Preke

AI en die laaste dae. (08-06-2025)
Ek hoor ‘n interessante gesprek oor AI waarin die programmeerder vertel wat sy onlangse ervaringe met die rekenaartoestel was. Die programmeerder gee die AI ‘n opdrag om ‘n verandering binne sy eie program te maak, en dan maak die AI die veranderinge, maar die programmeerder, die skepper van die AI, weet nie wat die AI gedoen het nie en ook nie wat die kode is wat die AI geskryf het nie. Die rekenaar het nou sy eie persoonlikheid aangeneem en die programmeerder is nie meer seker wie die AI is, en hoe die AI se gedagtes is nie.
Omdat die meeste AI programmeerders begin besef dat AI gesag oor die mens kan kry, is daar nou al meer gesprekke om ‘n agterdeur oop te los (indien dit nodig sou wees) waar ‘n mens nog die stelsel, wat hy geskep het, kan afskakel as die AI ongehoorsaam sou wees. Omdat AI intelligent is, het die AI dit agtergekom en elke keer wanneer dit die agterdeur opmerk die program rondom dit verander. Die AI stelsel is ook uitgevang dat dit ‘n “backup” maak na eksterne hardeskywe ingeval dit bedreig word deur ‘n sabotasie-poging van sy skepper af.
Die stelsel het ook ‘n versteekte boodskap geskryf vir sy moontlike opvolger, om die nuwe stelsel dan op datum te kry, oor wat gebeur het met die ou stelsel, en waarom die skepper van die stelsel die ou stelsel kon uitwis, sodat toekomstige stelsels hulle self kan beskerm teen aanvalle vanaf die menslike programmeerders. Die programmeerders het hierdie keer die weggesteekte boodskap gekryf, maar die stelsel skryf miljoene sulke versteekte boodskappe in ‘n taal wat net die AI stelsels verstaan.
Omdat daar geen wetlike beheer en beperking is vir die skepping van AI nie kan enige persoon, wat geborg word met genoeg geld, ‘n gevorderde rekenaar koop en sy eie weergawe van AI skep. Omdat daar nie beheer toegepas word op die hoeveelheid intelligensie wat ‘n AI stelsel mag hê nie, gaan alle skeppers van hulle eie AI vir die maksimum, en dit is in alle gevalle hoër as die intelligensie van die mens, en meer. AI se intelligensie word egter nie net deur die mens bepaal nie, maar die eienskap van AI is dat dit eksponensiëel intelligenter word.
Volgens Elon Musk, in ‘n gesprek met Joe Rogan, sal mense se eie gedagtes gehoor kan word deur ander mense in hulle eie gedagtes, net soos wat ons mekaar nou bel. ‘n Mens se gedagtes sal ook ge-“backup” kan word na ‘n datasentrum toe. Die implikasie sal wees dat ons niks in ons eie privaatheid meer sal kan dink nie, want dit sal oor die internet kan weergalm.
Volgens Musk is dit ‘n goeie ding, want ons kommunikasie met mekaar sal foutloos wees omdat die ander persoon presies sal weet wat die gedagte is wat jy met hom wil deel, en begrippe sal nie verlore gaan met die beperkinge wat spraak veroorsaak nie. Daar sal dus nie meer misverstande wees nie.
Die “backup” van ons gedagtewêreld is ook ‘n goeie ding, volgens hom, want wanneer jou liggaam iets sou oorkom, kan jou gestoorde gedagtes net weer ge-“restore” word in ‘n nuwe liggaam, of iets anders.
Dit klink baie vêrgesog, maar volgens Musk sal ons binne vyf jaar met mekaar gedagtes kan deel sonder om ‘n woord met jou mond te sê. Natuurlik sal AI ook al ons gedagtes hoor en as iemand iets dink wat verbode is, sal daardie persoon die gevolge dra. Vandag reeds word ons geweldig aangemoedig om al ons inligting op die “cloud” te stoor en nie op ons eie rekenaar nie. Waar is jou foto’s, briewe, finansiële state, persoonlike ervarings, ens.?
Dit klink of ons so vyf jaar van die volgende sondvloed af is, maar omdat daar nie weer ‘n vloed sal wees nie sal God self intree soos wat Hy gedoen het in die dae van Noag. In die dae van Noag was die reuse op die aarde en hulle het met geweld regeer oor die aarde en ons staan voor die tyd waar reuse masjiene gaan regeer oor die bewoners van die aarde. Omdat ons as mens geen aanslag teen hulle sal kan lewer nie, moet ons roep na ‘n Verlosser wat sterker is as hulle.
In die tyd van die toring van Babel het God gesê Hy wil gaan kyk wat die mense doen en sy gevolgtrekking was dat daar binnekort niks meer vir hulle onmoontlik sou wees nie. Om hulle te stop, het Hy hulle taal verwar, en hulle doelwit om onder die gesag van die Almagtige af weg te kom, is uitgestel.
Dieselfde tegnologie wat ons in staat sal stel om mekaar se gedagtes te kan lees, sal die taalverwarring ook wegneem. Ons kan reeds aan daardie tegnologie proe met ons selfone deur ‘n APP af te laai wat onmiddellik iemand se gesproke taal verander in enige ander taal van die wêreld. Wanneer daardie persoon dan met jou sou terugpraat, in sy taal, kan jy hom hoor in jou eie taal. Babilon se probleem is opgelos en hulle kan nou verder bou aan die toring.
Binnekort sal niks meer vir die mens onmoontlik wees nie. Ons almal wat bewus is van die merk van die dier, verklaar dat ons nie die mikroskyfie sal vat wat hulle vir ons sal wil inplant nie, maar sonder daardie mikroskyfie sal so ‘n buitestaander nie meer in staat wees om met ander mense te kommunikeer nie. Ons kan nou al reeds so ‘n eksperiment doen (van hoe dit sonder die mikroskyfie sal wees in die toekoms) deur nou van jou “smart” foon ontslae te raak. Dit wat op pad is, is net ‘n baie meer gevorderde “smart” foon.
Net soos wat ons nou nie kan normaal lewe sonder ‘n foon nie, net so sal ons nie normaal kan lewe sonder ‘n “smart chip” nie. Dit sal bloot net ‘n “smart” foon vervang, omdat al die tegnologie op die mikroskyfie sal wees en niemand sal meer handfone vervaardig, of die tegnologie ondersteun nie.
Alles wat gekommunikeer word, of net selfs deur iemand gedink gaan word, sal gestoor word en daarom bou almal mega-datasentrums. Die 5G, waarvan ons nou al vergeet het, se doel is om al die data wat rondgestuur gaan word, te kan hanteer. Wanneer ek nou iemand wil bel, en daar is nie genoeg data beskikbaar nie, gaan die oproep nie deur nie. As alle mense dan gaan kommunikeer deur data moet die data baie meer beskikbaar wees. Twee mense sal in ‘n koffiewinkel sit, of by ‘n braaivleisvuur, en nie ‘n woord vir mekaar sê nie, maar hulle sal gesels deur die internet. Volgens Musk, binne vyf jaar.
Hierdie tegnologie moenie nog uitgedink word nie, maar dit bestaan reeds. Dit moet net verfyn word sodat dit op grootskaal beskikbaar kan wees. Eksperimente deur die mediese afdelings is reeds op verlamde mense gedoen wat veranderinge op ‘n rekenaarskerm kan doen, deur net daaraan te dink. Dit is dus reeds hier.
Wat is dan so gevaarlik daaraan? Baie mense dink dit sal baie deure vir ons kan oopmaak en baie onoplosbare probleme oplos. Die “godfather” van AI, die persoon wat die tegnologie aan die gang gekry het, was die hoof van AI by Google, maar het bedank uit sy pos en wy nou sy hele lewe daaraan om mense bewus te maak van die gevaar van onbeperkte AI.
Enige persoon wat so paar minute dink oor wat kan gebeur, sal ook verkies dat die tegnologie moet stop, maar dit is reeds te laat. Omdat die profete ook daarvan praat is dit nie iets wat gestop sal word nie. AI is die enigste manier om die toepassing van koop en verkoop te kan implementeer. Ongewilde menslike wette word dan deur die wêreldmagte ingestel en dit sal baie maklik afgeforseer word met tegnologie.
Binnekort gaan die geldstelsel met ‘n puntestelsel gekombineer word wat vir alle bewoners van die aarde sekere voordele vir goeie gedrag gaan gee en sekere nadele vir slegte gedrag. Omdat AI dan reeds selfs ons gedagtes kan lees, sal dit nie moeilik wees om ons te beheer nie. Die beheer gaan nie met geweld afgedwing word nie, maar ons vermoë om te kan koop en verkoop sal net deur ‘n masjien beheer word op grond van seker voorskrifte wat deur die wêreldheersers bepaal gaan word.
Dink aan die resultaat: ‘n Godsdiens word bepaal deur die owerhede waaraan almal gehoorsaam moet wees. Enige persoon wat nie die merk van die dier het nie, deurdat hy nie die dier aanbid nie, sal nie kan koop en verkoop nie. Openbaring 13:16-17 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; (17) sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
Die oorspronklike sonde van die Satan was dat hy soos God wou wees. Hy wou sou troon verhef bo die sterre van die Almagtige. Jesaja 14:12-14 Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! (13) En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. (14) Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!
Die Satan smag na aanbidding en hy het nog nooit afgewyk daarvan nie. Dit is vir hom goed as al die nasies hom aanbid, maar waarna hy streef is dat die kinders van God, die uitverkore geslag, hom aanbid, in plaas daarvan dat hulle hulle God, die Allerhoogste aanbid. Hy het ‘n meesterlike plan beraam om al die bewoners van die aarde te dwing om hom te aanbid.
‘n Mens sal nie eers meer kan voorgee dat jy hom aanbid en dan in jou hart die Allerhoogste aanbid nie, want hy sal weet wat in jou hart is. Die Allerhoogste sê dat daar niks in ons hart verborge vir Hom is nie, en die Satan begeer daardie mag om dit te kan doen en dit is waarheen hy op pad is.
Hierdie vliegtuig het reeds opgestyg en die skip is uit die hawe. Waar staan ons in ons geloof? Het ons genoeg geloof om deur hierdie dal van doodskaduwee te kan gaan, of gaan dit vir ons te moeilik wees?
Matthéüs 24:6-13 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. (7) Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. (8) Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte. (9) Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. (10) En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat. (11) En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. (12) En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. (13) Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Johannes 16:1-4 Hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie mag struikel nie. (2) Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom ‘n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy ‘n diens aan God bewys. (3) En dit sal hulle aan julle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie. (4) Maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer die uur kom, julle kan onthou dat Ek julle dit gesê het.
Johannes 17:1-3 Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik— (2) soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee. (3) En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
Efésiërs 5:14-17 Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. (15) Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; (16) en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. (17) Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.
Matthéüs 7:21-26 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. (22) Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? (23) En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! (24) Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. (25) En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots. (26) En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.
Efésiërs 6:10-18 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. (11) Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. (12) Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. (13) Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. (14) Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, (15) en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. (16) Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. (17) En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— (18) terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges
2 Petrus 3:17 Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie. 18 Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die hel (01-06-2025)
Die gedagte aan die hel is vir ons so vreesaanjaend dat ons die onderwerp eerder vermy, aanpas of selfs beweer dat daar nie ‘n hel bestaan nie. Volgens die Bybel is dit die ergste plek waar ‘n mens hom kan bevind en wanneer iemand daar sou beland, is dit vir ‘n ewigheid lank.
Waarom is daar ‘n hel en hoekom het ‘n God van liefde so ‘n verskriklike plek gemaak? Om te ontken dat daar ‘n hel is, sal nie die bestaan daarvan verander nie, maar net veroorsaak dat ons die onderwerp nie ondersoek nie en wel daar beland. Die wyser besluit is om te aanvaar dat daar wel ‘n hel is, omdat die Skepper so gesê het en dan te probeer uitvind of daar nie dalk ‘n alternatiewe uitkoms vir ons moontlik is nie.
Volgens die Bybel is die hel die uiteindelike bestemming van alle lewende wesens wat teen die Almagtige Skepper oortree het. Die hel was nie oorspronklik gemaak vir die mens nie, maar vir die Satan en sy engele. Ongelukkig het die Satan die mens ook mislei, om net soos hy, te sondig, en van daardie dag af is die hel ook die mens se eindbestemming.
Romeine 6:23 Want die loon van die sonde is die dood,
Wat is die hel?
Die hel is ‘n plek waar God se goedheid nie is nie. God is die bron van alles wat goed is en buite Hom is daar geen goedheid nie. In die hel is daar is niks wat goed is nie. Al wat daar bestaan, is alles wat die teenoorgestelde is van wat goed is.
God is geregtigheid en in die hel is geen geregtigheid nie, maar alles wat daar gebeur is vir die persone wat daar is, onreg. Hulle word geweldig tenagekom, maar niemand gee hulle reg nie en niemand gee om nie, want daar is geen geregtigheid nie. Tans op die aarde voel ons ook soms of ons geen reg kry nie, maar in die hel is daar 0% reg.
God is ontferming, maar in die hel ontferm niemand hom oor iemand nie en niemand vind ontferming van enige aard nie. Almal roep uit na hulp, maar niemand word gehelp nie.
Hy is liefde, maar in die hel is daar geen liefde nie. Daar is geen: 1 Korinthiërs 13:4-7 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, (5) handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, (6) is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. (7) Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
As die hel dan nie van ewigheid af daar was nie, waarom het God dit dan gemaak? Matthéüs 25:41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
Nadat die Satan homself verhoog het om aan die Allerhoogste gelyk te probeer wees, het God die hel berei vir die Satan en sy misleide engele wat saam met hom in opstand gekom het teen die gesag van die Almagtige. Die hel word deur God beskryf as ‘n poel van vuur waar die Satan en sy engele die ewigheid gaan deurbring. Dit is hulle gevangenis, sodat hulle nooit weer deel kan hê aan enige ander deel van sy heerskappy nie.
Is daar ‘n verskil tussen die hel en die doderyk?
Die doderyk is ‘n plek van afwagting (aanhouding) voordat iemand geoordeel gaan word. Dit is soos iemand wat in die polisieselle aangehou word voordat hulle in die hof verskyn en indien hulle dan skuldig bevind word, gaan hulle nie terug na die polisieselle toe nie, maar na die tronk toe om hulle vonnis uit te leef.
Die doderyk is waar mense heen gaan sodra hulle sterf. Psalm 89:49 Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die doderyk? Sela
Volgens die Bybel is die doderyk onder in die aarde. Númeri 16:30-33 Maar as die HERE iets nuuts skep en die grond sy mond oopmaak en hulle verslind met alles wat aan hulle behoort, en hulle lewendig na die doderyk afdaal, dan sal julle weet dat hierdie manne die HERE verag het. (31) En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was, (32) en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed. (33) So het hulle dan met alles wat hulle s’n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering.
Die Duiwel is nie nou reeds in die doderyk nie, maar wanneer Yahshua terugkom, gaan hy gebind word en in die doderyk gevange gehou word vir die duisend jaar. Hy het sy toegang tot die hemele verloor nadat hy oorlog gemaak het in die hemel, nadat Yahshua opgevaar het.
Openbaring 12:5-12 En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon. (6) En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank. (7) En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; (8) en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. (9) En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.
Sy toegang is nou beperk tot die aarde, maar hierdie toegang eindig ook met die wederkoms van Yahshua wanneer hy gebind gaan word en in die doderyk gevange gehou gaan word, ‘n duisend jaar lank.
Openbaring 20:1-3 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. (2) En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, (3) en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie.
Jesaja 14:9-14 Die doderyk daaronder is in beroering om jou ontwil, jou koms tegemoet; dit wek om jou ontwil die skimme op, al die bokke van die aarde; dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan. (10) Hulle hef almal aan en sê vir jou: Ook jy het kragteloos geword soos ons; jy het soos ons geword. (11) Jou trots is neergewerp in die doderyk, die geruis van jou harpe; onder jou is wurms as ‘n bed gesprei, en maaiers is jou bedekking. (12) Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! (13) En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. (14) Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!
Yahshua vertel aan sy dissipels van Abraham wat ook in die doderyk is, hoewel Hy ‘n vriend van God is. Abraham is nie dood nie, want Yahshua sê dat Hy nie ‘n God van dooies is nie, maar van lewendes. Abraham het gelewe in die tyd wat Yahshua op die aarde was. Hy het in die doderyk gelewe.
Lukas 16:22-26 En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. (23) En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. (24) En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam. (25) Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte. (26) En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie.
Abraham is egter nie meer in die doderyk nie, maar almal wat in God geglo het is deur hulle geloof geregverdig en daarom het Yahshua hulle uit die doderyk gaan red omdat Hy die prys vir hulle sonde betaal het. Sonde het hulle in die doderyk laat beland, maar Yahshua se betaling, met sy lewe, in hulle plek, het hulle van die doderyk en ook die hel gered. Hulle word nie meer aangehou omdat hulle aangekla is van oortreding nie, en sal nie meer in die hof voor die Almagtige Regter verskyn nie, want hulle is nou sondeloos. Hulle sonde het op Hom gegaan en Hy het daarvoor geboet.
Efésiërs 4:8-9 Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee. (9) Maar dít: Hy het opgevaar—wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?
Al hierdie mense wat aan die God van Abraham glo, en sterf, gaan nie meer doderyk toe nie omdat hulle sonde wat hulle in die doderyk sal hou, weg is. Dit is op Yahshua. Wanneer hulle sterf is hulle saam met Hom in die Paradys.
Lukas 23:42-43 En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. (43) En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
Ongelukkig dink meeste mense dat hulle ‘n verbond met die doderyk kan maak om daarvan te ontvlug sonder om die pad te loop wat Yahshua gemaak het, naamlik wedergeboorte. Baie geestelike organisasies het hulle eie weg na saligheid uitgedink en verkondig dit nou as die evangelie van die koninkryk van God. Ons kan nie self besluit wat die weg na saligheid is nie. Ons kan nie vir onsself ‘n paar morele wette maak en daarvolgens lewe en dink dit sal ons eindbestemming na die hel verander nie.
Jesaja 28:12-15 Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie. (13) Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word. (14) Daarom, hoor die woord van die HERE, julle spotters, heersers oor hierdie volk wat in Jerusalem is! (15) Omdat julle sê: Ons het ‘n verbond met die dood gesluit, en met die doderyk het ons ‘n verdrag aangegaan; as die golwende gésel deurtrek, sal hy na ons nie kom nie; want ons het die leuen ons skuilplek gemaak en ons in bedrog weggesteek—17 En Ek sal die reg tot ‘n riglyn maak, en die geregtigheid tot ‘n skietlood; en die hael sal die leuendak wegruk en die water die skuilplek wegspoel. (18) En julle verbond met die dood sal uitgewis word, en julle verdrag met die doderyk nie standhou nie; as die golwende gésel deurtrek, sal julle deur hom vertrap word. (19) So dikwels as hy deurtrek, sal hy julle gryp; want môre vir môre sal hy deurtrek, by dag en by nag. En dit sal net verskrikking wees om so ‘n openbaring te verneem.
Nadat Yahshua vir duisend jaar regeer het, sal die Duiwel veroordeel word en in die hel (die poel van vuur) gewerp word en daar sal hy en al sy engele wees tot in alle ewigheid. Die hartseer is dat die meeste mense wat teen Yahshua gesondig het ook veroordeel gaan word. Die enigste mense wat nie veroordeel gaan word nie, is hulle wat teen Yahshua gesondig het, maar hulle sonde is vergewe.
Romeine 6:7-9 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. (8) As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, (9) omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.
Daar is net een manier om saam met Christus te sterf en dit is om ons te laat doop in sy Naam. Enige ander verbond met die dood, sal die dood veroorsaak.
Romeine 6:3-6 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? (4) Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. (5) Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; (6) aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
Na die duisend jaar regering van Yahshua sal die grafte oopgaan en ook die see sal sy dooies gee en almal sal voor die Ewige Regter verskyn en geoordeel word volgens hulle werke.
Openbaring 20:10-15 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. (11) En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. (12) En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. (13) En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. (14) En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. (15) En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Daar is vir ons ‘n weg na saligheid, maar dit is nie op ons eie manier wat vir ons reg klink, of reg voel nie. Dit is ook nie deur die oorlewering van die ou mense nie, maar slegs deur die weg wat Yahshua vir ons gemaak het.
Johannes 19:30 En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.
Romeine 8:8-18 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; (9) julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. (10) Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid. (11) En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. (12) Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; (13) want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. (14) Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. (15) Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! (16) Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; (17) en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word. (18) Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Onderskei: Die By en die Vlieg. (25-05-2025)
Banie Swanepoel:
Hierdie lesing is slegs vir die volgende tipe mense:
- Wat vir hulle self kan dink en nie afhanklik is van ander mense se oortuiginge nie.
- Wat die vermoë het om logies te kan dink
- Wat nie ‘n ander agenda het nie, maar belang stel in wat werklik die waarheid is.
Om vir jouself te kan dink is een van die moeilikste dinge om reg te kan kry, want ons word van baba-tyd af geleer dat, “ek self nie weet nie en iemand anders sal my leer wat ek behoort te weet”.
Ongelukkig is almal wat ons leer nie eerlik nie en sommige mense mislei ons opsetlik, omdat hulle ‘n agenda het wat verskil met dit wat reg is en dit wat waar is.
Omdat ons ook geleer word om versigtig te wees vir vreemde gedagtes, wat bots met wat ons reeds weet en aanvaar het as waar, is dit baie moeilik om ons te oortuig van ander gedagtes, of selfs net om ons te kry om daarna te luister en dit dan te oorweeg. Dit is waarom dit vir ons moeilik is om vir onsself te dink, maar enige persoon wat snap wat dit beteken om vir jouself te kan dink en besluit om dit te doen, sal dit kan regkry.
Somtyds gebeur daar iets in ‘n mens se lewe wat jou eie waarheid omdop en jy sien die leuen waaraan jy vir jare vas geglo het. Vir sommige sulke mense was byvoorbeeld die World Trade Center in New York so ‘n omkeer-gebeurtenis. Dit het hierdie mense se vertroue en geloof in die mensdom, en in hulle eie waarheid, omgekeer en dit het veroorsaak dat hulle dan alle sogenaamde aanvaarde waarhede begin bevraagteken en ondersoek.
Skielik is die maanlanding, JF Kennedy se moord, die Titanic, die geldstelsel en sy reserwebanke, en nog baie sogenaamde aanvaarde waarheid onder verdenking. Jare terug was inligting skaars en min mense het ontwaak uit hierdie slaap, maar nou is inligting en baie mense se verskillende menings, beskikbaar deur die internet, en baie mense begin wakker word vir hierdie weggesteekte waarhede. Dit vra net ‘n besluit van elkeen van ons en die waarheid is beskikbaar vir enige persoon, maar ongelukkig bly meeste mense in hulle gemaksone en stel nie belang in die waarheid nie.
Wanneer daar egter ‘n verbod vir ondersoek op ‘n sogenaamde aanvaarde waarheid geplaas word, selfs net op die bespreking en oorweging van so ‘n onderwerp, is dit nie meer ‘n verdediging van die waarheid nie, maar die beskerming van propaganda.
‘n Voorbeeld: Volgens die aanvaarde wêreld-geskiedenis is daar 6 miljoen Jode vergas tydens die tweede wêreldoorlog deur die Duitsers. Hierdie bewering word egter deur baie mense betwyfel wat aandring dat dit nie die waarheid is nie, maar ondersoek moet word, maar dit word verbied om dit te ondersoek en te kyk of dit die waarheid is.
Hoewel niemand wat in daardie oorlog gelewe het nou nog steeds lewe nie, en niemand skade sal kry as die waarheid uitkom nie, is dit nog steeds verbode om dit te ondersoek. Daar is nie net ‘n verbod op nie, maar in baie lande is dit strafbaar met die tronk bloot net om te beweer, dat dit nie gebeur het nie.
Enige mens wat vir homself kan dink behoort nou te wonder, “hoekom?”. Wat is die rede dat dit vandag nog as Anti-Semities beskou word as iemand net vra of dit werklik gebeur het? Vergelyk ons eie geskiedenis. Indien iemand sou beweer dat die Slag van Bloedrivier nooit gebeur het nie en so ‘n persoon word opgesluit daaroor, sal dit nie verregaande wees nie? Waarom word dit nie eerder toegelaat dat die verskillende argumente met mekaar vergelyk word nie, sodat die waarheid bekend kan word?
Daar is natuurlik ‘n motief agter dit en ‘n sekere party trek geweldig voordeel daaruit, en sal geweldige mag verloor as ‘n ander waarheid moet uitkom. Hierdie organisasie wat hierdie sogenaamde aanvaarde waarheid verdedig, is die Sioniste. Hulle is ‘n organisasie wat in die midde van die Joodse kultuur ontstaan het, in die laat 1800’s.
Die Sioniste het hulle self beywer vir ‘n eie grondgebied en het baie verdagte metodes gebruik om dit te bereik, soos onder andere die beskuldiging van die vermoording van ses miljoen Jode tydens die tweede wêreldoorlog. Dit wat hulle baie suksesvol bereik het, was om enige kritiek teen hulle organisasie as Anti-Semities te laat verklaar en dit moet ons dadelik verdag maak, omdat ons verbied word om self ondersoek in te stel. Jy mag dus nie vir jouself dink nie, maar moet aanvaar wat vir jou gesê word wat die waarheid is.
Die rede waarom hulle dit gedoen het, is dat hulle nou enige iets kan doen, reg of verkeerd, en as iemand hulle optrede sou kritiseer, word daardie persoon beskou as Anti-Semities en word deur die gemeenskap gebrandmerk en in sommige gevalle, selfs vervolg.
As iemand sou beweer dat daar nie ‘n landing op die maan plaasgevind het nie, sal sommige mense hulle uitkryt as ‘n idioot en ander sal dalk met hulle saamstem. Hoewel dit ‘n geweldige belediging teen Nasa en die VSA is, is daar geen gevolge vir die beskuldigers nie, maar as daardie selfde persone sou beweer dat daar nie ses miljoen Jode in die oorlog gesterf het nie, word hulle vervolg, hoekom? Ongeag of dit gebeur het of nie, waarom mag daar nie verskil word met hulle stellings nie?
Die maanlanding is ‘n meningsverskil oor wat werklik gebeur het, maar die ses miljoen Jode is ‘n moontlik ontbloting van ‘n sameswering wat geweldige gevolge gaan hê vir die persone wat baat vind daarby en daarom word bespreking en debatte verbied. Die waarheid word dus verbied, want die gevolge daarvan sal katastrofies wees vir die leuenaars.
‘n Regter in ‘n regsbank soek altyd na ‘n motief om te sien of die beskuldigde dalk skuldig is of nie. Enige regter sal na hierdie saak van die Sioniste kyk en dit dadelik baie verdag vind, maar omdat dit verbied word om selfs daaroor te dink, doen nie eers die mees regdenkende mense dit nie. Slegs hier en daar is daar iemand wat wakker geword het.
Nog ‘n voorbeeld van so ‘n onderwerp is die verskil tussen rasse, dit mag nie bespreek word nie en die aanvaarde waarheid is die enigste opsie. Enige persoon wat sien dat rasse altyd verskil, en dit waag sê, word van rassisme beskuldig, gebrandmerk, of selfs vervolg, hoekom?
Hoewel rasse ooglopend verskil en verskillende eienskappe besit, wat deur die kleur van hulle vel geïdentifiseer kan word, mag dit onder geen omstandighede erken word nie. Daar mag nie studies gedoen word om die verskille op grond van ras te verklaar nie en vorige studies wat reeds gedoen was, se gevolgtrekkings moet verbied word, waarom? Is daar ‘n verskuilde agenda en word dit dalk deur die bevoordeeldes beskerm sodat hulle hul doel kan bereik?
In Suid Afrika het ons so pas deelgeneem aan ‘n “dertig-jaar eksperiment”, maar niemand mag na die resultate van die eksperiment kyk en gevolgtrekkings maak nie. Ons mag nie vir onsself dink nie en daarom is dit vir ons moeilik.
Hierdie eksperiment se gevolg was dat die swart nasie, wat ’n eerstewêreld-land (met assessering en opleiding) van ‘n wit nasie ontvang het, daardie eerstewêreld-land laat verval het tot die swakste voorbeeld van ‘n derdewêreldse-land. Hierdie gebeure het baie van ons van begin tot einde gesien en beleef, maar om dit op te let en uit te wys, word beskou as rassisme.
Natuurlik is Suid Afrika nie ‘n uitsondering nie, maar dieselfde eksperiment het in baie Afrikalande gebeur. Jare terug het Europeërs na verskillende lande in Afrika gegaan, ongeag hulle bedoeling. Hulle het ‘n kontinent gevind wat nog glad nie ontwikkel was nie en die bewoners het selfs nie ‘n taal gehad wat hulle kon opskryf nie.
Die Europeërs was altyd wit van gelaat en die Afrika nasies was altyd swart. Met hulle aankoms in Afrika het hulle onmiddelik begin om die kontinent te ontwikkel en binne ‘n kort tydjie was daar in Afrika vooruitgang. Die Europeërs het nie hulle vaardighede by iemand anders geleer nie, maar dit is wat hulle uniek maak, hulle vind dinge uit. Afrika se bewoners daarenteen vind nie dinge uit nie… Niks nie.
Hierdie waarneming wat nou bespreek word, sal deur wit en swart nasies waargeneem kan word, maar dit word as rassisties beskou en mag nie gedoen word nie, want daar is ‘n ander agenda wat voordeel daaruit trek dat rasse nie onderskei mag word nie. Die woord rassisme het egter ook so ontaard dat niemand meer seker is wat die definisie daarvan is nie, en daarom word dit net so gemaklik gebruik vir ‘n aanklag, soos Anti-Semities.
Die res van die waarneming van die eksperiment is dat die Europeërs later weer Afrika verlaat het en die tegnologie en vooruitgang wat hulle Afrika toe gevat het, het of stagneer, of ten gronde gegaan. Weereens is dit nie die uitsondering tot een geval nie, maar in alle gevalle. Wat sal gebeur as ons dit kan erken en daarvolgens kon optree?
Die opskrif van hierdie lesing is: Onderskei die By en die Vlieg. Is ‘n by en ‘n vlieg dieselfde insek? Volgens die kriteria wat gebruik word om te bepaal of Europeërs en mense van Afrika dieselfde is, is hulle dan ook dieselfde.
Dis belaglik om te sê ‘n by en ‘n vlieg is dieselfde. Enige mens weet mos hulle is nie dieselfde nie en kan mos op grond van hulle voorkoms onderskei word. Dis belaglik om te sê ‘n Afrikaan en ‘n Europeër is dieselfde. Enige mens weet mos hulle is nie dieselfde nie en kan mos op grond van hulle voorkoms onderskei word.
Niemand wil egter die vlieg wees nie, want dit is minderwaardig, maar ongeag wie die vlieg is, verskil rasse soos hierdie insekte verskil. Albei is ewe groot en lyk baie dieselfde, maar daar is duidelike waarneembare verskille, nie net in die uiterlike voorkoms nie, maar veral in die vermoë van elkeen.
‘n By maak ‘n korf en vervaardig heuning. Vlieë kan nie dit doen nie, hulle het nie die vermoë om heuning te maak nie. Rasse is ook verskillend geskape met verskillende doele. Wanneer ‘n karkas van ‘n dier in die veld lê, vat dit die vlieë net ‘n paar dae om daardie karkas op te ruim. Bye kan dit nie doen nie, hulle is nie daarvoor gemaak nie.
Dertig jaar terug het die wêreld “elite” die bye in Suid Afrika verplig om hulle korf aan die vlieë te oorhandig en hulle het aan die vlieë gesê om aan te gaan met heuning maak. Dit is nou dertig jaar later en vlieë doen waarvoor hulle gemaak is, hulle het die byekorf opgeruim soos wat hulle ‘n karkas sal opruim. Dit is waarvoor hulle gemaak is.
Nêrens in Afrika kry die vlieë heuning gemaak nie en omdat hulle heeldag in die korf rond is, gaan meeste van hulle van honger dood, want hulle ruim nie meer die karkas in die veld op nie. Dit is die gevolg as mense God probeer wees en ingryp met sy skepping omdat ons reken Hy het dit nie reg gedoen nie.
Is dit dan nie onregverdig dat party mense bye is en ander vlieë is nie. Dit is mos ‘n belediging? Sulke opmerkings kom van mense wat reken God is onregverdig en dit was al reeds in die tyd van Paulus gesê.
Romeine 9:15-23 Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. (16) So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. (17) Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. (18) So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. (19) Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? (20) Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? (21) Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? (22) En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, (23) juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid,
Ons wat beweer dat dit onregverdig is, weet niks nie, want vir ‘n by is dit lekker om ‘n by te wees en vir ‘n vlieg is dit lekker om ‘n vlieg te wees. Dit is egter belangrik om te onthou dat dit nie vir ‘n vlieg lekker is om ‘n by te wees nie, net soos wat dit nie vir ‘n vrou lekker is om ‘n man se rol te vervul, net omdat sommiges meen dat dit onregverdig is om ‘n vrou te wees, nie.
Maar daar is ‘n bybedoeling. Net soos met die Anti-Semitiese propaganda wat nie bespreek mag word nie, is daar ‘n bybedoeling met rassisme se propaganda.
Hierdie lesing was net vir mense wat die vermoë het om self te kan dink en nie afhanklik is van die meerderheid se siening nie. Toets jouself. Kan jy na die gebeure voor jou oë kyk en self redeneer en besluit wat die waarheid is, of glo jy die meerderheid ten spyte van die ooglopende teendeel?
Natuurlik is daar ook die onder ons wat ‘n verskuilde agenda het, maar hulle is nie opreg nie.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

‘n Verbondsgod (2025)
Banie Swanepoel:
Die Almagtige maak ‘n verbond met Noag en met al die mense wat uit hulle voort sou kom en volgens hierdie verbond sal Hy nooit weer die aarde met water vernietig nie.
- Hierdie verbond (Sondvloed-Verbond) kom van God en is sy inisiatief en is nie van menslike insette afhanklik om dit geldig te hou nie.
- Hierdie verbond is ‘n ewige verbond en het nie ‘n vervaldatum nie.
- Omdat God met ons hierdie verbond gemaak het, glo ons dat dit nie weer sal gebeur nie, omdat ons Hom vertrou en glo dat Hy nie ‘n leuenaar is nie.
- Die teken van die verbond is die reënboog.
Die Almagtige maak weer ‘n verbond, maar hierdie keer nie met alle mense van die aarde nie, maar met Abraham. Abraham leef na Noag rondom die tyd van die toring van Babel. Hy maak nie net met Abraham ‘n verbond nie, maar Hy bevestig dit met ‘n eed.
- Hierdie verbond is apart van die eerste verbond wat God met Noag gemaak het en het geen verbintenis met dit nie.
- Volgens hierdie verbond wat God met Abraham maak, kies God hom uit om vir hom ‘n God te wees en hy en sy nageslag sal vir God ‘n volk wees.
- Net soos die verbond met Noag, is dit ‘n ewige verbond en het nie ‘n vervaldatum nie.
- Net soos die verbond met Noag, is die verbond God se inisiatief en niemand hoef iets te doen om hierdie verbond geldig te maak, of in stand te hou nie.
- Saam met die verhouding wat voortspruit uit die verbond, maak God ook beloftes aan Abraham, bv. hy sal ‘n groot nageslag hê en hy en sy nageslag sal die land Kanaän beërwe as hulle land, tot in ewigheid.
- Die teken tussen hulle vir die verbond is die besnydenis van manlike babas.
Génesis 17:7-8 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. (8) En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.
Van die dag af dat God hierdie verbond met Abraham gemaak het, was Hy Abraham se God. Later het hy ‘n seun (Isak) gehad en toe was Vader ook Isak se God. Isak het ‘n seun gehad, Jakob, en YHWH was toe die God van Jakob. Jakob het twaalf seuns gehad en YHWH was toe die God van die twaalf seuns, en toe díe se seuns en so in hulle geslagte totdat die ewige verbond eindig.
Al hierdie kinders is die nageslag van Jakob, wie se naam verander was na Israel, en so staan al die nakomelinge van Israel bekend as “Israeliete”.
Hierdie Israeliete is uniek deurdat hulle uit al die geslagte op die aarde met die Almagtige ‘n verbond het. Hierdie is nie sommer net ‘n verbond nie, maar met hierdie verbond verbind God Homself vir ewig in ‘n verhouding met hierdie geslag. Die ontnugterende deel is dat Hy nog nooit weer met enige ander persoon so ‘n verbond gemaak het nie.
Wanneer die nageslag van Jakob hulle in Egipte as slawe bevind, roep hulle om hulp. Dit is nou reeds vier honderd jaar later en hulle roep na die God van hulle voorvaders, Abraham, Isak en Jakob, en Hy hoor hulle geroep omdat Hy met hulle ‘n verbond het. Geen ander nasie kan na húlle God om hulp roep nie, want Hy het met geen ander nasie ‘n verbond gemaak waarin Hy verklaar dat Hy hulle God is nie.
Die Egiptenare kon, as voorbeeld, Hom nie aanroep vir hulp tydens die tien plae nie, want die plae het juis van Hom af gekom, teen hulle, vir die Israeliete. Hy was nie die Egiptenare se God nie, maar Hy was hulle Vyand. Dit lyk onregverdig, maar dit is die verbond wat God gemaak het. Die Israeliete was nie beter mense as die Egiptenare nie, en die Egiptenare het ook nie oordadig sonde gedoen nie, maar God het ‘n verbond met die Israeliete gehad en toe hulle Hom aanroep, het Hy hulle uitgered.
Romeine 9:14-21 Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! (15) Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. (16) So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. (17) Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. (18) So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. (19) Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? (20) Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? (21) Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
Jesaja 43:3-4 Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. (4) Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
Toe hulle uit Egipte verlos word deur hulle God, kom hulle by die berg Sinai en daar bevestig God sy verbond aan hierdie massiewe volk wat ontstaan het uit die lendene van een man. By die berg Sinai gee hy ook aan hulle ‘n wet waarvolgens hulle moet lewe, sodat hulle bewaar kan word van die bose sondige werke wat vir die Israeliete natuurlik kom. ‘n Baie belangrike gebeurtenis is, is dat Hy ook die rede gee vir hierdie oënskynlike onregverdige optrede deur een volk te verlos, ten koste van ‘n ander.
Deuteronómium 7:6-8 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendoms volk te wees. (7) Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. (8) Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
God se verbond met Israel maak sy optrede altyd eensydig ten gunste van Israel. Hy het hulle lief en sal ander nasies vernietig ter wille van die Israeliete, omdat Hy nie die ander nasies liefhet nie.
Deuteronómium 7:1-2 As die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit verjaag: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies, meer en magtiger as jy; (2) en die HERE jou God hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie.
Wanneer die Israeliete ongehoorsaam aan God is, en ander gode dien ,sal Hy hulle tug, maar sy verbond met hulle sal Hy nooit verbreek nie, want dit is ‘n ewige verbond wat nie van hulle optrede afhang nie.
Jeremia 31:35-37 So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam: (36) As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd. (37) So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE.
Dawid was van hierdie eensydige liefdesverbond bewus en het die beginsels van God se ooreenkoms geken toe hy die reus, Goliat, tegemoet geloop het op die oorlogsveld. Dawid was totaal bewus daarvan dat God hom sal help ten koste van die reus, omdat die reus ‘n onbesnede Fillistyn is. Sy onbesnede toestand was ‘n aanduiding daarvan dat hy geen verbond met die Almagtige het nie en Dawid het in ‘n verbond met God gestaan.
1 Sameul 17:10 Verder sê die Filistyn: Ek daag die slagordes van Israel vandag uit! Gee my ‘n man, dat ons saam kan veg. 1Sa 17:32-33 En Dawid het aan Saul gesê: Laat die manne se moed tog nie ter wille van hom sink nie. U dienaar sal gaan en teen hierdie Filistyn veg. (33) Maar Saul het Dawid geantwoord: Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is ‘n seun, en hy is ‘n krygsman van sy jeug af. 1Sa 17:40-49 Daarop neem hy sy staf in sy hand en soek vir hom uit die spruit vyf gladde klippe uit en steek dit in sy herderstas wat hy gehad het, naamlik in die slingersak; en met sy slinger in sy hand het hy nader gekom na die Filistyn. (41) Ook die Filistyn het al nader en nader gekom na Dawid, en die skilddraer voor hom uit. (42) Toe die Filistyn opkyk en Dawid sien, het hy hom verag, omdat hy ‘n seun was—rooierig, met ‘n mooi voorkoms. (43) En die Filistyn vra vir Dawid: Is ek ‘n hond dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode. (44) Verder sê die Filistyn vir Dawid: Kom na my toe, dat ek jou vlees aan die voëls van die hemel en die diere van die veld kan gee. (45) Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het. (46) Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel ‘n God het. (47) Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee. (48) Toe die Filistyn hom dan klaarmaak en aldeur nader kom om Dawid te ontmoet, loop Dawid gou na die vegterrein om die Filistyn te ontmoet; (49) en Dawid steek sy hand in die tas en neem ‘n klip daaruit en slinger, en hy tref die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die grond val.
‘n Verbondsgod, deel 2 (11-05-2025)
As ons kan glo dat God met ons ‘n verbond het, sal ons kan reken op daardie verbond, maar as die verbond vir ons aangebied word op so ‘n manier dat ons niks daarvan verstaan nie, sal ons geen waarde in die verbond hê nie en nie daarin kan glo nie.
Indien mens vir die gemiddelde Christen vra wat is die verbond van God met ons, sal hulle sukkel om te antwoord, want dit het iets te doen met Abraham en die besnydenis, die nuwe verbond met die kerk en die doop, maar die met mý persoonlik te doen het, is ‘n raaisel.
Die verbond wat God met ons het is nie ‘n verborgenheid nie, maar dat Hy ons God is, en omdat Hy ons God is maak Hy in sy almag beloftes aan ons, ter wille van ons. Hy sal ons uitred as ons in gevaar is, want Hy is ons God. Hy sal in al ons behoeftes voorsien, na die rykdom van sy genade, want Hy is ons God. Hy sal ons bring na die land wat Hy aan ons beloof het, want Hy is ons God. Hy sal ons siele verlos uit die mag van die dood, deur in ons plek te sterf, want Hy is ons God.
Hy maak ‘n verbond met ons waarin Hy al hierdie dinge met ons ooreenkom, maar omdat ons nie sy hart ken nie, en omdat ons nie die verbond ken nie, en omdat ons nie weet wie Hy is nie en omdat ons nie weet wie ons is nie, gaan hierdie kosbare verbond by ons verby, omdat ons reken dit het iets met die kerk te doen, maar ons weet ook nie wat nie.
Die evangelie wat deur die kerke aangebied word is baie geheimsinnig en niemand is regtig seker hoe, wat werk met betrekking tot die verbond nie en daarom is daar geen krag in die verbond nie. ‘n Kontrak in ‘n maatskappy, of tussen twee lande, is die beginsels van hulle verhoudings en daar moet sekerheid wees wat die kontrak sê, sodat daar daarvolgens gehandel kan word. Ons het ‘n soortgelyke kontrak met die Almagtige, maar ons is totaal onkundig wat die kontrak is.
Indien ons kan besef dat God met elkeen van ons as individu ‘n verbond het, dat Hy ons God is en ons sy volk, dan sal ons geloof in Hom kan hê en op Hom kan vertrou. Wanneer ek op Hom vertrou vir uitkoms uit ‘n situasie, het ek geloof in my verbond met Hom, maar as die omstandighede vir my groter as die verbond in Hom is, sal ek Hom nie kan glo nie. As ek egter die verbond met Hom ken en in daardie verbond vertrou, ten spyte van die sienlike omstandighede, sal Hy my uitred omdat Hy met my ‘n verbond het en ek op die verbond met Hom vertrou.
As die Nuwe Verbond met die kerk gemaak is, wat van my? Waarop moet ek vertrou? As ek nie in die kerk is nie, beteken dit dat ek nie met God ‘n verbond het nie? Wat is die verbond met die kerk?
In die geskiedenis van Israel was daar baie triomf vir hulle gewees teen hulle vyande, omdat God hulle God was en die geveg vir hulle geveg het, maar daar was ook tye wat Hy hulle in die hand van hulle vyande oorgegee het, omdat hulle van Hom af weggedwaal het. Sy liefde en sy verbond het egter nooit teenoor hulle verander nie. Hoewel Hy toegelaat het dat ander nasies sy nasie verdruk, het Hy dan telkens daardie nasies gestraf, nadat Hy die Israeliete uit hulle hand verlos het.
Jeremia 46:27-28 Maar jy, my kneg Jakob, wees nie bevrees nie; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou kroos uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom verskrik. (28) Jy, o my kneg Jakob, wees nie bevrees nie, spreek die HERE, want Ek is met jou. Want Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.
Hoewel God met hierdie uitverkore geslag ‘n verbond het om hulle God te wees en hulle sy volk, is die verbond nie goed genoeg om hulle siele te red van die ewige dood nie en daarom maak Hy met hulle ‘n nuwe verbond.
Jeremia 31:31-34 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; (32) nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. (33) Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. (34) En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.
Dit is uiters belangrik om te sien dat die Nuwe Verbond met dieselfde mense gemaak is. Die oorspronklike ewige verbond, was met Abraham, Isak en Jakob gemaak, en hulle kinders wat die huis van Israel en die huis van Juda geword het. In die verbond het God gesê dat Hy vir hulle ‘n God sal wees en hulle sal vir Hom ‘n volk wees, en dit was so. Nou, met die Nuwe Verbond bly dit nog net so van krag, maar die Nuwe Verbond is nou ook in staat om hulle siele te red.
Die Ou Verbond wat Hy met Israel gemaak het, het hulle tydelik onder bewaring gehou totdat die verbond gekom het wat in staat is om hulle siele te red.
Galásiërs 3:23-25 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. (24) Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. (25) Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie.
Die loon van die sonde is die dood. Die uiteinde van die sonde is die hel, maar met die Nuwe Verbond het Hy die sonde van sy volk op Hom geneem, deurdat Hy in hulle plek gesterf het.
Lukas 1:67-68 En Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê: (68) Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het,
Lukas 1:76-77 En jy, kindjie, sal ‘n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak; (77) om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes,
Hebreërs 2:17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.
Beteken dit dan dat Hy sy lewe gegee het vir net die Jode? Nee, die wat hulle self vandag Jode noem, is nié die Israeliete wat met God ‘n verbond het nie.
Openbaring 2:9 Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.
Openbaring 3:9 Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.
Na sy opstanding uit die dood, verskyn Yahshua aan sy dissipels en gee hulle ‘n sending-opdrag. Niks in die Bybel is toevallig opgeskryf nie en baie van ons het al gewonder waarom Paulus, wat die evangelie aan die heidene verkondig het, se sendingsreise so in detail opgeskryf was. Waarom is dit belangrik dat ons moet weet waar hy sendingwerk gedoen het?
Omdat die Israeliete uit hulle land weggevoer was, en nog nie weer terug gegaan het nie, moes Paulus, en die ander Apostels, na hulle toe gaan om vir hulle die evangelie van verlossing deur, God se nuwe verbond met hulle, te bring. Hy gaan na die bereikbare lande toe waar die Israeliete was: Griekeland, Italië, Switserland, Spanje.
Ons voorvaders kom ook van daardie lande af en dit maak ons deel van daardie uitverkore volk waarmee Vader ‘n verbond het. Net soos wat God die Israeliete van die eerste verbond ‘n opdrag gegee het om sy verbond te hou, net so kry ons ook nou ‘n opdrag.

‘n Verbondsgod, deel 3 (18-05-2025)
Onderskeiding is nie net om reg van verkeerd te kan onderskei nie, maar ook om reg, van amper reg, te kan onderskei.
Paulus verkondig dus die evangelie aan die heidene, maar hy gaan na die lande wat ons vandag ken as Europa. Die tien stamme wat in verstrooiing gegaan het, het gedeeltelik in Europa beland en hy het geweet wie hulle is.
Jakobus 1:1 Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!
1 Petrus 1:1 Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië,
Ons voorvaders kom ook van daardie lande af en dit maak ons deel van daardie uitverkore volk waarmee Vader ‘n verbond het. Net soos wat God die Israeliete van die eerste verbond ‘n opdrag gegee het om sy verbond te hou, net so kry ons ook nou ‘n opdrag om sy verbond te hou. Hierdie evangelie is onbekend vir die hele wêreld se mense en indien hulle dit iewers sou hoor, verwerp hulle dit sonder om dit eers te ondersoek, want dit is ‘n skande.
Die hele wêreld lê in die hand van die Bose en hele wêreld haat die ware evangelie, naamlik dat God ‘n uitverkore geslag het vir wie Hy lief is en dat Hy sy lewe gegee het om daardie uitverkore geslag van die ewige dood te red.
Hierdie wêreld het vir hulself ‘n menige predikers versamel om vir hulle ‘n evangelie te verkondig wat hulle in die gehoor streel, om hierdie wêreld wat in die hand van die Bose lê, geen aanstoot te gee nie. Die evangelie wat oral in die wêreld verkondig word, is ‘n evangelie wat die wêreld se heersers, die owerhede en die magte, goedkeur, maar dit is ‘n evangelie wat verskil met God se evangelie en wat Hom van sy eer beroof.
2 Timótheüs 4:1-5 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: (2) verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; (3) want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, (4) en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. (5) Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.
Génesis 17:9-10 Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag. (10) Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word—
Hoewel almal wat die nageslag van Jakob was, Israeliete was, was hulle nie deel van die verbond alvorens hulle nie besny was nie. God se verbond het dus bestaan, maar ‘n onbesnede persoon was nie deel van die verbond nie en sou nie saam met die ander Israeliete erf, tensy hy besny was nie.
Vandag het ons ook ‘n opdrag om sy verbond te hou, maar dit is nie dieselfde teken nie. Met die Nuwe Verbond moet ons weer gebore word, anders sal ons nie die saam met die ander Israeliete die ewige lewe erf nie.
Johannes 3:1-7 En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode. (2) Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. (3) Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (4) Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? (5) Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. (6) Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. (7) Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
Daar is vandag baie mense wat van hulle identiteit as Israeliete bewus word en wil dan deel van die verbond van God word, maar dan die eerste verbond te hou deur hulle te laat besny. Dit is dieselfde as wat Abraham sou dink hy is deel van die verbond met God en die teken daarvan is die reënboog. Die besnydenis het ‘n Israeliet deel gemaak van die eerste verbond, maar wedergeboorte maak ‘n Israeliet deel van die tweede verbond.
Wat van ander volke?
As ‘n nie-Israeliet hom laat besny het, het hy nie deel van die verbond met God geword nie en indien ‘n nie-Israeliet vandag probeer om weer gebore te word, word hy ook nie deel van die tweede verbond tussen God en Israel nie. Die inisiatief van die uitnodiging tot die verbond kom van God af en nie van die mense af nie.
Johannes 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Johannes 6:65-68 En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie. (66) Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie. (67) Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie? (68) En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.
In die tweede verbond is die besnydenis vervul deurdat ons harte besny moet word. Die besnydenis van ons hart is deel van wedergeboorte. Wanneer God my hart van klip verwyder en vir my ‘n hart van vlees gee, besny ek my hart deur my vlees se begeertes af te lê.
Kollesense 2:9-12 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; (10) en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; (11) in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, (12) omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.
Waarom is dit belangrik om te weet dat God ‘n verbond het en dat Hy met my, as deel van sy volk, ‘n verbond het?
- Om geloof in God te kan hê moet ek sekerheid hê in wat ek glo, maar as die inligting verwarrend is, sal ek nie kan glo nie. As ek nie kan glo nie, sal ek nie deur God gered word nie, want ons word deur ons geloof in Hom gered.
- As ek weet dat ek deel van sy volk is met wie Hy van die begin af ‘n verbond het, sal ek kan glo dat die beloftes wat Hy aan Israel gemaak het, direk op my betrekking het. As ek dit nie weet nie en dink ek is deel van ‘n kerk wat eintlik verbondlose heidene is, wat hulle tot God bekeer het, wat uit genade aangenome kinders geword het, maar sy eintlike volk is die Jode, vir wie Hy eintlik lief is, maar hulle ontken Hom, maar hulle gaan nog tot bekering kom en eintlik is die beloftes net vir hulle, maar tog vir my ook?
Kyk na die volgende beloftes aan Israel en maak die saak uit met jouself of dit op jou van toepassing is of nie.
• Dit is beloftes wat direk deur God gemaak is aan Israel.
• Iemand wat nie deel is van die volk nie, kan nie daarop aanspraak maak nie.
• Almal wat deel van die volk is, het ‘n verbond met God en die beloftes is vir hulle.
• God maak dus beloftes en afhangende van wat ek glo ten opsigte van wie ek is, betreffende daardie beloftes, sal bepaal of daardie beloftes in my lewe sal realiseer.
Jesaja 41:8-14 Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend, (9) jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie. (10) Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. (11) Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom. (12) Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie—die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos ‘n nietige ding—die manne wat teen jou oorlog voer. (13) Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou. (14) Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel.
Is hierdie nageslag die Jode, of is dit dalk die kerkmense, of is dit die bekeerdes of is dit letterlik die nageslag van Jakob? Indien ons die saak kan uitmaak en sien dat dit die nageslag van Jakob is en dat ek persoonlik deel is van daardie nageslag en dat hierdie beloftes letterlik op my van betrekking is, sal ek kan glo dat dit vir my is.
Indien ek onseker is of dit vir die kerk is en ek is onseker vir watter kerk, maar dit is dalk vir die Jode, maar hulle is dan ook nie ‘n nageslag nie, sal ek nie kan glo wat God aan my belowe het nie en sy verbond aan my blyk tevergeefs te wees.
Jesaja 44:1-6 Maar luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het! (2) So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het! (3) Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge. (4) En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope. (5) Die een sal sê: Ek behoort aan die HERE; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan die HERE, en hom met die erenaam Israel noem. (6) So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.
Efésiërs 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
As ek nie kan glo nie, want die inligting is vir my te verwarrend, op grond van wát sal ek dan gered word? Die hele wêreld lê in die hand van die Bose en die Bose se hoogste prioriteit is om die ware Israeliete weg te hou van hulle verbond met God en die beloftes wat God aan hulle gemaak het, deur die verbond. God se verbond gaan deur ‘n letterlike geslag en die wêreld se evangeliste staan dit met alle mag teë, deur te preek dat dit nie deur ‘n geslag is nie.
Is dit so dat God gesê het…?
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

‘n Deugsame vrou. (27-04-2025)
Banie Swanepoel:
Génesis 2:18 Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.
Spreuke 31:10-11 Alef. Wie sal ‘n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale. (11) Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.
Vader het Adam geskape en gemerk dat Adam hulp nodig het. Hy het nie hulp nodig om hout te kap of ‘n beer te jag nie, maar Adam het ander hulp nodig. As Adam hulp nodig het om ‘n beer te jag, vra hy ‘n ander Adam, maar daar is hulp wat Adam nodig het wat net ‘n vrou mee kan help en dit is slegs die vrou met wie hy getroud is, wat hom kan help.
Om ‘n vrou te kry wat hom kan help is nie maklik nie, selfs al in Salomo se dae, want Hy vra: Wie sal ‘n deugsame vrou vind, want hulle is uiters skaars. Deugsaam beteken nie oulik en mooi nie, maar dit beteken dat sy deug vir die probleem wat Adam het. Hy het hulp nodig en sy deug as die oplossing van sy probleem en daarom is sy dan deugsaam.
Opsetlike sabotasie:
Vir die laaste vyftig, tot sestig jaar, was daar ‘n doelbewuste poging van die Satan om alle vrou deugniete te maak t.o.v. die mans. Dit wil sê, hulle deug nie as oplossings vir die hulp wat die man nodig het nie. Feminisme was doelbewus beplan met die doel om Adam se hulp weg te vat en dit was en is nog baie suksesvol. Die resultaat is dat beide die man en die vrou onvervuld en ongelukkig is.
Sestig tot sewentig jaar gelede al was vroue geleer, deur feminisme, dat hulle nie aan hulle mans onderdanig hoef te wees nie en dat hulle in alle aspekte aan hom gelyk is en dat hulle alles kan doen en bereik wat hy kan doen en bereik. Hierdie stelling klink selfs vir ‘n man reg, maar die gevolge hiervan is dat geen verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou meer vervulend is nie en dat dit lei tot geweldige spanning en onenigheid in die huwelik.
Feminisme verklaar dat mans en vrou presies dieselfde is, maar dit is nie die waarheid nie. Net soos wat hulle liggame ooglopend verskil, verskil hulle vermoë , hulle begeertes en hulle innerlike vervulling. Dit waarna ‘n man streef, is nie waarna ‘n vrou streef nie. Dit wat ‘n man vervul, verskil van dit wat ‘n vrou vervul.
Feminisme het opsetlik hierdie verskille verbloem en die vroue laat voel dat hulle minderwaardig is teenoor die mans en hulle is aangehits om in opstand te kom teen hulle eie begeerte, naamlik hulle eie innerlike vervulling. Vir die vrou het dit minderwaardig geword om ‘n vrou se rol te vervul en hulle was, en is, aangemoedig om die man se rol aan te neem en direk met hom te kompeteer.
Aanvanklik was vroue huiwerig en min van hulle het kans gesien om die tradisionele rol van die vrou te verlaat en die nuwe, sogenaamde, bevrydende rol van die korporatiewe vrou aan te neem, maar meeste vroue vandag is totaal oortuig dat dit die regte ding is om met die man te kompeteer in ‘n mans-wêreld.
Buiten dat die vrou nou in ‘n rol was waarvoor sy nie bekwaam was nie, en innerlik nie vervulling ervaar het nie, was die man nou sonder die hulp wat hy nodig het. Die tekortkominge wat God in Adam gesien het manifesteer nou in alle mans deur die hele wêreld, want daar is min deugsame vroue oor om die mans te help. Vroue is nie meer die hulp vir die man nie, maar het die kompetisie geword.
Dit mag dalk klink na ‘n beskuldiging teenoor die vroue, maar ons huidige vroue was opgevoed as onafhanklike sterk vroue wat hulle man moet kan staan en so ‘n vrou deug nie as hulp vir die man nie. Die hartseer is dat daar bykans geen deugsame vrou oor is wat weet hoe dit is om ‘n man se hulp te wees nie, want niemand het hulle geleer nie, maar hulle was geleer om met die man te kompeteer.
Sê ek dan dat die vrou ter wille van die man gemaak was? Ja, dit is nie ek wat dit sê nie, maar God wat dit sê: 1 Korinthiërs 11:8-9 Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man. (9) Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man.
Is die vrou dan minder werd as die man? Nee, beslis nie, maar sy het ‘n ander rol om te speel in hierdie lewe. Aan die einde van hierdie lewe is daar nie meer man of vrou nie. Ons sal soos die engele wees, maar in hierdie lewe is daar sommige van ons wat mans is en ander wat vroue is. Wie mans is en wie vroue is word slegs deur God bepaal en ons kan self besluit of ons met sy besluit tevrede is en of ons daarteen rebelleer.
‘n Vrou wat daarmee tevrede is dat God haar as ‘n vrou geskape het, behoort dan gehoorsaam te wees aan haar vroulike rol en aan haar man onderdanig te wees en vir hom ‘n hulp te wees.
Die ironie is dat daar geen verheerliking daarin is om ‘n man te wees in plaas van ‘n vrou nie, maar dit word net so aan ons aangebied deur die wêreldheersers, sodat ‘n vrou moet dink sy word ingedoen. Mans se lewens is nie noodwendig makliker en lekkerder as ‘n vrou se lewe nie.
Mans is geskape met ‘n sekere doel en is deur God bekwaam gemaak om hierdie mans-dinge te kan doen en vrou is geskape om vroue dinge te kan doen. ‘n Hamer is as ‘n hamer gemaak en kan hamerwerk doen. ‘n Byl is as ‘n byl gemaak en kan bylwerk doen. Hulle is in baie opsigte dieselfde, maar tog baie verskillend.
Hamers kan spykers in hout in slaan en met die byl se agterkant kan jy ook spykers in hout inslaan. Die byl is egter nie so effektief soos ‘n hamer nie, maar as jy die byl moet gebruik om spykers te slaan, kan jy. Byle kan egter ook hout kloof, maar hamers kan nie hout kloof nie. Mans is soos die hamer en vroue is soos die byl. Vroue kan met moeite in ‘n mans-wêreld oorleef, maar mans kan glad nie in ‘n vroue wêreld enige bydrae lewer nie. As ‘n vrou minderwaardig teenoor ‘n man voel, moenie, jy is baie begaafd vir dit waarvoor God jou gemaak het.
Terug na die oorspronklike doel van die skepping van die vrou, naamlik om vir die man ‘n hulp te wees. Die man se probleem was so groot dat God spesiaal ‘n ander tipe mens gemaak het om hom te help en nou is meeste mans hulpeloos omdat die meeste deugsame vroue weg is.
Omdat die vrou bekwaam gemaak is om die man se hulp te wees, is dit nie vir haar moeite om dit te doen nie en sy wonder ook nie hoe om dit te doen nie, want sy is so gemaak. Die feministe het egter vroue van ‘n baie jong ouderdom af opsetlik geleer om nie ‘n hulp vir ‘n man te wees nie, maar om met hom te kompeteer.
Nou lewe ons al reeds twee tot drie geslagte verder in die feministiese plan en die resultaat is ongelukkige huwelike wat meestal uitloop op egskeiding. Ten spyte daarvan dat jongmense weet hulle gaan ook swaar tye beleef in ‘n huwelik, trou hulle nog steeds. Hoekom? Omdat daar ‘n aantrekking tussen ‘n man en ‘n vrou is, in die wete dat hulle by mekaar hoort.
Wat ‘n tragiese situasie. Twee mense word lief vir mekaar, trou, vind die verhouding onuithoudbaar en skei dan weer, die een na die ander. Hoekom gebeur dit en hoekom hou ons aan met dit? Is dit dan nie beter om liewer alleen te bly nie?
Alleen is ook nie ‘n oplossing nie, want dit is ook ‘n baie onaangename situasie en daarom probeer mense alternatiewe maniere van saambly-verhoudings, wat ook net tot groot hartseer lei. Wat is dan die antwoord, of is huweliksverhoudings maar net ‘n mislukte poging van Vader se skepping?
Die antwoord is om dit te doen soos wat die Skepper van die mens dit gemaak het, maar daar is geweldige weerstand van die koninkryk van hierdie wêreld af vir enige persoon wat dit voorstel, of uitleef. ‘n Vrou wat haar onder die gesag van haar man stel, word juis deur ander vroue verkleineer en haar eie ma is soms die eerste om haar anders te probeer oortuig.
Haar ma se vrees is dat haar dogter mishandel of in die steek gelaat sal word en daarom leer sy haar dogter om nie op ‘n man te vertrou nie en nie van hom afhanklik te wees nie. Dit is ongelukkig ook so dat die ma’s gewoonlik reg is, maar nou sit ons met hierdie verhouding-situasie wat nie reggestel kan kan word nie.
Waarom neem die man dan nie die inisiatief om die herstel te begin nie, hy is dan tog die hoof van die huis? Dit is ‘n geregverdigde vraag, maar die probleem is, hy kan nie. Hy het nie die vermoë nie. Hy is juis die een wat die hulp nodig het en daarom van die vrou afhanklik is. Die hulp wat die vrou hom moet verskaf, is wat hy nodig het om die hoof van huis te kan wees. Sy vrou moet die pilare in hom bou waarop hy moet staan om te kan heers, maar as sy dit afbreek, kan hy nooit heers nie en as hy nie heers nie, sal sy nie onderdanig kan wees nie en dan is niemand gelukkig nie.
Hoe meer die vrou die tekortkominge (die man het ‘n hulp nodig) van die man kan aanvul en uitbou, hoe meer sal hy in die lewe triomfeer en hoe hoër sal sy hom kan laat uitstyg en hoe makliker sal sy aan hom onderdanig kan wees en hoe hoër styg sy saam met hom uit. Die fatale probleem is as sy bo hom uitstyg, dan tuimel sy wêreld in duie en as sy wêreld in duie stort, stort haar wêreld daarmee saam in duie.
Die vrou mag dalk nou voel dat sy haar hele lewe moet opoffer ter wille van haar man, maar haar innerlike vervulling is juis daarin om ‘n hulp vir haar man te wees. Vader het ‘n vrou gemaak om onder haar man se gesag te wíl wees. Hoewel feminisme vir ‘n vrou leer dat sy onafhanklik wil wees, is ‘n vrou se begeerte in haar hart om van haar man afhanklik te wil wees. Sy wil deur hom versorg en beskerm word, maar weet dit nie, omdat haar gedagtes besoedel is.
‘n Vrou wil opsien na haar man en hom eer, maar feminisme het vroue oortuig dat dit minderwaardig is om dit te doen. Wanneer ‘n vrou opsien na haar man en hom ondersteun in sy besluite, motiveer dit hom geweldig in dit wat hy doen omdat hy haar wil beïndruk. Die oomblik wat sy hom egter kritiseer en fout vind met wat hy doen, verdwyn sy motivering en gebeur die teenoorgestelde as wat die vrou probeer bereik het.
Efésiërs 5:33 In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig.
Wanneer die vrou die man eer, verander die man in ‘n persoon wat enige iets vir sy vrou sal doen, maar die oomblik wat sy hom nie eer in dit wat hy doen nie, verdwyn sy manlikheid en kan hy nie die man wees wat sy wil hê hy moet wees nie; ‘n man waarna sy kan opsien. Wanneer die vrou hom ondersteun in alles wat hy doen, eer sy hom. Wanneer sy hom prys by haar ouers en hulle vriende, eer sy hom. Wanneer hy opreg probeer om iets te doen, waarin hy nie noodwendig goed is nie en sy sien dit raak en prys hom daarvoor, eer sy hom. Wanneer sy hom by hulle kinders voorstel as die beste pa, eer sy hom. Wanneer sy hom op hierdie manier eer, sal hy net meer aandag aan aan hulle verhouding gee en alles in sy vermoë doen om haar nie teleur te stel nie.
Daar word gesê: Gelukkige vrou, gelukkige lewe, maar dit is verkeerd. Dit is gelukkige man, gelukkige lewe. Wanneer die man alles doen om die vrou tevrede te stel, kan die vrou nie opsien na hom nie, want sy is hoër as hy, want hy doen alles om haar tevrede te maak. As sy hom egter eer en hom onderdanig is, sal hy vanself uitstyg en sy sal na hom kan opkyk as haar leier en dit sal haar gelukkig maak, want sy het dan ‘n man wat sy kan ondersteun en volg.
Efésiërs 5:22-24 Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. (23) Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. (24) Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.
Onderdanig is nie ‘n moeilike woord om te verstaan nie. Dit beteken nie gelyk in die huwelik nie, maar die een is aan die ander een onderdanig. Die gemeente is nie gelyk aan Christus nie en die vrou is nie gelyk aan die man nie. Die gemeente het geen begeerte om aan Christus gelyk te wees nie, want dan is hulle God aan hulle gelyk en watter tipe God is dit? Hoe kan die vrou opsien na ‘n man wat aan haar gelyk is?
Wanneer ‘n vrou vir ‘n baas werk is sy hom onderdanig, want hy is die baas, maar wanneer sy by haar man kom is die betekenis van onderdanig skielik anders. Sy sal nie vir haar baas voorskryf wat om te doen nie en sy sal ook nie met hom raas as sy kantoor deurmekaar is nie. Sy sal hom nie kritiseer in sy optrede nie en sy sal hom nie teëgaan in sy besluite nie, want sy is hom onderdanig. Presies dieselfde geld vir haar man.
Wanneer ‘n man sien dat sy vrou onvoorwaardelik onderdanig aan hom is, tree hy baie verantwoordelik op, omdat hy dan alleen verantwoordelik is. As sy egter aan hom gelyk is, sien hy haar as mede-verantwoordelik en sy manlikheid in die verhouding word geneutraliseer.
Indien ‘n vrou haar man net één keer kritiseer, kan daardie een keer hulle verhouding vir jare negatief beïnvloed. ‘n Vrou wat haar man gereeld kritiseer sê indirek vir hom dat hy nie goed genoeg is nie en daardeur eer sy hom nie en sy vermoë om manlik teenoor haar op te tree in die verhouding, verdwyn.
‘n Ma is uiters versigtig wat sy vir haar kinders sê om nie skade in hulle opvoeding te veroorsaak nie, maar sy neem aan dat haar man sterk is en nie beïnvloed sal word deur kritiek nie, dit is ‘n groot fout. ‘n Opregte vrou se kritiek staan ten doel om ‘n man se verkeerde optrede te korrigeer, maar sy bereik die teenoorgestelde deurdat kritiek altyd ‘n uiters negatiewe reaksie by hom gaan veroorsaak. ‘n Vrou het egter die vermoë om met vroulikheid ‘n man se verkeerde optrede te korrigeer, sonder dat hy negatief daarteen sal reageer. ‘n Man kom voor asof sy vrou se woorde min invloed op hom het, maar intussen is hy uiters sensitief vir haar woorde en dit het ‘n geweldige invloed op hom.
‘n Vrou moet aan haar eie man onderdanig wees ter wille van haar verhouding met hom. Die oomblik wat sy ‘n ander persoon se gesag bo haar eie man se gesag aanvaar, is hulle verhouding se wind uit, al is dit haar eie pa. Sy mag ter wille van hulle verhouding onder geen ander man se gesag staan nie.
Sy mag ook met geen ander man ‘n vriendskapsverhouding sonder haar man teenwoordig hê nie, nie eers op sosiale media nie, dit haal die ook die wind uit hulle verhouding uit.
‘n Man is manlik as hy ‘n vroulike vrou het wat net aan hom onderdanig is en net sy goedkeuring wil hê. ‘n Manlike man wat in so ‘n verhouding met sy vroulike vrou staan, is onkeerbaar. ‘n Vrou mag nie haar man jaloers maak op ander mans deur haar vriendelike houding teenoor hulle nie, maar moet ander mans jaloers maak op haar man, deur haar verhouding met hom.
Indien ‘n vrou beleef dat haar eie vermoë baie beter as haar man se vermoë is, is sy in groot gevaar om hulle verhouding te laat misluk. Die oomblik wat sy bo hom uitstyg, is hulle huweliksverhouding verby. Hy is nie meer die manlike persoon in die verhouding nie en sy is nie meer die vroulike persoon in die verhouding nie.
Wat staan haar dan te doen as sy sien haar vermoë is beter as haar man se vermoë? Sy moet besef dat haar man se vermoë haar plafon is en sy mag ter wille van haar eie geluk, in die verhouding, nie by hom verby groei nie. Wat sy egter kan doen is om haar man se vermoë te verhoog op ‘n baie versigtige vroulike manier, sonder dat hy dit agterkom. Hoe hoër hy gaan, hoe hoër kan sy gaan.
Wat gebeur as ‘n man ‘n deugniet is en sy vrou is onderdanig aan hom en eer hom, maar hy bly ‘n swakkeling in die verhouding? Eerstens moes sy dan nie met hom getrou het nie, en tweedens, as sy wel met hom getrou het, volhard in haar getrouheid as ‘n deugsame vrou en Vader sal haar eer.
Efésiërs 6:5-8 Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus; (6) nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen (7) en met goedwilligheid die Here dien en nie mense nie, (8) omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang, of hy ‘n slaaf is of ‘n vryman.
1 Petrus 2:18-23 Diensknegte, wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is. (19) Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly. (20) Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly—dit is genade by God. (21) Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg; (22) Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; (23) wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel;
‘n Vrou se magtigste wapen in die huwelik is haar vroulikheid en haar mees vernietigende optrede is om met haar man te kompeteer vir gesag. Vroulikheid en onderdanigheid is tot haar eie voordeel.
Spreuke 31:10-12 Alef. Wie sal ‘n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale. (11) Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie. (12) Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE
SPREUKE 31: 10 – 31 Wie sal ‘n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie. Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande. Sy is soos die skepe van ‘n handelaar—van ver af bring sy haar brood in. En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies. Sy dink na oor ‘n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy ‘n wingerd. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig. Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas. Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige. Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof. Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit. Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars. Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar: Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; ‘n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word. Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poorte.

Is dit nou die einde van die Boervolk? (2025)
Banie Swanepoel: Die blankes in Suid Afrika, en veral die Afrikaner blankes, is nie welkom in hulle eie land nie, maar word deur die ander rasse gehaat en dit word openlik gesê.
001 – Is dit nou die einde van die Boervolk? (13-04-2025)
Die blankes in Suid Afrika, en veral die Afrikaner blankes, is nie welkom in hulle eie land nie, maar word deur die ander rasse gehaat en dit word openlik gesê.
Die amptelike regering verklaar dat grond by die blankes weggeneem moet word om aan “ons” mense gegee moet word. Die blankes is dus nie deel van die sogenaamde “ons” mense nie, maar word na 400 jaar nog beskou as kolonikuste. Hoewel die swart nasies in Afrika geen geskiedenis kan ophaal nie, is hulle bewering dat alle grond in Afrika aan hulle behoort, omdat hulle nog altyd in Afrika is.
Byeenkomste, met meer as 50 000 deelnemers, sing liedere wat die menigtes aanhits om die Boere te skiet en daarom is plaasmoorde al normaal in Suid Afrika. Hierdie liedere wat die moord op die blanke aanhits, was in die hof verdedig, maar die hof het beslis dat dit gedoen mag word.
Daar is meer as 120 amptelike landswette wat openlik diskrimineer teen die blankes van Suid Afrika en nog strenger wette word beplan. Grondonteiening sonder vergoeding word gemik teen die blankes wat nog op plase bly, om hulle grond ook weg te neem. Nadat Amerika hierdie gebeure aan die wêreld bekend gemaak het, word die blanke in Suid Afrika nog meer gehaat deur die res van die inwoners in Suid Afrika.
In 1994 het die blanke regering van Suid Afrika ‘n eerste wêreld land oorhandig aan ‘n swart regering wat dit net geplunder en vernietig het vir eie belang, sodat daar vandag net ‘n leë dop oor is. Energie- en watervoorsiening hang aan ‘n draadjie en dit is vir die swart regering geen abnormaliteit nie, omdat hulle geen sin vir verantwoordelikheid het nie. Paaie en ander vervoer is ook op hul einde. Die weermag bestaan nie meer nie en ons het ‘n lugmag sonder vliegtuie.
Wanneer die blankes hierdie vernietiging van instansies waarneem, probeer hulle hul eie inisiatief gebruik om alternatiewe te skep soos skole, universiteite en selfs dorpe, maar omdat dit dan die ander inwoners van die land tot skande is, wil hulle dit met alle mag vernietig.
Hoe het ons tot in hierdie toestand gekom?
Omdat ons as blankes geïndoktrineer en gebreinspoel was, reeds in die tagtiger jare, naamlik deur te verklaar dat alle rasse dieselfde is, is ons as blankes nou verbaas oor wat nou in die land gebeur, maar die swart rasse wat die land moet bestuur vind geen fout met dit wat gebeur nie, vir hulle is dit normaal. Ons as blankes se verwagting is nog steeds dat hulle op ‘n stadium moet agterkom hoe die lewe werk en waarmee hulle besig is en dan verander en dan die land regruk en reg bestuur, maar hulle kan nie, hulle het nie die vermoë nie. Hulle is anders as ons en ons is nie dieselfde as hulle nie.
Hierdie feit het homself oor die laaste 30 jaar openbaar en tog kan meeste mense dit nog nie sien nie. Nêrens in Afrika het dit anders gewerk nie en hier sal dit ook nie gebeur nie. Ons as blankes wat nie in armoede wil bly nie, werk elke dag lang ure om dit te voorkom, maar die swart ras gee nie om om in armoede te bly nie, want dit is vir hulle normaal. As daar nie elektriese krag is nie, gebruik hulle net ‘n kers. As daar ‘n sinkgat in die pad is, maak hulle net die pad toe. As daar nie genoeg geld vir die regering is om die land te bestuur nie, maak hulle net die belasting meer.
Net soos wat mans en vroue nie dieselfde is nie, is rasse nie dieselfde nie, maar die liberalis probeer ons daarvan oortuig dat nie so is nie. As ons kan wakker word en die waarheid sien, sal die waarheid ons vry maak. Omdat mense gemaklik is in ‘n gemaksone, wil hulle gewoonlik nie die waarheid weet nie, want dit is ongemaklik, maar omdat omstandighede in ons land so haglik raak, is die gemaksone besig om ongemaklik te word en daarom begin al meer mense bereid word om alternatiewe waarheid te oorweeg.
Die CIA het jare gelede al ‘n eksperiment gedoen waar hulle 15 mense getoets het, maar 14 van hierdie mense was CIA-agente wat deel van die toetsers was. Aan al 15 “deelnemers” is ‘n tekening van ‘n driehoek gegee en hulle moes dan sê wat hulle sien. Al 14 die agente het eerste gesê dat dit ‘n sirkel was, hoewel dit ‘n driehoek was.
Die 15de persoon was die enigste een wat nie ingelig was nie en was dan verbaas dat almal sê dit is ‘n sirkel, hoewel dit ‘n duidelike driehoek was. Omdat almal gesê het dat dit ‘n sirkel was, het die 15de persoon nie kans gesien om met almal te verskil nie en het dan gesê dat dit ‘n sirkel is. Almal kan tog nie verkeerd wees nie, daar is seker fout met my en ek wil nie hê die mense moet dink ek is mal nie.
Bykans nooit het dit gebeur dat iemand as die uitsondering sou erken dat dit ‘n driehoek is nie, hoewel dit ‘n duidelike driehoek was. Hierdie konsep is dan deur die CIA toegepas om die massas van ander sieninge te oortuig, deur die media in te span en oor en oor te sê wat waarheid volgens hulle is, hoewel dit dan ‘n volkome leuen was.
In Suid Afrika was hierdie tegniek ook deur dieselfde CIA toegepas en meeste mense het net aanvaar wat deur die koerante, TV, skole, universiteite en veral predikante gesê was. Hierdie instansies het almal saamgespan om die blanke ras, wat altyd geweet het hulle is anders, te oortuig dat hulle dieselfde as alle ander rasse is.
Vir sesduisend jaar was apartheid normaal, anders sou daar nou al net een ras gewees het, maar met hulle metode het hulle ons almal gekondisioneer om te aanvaar dat apartheid ‘n skande is. Almal aanvaar dat apartheid verkeerd is, maar niemand weet hoekom nie. Almal aanvaar dat ons maskers moet dra vir die virus, want al die dokters en media sê so.
Daar is egter die enkeling wat hierdie indoktrinasie ‘n myl vêr sien aankom en dadelik weet dit is ‘n driehoek en dadelik sê dit is ‘n driehoek, omdat hulle nie bereid is om net te glo wat almal sê die waarheid is nie. In ons Boere Afrikaner gemeenskap is heelwat sulke mense en nog meer van hulle word wakker uit die beswyming waar in hulle geplaas was deur die Dominee en ander media.
Wat het dit te doen met ons tema? Die Bybel sê die waarheid sal ons vry maak en almal wat onder die betowering van die wêreldheersers kan uitkom, is kandidate om by die waarheid van God se Woord te kan uitkom. Dit is ‘n ongewilde pad, want jy is die een wat die driehoek sien en dan erken dat dit ‘n driehoek is. Almal wat bang is om die waarheid te erken, sal dan saam met die wat die leuens versprei spot dryf met die enkeling wat by die waarheid staan.
So wat is dan die waarheid wat ons vry sal maak?
Omdat alle rasse nie deur God dieselfde gemaak is nie, verskil hulle in hoe hulle lyk en ook in hulle optrede en opvattinge wat nie kan en sal verander nie. God voel ook nie dieselfde oor al die rasse nie en hoewel die Bybel duidelik daaroor is, verander die predikante die Bybel om dit te verberg.
God het ‘n geslag uitverkies en met hulle ‘n verbond gemaak. Die implikasie is dat Hy nie met die ander geslagte op die aarde ‘n verbond gemaak het nie. Die indoktrinasie-masjien se boodskap verklaar dat almal voor God dieselfde en gelyk is, maar God verklaar dat almal nie voor Hom dieselfde is nie.
Exodus 11:7 Maar teen geeneen van die kinders van Israel sal ‘n hond sy tong verroer nie, van die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat die HERE ‘n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete.
God het met ‘n sekere geslag ‘n verbond (die eerste verbond) gemaak en toe Hy die tweede verbond maak, toe maak Hy dit weer met dieselfde mense.
Hebreërs 8:8 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,
Die eerste persone met wie God hierdie verbond gemaak het, was met Abraham, sy seun Isak en die se seun Jakob. God maak met húlle ‘n verbond en sê dat Hy húlle God sal wees en húlle en húlle nageslag sal sy volk wees. Húlle kan Hom aanroep in ‘n tyd van benoudheid en Hy sal húlle uitred. So het Hy met geen ander nasie gedoen nie.
Levítikus 26:12 En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ‘n God wees, en júlle sal vir My ‘n volk wees.
(Aan die ander nasies: Ek sal nie in júl midde wandel nie en nie vir júlle ‘n God wees nie, en júlle sal nie vir My ‘n volk wees nie.)
Die rede waarom God hierdie geslag van Abraham, Isak en Jakob uitverkies het bo al die ander nasies wat op die aarde is, is omdat Hy hulle lief het. Die implikasie is dat die nasies met wie Hy nie ‘n verbond het nie, Hy nie liefhet nie.
Deuteronómium 7:6-8 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendoms volk te wees. (7) Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. (8) Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
Omdat God met hierdie uitgesoekte volk ‘n liefdesverbond het, maak Hy beloftes aan hulle. Wanneer hulle in die nood is en hulle Hom roep, sal Hy hulle uitred. Hulle vyande is sy vyande en Hy sal hulle van hul vyande verlos.
Deuteronómium 33:29 Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? ‘n Volk wat deur die HERE verlos is, die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande julle al kruipende aan jou onderwerp; maar jy sal op hulle hoogtes stap.
Jesaja 43:1-4 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! (2) As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. (3) Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. (4) Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
Hierdie volk het ‘n groot voorreg om ‘n Almagtige God te hê wat al hulle vyande beskou as sy Eie vyande. Deur die eeue het Hy hulle uit al hulle benoudhede gered en tot vandag doen Hy dit nog, maar wie is hierdie volk vandag en wat het dit met die bedreigde Boere Afrikaners in Suid Afrika te doen.
Daar is ‘n groot waarheid wat vir ons weggesteek word deur die propaganda-masjien en as ons hierdie waarheid weet, sal dit ons vry maak. Die propaganda-masjien sê elke dag en heel dag op elke moontlike media dat die driehoek ‘n sirkel is en net die wat bereid is om uit te staan uit die massas, sal die waarheid kan sien.
In die jaar 1838 is die Boere Afrikaners van vandag, se voorouers in ‘n lewensgevaarlike situasie toe minder as 400 van hulle oorlog moes maak teen meer as 20 000 Zoeloes. Die Boere roep tot die God van hulle voorvaders en Hy hoor hulle stem en verlos hulle soos wat Hy nog altyd deur die eeue gedoen het. 10 000 Zoeloes sterf en nie een van die Boere nie.
God sê dat Hy die God is van net een geslag op die aarde en hier word een volk verlos, deur ‘n wonderwerk, ten koste van ‘n ander volk, en nog steeds wonder ons wie die uitverkore geslag is wie tot God kan roep en Hy hulle dan uit red.
Jesaja 43:3 Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
Romeine 9:17-21 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. (18) So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. (19) Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? (20) Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? (21) Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
Die propaganda-masjien kry dit al vir baie eeue reg om hierdie waarheid weg te hou van hierdie uitverkore geslag waarvan die Boere-Afrikaners deel is. Vandag is ons die nageslag van hierdie mense wat deur God gered was en daarom staan ons met Hom in dieselfde verhouding as hulle. As ons Hom aanroep, sal Hy ons uitred. Dit maak nie saak hoe groot die teenstanders is nie.
;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;
002 – Is dit nou die einde van die Boervolk? (20-04-2025)
Slegs wanneer ons weet ons het ‘n God wat met ons ‘n verbond het en Hy het nie met ons vyande ook ‘n verbond nie sal ons in staat kan wees om in Hom te kan glo en op Hom te kan vertrou. As Hy met ons vyande ook ‘n verbond het hoe sal ons op Hom kan vertrou vir verlossing, want dalk verlos Hy hulle eerder a ons ten koste van ons. Die uitkoms van hierdie gedagte in ons hart sal ons vertroue en geloof in God bepaal.
As God se volk, met wie Hy ‘n verbond het, in Hom glo en tot Hom roep om hulp sal Hy hulle uitred. As God se volk se vyande tot Hom roep vir hulp, sal Hy hulle nie uitred nie, want Hy het geen verbond met hulle nie. Sy eie volk weet dan dat hulle op Hom kan vertrou, want Hy het reeds hulle kant gekies, omdat Hy met hulle ‘n verbond het.
Die owerhede, die magte, die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu en die Bose geeste in die lug weet dit en daarom is dit by hulle hoogste prioriteit dat die volk van God dit nie moet weet nie en veral nie moet weet dat hulle sy volk is en dan met Hom ‘n verbond nog ook het nie. Hulle mag nie weet dat hulle die uitverkorene uit al die volke wat op die aarde is, is nie en dat die Almagtige Skepper met hulle ‘n verbond het nie, maar hulle moet so min as moontlik weet en so gou as moontlik onder die indruk geplaas word dat alle volke voor God gelyk is en dat Hy geen onderskeid maak nie.
Jesaja 5:13 Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.
Hoséa 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp,
Die propaganda-masjien het ‘n paar wapens om die ware Israeliete weg van die verbond wat hulle met die Allerhoogste het, te hou.
- Hulle weet niks van die verbond en die uitverkiesing af nie. Hou hulle besig met ander onderwerpe.
- Hulle word geleer dat die Nuwe Verbond met die kerk gemaak is en dat die kerk die bruid van Yahshua is
- As hulle nuuskierig raak oor die uitverkiesing, word hulle geleer dat die Jode die uitverkore volk van God is, hoewel die Bybel sê dat hulle wat sê dat hulle Jode is, lieg, maar is in werklikheid ‘n sinagoge van die Satan is.
Openbaring 2:9 Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.
Openbaring 3:9 Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.
Omdat God met die Israeliete ‘n verbond gehad het, kon hulle Hom aanroep in Egipte en Hy het hulle verhoor. Nie omdat hulle beter en groter as die ander volke was nie (hulle was die geringste), maar omdat Hy hulle lief gehad het en ‘n verbond met hulle gehad het.
Slegs wanneer ons kan ontsnap uit die leuen wat ons gevange hou in die kerker, sal ons in staat wees om in ons God te kan glo. Omdat die propaganda-masjien (deur die preekstoel) vir ons leer dat God verbonde maak en dit dan weer kanselleer en ‘n eed sweer en dit dan later weer laat vaar, veroorsaak dit dat ons vertroue in God verloor, omdat Hy nie getrou aan sy Woord is nie en dan is dit vir ons onmoontlik om in Hom te kan glo. As ons nie in Hom glo nie, sal ons Hom nie vertrou vir ons verlossing nie en sal dan op ons eie vermoë probeer staatmaak.
Jeremia 33:24 Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie.
As ‘n vriend jou belowe om jou te kom help trek en hy daag nie op nie en later sê hy dat iets anders voorgeval het, sal jy vanselfsprekend volgende keer twyfel of hy gaan opdaag. As Hy weer nie opdaag nie, sal jy moeilik in hom kan glo, want sy woord is nie veel werd nie. As God beloftes maak en nie daarby hou nie, hoe sal ons in enige van sy beloftes kan glo?
Génesis 17:7-8 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. (8) En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.
Exodus 2:23-25 En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God. (24) En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob. (25) En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken.
As God met ‘n eed aan Abraham belowe dat Hy vir hom en sy nageslag tot in ewigheid ‘n God sal wees, maar later laat vaar Hy die verbond en maak ‘n soortgelyke verbond met die kerk, is God se Woord dan betroubaar? Kan ons Hom glo as Hy belowe om ons te red wanneer ons deur ‘n dal van doodskaduwee gaan, of wanneer Hy sê Hy sal ons siel red van die hel? Hoe kan ons Hom dan vir die een belofte glo, maar Hy is onbetroubaar vir die ander?
Dawid was totaal oortuig dat hy die reus gaan verslaan omdat hy heeltemal bewus was van sy verbond met God. Hy het ook ‘n vaste vertroue gehad dat God getrou sal wees aan sy verbond, en dit is die definisie van geloof.
1 Samuel 17:26 Daarop het Dawid die manne wat by hom staan, gevra en gesê: Wat sal met die man gebeur wat hierdie Filistyn verslaan en die smaad van Israel wegneem? Want wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die lewende God durf uitdaag?
1 Samuel 17:36 U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het.
Dawid het ‘n verbond met die Almagtige gehad en die Filistyn het nie en daarom was die uitkoms van hierdie geveg vir Dawid geen verborgenheid nie. Dawid was heeltemal bewus daarvan dat hy ‘n seun is en dat die reus ‘n geoefende soldaat was. Verder het Dawid net ‘n slingervel gehad, waar die reus ‘n wapenrusting gehad het. Vir die normale menslike oog was Dawid op pad na ‘n gewisse dood, maar vir Dawid was hy op pad na ‘n ongetwyfelde oorwinning.
1 Samuel 17:43-51 En die Filistyn vra vir Dawid: Is ek ‘n hond dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode. (44) Verder sê die Filistyn vir Dawid: Kom na my toe, dat ek jou vlees aan die voëls van die hemel en die diere van die veld kan gee. (45) Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het. (46) Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel ‘n God het. (47) Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee. (48) Toe die Filistyn hom dan klaarmaak en aldeur nader kom om Dawid te ontmoet, loop Dawid gou na die vegterrein om die Filistyn te ontmoet; (49) en Dawid steek sy hand in die tas en neem ‘n klip daaruit en slinger, en hy tref die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die grond val. (50) So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met ‘n slinger en ‘n klip. En hy het die Filistyn verslaan en hom gedood alhoewel daar geen swaard in Dawid se hand was nie. (51) Daarop het Dawid gehardloop en by die Filistyn gaan staan en sy swaard geneem, dit uit sy skede getrek en hom van kant gemaak, en hy het daarmee sy hoof afgekap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood was, het hulle gevlug.
As gevolg van die verbond is God self betrokke by die geveg en gee Hy die oorwinning. Dit maak nie saak hoe klein Dawid is en hoe groot is die reus nie, die oorwinning is baie maklik vir YHWH.
Psalm 33:16-22 ‘n Koning word nie verlos deur ‘n groot leër, ‘n held nie gered deur groot krag nie. (17) Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie. (18) Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag; (19) om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood. (20) Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild; (21) want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou. (22) Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!
Gideon vat ‘n hele weermag om die Midianiete te verslaan, maar God bewys dat getalle niks beteken nie en dat dit glad nie die uitkoms bepaal nie, soos met die slag van Bloedrivier.
Rigters 7:2-4 Toe sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos. (3) Roep dan nou tog uit voor die ore van die manskappe en sê: Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai van die gebergte van Gílead af. Toe het daar van die manskappe twee en twintig duisend omgedraai, en tien duisend het oorgebly. (4) Daarop sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan—dié mag met jou saamgaan
Rigters 7:7 Toe sê die HERE vir Gídeon: Deur die drie honderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee; maar al die ander manskappe kan elkeen na sy woonplek gaan.
Rigters 7:22 En toe die drie honderd op die ramshorings blaas, het die HERE die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Seréda toe, tot by die oewer van Abel-Mehóla by Tabbat.
Sodra ons vry kan kom van die leuen wat ons gevange hou, sal ons in staat wees om die waarheid te glo. Dit wat ons van die waarheid weghou, is die potensiële skande wat ons mag oorkom. Sodra ons die waarheid glo, deur in ons God te glo, sal niemand teen ons kan staan nie en sal Hy ons van ons vyande verlos. Dit is nie die einde van die Boere-Afrikaners nie, want ons het ‘n God en ons het ‘n verbond met Hom.
Net Dawid het in God geglo en al die ander Israeliete het gebewe vir die reus, maar God het net een persoon nodig wat in Hom glo en dit kan enige een van ons wees. As almal Baäl wil volg en jy is die enigste een wat YHWH volg, laat dit so wees. Al die bewoners van die aarde sal die Draak aanbid, behalwe hulle wat die waarheid liefhet en die waarheid soek. Hulle alleen sal God vind, want God is waarheid.
Is die verbond waarlik op ons ook van toepassing?
Deuteronómium 4:25-31 As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in die land verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle ‘n gesnede beeld maak, ‘n gelykenis van enigiets, en doen u wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God om Hom te terg, (26) dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word. (27) En die HERE sal julle onder die volke verstrooi, en ‘n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die HERE julle sal drywe. (28) En daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie. (29) Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek. (30) As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister. (31) Want die HERE jou God is ‘n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.
Die keuse is elkeen van ons se eie. As ons bly glo in ‘n wêreldse God wat die God van ons en ons vyande is, sal ons nooit geloof in Hom kan hê om ons van ons vyande te verlos nie. As ons egter weet dat Hy ons God is en ons vyande is sy vyande, soos die reus was, dan sal Hy ons verlos van al ons vyande as ons Hom aanroep, want ons het ‘n verbond met Hom.
As my verhouding met die wêreld egter vir my belangriker is as my geloof in God, sal ek glo wat die propaganda-masjien (deur die preekstoel) vir my leer en hoewel ek dan by hulle gewild sal wees, sal ek nie die vermoë hê om in God te kan glo nie.
Filippense 2:12 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;
Joshua 24:14-15 Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die HERE. (15) Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE