Speellyste

1 PETRUS (2023)
– Banie Swanepoel:

002 1 PETRUS 2: 1 – 10 (‘n Uitverkore geslag) (11-06-2023)
003 1 PETRUS 2: 11 – 25 (Bywoners en vreemdelinge) (18-06-2023)
004 1 PETRUS 3: 1 – 18 (GOD is niemand se skuldenaar nie) (25-06-2023)
005 1 PETRUS 3 v 18 – 21 (02-07-2023)
001 1 PETRUS 1 (04-06-2023)
1 Petrus 1:1 Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië, 2 uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word! 3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, 4 sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons 5 wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd. 6 Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, 7 sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; 8 vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, 9 en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry. 10 Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, 11 en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna. 12 Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien. 13 Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. 14 Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie. 15 Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, 16 omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig. 17 En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap; 18 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, 19 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, 20 wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil, 21 julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees. 22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart; 23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. 24 Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, 25 maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.
~` Pp ~` Pp ~` Pp ~` Pp ~` Pp ~` Pp ~`
002 1 PETRUS 2: 1 – 10 (‘n Uitverkore geslag) (11-06-2023)
1 Petrus 2:1 Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery;
1 Petrus 1:22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart; 23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.
1 Petrus 2:2 en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei, 3 as julle ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is. 4 Kom na Hom (Yahshua) toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; 5 en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. 6 Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ‘n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie. 7 Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword; en: ‘n Steen des aanstoots en ‘n rots van struikeling— 8 vir dié wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is. 9 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
1 Petrus 1:1 Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië, 2 uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader,
1 Petrus 2: 9 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
1 Petrus 1:2 uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees…
Romeine 9:22 En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23 juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, 24 ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? 25 Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26 en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
Hoséa 1:1 Die woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel. 2 Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word. 3 Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ‘n seun gebaar. 4 En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel. 5 Ja, in dié dag sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jísreël. 6 Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie. 7 Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie. 8 Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en ‘n seun gebaar. 9 En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie. 10 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.
1 Petrus 1:1 Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië, 2 uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, …
Romeine 9: 25 Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem;
Hoséa 1:10 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. 11 Dan sal die kinders van Juda (twee stamme) en die kinders van Israel (tien stamme) almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!
1 Petrus 2: 9 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, …
~` Pp ~` Pp ~` Pp ~` Pp ~` Pp ~` Pp ~`
003 1 PETRUS 2: 11 – 25 (Bywoners en vreemdelinge) (18-06-2023)
1 Petrus 2:11 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; 12 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, (Matt. 15:17 Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie? 18 Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak.) sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking. 13 Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here (Yahshua)—of dit die koning is as opperheer, 14 of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen , te prys. (Handelinge 4:18 En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie. 19 Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis; 29 En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.) 15 Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring, 16 as vrymense en nie asof julle die vryheid het as ‘n dekmantel vir die boosheid nie, (Romeine 6:15 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! 16 Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?) maar as diensknegte van God. 17 Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer. 18 Diensknegte, (1 Petrus 3:8 En eindelik, wees almal eensgesind,…) wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is. 19 Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly. 20 Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly—dit is genade by God. (13 Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here) 21 Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg; 22 Hy(Yahshua) wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; 23 wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel; 24 (Yahshua) wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; (Romeine 6:15 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! 16 Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?) deur wie se wonde julle genees is. 25 Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele.
Jesaja 59:2 maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.
1 Petrus 2:9 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
1 Petrus 1:1 Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië, 2 uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!
Jakobus 1:1 Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!
~` Pp ~` Pp ~` Pp ~` Pp ~` Pp ~` Pp ~`
004 1 PETRUS 3: 1 – 18 (GOD is niemand se skuldenaar nie) (25-06-2023)
1 Petrus 3:1 Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word 2 as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het. 3 Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, 4 maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God. 5 Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig, 6 soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het; wie se kinders julle geword het as julle goed doen en geen enkele verskrikking vrees nie. 7 Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is—sodat julle gebede nie verhinder mag word nie. 8 En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik. 9 Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe. 10 Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie. 11 Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag. 12 Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners. 13 En wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle navolgers is van die goeie? 14 Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie. 15 Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees; 16 met behoud van ‘n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel in Christus belaster. 17 Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen. 18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;
~` Pp ~` Pp ~` Pp ~` Pp ~` Pp ~` Pp ~`
005 1 PETRUS 3 v 18 – 21 (02-07-2023)
1 Petrus 3: 18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; 19 in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, 20 wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;
Lukas 16:19 En daar was ‘n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe. 20 En daar was ‘n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het. 21 En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek. 22 En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. 23 En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. 24 En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam. 25 Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte. 26 En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie. 27 En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur— 28 want ek het vyf broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie. 29 Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. 30 Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. 31 Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.
1 Petrus 3: 18 …—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; 19 in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis,
Efésiërs 4:8 Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee. 9 Maar dít: Hy het opgevaar—wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde? 10 Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring.
1 Petrus 3: 18 …—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; 19 in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, 20 wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; 21 waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus
Handelinge 2:37 Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Romeine 6:1 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.
1 Petrus 3: 21 waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus
Byvoegsel:
Romeine 8:10 Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid. 11 En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
~` Pp ~` Pp ~` Pp ~` Pp ~` Pp ~` Pp ~`
006 1 PETRUS 4 (09-07-2023)
1 Petrus 4:1 Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde, 2 om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God. 3 Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyd die wil van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en ongeoorloofde afgoderye. 4 Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, en hulle laster. 5 Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel. 6 Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees. 7 En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid. 8 Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ‘n menigte sondes bedek. 9 Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer. 10 Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God. 11 As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. 12 Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; (1 Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde, 2 om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.) 13 maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel. 14 As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik. 15 Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie. 16 Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig. 17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is? 18 En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn? 19 So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die Briewe van JOHANNES (2023)
As jy hierdie gelees het en dit nie die eerste keer insien nie, lees dit weer aandagtig en sien in wat die diep betekenis is.
Ons dink Vader YHWH is gevoelloos. Ons dink Hy werk net volgens reëls en beginsels. Ons besef nie dat Hy net soos ons ook emosies het nie. Wanneer Hy sê Hy het ons lief, is dit nie uit beginsels nie, maar net soos wat ons liefhet, het Hy óók lief. Net soos wat ons hart skeur as ons iemand liefhet, maar daardie persoon het ons nie terug lief nie, net so skeur sý hart ook. Net soos ons wonder hoe lank gaan ons nog probeer om ons geliefde se hart te wen voordat ons tou opgooi, net so stel Hý ook uit.
Het sy my lief, of gebruik sy my net vir dit wat ek haar bied? Hoe is dit dat sy sê sy het my lief, maar sy maak onderlangs ogies vir ander mans?
Dieselfde skok wat ons hart tot stilstand bring as ons dit agterkom, is die skok wat deur Hom gaan as ons sê ons het Hom lief, maar ons bedrieg Hom, net sodat ons voordeel uit Hom kan trek. Net soos wat ons nagte om huil omdat ons geliefde se hart aan iemand anders behoort, net so treur YHWH oor ons.
Wanneer Hy Israel vir jare waarsku dat Hy hulle in ballingskap gaan stuur omdat hulle Hom nie liefhet nie, maar dan lank vat om dit uiteindelik te doen, is dit omdat Hy uitstel in die hoop dat hulle hart sal verander om Hom lief te kry.
Jesaja 54:5-8 Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word. 6 Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos ‘n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God. 7 Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader. 8 In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.
Wanneer Hy wel Israel in ballingskap laat gaan is sy motief nie om hulle te straf nie, maar dat hulle van hulle ander liefde afstand moet doen en Hom sien vir wie Hy is en Hom lief kry. Hy is die “prins op die wit perd” wat sy lewe in hulle plek gee, sodat hulle verlos kan word van die dood. Hy is die een wat hulle gevormeer het en hulle die kroon van sy skepping gemaak het deur hulle na sy beeld te skape. Hy is die een wat net goeie dinge oor hulle bedink en niks wat sleg is nie.
Hulle het agter ander liefde aangegaan net omdat hulle bedrieg is en Hom nie ken vir wie Hy is nie.
Die van ons wat die ondervinding van ‘n gebroke hart het deurdat jou geliefde jou verlaat en iemand anders liefgekry het, beleef die geweldige pyn wat dit veroorsaak het. Dit wat jy daaruit kan neem, is om te weet dat die onverganklike pyn wat jy daagliks in jou hart voel vergelykbaar is met die pyn in sý hart as ons Hom vergeet… as ons ons eerste liefde verlaat. Die van ons wat die ervaring het dat jy iemand liefgekry het, maar daardie persoon het jou nie lief nie en jy wonder of dit die moeite werd is om aan te hou probeer.
Jy wonder of dit die moeite werd is om emosies te beleef wat jou lewe moeilik maak. Jou slaap het verdwyn en jou denke aan daardie persoon wil jou nie verlaat nie. Jy probeer vergeet, maar jy kan nie… weet dat Vader ook so voel. Hy het Israel liefgekry en sy liefde aan Israel verklaar. Hy het sy hart oopgemaak en gesê; “jou alleen het Ek liefgehad uit al die volke wat op die aarde is”.
Ons neem sy woorde ligtelik op, maar wie van ons sal vir die een vir wie jy liefgekry het sommer jou hart oopmaak en die diepste geheim van liefde aan daardie persoon verklap? Ons doen dit nie, want ons is te bang ons gaan seerkry, maar Hý het dit gedoen, en toe gebeur dit werklik ook so met Hom; Hy het seergekry, want Israel het Hom nie terug liefgekry nie.
As jy dus die ervaring van ‘n stukkende hart het en jy voel stoksielalleen en uitverkoop, assosieer dan met God, want dit is hoe Hy elke dag, heeldag voel oor sy onbeantwoorde liefde tot ‘n volk wat Hom nie wil liefhê nie. Sy geliefdes bespot Hom en ontken Hom. Hy het nie lief nie, maar Hy is liefde.
Wanneer ons liefde tot ‘n ander persoon onbeantwoord bly en ons lewe kompliseer en dreig om dit te verwoes, beëindig ons daardie uitreiking na die ander persoon en sny alle bande en beoefen totale vermyding van kontak. Ons verwyder tot alle foto’s en vermy plekke wat ons aan daardie persoon sal laat dink, sodat daardie persoon totaal uit ons geheue kan verdwyn, sodat die pyn daarmee saam kan verdwyn. Vader beleef dit ook, maar sy liefde vir ons is sterker as die pyn wat ons afwesigheid van liefde aan Hom veroorsaak. Al is ons ontrou, Hy bly getrou. Hy kan nie ontrou wees nie. Al gee Hy ons oor aan tye van benoudheid, bly sy hand altyd uitgereik na ons toe, want die begeerte van sy hart is altyd dat ons terug uitreik en sy hand gryp en Hom terug liefhê.
Jesaja 49:14-16 Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet! 15 Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie! 16 Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My. Hoséa 1:10-11 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. 11 Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!
Vader YHWH, ons het U baie lief, want U is ons alles. Ons het nie ander liefde buite U nie, want U is ons Alfa en ons Omega. Baie dankie dat U ons liefgehad het toe ons nog sondaars was en dat U volhard het in U liefde vir ons, al het ons U nie dadelik gehoor nie. Ons dank U dat U volhard het in U liefde, al het ons U baie hartseer gemaak omdat ons U liefde verwerp het. Wanneer ons self seerkry as gevolg van onbeantwoorde liefde en ons besef dit is hoe ons U seer gemaak het, dan kry ons skaam en ons voel self hartseer omdat ons so opgetree het.
Hoe langer ons in ‘n liefdesverhouding met U is hoe meer deel U U hart met ons en hoe meer liefde ervaar ons van U. Dankie dat ons verhouding met U gebaseer kan wees op liefde; liefde wat U reeds bewys het. U het die waarde van U liefde aan ons afgemeet en die prys was bereken; dit was só duur soos die lewe van die ewige Skepper. Baie dankie Vader.

Bekering (26-04-2023)
– Banie Swanepoel:
Johannes 17:14 Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. 15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. 16 Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. 17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Doopboodskap (30-04-2023)
– Banie Swanepoel:

Gídeon (2023)
– Stefan Botha:

001 Voorbereiding vir die stryd (23-04-2023)
001 Voorbereiding vir die stryd (23-04-2023)
Rigters 6:1 Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Midianiete, sewe jaar lank. 2 En die Midianiete het die oorhand oor Israel gekry; vanweë die Midianiete het die kinders van Israel vir hulle die slote gemaak wat op die berge is, en die gate en die bergvestings. 3 Want as Israel gesaai het, dan trek die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste uit, en trek teen hulle op: 4 slaan laers teen hulle op en verwoes die opbrings van die land in die rigting na Gasa, en hulle laat geen lewensmiddele, geen skaap of bees of esel in Israel oorbly nie. 5 Want hulle het met hul vee en hul tente opgetrek en gekom soos sprinkane in menigte, terwyl hulle en hul kamele ontelbaar was; so het hulle dan die land ingekom om dit te verwoes. 6 En Israel het deur die Midianiete baie arm geword, maar die kinders van Israel het die HERE aangeroep. 7 En toe die kinders van Israel die HERE aanroep vanweë die Midianiete, 8 het die HERE ‘n profeet na die kinders van Israel gestuur, en dié het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek self het julle laat optrek uit Egipte en julle uit die slawehuis uitgelei 9 en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al julle verdrukkers en hulle voor julle uit verdrywe en hulle land aan julle gegee. 10 En Ek het aan julle gesê: Ek is die HERE julle God; julle mag die gode van die Amoriete in wie se land julle woon, nie vrees nie. Maar julle het nie na my stem geluister nie. 11 Toe het die Engel van die HERE gekom en gaan sit onder die terpentynboom wat by Ofra staan, wat aan Joas, die Abiësriet, behoort het, terwyl sy seun Gídeon juis koring uitslaan in die parskuip om dit te beveilig teen die Midianiete. 12 En die Engel van die HERE het aan hom verskyn en vir hom gesê: Die HERE is met jou, dapper held! 13 Toe vra Gídeon Hom: Ag, my heer, as die HERE met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het die HERE ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het die HERE ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete. 14 Toe draai die HERE na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie? 15 Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie. 16 Toe sê die HERE vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan. 17 En hy antwoord Hom: As ek dan guns in u oë gevind het, doen vir my ‘n teken, dat U dit is wat met my spreek. 18 Verwyder U tog nie hiervandaan voordat ek by U kom en my gawe uitbring en voor U neersit nie. Hy sê toe: Ek sal bly totdat jy terugkom. 19 Toe het Gídeon ingegaan en ‘n bokkie berei, en van ‘n efa meel ongesuurde koeke; die vleis het hy in ‘n mandjie gesit en die sous in ‘n pot gegooi; en hy het dit na Hom uitgebring onder die terpentynboom en dit naby neergesit. 20 Maar die Engel van God het vir hom gesê: Neem die vleis en die ongesuurde koeke, en sit dit op hierdie rots neer en gooi die sous daaroor uit. En hy het so gedoen. 21 Daarop steek die Engel van die HERE die punt van die staf wat in sy hand was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan; toe gaan daar vuur op uit die rots en verteer die vleis en die ongesuurde koeke. Intussen het die Engel van die HERE verdwyn uit sy oë. 22 Toe Gídeon bemerk dat dit die Engel van die HERE was, sê Gídeon: Ag, Here HERE! want ek het die Engel van die HERE gesien van aangesig tot aangesig! 23 Maar die HERE sê vir hom: Vrede vir jou! Vrees nie! Jy sal nie sterwe nie. 24 Toe bou Gídeon daar ‘n altaar vir die HERE en noem dit: Die HERE is vrede! Dit staan vandag nog daar by Ofra van die Abiësriete. 25 En in dieselfde nag het die HERE vir hom gesê: Neem die bul van jou vader, naamlik die tweede bul van sewe jaar, en breek die altaar van Baäl af wat aan jou vader behoort, en kap die heilige boomstam af wat daar langsaan staan. 26 En bou vir die HERE jou God ‘n altaar op die top van hierdie vesting deur opstapeling, en neem die tweede bul en bring dit as ‘n brandoffer met die hout van die heilige boomstam wat jy moet afkap. 27 Toe het Gídeon tien man van sy dienaars geneem en gedoen soos die HERE aan hom gesê het; maar omdat hy te bang was vir sy familie en vir die manne van die stad, om dit oordag te doen, het hy dit in die nag gedoen. 28 En toe die manne van die stad die môre vroeg opstaan, lê die altaar van Baäl daar omgegooi en die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap en die tweede bul geoffer op die altaar wat daar gebou was! 29 Toe sê hulle, die een vir die ander: Wie het hierdie ding gedoen? En onderwyl hulle ondersoek en uitvra, sê hulle: Gídeon, die seun van Joas, het hierdie ding gedoen! 30 Toe sê die manne van die stad vir Joas: Bring jou seun uit, hy moet sterwe, omdat hy die altaar van Baäl omgegooi het, en omdat hy die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap het. 31 Maar Joas sê vir almal wat by hom staan: Wil júlle vir Baäl veg? Of wil julle hom help? Die wat vir hom veg, sal vanmôre nog gedood word. As hy ‘n god is, laat hy vir homself veg, omdat hy sy altaar omgegooi het. 32 Daarom het hy hom op dié dag Jerúbbaäl genoem en gesê: Laat Baäl teen hom veg, omdat hy sy altaar omgegooi het. 33 Toe het al die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste aanmekaargesluit en deurgetrek en in die laagte van Jísreël laer opgeslaan. 34 En die Gees van die HERE het Gídeon vervul; en hy het op die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter hom aan opgeroep. 35 Ook het hy boodskappers gestuur in die hele Manasse, en dié is ook agter hom aan opgeroep; ook het hy boodskappers gestuur in Aser en in Sébulon en in Náftali, en hulle het opgetrek, hulle tegemoet. 36 Toe het Gídeon met God gespreek: As U werklik deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het— 37 ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies dou is, terwyl die grond oral droog is, dan sal ek weet dat U deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het. 38 En dit was so: toe hy die volgende môre vroeg opstaan, het hy die vlies uitgewring en die dou uit die vlies uitgedruk, ‘n kom vol water. 39 Toe het Gídeon met God gespreek: Laat u toorn nie teen my ontvlam nie, en laat my net hierdie keer mag spreek; laat my tog net hierdie keer met die vlies ‘n proef neem: laat dit op die vlies alleen droog wees terwyl daar op die grond oral dou is. 40 En die HERE het daardie nag so gedoen: op die vlies alleen was dit droog, maar oral op die grond was daar dou.
Rigters 6:1 Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Midianiete, sewe jaar lank. 2 En die Midianiete het die oorhand oor Israel gekry; vanweë die Midianiete het die kinders van Israel vir hulle die slote gemaak wat op die berge is, en die gate en die bergvestings. 3 Want as Israel gesaai het, dan trek die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste uit, en trek teen hulle op: 4 slaan laers teen hulle op en verwoes die opbrings van die land in die rigting na Gasa, en hulle laat geen lewensmiddele, geen skaap of bees of esel in Israel oorbly nie. 5 Want hulle het met hul vee en hul tente opgetrek en gekom soos sprinkane in menigte, terwyl hulle en hul kamele ontelbaar was; so het hulle dan die land ingekom om dit te verwoes. 6 En Israel het deur die Midianiete baie arm geword, maar die kinders van Israel het die HERE aangeroep. 7 En toe die kinders van Israel die HERE aanroep vanweë die Midianiete, 8 het die HERE ‘n profeet na die kinders van Israel gestuur, en dié het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek self het julle laat optrek uit Egipte en julle uit die slawehuis uitgelei
Efésiërs 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
Matthéüs 13:18 Luister julle dan na die gelykenis van die saaier. 19 As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is. 20 En by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem; 21 maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik. 22 En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar. 23 En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd, die ander sestig—, die ander dertigvoudig.
Rigters 6: 7 En toe die kinders van Israel die HERE aanroep vanweë die Midianiete, 8 het die HERE ‘n profeet na die kinders van Israel gestuur, en dié het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek self het julle laat optrek uit Egipte en julle uit die slawehuis uitgelei 9 en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al julle verdrukkers en hulle voor julle uit verdrywe en hulle land aan julle gegee. 10 En Ek het aan julle gesê: Ek is die HERE julle God; julle mag die gode van die Amoriete in wie se land julle woon, nie vrees nie. Maar julle het nie na my stem geluister nie.
Lukas 4:5 Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. 6 En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.
Rigters 6:11 Toe het die Engel van die HERE gekom en gaan sit onder die terpentynboom wat by Ofra staan, wat aan Joas, die Abiësriet, behoort het, terwyl sy seun Gídeon juis koring uitslaan in die parskuip om dit te beveilig teen die Midianiete. 12 En die Engel van die HERE het aan hom verskyn en vir hom gesê: Die HERE is met jou, dapper held! 13 Toe vra Gídeon Hom: Ag, my heer, as die HERE met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het die HERE ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het die HERE ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete. 14 Toe draai die HERE na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie? 15 Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie.
Deuteronómium 7:7 Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. 8 Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. 9 Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.
Matthéüs 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
Rigters 6:16 Toe sê die HERE vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan. 17 En hy antwoord Hom: As ek dan guns in u oë gevind het, doen vir my ‘n teken, dat U dit is wat met my spreek. 18 Verwyder U tog nie hiervandaan voordat ek by U kom en my gawe uitbring en voor U neersit nie. Hy sê toe: Ek sal bly totdat jy terugkom. 19 Toe het Gídeon ingegaan en ‘n bokkie berei, en van ‘n efa meel ongesuurde koeke; die vleis het hy in ‘n mandjie gesit en die sous in ‘n pot gegooi; en hy het dit na Hom uitgebring onder die terpentynboom en dit naby neergesit. 20 Maar die Engel van God het vir hom gesê: Neem die vleis en die ongesuurde koeke, en sit dit op hierdie rots neer en gooi die sous daaroor uit. En hy het so gedoen. 21 Daarop steek die Engel van die HERE die punt van die staf wat in sy hand was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan; toe gaan daar vuur op uit die rots en verteer die vleis en die ongesuurde koeke. Intussen het die Engel van die HERE verdwyn uit sy oë. 22 Toe Gídeon bemerk dat dit die Engel van die HERE was, sê Gídeon: Ag, Here HERE! want ek het die Engel van die HERE gesien van aangesig tot aangesig! 23 Maar die HERE sê vir hom: Vrede vir jou! Vrees nie! Jy sal nie sterwe nie. 24 Toe bou Gídeon daar ‘n altaar vir die HERE en noem dit: Die HERE is vrede! Dit staan vandag nog daar by Ofra van die Abiësriete.
Handelinge 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Rigters 6:25 En in dieselfde nag het die HERE vir hom gesê: Neem die bul van jou vader, naamlik die tweede bul van sewe jaar, en breek die altaar van Baäl af wat aan jou vader behoort, en kap die heilige boomstam af wat daar langsaan staan. 26 En bou vir die HERE jou God ‘n altaar op die top van hierdie vesting deur opstapeling, en neem die tweede bul en bring dit as ‘n brandoffer met die hout van die heilige boomstam wat jy moet afkap. 27 Toe het Gídeon tien man van sy dienaars geneem en gedoen soos die HERE aan hom gesê het; maar omdat hy te bang was vir sy familie en vir die manne van die stad, om dit oordag te doen, het hy dit in die nag gedoen. 28 En toe die manne van die stad die môre vroeg opstaan, lê die altaar van Baäl daar omgegooi en die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap en die tweede bul geoffer op die altaar wat daar gebou was! 29 Toe sê hulle, die een vir die ander: Wie het hierdie ding gedoen? En onderwyl hulle ondersoek en uitvra, sê hulle: Gídeon, die seun van Joas, het hierdie ding gedoen! 30 Toe sê die manne van die stad vir Joas: Bring jou seun uit, hy moet sterwe, omdat hy die altaar van Baäl omgegooi het, en omdat hy die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap het.
Markus 7:9 En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou.
Rigters 6:31 Maar Joas sê vir almal wat by hom staan: Wil júlle vir Baäl veg? Of wil julle hom help? Die wat vir hom veg, sal vanmôre nog gedood word. As hy ‘n god is, laat hy vir homself veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.
Lukas 14:26 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.
Rigters 6:32 Daarom het hy hom op dié dag Jerúbbaäl genoem en gesê: Laat Baäl teen hom veg, omdat hy sy altaar omgegooi het. 33 Toe het al die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste aanmekaargesluit en deurgetrek en in die laagte van Jísreël laer opgeslaan. 34 En die Gees van die HERE het Gídeon vervul; en hy het op die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter hom aan opgeroep. 35 Ook het hy boodskappers gestuur in die hele Manasse, en dié is ook agter hom aan opgeroep; ook het hy boodskappers gestuur in Aser en in Sébulon en in Náftali, en hulle het opgetrek, hulle tegemoet.
34 En die Gees van die HERE het Gídeon vervul; en hy het op die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter hom aan opgeroep.
Rigters 6:36 Toe het Gídeon met God gespreek: As U werklik deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het— 37 ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies dou is, terwyl die grond oral droog is, dan sal ek weet dat U deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het. 38 En dit was so: toe hy die volgende môre vroeg opstaan, het hy die vlies uitgewring en die dou uit die vlies uitgedruk, ‘n kom vol water. 39 Toe het Gídeon met God gespreek: Laat u toorn nie teen my ontvlam nie, en laat my net hierdie keer mag spreek; laat my tog net hierdie keer met die vlies ‘n proef neem: laat dit op die vlies alleen droog wees terwyl daar op die grond oral dou is. 40 En die HERE het daardie nag so gedoen: op die vlies alleen was dit droog, maar oral op die grond was daar dou.
Matthéüs 26:41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
OxO OxO OxO OxO OxO OxO OxO OxO
002 In die stryd (30-04-2023)
Jesaja 9: 5 Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors…
Romeine11:33 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! 34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? 35 Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word? 36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Rigters 7:1 Daarna het Jerúbbaäl, dit is Gídeon, en al die manskappe wat by hom was, vroeg klaargemaak, en hulle het laer opgeslaan by die fontein Harod, terwyl die laer van die Midianiete ten noorde van hom was, van die heuwel More af in die dal. 2 Toe sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos. 3 Roep dan nou tog uit voor die ore van die manskappe en sê: Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai van die gebergte van Gílead af. Toe het daar van die manskappe twee en twintig duisend omgedraai, en tien duisend het oorgebly. 4 Daarop sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan—dié mag met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag nie met jou saamgaan nie—dié mag nie gaan nie. 5 Hy bring toe die manskappe af na die water; en die HERE sê vir Gídeon: Elkeen wat met sy tong die water oplek soos ‘n hond lek, moet jy eenkant laat staan; en elkeen wat op sy knieë vooroor buig om te drink, anderkant. 6 En die aantal van die wat gelek het met hul hand na hul mond toe, was drie honderd man; en al die ander manskappe het op hulle knieë vooroor gebuig om water te drink. 7 Toe sê die HERE vir Gídeon: Deur die drie honderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee; maar al die ander manskappe kan elkeen na sy woonplek gaan. 8 Daarop neem hulle die padkos van die manskappe en hulle ramshorings in hul hand; en hy het al die manskappe van Israel laat gaan, elkeen na sy tente toe; maar die drie honderd man het hy agtergehou, terwyl die laer van die Midianiete onderkant hom in die laagte was. 9 En daardie nag het die HERE vir hom gesê: Staan op, gaan af in die laer, want Ek gee dit in jou hand. 10 En as jy bang is om af te gaan, gaan jy dan saam met jou dienaar Pura af na die laer toe 11 en luister wat hulle praat; en daarna sal jou hande sterk word, en jy sal in die laer aftrek. Hy gaan toe af saam met sy dienaar Pura tot by die buitenste lyn van die gewapendes wat in die laer was. 12 En die Midianiete en Amalekiete en al die kinders van die Ooste het in die laagte gelê soos sprinkane in menigte, en hulle kamele was ontelbaar soos die sand aan die seestrand in menigte. 13 En toe Gídeon aankom, vertel ‘n man aan ‘n ander juis ‘n droom en sê: Kyk, ek het ‘n droom gehad: Daar rol ‘n hard gebakte garsbrood in die laer van die Midianiete en kom tot by die tent en slaan dit dat dit omval en keer dit onderstebo, en toe lê die tent daar! 14 En die ander een het geantwoord en gesê: Dit is niks anders nie as die swaard van Gídeon, die seun van Joas, die Israeliet; God het die Midianiete en die hele laer in sy hand gegee. 15 Toe Gídeon dan die verhaal van die droom en sy uitlegging hoor, het hy aanbid; en hy het teruggekeer na die laer van Israel en gesê: Maak klaar, want die HERE gee die laer van die Midianiete in julle hand. 16 En hy het die drie honderd man verdeel in drie dele en aan hulle almal ramshorings en leë kruike, met fakkels binne-in die kruike, in die hand gegee 17 en aan hulle gesê: Kyk na my en maak net so; en kyk, as ek by die buitenste lyn van die laer kom, dan moet julle maak net soos ek maak. 18 En as ek en almal wat by my is, op die ramshoring blaas, moet julle ook op die ramshorings blaas rondom die hele laer, en julle moet sê: Vir die HERE en vir Gídeon! 19 Toe kom Gídeon en die honderd man wat by hom was, by die buitenste lyn van die laer, met die begin van die middelste nagwaak toe hulle skaars die wagte uitgesit het, en hulle blaas op die ramshorings en slaan die kruike stukkend wat hulle in hul hand gehad het. 20 Toe blaas die drie dele op die ramshorings en breek die kruike en hou met hulle linkerhand die fakkels en met hulle regterhand die ramshorings om te blaas, terwyl hulle uitroep: Die swaard van die HERE en van Gídeon! 21 En hulle het bly staan elkeen op sy plek, rondom die laer. Daarop hardloop die hele laer, en hulle skreeu en vlug. 22 En toe die drie honderd op die ramshorings blaas, het die HERE die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Seréda toe, tot by die oewer van Abel-Mehóla by Tabbat. 23 En die manskappe van Israel uit Náftali en uit Aser en uit die hele Manasse is opgeroep, en hulle het die Midianiete agternagejaag. 24 Ook het Gídeon boodskappers gestuur in die hele gebergte van Efraim om te sê: Trek af die Midianiete tegemoet, en sny hulle van die waters af tot by Bet-Bara en die Jordaan. So het dan al die manskappe van Efraim bymekaargekom en die waters beset tot by Bet-Bara en die Jordaan. 25 En hulle het twee vorste van die Midianiete gevang, Oreb en Seëb; en Oreb het hulle gedood by die rots Oreb, en Seëb gedood by die parskuip Seëb, en hulle het die Midianiete agtervolg; en die hoof van Oreb en van Seëb het hulle na Gídeon gebring, oorkant die Jordaan.
Rigters 7: 2 Toe sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos.
Jesaja 9:2 U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word. 9:3 Want die juk wat op hulle gedruk het, en die stok wat hulle rug getref het, die roede van hulle drywer, het U verbreek soos op die dag van Mídian. 4 Want elke soldateskoen wat daar wegstap met gedreun, en die kleed wat in bloed gerol is, dien tot verbranding, ‘n prooi van die vuur. 5 Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors— 6 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
Rigters 7: 2 Toe sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos.
Rigters 7: 9 En daardie nag het die HERE vir hom gesê: Staan op, gaan af in die laer, want Ek gee dit in jou hand. 10 En as jy bang is om af te gaan, gaan jy dan saam met jou dienaar Pura af na die laer toe 11 en luister wat hulle praat;
Efésiërs 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
Rigters 7: 15 Toe Gídeon dan die verhaal van die droom en sy uitlegging hoor, het hy aanbid; en hy het teruggekeer na die laer van Israel en gesê: Maak klaar, want die HERE gee die laer van die Midianiete in julle hand. 16 En hy het die drie honderd man verdeel in drie dele en aan hulle almal ramshorings en leë kruike, met fakkels binne-in die kruike, in die hand gegee 17 en aan hulle gesê: Kyk na my en maak net so; en kyk, as ek by die buitenste lyn van die laer kom, dan moet julle maak net soos ek maak. 18 En as ek en almal wat by my is, op die ramshoring blaas, moet julle ook op die ramshorings blaas rondom die hele laer, en julle moet sê: Vir die HERE en vir Gídeon! 19 Toe kom Gídeon en die honderd man wat by hom was, by die buitenste lyn van die laer, met die begin van die middelste nagwaak toe hulle skaars die wagte uitgesit het, en hulle blaas op die ramshorings en slaan die kruike stukkend wat hulle in hul hand gehad het.
Génesis 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.
Romeine 9:20 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
Markus 2:22 En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke laat bars, en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word.
Johannes 8:12 En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
Johannes 9:5 So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld.
Matthéüs 10:16 Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.
Rigters 7: 20 Toe blaas die drie dele op die ramshorings en breek die kruike en hou met hulle linkerhand die fakkels en met hulle regterhand die ramshorings om te blaas, terwyl hulle uitroep: Die swaard van die HERE en van Gídeon! 21 En hulle het bly staan elkeen op sy plek, rondom die laer. Daarop hardloop die hele laer, en hulle skreeu en vlug. 22 En toe die drie honderd op die ramshorings blaas, het die HERE die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Seréda toe, tot by die oewer van Abel-Mehóla by Tabbat.
Efésiërs 6:1 Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg. 2 Eer jou vader en jou moeder—dit is die eerste gebod met ‘n belofte— 3 sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde. 4 En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here. 5 Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus; 6 nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen 7 en met goedwilligheid die Here dien en nie mense nie, 8 omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang, of hy ‘n slaaf is of ‘n vryman. 9 En, here, doen dieselfde teenoor hulle en laat staan die dreigemente, omdat julle weet dat ook julle eie Here in die hemele is en by Hom geen aanneming van die persoon is nie. 10 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. 11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. 2 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. 13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. 14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, 15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. 16 Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. 17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— 18 terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges 19 en vir my, sodat ‘n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak, 20 waarvoor ek ‘n gesant is in kettings, sodat ek daarin vrymoediglik mag spreek soos ek moet spreek.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Wat is liefde? (26-03-2023)
– Banie Swanepoel:
liefde is die mees bevredigendste IETS wat bestaan
Jesaja 54:6 Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos ‘n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God.
Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Lukas 10:27 En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.
1 Johannes 4:18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
Hoséa 6:6 Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers. 7 Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos teen My gehandel.
Hoséa 11:1 Toe Israel ‘n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep. 2 Hoe meer die profete hulle geroep het, des te meer het hulle van húlle af weggeloop; hulle het aan die Baäls geoffer en vir die gesnede beelde rook laat opgaan. 3 En Ek self het Efraim leer loop. Hy het hulle op sy arms geneem, maar hulle het nie erken dat Ek hulle genees het nie. 4 Met mensebande, met koorde van liefde het Ek hulle getrek; en Ek was vir hulle soos diegene wat die juk van hulle kakebeen af oplig; en Ek het My na hom neergebuig, Ek het hom voedsel gegee.
Matthéüs 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
As jy hierdie gelees het en dit nie die eerste keer insien nie, lees dit weer aandagtig en sien in wat die diep betekenis is.
Ons dink Vader YHWH is gevoelloos. Ons dink Hy werk net volgens reëls en beginsels. Ons besef nie dat Hy net soos ons ook emosies het nie. Wanneer Hy sê Hy het ons lief, is dit nie uit beginsels nie, maar net soos wat ons liefhet, het Hy óók lief. Net soos wat ons hart skeur as ons iemand liefhet, maar daardie persoon het ons nie terug lief nie, net so skeur sý hart ook. Net soos ons wonder hoe lank gaan ons nog probeer om ons geliefde se hart te wen voordat ons tou opgooi, net so stel Hý ook uit.
Het sy my lief, of gebruik sy my net vir dit wat ek haar bied? Hoe is dit dat sy sê sy het my lief, maar sy maak onderlangs ogies vir ander mans?
Dieselfde skok wat ons hart tot stilstand bring as ons dit agterkom, is die skok wat deur Hom gaan as ons sê ons het Hom lief, maar ons bedrieg Hom, net sodat ons voordeel uit Hom kan trek. Net soos wat ons nagte om huil omdat ons geliefde se hart aan iemand anders behoort, net so treur YHWH oor ons.
Wanneer Hy Israel vir jare waarsku dat Hy hulle in ballingskap gaan stuur omdat hulle Hom nie liefhet nie, maar dan lank vat om dit uiteindelik te doen, is dit omdat Hy uitstel in die hoop dat hulle hart sal verander om Hom lief te kry.
Jesaja 54:5-8 Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word. 6 Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos ‘n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God. 7 Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader. 8 In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.
Wanneer Hy wel Israel in ballingskap laat gaan is sy motief nie om hulle te straf nie, maar dat hulle van hulle ander liefde afstand moet doen en Hom sien vir wie Hy is en Hom lief kry. Hy is die “prins op die wit perd” wat sy lewe in hulle plek gee, sodat hulle verlos kan word van die dood. Hy is die een wat hulle gevormeer het en hulle die kroon van sy skepping gemaak het deur hulle na sy beeld te skape. Hy is die een wat net goeie dinge oor hulle bedink en niks wat sleg is nie.
Hulle het agter ander liefde aangegaan net omdat hulle bedrieg is en Hom nie ken vir wie Hy is nie.
Die van ons wat die ondervinding van ‘n gebroke hart het deurdat jou geliefde jou verlaat en iemand anders liefgekry het, beleef die geweldige pyn wat dit veroorsaak het. Dit wat jy daaruit kan neem, is om te weet dat die onverganklike pyn wat jy daagliks in jou hart voel vergelykbaar is met die pyn in sý hart as ons Hom vergeet… as ons ons eerste liefde verlaat. Die van ons wat die ervaring het dat jy iemand liefgekry het, maar daardie persoon het jou nie lief nie en jy wonder of dit die moeite werd is om aan te hou probeer.
Jy wonder of dit die moeite werd is om emosies te beleef wat jou lewe moeilik maak. Jou slaap het verdwyn en jou denke aan daardie persoon wil jou nie verlaat nie. Jy probeer vergeet, maar jy kan nie… weet dat Vader ook so voel. Hy het Israel liefgekry en sy liefde aan Israel verklaar. Hy het sy hart oopgemaak en gesê; “jou alleen het Ek liefgehad uit al die volke wat op die aarde is”.
Ons neem sy woorde ligtelik op, maar wie van ons sal vir die een vir wie jy liefgekry het sommer jou hart oopmaak en die diepste geheim van liefde aan daardie persoon verklap? Ons doen dit nie, want ons is te bang ons gaan seerkry, maar Hý het dit gedoen, en toe gebeur dit werklik ook so met Hom; Hy het seergekry, want Israel het Hom nie terug liefgekry nie.
As jy dus die ervaring van ‘n stukkende hart het en jy voel stoksielalleen en uitverkoop, assosieer dan met God, want dit is hoe Hy elke dag, heeldag voel oor sy onbeantwoorde liefde tot ‘n volk wat Hom nie wil liefhê nie. Sy geliefdes bespot Hom en ontken Hom. Hy het nie lief nie, maar Hy is liefde.
Wanneer ons liefde tot ‘n ander persoon onbeantwoord bly en ons lewe kompliseer en dreig om dit te verwoes, beëindig ons daardie uitreiking na die ander persoon en sny alle bande en beoefen totale vermyding van kontak. Ons verwyder tot alle foto’s en vermy plekke wat ons aan daardie persoon sal laat dink, sodat daardie persoon totaal uit ons geheue kan verdwyn, sodat die pyn daarmee saam kan verdwyn. Vader beleef dit ook, maar sy liefde vir ons is sterker as die pyn wat ons afwesigheid van liefde aan Hom veroorsaak. Al is ons ontrou, Hy bly getrou. Hy kan nie ontrou wees nie. Al gee Hy ons oor aan tye van benoudheid, bly sy hand altyd uitgereik na ons toe, want die begeerte van sy hart is altyd dat ons terug uitreik en sy hand gryp en Hom terug liefhê.
Jesaja 49:14-16 Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet! 15 Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie! 16 Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My. Hoséa 1:10-11 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. 11 Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!
Vader YHWH, ons het U baie lief, want U is ons alles. Ons het nie ander liefde buite U nie, want U is ons Alfa en ons Omega. Baie dankie dat U ons liefgehad het toe ons nog sondaars was en dat U volhard het in U liefde vir ons, al het ons U nie dadelik gehoor nie. Ons dank U dat U volhard het in U liefde, al het ons U baie hartseer gemaak omdat ons U liefde verwerp het. Wanneer ons self seerkry as gevolg van onbeantwoorde liefde en ons besef dit is hoe ons U seer gemaak het, dan kry ons skaam en ons voel self hartseer omdat ons so opgetree het.
Hoe langer ons in ‘n liefdesverhouding met U is hoe meer deel U U hart met ons en hoe meer liefde ervaar ons van U. Dankie dat ons verhouding met U gebaseer kan wees op liefde; liefde wat U reeds bewys het. U het die waarde van U liefde aan ons afgemeet en die prys was bereken; dit was só duur soos die lewe van die ewige Skepper. Baie dankie Vader.
liefde is die mees bevredigendste IETS wat bestaan
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE