Preke

Twee Torings (05-06-2022)

Twee Torings (05-06-2022)

– Stefan Botha:

Almal van ons het ‘n toring waaraan gebou is van ons geboorte af. Ons ouers het die eerste stene gelê en daarna alle invloede wat op ons pad in ons lewe gekom het en ons self is ook flukse bouers aan ons torings.

In hierdie boodskap word gekyk na die stene wat gebruik word om ons torings te bou.

Genésis 11:1  En die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde. 2  En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle ‘n laagte in die land Sínear; en daar het hulle gaan woon. 3  Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei. 4  En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ‘n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie. 5  Toe daal die HERE neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het. 6  En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie. 7  Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie. 8  So het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou. 9  Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi. 

Genésis 11: 1En die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.

Genésis 11: 3Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei.

Genésis 11: 4  En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ‘n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie. 

Genésis 1:27  En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. 28  En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. (Genésis 11:4  … sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.)

Genésis 11:4  En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ‘n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie. 

Matthéüs 23:27  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. 

Lukas 14:28  Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? — 29  sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot 30  en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie. 

1 Korinthiërs 10:1  Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, 2  en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, 3  en almal dieselfde geestelike spys geëet het, 4  en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. 

Matthéüs 7:26  En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. 

Efésiërs 1:21  bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. 

Uit die duisternis na die lig

Efésiërs 2:19  So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, 20  gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, 

Lukas 16:13  Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie. 

1 Korinthiërs 3:16  Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? 

Johannes 9:5  So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld. 

Lukas 11:33  En niemand steek ‘n lamp op en sit dit in ‘n verborge plek of onder die maatemmer nie, maar op die staander, sodat die wat binnekom, die lig kan sien. 

Matthéüs 5:13  Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. 14  Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15  en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. 16  Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. 

Job 1:8  En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die Woord van God is genoeg (08-02-2015)

Die Woord van God is genoeg (08-02-2015)

– Banie Swanepoel:

Dink bietjie vir jouself. As jy nog nooit die Bybel gelees het nie, wat sou jy geweet het?

Anders gestel: as daar nie ‘n Bybel op die aarde was nie, wat sou ons geweet het?

Ons sou totaal niks van die skepping geweet het nie. Ons sou niks van die uitverkore volk geweet het nie. Ons sou niks van Messias geweet het nie. Ons sou niks geweet het nie…

Wat is die waarde van die Bybel? In geldwaarde is dit min of meer ‘n R100,00. In lewenswaarde? Onvervangbaar.

Die lewe sou absoluut nutteloos gewees het sonder die Woord van GOD.

Net die aanslag op die Bybel, maak dit die kosbaarste aardse besitting, want dit is die enigste bonatuurlike item op aarde…

SKRIFGEDEELTES GEBRUIK:

Matthéüs 13:44  Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand. 

Lukas 10:21  In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae. 

Johannes 14:21  Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar. 

Galásiërs 1:11  Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie. 12  Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus. 

Romeine 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. 

Markus 7:13  So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie. 

Efésiërs 6:17  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— 

Hebreërs 4:12  Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. 

1 Petrus 1:23  want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. 

1 Timótheüs 6:20  o Timótheüs, bewaar jou pand en vermy die onheilige, onsinnige praatjies en teëwerpinge van die valslik sogenaamde kennis, 21  waarvan sommige belydenis gedoen het en, wat die geloof betref, op ‘n dwaalweg geraak het. Mag die genade met jou wees! Amen. 

2 Timótheüs 3:16  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 17  sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. 

1 Korinthiërs 2:13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 

2 Korinthiërs 1:13  Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan, 

1 Timótheüs 6:3  As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, 4  dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, 5  nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense. 

Hebreërs 11:3  Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie. 

Hebreërs 11:1  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. 

Romeine 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. 

Judas 1:17  Maar julle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus, 18  dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel. 19  Dit is hulle wat skeuring maak, sinnelike mense wat die Gees nie het nie. 20  Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid 21  en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag. 22  En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; 23  maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is. 

Judas 1:25  aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die Heilige Gees en tale (03-08-2014)

Die Heilige Gees en tale (03-08-2014)

– Banie Swanepoel:

Wanneer jy na hierdie boodskap luister, maak jou hart en jou sinne oop vir die Woord van die Almagtige. Skuif die oorleweringe en dit wat ander van jou verwag om te glo, opsy.

Onthou, die smal pad het twee kante: ‘n links en ‘n regs. Jy kan links verdwaal en jy kan regs verdwaal.

So gaan dit met hierdie onderwerp ook. Jy kan verdwaal…

Efésiërs 5:14  Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. 15  Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; 16  en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. 17  Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is. 18  Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. 

1 Korinthiërs 12:1  En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. 

1 Korinthiërs 12:4  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; 5  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; 

1 Korinthiërs 12:7  Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. 8  Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; 9  aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; 10  aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. 11  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. 

1 Korinthiërs 12:13  Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. 14  Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie. 15  As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? 

1 Korinthiërs 12:17  As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? 18  Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het. 

1 Korinthiërs 12:21  En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie. 

1 Korinthiërs 12:27  Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik. 28  En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale. 29  Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? 30  Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê? 31  Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ‘n nog uitnemender weg. 

1 Korinthiërs 13:1  Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. 2  En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. 3  En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. 

1 Korinthiërs 4  Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, 5  handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, 6  is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. 7  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. 

1 Korinthiërs 13:8  Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë—hulle sal tot niet gaan; of tale—hulle sal ophou; of kennis—dit sal tot niet gaan. 9  Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. 

1 Korinthiërs 13:13  En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde. 

1 Korinthiërs 14:1  Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer. 2  Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. 3  Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging. 4  Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente. 5  Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang. 6  Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle spreek òf deur ‘n openbaring, òf deur kennis, òf deur profesie, òf deur lering nie? 7  Net soos met lewelose dinge wat ‘n klank gee, ‘n fluit of ‘n siter, as hulle nie ‘n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal ‘n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word? 8  Want as die basuin ook ‘n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog? 9  Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal ‘n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat. 10  Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is sonder klank nie. 

1 Korinthiërs 14:12  So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente. 13  Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê. 14  Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. 15  Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing. 16  Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie? 17  Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie. 18  Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal; 19  maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in ‘n taal. 

1 Korinthiërs 14:21  In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê die Here. 22  Die tale is dus ‘n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges. 23  As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie? 24  Maar as almal profeteer en daar ‘n ongelowige of ‘n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel; 25  en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is. 26  Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting geskied. 27  En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê. 28  Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek. 29  Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel. 30  Maar as daar iets geopenbaar is aan ‘n ander wat daar sit, laat die eerste swyg. 31  Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word. 32  En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe; 33  want God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges. 

1 Korinthiërs 14:39  Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie. 40  Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan. 

1 Korinthiërs 14:2  Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. 

1 Korinthiërs 14:14  Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. 

2 Petrus 3:16  net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf. 17  Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie. 

2 Korinthiërs 1:12  Want ons roem is dit: die getuienis van ons gewete dat ons in eenvoudigheid en reinheid van God, nie in vleeslike wysheid nie, maar in die genade van God in die wêreld verkeer het, en veral by julle. 13  Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan, 

1 Korinthiërs 2:12  Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 15  Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. 16  Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus. 

Romeine 8:26  En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. 27  En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. 28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. 

Matthéüs 12:24  Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie. 

Matthéüs 12:28  Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. 

Matthéüs 12:31  Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. 

Lukas 1:35  En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word. 

Jesaja 28:11  Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek, 

1 Timótheüs 1:5  Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het. 

Hebreërs 2:4  terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil? 

Johannes 7:38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 39  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. 

Handelinge 2:38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Lukas 11:13  As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? 

Handelinge 5:32  En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is. 

Handelinge 19:2  en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie. 

Handelinge 19:5  En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. 6  En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer. 7  En altesaam was hulle omtrent twaalf manne. 

Efésiërs 4:1  Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, 2  met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra 3  en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede. 

Johannes 14:26  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. 

Luister ook Ons houding teenoor die Heilige Gees wat op hierdie boodskap volg.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die Kerk (2016)

Die Kerk (2016)

– Banie Swanepoel:

Die doel van hierdie boodskap is introspeksie, want die hart van die mens is die bedrieglikste van alle dinge.

001 Die Kerk (25-03-2016)

002 Die Kerk – Wie is lede van die kerk of die liggaam? (26-03-2016)

003 Die Kerk – Wat is die Evangelie van die Koninkryk? (27-03-2016)

‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’

001 Die Kerk (25-03-2016)

Die “kerk” in hierdie boodskap, is spesifiek gemik op dit wat Yahshua kom vestig het toe Hy tweeduisend jaar terug hier was. Die rede vir hierdie term, is om die parallel te trek na die Engelse “church” wat in die Bybel voorkom, wat verwys na die “liggaam” wat Yahshua kom vestig het.

Ons as ‘n Protestante nasie het die neiging om vinger na die Romeinse Kerk te wys, maar hoeveel van dít wat hulle doen, doen ons as Protestante?

Drie van die dinge wat Yahshua op aarde kom doen het is: Hy het die prys vir ons sonde kom betaal. Hy het die duiwel oorwin en ontbloot vir wie hy is. Hy het Sy kerk “gemeente” op aarde kom vestig.

As die wêreld praat van “church”, praat hulle van die magtigste organisasie in die wêreld, naamlik die Roomse Kerk. Dit is ‘n organisasie waarteen jy nie kan opstaan nie, selfs al behoort jy self aan hulle en sien jy dinge lyk nie reg nie.

Kom ons kyk wat Yahshua se doel was met Sy kerk wat Hy kom vestig het en hoe vandag se kerk lyk.

Johannes 15:1  Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. 2  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. 

Johannes 15:4  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. 5  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. 6  As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. 

Johannes 15:8  Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees. 9  Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. 

Johannes 15:12  Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. 13  Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee. 14  Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel. 

Johannes 15:16  Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee. 

‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’

002 Die Kerk

Wie is lede van die kerk of die liggaam? (26-03-2016)

Wie is lede van die kerk of die liggaam?

Die doel met hierdie boodskap is nie om vinger na ander te wys en te sê hoe verkeerd hulle is nie, maar om introspeksie te doen en onsself te meet.

Dink ons ons is deel van die liggaam van Messias, terwyl ons dalk net deel is van ‘n organisasie?

Ons dink dalk ons is deel van die liggaam van Messias, terwyl ons moontlik net deel van ‘n organisasie is.

Johannes 3:3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 

Matthéüs 13:46  en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit. 

Matthéüs 10:36  En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. 37  Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. 

Matthéüs 16:24  Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. 

Johannes 10:4  En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. 

Romeine 6:4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 

Efésiërs 4:24  en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. 

Kollosense 3:10  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, 

2 Korinthiërs 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 

Gálasiërs 6:15  Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ‘n nuwe skepsel. 

Romeine 8:5  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; 9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. 

Romeine 6:13  En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. 

Johannes 7:38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 39  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo…

Johannes 13:34  ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. 35  Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het. 

Handelinge 2:38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Markus 16:15  En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. 16  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. 

Handelinge 8:35  En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig. 

Lukas 9:60  En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God. 

Lukas 16:16  Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin. 

Lukas 14:16  Maar Hy antwoord hom: ‘n Sekere man het ‘n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi. 17  En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed. 18  En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het ‘n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog. 19  En ‘n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog. 20  En ‘n ander een het gesê: Ek het ‘n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie. 

Lukas 14:24  Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie. 

Matthéüs 25:27  Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het. 

Matthéüs 25:30  En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande. 31  En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; 32  en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; 

Matthéüs 25:34  Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. 35  Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; 36  Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom. 37  Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? 38  En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? 39  En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? 40  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. 41  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. 42  Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie. 

Handelinge 10:39  En ons is getuies van alles wat Hy gedoen het in die Joodse land en in Jerusalem. En hulle het Hom omgebring deur Hom aan ‘n kruishout op te hang. 40  Hom het God op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou verskyn 

Handelinge 10:42  En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode. 43  Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang. 

Handelinge 13:32  En ons bring julle die goeie tyding van die belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus op te wek, 33  soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer. 34  En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie, het Hy só gespreek: Ek sal aan julle gee die heilige weldade van Dawid wat betroubaar is. 35  Daarom sê Hy ook op ‘n ander plek: U sal u Heilige nie oorgee om verderwing te sien nie. 36  Want Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, en is by sy vaders weggelê en het verderwing gesien, 37  maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie. 38  Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, 39  en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie. 

‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’

003 Die Kerk

Wat is die Evangelie van die Koninkryk? (27-03-2016)

Soos ons in die vorige boodskappe duidelik gesien het, is dat die kerk (liggaam / gemeente) nie ‘n vereniging of ‘n organisasie is nie, alhoewel dit daarin ontaard, omdat die bedoeling van die gemeente verdwyn.

In hierdie boodskap gaan ons sien, ons is elkeen ‘n lid van daai liggaam. ‘n Lid van daai gemeente.

Elke lit van ‘n liggaam, is nodig vir die liggaam. So is elke lid van die gemeente, nodig vir die liggaam.

Ons het ‘n opdrag om die evangelie an die Koninkryk van GOD te gaan verkondig.

Die volgende gedeelte in Génesis 3, is die oorsaak van die evangelie.

Génesis 3:1  Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? 2  En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet, 3  maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe. 4  Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; 5  maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken. 6  Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet. 7  Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak. 8  En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin. 9  Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy? 10  En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg. 11  En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie? 12  En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet. 13  Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet. 14  Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe. 15  En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt. 16  Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers. 17  En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. 18  Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. 19  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer. 20  En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe. 21  En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek. 22  Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! 23  Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is. 24  So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak. 

Jesaja 59:1  Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie; 2  maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie. 

Exodus 12:5  Julle moet ‘n lam hê sonder gebrek, ‘n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. 

Exodus 12:7  En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet. 

Exodus 12:11  En só moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. ‘n Pasga van die HERE is dit. 12  Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE. 13  Maar die bloed sal vir julle ‘n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie. 

Exodus 12:28  En die kinders van Israel het gegaan en dit gedoen. Soos die HERE Moses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen. 29  En middernag het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland getref,…

Exodus 12:51  En op daardie selfde dag het die HERE die kinders van Israel, volgens hulle leërafdelings, uit Egipteland uitgelei.  

1 Korinthiërs 5:7  Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. 8  Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid. 

1 Petrus 1:18  omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, 19  maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, 

Openbaring 12:10  Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. 11  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. 

1 Johannes 1:5  En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. 6  As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. 7  Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. 

Kollosense 1:13  Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, 14  in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes. 

Kollosense 1:17  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. 18  En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees. 

Kollosense 1:20  en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele. 21  Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen 22  in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel; 

Romeine 5:8  maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. 9  Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn. 

Markus 10:21  En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My. 22  Maar hy het treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad. 

Matthéüs 16:25  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. 26  Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel? 27  Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade. 

Johannes 16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. 

Johannes 14:1  Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. 2  In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 3  En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. 

1 Korinthiërs 2:9  maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. 10  Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. 

Hebreërs 9:27  En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, 28  so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid. 

Jesaja 1:18  Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. 

Openbaring 22:1  En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. 2  In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies. 3  En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien. 

Openbaring 22:5  En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid. 

Openbaring 22:7  Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar. 

Openbaring 22:11  Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word. 12  En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. 

Openbaring  22:14  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. 

Openbaring 22:17  En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet. 

Openbaring 22:20  Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!  

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die dag van Yahweh (30-08-2015)

Die dag van Yahweh (30-08-2015)

– Banie Swanepoel:

Die dag van Yahweh, is die dag wat vir ons voorlê.

Daar was ‘n koms van Yahshua, wat lank voor die tyd deur die profete voorspel was en toe op ‘n dag, toe kom Hy. Dit is nou al tweedeuisend jaar verder en ons wag nog steeds vir ‘n dag, die dag van die tweede koms.

Hierdie boodskap gaan oor die tweede koms.

Hou net in gedagte, net soos daardie mense dit verwag het en toe gebeur dit, gaan hierdie koms ook gebeur. Hulle het ook net altyd daarvan gehoor…

Ons gaan na:

  • Die inleiding
  • Die dag van Yahweh
  • Ons erfdeel en hoop
  • Wat van die hede?

SKRIFGEDEELTES GEBRUIK:

Joël 2:28  En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. 29  En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet. 30  En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare. 31  Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom. 32  En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die HERE gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die HERE sal roep. 

2 Petrus 3:10  Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand. 11  Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — 12  julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt. 13  Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon. 14  Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. 

Openbaring 19:11  Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. 12  En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. 13  En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. 14  En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. 15  En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige. 16  En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here. 17  En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God, 18  dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot. 19  En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër. 20  En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. 21  En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees. 

1 Korintiërs 2:9  maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. 10  Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. 

Matthéüs 19:27  Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal daar dan vir ons wees? 28  En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel. 29  En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe. 

Openbaring 7:9  Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; 

Openbaring 7:16  Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; 17  want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee. 

Openbaring 21:1  En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. 

Openbaring 21:3  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. 4  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. 5  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. 

Matthéüs 7:1  Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. 2  Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. 

Openbaring 21:6  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. 7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees. 

Jesaja 65:17  Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie. 18  Maar wees julle bly en juig vir ewig oor wat Ek skep; want kyk, Ek skep Jerusalem om te juig, en sy mense om bly te wees. 

Johannes 14:1  Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. 2  In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 3  En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. 4  En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle. 5  Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? 6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. 

Matthéüs 24:3  En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? 4  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 5  Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei. 6  En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. 7  Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. 8  Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte. 9  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. 10  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat. 11  En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. 12  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. 

Lukas 21:34  Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie. 

Johannes 16:19  En Jesus het gemerk dat hulle Hom wou vra, en Hy sê vir hulle: Ondervra julle mekaar daaroor dat Ek gesê het: ‘n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ‘n klein tydjie, en julle sal My sien? 20  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle sal ween en rou bedryf, maar die wêreld sal bly wees. En julle sal bedroef wees, maar julle droefheid sal in blydskap verander. 21  ‘n Vrou het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat ‘n mens in die wêreld gebore is. 

Johannes 16:23  En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. 24  Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. 

Matthéüs 7:7  Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 8  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. 9  Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee; 10  en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee? 11  As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid! 

Matthéüs 24:45  Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee? 46  Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind. 47  Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel. 

Die boodskap sluit verduideliking van VADER se Hebreeuse Name in.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

As Ek Benoud Is (15-02-2015)

As Ek Benoud Is (15-02-2015)

– Banie Swanepoel:

VADER het ons almal op ‘n pad gebring tot daar waar ons vra: “VADER, wat is U wil?”

Ons leef in tye wat ons benoudheid beleef. Behalwe dat ons blootgestel is in omstandigehede in ons land, het ons ook nog ons eie persoonlike situasies. Dinge wat jou benoud maak, al was dit om iemand aan die dood af te staan, slegte verhoudings, slegte werksomstandighede, of dalk het jy glad nie eens werk en weet jy nie waar die fondse vandaan gaan kom, om vir jou gesin te voorsien nie.

Nou wil ons weet hoe om dit te hanteer. Wat VADER se wil is, hoe ons moet bid en wat moet ons vra, want dit help nie ons wil dit op ons eie aanpak nie.

Ons moet kyk wat die fondament is en daarop bou.

1 Sameul 28:3  En Samuel het gesterwe, en hulle het oor hom gerouklaag, die hele Israel, en hom begrawe in Rama, naamlik in sy stad. En Saul het die dodebesweerders en die waarsêers uit die land verwyder. 4  Daarop het die Filistyne bymekaargekom en ingetrek en laer opgeslaan in Sunem. En Saul het die hele Israel versamel, en hulle het laer opgeslaan op Gilbóa. 5  Toe Saul die leër van die Filistyne sien, het hy bevrees geword, en sy hart het baie gebewe. 6  En Saul het die HERE geraadpleeg, maar die HERE het hom nie geantwoord nie—nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie. 7  En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my ‘n vrou wat ‘n dodebesweerster is, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. En sy dienaars sê vir hom: Daar is ‘n vrou, ‘n dodebesweerster, in Endor. 8  Daarop het Saul hom onkenbaar gemaak en ander klere aangetrek en weggegaan, hy en twee manne saam met hom. En toe hulle in die nag by die vrou aankom, sê hy: Voorspel tog vir my deur die gees van ‘n afgestorwene en laat vir my opkom die een wat ek jou sal noem. 

1 Sameul 28:11  En die vrou vra: Wie moet ek vir jou laat opkom? En hy sê: Laat Samuel vir my opkom. 12  Maar toe die vrou Samuel sien, skreeu sy hardop, en die vrou het met Saul gespreek en gesê: Waarom het u my bedrieg? Want u is Saul self. 

1 Sameul 28:15  En Samuel sê vir Saul: Waarom verontrus jy my deur my te laat opkom? En Saul antwoord: Ek is baie benoud, want die Filistyne voer teen my oorlog, en God het van my gewyk en antwoord my nie langer deur die diens van die profete en ook nie deur drome nie; daarom het ek u geroep om my bekend te maak wat ek moet doen. 16  En Samuel sê: Maar waarom raadpleeg jy my terwyl die HERE van jou gewyk en jou vyand geword het? 17  Die HERE het dan vir Homself gedoen soos Hy deur my diens gespreek het, en die HERE het die koningskap uit jou hand geskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee. 18  Omdat jy nie na die stem van die HERE geluister en die gloed van sy toorn teen Amalek nie uitgevoer het nie, daarom het die HERE jou vandag hierdie ding aangedoen. 19  En die HERE sal Israel ook saam met jou in die hand van die Filistyne gee, en môre sal jy met jou seuns by my wees; ook die leër van Israel sal die HERE in die hand van die Filistyne gee. 

Rigters 11:1  En Jefta, die Gileadiet, was ‘n dapper held, maar hy was die seun van ‘n hoer; en Gílead was die vader van Jefta. 2  En toe die vrou van Gílead vir hom seuns baar, en die seuns van die vrou groot word, het hulle Jefta weggejaag en vir hom gesê: Jy mag in ons familie nie erwe nie, want jy is die seun van ‘n ander vrou. 3  Daarop vlug Jefta van sy broers af weg en hy gaan woon in die land Tob; en ligsinnige manne het by Jefta aangesluit en saam met hom uitgetrek. 4  En ‘n tyd daarna het die kinders van Ammon oorlog gevoer teen Israel. 5  Maar toe die kinders van Ammon oorlog voer teen Israel, het die oudstes van Gílead Jefta gaan haal uit die land Tob; 6  en hulle het vir Jefta gesê: Kom en wees ons aanvoerder, dat ons kan veg teen die kinders van Ammon. 

Rigters 11:29  Toe het die Gees van die HERE op Jefta gekom, en hy het oorgetrek na Gílead en Manasse en verder deur na Mispe in Gílead; en van Mispe in Gílead het hy deurgetrek na die kinders van Ammon. 30  En Jefta het aan die HERE ‘n gelofte gedoen en gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee, 31  dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan die HERE behoort, en ek sal dit as ‘n brandoffer bring. 

Rigters 11:33  En hy het hulle verslaan van Aroër af in die rigting na Minnit, twintig stede, en tot by Abel-Kerámim—’n baie groot slag; sodat die kinders van Ammon verneder is voor die kinders van Israel. 34  En toe Jefta in Mispa by sy huis kom, gaan sy dogter juis uit hom tegemoet met tamboeryne en koordanse; en sy was die enigste kind: hy het geen seun of dogter buiten haar gehad nie. 35  En net toe hy haar sien, skeur hy sy klere en sê: Ag, my dogter, jy druk my heeltemal neer, en jy stort my in die ongeluk! Want ek het my mond geopen teenoor die HERE, en ek kan nie terugtrek nie. 36  En sy antwoord hom: My vader, as u u mond geopen het teenoor die HERE, maak met my soos uit u mond uitgegaan het nadat die HERE u volkome wraak verskaf het op u vyande, op die kinders van Ammon. 37  Verder het sy vir haar vader gesê: Laat dít my toegestaan word: laat my twee maande vry, dat ek kan weggaan en afdaal na die berge en my maagdelike staat beween, ek en my vriendinne. 

Rigters 11:39  En aan die end van twee maande het sy na haar vader teruggekom, en hy het die gelofte wat deur hom gedoen is, aan haar voltrek; en sy het geen man beken nie. En dit het ‘n gewoonte geword in Israel 40  dat die dogters van Israel jaar vir jaar heengaan om die dogter van Jefta, die Gileadiet, te besing, vier dae in die jaar. 

1 Sameul 30:1  En toe Dawid met sy manne die derde dag by Siklag aankom, het die Amalekiete ‘n inval gedoen in die Suidland en in Siklag, en hulle het Siklag verslaan en dit met vuur verbrand. 2  En hulle het die vroue en almal wat daarin was, gevange weggevoer, van die kleinste af tot die grootste toe; hulle het niemand gedood nie, maar hulle weggevoer en verder gegaan. 3  Toe Dawid met sy manne die stad inkom, lê dit daar met vuur verbrand, en hulle vroue en hulle seuns en hulle dogters was as gevangenes weggevoer. 4  Daarop het Dawid en die manskappe wat by hom was, hulle stem verhef en geween totdat daar geen krag meer in hulle was om te ween nie. 

1 Sameul 30:6  En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in die HERE sy God. 

1 Sameul 30:8  En Dawid het die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek hierdie bende agternajaag? Sal ek dit inhaal? En Hy sê vir hom: Agtervolg, want jy sal sekerlik inhaal en sekerlik uitred. 

Johannes 16:23  En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. 

Matthéüs 6:25  Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? 

Matthéüs 6:27  Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? 28  En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; 

Matthéüs 6:30  As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges? 31  Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? 32  Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. 33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. 

Markus 14:32  Toe kom hulle in ‘n plek waarvan die naam Getsémané was. En Hy sê vir sy dissipels: Sit hier onderwyl Ek gaan bid. 33  En Hy neem Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom en begin ontsteld en benoud te word. 34  En Hy sê vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak. 35  En toe Hy ‘n bietjie verder gegaan het, val Hy op die grond en bid dat, as dit moontlik was, dié uur by Hom sou verbygaan. 36  En Hy sê: Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil. 

Markus 14:39  Hy gaan toe weer weg en bid dieselfde woorde. 

Markus 14:41  En Hy kom vir die derde keer en sê aan hulle: Slaap maar voort en rus. Dit is genoeg; die uur het gekom. Kyk, die Seun van die mens word oorgelewer in die hande van die sondaars. 

Jakobus 4:1  Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? 2  Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. 3  Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. 4  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God. 

Jakobus 1:2  Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, 3  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. 4  Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. 

Jakobus 1:12  Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet. 

Romeine 8:28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. 

Romeine 8:31  Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? 

Romeine 8:35  Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? 36  Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. 

Hebreërs 12:8  Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie. 9  Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie? 10  Want húlle het ons wel ‘n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word. 11  Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is. 

1 Petrus 1:6  Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, 7  sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; 8  vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, 9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE