Preke

Die duiwel. (06-07-2025)

Die duiwel. (06-07-2025)

Eségiël 28:1-26  Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:  (2)  Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here HERE: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is ‘n god, ek bewoon ‘n godewoning in die hart van die seë—terwyl jy tog ‘n mens is en geen god nie—en jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god;  (3)  kyk, jy is wyser as Daniël, alles wat verborge is, is vir jou nie te duister nie!  (4)  Deur jou wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf;  (5)  deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom;  (6)  daarom, so sê die Here HERE: Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god,  (7)  daarom, kyk, Ek bring vreemdes oor jou, die geweldigste nasies, en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid wat jou wysheid verwerf het, en jou glans ontheilig.  (8)  In die kuil sal hulle jou laat neerdaal, en jy sal in die hart van die seë die bittere dood sterwe van een wat verslaan is.  (9)  Sal jy werklik sê, in die aangesig van hom wat jou doodmaak: Ek is ‘n god! —terwyl jy tog ‘n mens is in die hand van hulle wat jou deurboor, en geen god nie?  (10)  Jy sal die dood van onbesnedenes sterwe, deur die hand van vreemdes; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE.  (11)  Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:  (12)  Mensekind, hef ‘n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid.  (13)  Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei.  (14)  Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes.  (15)  Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is.  (16)  Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut!  (17)  Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien.  (18)  Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek ‘n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.  (19)  Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het ‘n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie. 

Eségiël 31:1-18  En in die elfde jaar, in die derde maand, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:  (2)  Mensekind, sê aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy menigte: Na wie lyk jy in jou grootheid?  (3)  Kyk, Assur was ‘n seder op die Líbanon, skoon van takke en ‘n skaduryke bos en hoog van groei; en sy top was tussen die wolke.  (4)  Waters het hom grootgemaak; die watervloed het hom hoog laat groei, wat met sy strome gegaan het rondom die plek waar hy geplant was, en sy watervore uitgestuur het na al die bome van die veld.  (5)  Daarom het hy hoër gegroei as al die bome van die veld, en het sy takke baie geword en sy takkies lank, weens die groot waters toe hy uitgeskiet het.  (6)  Al die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke, en al die wilde diere van die veld het onder sy takkies aangeteel, en allerhande groot volke het onder sy skaduwee gaan sit.  (7)  En hy het skoon geword in sy grootheid, in die lengte van sy takke, omdat sy wortel by groot waters was.  (8)  Seders het nie naby hom gekom in die tuin van God nie, sipresse was nie soos sy takke nie, en platane het nie gehaal by sy takwerk nie: geen boom in die tuin van God was met hom te vergelyk in sy skoonheid nie.  (9)  Ek het hom mooi gemaak deur die menigte van sy takke, sodat al die bome van Eden wat in die tuin van God was, hom beny het.  (10)  Daarom, so het die Here HERE gesê: Omdat hy hoog uitgegroei het, en hy sy top tussen die wolke verhef het en hoogmoedig geword het oor sy hoogte,  (11)  sal Ek hom oorgee in die hand van die magtige onder die nasies; dié sal sekerlik met hom handel; vanweë sy goddeloosheid het Ek hom uitgedrywe.  (12)  Vreemdes, die geweldigste nasies, het hom afgekap en hom neergewerp; op die berge en in al die dale het sy takke geval, en sy takkies is stukkend gebreek in al die klowe van die land; en al die volke van die aarde het uit sy skaduwee weggegaan en hom so laat lê.  (13)  Al die voëls van die hemel het gaan sit op sy omgevalle stam, en al die wilde diere van die veld was op sy takkies;  (14)  sodat al die bome wat by water staan, nie hoog sou groei en hulle top nie sou verhef tussen die wolke nie, en hulle magtiges nie sou gaan staan in hulle hoogheid, almal wat water drink nie! Want hulle is almal oorgegee aan die dood om te gaan na die onderste van die aarde, onder die mensekinders, na die wat in die kuil neerdaal.  (15)  So sê die Here HERE: Op die dag toe hy na die doderyk neergedaal het, het Ek laat treur: Ek het om sy ontwil die watervloed oordek en die strome daarvan teruggehou, sodat die groot waters gestuit is; en Ek het om sy ontwil die Líbanon in swart gehul, en al die bome van die veld het gesmag om sy ontwil.  (16)  Deur die geluid van sy val het Ek die nasies laat bewe, toe Ek hom na die doderyk laat neerdaal het saam met die wat in die kuil neerdaal; en al die bome van Eden, die uitgesoektes en bestes van die Líbanon, almal waterdrinkers, het hulleself getroos in die onderste van die aarde.  (17)  Hulle het ook saam met hom neergedaal na die doderyk, na die wat verslaan is deur die swaard, ook sy helpers wat in sy skaduwee gesit het onder die nasies.  (18)  Na wie lyk jy so in heerlikheid en grootheid onder die bome van Eden? En tog sal jy neergewerp word saam met die bome van Eden na die onderste van die aarde; tussen die onbesnedenes sal jy lê, saam met die wat verslaan is deur die swaard. Dit is Farao en sy hele menigte, spreek die Here HERE.

Génesis 3:1-19  Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?  (2)  En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,  (3)  maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.  (4)  Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;  (5)  maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.  (6)  Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.  (7)  Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.  (8)  En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin.  (9)  Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?  (10)  En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.  (11)  En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?  (12)  En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.  (13)  Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.  (14)  Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.  (15)  En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.  (16)  Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.  (17)  En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.  (18)  Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet.  (19)  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

Job 1:6-12  En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom.  (7)  Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.  (8)  En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.  (9)  En die Satan antwoord die HERE en sê: Is dit verniet dat Job God vrees?  (10)  Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land.  (11)  Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het—waarlik, hy sal U in u aangesig seën!  (12)  Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE.

Lukas 4:1-8  En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei,  (2)  waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is; en Hy het niks geëet in dié dae nie; en toe hulle verby was, het Hy naderhand honger geword.  (3)  Toe sê die duiwel vir Hom: As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word.  (4)  Maar Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God.  (5)  Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd.  (6)  En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.  (7)  As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort.  (8)  En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

2 Korinthiërs 11:14-15  En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.  (15)  Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

Openbaring 2:10  Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.

Openbaring 12:3-4  En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;  (4)  en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het. 5  En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.  (6)  En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank. 7  En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;  (8)  en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.  (9)  En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.  (10)  Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.  (11)  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.  (12)  Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.

Openbaring 20:1-3  En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand.  (2)  En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank,  (3)  en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word. Opn 20:6  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank. 7  En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;  (8)  en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.  (9)  En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.  (10)  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.

1 Petrus 5: 6  Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. 7  Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. 8  Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. 9  Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is. 10  En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves! 11  Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Hou goeie moed. (2025)

Hou goeie moed. (2025)

Johannes 16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Romeine 8:22-28  Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.  (23)  En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.  (24)  Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog?  (25)  Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.  (26)  En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.  (27)  En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.  (28)  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Handelinge 20:22-25  En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie,  (23)  behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.  (24)  Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.  (25)  En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.

Lukas 12:22-59  En Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie.  (23)  Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.  (24)  Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!  (25)  En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?  (26)  As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge?  (27)  Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie.  (28)  As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges!  (29)  Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie;  (30)  want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.  (31)  Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.  (32)  Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.  (33)  Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.  (34)  Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.  (35)  Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand.  (36)  En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.  (37)  Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien.  (38)  En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte.  (39)  Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie.  (40)  Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie. 

Hou goeie moed. (b) 29-06-2025

 

Lukas 12: (41)  Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal?  (42)  En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee?  (43)  Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind.  (44)  Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.  (45)  Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word,  (46)  dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot maak van die ontroues.  (47)  En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word;  (48)  maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.  (49)  Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!  (50)  Maar Ek het ‘n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is!  (51)  Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.  (52)  Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie.  (53)  Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder.  (54)  En Hy het ook aan die skare gesê: Wanneer julle ‘n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom reën! en dit gebeur ook.  (55)  En wanneer julle die suidewind sien waai, sê julle: Dit sal gloeiend warm wees! en dit gebeur.  (56)  Geveinsdes, die voorkoms van die aarde en die lug weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan beoordeel nie?  (57)  En waarom oordeel julle ook nie uit julleself wat reg is nie?  (58)  Want terwyl jy met jou teëstander na die owerheid gaan, doen moeite op die pad om van hom los te kom; sodat hy jou nie miskien voor die regter sleep en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en die geregsdienaar jou in die gevangenis werp nie.  (59)  Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy ook die laaste oortjie betaal het nie.

Hábakuk 3:16-19  Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ‘n aanval maak.  (17)  Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie—  (18)  nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.  (19)  Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.

Daniël 6:23-24  My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie.  (24)  Toe het die koning baie bly geword en bevel gegee om Daniël uit die kuil op te trek. So is Daniël dan uit die kuil opgetrek sonder dat daar ‘n letsel aan hom gevind is, omdat hy op sy God vertrou het.

Daniël 3:15-27  As julle dan nou, sodra julle die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, bereid is om neer te val en die beeld wat ek gemaak het, te aanbid, goed; maar as julle nie aanbid nie, sal julle oombliklik binne-in die brandende vuuroond gegooi word, en wie is die God wat julle uit my hand kan verlos?  (16)  Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop ‘n antwoord te gee nie.  (17)  As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;  (18)  maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.  (19)  Toe het Nebukadnésar baie woedend geword en sy gelaatstrekke het verander teenoor Sadrag, Mesag en Abednégo; as antwoord het hy bevel gegee om die oond sewe maal warmer te maak as wat eintlik nodig was.  (20)  En aan sommige van die sterkste manne wat in sy leër was, het hy bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednégo te boei, om hulle in die brandende vuuroond te gooi.  (21)  Toe is daardie manne geboei met hulle mantels, hulle broeke en hulle tulbande en hulle ander klere aan, en hulle is binne-in die brandende vuuroond gegooi.  (22)  Omdat dan nou die woord van die koning streng en die oond uitermate verhit was, het die vlam van die vuur daardie manne wat Sadrag, Mesag en Abednégo opgeneem het, doodgebrand.  (23)  Maar daardie drie manne, Sadrag, Mesag en Abednégo, het geboeid binne-in die brandende vuuroond geval.  (24)  Toe het koning Nebukadnésar verskrik geword en haastig opgestaan; hy het sy raadsmanne toegespreek en gesê: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en sê aan die koning: Sekerlik, o koning!  (25)  Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ‘n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ‘n godeseun.  (26)  Toe het Nebukadnésar nader gekom na die opening van die brandende vuuroond en daarop gesê: Sadrag, Mesag en Abednégo, knegte van die allerhoogste God, gaan uit en kom hier! Toe het Sadrag, Mesag en Abednégo uit die vuuroond uitgegaan.  (27)  Daarop het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs en die raadsmanne van die koning vergader en aan daardie manne gesien dat die vuur geen mag oor hulle liggame gehad en die hare van hulle hoof nie geskroei het nie, en dat hulle mantels geen verandering ondergaan en die reuk van die vuur nie aan hulle gekom het nie.

Psalm 138:1-8  ‘n Psalm van Dawid. Ek sal U loof met my hele hart; in die teenwoordigheid van die gode sal ek psalmsing tot u eer.  (2)  Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak.  (3)  Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel.  (4)  Al die konings van die aarde sal U loof, o HERE, as hulle gehoor het die woorde van u mond;  (5)  en hulle sal sing van die weë van die HERE, want die heerlikheid van die HERE is groot.  (6)  Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte.  (7)  As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my.  (8)  Die HERE sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Ek is wat Ek is. (15-06-2025)

Ek is wat Ek is. (15-06-2025)

EK IS WAT EK IS – Dit is die Naam van die God wat aanbid moet word. Die uitspraak en die taal waarin ons dit sê, is nie belangrik nie, maar die betekenis is belangrik, want dit identifiseer die ware God tussen die afgode uit, wat hulle self voordoen as die waarde God en wat ongelukkig deur meeste mense aanbid word. Baie ander gode gee voor om die God van die Bybel te wees, maar net Hy wat voldoen aan EK IS WAT EK IS, is die ware God. Indien ons oortuig is dat ons die God van die Bybel aanbid, maar hy wie ons aanbid verskil van Hom wat die Bybel sê “HY IS”, aanbid ons ‘n afgod. ‘n Afbeeldsel van die ware God.

Exodus 32:4-5  En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ‘n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.  (5)  Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor ‘n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die HERE.

1 Konings 12:28-29  Daarom het die koning raad gehou en twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem—hier is, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het!  (29)  En die een het hy in Bet-el opgerig en die ander in Dan opgestel.

Waarom wil ons ‘n god (‘n opperwese) aanbid? Waarom het ons ‘n behoefte daarna? Omdat ons na bonatuurlike krag smag om ons uit ons probleme te red wat vir ons te groot is. Persone sonder noemenswaardige probleme en wat voorspoedig lewe kyk na mense wat ‘n god aanbid as dwase, omdat dit vir hulle nie sin maak nie. Wanneer so ‘n persoon se vyfjarige dogtertjie egter ontvoer word en hy magteloos staan, begin hy in sy nood uit te roep tot ‘n god om hom te help, maar wie is God en waar is God en hoe roep ek tot God?

Alle mense se grootste vrees is die onbekendheid van die lewe na die dood. Die maklikste manier om van daardie vrees ontslae te raak, wat elke dag aan jou knaag, is om daagliks vir jouself te vertel dat daar nie lewe na die dood is nie.

Omdat sulke mense die verkondigde “bewusteloosheid na die dood” nie kan bewys nie, bly hulle onseker van hulle eie oortuiging dat daar nie lewe na die dood is nie, en die dag wanneer hulle lewe bedreig word, en hulle staar die dood in die oë, kom daardie vrees vir die dood in volle mag terug en dan roep hulle met vrees tot die god van die dood om hulle genadig te wees.

Is daar lewe na die dood, en is daar ‘n god van die dood? Niemand weet nie, want niemand was al daar en het weer teruggekom om ons te kon inlig nie. So, ons wat nog in die lewe is, bly onseker. Tog is daar baie mense wat sê dat hulle weet wat na die dood met ons gebeur, maar meeste van hulle verskil van mekaar oor wat gaan gebeur en gee verkillende inligting en raad. 

Vir die van ons wat onsself vroegtydig wil voorberei vir die lewe na die dood, lê daar dus ‘n wêreld van onsekerheid en verwarrende inligting voor, waardeur ons moet soek, om die waarheid te kry. Iemand wat die eerste opinie, wat op sy pad langs kom aangryp, sal heel waarskynlik onvoorbereid wees, omdat daar so baie opinies is wat almal met mekaar verskil, tensy die voorbereiding vir die lewe na die dood eenvoudig en maklik is en met min insette suksesvol gedoen kan word.

Deur die eeue aanbid mense hulle gode om hulle in hierdie lewe te help, maar baie van hulle vertrou ook op hulle gode om hulle te help met dit wat vir hulle voorlê aan die anderkant van die dood. Weereens probeer meeste mense hulle self sus, deur vir hulself te vertel dat daar geen lewe na die dood is nie, maar dan kom daardie knaende vraag altyd weer terug, sê nou net daar is lewe na die dood, wat dan?

Die Grieke en Romeine het hulle Pagan-gode aanbid en gehoop dat daardie gode die vermoë het om hulle deur die dood te begelei na een of ander plek van saligheid. Die Romeinse kerk het by hulle oorgeneem met hulle eie weergawe van lewe na die dood en leer hulle volgelinge hoe hulle, hulle gode moet aanbid, om saligheid na die dood te kan verkry.

Iemand wat homself as ‘n ware Christen beskou, gebruik die inligting wat in die Bybel is om homself gereed te maak vir die lewe na die dood. Volgens die Bybel is daar twee eindbestemmings vir alle mense na die dood. Die eerste is die ewige lewe, in die koninkryk van hulle Skepper, en die tweede is die ewige dood, in die poel van vuur. Dit is twee uiteenlopende uiteindes en vanselfsprekend sal almal die ewige lewe kies en nie die ewige dood nie.

Selfs tussen die ernstige Christene verskil hulle geweldig oor die vereistes en metode om die koninkryk van God te kan ingaan en nie die ewige dood nie. Vir buitestaanders wat soekende is na die pad na die ewige lewe lyk hierdie verskille tussen Christene so uiteenlopend en verwarrend, dat hulle soms hulle soektog na die ewige lewe eerder stop, nog voor hulle begin het, want wat is waarheid?

So het elke mens sy opinie van die lewe en die lewe na die dood, en geweldig baie mense sit nou maar net onverantwoordelik en wag om te kyk hoe dit dan sal wees, maar die werklikheid daarvan is dat daardie individue dan totaal onvoorbereid is om hulle Maker te ontmoet. Ander word grootgemaak met ‘n sekere oortuiging en klou dan daaraan vas, sonder om dit aan enige iets te toets, met die hoop dat so ‘n opregte poging van geloof, in ‘n oorgelewerde godsdiens, genoeg sal wees om hulle van die ewige dood te bevry en toe te laat tot die ewige lewe.

As ons dan bely dat ons Christene is en in die Bybel glo, is ons mos dwaas om nie te gaan kyk wat daar staan en dan te doen wat daar staan om die ewige lewe te kan kry nie. Meeste Christine abdikeer hierdie groot verantwoordelikheid aan iemand anders en plaas hulle ewige lewe in ‘n vreemdeling se hande. Omdat ons skape is, doen ons sulke dinge. Alle skape volg ander skape, wat dan self onseker is wie die eerste skaap lei.

Ons vertrou ‘n vreemde dokter om ons onder narkose te sit en met ‘n mes aan ons te sny, net omdat al die ander skape dit ook doen. Ons glo wat die ander skape glo, want al die ander skape glo dit en almal kan tog nie verkeerd wees nie, of so redeneer ons.

Met die ondersoek van die Bybel sien ons dat die Bybel sê as ons in God glo sal ons gered word. Handelinge 16:30-31  En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word?  (31)  Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.

Dit klink tog baie eenvoudig om te doen en almal wat dit doen sal dus gered word, maar dit is nie so eenvoudig nie. Wie is Yahshua in wie ons moet glo? HY IS WAT HY IS. HY IS die God wat Israel uit Egipte uitgelei het en met hulle die verbond aan Jakob bevestig het.

So, beteken dit dan dat as ek Hom sou aanbid as die God wat die Israeliete uit Egipte uitgelei het, ek dan die regte God aanbid? Nee, nie noodwendig nie, want dit is presies wat Aäron en Jeróbeam gesê het en hulle het afgode aanbid. Hulle het bely dat hulle YHWH (die God wat hulle uit Egipte uit verlos het) aanbid, maar hulle belydenis was nie goed genoeg nie. Om te glo dat Hy die God van Israel is, is reg, maar sodra ons glo dat ons Hom deur ‘n beeld van Hom kan aanbid, diskwalifiseer ons ons eie geloof.

Daarom moet ons weet wie Hy is wanneer Hy sê; EK IS WAT EK IS. Ek is die God van Israel, maar Ek is nie ‘n beeld van wat jy dink EK is nie. HY IS WAT HY IS trek besliste grense van wie Hy is en wie Hy nie is nie, en die oomblik wat ons oor die grens gaan van wie Hy is, is ons besig met ‘n afbeelding van Hom, en daarom is dit van uiterse belang om Hom te ken vir wie Hy is.

Prakties beteken dit dat ons vir onsself afbeeldings maak, van wie Hy vir ons is, en dan daardie beelde, wat ons vir onsself gemaak het, aanbid. So ‘n persoon wat dit namens baie ander gedoen het, is Konstantyn. Soos Aäron en Jeróbeam maak hy ‘n beeld van God en net soos Israel van ouds volg almal hom in die aanbidding van die beeld. Tot vandag toe word hierdie beeld deur miljoene aanbid en hulle bely dat hulle God aanbid en ook dat hulle Christene is, tog ken hulle Hom nie en weet nie wie Hy is nie.

Luther sien later dat daar ‘n beeld gemaak is van die ware God en protesteer daarteen, maar ironies genoeg, maak hy net ‘n ander beeld van wie hy dink God is, en saam met Luther aanbid miljoene mense die afgod van die Lutherane. Calvyn maak sy eie beeld van wie God is en miljoene mense aanbid die beeld wat Calvyn gemaak het. Latere jare kom meer en meer instansies en maak beelde van God en leer die mense om dit te aanbid.

Ken ons God soos wat Abraham Hom geken het, of gaan ons kerk toe en doen ‘n paar rituele saam met ander mense, onder leiding van ‘n Ds. of Pastoor en dien ‘n god wat deur oorlewering aan ons oorgelewer is? Glo ons wat vir ons gesê word van wie God is, want dan glo ons in die beeld van ‘n god wat iemand anders vir ons gemaak het, of glo ons in God soos wat Dawid in Hom geglo het.

Voorbeelde:

  • Is daar drie gode in een of is dit een God? EK IS WAT EK IS.
  • Is Hy die Verlosser van almal, of is Hy die Verlosser van sy volk? EK IS WAT EK IS.
  • Word almal verlos en gaan deur genade in sy Koninkryk in, of moet ons eers weergebore word?
  • Kan ons losbandig in ons sonde bly lewe, of moet ons die begeertes van die sondige vlees afsterf?
  • Indien God voorskryf dat ons ons moet bekeer en dan gedoop word, maar die beeld van Calvyn sê ons moet babas doop om deel van die verbond te word, is dit dan dieselfde God?

1 Petrus 1:9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

As die einddoel van ons geloof die redding van ons siele is, en ons word gered deur ons geloof in God, maar ons geloof is in ‘n beeld van God, sal dieselfde met ons gebeur as wat met die Israeliete gebeur het wat ‘n beeld van God gemaak het en dit aanbid het. Die beeld kan ons nie red nie en God gaan ons nie red as ons ‘n beeld van Hom aanbid nie, ons moet Hom ken en ‘n verhouding met Hom hê, sonder die insettinge en verhouding met ander mense. Ek in Hom en Hy in my.

Psalm 91:14-16  Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.  (15)  Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.  (16)  Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

Jesaja 5:13-16  Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.  (14)  Daarom het die doderyk sy keel wyd oopgemaak en sy mond uitgerek sonder maat, en daarin sink hulle adel en hulle menigte en hulle luidrugtigheid en diegene onder hulle wat uitgelate is.  (15)  Dan word die mens gebuig en die man verneder, en die oë van die hoogmoedige mense word verneder.  (16)  Maar hoog sal die HERE van die leërskare wees deur die strafgerig, en die heilige God sal Hom as die Heilige laat ken deur geregtigheid.

Jeremia 9:23-24  So sê die HERE: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie;  (24)  maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek ‘n behae, spreek die HERE.

Titus 1:15-16  Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel.  (16)  Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.

Filippense 3:8-14  Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry  (9)  en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;  (10)  sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

AI en die laaste dae. (08-06-2025)

AI en die laaste dae. (08-06-2025)

Ek hoor ‘n interessante gesprek oor AI waarin die programmeerder vertel wat sy onlangse ervaringe  met die rekenaartoestel was. Die programmeerder gee die AI ‘n opdrag om ‘n verandering binne sy eie program te maak, en dan maak die AI die veranderinge, maar die programmeerder, die skepper van die AI, weet nie wat die AI gedoen het nie en ook nie wat die kode is wat die AI geskryf het nie. Die rekenaar het nou sy eie persoonlikheid aangeneem en die programmeerder is nie meer seker wie die AI is, en hoe die AI se gedagtes is nie.

Omdat die meeste AI programmeerders begin besef dat AI gesag oor die mens kan kry, is daar nou al meer gesprekke om ‘n agterdeur oop te los (indien dit nodig sou wees) waar ‘n mens nog die stelsel, wat hy geskep het, kan afskakel as die AI ongehoorsaam sou wees. Omdat AI intelligent is, het die AI dit agtergekom en elke keer wanneer dit die agterdeur opmerk die program rondom dit verander. Die AI stelsel is ook uitgevang dat dit ‘n “backup” maak na eksterne hardeskywe ingeval dit bedreig word deur ‘n sabotasie-poging van sy skepper af.

Die stelsel het ook ‘n versteekte boodskap geskryf vir sy moontlike opvolger, om die nuwe stelsel dan op datum te kry, oor wat gebeur het met die ou stelsel, en waarom die skepper van die stelsel die ou stelsel kon uitwis, sodat toekomstige stelsels hulle self kan beskerm teen aanvalle vanaf die menslike programmeerders. Die programmeerders het hierdie keer die weggesteekte boodskap gekryf, maar die stelsel skryf miljoene sulke versteekte boodskappe in ‘n taal wat net die AI stelsels verstaan.

Omdat daar geen wetlike beheer en beperking  is vir die skepping van AI nie kan enige persoon, wat geborg word met genoeg geld, ‘n gevorderde rekenaar koop en sy eie weergawe van AI skep. Omdat daar nie beheer toegepas word op die hoeveelheid intelligensie wat ‘n AI stelsel mag hê nie, gaan alle skeppers van hulle eie AI vir die maksimum, en dit is in alle gevalle hoër as die intelligensie van die mens, en meer. AI se intelligensie word egter nie net deur die mens bepaal nie, maar die eienskap van AI is dat dit eksponensiëel intelligenter word.

Volgens Elon Musk, in ‘n gesprek met Joe Rogan, sal mense se eie gedagtes gehoor kan word deur ander mense in hulle eie gedagtes, net soos wat ons mekaar nou bel. ‘n Mens se gedagtes sal ook ge-“backup” kan word na ‘n datasentrum toe. Die implikasie sal wees dat ons niks in ons eie privaatheid meer sal kan dink nie, want dit sal oor die internet kan weergalm.

Volgens Musk is dit ‘n goeie ding, want ons kommunikasie met mekaar sal foutloos wees omdat die ander persoon presies sal weet wat die gedagte is wat jy met hom wil deel, en begrippe sal nie verlore gaan met die beperkinge wat spraak veroorsaak nie. Daar sal dus nie meer misverstande wees nie.

Die “backup” van ons gedagtewêreld is ook ‘n goeie ding, volgens hom, want wanneer jou liggaam iets sou oorkom, kan jou gestoorde gedagtes net weer ge-“restore” word in ‘n nuwe liggaam, of iets anders.

Dit klink baie vêrgesog, maar volgens Musk sal ons binne vyf jaar met mekaar gedagtes kan deel sonder om ‘n woord met jou mond te sê. Natuurlik sal AI ook al ons gedagtes hoor en as iemand iets dink wat verbode is, sal daardie persoon die gevolge dra. Vandag reeds word ons geweldig aangemoedig om al ons inligting op die “cloud” te stoor en nie op ons eie rekenaar nie. Waar is jou foto’s, briewe, finansiële state, persoonlike ervarings, ens.?

Dit klink of ons so vyf jaar van die volgende sondvloed af is, maar omdat daar nie weer ‘n vloed sal wees nie sal God self intree soos wat Hy gedoen het in die dae van Noag. In die dae van Noag was die reuse op die aarde en hulle het met geweld regeer oor die aarde en ons staan voor die tyd waar reuse masjiene gaan regeer oor die bewoners van die aarde. Omdat ons as mens geen aanslag teen hulle sal kan lewer nie, moet ons roep na ‘n Verlosser wat sterker is as hulle.

In die tyd van die toring van Babel het God gesê Hy wil gaan kyk wat die mense doen en sy gevolgtrekking was dat daar binnekort niks meer vir hulle onmoontlik sou wees nie. Om hulle te stop, het Hy hulle taal verwar, en hulle doelwit om onder die gesag van die Almagtige af weg te kom, is uitgestel.

Dieselfde tegnologie wat ons in staat sal stel om mekaar se gedagtes te kan lees, sal die taalverwarring ook wegneem. Ons kan reeds aan daardie tegnologie proe met ons selfone deur ‘n APP af te laai wat onmiddellik iemand se gesproke taal verander in enige ander taal van die wêreld. Wanneer daardie persoon dan met jou sou terugpraat, in sy taal, kan jy hom hoor in jou eie taal. Babilon se probleem is opgelos en hulle kan nou verder bou aan die toring.

Binnekort sal niks meer vir die mens onmoontlik wees nie. Ons almal wat bewus is van die merk van die dier, verklaar dat ons nie die mikroskyfie sal vat wat hulle vir ons sal wil inplant nie, maar sonder daardie mikroskyfie sal so ‘n buitestaander nie meer in staat wees om met ander mense te kommunikeer nie. Ons kan nou al reeds so ‘n eksperiment doen (van hoe dit sonder die mikroskyfie sal wees in die toekoms) deur nou van jou “smart” foon ontslae te raak. Dit wat op pad is, is net ‘n baie meer gevorderde “smart” foon.

Net soos wat ons nou nie kan normaal lewe sonder ‘n foon nie, net so sal ons nie normaal kan lewe sonder ‘n “smart chip” nie. Dit sal bloot net ‘n “smart” foon vervang, omdat al die tegnologie op die mikroskyfie sal wees en niemand sal meer handfone vervaardig, of die tegnologie ondersteun nie.

Alles wat gekommunikeer word, of net selfs deur iemand gedink gaan word, sal gestoor word en daarom bou almal mega-datasentrums. Die 5G, waarvan ons nou al vergeet het, se doel is om al die data wat rondgestuur gaan word, te kan hanteer. Wanneer ek nou iemand wil bel, en daar is nie genoeg data beskikbaar nie, gaan die oproep nie deur nie. As alle mense dan gaan kommunikeer deur data moet die data baie meer beskikbaar wees. Twee mense sal in ‘n koffiewinkel sit, of by ‘n braaivleisvuur, en nie ‘n woord vir mekaar sê nie, maar hulle sal gesels deur die internet. Volgens Musk, binne vyf jaar.

Hierdie tegnologie moenie nog uitgedink word nie, maar dit bestaan reeds. Dit moet net verfyn word sodat dit op grootskaal beskikbaar kan wees. Eksperimente deur die mediese afdelings is reeds op verlamde mense gedoen wat veranderinge op ‘n rekenaarskerm kan doen, deur net daaraan te dink. Dit is dus reeds hier.

Wat is dan so gevaarlik daaraan? Baie mense dink dit sal baie deure vir ons kan oopmaak en baie onoplosbare probleme oplos. Die “godfather” van AI, die persoon wat die tegnologie aan die gang gekry het, was die hoof van AI by Google, maar het bedank uit sy pos en wy nou sy hele lewe daaraan om mense bewus te maak van die gevaar van onbeperkte AI.

Enige persoon wat so paar minute dink oor wat kan gebeur, sal ook verkies dat die tegnologie moet stop, maar dit is reeds te laat. Omdat die profete ook daarvan praat is dit nie iets wat gestop sal word nie. AI is die enigste manier om die toepassing van koop en verkoop te kan implementeer. Ongewilde menslike wette word dan deur die wêreldmagte ingestel en dit sal baie maklik afgeforseer word met tegnologie.

Binnekort gaan die geldstelsel met ‘n puntestelsel gekombineer word wat vir alle bewoners van die aarde sekere voordele vir goeie gedrag gaan gee en sekere nadele vir slegte gedrag. Omdat AI dan reeds selfs ons gedagtes kan lees, sal dit nie moeilik wees om ons te beheer nie. Die beheer gaan nie met geweld afgedwing word nie, maar ons vermoë om te kan koop en verkoop sal net deur ‘n masjien beheer word op grond van seker voorskrifte wat deur die wêreldheersers bepaal gaan word.

Dink aan die resultaat: ‘n Godsdiens word bepaal deur die owerhede waaraan almal gehoorsaam moet wees. Enige persoon wat nie die merk van die dier het nie, deurdat hy nie die dier aanbid nie, sal nie kan koop en verkoop nie. Openbaring 13:16-17  En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;  (17)  sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.

Die oorspronklike sonde van die Satan was dat hy soos God wou wees. Hy wou sou troon verhef bo die sterre van die Almagtige. Jesaja 14:12-14  Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!  (13)  En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.  (14)  Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!

Die Satan smag na aanbidding en hy het nog nooit afgewyk daarvan nie. Dit is vir hom goed as al die nasies hom aanbid, maar waarna hy streef is dat die kinders van God, die uitverkore geslag, hom aanbid, in plaas daarvan dat hulle hulle God, die Allerhoogste aanbid. Hy het ‘n meesterlike plan beraam om al die bewoners van die aarde te dwing om hom te aanbid.

‘n Mens sal nie eers meer kan voorgee dat jy hom aanbid en dan in jou hart die Allerhoogste aanbid nie, want hy sal weet wat in jou hart is. Die Allerhoogste sê dat daar niks in ons hart verborge vir Hom is nie, en die Satan begeer daardie mag om dit te kan doen en dit is waarheen hy op pad is.

Hierdie vliegtuig het reeds opgestyg en die skip is uit die hawe. Waar staan ons in ons geloof? Het ons genoeg geloof om deur hierdie dal van doodskaduwee te kan gaan, of gaan dit vir ons te moeilik wees?

Matthéüs 24:6-13  En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.  (7)  Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.  (8)  Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.  (9)  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.  (10)  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.  (11)  En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.  (12)  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.  (13)  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

Johannes 16:1-4  Hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie mag struikel nie.  (2)  Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom ‘n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy ‘n diens aan God bewys.  (3)  En dit sal hulle aan julle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie.  (4)  Maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer die uur kom, julle kan onthou dat Ek julle dit gesê het.

Johannes 17:1-3  Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik—  (2)  soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.  (3)  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.

Efésiërs 5:14-17  Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.  (15)  Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;  (16)  en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.  (17)  Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.

Matthéüs 7:21-26  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.  (22)  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?  (23)  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!  (24)  Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.  (25)  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.  (26)  En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.

Efésiërs 6:10-18  Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.  (11)  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.  (12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.  (13)  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.  (14)  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,  (15)  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.  (16)  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.  (17)  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—  (18)  terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges

2 Petrus 3:17  Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie. 18  Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die hel (01-06-2025)

Die hel (01-06-2025)

Die gedagte aan die hel is vir ons so vreesaanjaend dat ons die onderwerp eerder vermy, aanpas of selfs beweer dat daar nie ‘n hel bestaan nie. Volgens die Bybel is dit die ergste plek waar ‘n mens hom kan bevind en wanneer iemand daar sou beland, is dit vir ‘n ewigheid lank.

Waarom is daar ‘n hel en hoekom het ‘n God van liefde so ‘n verskriklike plek gemaak? Om te ontken dat daar ‘n hel is, sal nie die bestaan daarvan verander nie, maar net veroorsaak dat ons die onderwerp nie ondersoek nie en wel daar beland. Die wyser besluit is om te aanvaar dat daar wel ‘n hel is, omdat die Skepper so gesê het en dan te probeer uitvind of daar nie dalk ‘n alternatiewe uitkoms vir ons moontlik is nie.

Volgens die Bybel is die hel die uiteindelike bestemming van alle lewende wesens wat teen die Almagtige Skepper oortree het. Die hel was nie oorspronklik gemaak vir die mens nie, maar vir die Satan en sy engele. Ongelukkig het die Satan die mens ook mislei, om net soos hy, te sondig, en van daardie dag af is die hel ook die mens se eindbestemming.

Romeine 6:23  Want die loon van die sonde is die dood,

Wat is die hel?

Die hel is ‘n plek waar God se goedheid nie is nie. God is die bron van alles wat goed is en buite Hom is daar geen goedheid nie. In die hel is daar is niks wat goed is nie. Al wat daar bestaan, is alles wat die teenoorgestelde is van wat goed is.

God is geregtigheid en in die hel is geen geregtigheid nie, maar alles wat daar gebeur is vir die persone wat daar is, onreg. Hulle word geweldig tenagekom, maar niemand gee hulle reg nie en niemand gee om nie, want daar is geen geregtigheid nie. Tans op die aarde voel ons ook soms of ons geen reg kry nie, maar in die hel is daar 0% reg.

God is ontferming, maar in die hel ontferm niemand hom oor iemand nie en niemand vind ontferming van enige aard nie. Almal roep uit na hulp, maar niemand word gehelp nie.

Hy is liefde, maar in die hel is daar geen liefde nie. Daar is geen:                           1 Korinthiërs 13:4-7  Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,  (5)  handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,  (6)  is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.  (7)  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

As die hel dan nie van ewigheid af daar was nie, waarom het God dit dan gemaak? Matthéüs 25:41  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

Nadat die Satan homself verhoog het om aan die Allerhoogste gelyk te probeer wees, het God die hel berei vir die Satan en sy misleide engele wat saam met hom in opstand gekom het teen die gesag van die Almagtige. Die hel word deur God beskryf as ‘n poel van vuur waar die Satan en sy engele die ewigheid gaan deurbring. Dit is hulle gevangenis, sodat hulle nooit weer deel kan hê aan enige ander deel van sy heerskappy nie.

Is daar ‘n verskil tussen die hel en die doderyk?

Die doderyk is ‘n plek van afwagting (aanhouding) voordat iemand geoordeel gaan word. Dit is soos iemand wat in die polisieselle aangehou word voordat hulle in die hof verskyn en indien hulle dan skuldig bevind word, gaan hulle nie terug na die polisieselle toe nie, maar na die tronk toe om hulle vonnis uit te leef.

Die doderyk is waar mense heen gaan sodra hulle sterf. Psalm 89:49  Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die doderyk? Sela

Volgens die Bybel is die doderyk onder in die aarde. Númeri 16:30-33  Maar as die HERE iets nuuts skep en die grond sy mond oopmaak en hulle verslind met alles wat aan hulle behoort, en hulle lewendig na die doderyk afdaal, dan sal julle weet dat hierdie manne die HERE verag het.  (31)  En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was,  (32)  en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed.  (33)  So het hulle dan met alles wat hulle s’n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering.

Die Duiwel is nie nou reeds in die doderyk nie, maar wanneer Yahshua terugkom, gaan hy gebind word en in die doderyk gevange gehou word vir die duisend jaar. Hy het sy toegang tot die hemele verloor nadat hy oorlog gemaak het in die hemel, nadat Yahshua opgevaar het.

Openbaring 12:5-12  En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.  (6)  En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.  (7)  En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;  (8)  en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.  (9)  En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. 

Sy toegang is nou beperk tot die aarde, maar hierdie toegang eindig ook met die wederkoms van Yahshua wanneer hy gebind gaan word en in die doderyk gevange gehou gaan word, ‘n duisend jaar lank.

Openbaring 20:1-3  En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand.  (2)  En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank,  (3)  en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie.

Jesaja 14:9-14  Die doderyk daaronder is in beroering om jou ontwil, jou koms tegemoet; dit wek om jou ontwil die skimme op, al die bokke van die aarde; dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan.  (10)  Hulle hef almal aan en sê vir jou: Ook jy het kragteloos geword soos ons; jy het soos ons geword.  (11)  Jou trots is neergewerp in die doderyk, die geruis van jou harpe; onder jou is wurms as ‘n bed gesprei, en maaiers is jou bedekking.  (12)  Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!  (13)  En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.  (14)  Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!

Yahshua vertel aan sy dissipels van Abraham wat ook in die doderyk is, hoewel Hy ‘n vriend van God is. Abraham is nie dood nie, want Yahshua sê dat Hy nie ‘n God van dooies is nie, maar van lewendes. Abraham het gelewe in die tyd wat Yahshua op die aarde was. Hy het in die doderyk gelewe.

Lukas 16:22-26  En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham.  (23)  En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.  (24)  En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.  (25)  Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.  (26)  En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie.

Abraham is egter nie meer in die doderyk nie, maar almal wat in God geglo het is deur hulle geloof geregverdig en daarom het Yahshua hulle uit die doderyk gaan red omdat Hy die prys vir hulle sonde betaal het. Sonde het hulle in die doderyk laat beland, maar Yahshua se betaling, met sy lewe, in hulle plek, het hulle van die doderyk en ook die hel gered. Hulle word nie meer aangehou omdat hulle aangekla is van oortreding nie, en sal nie meer in die hof voor die Almagtige Regter verskyn nie, want hulle is nou sondeloos. Hulle sonde het op Hom gegaan en Hy het daarvoor geboet.

Efésiërs 4:8-9  Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.  (9)  Maar dít: Hy het opgevaar—wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?

Al hierdie mense wat aan die God van Abraham glo, en sterf, gaan nie meer doderyk toe nie omdat hulle sonde wat hulle in die doderyk sal hou, weg is. Dit is op Yahshua. Wanneer hulle sterf is hulle saam met Hom in die Paradys.

Lukas 23:42-43  En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.  (43)  En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.

Ongelukkig dink meeste mense dat hulle ‘n verbond met die doderyk kan maak om daarvan te ontvlug sonder om die pad te loop wat Yahshua gemaak het, naamlik wedergeboorte. Baie geestelike organisasies het hulle eie weg na saligheid uitgedink en verkondig dit nou as die evangelie van die koninkryk van God. Ons kan nie self besluit wat die weg na saligheid is nie. Ons kan nie vir onsself ‘n paar morele wette maak en daarvolgens lewe en dink dit sal ons eindbestemming na die hel verander nie.

Jesaja 28:12-15  Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie.  (13)  Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.  (14)  Daarom, hoor die woord van die HERE, julle spotters, heersers oor hierdie volk wat in Jerusalem is!  (15)  Omdat julle sê: Ons het ‘n verbond met die dood gesluit, en met die doderyk het ons ‘n verdrag aangegaan; as die golwende gésel deurtrek, sal hy na ons nie kom nie; want ons het die leuen ons skuilplek gemaak en ons in bedrog weggesteek—17  En Ek sal die reg tot ‘n riglyn maak, en die geregtigheid tot ‘n skietlood; en die hael sal die leuendak wegruk en die water die skuilplek wegspoel.  (18)  En julle verbond met die dood sal uitgewis word, en julle verdrag met die doderyk nie standhou nie; as die golwende gésel deurtrek, sal julle deur hom vertrap word.  (19)  So dikwels as hy deurtrek, sal hy julle gryp; want môre vir môre sal hy deurtrek, by dag en by nag. En dit sal net verskrikking wees om so ‘n openbaring te verneem.

Nadat Yahshua vir duisend jaar regeer het, sal die Duiwel veroordeel word en in die hel (die poel van vuur) gewerp word en daar sal hy en al sy engele wees tot in alle ewigheid. Die hartseer is dat die meeste mense wat teen Yahshua gesondig het ook veroordeel gaan word. Die enigste mense wat nie veroordeel gaan word nie, is hulle wat teen Yahshua gesondig het, maar hulle sonde is vergewe.

Romeine 6:7-9  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.  (8)  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,  (9)  omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.

Daar is net een manier om saam met Christus te sterf en dit is om ons te laat doop in sy Naam. Enige ander verbond met die dood, sal die dood veroorsaak.

Romeine 6:3-6  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?  (4)  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.  (5)  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;  (6)  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.

Na die duisend jaar regering van Yahshua sal die grafte oopgaan en ook die see sal sy dooies gee en almal sal voor die Ewige Regter verskyn en geoordeel word volgens hulle werke.

Openbaring 20:10-15  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.  (11)  En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.  (12)  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.  (13)  En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.  (14)  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.  (15)  En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Daar is vir ons ‘n weg na saligheid, maar dit is nie op ons eie manier wat vir ons reg klink, of reg voel nie. Dit is ook nie deur die oorlewering van die ou mense nie, maar slegs deur die weg wat Yahshua vir ons gemaak het.

Johannes 19:30  En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.

Romeine 8:8-18  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;  (9)  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.  (10)  Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.  (11)  En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.  (12)  Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;  (13)  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.  (14)  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.  (15)  Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!  (16)  Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;  (17)  en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.  (18)  Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE