Reekse

Die orde van Melgisédek (2021)

Die orde van Melgisédek (2021)

– Banie Swanepoel:

In die vorige reeks IS YAHSHUA GOD? het ons baie duidelik giesien dat Hy wel GOD is, maar wat ook baie duidelik is, is dat Melgisédek, ook GOD is en ook Yahshua is.

Kom ons kyk in hierdie reeks wat so besonders aan Melgisédek is. Waaroor dit gaan, want dit is enorm belangrik…

001 Die orde van Melgisédek (Die twee weë) 14-02-2021

002 Die orde van Melgisédek (Twee Ordes) 21-02-2021

003 Die Orde van Melgisédek (Die 10 Gebooie) 07-03-2021

004 Die Orde van Melgisédek (Geregtigeheid deur geloof) 14-03-2021

005 Die Orde van Melgisédek (Wat is die orde van Melgisédek) 28-03-2021

006 Die Orde van Melgisédek (Jy moet in YAHSHUA glo) 11-04-2021

007 Die Orde van Melgisédek (Hoe moet ons glo?) 18-04-2021

008 Die orde van Melgisédek (Toets jou geloof) 25-04-2021

009 Die orde van Melgisédek (Die vervulling van die wet en die profete) 02-05-2021

<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>

001 (Die twee weë) 14-02-2021

In die vorige reeks IS YAHSHUA GOD? het ons baie duidelik giesien dat Hy wel GOD is, maar wat ook baie duidelik is, is dat Melgisédek, ook GOD is en ook Yahshua is.

Kom ons kyk in hierdie reeks wat so besonders aan Melgisédek is. Waaroor dit gaan, want dit is enorm belangrik…

Die Gees van GOD spreek in ons en as ons Hom nie hoor nie en ons doen nie wat Hy sê nie en ons glo Hom nie, dan sal ons verlore gaan.

Dit wat ons red van die dood, is die Woorde van GOD. Sy Woord, is lewe en Sy Woord is Lig.

As ons dit net hoor en dit gaan by ons verby, dan sal ons sterf.

As ons dit hoor en dit kom in ons harte dan verander ons, dan dra dit veel vrug. Dit wat van te vore vir ons belangrik was, is nou nie meer belangrik nie. GOD se Koninkryk word nou vir ons belangrik en ons leef dan nie meer vir hierdie koninkryk nie.

Génesis 14:17  Ná sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die Koningslaagte. 18  En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring 19  en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. 20  En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles. 

Hebreërs 7:1  Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het; 2  aan wie Abraham ook ‘n tiende deel van alles gegee het—hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede; 

Jeremia 23:5  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. 6  In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID

Kollosense 1:19  Want dit het die Vader behaag dat in Hom (Yahshua) die ganse volheid sou woon 20  en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele. 

Hebreërs 7:3  sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur. 4  Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, ‘n tiende van die buit gegee het. 5  Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel ‘n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het; 6  maar hy wat nie uit húlle sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes geneem en die besitter van die beloftes geseën. 7  Nou word sonder enige teëspraak die mindere deur die meerdere geseën. 8  En hier neem wel sterflike mense tiendes, maar dáár een van wie getuig word dat hy lewe. 9  En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee; 10  want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het. 11  As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was—want met die oog daarop het die volk die wet ontvang—waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester (Yahshua) moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?  12  Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet; 13  omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan ‘n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie. 14  Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie. 15  En nog baie duideliker is dit as daar ‘n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek, 

Hebreërs 7:17  Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek. 18  Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan, 19  omdat die wet niks volkome gemaak het nie; maar aan die ander kant is daar die invoering van ‘n beter hoop waardeur ons tot God nader. 20  En vir sover dit nie sonder eedswering was nie—want húlle het sonder eedswering priesters geword, 21  maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek— 22  in sover het Jesus van ‘n beter verbond borg geword. 23  En hulle het wel priesters geword in ‘n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly; 24  maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. 25  Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. 

Hebreërs 8:1  Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele, 2  ‘n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ‘n mens nie. 3  Want elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te bring. Daarom moes Hy ook iets hê om te offer. 4  Want as Hy op aarde was, sou Hy selfs geen priester wees nie, omdat daar priesters is wat volgens die wet die gawes offer, 5  hulle wat ‘n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses ‘n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is. 6  Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. 7  Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie. 8  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring, 9  nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here. 10  Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. 11  En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle. 12  Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie. 13  As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning. 

1 Johannes 2:3  En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. 4  Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie. 5  Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. 6  Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het. 7  Broeders, dit is geen nuwe gebod wat ek aan julle skryf nie, maar ‘n ou gebod wat julle van die begin af gehad het. Die ou gebod is die woord wat julle van die begin af gehoor het. 8  En tog skryf ek aan julle ‘n nuwe gebod wat waar is in Hom en in julle, want die duisternis gaan verby en die waaragtige lig skyn alreeds. 9  Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe. 10  Wie sy broeder liefhet, bly in die lig, en in hom is geen oorsaak van struikeling nie. 11  Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het. 

1 Johannes 2:15  Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. 

1 Johannes 3:10  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie. 11  Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê; 12  nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig. 

1 Johannes 3:14  Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood. 15  Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie. 16  Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê. 17  Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom? 18  My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. 

1 Johannes 3:21  Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; 22  en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom. 23  En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ‘n gebod gegee het. 

Hebreërs 10:28  As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; 29  hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het? 

1 Johannes 3:24  En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het. 

1 Johannes 4:7  Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. 8  Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde. 9  Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. 10  Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes. 11  Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê. 12  Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword. 

1 Johannes 4:16  En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom. 17  Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld. 18  Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie. 19  Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. 20  As iemand sê: Ek het God lief—en sy broeder haat, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie? 21  En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê. 

2 Johannes 1:4  Ek was baie bly dat ek van u kinders gevind het wat in die waarheid wandel, soos ons ‘n gebod van die Vader ontvang het. 5  En nou bid ek u, uitverkore vrou, nie asof ek u ‘n nuwe gebod skryf nie, maar een wat ons van die begin af gehad het: dat ons mekaar moet liefhê. 

Hebreërs 8:10  Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. 

Romeine 5:5  en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is. 6  Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. 7  Want nouliks sal iemand vir ‘n regverdige sterwe vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe 8  maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. 

<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>

002 (Twee Ordes) 21-02-2021

Die vorige boodskap het dit vir ons duidelik gemaak, dat die orde van Aäron se uitkoms nie die ewige lewe is nie, maar die uitkoms van die orde van Melgisédek, wel die ewige lewe gee.

‘n Orde (‘n gesag wat oor jou is) is egter iets waaraan jy jou moet onderwerp. Ons moet dit ken en ons moet dit doen.

Die doel van ons geloof is nie om ‘n argument te wen, of om ‘n kerk te begin nie. Dit gaan oor die saligheid van ons siele.

Die onus is op elkeen van ons om GOD se Woord te ondersoek, om sodoende seker te maak dat jy op die regte pad is… Die pad na die ewige lewe.

As jy verkeerd glo, sal jy verlore gaan…

Galásiërs 5:3  En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. 4  Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval. 5  Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop. 

Romeine 10:2  Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis. 3  Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. 4  Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. 

Hebreërs 7:12  Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet; 

Handelinge 15:1  En sekere persone wat van Judéa afgekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie. 2  Toe daar nou geen klein stryd en woordewisseling van die kant van Paulus en Bárnabas teen hulle ontstaan het nie, het hulle besluit dat Paulus en Bárnabas en nog ‘n paar ander van hulle sou opgaan na die apostels en ouderlinge in Jerusalem in verband met hierdie vraagstuk. 

Handelinge 15:4  En by hulle aankoms in Jerusalem is hulle ontvang deur die gemeente en die apostels en die ouderlinge; en hulle het verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het. 5  Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou. 6  En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek. 7  En toe daar ‘n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word. 8  En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons. 9  En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof. 10  Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels ‘n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie? 11  Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook. 

Handelinge 15:13  En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê: Broeders, luister na my! 14  Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. 15  En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: 16  Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, 17  sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen. 

Handelinge 15:19  Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie, 20  maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed. 

Handelinge 15:22  Toe het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antiochíë te stuur saam met Paulus en Bárnabas, naamlik Judas, met die bynaam van Bársabas, en Silas, manne wat voorgangers onder die broeders was. 23  En hulle het deur hul bemiddeling dít geskrywe: Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë en Sírië en Cilícië: Groete! 24  Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou, 25  het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus— 

Handelinge 15:28  Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge: 29  dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel! 

Handelinge 21:17  En toe ons in Jerusalem aankom, het die broeders ons met blydskap ontvang. 

Handelinge 21:19  En nadat hy (Paulus) hulle gegroet het, het hy van stuk tot stuk vertel wat God onder die heidene deur sy diens gedoen het. 20  En toe hulle dit hoor, het hulle die Here verheerlik en vir hom gesê: U sien, broeder, hoeveel duisende Jode daar is wat gelowig geword het, en almal is yweraars vir die wet. 21  En hulle is aangaande u vertel dat u al die Jode onder die heidene leer om van Moses afvallig te word deur te sê dat hulle die kinders nie moet besny nie en ook nie volgens die sedes moet wandel nie. 22  Wat staan ons dan te doen? Dit is dringend nodig dat die menigte bymekaarkom, want hulle sal hoor dat u gekom het. 23  Doen dan wat ons vir u sê. Ons het vier manne wat ‘n gelofte gedoen het; 24  neem hulle en heilig u saam met hulle en betaal die koste vir hulle, sodat hulle hul hoofde kan skeer en almal kan weet dat daar niks is in wat van u vertel word nie, maar dat u self ook wandel as een wat die wet onderhou. 25  Wat egter die gelowiges uit die heidene betref het ons geskrywe en besluit dat hulle niks van dié aard moet onderhou nie, maar hulle net moet onthou van afgodsoffers en bloed en van wat verwurg is, en van hoerery. 26  Toe het Paulus die manne geneem en op die volgende dag hom saam met hulle geheilig en in die tempel gegaan om bekend te maak dat die dae van die heiliging sou voortduur totdat die offer vir elkeen van hulle gebring moes word. 27  Maar toe die sewe dae byna verby was, het die Jode van Asië hom in die tempel gesien en die hele skare oproerig gemaak en die hande aan hom geslaan 

Romeine 3:1  Wat is dan die voordeel van die Jood? Of wat is die nut van die besnydenis? 2  Groot, in alle opsigte: ten eerste tog seker dat aan hulle die woorde van God toevertrou is. 

Romeine 3:9  Wat dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is, 10  soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. 

Romeine 3:19  Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; 20  aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde. 21  Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, 22  die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; 23  want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, 24  en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. 

Romeine 4:1  Wat sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry? 2  Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie. 3  Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 4  Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste; 5  aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken. 

<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>

003 (Die 10 Gebooie) 07-03-2021

Tot dusver het ons gesien dit is duidelik dat daar twee ordes, twee priesters en twee wette is. Die orde van Aäron en die orde van Melgisédek.

Die orde van Aäron kan nie verlos nie, maar die orde van Melgisédek kan dit wel doen.

Die orde van Melgisédek, het die orde van Aäron vervang. Die twee ordes bestaan nie gelyk nie.

Daar is nie meer priesters van die orde van Aäron nie, maar Melgisédek se Hoëpriester, Yahshua, is nou die enigste Priester, wat vir ewig Hoëpriester is.

Die orde van Melgisédek vereis dat ons weer gebore word. Dit help nie eers jy raak betrokke in argumente oor die wet, of verlossing, of wat ook al, as jy nie weer gebore is nie. Jy is dan ‘n buitestaander.

Jy moet weer gebore wees, dan ontvang jy die Heilige Gees wat jou in alle waarheid lei.

Die orde van Aäron was vir jou verstand. Jy het dit gelees, ingesien, verstaan en gedoen.

Die orde van Melgisédek werk heeltemal anders. As die Gees jou nie lei nie, is dit vir jou ‘n duistere saak.

Romeine 10:12  Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. 13  Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. 

Josua 1:7  Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan. 8  Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel. 

Galásiërs 5:3  En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. 

Galásiërs 5:14  Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. 

Jakobus 2:10  Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword. 

Númeri 35:18  Of as hy hom slaan met ‘n houtvoorwerp in die hand—waardeur iemand kan sterwe—en hy sterwe, dan is hy ‘n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word. 19  Die bloedwreker, hy moet die moordenaar doodmaak; as hy hom kry, moet hy hom doodmaak. 

Exodus 21:18  En as manne twis en die een die ander slaan met ‘n klip of met die vuis, sodat hy nie sterwe nie, maar bedlêend word— 19  as hy weer opstaan en buite met sy stok rondloop, moet hy wat geslaan het, ongestraf bly; net sy tydverlies moet hy vergoed en sorg dat hy heeltemal gesond word. 20  En as iemand sy slaaf of slavin met ‘n stok slaan, dat dié onder sy hand sterwe, moet dit sekerlik gewreek word. 21  Maar as hy ná een of twee dae nog lewe, moet dit nie gewreek word nie, want hy is sy eiendom. 

Exodus 21:26  En as iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan en hy dit beskadig, moet hy hom vry laat weggaan vir sy oog. 27  En as hy die tand van sy slaaf of die tand van sy slavin uitslaan, moet hy hom vry laat weggaan vir sy tand. 

Exodus 12:14  En hierdie dag moet vir julle ‘n gedenkdag wees, en julle moet dit as ‘n fees tot eer van die HERE vier. Julle moet dit in julle geslagte as ‘n ewige insetting vier. 

Exodus 27:20  En jy moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om gedurigdeur ‘n brandende lamp te hê. 21  In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE. Dit sal ‘n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel. 

Exodus 29:28  En dit moet vir Aäron en sy seuns wees tot ‘n ewige insetting van die kant van die kinders van Israel, want dit is ‘n hefoffer; en dit sal ‘n hefoffer wees van die kant van die kinders van Israel, van hulle dankoffers—hulle hefoffer aan die HERE. 

Númeri 18:8  Verder het die HERE met Aäron gespreek: Ek self het jou die diens van my offergawes gegee; wat betref al die heilige gawes van die kinders van Israel, aan jou gee Ek dit as aandeel en aan jou seuns as ewige insetting. 

2 Korinthiërs 3:5  Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God, 6  wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend. 7  En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan, 8  hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie? 9  Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid. 10  Want wat verheerlik was, is ook in hierdie geval nie verheerlik nie, vanweë die alles oortreffende heerlikheid. 11  Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid. 

2 Korinthiërs 3:12  Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid; 13  nie soos Moses nie, wat ‘n bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie. 14  Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word. 15  Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart; 16  maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. 17  Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. 18  En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is. 

Matthéüs 5:17  Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. 18  Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. 19  Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele. 20  Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. 21  Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg. 22  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur. 23  As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, 24  laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe. 

Matthéüs 5:17  Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. 18  Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. 19  Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele. 

Matthéüs 5:38  Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand. 

Deuteronómium 19:20  En die ander moet dit hoor en vrees en nie meer verder by jou so iets verkeerds doen nie. 21  En jou oog mag nie verskoon nie: lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet. 

Matthéüs 5:38  Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand. 39  Maar Ek sê vir julle dat julle ‘n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe. 

Romeine 8:1  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. 2  Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. 3  Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, 4  sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. 5  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 

Romeine 8:7  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; 9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. 

Romeine 8:11  En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. 12  Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; 13  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. 14  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. 

<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>

004 (Geregtigeheid deur geloof) 14-03-2021

Ons word geregverdig deur die geloof.

Abraham het wee seuns gehad. Isak en Ismael. Ismael was die eersgeborene, maar Isak was die erfgenaam. Vader het vir Abraham gesê om die erfgenaam, Isak, te offer.

Dink aan die praktiese, Abraham moes die erfgenaam, die een uit wie die volk moes voortkom, gaan doodmaak.  Abraham het GOD se belofte aan hom geglo dat uit Isak, sy nageslag sou voortkom.

Romeine 9:30  Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is; 31  terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie. 32  Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was…

Romeine 10:1  Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding. 2  Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis. 3  Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. 4  Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. 

Handelinge 15:5  Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou. 6  En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek. 

Galásiërs 1:6  Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe, 7  terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai. 8  Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees! 9  Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees! 10  Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie. 11  Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie. 12  Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus. 

2 Petrus 3:15  En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het, 16  net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf. 

Galásiërs 2:11  Maar toe Petrus in Antiochíë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het. 12  Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar ná hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is. 

Galásiërs 2:14  Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ‘n Jood is, soos ‘n heiden lewe en nie soos ‘n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe? 15  Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie, 16  terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie. 

Galásiërs 2:18  Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself ‘n oortreder; 19  want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe. 20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. 21  Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe. 

Galásiërs 3:1  o, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? 2  Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? 3  Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees? 4  Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was! 5  Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? 

Galásiërs 3:10  Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie. 11  En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe. 12  Maar die wet is nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. 13  Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang— 14  sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang. 15  Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs ‘n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie. 16  Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus. 17  Maar ek sê dít: die wet wat vier honderd en dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie. 

Romeine 4:3  Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 

Galásiërs 3:6  Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 

Jakobus 2:23  En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem. 

Galásiërs 3: 17  Maar ek sê dít: die wet wat vier honderd en dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie. 18  Want as die erfenis uit die wet is, dan is dit nie meer uit die belofte nie. Maar God het dit aan Abraham deur ‘n belofte genadiglik geskenk. 19  Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van ‘n middelaar. 

Galásiërs 3:21  Is die wet dan teen die beloftes van God? Nee, stellig nie! Want as daar ‘n wet gegee was wat krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees. 22  Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word. 23  Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. 24  Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. 25  Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie. 

Galásiërs 3:27  want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. 

Galásiërs 4:1  Maar ek sê: So lank as die erfgenaam ‘n kind is, verskil hy niks van ‘n dienskneg nie, al is hy heer van alles; 2  maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal. 3  So was ons ook, toe ons kinders was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld. 4  Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet, 5  om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. 6  En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! 7  Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus. 8  Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie; 9  maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? 10  Julle neem dae en en maande en tye en jare waar. 11  Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het. 

Galásiërs 4:17  Hulle ywer vir julle is nie goed nie, maar hulle wil ons buitesluit, sodat julle vir hulle kan ywer. 18  Dit is goed as daar altyd geywer word in ‘n goeie saak en nie alleen wanneer ek by julle teenwoordig is nie, 19  my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle ‘n gestalte verkry. 20  En ek sou wens om nou by julle teenwoordig te wees en my stem te verander, want ek is buite raad met julle. 21  Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie? 22  Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye. 23  Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte. 24  Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar; 25  want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny. 26  Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal. 

Génesis 21:10  en sy sê aan Abraham: Jaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak erwe nie. 11  En die woord was baie verkeerd in die oë van Abraham vanweë sy seun. 12  Maar God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou ‘n nageslag genoem word. 

Galásiërs 4:28  Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte; 29  maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook. 30  Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie. 31  Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye. 

<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>

005 (Wat is die orde van Melgisédek) 28-03-2021

Kom ons kyk wat is die Orde van Melgisédek.

Jesaja 48:6  Jy het dit gehoor—aanskou dit alles! Sal júlle dit dan nie verkondig nie? Van nou af laat Ek jou nuwe dinge hoor en geheime wat jy nie geweet het nie. 7  Nou is hulle geskape en nie tevore nie; en voor vandag het jy niks daarvan gehoor nie, dat jy nie sou sê: Kyk, ek het dit geweet nie! 

VADER sê van nou af, laat Hy ons nuwe dinge hoor wat ons nie geweet het nie.

Die Orde van Melgisédek, is iets nuuts. Dit is ‘n openbaring.

Die orde van Aäron was ‘n voor van moets en moenies, waarin ons beweeg het.

Toe die nuwe verbond in Jeremia en Hebreërs aangekondig is, het Hy gesê ‘n “ander” verbond, nie “soos” die ou verbond nie. Ons is geneig om te sê dit is ander terme, maar dieselfde verbond, maar dit is nie. Dit is totaal iets anders. 

Johannes 6:40  En dit is die wil van Hom (Yahweh) wat My (Yahshua) gestuur het, dat elkeen wat die Seun (Yahshua) aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. 

Johannes 6:47  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe. 

Johannes 11:25  Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; 26  en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit? 27  Sy antwoord Hom: Ja, Here, ek glo dat U die Christus is, die Seun van God, wat in die wêreld sou kom. 

Hebreërs 10:25  en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie…

Romeine 4:1  Wat sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry? 2  Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie. 3  Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 4  Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste; 5  aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken. 

<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>

006 (Jy moet in YAHSHUA glo) 11-04-2021

2 Timótheüs 3:10  Maar jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid, 11  vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antiochíë, in Ikónium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos. 

2 Timótheüs 3:14  Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, 15  en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. 16  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 17  sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. 

Ons het met die vorige boodskap begin met die gedeelte wat sê jy moet in Yahshua glo.

Die orde van Melgisédek vra nie gehoorsaamheid nie. Die orde van Aäron het gehoorsaamheid vereis, anders was jy veroordeel.

Die doel van die orde van Aäron was om die volk in bewaring te hou, dat hulle nie ten gronde gaan soos in die tyd van Noag nie.

Daar was vir hulle reëls gegee met die opdrag om by die reëls te bly, totdat daar vir hulle redding sou kom.

Die orde van Aäron kon niemand red nie en dit was ook nie die doel nie.

Die doel van Melgisédek, is om ons te red.

Moenie die Melgisédek-orde sien as ‘n “verbeterde” weergawe van die orde van Aäron nie. Hulle het nie iets met mekaar te doen nie…

Romeine 10:9  As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; 10  want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. 11  Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. 

Johannes 20:25  Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie. 26  En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en gesê: Vrede vir julle! 27  Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig. 28  En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God! 29  Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het. 

Hebreërs 11:1  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. 

<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>

007 (Hoe moet ons glo?) 18-04-2021

Ons het in laaste twee boodskappe gesien, die Orde van Melgisédek gaan oor geloof.

Yahshua sê, “Glo in My.” Ons stem saam, maar ons weet nie wat dit is om te glo nie, want ons wil nog steeds verdien. 

Ons wil saligheid verdien. Ons kan dit egter nie verdien nie…

Om IN Yahshua te kan glo, moet ons Hom ken en ons kan Hom slegs leer ken deur Sy Woord.

Markus 10:48  En baie het hom bestraf, dat hy moet stilbly; maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig! 49  Toe gaan Jesus staan en sê dat hy geroep moes word; en hulle roep die blinde man en sê vir hom: Hou goeie moed, staan op! Hy roep jou. 

Markus 10:51  En Jesus antwoord en sê vir hom: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En die blinde man sê vir Hom: Rabbóni, dat ek mag sien. 52  En Jesus sê vir hom: Gaan, jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg. 

Markus 5:33  Die vrou, wat gevrees en gebeef het omdat sy wis wat met haar gebeur het, kom toe en val voor Hom neer en vertel Hom die hele waarheid. 34  En Hy sê vir haar: Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees van jou kwaal genees. 35  Terwyl Hy nog spreek, kom daar mense van die owerste van die sinagoge se huis en sê: U dogter is dood. Waarom val u die Meester nog lastig? 36  Maar dadelik, toe Jesus die woord hoor wat gespreek is, sê Hy vir die owerste van die sinagoge: Moenie vrees nie; glo net. 

Romeine 8:28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. 

Filippense 4:7  En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. 

Romeine 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. 

Johannes 1:1  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2  Hy was in die begin by God. 3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. 4  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. 

Johannes 10:28  En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. 29  My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. 30  Ek en die Vader is een. 

Kollosense 1:13  Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, 14  in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes. 15  Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; 16  want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. 17  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. 

Romeine 6:1  Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2  Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 

Romeine 6:12  Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. 13  En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. 14  Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. 15  Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! 16  Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid? 17  Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is, 18  en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid. 19  Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking. 

Hebreërs 6:13  Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer 14  en gesê: Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder. 15  En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het. 16  Want mense sweer by een wat meer is, en die eed van bevestiging is vir hulle die einde van alle teëspraak. 17  Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met ‘n eed gewaarborg; 18  sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê; 

<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>

008 (Toets jou geloof) 25-04-2021

Ons word deur geloof gered, maar steeds begryp ons nie wat dit beteken nie.

Om op te tree as gevolg van gehoorsaamheid, is nie geloof nie.

Om te glo en dan dáárvolgens op te tree, is geloof.

Ons kan temperatuur meet, afstand meet, lugdruk meet, sterkte van staal meet, ens, ens, ens… Geloof kan ook gemeet word.

Romeine 1:17  Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. 

Markus 16:16  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. 

1 Petrus 1:6  Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, 7  sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; 8  vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, 9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry. 

Hebreërs 3:7  Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, 8  verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie, 9  waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het. 10  Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie, 11  sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. 12  Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. 13  Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. 14  Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou; 15  omdat daar gesê word: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie. 16  Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie? 17  En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie? 18  En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? 19  En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie. 

Hebreërs 4:1  Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie. 2  Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie. 3  Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie—alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is. 4  Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus; 5  en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. 6  Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie, 7  bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie. 8  Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie. 9  Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; 10  want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. 11  Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie. 12  Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. 13  En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het. 14  Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. 

<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>

009 (Die vervulling van die wet en die profete) 02-05-2021

As ons in ‘n stryd beland oor die wet, soos wat ons ook sien gebeur het in Paulus se tyd al, dan raak mens agressief, of kwaad en aanvallend, maar dit is alles wat verkeerd is.

Dan ontstaan ‘n gevoel dat die Ou Verbond verkeerd was.

Die Ou Verbond was nie verkeerd nie. VADER het nie ‘n fout gemaak met die Ou Verbond nie. Dit was daar vir ‘n doel.

Dit was die tyd vóór Yahshua. Dit was die tyd vóór daar vir ons sonde betaal was.

Yahshua het nie die Ou Verbond tot niet gemaak nie, Hy het die Ou Verbond vervul.

Die Ou Verbond het van Yahshua gepraat.

Matthéüs 5:17  Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul

Deuteronómium 25:4  Jy mag ‘n os nie muilband as hy graan dors nie. 

1 Korinthiërs 9:7  Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant ‘n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas ‘n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie? 8  Sê ek dit miskien menslikerwys, of sê die wet dit nie ook nie? 9  Want in die wet van Moses is geskrywe: ‘n Os wat graan dors, mag jy nie muilband nie. Is dit miskien oor die osse dat God Hom bekommer? 

1 Korinthiërs 9:13  Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie? 

Matthéüs 1:22  En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: 23  Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons. 

Jesaja 7:14  Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem. 

Markus 1:14  En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig 15  en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie. 

Lukas 16:16  Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin. 

Matthéüs 11:12  Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld. 13  Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer.

Génesis 3:15  En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt. 

Lukas 12:50  Maar Ek het ‘n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is! 

Johannes 19:30  En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee. 

Génesis 17:9  Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag. 10  Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word— 11  julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal ‘n teken wees van die verbond tussen My en julle. 

Génesis 17:13  die wat in jou huis gebore en wat met jou geld gekoop is, moet sekerlik besny word. So moet dan my verbond in julle vlees wees as ‘n ewige verbond. 14  En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie—dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word: hy het my verbond verbreek. 

Lukas 2:21  En toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle Hom Jesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voor sy ontvangenis in die moederskoot. 

Handelinge 15:1  En sekere persone wat van Judéa afgekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie. 2  Toe daar nou geen klein stryd en woordewisseling van die kant van Paulus en Bárnabas teen hulle ontstaan het nie, het hulle besluit dat Paulus en Bárnabas en nog ‘n paar ander van hulle sou opgaan na die apostels en ouderlinge in Jerusalem in verband met hierdie vraagstuk. 

Handelinge 15:24  Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou, 

Galásiërs 5:2  Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie. 3  En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. 4  Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval. 

Kollosense 2:11 (Yahshua) in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, 12  omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het. 

Exodus 12:5  Julle moet ‘n lam hê sonder gebrek, ‘n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. 

Exodus 12:7  En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet. 

Exodus 12:12  Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE. 13  Maar die bloed sal vir julle ‘n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie. 14  En hierdie dag moet vir julle ‘n gedenkdag wees, en julle moet dit as ‘n fees tot eer van die HERE vier. Julle moet dit in julle geslagte as ‘n ewige insetting vier. 15  Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, dié siel moet uit Israel uitgeroei word. 

1 Petrus 1:17  En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap; 18  omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, 19  maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, 

Openbaring 5:5  Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek. 6  En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is…

Exodus 12:17  Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Egipteland uitgelei. Daarom moet julle hierdie dag in julle geslagte as ‘n ewige insetting hou. 

Exodus 12:24  Onderhou dan hierdie saak as ‘n insetting vir jou en jou kinders tot in ewigheid. 

Matthéüs 16:6  Daarop sê Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs. 

Matthéüs 16:12  Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs. 

1 Korinthiërs 5:6  Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? 7  Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. 8  Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid. 

Hebreërs 11:8  Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. 9  Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. 10  Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is. 

Hebreërs 11:24  Deur die geloof het Moses, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word, 25  omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om ‘n tyd lank die genot van die sonde te hê, 26  en die smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning. 27  Deur die geloof het hy Egipte verlaat sonder om die toorn van die koning te vrees, want hy het volgehou soos een wat die Onsienlike sien. 

Deuteronómium 34:5  Toe het Moses, die kneg van die HERE, daar gesterwe in die land Moab, volgens die bevel van die HERE. 6  En Hy het hom in die dal in die land Moab, teenoor Bet-Peor, begrawe; en niemand het tot vandag toe sy graf geken nie. 

Jakobus 1:22  En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie. 23  Want as iemand ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n dader nie, dié is soos ‘n man wat sy natuurlike gesig in ‘n spieël sien; 24  want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. 25  Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen. 

Romeine 13:1  Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, 2  sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang. 3  Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang; 4  want hy is ‘n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ‘n dienaar van God, ‘n wreker om die een wat kwaad doen, te straf. 5  Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete. 6  Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is. 7  Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom. 8  Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul. 9  Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. 10  Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet. 11  En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het. 12  Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. 13  Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie. 14  Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie. 

<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>:<>

As jy hierdie gelees het en dit nie die eerste keer insien nie, lees dit weer aandagtig en sien in wat die diep betekenis is.

Ons dink Vader YHWH is gevoelloos. Ons dink Hy werk net volgens reëls en beginsels. Ons besef nie dat Hy net soos ons ook emosies het nie. Wanneer Hy sê Hy het ons lief, is dit nie uit beginsels nie, maar net soos wat ons liefhet, het Hy óók lief. Net soos wat ons hart skeur as ons iemand liefhet, maar daardie persoon het ons nie terug lief nie, net so skeur sý hart ook. Net soos ons wonder hoe lank gaan ons nog probeer om ons geliefde se hart te wen voordat ons tou opgooi, net so stel Hý ook uit.

Het sy my lief, of gebruik sy my net vir dit wat ek haar bied? Hoe is dit dat sy sê sy het my lief, maar sy maak onderlangs ogies vir ander mans?

Dieselfde skok wat ons hart tot stilstand bring as ons dit agterkom, is die skok wat deur Hom gaan as ons sê ons het Hom lief, maar ons bedrieg Hom, net sodat ons voordeel uit Hom kan trek. Net soos wat ons nagte om huil omdat ons geliefde se hart aan iemand anders behoort, net so treur YHWH oor ons.

Wanneer Hy Israel vir jare waarsku dat Hy hulle in ballingskap gaan stuur omdat hulle Hom nie liefhet nie, maar dan lank vat om dit uiteindelik te doen, is dit omdat Hy uitstel in die hoop dat hulle hart sal verander om Hom lief te kry.

Jesaja 54:5-8  Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.  6  Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos ‘n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God.  7  Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader.  8  In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.

Wanneer Hy wel Israel in ballingskap laat gaan is sy motief nie om hulle te straf nie, maar dat hulle van hulle ander liefde afstand moet doen en Hom sien vir wie Hy is en Hom lief kry. Hy is die “prins op die wit perd” wat sy lewe in hulle plek gee, sodat hulle verlos kan word van die dood. Hy is die een wat hulle gevormeer het en hulle die kroon van sy skepping gemaak het deur hulle na sy beeld te skape. Hy is die een wat net goeie dinge oor hulle bedink en niks wat sleg is nie.

Hulle het agter ander liefde aangegaan net omdat hulle bedrieg is en Hom nie ken vir wie Hy is nie.

Die van ons wat die ondervinding van ‘n gebroke hart het deurdat jou geliefde jou verlaat en iemand anders liefgekry het, beleef die geweldige pyn wat dit veroorsaak het. Dit wat jy daaruit kan neem, is om te weet dat die onverganklike pyn wat jy daagliks in jou hart voel vergelykbaar is met die pyn in sý hart as ons Hom vergeet… as ons ons eerste liefde verlaat. Die van ons wat die ervaring het dat jy iemand liefgekry het, maar daardie persoon het jou nie lief nie en jy wonder of dit die moeite werd is om aan te hou probeer.

Jy wonder of dit die moeite werd is om emosies te beleef wat jou lewe moeilik maak. Jou slaap het verdwyn en jou denke aan daardie persoon wil jou nie verlaat nie. Jy probeer vergeet, maar jy kan nie… weet dat Vader ook so voel. Hy het Israel liefgekry en sy liefde aan Israel verklaar. Hy het sy hart oopgemaak en gesê; “jou alleen het Ek liefgehad uit al die volke wat op die aarde is”.

Ons neem sy woorde ligtelik op, maar wie van ons sal vir die een vir wie jy liefgekry het sommer jou hart oopmaak en die diepste geheim van liefde aan daardie persoon verklap? Ons doen dit nie, want ons is te bang ons gaan seerkry, maar Hý het dit gedoen, en toe gebeur dit werklik ook so met Hom; Hy het seergekry, want Israel het Hom nie terug liefgekry nie.

As jy dus die ervaring van ‘n stukkende hart het en jy voel stoksielalleen en uitverkoop, assosieer dan met God, want dit is hoe Hy elke dag, heeldag voel oor sy onbeantwoorde liefde tot ‘n volk wat Hom nie wil liefhê nie. Sy geliefdes bespot Hom en ontken Hom. Hy het nie lief nie, maar Hy is liefde.

Wanneer ons liefde tot ‘n ander persoon onbeantwoord bly en ons lewe kompliseer en dreig om dit te verwoes, beëindig ons daardie uitreiking na die ander persoon en sny alle bande en beoefen totale vermyding van kontak. Ons verwyder tot alle foto’s en vermy plekke wat ons aan daardie persoon sal laat dink, sodat daardie persoon totaal uit ons geheue kan verdwyn, sodat die pyn daarmee saam kan verdwyn. Vader beleef dit ook, maar sy liefde vir ons is sterker as die pyn wat ons afwesigheid van liefde aan Hom veroorsaak. Al is ons ontrou, Hy bly getrou. Hy kan nie ontrou wees nie. Al gee Hy ons oor aan tye van benoudheid, bly sy hand altyd uitgereik na ons toe, want die begeerte van sy hart is altyd dat ons terug uitreik en sy hand gryp en Hom terug liefhê.

 Jesaja 49:14-16  Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet!  15  Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!  16  Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My. Hoséa 1:10-11  Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.  11  Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!

Vader YHWH, ons het U baie lief, want U is ons alles. Ons het nie ander liefde buite U nie, want U is ons Alfa en ons Omega. Baie dankie dat U ons liefgehad het toe ons nog sondaars was en dat U volhard het in U liefde vir ons, al het ons U nie dadelik gehoor nie. Ons dank U dat U volhard het in U liefde, al het ons U baie hartseer gemaak omdat ons U liefde verwerp het. Wanneer ons self seerkry as gevolg van onbeantwoorde liefde en ons besef dit is hoe ons U seer gemaak het, dan kry ons skaam en ons voel self hartseer omdat ons so opgetree het.

Hoe langer ons in ‘n liefdesverhouding met U is hoe meer deel U U hart met ons en hoe meer liefde ervaar ons van U. Dankie dat ons verhouding met U gebaseer kan wees op liefde; liefde wat U reeds bewys het. U het die waarde van U liefde aan ons afgemeet en die prys was bereken; dit was só duur soos die lewe van die ewige Skepper. Baie dankie Vader.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Is Yahshua God? (2021)

Is Yahshua God? (2021)

– Banie Swanepoel:

Die onderwerp “Is Yahshua GOD?”, klink dalk vir ons irrelevant, maar as iemand jou daaroor konfronteer en jy nie seker is hoekom jy dit glo nie, gaan jou geloof in duie stort. So is dit maar met enige onderwerp.

As jy by iemand kom wat glo Yahshua is níe GOD nie en hy haal vir jou ‘n klompie Skrifte aan, is jy by magte om hom die teendeel te bewys?

Die doel van hierdie boodskap is om onsself te bemagtig met die Woord van GOD, om te weet wat ons glo.

001 Is Yahshua God? (Die Drie-Eenheid) 06-02-2021

002 Is Yahshua God? (Johannes 17) 30-05-2021

Die orde van Melgisédek volg op hierdie boodskappe.

001 (Die Drie-Eenheid) 06-02-2021

Die onderwerp “Is Yahshua GOD?”, klink dalk vir ons irrelevant, maar as iemand jou daaroor konfronteer en jy nie seker is hoekom jy dit glo nie, gaan jou geloof in duie stort. So is dit maar met enige onderwerp.

As jy by iemand kom wat glo Yahshua is níe GOD nie en hy haal vir jou ‘n klompie Skrifte aan, is jy by magte om hom die teendeel te bewys?

Die doel van hierdie boodskap is om onsself te bemagtig met die Woord van GOD, om te weet wat ons glo.

Matthéüs 24:36  Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen. 

Matthéüs 26:42  Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied. 

1 Johannes 3:2  Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. 

Johannes 20:17  Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God. 

Romeine 8:29  Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy (Yahshua) die eersgeborene kan wees onder baie broeders; 30  en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik. 

2 Korinthiërs 3:17  Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. 18  En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is. 

maar DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE…

Psalm 2:1  Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? 2  Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: 3  Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! 4  Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. 5  Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: 6  Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. 7  Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. 8  Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting. 9  U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot. 

5  Dan sal Hy (Yahweh) hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy (Yahweh) hulle verskrik: 6  Ek (Yahweh) tog het my Koning (Yahshua) gesalf oor Sion, my (Yahweh se) heilige berg. 7  Ek (Yahweh) wil vertel van die besluit: Die HERE (Yahweh) het aan My(Yahshua) gesê: U (Yahshua) is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. 8 (Yahweh sê:) Eis van My, en Ek (Yahweh) wil nasies gee as u (Yahhsua se) erfdeel en die eindes van die aarde as u (Yahshua se) besitting. 9  U (Yahshua) sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U (Yahshua)  sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot. 

Handelinge 13:32  En ons bring julle die goeie tyding van die belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus op te wek, 33  soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer. 34  En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie, het Hy só gespreek: Ek sal aan julle gee die heilige weldade van Dawid wat betroubaar is. 

Hebreërs 1:5  Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees? 6  En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. 7  En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme; 8  maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer; 9  U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle; 10  en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande. 

8  maar van die Seun (Yahshua): U troon, o God (Yahshua), is tot in alle ewigheid, die septer van u (Yahshua) koninkryk is ‘n regverdige septer; 9  U (Yahshua) het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God (Yahshua), u God (Yahweh) U (Yahshua) gesalf met vreugde-olie bo u (Yahshua) metgeselle; 10  en: U (Yahshua), o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u (Yahshua) hande. 

Psalm 102: 26  In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande. 27  Húlle sal vergaan, maar U sal bly; ja, hulle almal sal soos ‘n kleed verslyt; U verwissel hulle soos ‘n kledingstuk, en hulle verdwyn. 28  Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie. 29  Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan. 

Génesis 1:1  In die begin het God die hemel en die aarde geskape. 

Johannes 1:1  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2  Hy was in die begin by God. 3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. 4  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. 5  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. 

Exodus 20:3  Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. 

Exodus 20:5  Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie…

Matthéüs 28:16  En die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het. 17  En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel. 

Johannes 9:35  Jesus het gehoor dat hulle hom uitgeban het; en toe Hy hom kry, sê Hy vir hom: Glo jy in die Seun van God? 36  Hy antwoord en sê: Wie is Hy, Here, dat ek in Hom kan glo? 37  En Jesus sê vir hom: Jy het Hom gesien; en Hy wat met jou spreek, dit is Hy. 38  Toe sê hy: Ek glo, Here! En hy het Hom aanbid. 

Openbaring 14:7  En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het. 

Jesaja 9:5  Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors— 6  tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid…

Rigters 13:17  Daarop vra Manóag die Engel van die HERE: Wat is u naam, dat ons U kan vereer as u woord uitkom? 18  En die Engel van die HERE sê vir hom: Waarom vra jy dan na my naam terwyl hy wonderbaar is? 

Jesaja 40:12  Wie het die waters met die holte van sy hand afgemeet, en van die hemele met ‘n span die maat geneem, en in ‘n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met ‘n weegtoestel en die heuwels met ‘n weegskaal? 13  Wie het die Gees van die HERE bestier en as sy raadsman Hom onderrig? 

Génesis 14:18  En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring 

Hebreërs 7:1  Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het; 2  aan wie Abraham ook ‘n tiende deel van alles gegee het—hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede; 3  sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur. 4  Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, ‘n tiende van die buit gegee het. 

Jeremia 23:5  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. 6  In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID. 

Johannes 8:57  Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien? 58  Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek. 

Génesis 16:9  Toe sê die Engel van die HERE vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande. 

Génesis 22:11  Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! 

Exodus 3:2  Daarop verskyn die Engel van die HERE aan hom in ‘n vuurvlam uit ‘n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie! 

Númeri 22:22  Maar die toorn van God het ontvlam, omdat hy weggetrek het; en die Engel van die HERE het gaan staan in die pad as sy teëparty, terwyl hy op sy esel ry en sy twee dienaars by hom was. 

Rigters 2:1  Toe trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met ‘n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie; 

Rigters 6:11  Toe het die Engel van die HERE gekom en gaan sit onder die terpentynboom wat by Ofra staan, wat aan Joas, die Abiësriet, behoort het, terwyl sy seun Gídeon juis koring uitslaan in die parskuip om dit te beveilig teen die Midianiete. 

Jesaja 37:36  Toe het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van Assirië honderd vyf en tagtig duisend verslaan. En toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak—was dit almal dooie liggame. 

Exodus 20:18  En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ‘n afstand bly staan. 19  En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons. 20  Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie. 21  So het die volk dan op ‘n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was. 

Johannes 12:46  Ek het as ‘n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. 

1 Johannes 5:10  Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie. 

Jesaja 9:5  Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors…

Johannes 5:18  Hieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die sabbat gebreek het nie, maar ook God sy eie Vader genoem het en Hom met God gelykgestel het. 

Johannes 8:48  Die Jode antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U ‘n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie? 

Markus 15:13  En hulle skreeu weer: Kruisig Hom! 14  Maar Pilatus sê vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Hulle skreeu toe nog harder: Kruisig Hom! 

Hebreërs 10:28  As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; 29  hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het? 30  Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. 31  Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God. 

Filippense 2:6  Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, 7  maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; 8  en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. 9  Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, 10  sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11  en elke tong sou bely dat Jesus Christus (Yahshua) die Here (Yahweh) is tot heerlikheid van God die Vader. 

$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$

002 (Johannes 17) 30-05-2021

Die onderwerp van “Is Yahshua GOD?”, is ‘n groot onderwerp en as jy nog nie met dit gekonfronteer is nie, klink dit vir jou baie logies.

Daar is egter ‘n paar goed in die Skrif wat mens vrae laat vra, soos byvoorbeeld die gebed van Yahshua in Johannes 17, want dit is moeilik as jy dit met menslike begrip lees, om te verstaan hoe bid Een tot GOD, maar daai Een is GOD self?

Ons redeneer met logika en ons logika sê vir ons dit is nie moontlik nie.

Johannes 17:1  Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik— 

Johannes 17:4  Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring. 5  En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was. 6  Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar. 

Johannes 17:8  Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het. 

Matthéüs 25:41  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. 

2 Petrus 2:4  Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word; 

2 Petrus 2:9  die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word; 

Hebreërs 7:25  Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. Heb 7:26  Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het; 27  wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het. 

Jesaja 9:5  Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors— 

Openbaring 5: 2  En ek het ‘n sterk engel gesien wat met ‘n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek? 3  En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie. 4  En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie. 5  Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek. 6  En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde. 7  Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit; 8  en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is. 9  Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, 

Jesaja 53:1  Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar? 

Jesaja 53:3  Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. 4  Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. 5  Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. 6  Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom. 7  Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie. 8  Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom. 

Jesaja 53:11  Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra. 

Filippense 2:5  Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. 6  Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, 7  maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; 8  en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. 

Hebreërs 2:5  Want aan die engele het Hy die toekomstige wêreld waarvan ons spreek, nie onderwerp nie; 6  maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? 7  U het hom ‘n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel. 8  Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie; 9  maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is,

Hebreërs 14…sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— 15  en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.  16  Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. 17  Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. 

Openbaring 1:7  Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen! 8  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige. 

Openbaring 21:3  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. 4  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. 5  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. 6  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. 7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees. 

Openbaring 22:12  En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. 13  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste. 14  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. 15  Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen. 16  Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester. 

Johannes 3:18  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. 

Johannes 20:31  maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam. 

Handelinge 10:43  Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang. 

1 Johannes 3:23  En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ‘n gebod gegee het. 

1 Johannes 5:13  Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God. 

Die orde van Melgisédek volg op hierdie boodskappe.

$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

1 Petrus (2020/21)

1 Petrus (2020/21)

– Banie Swanepoel:

Wanneer ‘n mens die Skrif lees, moet mens versigtig wees om dit wat mens lees, nie in afdelings te plaas nie. Die opskrifte by die boeke en briewe, is nie deur die skrywers daar bygeskryf nie.

So, probeer om dit nie raak te sien nie, sodat jy die geheel-prentjie kan raaksien, want dit kan baie keer jou gedagtes in ‘n verkeerde rigting plaas…

Ons gaan sien in hierdie boodskap dat Petrus en Paulus mekaar selde gesien het, maar tog is hulle getuienisse dieselfde.

1 Petrus 1   (Die woord van Yahweh bly tot in ewigheid.) 20-12-2020

1 Petrus 2: 1 – 10 (‘n Uitverkore geslag) 31-01-2021

1 Petrus 1 

(Die woord van Yahweh bly tot in ewigheid.) 20-12-2020

Wanneer ‘n mens die Skrif lees, moet mens versigtig wees om dit wat mens lees, nie in afdelings te plaas nie. Die opskrifte by die boeke en briewe, is nie deur die skrywers daar bygeskryf nie.

So, probeer om dit nie raak te sien nie, sodat jy die geheel-prentjie kan raaksien, want dit kan baie keer jou gedagtes in ‘n verkeerde rigting plaas…

Ons gaan sien in hierdie boodskap dat Petrus en Paulus mekaar selde gesien het, maar tog is hulle getuienisse dieselfde.

1 Petrus 1:1  Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië, 2  uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word! 

Deuteronómium 30:1  En as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem onder al die nasies waarheen die HERE jou God jou verdryf het, 2  en jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel, 3  dan sal die HERE jou God jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen die HERE jou God jou verstrooi het. 

1 Petrus 1:2  uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word! 3  Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, 

Romeine 6:3  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. 7  Want (slegs) hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. 8  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, 9  omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. 10  Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. 

1 Petrus 1:4  sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons 5  wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd. 6  Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, 7  sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; 8  vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, 9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry. 10  Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, 11  en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna. 12  Aan hulle (die profete) is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien. 13  Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. 

1 Johannes 3:2  Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. 

1 Petrus 1: 13  Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. 14  Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie. 15  Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, 16  omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig. 17  En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap; 

Filippense 3:20  Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, 

1 Petrus 1:17  En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap; 18  omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, 19  maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, 20  wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil, 

Johannes 1:1  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2  Hy was in die begin by God. 3  Alle dinge het deur Hom (Yahshua) ontstaan, en sonder Hom (Yahshua) het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

1 Petrus 1:20  wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil, 21  julle wat deur Hom (die Seun) glo in God (die VADER) wat Hom (die Seun) uit die dode opgewek en Hom (die Seun) heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God (die VADER) kan wees. 22  As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid (Yahshua) julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart; 23  want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. 24  Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, 25  maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is. 

~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^

1 Petrus 2: 1 – 10

(‘n Uitverkore geslag) 31-01-2021

Ons is so bevoorreg om die onvervalste melk van die Woord van GOD te hê.

Baie mense sal vir jou sê dat die Woord na tweedeuind jaar vervals moet wees, maar ons weet dat GOD volmaak is en Hy sorg dat Sy kinders Sy onvervalste Woord kan lees.

Die Woord van GOD is ‘n kaart wat vir ons sê waar wat is. Dit sê vir jou waar die begin is en dit sê vir jou waar die einde is en al die ander paaie tussenin ook.

Lees jou padkaart, anders gaan jy nooit die Weg kry nie…

1 Petrus 2:1  Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery; 2  en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei, 

1 Petrus 1:24  Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, 25  maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is. 

1 Petrus 2:1  Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery; 2  en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei, 3  as julle ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is. 

Matthéüs 11:29  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; 30  want my juk is sag en my las is lig. 

1 Petrus 2:4  Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; 5  en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. 6  Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ‘n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie. 7  Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword; en: ‘n Steen des aanstoots en ‘n rots van struikeling— 

1 Korinthiërs 2:13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 

1 Petrus 2:6  Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ‘n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie. 7  Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword; en: ‘n Steen des aanstoots en ‘n rots van struikeling— 

Jesaja 28:7  En ook die manne hier wankel deur die wyn en waggel deur sterk drank; priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak. 8  Want al die tafels is vol walglike uitbraaksel, sodat daar geen plek is nie. 9  Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is? 10  Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie. 11  Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek, 12  Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie. 13  Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word. 14  Daarom, hoor die woord van die HERE, julle spotters, heersers oor hierdie volk wat in Jerusalem is! 15  Omdat julle sê: Ons het ‘n verbond met die dood gesluit, en met die doderyk het ons ‘n verdrag aangegaan; as die golwende gésel deurtrek, sal hy na ons nie kom nie; want ons het die leuen ons skuilplek gemaak en ons in bedrog weggesteek— 16  daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion ‘n grondsteen, ‘n beproefde steen, ‘n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie. 17  En Ek sal die reg tot ‘n riglyn maak, en die geregtigheid tot ‘n skietlood; en die hael sal die leuendak wegruk en die water die skuilplek wegspoel. 18  En julle verbond met die dood sal uitgewis word, en julle verdrag met die doderyk nie standhou nie; as die golwende gésel deurtrek, sal julle deur hom vertrap word. 19  So dikwels as hy deurtrek, sal hy julle gryp; want môre vir môre sal hy deurtrek, by dag en by nag. En dit sal net verskrikking wees om so ‘n openbaring te verneem. 

1 Petrus 2:6  Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ‘n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie. 7  Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword; en: ‘n Steen des aanstoots en ‘n rots van struikeling— 8  vir dié wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is. 9  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 10  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is. 

1 Petrus 1:1  Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië, 2  uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word! 

1 Petrus 2: 9  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 10  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is. 

Die Heidene en die Verbond 1-12 (2018)

Romeine 9:24  ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? 25  Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26  en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God. 

Hoséa 1:1  Die woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa…

Hoséa 1:2  Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word. 3  Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ‘n seun gebaar. 4  En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel. 5  Ja, in dié dag sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jísreël. 6  Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie. 7  Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie. 8  Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en ‘n seun gebaar. 9  En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie. 10  Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. 11  Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël! 

1 Petrus 2: 9  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 10  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is. 

Hoséa 1: 10  Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.

Romeine 9:27  En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word; 

~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^~^

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Sonde en genade (2020)

Sonde en genade (2020)

– Banie Swanepoel:

Vir almal wat uit Adam uit voortgekom het, is dit uiters belangrik om te weet waaroor gaan sonde en waaroor gaan genade.

001 Sonde en Genade (Waaroor gaan sonde en waaroor gaan genade?) 22-11-2020

002 Sonde en Genade (Die vleesmens en die Geesmens) 29-11-2020

003 Sonde en Genade 3 (Hoe lei die Heilige Gees ons sonder die hulp van die wet?) 06-12-2020

001 (Waaroor gaan sonde en waaroor gaan genade?) 22-11-2020

Die boodskap sluit verduideliking van GOD se Name in.

Vir almal wat uit Adam uit voortgekom het, is dit uiters belangrik om te weet waaroor gaan sonde en waaroor gaan genade.

Slegte nuus vir ons: Eségiël 18:4  Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe.

Het jy al ooit in jou lewe sonde gedoen? … Raai wat? Jy gaan sterwe. Hier praat ons nie van die graf nie, ons praat van die hel.

Die siel wat sondig, moet sterwe. So, ons probleem is, ons het gesondig, ons is verlore en ons gaan hel toe en ons gaan dit nie kan ontvlug nie, want die Almagtige, die Skepper, het gesê die siel wat sondig, moet sterwe…

Génesis 2:16  En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, 17  maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.

Génesis 6:5  Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, 6  het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart. 7  En die HERE sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.

Galásiërs 3:19  Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van ‘n middelaar. 

Galásiërs 3:23  Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.

Lukas 16:22  En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. 23  En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.

Romeine 5:12  Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het

Romeine 6:23  Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

Johannes 3:3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.

Romeine 8:1  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. 2  Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

Romeine 8:5  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.

Romeine 8:9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.

Romeine 6:7  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. 8  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,

Romeine 6:1  Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2  Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.

Romeine 8:10  Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid. 11  En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

x^x^x^x^x^x^x^x^x^x^x^x^x^x^x^x^x

002 (Die vleesmens en die Geesmens) 29-11-2020

Jy kan deur ongeloof, nie in die Koninkryk van GOD ingaan nie. Dit beteken jy moet glo en die gedeelte wat daaraan vas is; Verhard jou hart nie.

Die Woord kom na jou toe om te glo, dan is dit jou keuse om jou hart te verhard. As jy reken jy het ‘n sagte hart en jy het geluister, dan kom die doen en dit sal bepaal of jy werklik ‘n sagte hart het.

Yahshua vertel die gelykenis (Matthéüs 21: 28 – 32) van die pa wat die wingerd gehad het en vir sy eerste seun gesê het om in sy wingerd te gaan werk, maar hy wou nie. So het hy ook vir die tweede seun gesê en dié het gesê hy sal in sy pa se wingerd gaan werk, maar hy het dit nie gedoen nie. Die eerste seun wat gesê het hy wil nie, het homself bedink en toe wel in sy pa se wingerd gaan werk en só die wil van sy pa gedoen.

Dit is ons ook. Ons hoor die Woord. Ons staan by die beloofde land, by die Jordaanrivier en VADER sê ‘Gaan in.’ Dan sê baie van ons ‘Ja’, maar gaan nooit in nie. Ander sê weer hulle sien nie kans vir dit nie, maar bedink hulleself en gaan in.

Wanneer gaan jy nie in nie? Wanneer jy jou hart verhard…

Die Israeliete van ouds was bang vir die reuse en daardeur het die verhardheid van hulle harte gemaak, dat hulle nie die beloofde land ingegaan het nie. VADER het hulle teruggestuur woestyn toe en daar het hulle omgekom.

So is ons ook. Ons het allerhande verskonings wat maak dat ons, ons harte verhard.

Ons Koning het mens geword om ons te kom red, sonder dat ons eers geweet het ons is verlore, maar ons klap Sy hand weg… Hy gaan dié wat Sy hand weggeklap het, verdelg. Hulle gaan in die woestyn omkom…

Johannes 3:6  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

1 Korinthiërs 15:50  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Kollosense 3:8  Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. 9  Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het 10  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, 11  waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal. 12  Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. 13  Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. 14  En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Romeine 8:14  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

Johannes 14:25  Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly; 26  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Johannes 16:12  Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. 13  Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. 14  Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. 15  Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.

Romeine 8:13  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. 14  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

Galásiërs  6:7  Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. 8  Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. 9  En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.

Hebreërs 5:12  Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. 13  Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. 14  Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

2 Korinthiërs 3:12  Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid; 13  nie soos Moses nie, wat ‘n bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie. 14  Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word. 15  Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart; 16  maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. 17  Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. 18  En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

x^x^x^x^x^x^x^x^x^x^x^x^x^x^x^x^x

003 (Hoe lei die Heilige Gees ons sonder die hulp van die wet?) 06-12-2020

In die eerste aflewering van hierdie reeks, het ons gesien dat ons sonde ons laat verlore gaan en dat net Yahshua kon betaal vir die sonde, want Hy het mens geword, sondeloos gelewe en nog steeds die straf gekry. Hy was gestraf sonder dat Hy sonde gedoen het en sodoende kon Hy ons verlos.

Met die tweede aflewering het ons gesien ons moet deur die Heilige Gees gelei word. Ons kan nie gelei word deur ons moraliteit, die wet, of wat ook al om vir ons te sê wat res is en wat verkeerd is nie.

Hoe gaan ek weet wat is reg en wat is verkeerd as daar nie vir my ‘n wet is wat vir my sê hoe ek moet leef nie?

Met hierdie aflewering gaan ons sien op watter maniere ons deur die Heilige Gees gelei word.

Die Gees lei op verskillende maniere.

Romeine 1:18  Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk, 19  omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. 20  Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; 21  omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.

Romeine 2:14  Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie; 15  omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig, 16  in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.

Johannes 8:7  Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ‘n klip op haar gooi. 8  En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe. 9  En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het.

Handelinge 24:14  Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is, 15  en ‘n hoop op God het, ‘n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar ‘n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges. 16  Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense ‘n rein gewete te hê.

Romeine 9:1  Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees

Matthéüs 6:22  Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. 23  Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!

Johannes 15:1  Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. 2  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. 3  Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het. 4  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.

Johannes 6:53  En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. 54  Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. 55  Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.

1 Timótheüs 4:1  Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang 2  deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete, 3  wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.

Titus 1:15  Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel. 16  Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.

Matthéüs 5:21  Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg. 22  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.

Matthéüs 5:27  Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. 28  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.

Efésiërs 4:17  Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie— 18  mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; 19  wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe. 20  Maar julle het Christus nie so leer ken nie, 21  as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: 22  dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, 23  en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed 24  en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.

1 Samuel 24:5  En die manne van Dawid sê aan hom: Kyk, dit is die dag dat die HERE aan u sê: Nou gee Ek jou vyand in jou hand, en maak met hom soos goed is in jou oë. Toe staan Dawid op en sny stilletjies die slip van Saul se mantel af. 6  Maar daarna het Dawid se gewete hom gepla, omdat hy die slip van Saul afgesny het, 7  en hy het aan sy manne gesê: Mag die HERE my bewaar dat ek so iets aan my heer, die gesalfde van die HERE, sou doen om my hand teen hom uit te steek; want hy is die gesalfde van die HERE.

1 Korinthiërs 8:4  Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat ‘n afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een. 5  Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is—soos daar baie gode en baie here is— 6  tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom. 7  Die kennis is egter nie in almal nie; maar sommige, nog altyd bewus van die afgod, eet dit as ‘n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel. 8  Maar die voedsel bring ons nie nader by God nie; want as ons eet, het ons geen oorvloed nie, en as ons nie eet nie, ly ons geen gebrek nie. 9  Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie miskien ‘n struikelblok word vir die wat swak is nie. 10  Want as iemand jou wat kennis het, aan tafel sien in ‘n afgodstempel, sal sy gewete, as hy ‘n swak man is, nie aangemoedig word om van die offervleis aan die afgode te eet nie? 11  En moet die swakke broeder vir wie Christus gesterf het, verlore gaan deur jou kennis? 12  Maar deur so teen die broeders te sondig en hulle gewete wat swak is, seer te maak, sondig julle teen Christus. 13  Daarom, as voedsel my broeder laat struikel, sal ek in der ewigheid geen vleis eet nie, om my broeder nie te laat struikel nie.

Romeine 14:20  Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir ‘n mens om te eet as dit tot aanstoot is. 21  Dit is goed om geen vleis te eet of wyn te drink of iets te doen waardeur jou broeder aanstoot neem of struikel, of waarin hy swak is nie. 22  Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy vir geoorloof ag nie. 23  Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Geloof wat kan red (2020)

Geloof wat kan red (2020)

– Banie Swanepoel:

Die pad na saligheid, is álles of niks.

Wat is hierdie “álles”?

Geloof.

Wat is geloof?

Kom ons kyk wat sê VADER se Woord oor “geloof”.

001 Geloof wat kan red (Alles of niks) 05-07-2020

002 Geloof wat kan red (Werke wat red) 12-07-2020

001 (Alles of niks) 05-07-2020

Die pad na saligheid, is álles of niks.

Wat is hierdie “álles”?

Geloof.

Wat is geloof?

Kom ons kyk wat sê VADER se Woord oor “geloof”.

Romeine 10:5  Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. 6  Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring; 7  of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring? 8  Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: 9  As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; 10  want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. 11  Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

Jakobus 2:20  Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is? 21  Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie? 22  Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke? 23  En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem. 24  Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?

Génesis 12:1  En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. 2  En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees.

Génesis 12:4  Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf en sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.

Hebreërs 11:8  Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. 9  Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. 10  Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is.

Hebreërs 11:15  En as hulle bly dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer. 16  Maar nou verlang hulle na ‘n beter een, dit is ‘n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ‘n stad berei.

Hebreërs 11:13  In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was. 14  Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle ‘n vaderland soek.

*.~*.~*.~*.~*.~*.~*.~*.~*.~*.~*.~*.~*.~*.~*

002 (Werke wat red) 12-07-2020

As ons kyk na die onderwerp “Geloof wat kan red”, beteken dit dat daar geloof is wat nie kan red nie. Petrus sê die geloof sonder die werke is nutteloos, maar ons word geleer in hierdie wêreld om net te glo en jy sal gered word.

Wat ‘n ontnugtering eendag dat jy verkeerd geglo het, want jy kan nie net glo wat jy wil nie.

Geloof het ‘n gevolg.

Jy kry werke wat red en werke wat nie red nie, alhoewel dit dieselfde werke is.

Werke wat nie red nie

Génesis 22:1  Ná hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! 2  Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys. 3  Daarop het Abraham die môre vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het hout gekloof vir ‘n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het. 

Génesis 22:10  Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag. 11  Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! 12  En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie. 

Deuteronómium 8:2  En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie. 

1 Petrus 4:12  Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; 13  maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel. 14  As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik. 

1 Petrus 4:19  So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade. 

Romeine 8:35  Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? 36  Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. 37  Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. 

Gálasiërs 5:16  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; 17  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. 

Johannes 3:8  Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is. 

Efésiërs 6:16  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. 

Exodus 17:1  Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van die HERE, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie. 2  Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle die HERE? 3  Maar die volk het daar gesmag na water, en die volk het teen Moses gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom? 4  Toe het Moses die HERE aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my. 

Exodus 17:6  Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel 7  en die plek Massa en Mériba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE in ons midde of nie? 

Levítikus 10:1  En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie. 2  Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE. 

Númeri 16:1  En Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Abíram, seuns van Elíab, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben, het manne geneem, 2  en hulle het opgestaan voor die oë van Moses saam met twee honderd en vyftig man uit die kinders van Israel, owerstes van die vergadering, manne wat opgeroep was vir die volksvergadering, manne van naam. 3  En hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die HERE is in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van die HERE? 4  Toe Moses dit hoor, het hy op sy aangesig geval; 5  en hy het met Korag en sy hele bende gespreek en gesê: Môre vroeg, dan sal die HERE bekend maak wie Hom toebehoort en wie die heilige is, en wie Hy na Hom laat nader kom: wie Hy uitkies, sal Hy na Hom laat nader kom. 

Númeri 16:8  Verder het Moses vir Korag gesê: Luister tog, kinders van Levi! 9  Is dit julle nie genoeg dat die God van Israel julle uit die vergadering van Israel afgeskei het om julle na Hom te laat nader kom, om die dienswerk van die HERE se tabernakel te verrig en te staan voor die vergadering om hulle te dien nie, 10  en Hy jou laat nader kom het en al jou broers, die kinders van Levi, saam met jou—dat julle nou ook die priesteramp begeer? 

Númeri 16:12  En Moses het gestuur om Datan en Abíram, die seuns van Elíab, te laat roep; maar hulle het gesê: Ons sal nie opkom nie. 13  Is dit nie genoeg dat jy ons uit ‘n land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie? 

Númeri 16:23  En die Here het met Moses gespreek en gesê: 24  Spreek met die vergadering en sê: Maak dat julle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram! 25  Toe het Moses opgestaan en na Datan en Abíram gegaan, en die oudstes van Israel het agter hom aan gegaan. 

Númeri 16:31  En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was, 32  en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die Hervorming (2020)

Die Hervorming (2020)

– Banie Swanepoel:

Hierdie onderwerp is baie aktueel en baie van toepassing op ons almal, want Martin Luther is ‘n goeie voorbeeld van iemand wat bly soek het na wat hy moet doen, om saligheid te kan kry. Hy het die hele wêreld aan die brand gesteek met sy hervorming , maar vir hom het die nie gegaan oor ‘n protes nie, dit het gegaan oor sy eie siel.

Met hierdie reeks moet ons kyk waar trek ons, met ons saligheid.

Ons gaan in die geskiedenis delf en kyk wat met Martin Luther gebeur het.

001 Die hervorming (Martin Luther) 10-05-2020

002 Die hervorming (Luther was net die begin) 17-05-2020

003 Hervorming (Calvyn A) 25-05-2020

004 Die Hervorming (Calvyn B, Uitverkiesing) 31-05-2020

005 Hervorming (Calvyn C) 07-05-2020

006 Die Hervorming (Calvyn D, Uitverkiesing vervolg) 14-06-2020

007 Die Hervorming (Calvyn D-vervolg – Waar trek ons en waar is ons op pad heen?) 21-06-2020

001 (Martin Luther) 10-05-2020

Martin Luther 10 November 1483 – 18 Februarie 1546
Romeine 1:17  Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. 

Deuteronómium 4:27  En die HERE sal julle onder die volke verstrooi, en ‘n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die HERE julle sal drywe. 28  En daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie. 29  Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek. 30  As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister. 

Lukas 11:9  En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 10  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. 

Renaissance

1 Petrus 1:9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry. 

Markus 7:13  So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie. 

Filippense 2:12  Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; 

Martin Luther Wittenberg
FREDERIK DIE WYSE 1463–1525

Romeine 1:17  Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. 

Jan Hus (1369-1415)
Johann Tetzel 1465 – 11 Augustus 1519
Martin Luther – 95 Tesisse op die kerkdeur vasgespyker
Pope Clement VII
Charles the Fifth

Martin Luther’s 497 Letters

Waarteen Martin Luther geprotesteer het:

  • Die aflaatbriewe en ander verdienste van saligheid.
  • Nagmaal (Mass).
  • Belydenis teenoor ‘n priester.

Wat Luther geglo het:

  • Nét die Bybel is die Woord van GOD.
  • Verlossing is deur genade en nie verdienste nie.
  • Alle gelowiges is priesters.
  • Daar is geen verlossing deur die kerk of die kerkstelsel nie.
  • Die pous is die man van sonde en die Antichris.
  • Die Jode is nie die volk van GOD nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.

Die drie groot verskille tussen die Hervormers:

  • Martin Luther se geloof oor die werke vs. geloof.
  • Die geloof betreffende die uitverkiesing.
  • Die gesag van die Bybel.
Desiderius Erasmus

******************

002 Die hervorming

(Luther was net die begin) 17-05-2020

Ons skop hierdie aflewering oor die Hervorming af met Markus 4:26  En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi; 

Hierdie is ‘n baie groot beginsel van saad en as ons sê Martin Luther was net die begin van die Hervorming, moet ‘n mens in ag neem hy was iemand wat in baie duister omstandighede gelewe het.

Die kerk waarin hy was, het geen lig gehad nie en hy het tot ‘n ontdekking gekom van Lig, maar daar was nog so baie duister… Dit is so goed soos iemand wat geen mediese agtergrond het nie, ‘n mediese kursus ontdek van hoe om ‘n hartoorplanting te doen en dan moet hy in ‘n maand se tyd ‘n hart oorplant. Dit gaan nie werk nie. Daar is net te veel kennis en inligting om te absorbeer.

Martin Luther was omtrent in dieselfde situasie.

Hy was in die kerk met al hierdie verdraaïngs en leuens en dit wat hy agtergekom het, was net die begin en dit plaas ‘n onus en ‘n verpligting op elkeen van ons, om aan te gaan met daai Hervorming.

Ons kan nie gaan stilstaan by dit wat Martin ontdek het nie.

Konstantyn die Grote

1 Petrus 2:2  en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei, 

Enkele punte van die oorspronklike evangelie (onvervalste melk) vóór Konstantyn soos in die Skrif opgeskryf:

  • Yahshua (GOD self, die VADER) is die Woord wat vlees (Mens) geword het en onder ons kom woon het. Hy het gepraat en dit is opgeskryf en sodoende sit ons vandag met die Woorde van GOD. Johannes 1:1  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Johannes 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon…
  • Yahshua sê as ons Hom nie eet nie, het ons geen deel aan Hom nie. Johannes 6:47  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe. 48  Ek is die brood van die lewe. 49  Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe. 50  Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie. 51  Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee. 52  Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet? 53  En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. 54  Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. 55  Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. 56  Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. 57  Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe. 58  Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het—nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe. 
  • Yahshua waarsku teen die kakiebos van Sy tyd en dit wat nog gaan kom. Matthéüs 7:14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. 15  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.    Matthéüs 16:6  Daarop sê Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs. 11  Hoe is dit dat julle nie begryp dat Ek nie in verband met brood vir julle gesê het om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs nie? 12  Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs.    Matthéüs 24:4  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 5  Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.    Kollosense 2:8  Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.       
  • Yahshua se Woord is soos saad en word in goeie grond gesaai.  Markus 4:26  En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad (die Woord van GOD) in die grond (harte) gooi; 27  en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie. 28  Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.     Matthéüs 13:19  As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is. 20  En by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem; 21  maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik. 22  En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar. 23  En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd—, die ander sestig—, die ander dertigvoudig. 
  • Daar is letter of daar is Gees. (akademie of bo-natuurlike openbaringe)  Johannes 6:54  Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe…  1 Korinthiërs 2:12  Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. (Die bo-natuurlike mens neem die dinge van die Gees van GOD aan.)    Johannes 3:3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 7  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.   Johannes 16:12  Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. 13  Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.    Handelinge 2:37  Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Romeine 8:5  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; 9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. 

1 Korinthiërs 2:3  Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing; 4  en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, 5  sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God. 6  Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar ‘n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie. 7  Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, 

1 Korinthiërs 2:12  Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 

******************

003 Hervorming

(Calvyn A) 25-05-2020

In die eerste twee aflewerings het ons gekyk na Martin Luther, wat hy gedoen het en hoekom hy dit gedoen het. Sy groot dryfveer was sy vrees vir die dood en die hel.

Die kerk waarin hy was, was die Roomse Kerk en hulle het hom geleer as jy nie goed genoeg was nie, gaan jy brand.

Hy het die voorval met die weerlig gehad en toe is hy sy lewe lank op soek na geregtigeheid.

As ons kyk na Johannes Calvyn, dan is dit ‘n ander situasie, want Calvyn het ‘n ander motief gehad.

Ons het die periodes opgedeel in 500-jare, sodat ons kan byhou met waar ons trek met die geskiedenis.

Yahshua was die jaar 0. Die jaar 500 na Yahshua het die Roomse Kerk oorgeneem en begin funksioneer as ‘n magtige organisasie.

Martin Luther (1501).

In 1509 is Calvyn gebore in Frankryk. Martin Luther (gebore 1483 te Duitsland en in 1501 begin studeer) was toe al klaar gestudeer (26 jaar oud).

1520 begin die Hervorming volwassenheid bereik. Daar was ‘n struktuur en ‘n organisasie. Calvyn was toe 11 jaar oud.

Hy studeer later as ‘n prokureur en kry baie te doen met Luther se lering en protestantisme. Hy het aanvanklik begin studeer in teologie en toe oorgeskakel prokureur toe. Presies die teenoorgestelde as wat Martin Luther dit gedoen het.

Calvyn word ‘n protestant in 1530 toe hy 21 jaar oud was. Direk na hy ‘n protestand geword het, word hy ‘n leier onder die protestante in Parys. In 1536 het die protestante in Parys, Frankryk, begin om die koning en sy regering te weerstaan.

Calvyn vlug na Strasburg, Duitsland. Op pad na Strasburg, slaap hy oor in Genève, Switserland en terwyl hy daar was, hoor die stadsraad in Genève dat Calvyn daar is en hulle vra hom om daar te bly om te help met die oorskakeling van Rooms-Katolisisme na Protestantisme.

Weens beweerde kettery twee jaar later, sit Calvyn sy tog voort na Strasburg, Duitsland. Daar ontmoet hy ‘n ene Bootser wat hom verder leer.

In 1561 is hy op versoek van Genève, weens bandelose protestante, terug daarheen.

Daar het hy kerkstrukture en verloop van die moderne kerkdiens vasgestel, soos bv. gemeenteraad, vooraf sang ens.

Johannes Calvyn 10 Julie 1509 – 27 Mei 1564

1559, net voor sy dood, publiseer hy sy institusie wat die fondament van die meeste protestante kerke op gebou is.

  • Boek een handel oor GOD as Skepper.
  • Boek twee handel oor Yahshua as Verlosser.
  • Boek drie handel oor die genade en die uitverkiesing.
  • Boek vier handel oor die kerklike gemeenskap in Christus.

2 Petrus 3:9  Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. 

Génesis 6:5  Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, 6  het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart. 

Génesis 18:26  Toe sê die HERE: As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil. 

Eségiël 33:10  En jy, mensekind, sê aan die huis van Israel: So het julle gesê: Gewis, ons oortredinge en ons sondes is op ons, en daardeur teer ons weg—hoe kan ons dan lewe? 11  Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel? 

2 Korinthiërs 5:18  En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, 19  naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. 20  Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. 

Handelinge 2:37  Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 39  Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. 

Handelinge 8:36  En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? 37  Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. 38  En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop. 

1 Petrus 3:18  Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; 19  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, 20  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; 21  waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus 

Romeine 6:3  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. 7  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. 8  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, 

Markus 7:13  So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie. 

Hebreërs 4:9  Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; 10  want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. 11  Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie. 12  Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. 

Kollosense 2:8  Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie. 

Kollosense 1:13  Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, 14  in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes. 

******************

004 Die Hervorming

(Calvyn B, Uitverkiesing) 31-05-2020

Dit is belangrik om die vorige boodskappe in hierdie reeks te luister, om by te hou met die geskiedenis van die Hervorming.

Ons is besig met die “Institusiereeks” van Calvyn se vier boeke.

Wanneer mens dit behadel, sien mens dat die boeke eintlik so verwant is aan mekaar, dat dit nie individueel behandel kan word nie, want dit is almal as gevolg van dieselfde oortuiging.

Die oortuiging gaan oor die aanvanklike uitverkiesing en soewereiniteit van GOD, voor die grondlegging van die aarde en dit het Calvyn se hele gedagtewêreld beïnvloed.

Dit is ‘n baie belangrike onderwerp, want dit is in die Bybel. Calvyn het dit nie uit sy duim uitgesuig nie. Dit het egter baie gevolge en dit is waanra ons in boek drie van Calvyn se Institusiereeks gaan kyk.

Ons begin met Efésiërs 1: 3 – 5, want dit is een van die baie belangrike gedeeltes wat Calvyn se denke beïnvloed het.

Of ons nou met Calvyn saamstem of nie, ons kan nie verse soos hierdie ignoreer nie, want Calvyn staan baie sterk daarop. Hy het teenstanders wat ook daarna kyk, maar dit net ignoreer, want die onderwerp is vir hulle te groot en te moeilik om te verstaan.

Efésiërs 1:3  Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, 4  soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, 5  deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, 6  tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. 

Johannes 6:65  En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie. 66  Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie. 

Johannes 13:18  Ek spreek nie van julle almal nie—Ek weet wie Ek uitverkies het—maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig. 

Johannes 6:44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. 

Romeine 9:11  Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 12  is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. 13  Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 14  Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! 15  Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. 16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 17  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. 19  Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? 20  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? 22  En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23  juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, 

Matthéüs 11:28  Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. 29  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; 30  want my juk is sag en my las is lig. 

Johannes 6:44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. 

Johannes 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 

Matthéüs 20:16  So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies. 

Matthéüs 22:14  Want baie is geroep, maar min uitverkies. 

Matthéüs 18:8  En as jou hand of jou voet jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; dit is vir jou beter om in die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur gewerp te word. 

Matthéüs 25:41  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. 

Johannes 13:18  Ek spreek nie van julle almal nie—Ek weet wie Ek uitverkies het—maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig. 

Levítikus 20:2  Jy moet ook aan die kinders van Israel sê: Elkeen uit die kinders van Israel of uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat van sy kinders aan Molog gee, moet sekerlik gedood word. Die volk van die land moet hom stenig. 3  En Ek sal my aangesig teen dié man rig en sal hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy kinders aan Molog gegee om my heiligdom te verontreinig en my heilige Naam te ontheilig. 

Jeremia 32:34  Maar hulle het hul verfoeisels neergesit in die huis waar my Naam oor uitgeroep is, om dit te verontreinig; 35  en hulle het die hoogtes van Baäl gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters vir Molog deur die vuur te laat gaan—iets wat Ek hulle nie beveel het nie en wat in my hart nie opgekom het nie, dat hulle hierdie gruwel sou bedrywe om Juda te laat sondig. 

Jeremia 29:11  Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee. 12  Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. 13  En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart. 14  En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE,…

Romeine 2:7  aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe; 8  maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn; 9  verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek; 

Markus 13:23  Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê. 24  Maar in daardie dae, ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, 25  en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word. 

2 Petrus 3:17  Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie. 18  Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen. 

Deuteronómium 30:17  Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien, 18  dan verkondig ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; julle sal die dae nie verleng in die land waarheen jy oor die Jordaan trek om dit in besit te gaan neem nie. 19  Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,

Jesaja 14:13  En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.  

Judas 1:6  En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar; 

Romeine 10:1  Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding. 2  Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis. 3  Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. 

2 Timótheüs 2:10  Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid. 

The Predestination Debate – White vs Brown

******************

005 Hervorming

(Calvyn C, Uitverkiesing vervolg) 07-05-2020

Die gedeelte waarby ons uitgekom het oor die uitverkiesing is eintlik nie beplan gewees as deel van die voorbereiding nie, maar dit is so ‘n groot faktor in Calvyn se lering, dat ons daarna moet kyk.

Dit is eintlik totaal waarom Calvyn se lering draai. Hy begin met die beginsel dat GOD voor die tyd uitverkies het en dat ons nie ‘n aandeel het nie.

Dan is daar ‘n ander kamp wat met Calvyn verskil, wat sê dat alle mense gelyk geskape is, daar geen uitverkiesing tot verlossing is nie en dat GOD almal wil red.

Albei partye is Christene, albei partye lees uit dieselfde Bybel, maar verskil so ver as van die Ooste na die Weste.

Hierdie twee verskille maak dit vir ons belangrik om te kyk wat en hoe die uitverkiesing is.

Tussen hierdie twee groepe, staan Romeine 9.

Altwee hierdie groepe sou dit baie makliker gehad het as Romeine 9 nie daar was nie, want dan het Calvyn nie so ‘n groot probleem met die uitverkiesing gehad nie en die ander groep sou dan ook nie.

Dit wat Calvyn sê word redelik geondersteun in Romeine 9, maar ons het nou met die vorige boodskappe gesien dat Calvyn se gevolgtrekking maak dat ons dan eintlik ‘n vreemde GOD aanbid, wat ons verkwalik vir dade wat ons doen, wat ons nie eintlik self doen nie.

Wanneer die teenkant van Calvyn Romeine 9 lees, dan is dit vir hulle ‘n baie groot tameletjie en hulle wil die hele hoofstuk interpreteer, aanpas en verander, want as jy lees wat daar staan, dan is Calvyn reg.

In hierdie aflewering gaan ons na Romeine 9 kyk en na ‘n derde opsie betreffende die uitverkiesing van GOD.

2 Timótheüs 3:14  Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, 15  en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. 16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 

Romeine 8:28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. 29  Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; 30  en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik. 

Romeine 8:32  Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? 33  Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. 

Romeine 8:37  Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. 

Romeine 9:1  Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees 2  dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart. 3  Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ‘n vervloeking te wees, wég van Christus af. 4  Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes; 5  aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen. 6  Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie. 7  Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. 8  Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag. 9  Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal ‘n seun hê. 10  En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. 11  Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 12  is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. 13  Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 14  Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! 15  Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. 16  So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 17  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. 19  Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? 20  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? 22  En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23  juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, 24  ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? 25  Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26  en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God. 

Hoséa 1:1  Die woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, (twee stamme) en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel (tien stamme). 2  Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word. 3  Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ‘n seun gebaar. 4  En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel (tien stamme). 5  Ja, in dié dag sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jísreël. 6  Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel (tien stamme) ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie. 7  Maar oor die huis van Juda (twee stamme) sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie. 8  Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en ‘n seun gebaar. 9  En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie (tien stamme). 10  Nogtans sal die getal van die kinders van Israel (tien stamme) wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle (tien stamme) gesê word: Julle (tien stamme) is nie my volk nie—sal aan hulle (tien stamme) gesê word: Julle (tien stamme) is kinders van die lewende God (Romeine 9). 11  Dan sal die kinders van Juda (twee stamme) en die kinders van Israel (tien stamme) almal saam vergader en vir hulle (al twaalf stamme) een hoof (Yahshua) aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël! 

Romeine 9: 24  ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode (twee stamme) nie, maar ook uit die heidene (tien stamme)? 25  Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk (tien stamme) is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin (tien stamme) is nie, beminde; 26  en in die plek waar aan hulle (tien stamme) gesê is: Julle (tien stamme) is nie my volk nie! daar sal hulle (tien stamme) genoem word kinders van die lewende God. 

Hoséa 1: 11  Dan sal die kinders van Juda (twee stamme) en die kinders van Israel (tien stamme) almal saam vergader en vir hulle (al twaalf stamme) een hoof (Yahshua) aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël! 

Deuteronómium 7:6  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. 7  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. 8  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. 

Jesaja 43:1  Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! 2  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. 3  Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. 4  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. 

Jeremia 33:23  Verder het die woord van die HERE tot Jeremia gekom en gesê: 24  Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie. 25  So sê die HERE: As Ek my verbond met dag en nag, die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie, 26  dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm. 

Matthéüs 1:20  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; 21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. 

Lukas 1:30  En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. 31  En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. 32  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, 33  en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie. 

******************

006 Die Hervorming

(Calvyn D, Uitverkiesing vervolg) 14-06-2020

Martin Luther se motief vir hervorming, was anders as die ander hervormers, want vir hom het dit gegaan oor die saligheid van sy siel.

Ons moet onsself gaan meet en kyk waarmee is ons besig en wat ons doel is. – 1 Petrus 1:9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry. 

Die einddoel van ons geloof, is wat ons glo en waar ons dit kry en hoekom ons dit glo, want dit gaan ‘n invloed hê op die saligheid van ons siel.

In die vorige aflewering het ons gesien Calvyn sê:

  • Voor die grondlegging van die wêreld het GOD uitverkies wie Hy wil.
  • Alle mense is gebore in hulle sonde en is dood in hulle sonde.
  • Die wat deur GOD uitverkies word, word deur GOD lewend gemaak en hulle reageer op Sy uitnodiging op verlossing.
  • Omdat GOD uitverkies het en roep, kan die uitverkorenes nie Sy roep weerstaan nie.
  • Yahshua het net gesterf vir die uitverkorenes en net GOD weet wie hulle is.
  • Hy is genadig oor wie Hy wil en Hy verwerp wie Hy wil. Sommiges is geskape om veroordeel te word en in die hel in te gaan en ander is geskape om gered te word.

Die probleem met Calvyn se uitlegging betrekking tot die saligheid as gevolg van die uitverkiesing, is dat hy nie ‘n oplossing het nie.

‘n Paar punte uit die Skrif wat nie strook met Calvyn se siening nie:

  • GOD sê bekeer jou van jou verkeerde werke. Calvyn sê dit is nie nodig nie, want of jy bekeerd is, of nie bekeerd is nie, jy is óf uitverkies, óf jy is nie uitverkies nie.
  • GOD se Woord sê ons het ‘n keuse. Calvyn sê ons het nie ‘n keuse nie.
  • Om kinders aan Molog te offer het nie in GOD se hart opgekom nie.
  • Die oordeel sal in regverdigheid geskied en niemand sal veroordeel word vir dade wat hulle nie self voor verantwoordelik is nie.
  • Indien GOD veroorsaak dat mense sonde doen, is Hy die uitvinder en outeur van sonde.
  • As die mens geen keuse of invloed het nie, waarom neem ons deel aan godsdiens? Wat is ons veronderstel om te doen?

Die Anti-Calviniste se verklaring van die weg na saligheid is as volg:

  • Niemand is deur GOD uitverkies nie en niemand is verwerp nie.
  • Die gedeeltes in die Skrif wat praat van die uitverkiesing voor die grondlegging van die aarde, stem nie ooreen met die algemene boodskap van verlossing nie en daarom moet ons dit in konteks lees en verstaan en dan ook verander.
  • Alle mense is verlore as gevolg van die sondeval en Yahshua het Sy lewe gegee sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
  • Alle mense word deur GOD geroep en hulle het ‘n keuse of hulle wil luister of nie.
  • Die wat luister en hulle bekeer volgens GOD se voorskrif, sal verlos word.

Probleem met die Anti-Calvinistiese siening:

  • GOD haat vir Esau en sy nageslag tot in ewigheid.
  • Wat gebeur met die nie-uitverkorenes van die Ou Testament?
  • Net die wat deur My VADER getrek word, kan na My toe kom.

Die alternatief, opsie drie, antwoord al die vrae. Elke probleemskrif wat jy lees, kan verklaar word, sonder om dit te verander.

  • GOD het vir Hom ‘n volk uitverkies om hulle alleen genadig te wees, soos wat Hy in Romeine 9 en Hoséa 1 sê. (Abraham – Isak – Jakob – Israel > 12 Stamme)
  • Hulle almal (maar nét hulle) word deur GOD geroep en binne die volk het elkeen ‘n keuse om na Sy roepstem te luister, of om dit te verwerp.
  • Die wat GOD se genade verwerp, sal in geregtigheid veroordeel kan word.
  • Die wat gehoor gee en hulle bekeer, sal deur genade verlos word.
  • Yahshua het nét vir die uitverkorenes gesterf.
  • Uitverkiesing is dus nie tot saligheid nie, maar tot ‘n verbond met GOD en die wat aan die verbond gehoorsaam is, word gered.
  • Niemand buite die uitverkorenes sal Sy stem hoor nie, want Hy roep húlle nie.
  • “Eenmaal gered, altyd gered”, is nie die waarheid nie en gereddes het nog steeds ‘n keuse om nie te volhard nie.

Algemene probleme wat mense met opsie drie het:

  • Ek kan dit nie glo nie, want dit is vreemd en niemand anders glo dit nie.
  • Die hele wêreld glo anders, dink jy, jy is die enigste persoon wat reg is. (Raai wat, Martin Luther was ook die enigste een.)
  • In die wêreld is dit ‘n verbode evangelie, want jy diskrimineer.
  • Dit is nie hoe ons die Bybel sien en verstaan nie.
  • Daar is dan mense uit al die nasies wat Hom liefhet en dien.
  • GOD het Sy verbond met Israel verbreek en dit met die kerk gemaak.

Hebreërs 8:6  Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. 7  Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie. 8  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring, 

Hebreërs 8:12  Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie. 

Lukas 15: 24  Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word. 25  En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange. 26  En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken. 27  Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het. 28  En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom. 29  Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit ‘n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie. 30  Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag. 31  Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue. 32  Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind. 

Handelinge 13:43  En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote Paulus en Bárnabas gevolg. Dié het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om in die genade van God te bly. 44  En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor. 45  Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is. 46  Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie—kyk, ons wend ons tot die heidene. 47  Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U ‘n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde. 48  En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe. 

Romeine 11:25  Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; 26  en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend; 27  en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem. 

Jesaja 59:20  Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die HERE. 

2 Timótheüs 2:10  Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid. 

Eségiël 33:11  Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel? 

Deuteronómium 4:19  dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie—dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het. 20  Maar die HERE het julle geneem en julle uit die yster-smeltoond, uit Egipte, uitgelei om sy erfvolk te wees soos dit vandag is. 

Miga 4:5  Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos. 

Johannes 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 17  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. 18  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. 19  En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. 20  Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. 21  Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is. 

Johannes 13:1  En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe. 

Matthéüs 13:44  Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand. 

Johannes 10:16  Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder. 

Handelinge 13:22  En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, ‘n man na my hart, wat al my welbehae sal doen. 23  Uit die nageslag van hierdie man het God vir Israel, volgens die belofte, Jesus as Verlosser verwek, 

Handelinge 26:6  En nou staan ek tereg oor die hoop op die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is, 7  waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig. 

Handelinge 28:20  Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is. 

Romeine 9:10  En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. 

1 Korinthiërs 10:1  Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, 

Efésiërs 2:11  Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, 12  dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. 13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. 14  Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het 

Kollosense 1:21  Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen 

Titus 1:1  Paulus, ‘n dienskneg van God en ‘n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is, 

Jakobus 1:1  Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete! 

1 Petrus 1:1  Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië, 2  uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, …

2 Johannes 1:1  Die ouderling aan die uitverkore vrou en aan haar kinders—wat ek in waarheid liefhet, en nie ek alleen nie, maar ook almal wat die waarheid leer ken het; 

Deuteronómium 30:2  en jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel, 3  dan sal die HERE jou God jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen die HERE jou God jou verstrooi het. 4  Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die HERE jou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal. 

Eségiël 33:7  En jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku. 8  As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. 9  Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered. 10  En jy, mensekind, sê aan die huis van Israel: So het julle gesê: Gewis, ons oortredinge en ons sondes is op ons, en daardeur teer ons weg—hoe kan ons dan lewe? 11  Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel? 

Openbaring 20:11  En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13  En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15  En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp. 

******************

007 Die Hervorming

(Calvyn D-vervolg – Waar trek ons en waar is ons op pad heen?) 21-06-2020

In hierdie aflewering kyk ons na Calvyn se boek vier van sy reeks oor sy opinie oor die Institusie.

Dit is geskiedenis wat 500 jaar oud is en ons wil kyk waar trek ons en waar is ons op pad heen.

Calvyn woord groot as ‘n Katoliek, maar nadat hy met protestantisme te doen kry, besef hy daar is baie dinge in die Rooms Katoliekie Kerk wat nie Skriftuurlik is nie. Hy identifiseer ‘n paar dinge in die Rooms Katolieke Kerk en stel daarvoor alternatiewe:

  • Hy sê onder andere die Bybel kan gebruik word buite die kerk en redding is nie net deur die kerk alleen nie.
  • Hy sê ook dit is ‘n helige, algemene kerk, wat beteken daar is nie net een kerk met die verlossingsboodskap nie.
  • Die merk van ‘n ware Christelike kerk, is om die regte evangelie te verkondig en die sakramente reg te bedien.
  • Die ampte in die kerk word beperk. In Efésiërs 4: 11 lees ons:  En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, 12  om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, Calvyn sê al wat oorbly, is die herder en die leraar. (Die herder is die herder wat die gemeente oppas en die leraar het hulle in hulle tyd ‘n doktor genoem, wat na verskeie gemeentes toe gegaan het en bepaal het wat die Skrif sê.)
  • Die kerk het die gesag van GOD om die lede te leer wat die kerk glo.
  • Calvyn volstaan by net twee sakramente, naamlik die doop en die nagmaal.

Vandag moet ons besluit waar ons staan…

Die beeld wat Nebukadnésar in sy droom gesien het.

Alexander the Great (Facial Reconstruction)
Julius Caesar Pontifex Maximus
Caesar’s Comet
Die Godin Diana

Pagan Geloof
The gods Persephone-Isis and Pluto-Serapis, an example of Greco-Egyptian syncretism
Mother Mary
The Mass
Cardinal
Die Vatikaan
Die sewe sakramente van die Rooms Katolieke Kerk

Johannes 7:38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 39  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. 

Johannes 14:25  Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly; 26  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. 

Handelinge 1:6  Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? 7  En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; 8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. 

Romeine 8:5  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; 9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. 

Romeine 8:14  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. 

Johannes 10:1  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower. 

Johannes 10:9  Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. 

Johannes 3:3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. 

Handelinge 2:37  Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Pous Clement

Romeine 8:11  En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. 

Handelinge 2:44  En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. 

Handelinge 2:46  En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, 47  terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is. 

Lukas 13:23  Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle: 24  Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie. 

Matthéüs 7:13  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. 15  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. 

Matthéüs 7:22  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! 

Matthéüs 7:24  Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE