  (41)  En dat die voete en die tone, soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was—dit sal ‘n verdeelde koninkryk wees, en van die hardheid van die yster sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het.  (42)  En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is—’n gedeelte van die koninkryk sal hard en ‘n gedeelte sal bros wees.  (43)  Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het—hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie.  (44)  Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan— 

Jeremia 30:1-24  Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het.  (2)  So spreek die HERE, die God van Israel: Skryf vir jou in ‘n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het;  (3)  want kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sê die HERE; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem.  (4)  En dit is die woorde wat die HERE gespreek het oor Israel en Juda:  (5)  Want so sê die HERE: Ons het ‘n stem van verskrikking gehoor; daar is vrees en geen vrede nie!  (6)  Vra tog, en kyk of ‘n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, en is alle aangesigte in bleekheid verander?  (7)  Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.  (8)  En op dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek sy juk verbreek van jou nek af en jou stroppe stukkend ruk; en vreemdes sal hom nie meer diensbaar maak nie.  (9)  Maar hulle sal die HERE hulle God dien en hulle koning Dawid wat Ek vir hulle sal verwek.  (10)  Jy dan, wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek die HERE; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom skrikmaak.  (11)  Want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te verlos. Want Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.  (12)  Want so sê die HERE: Jou verbreking is ongeneeslik, jou wond is smartlik.  (13)  Niemand verskaf reg aan jou nie; daar is geen medisyne vir die sweer, geen genesing vir jou nie.  (14)  Al jou minnaars het jou vergeet, hulle vra nie na jou nie; want Ek het jou geslaan soos ‘n vyand slaan, met ‘n wrede tugtiging, omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes.  (15)  Wat skreeu jy vanweë jou verbreking, jou smart wat ongeneeslik is? Omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes, het Ek jou hierdie dinge aangedoen.  (16)  Daarom, almal wat jou opeet, sal opgeëet word; en al jou teëstanders sal almal saam in gevangenskap gaan; en hulle wat jou plunder, sal geplunder word, en Ek sal almal wat jou buitmaak, oorgee as ‘n buit.  (17)  Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die HERE; omdat hulle jou noem: die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle, niemand vra na haar nie.  (18)  So sê die HERE: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan.  (19)  En uit hulle sal danksegging uitgaan en ‘n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie.  (20)  En sy seuns sal wees soos in die voortyd, en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers.  (21)  En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek die HERE.  (22)  En julle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir julle ‘n God wees.  (23)  Kyk, ‘n storm van die HERE, grimmigheid het uitgegaan, ‘n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.  (24)  Die toorngloed van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.

*^~` *^~` *^~` *^~` *^~` *^~` *^~` *^~` *^~` *^~` *^~`

002 – Desember 2024 en daarna. (15-12-2024)

Jeremia 30: (18)  So sê die HERE: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan.  (19)  En uit hulle sal danksegging uitgaan en ‘n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie.  (20)  En sy seuns sal wees soos in die voortyd, en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers.  (21)  En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek die HERE.  (22)  En julle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir julle ‘n God wees.  (23)  Kyk, ‘n storm van die HERE, grimmigheid het uitgegaan, ‘n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.  (24)  Die toorngloed van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.

Jeremia 31:1-40  In dié tyd, spreek die HERE, sal Ek vir al die geslagte van Israel ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.  (2)  So sê die HERE: Die volk van diegene wat van die swaard vrygeraak het, het genade gevind in die woestyn, op weg om sy rus te geniet, naamlik Israel.  (3)  Die HERE het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.  (4)  Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! Jy sal jou weer versier met jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spelers.  (5)  Jy sal weer wingerde plant op die berge van Samaría; die planters sal plant en die vrugte geniet.  (6)  Want die dag is daar dat die oppassers op die berge van Efraim roep: Maak julle klaar en laat ons optrek na Sion, na die HERE onse God.  (7)  Want so sê die HERE: Jubel oor Jakob van vreugde, en juig oor die hoof van die nasies; laat dit hoor, sing lof en sê: o HERE, verlos u volk, die oorblyfsel van Israel!  (8)  Kyk, Ek bring hulle aan uit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agterhoeke van die aarde; blindes en lammes, swangeres en barendes onder hulle, almal saam; in ‘n groot vergadering sal hulle terugkom hiernatoe.  (9)  Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op ‘n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is vir Israel ‘n Vader, en Efraim is my eersgeborene.  (10)  Hoor die woord van die HERE, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos ‘n herder sy kudde.  (11)  Want die HERE het Jakob losgekoop en hom verlos uit die hand van hom wat sterker was as hy.  (12)  En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel en toestroom na die seëninge van die HERE, na die koring en die mos en die olie en na die jong skape en beeste; en hulle siel sal wees soos ‘n welbesproeide tuin, en hulle sal verder nie meer kwyn nie.  (13)  Dan sal die jonkvrou haar verheug in die koordans, ja, die jongmanne en die oues tesame; en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer.  (14)  En Ek sal die siel van die priesters verkwik met vettigheid, en my volk sal versadig word met my seëninge, spreek die HERE.  (15)  So sê die HERE: ‘n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie.  (16)  So sê die HERE: Bedwing jou stem van geween en jou oë van trane; want daar is loon vir jou arbeid, spreek die HERE; en hulle sal uit die land van die vyand terugkom.  (17)  Ja, daar is verwagting vir jou nakomelinge, spreek die HERE; en die kinders sal terugkom na hulle grondgebied.  (18)  Sekerlik het Ek Efraim hoor weeklaag: U het my getugtig en ek het my laat tugtig soos ‘n ongeleerde kalf. Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is die HERE my God.  (19)  Want nadat ek tot inkeer gekom het, het ek berou gehad; en nadat ek tot insig gekom het, het ek op die heup geslaan; ek het beskaamd gestaan, ja, ook in die skande gekom, omdat ek die smaad van my jeug dra.  (20)  Is Efraim vir My ‘n dierbare seun of ‘n troetelkind? Want so dikwels as Ek teen hom spreek, dink Ek nog altyd aan hom; daarom is my ingewande oor hom in beroering; Ek sal My sekerlik oor hom ontferm, spreek die HERE.  (21)  Rig vir jou mylpale op, maak vir jou padwysers, let op die grootpad, die pad wat jy geloop het. Kom terug, o jonkvrou van Israel, kom terug na hierdie stede van jou!  (22)  Hoe lank sal jy bly aarsel, o afkerige dogter? Want die HERE het iets nuuts op die aarde geskape: Die vrou sal die man beskerm.  (23)  So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Weer sal hulle hierdie woord sê in die land Juda en in die stede daarvan, as Ek hulle lot verander: Mag die HERE jou seën, o woning van geregtigheid, heilige berg!  (24)  En Juda en al sy stede sal daarin woon, almal saam; die landbouers en die wat met troppe vee rondtrek.  (25)  Want Ek verkwik die vermoeide siel en elke kwynende siel versadig Ek.  (26)  (Hierop het ek wakker geword en opgekyk, en my slaap was vir my soet.)  (27)  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die huis van Israel en die huis van Juda sal besaai met saad van mense en van diere.  (28)  En soos Ek oor hulle wakker was om uit te ruk en om te gooi en te verwoes en te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle wakker wees om te bou en te plant, spreek die HERE.  (29)  In dié dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword.  (30)  Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word.  (31)  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit;  (32)  nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE.  (33)  Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.  (34)  En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.  (35)  So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam:  (36)  As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd.  (37)  So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE. 

1 Thessalonicense 4:13  Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. 14  Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. 15  Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. 16  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. 18  Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Waaroor gaan die Bybel? (2024)

Waaroor gaan die Bybel? (2024)

Banie Swanepoel: Die Bybel gaan nét oor die herstel van die skepping van God.

001 – Waaroor gaan die Bybel? (24-11-2024)

  • Die Bybel gaan nét oor die herstel van die skepping van God wat verwoes lê en ons as mense vorm net ‘n deel daarvan.
  • Indien die sondeval nie plaasgevind het nie, was daar nie ‘n Bybel nie. Daar sou ook nie ‘n uitverkiesing of ‘n Ou- en Nuwe Testament gewees het nie, ook selfs nie ‘n verlossingsplan nie.
  • Die enigste rede waarom daar dus ‘n Bybel is, is ter wille van die herstel van dit wat verkeerd gegaan het in die Paradys.

In die begin, toe God die hemel en die aarde gemaak het, het Hy gesê dat dit goed was, maar nou sien ons nie dat dit goed is nie, maar dit is sleg, baie sleg.

Génesis 1:31  Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.

Die hemel en die aarde soos ons dit vandag ken is nie ‘n goeie getuienis vir die Skepper nie, want dit is nie ‘n goeie skepping nie.

Psalm 90:10  Die dae van ons jare—daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.

Maar Hy laat dit nie in so ‘n toestand nie, want Hy gaan dit herstel en dit is waaroor die Bybel gaan.

  • Omdat die Skepper volmaak is, en alles wat Hy skep volmaak is, is die huidige skepping ‘n ontheiliging van sy Naam.
  • Die kroon van sy skepping, die mens, is verdoem tot die ewige dood en die aarde is vervloek deur die Skepper en bring dorings en distels voort.
  • Die hemelwesens van die heelal kyk na die skepping en is bewus dat dit nie ‘n beeld van God is nie en wonder wat Hy gaan doen om dit te herstel.
  • Die Almagtige is volmaak en hierdie skepping getuig nie van ‘n volmaakte Skepper nie.
  • Die Bybel verklaar hoe Hy dit alles gaan herstel.

Die Bybel word ongelukkig deur meeste mense aangewend as ‘n middel om hulself te bevoordeel, in plaas van om te sien wat dit sê oor die herstel van God se skepping. Omdat mense die Bybel selfsugtig lees, gaan die hele boodskap vir hulle oor hulself en watter voordeel daar vir hulle in is. Die teendeel is dat dit meestal te doen het met God, sy skepping en sy herstel daarvan. Wanneer ons dus die Bybel lees, moet ons van onsself vergeet en sien wat dit van God sê, en sy herstelling van sy skepping en sy Naam.

  • Ons het voorafopgestelde idees van wat die evangelie is, wat ons deur oorlewering gekry het, ter wille van ons eie voordeel.

Vandag bestaan daar duisende kerke en elkeen verkondig sy eie weergawe van die Bybel. Meestal ken hulle net ‘n paar begrippe uit die Bybel en dit gaan gewoonlik oor die verlossing en die voorspoed van die mens, en nie oor die eer van God se Naam nie.

  • Die bose kringloop is dat ware soekers na die waarheid in hierdie selfde slaggat trap en oorlewering van mense glo en nie die Bybel nie.

Omdat ons nie vanaf die regte beginpunt begin nie en nie weet waar die eindpunt is nie, gaan ons soos blinde mense rondtas en ons eie gevolgtrekkings probeer maak uit die Boek waarvan ons geen kennis het nie.

1 Korinthiërs 15:34  Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.

Ons gryp na verse wat ons beïndruk en weef dit dan saam, sodat ons vir onsself ‘n evangelie kan maak, wat pas by dit wat ons wil glo.

2 Petrus 1:16  Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit;

  • Die begin van die Bybel is in die Paradys waar God se Naam ontheilig was en weet dat dit weer daar gaan eindig, waar sy Naam weer geheilig gaan word.

Ons as mens speel nie die hoofrol in die Bybel nie en moet weet dat die Bybel nie primêr oor ons gaan nie. God het sy Koninkryk verloor, Hy het sy nageslag verloor en sy Naam is ontheilig. Dit alles gaan Hy herstel en dit is waaroor die Bybel gaan. Ons as mens is net ‘n deel daarvan.

Alles wat Hy doen word in geregtigheid gedoen en dit mag soms vir ons nie sin maak nie, omdat ons nie al die inligting het nie. Die feit dat ons nie saam met Hom stem nie, maak geen verskil aan Hom nie en Hy sal bereik dit wat Hy van plan is om te doen.

Jeremia 31:31  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; 32  nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. 33  Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, … 

Jesaja 51:5-6  My oorwinning is naby, My heil trek uit en My arms sal die volke oordeel; op My sal die eilande wag, en op My arm sal hulle hoop.  (6)  Slaan julle oë op na die hemel en aanskou die aarde daaronder; want die hemel sal soos rook verdwyn en die aarde soos ‘n kleed verslyt en sy bewoners soos muskiete sterwe; maar My heil sal vir ewig bestaan en My geregtigheid nie verbreek word nie.

Jesaja 55:8-9  Want My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie My weë nie, spreek die HERE.  (9)  Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is My weë hoër as julle weë en My gedagtes as julle gedagtes.

Kry die groter prentjie:

Ons lewe nou min of meer ses duisend jaar na die skepping van hierdie hemel en aarde en vir die laaste ses duisend jaar is die skepping vervloek en in wanorde. Vir die eerste twee duisend jaar lyk dit selfs, uit die geskiedenis volgens die Bybel, of God baie min belang het by dit wat op die aarde gebeur.

Ons lees van Adam en Noag in die eerste paar hoofstukke, tog is dit ‘n tydperk van ‘n duisend seshonderd jaar. Gedurende hierdie tydperk van oënskynlike onbetrokkenheid van die Skepper, word die aarde en sy mense oorrompel deur bose hemelwesens. Die bose hemelwesens is vyande van die Skepper wat voor die skepping van hierdie hemel en aarde in vyandskap met die Skepper gegaan het, deur van Hom afvallig te geraak het deurdat hulle die Satan gevolg het toe hy besluit het om sy troon gelyk te stel aan die van die Almagtige Skepper. Hierdie is ‘n rebellie en ‘n oorlog waar geen mens betrokke was nie, tog dink ons dat alles om ons draai en dat ons belangriker as God is.

Om te dink dat hemelwesens vir hulle self vrouens geneem het, onder die kinders van die mens en by hulle kinders verwek het; half mens en half hemelwesens. Dit was die tyd van die reuse op die aarde.

Génesis 6:1-7  Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,  (2)  sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.  (3)  Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar.  (4)  In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.  (5)  Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,  (6)  het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.  (7)  En die HERE sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.

Die mens is nie die middelpunt van alles nie en die evangelie van die Bybel gaan nie primêr oor ons nie. As ons dinge in die Bybel sien waarvan ons nie hou nie en nie mee saamstem nie, verander ons dit, want ons dink ons is die belangrikste. Ons verklaar dat die Bybel verkeerd is en blameer dit op vertalings, maar ons bewaar nie God se Woord nie, want ons het geen begrip waaroor dit gaan nie. Al wat vir ons belangrik is, is hoe dit op my betrekking het en watter voordeel dit vir my inhou.

Ons sien vandag nog getuienis van hierdie wesens wat lank voor ons op die aarde was. Die moderne mens verstaan byvoorbeeld nie waar die piramides vandaan gekom het nie, omdat ons vandag nog nie die vermoë het om sulke geboue te bou nie. As ons die Bybel lees en verstaan dat hierdie reuse kragtig was en die hemelse kennis van hulle “hemelwese-vaders” af gekry het, sal dit nie vir ons moeilik wees om te verstaan dat hierdie “half-mens”, “half-hemelwesens” die vermoë gehad het om al ons onverklaarbare bouwerk te kon doen nie.

Hierdie hemelwesens het die sondeval van Adam en die vervloeking van die aarde net vererger en die Skepper se volmaakte skepping verder vermink. Dit het later so beroerd gegaan dat die Skepper besluit het om alle lewe op die aarde te vernietig, maar daar was egter nog een opregte man saam met sy gesin, Noag. God spaar Noag en sy gesin se lewe toe hy die hele aarde met water verwoes.

Deur Noag gaan die herstelplan van God voort, want God laat vaar nooit die werke van sy hande nie. Die skepping van hemel en aarde het verkeerd gegaan toe Adam teen God sondig. Hierdie skepping het byna tot niet gegaan in die dae van Noag, maar God bewaar dit ter wille van sy Naam, en dit is onmoontlik dat die herstel nie sal gebeur nie, want Hy is almagtig en misluk nooit.

  • Wanneer ons die Bybel lees en wil verstaan is dit dus kardinaal belangrik om hierdie verlede te weet en te verstaan dat God sy vervalle Koninkryk gaan herstel.

Ons as mens is net ‘n deel daarvan en ons speel nie die hoofrol nie, maar God speel die hoofrol. Ons moet as beginpunt dus eerstens uitvind wie Hy is in hierdie verhaal, wat sy Naam is wat geheilig moet word, en dan eers wie ons is en wat ons rol is.

Omdat ons humanisties grootgemaak is, is ons oortuig dat God se wil ondergeskik is aan wat ons beskou as reg en geregtig en regverdigheid.

2 Sameul 21:4-10  Daarop sê die Gibeoniete vir hom: Dit is ons teenoor Saul en sy huis nie te doen om silwer en goud nie, en dit gaan vir ons nie daarom om iemand in Israel dood te maak nie. En hy vra: Wat dink julle dan moet ek vir julle doen?  (5)  En hulle sê vir die koning: Die man wat ons vernietig het en planne teen ons beraam het om ons te verdelg sonder dat ons in enige grondgebied van Israel kan voortbestaan—  (6)  laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word, dat ons hulle voor die HERE kan ophang in Gíbea van Saul, die uitverkorene van die HERE! En die koning het gesê: Ek sal hulle gee.  (7)  Maar die koning het Mefibóset, die seun van Jónatan, die seun van Saul, verskoon vanweë die eed by die HERE wat tussen hulle was, tussen Dawid en Jónatan, die seun van Saul.  (8)  Toe neem die koning die twee seuns van Rispa, die dogter van Aja, wat sy vir Saul gebaar het, Armóni en Mefibóset, en die vyf seuns van Merab, die dogter van Saul, wat sy vir Adriël, die seun van Barsíllai, die Meholatiet, gebaar het;  (9)  en hy het hulle oorgegee in die hand van die Gibeoniete, wat hulle opgehang het op die berg voor die aangesig van die HERE, sodat al sewe tesame omgekom het; en hulle is gedood in die eerste dae van die oes, in die begin van die gars-oes.  (10)  En Rispa, die dogter van Aja, het ‘n sak geneem en dit vir haar oopgespan op die rots, van die begin van die oes af totdat daar water uit die hemel op hulle gegiet het, en sy het die voëls van die hemel oordag nie toegelaat om op hulle te gaan sit nie, en ook nie die diere van die veld in die nag nie.

ऑ`~`~`~ ऑ`~`~`~ ऑ`~`~`~ ऑ`~`~`~ ऑ`

002 – Waaroor gaan die Bybel? (01-12-2024)

Na die sondvloed is alle vlees wat op die aarde is verdelg,behalwe hulle wat in die ark saam met Noag en die diere was. ‘n Kort tydjie na die sondvloed (in die tyd van Nimrod) verval die mens weer in verrotting en God verskerp sy strategie van herstel deur een persoon uit te kies en met hom en sy nageslag ‘n verbond te maak. Hierdie persoon is Abraham.

Die geslag deur Abraham, sy seun Isak en dié se seun Jakob, word die volk waarmee die Skepper ‘n verbond maak. Indien daar nie ‘n sondeval in die Paradys was nie en God nie die aarde vervloek het nie, was daar geen rede vir ‘n uitverkiesing van ‘n volk nie. Die uitverkiesing van Abraham en sy nageslag was dus ter wille van die herstel van dit wat in die Paradys verkeerd gegaan het.

Indien ons nie sou saamstem met die uitverkiesing van Abraham en sy nageslag nie, sal dit geen verskil aan God maak nie, want Hy gaan sy skepping herstel en ons kan deel daarvan wees, of nie. Dit is ons keuse of ons wil of nie, maar God is onveranderlik.

God maak ‘n verbond met hierdie geslag en ons lees van dit in die Bybel as die eerste verbond. Wanneer ons hierdie verbond wil bestudeer en sekere gevolgtrekkinge en afleidings maak, moet ons onthou wat die groter doel van die verbond is. Om te herstel wat verkeerd gegaan het in die Paradys.

As daar nie ‘n sondeval in die Paradys was nie, was daar nie ‘n verbondsvolk nie en was daar nie ‘n verbond nie. Die verbond van God is nie ‘n instelling van God om die mens te bevoordeel en ons dogma te gee om oor te stry nie, maar die doel van die verbond is die herstel van die skepping.

Wat was die doel van die eerste verbond en hoe het dit betrekking op die herstel van alle dinge?

Hoewel baie mense meer van die eerste verbond wil maak as wat God se bedoeling was, was die doel van die eerste verbond om die uitverkore verbondsvolk onder bewaring te hou totdat God weer met hulle ‘n nuwe verbond kan maak, maar dan ‘n beter verbond as die eerste verbond. ‘n Verbond wat in staat is om hulle siele te red.  

Galásiërs 3:23-25  Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.  (24)  Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.  (25)  Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie.

Die vraag wat ons dan op ons lippe het is, waarom het God dan ‘n tydelike eerste verbond gemaak en nie sommer dadelik die tweede verbond wat ons siele kan red nie? Die Volmaakte offer vir die sonde van sy volk moes eers gebring word, voordat Hy met hulle ‘n nuwe verbond kon sluit en daardie offer moes op die regte tyd gebring word.

Romeine 5:6  Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.

Alles wat deel was van die eerste verbond het heengewys na die tweede verbond en is vervul in die tweede verbond. Die tweede verbond moet voldoen aan die vooruitskouing van die eerste verbond, want dit is die bewys dat dit van God is. Die Pasga het heengewys na die volmaakte Offer vir ons sonde. Die besnydenis van die vlees het heengewys na die besnydenis van ons hart deurdat ons die sonde aflê. Die rus van die sabbat het heengewys na die rus wat daar is in ons Middelaar. Die eet van onrein voedsel het heengewys na die eet van onrein evangelie.

  • Die voorwaarde om hierdie openbaringe te kan sien, is om die hele Bybel te lees en te ken en dit te bestudeer sonder voorafopgestelde idees van wat ons dink dit behoort te wees.
  • Na wedergeboorte kom woon YHWH in ons harte deur sy Gees en openbaar aan ons wat sy bedoelinge met sy Woord is.
  • God onderwerp Hom nie aan ons opinie van sy Woord nie, maar sy Woord is waarheid en ons opinies is leuens.
  • As ons dus die verwantskap tussen die Ou- en die Nuwe Verbond bestudeer, moet ons die oorhoofse rede in ag neem, naamlik die herstel van alle dinge.

Elke vorm van dogma kan onderwerp word aan hierdie vraag en getoets word of dit bestaansreg het; dra dit by tot die herstel van alle dinge?

‘n Praktiese voorbeeld: Wat het die onderhouding van die Pasga te doen met die herstelling van dit wat in die Paradys gebeur het? Tydens die eerste verbond was dit ‘n gebod wat getrou deur die verbondsvolk onderhou moes word, omdat dit heengewys het na die volmaakte offer wat nog gebring moes word. Yahshua was die volmaakte Offer en die onderhouding van die Pasga word nie meer gedoen nie, want daar word nie meer heengewys na die offer nie, omdat dit reeds gebeur het.

Wat het die volmaakte offer van die nuwe verbond te doen met die herstel van dit wat gebeur het in die Paradys? Omdat daar ‘n volmaakte Offer, ‘n dood van ‘n onskuldige Mens in die plek van die sondige mense se dood, gedoen was, hoef die sondige mense nou nie meer vir hulle eie sonde te boet met hulle lewe nie, maar Hy het in hulle plek gesterf.

In die Paradys het Adam en sy nageslag dus die dood geërf, maar met die dood van Yahshua, die volmaakte Pasgalam, het hulle dit weer teruggekry. Dit het dus herstel.

Indien ons dus nou nog die Pasga wil hou, is ons besig met ons eie godsdiens, want dit wys heen na ‘n offer wat nog gebring moet word en ontken dan eintlik dat die offer wat deur Yahshua gedoen was, nie die ware offer was nie en dat dit nog gaan gebeur. Dit is ook so ten opsigte van die besnydenis, die Sabbat, die eet van voedsel, die feeste (of watter ander instelling of wet ook al) van die eerste verbond.

Die toets of ons nog die Pasga moet hou? Indien ons vandag nog die Pasga sou onderhou, moet ons vir onsself afvra hoe dit bydra tot die herstel van alle dinge? Dit doen nie, want die doel van die Pasga was om te verkondig dat daar ‘n volmaakte offer gebring gaan word, maar dit het reeds gebeur. Indien iemand besluit om wel die Pasga te onderhou, want die wet sê so, is hy verwaand en weet niks nie.

1 Timótheüs 6:3-6  As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie,  (4)  dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog,  (5)  nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.  (6)  Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.

Die Bybel gaan oor die herstel van die skepping en die herstel van die eer van God en oor die heerskappy oor sy skepping. Hy het sy plan volmaak uitgewerk en ons is deel van die plan, maar ons is nie die plan nie. As ons onsself verneder en ons ons aan sy plan onderwerp, sal ons deel van sy verheerliking wees, maar as ons in verwaandheid dink dat ons die evangelie bepaal, sal God nog steeds sy heerlikheid verkry, maar sonder ons.

Kerke verkondig dat Yahshua terug kom aarde toe en met sy bruid trou en hierdie bruid is sogenaamd die kerk. As ons hierdie evangelie toets aan die herstel van alle dinge, is daar geen koppeling tussen die bruid en die skepping nie. Vader het nie met Adam en Eva getrou en toe het die huwelik op die rotse geloop nie, maar Hy het aan Adam heerskappy oor die hele aarde gegee wat Adam verloor het. Daar moet dus ‘n koninkryk herstel word, nie ‘n huwelik nie.

Wanneer die tweede Adam terug kom, kom Hy self die heerskappy wat die eerste Adam verloor het terugvat. Hy kom op die wolke met die weermag van die hemele en sal elke mens op aarde dwing om sy gesag te aanvaar, elke knieg sal voor Hom buig.

1 Korinthiërs 15:22-28  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;  (23)  maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.  (24)  Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.  (25)  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.  (26)  Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.  (27)  Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.  (28)  En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

Daar is nie ‘n bruilof met sy koms nie, maar oorlog.

Openbaring 17:14  Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.

Hy gaan ook die natuur herstel na dit wat dit was voor die sondeval.

Jesaja 11:1-9  Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra;  (2)  en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE.  (3)  En Hy het ‘n welgevalle aan die vrees van die HERE; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie;  (4)  maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak.  (5)  En geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees.  (6)  Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ‘n klein seuntjie sal hulle aanja.  (7)  Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os;  (8)  en die suigling speel by die gat van ‘n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van ‘n basilisk.  (9)  Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.

Wat is dan die doel van die kerk?

Die kerk is ‘n menslike instelling en het geen deel aan die koninkryk van God nie, maar is uitvloeiings van die Rooms-Katolieke Kerk. Ons lees wel van die gemeente van Christus, maar dit is slegs die samekoms van die heiliges en nie ‘n organisasie met ‘n geloofsbelydenis en rangordes nie.

  • Exodus 12:6  En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.
  • Númeri 14:5  Toe het Moses en Aäron op hulle aangesig geval voor die hele vergadering van die gemeente van die kinders van Israel.
  • 1 Konings 8:5  En terwyl koning Salomo en die hele by hom vergaderde gemeente van Israel saam met hom voor die ark staan, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie.
  • Sefánja 3:10  Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring.
  • Matthéüs 16:18  En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
  • Handelinge 2:47  terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.

Die doel van die gemeente is dat die wat die Lam volg waar Hy ook al heengaan, onderlinge byeenkomste kan hê, sodat hulle mekaar kan bemoedig, leer, vermaan, vertroos, versterk en mekaar kan liefhê. Die gemeente het nie ‘n rangorde nie, maar dit is net lede van Christus se liggaam en Hy is die hoof van die gemeente.

Kollosense 1:17-18  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.  (18)  En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

Die lede van die liggaam het ook verskillende bedienings waarmee hulle mekaar bedien. Romeine 12:4-8  Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,  (5)  so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.  (6)  En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:  (7)  is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering;  (8)  of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ‘n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.

Wat is dus die doel van die gemeente in die herstel van die skepping wat verval het?

Adam se sonde het sy dood veroorsaak en saam met hom het sy hele nageslag gesterf. Yahshua sterf in hulle plek sodat hulle kan leef. Nadat Hy opgestaan het stuur hy sy dissipels uit met die boodskap om vir sy verbondsvolk te gaan sê dat hulle God Hom met hulle versoen het en dat hulle hul nou met God moet versoen. Hulle wat glo en hulle laat doop, sal gered word, maar hulle wat nie glo nie sal verlore gaan.

2 Korinthiërs 5:18-20  En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,  (19)  naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.  (20)  Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.

Die kerk het ‘n ander doel waarvan hierdie boodskap ‘n klein gedeelte uitmaak. Hierdie doel van die kerk is egter nie ‘n opdrag van God nie en veroorsaak dat mense dan meeste van hulle tyd spandeer aan dinge wat min, tot geen waarde het nie. Die kerk het geen waarde nie, behalwe dat dit ‘n vervulling van die vlees is.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die Antichris (2024)

Die Antichris (2024)

Banie Swanepoel:

Die rede waarom ons as soekers baie keer sukkel om die openbaring van God se waarheid te kry, is omdat ons reeds ‘n vooraf besluit in ons hart het betreffende ‘n onderwerp. Die Antichris is so ‘n onderwerp.

Hoewel meeste mense ‘n baie beperkte hoeveelheid kennis van hierdie onderwerp het, is hulle in hul onderbewussyn oortuig dat dit iemand is wat aan die einde van die dae op die aarde gaan regeer en die Christene vervolg. Dit is die dae van die groot verdrukking, volgens oorlewering.

Vir die van ons wat waarlik na die waarheid soek en bereid is om enige prys te betaal, moet ons dan eerstens ontslae raak van die gedagtes wat ons oor ‘n onderwerp het en dan in die Bybel gaan soek na alle skrif wat oor die betrokke onderwerp handel. Dit maak dan ook nie saak of ons huidige oorlewering gedagte reg of verkeerd is nie. Al is dit dalk reg, raak ontslae van dit en indien dit reg was, sal jy in elk geval weer by daardie antwoord uitkom.

As dit ‘n wye onderwerp is soos “genade” of “die verbonde” moet ons die hele Bybel ondersoek, omdat ons al die inligting nodig het voor ons ‘n besluit kan maak wat ons gaan glo. Lees die Bybel van voor tot agter met ‘n spesifieke fokus op die onderwerp wat ondersoek word.

Ons word deur ons geloof in God gered, maar as ons nie in Hom glo nie, maar ons glo iets anders wat ons deur oorlewering gekry het, sal ons nie gered word nie, want ons is ongelowig aan dit wat Hy is. Ons glo aan ‘n alternatief tot die ware Christus; ons glo in die Antichrus.

Filippense 3:7-9  Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag.  (8)  Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry  (9)  en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet (oorlewering, eie afleidings, aanvaarde godsdiens) is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;

Een van ons grootste redes wat veroorsaak dat ons aan ‘n leuen vaskleef, is oorlewering. Ons word groot met ‘n gedagte rondom ‘n geestelike onderwerp en aanvaar dat daardie oorlewering van geslag na geslag die waarheid is. Die oorlewering-geloof aanvaar alle geloof wat aan hulle oorgedra word en bevraagteken niks wat hulle van hul voorgeslag ontvang het nie. Ongelukkig doen elke geslag dit en niemand ondersoek eerder self God se Woord nie.

Die ware Christus sê dat ons in Hom moet glo, maar sulke mense glo in hulle oorlewering en ken God nie. As hulle oorlewering egter verskil met God se Woord, en dit doen, anders sou hulle nie nodig gehad het om oorlewering te hê nie, aanbid hulle die alternatiewe Christus; die Antichris.

(As die kerkbeleid dieselfde as die Woord van God is, waarom is daar dan ‘n aparte kerkbeleid? ‘n Gelowige in die ware Christus se beleid is die Bybel en nie ‘n organisasie se beleid nie.)

Matthéüs 15:6-9  So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering.  (7)  Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het:  (8)  Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.  (9)  Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.

Kollosense 2:8  Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.

Markus 7:13  So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.

Is hierdie mense baie?

Openbaring 13:3-4  En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.  (4)  En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?

Matthéüs 24:4-5  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.  (5)  Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.

Lukas 21:7-8  En hulle vra Hom en sê: Meester, wanneer sal dit dan wees, en wat is die teken wanneer dit gaan gebeur?  (8)  En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.

Wat is die Antichris?

Die Antichris is enige iemand wat ‘n ander Christus verkondig as die regte EEN. Daar is net Een ware Christus en Hy is openbaar deur die Ou- en die Nuwe Testament, nie uit enige ander bron nie. Ons behoort Hom dus te ken vir wie Hy is as ons die hele Bybel ken. As iemand dus afwyk van die lering van daardie Christus, verkondig hy ‘n alternatiewe Christus, ‘n Antichris. Galásiërs 1:6-10  Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe,  (7)  terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.  (8)  Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!  (9)  Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!  (10)  Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.

Hy maak sy Naam bekend aan Moses en sy Naam is EK IS WAT EK IS. As ons nou iets van Hom sê wat HY NIE IS nie, dan is dit nie Hy nie en is ons besig met ‘n alternatiewe Christus; die Antichris.

2 Johannes 1:7  Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris. Hulle wat bely dat Yahshua anders is as wat die Skrifte van Hom sê.

1 Johannes 2:18-23  Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.  (19)  Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.  (20)  En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.  (21)  Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie.  (22)  Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.  (23)  Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.

Ons oorlewering oortuig ons egter dat dit een persoon is wat aan die einde van hierdie tyd gaan opstaan, maar die Skrifte sê nie so nie. Die persone wat dus so ‘n evangelie verkondig praat nie van die Antichris nie, maar ís ‘n Antichris.

Daar is dus twee tipe misleide persone wat Christus nie ken vir wie Hy is nie.

  1. Die verleiers wat ‘n ander Christus verkondig
  2. Die verleide mense wat glo in ‘n ander Christus as wie Hy is.

Elke eienskap en woord van Hom moet ons ken en glo, soos wat dit is.

As daar twee predikers is wat met mekaar verskil oor ‘n eienskap van Christus, is ten minste een van hulle verkeerd en dalk is albei verkeerd. Dit beteken dat ten minste een van hulle ‘n verleier is en waarskynlik albei. Hy wat ‘n leuen oor Yahshua verkondig, is ‘n Antichris. Alle predikers soek na die Antichris, maar as hy dinge van Christus verkondig wat nie waar is nie, is hý die Antichris.

  • Predikers is oortuig dat hulle kan sê wat hulle wil oor die karakter van God en dit maak niks saak nie. Hulle is verkeerd. Dit maak van jou ‘n vals profeet.

Deuteronómium 18:19-20  En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.  (20)  Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe.

Maar wie is dan reg en wie mag iets sê?

Jesaja 66:1-2  So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?  (2)  Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.

 Ons bewe vir die oorlewering en die woorde van die predikant en ken nie eers God se Woord nie.

Na wie moet ons dan luister, waar is die waarheid, watter kerk is reg en watter kerk moet ek glo?

Psalm 119:158-160  Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie.  (159)  Aanskou dat ek u bevele liefhet; o HERE, maak my lewend na u goedertierenheid.  (160)  Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

Ons glo wel dat God se Woord waarheid is, maar ons ken glad nie sy Woord nie en gaan na mense toe om te hoor wat God se woord sê asof ons nie self kan lees nie. Ons wil iemand glo. Ons wil ‘n kerk glo. Ons wil nie self in God glo nie.

Bykans geen kerk verkondig die waarheid van God se Woord nie, want dan sal die wêreld hulle haat. Kerke wil gewild wees om te kan groei in lidmaatskap en daarom kan hulle nie bekostig om ‘n ongewilde evangelie te verkondig nie.

Johannes 17:14-18  Ek het hulle U woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.  (15)  Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.  (16)  Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.  (17)  Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.  (18)  Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. (Ons is gestuur met die waarheid, nie met oorlewering nie)

2 Timótheüs 4:3-4  want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,  (4)  en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

God se Woord is die enigste waarheid en dit verskil radikaal met dit wat die wêreld aanvaar. Enige persoon wat in Christus glo sal deur die wêreld gehaat word, want die wêreld haat die waarheid.

Johannes 15:18-21  As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.  (19)  As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle. 

Ç~` Ç~` Ç~` Ç~` Ç~` Ç~` Ç~` Ç~`

002 – Die Antichris (17-11-2024)

1 Johannes 2:18  Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. 

1 Johannes 2:22  Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. (Die Pous is die Christus, my kerk, my predikant my oorlewering my eie geloof, is my Christus, want die Christus is my verlosser.)

1 Johannes 4:3  en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld. 

2 Johannes 1:7  Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris. 

Verskille tussen die Christus en die Antichris.

1. Die Christus is die Verlosser van Israel van wie die profete jare lank geprofeteer het, en die Antichris moet dus iemand anders as dit wees.

Matthéüs 1:20-21  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;  (21)  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

Psalm 130:6-8  My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre.  (7)  Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;  (8)  en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.

Jesaja 43:21-25  Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig.  (22)  Nogtans het jy My nie aangeroep, o Jakob, dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel!    (25)  Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.

  • Die Antichris het sy lewe gegee vir die hele wêreld en nie net vir die nageslag van Jakob nie.

2. Die ware Christus het ‘n verbond met die twaalf stamme van Israel gemaak en daarna het Hy weer ‘n nuwe verbond met dieselfde twaalf stamme se nageslag gemaak.

Hebreërs 8:8-9  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,  (9)  nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.

  • Die Antichris het ‘n nuwe verbond gemaak met alle mense. Volgens sy verbond kan enige persoon deur hom gered word deur in hom te glo.

3. Die ware Christus kom weer terug aarde toe as die Koning van Israel en kom regeer saam met hulle oor die hele aarde.

Lukas 1:31-33  En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.  (32)  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,  (33)  en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.

Daniël 7:13-14  Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom (Yahshua) nader gebring voor Hom (Vader Yahweh).  (14)  En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie. 27  Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.

  • Die Antichris kom terug aarde toe om met sy kerk te trou. Omdat daar 50 000 kerke is, wonder mens watter een sy regte kerk is en met watter een hy gaan trou. In die Bybel is daar egter geen getuienis van ‘n bruilof tussen die ware Christus en die kerk op aarde nie. In Openbaring 21:9 is die enigste plek waar ons lees van die Lam en sy bruid, en daardie bruid is nie die kerk van die wêreld nie, maar die nuwe Jerusalem wat uit die hemel neerdaal. Hierdie bruid verskyn eers na die duisend jaar regering van Yahshua.

4. Die ware Christus het vir sy volk ‘n weg na saligheid gemaak, in geregtigheid, sodat hulle deur wedergeboorte in die ware Christus se koninkryk kan gaan.

Johannes 3:3-7  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.  (4)  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?  (5)  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.  (6)  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.  (7)  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.

1 Petrus 1:23  want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. Deur die Woord van God en nie deur oorlewering of kerkbeleid nie.

  • Sommige Antichriste vereis nie wedergeboorte nie en elkeen kan maar net glo soos en wat hy wil t.o.v. redding en hulle Antichris sal hulle red. Volgelinge van hierdie Antichriste se geloof word bepaal deur hoe hulle die weg na saligheid verstaan en nie hoe die ware Christus dit voorskryf nie.

5. Die ware Christus het vir sy volk gesterf en hulle laat hulle sonde afwas deur sy bloed, deur hulle in sy dood te laat doop.

Handelinge 22:16  En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.

1 Petrus 3:18-21  Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;  (19)  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis,  (20)  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;  (21)  waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus.

  • Die Antichris doop kinders asook grootmense, sodat hulle daardeur lid van die kerk van hulle christus kan word en so deur die kerk gered word. Redding is dus deur die kerk, want die kerk moet jou doop.

6. Die ware Christus is die Middelaar van die nuwe verbond volgens die orde van Melgisédek, met sy nuwe wet.

Hebreërs 7:11-12  As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was—want met die oog daarop het die volk die wet ontvang—waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?  (12)  Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet; 

2 Korinthiërs 3:7-11  En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan,  (8)  hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?  (9)  Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid.  (10)  Want wat verheerlik was, is ook in hierdie geval nie verheerlik nie, vanweë die alles oortreffende heerlikheid.  (11)  Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid.

  • Daar is baie Antichriste wat die Ou- en die Nuwe Verbond in mekaar verweef en hulle eie evangelie maak op grond van hoe hulle dit verstaan. In die een hand wil hulle nog die wet van Moses onderhou, maar in die ander hand verkondig hulle genade in Yahshua.

7. Die ware Christus haat vir Esau en sy nageslag en het nooit ‘n hartsverandering gehad nie.

Maleági 1:1-4  Godspraak. Die woord van die HERE aan Israel deur die diens van Maleági.  (2)  Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad,  (3)  maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee.  (4)  As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou—dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!

Romeine 9:10-15  En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader.  (11)  Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep  (12)  is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien.  (13)  Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.  (14)  Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!  (15)  Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

  • Die Antichris diskrimineer nie teen enige persoon nie en het almal ewe lief en is barmhartig oor alle mense en niemand is uitgesluit van sy genade en redding nie, selfs nie Esau nie. Vir die Antichris is diskriminasie op grond van afkoms en nageslag die grootste sonde wat iemand kan doen, maar die ware Christus se verlossing is net vir Jakob en sy nageslag.

8. Die ware Christus haat homoseksualiteit. 

Romeine 1:26-27  Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;  (27)  en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

  • Die Antichris noem dit “ware liefde” en het geen probleem as sulke mense selfs in sý bediening staan nie.

9. Die ware Christus het die hemel en aarde in ses dae geskep.

Exodus 20:11  Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die Sabbatdag geseën en dit geheilig.

Johannes 1:3-10  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.  (4)  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.  (5)  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.  (6)  Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.  (7)  Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.  (8)  Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.  (9)  Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.  (10)  Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.

  • Die Alternatiewe Christus het wat ons vandag sien,met die hulp van evolusie deur miljoene jare tot stand gebring omdat hy nie in staat was om dit in ses dae te doen nie.

10. Die ware Christus is God self en daar is nie drie gode nie.

Exodus 3:14  En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.

Jesaja 44:6  So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.

Jesaja 9:5-6  Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—  (6)  tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.

  • Die Antichriste glo in verskillende weergawes van die verhouding tussen die Skepper God en die Seun wat gesterf het terwille van die sonde van die mense. Sommige glo dat die God van die Ou Testament en die God van die Nuwe Testament nie dieselfde God is nie, maar dat die wraaksugtige God van die Ou Testament vervang is met die liefdevolle God van die Nuwe Testament.

11. Die enigste manier om die ware Christus te behaag is deur geloof en dit is soos die geloof van Abraham.

Hebreërs 11:6  En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.

  • Daar is net vier skrifte in die Bybel wat handel oor die Antichris en dit is baie ooglopend dat dit nie ‘n spesifieke persoon is wat iewers in die toekoms op die toneel gaan verskyn nie, maar dat elke persoon wat nie in die ware Christus glo nie, in die Antichris glo, en dat elke prediker wat nie die ware Christus verkondig nie, die Antichris verkondig en voor God veroordeeld staan.

Die einddoel van ons geloof is nie terwille van ‘n kerk of voorouers of huweliksmaats of kinders of selfs vir myself nie, maar die einddoel van ons geloof is die saligheid van ons siele. Ons is almal verlore en net die waarheid sal ons vrymaak, nie oorlewering, kerkbeleid, aannames of leuens nie. Ons is nie in ‘n kompetisie met mekaar oor wat ons glo nie, en om dus ‘n menslike instelling soos jou kerk te beskerm ten koste van jou eie siel, is dwaasheid.

Aan die einde van ons lewe gaan ons nie saam met ons kerk voor God verskyn nie, maar alleen. Ons word deur ons geloof in Christus gered en as ons in ‘n verkeerde Christus glo, sal ons nie gered word nie. As ons oorlewering glo, is ons vertroue in oorlewering en ons vertrou oorlewering om ons te red, maar dit kan nie, net God kan red.

Johannes 5:24  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die “Wegraping” (03-11-2024)

Die “Wegraping” (03-11-2024)

  • Banie Swanepoel:

Die “wegraping” is ‘n geloof onder sommige Christene wat glo dat alle gelowiges deur Yahshua weggeraap gaan word en dan saam met Hom hemel toe gaan en dit gebeur met sy tweede koms. Hulle glo hierdie is ‘n geheime koms en Hy self sal nie geopenbaar wees nie, maar mense sal net in die lug in verdwyn. Hierdie geloof is gebaseer op 1 Thessalonicense 4:17  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Volgens die Bybel is dit korrek en gaan mense Hom wel tegemoet in die lug, maar daar is bewerings deur die “wegraping”-geloof wat nie deur die Bybel ondersteun word nie. Die vorige twee verse van

1 Thessalonicense 4:15-16  sê: Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.  (16)  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

Hoewel die geloof van die “wegraping” verklaar dat dit ‘n geheime koms is en Yahshua nie gesien gaan word nie, sê die Bybel dat Hy gaan neerdaal met die roep van ‘n aartsengel en die geklank van die basuin van God. Dit lyk dus of daar wel mense gaan wees wat in die lug opgaan, maar daar dan die  verskyning van Yahshua gaan wees. As vers 16 praat van sy wederkoms en vers 18 van mense wat Hom in die lug tegemoet gaan, is dit tog dieselfde gebeurtenis.

Hoewel dit uit hierdie Skrifgedeeltes duidelik is dat dit dieselfde  gebeurtenis is, het die geloof van die “wegraping” dit verander na ‘n aparte gebeurtenis. Die “wegraping” word nou die “tweede koms” wat in die geheim gebeur en dan is daar ‘n “derde koms” wanneer Hy terugkom aarde toe en Homself openbaar. Hoewel daar geen ondersteuning van die Bybel is vir hierdie geloof nie, is dit tog die algemene aanvaarde gebeure tydens die koms van die Christus.

Volgens hierdie geloof word die Christene weggeneem voordat die groot verdrukking gebeur, sodat hulle nie deur die verdrukking moet gaan nie. Matthéüs 24:29-31  En dadelik ná die verdrukking van daardie dae 1: sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.  (30)  En 2: dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.  (31)  3: En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompet geluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

Hoewel hierdie Skrifte gebruik word om die “wegraping” te motiveer as ‘n gebeurtenis vóór die groot verdrukking, is die kronologie van die gedeelte in die teenoorgestelde volgorde.

  1. Die groot verdrukking.
  2. Die teken van die Seun van die mens in die wolke.
  3. Sy engele gaan haal sy uitverkorenes.

Volgens die Skrif is daar ‘n groot verdrukking, maar die uitverkorenes gaan deel daarvan wees. Ná die verdrukking gaan Yahshua kom op die wolke, en dán eers gaan sy uitverkorenes Hom in die lug tegemoet.

Volgens die “wegraping”-geloof gaan die uitverkorenes dus tydelik hemel toe terwyl die groot verdrukking op die aarde gebeur. Die groot verdrukking gaan plaasvind deur ‘n sogenaamde “mens van sonde”, die Antichris. 2 Thessalonicense 2:3-4  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf  (4)  die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. 1 Johannes 2:18  Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. 1 Johannes 2:22  Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. 1 Johannes 4:3  en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.

Volgens die “wegraping”-teorie gaan die Antichris dan sy eie koninkryk vestig en dan die groot verdrukking veroorsaak . Vir sewe en ‘n half jaar gaan hy regeer as heerser oor die hele aarde en verkondig dat hy die ware Christus is. In hierdie tyd gaan daar geen Christene op die aarde wees nie, want hulle gaan in die hemel bewaar word. Hierdie geloof rondom die Antichris is egter ook nie in die Bybel nie, maar deur inlegkunde, is dit ‘n geloof gemaak wat nie in die Bybel is nie.

Wie is die Antichris dan?

  • Die Antichris sit in die tempel van God en gee voor dat hy God is. 1 Korinthiërs 3:16  Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? 1 Korinthiërs 6:19  Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?   Die verkondigers van die “wegraping”-teorie glo verder dat die Antichris die tempel van die ou verbond in Jerusalem gaan herbou en dan gaan hy vanuit daardie sogenaamde “derde tempel” regeer en voorgee dat hy God is.
  • Esegiël 40 tot 48 het ‘n detail beskrywing van hoe die tempel moet lyk wat gebou moet word. Hierdie hoofstukke word nou deur die “wegraping”-teorie mense gebruik om te bewys dat daar ‘n “derde tempel” gebou sal word voordat Yahshua terug kom aarde toe en die mens van sonde sal dan in daardie tempel sit. Kronologies gaan Esegiël 39 oor die Gog en die Magog wat aan die einde van Yahshua se duisend jaar regering optrek om Jerusalem te verwoes en die volk van Yahshua saam met Hom te vernietig. Natuurlik word hulle in die oorlog verwoes en dan gee Yahshua die volmaak-herstelde skepping terug aan die Vader.
  • Na hoofstuk 39 is dit dan hoofstuk 40 wat praat oor die herstel van die tempel en dit is wat die verwarring veroorsaak. Esegiël profeteer kronologiese van 1: die herstel van God se volk en die 2: wederkoms van Yahshua en dan sy 3: regering op die aarde en dan die 4: opstand van Gog en Magog aan die einde van sy regering, en dan die 5: herstel van die tempel.
  • Hierdie letterlike argitek bloudruk van die tempel is nie die herstel van die “derde tempel” nie, maar van die tweede tempel. Esegiël is ‘n profeet tydens die Babiloniese ballingskap. Die ballingskap was net vir sewentig jaar en daarna gaan Juda terug na hulle land en gaan hulle die land weer opbou. Na sewentig jaar is daar nie meer iemand tussen hulle wat weet hoe die tempel gelyk het nie en daarom gee hoofstuk 40 tot 48 detail inligting van hoe hulle die tempel moet herbou.

Wie is die Antichris dus?

  • Hy gee voor dat hy God is en is in die plek van die ware Christus is. Hy is téén die ware Christus. Hy is in die plek van Christus; ‘n alternatief van die ware. Daar is baie Antichriste. Dit is enige persoon wat verskil met die ware Christus en ‘n ander evangelie verkondig as wat die ware Christus verkondig het. Galásiërs 1:8-10  Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!  (9)  Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!  (10)  Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.
  • Hy sit in die tempel van God. Omdat ons die tempel van God is en die Heilige Gees in ons liggaam bly sal die Antichris daardie plek van God vat. Ons is die tempel van God en in plaas dat Christus in ons hart woon, woon ‘n vals Christus; ‘n Antichris met ‘n vals evangelie in ons hart.Matthéüs 24:5  Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei. Matthéüs 24:11  En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
  • Die mens van sonde is die Pous en is die groot Antichris wat ‘n ander evangelie verkondig, die evangelie dat die kerk ‘n instelling van God is en ‘n weg tot saligheid. Hy was geopenbaar as die een wat gesê het hy is in die plek van Christus en die verteenwoordiger van God op die aarde. Nog baie ander het na hom gekom en gesê: “Hier is die Christus” en “ek is die Christus”, “verlossing is in die kerk en nie in Christus nie”, is die woorde van die Antichris.

Waar kom die verwarring van die “wegraping” dan vandaan?

Daar is wel ‘n tyd wanneer die uitverkorenes van Yahshua Hom in die lug tegemoet sal gaan, maar hulle gaan nie weg nie, hulle gaan Hom in die lug tegemoet en kom dan saam met Hom terug aarde toe. Die tydperk wanneer hierdie gebeur is met sy tweede koms wat gepaard gaan met harde trompet geluid. Nie ‘n geheime koms nie. Hy is dus op pad na óns toe. Sy uitverkorenes gaan Hom dan in die lug tegemoet en kom dan saam met Hom terug en so sal hulle altyd by Hom wees. Wanneer hulle Hom in die lug tegemoet gaan, word hulle liggame verander en hulle kry ‘n nuwe, verheerlikte liggaam.

1 Korinthiërs 15: 52  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.  (53)  Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.  (54)  En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.

Beteken dit dan dat hulle wat Hom in die lug tegemoet gaan nie in die groot verdrukking gaan wees nie?Matthéüs 24: 6  1: En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.  (7)  2: Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.  (8)  Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.  (9) 3:  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.  (10)  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.  (11)  En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.  (12)  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.  (13) 4: Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

Daar is egter ‘n verskil tussen die groot verdrukking en die oordele van Yahshua wat Hy oor die bewoners van die aarde gaan uitstort. Hierdie oordele van wraak deur Hom, vind plaas ná sy wederkoms en die groot verdrukking vind plaas vóór sy wederkoms.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Hoop (27-10-2024)

Hoop (27-10-2024)

Banie Swanepoel:

Alle mense het probleme en ons almal soek na hoop. Hoop is ‘n ander situasie wat ons huidige situasie sal verbeter.

  • As ek net die plaas erf, sal my finansiële probleme opgelos wees.
  • As die operasie ‘n sukses is, sal my gesondheidsprobleem op ‘n einde wees.

Daar is egter baie onaangename situasies wat terminaal is:

  • My geliefde is dood.
  • Ek is reeds oud en vergete en wens die dae om.
  • Ek is jonk en staan aan die begin van my lewe, maar daar is geen toekoms nie.
  • Ek is gebreklik en elke dag is ‘n worsteling.
  • Ek het die hoogste sport in die lewe bereik en uitgevind dat dit toe waarlik ‘n gejaag na wind was.

Psalm 39:6-8  Kyk, U het my dae ‘n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.  (7)  Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.  (8)  En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.

Wat beteken dit as ons sê ons hoop is op Hom? Hoe gaan dit my situasie verander? As ek dan blind is, is my hoop op Hom om te kan sien? As ek arm en ellendig is, is my hoop op Hom om in beter omstandighede te kan wees? As ek my geliefde deur die dood verloor het, is my hoop dat my geliefde uit die dood uit opgewek gaan word?

Die antwoord is “ja”, op al ons moeilike situasies. Hy is die een wat enige situasie kan verander. Terwyl ons egter nog in hierdie tydelike liggaam is, is ons blootgestel aan die omstandighede van hierdie vervloekte wêreld, maar ons word deur ons God gewaarborg dat dit nie vir altyd sal aanhou nie en dat Hy dit met sy wederkoms gaan verander.

Exodus 3:7-8  En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.  (8)  Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na ‘n goeie en wye land, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.

Johannes 16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Omdat hierdie wêreld waarin ons lewe deur God vervloek was en die heerskappy van Adam verlore gegaan het en deur die Satan opgeneem is, is dit ‘n moeilike lewe vol probleme en hartseer.

Daar is egter verlossing van dit alles deur God wat ons daarvan gaan verlos en dit is ons hoop. Hoewel die mens die kroon van die skepping was, het die mens saam met die skepping verval in ‘n lewe van moeite en verdriet, maar Yahshua se roeping is om ons siele te red van die hel, maar ook ons slegte situasies te verander na sy heerlikheid.

Wanneer ons bely dat ons hoop op Hom is, is dit nie kanseltaal of mooi woorde nie, maar dit is waarlik ons hoop vir die toekoms. Die van ons wat weer gebore is, het hulle met God versoen en sal in sy Koninkryk van heerlikheid ingaan.

Om die hoop deelagtig te kan word, is egter voorwaardelik:

 Johannes 3:3-7  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.  (4)  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?  (5)  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.  (6)  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.  (7)  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.

Na ons dood, of na Yahshua se wederkoms, gaan ons as mens na twee verskillende bestemmings. Hulle wat nie nog ‘n keer gebore was nie, sal as gevolg van hulle sonde verlore gaan en die slegte aardse omstandighede sal dan voel of dit hemels was. Die wat wel weer ‘n keer gebore was, sal in die volmaakte Koninkryk van God ingaan.

Ons hoop op God is nie net alleen vir hierdie wêreld nie. Hier sal ons verdrukking hê, maar ons hoop is op Hom vir ‘n hemelse toekoms.

Waar trek ons nou op hierdie pad na hoop en wat gaan nog gebeur?

  1. Ons moet ons huidige omstandighede verdra en weet dat God dit toelaat sodat ons geestelik kan groei. 1 Petrus 1:6-9  Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,  (7)  sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;  (8)  vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap,  (9)  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.
  2. Oorloë en gerugte van oorloë. Matthéüs 24:6-13  En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.  (7)  Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.  (8)  Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.  (9)  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.  (10)  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.  (11)  En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.  (12)  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.  (13)  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
  3. Die koms van die Koning: Mat 24:29-31  En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.  (30)  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.  (31)  En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompet geluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
  4. Hy vernietig al die koninkryke wat nou hier op die aarde is: Daniël 2:34-35  U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ‘n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het.  (35)  Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ‘n groot rots geword wat die hele aarde gevul het. Daniël 2:44    (44)  Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—  (45)  net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande ‘n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het.
  5. Hy onderwerp almal aan sy heerskappy en sluit die satan op. Openbaring 20:1-4  En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand.  (2)  En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank,  (3)  en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.  (4)  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.
  6. Yahshua regeer vir duisend jaar in sy vrede-koninkryk. 1 Korinthiërs 15:25-28  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.  (26)  Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.  (27)  Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.  (28)  En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
  7. Die satan word losgelaat en vir altyd verdelg. Openbaring 20:7-10  En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;  (8)  en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.  (9)  En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.  (10)  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
  8. Ware troos en nie net mooi woorde nie. Openbaring 21:1-8  En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.  (2)  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.  (3)  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.  (4)  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.  (5)  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.  (6)  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.  (7)  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.  (8)  Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.

Wat moet ons dan nou doen?  Efésiërs 6:10-17  Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.  (11)  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.  (12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.  (13)  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.  (14)  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,  (15)  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.  (16)  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.  (17)  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—

Die eerste bestemming: Openbaring 20:13-15  En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.  (14)  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.  (15)  En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Die tweede bestemming: Openbaring 21:4-8  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.  (5)  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En H ny het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.  (6)  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.  (7)  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.  (8)  Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.

Moenie moedeloos word oor jou eie omstandighede nie. Hoop op God, want sy Koninkryk kom. Moenie op die stasie sit en wag vir die trein en dan moedeloos word omdat hy nog nie gekom het nie. Wag geduldig en wees gereed vir wanneer hy kom. Romeine 5:3-5  En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,  (4)  en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;  (5)  en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE