Speellyste

Profesië van JEREMIA met betrekking tot die boek OPENBARING (2022)

Uitverkiesing en Verlossing (05-06-2016)
– Banie Swanepoel:
Uitverkiesing en verlossing is nie dieselfde ding nie. As jy uitverkies is, is jy nie noodwendig verlos nie.
Kom ons kyk eers wie is uitverkies en hoekom is daar ‘n uitverkiesing en waaroor die uitverkiesing gaan.
Elke kerk in die wêreld het sy lering en elke kerk kan dit baie goed verdedig. Dit maak nie saak in watter kerk jy in ‘n argument betrokke raak nie, hulle sal teenargumente hê, behalwe as jy praat oor die uitverkiesing… Dan hardloop hulle weg, want daar is net één antwoord en dit is die antwoord wat die wêreld haat…
GOD het uitverkies en dan sê die SKrif, “is daar miskien onreg by GOD?” Ons weet GOD kan nie onregverdig wees nie. So, Hy is regverdig in Sy uitverkiesing.
Die totale lering van die moderne tyd waarin ons leef, is dat daar geen uitverkiesing is nie en “uitverkiesing” is krimmineel, maar ons gaan in hierdie boodskap sien dat die Skrif vol daarvan is.
Dat die uitverkiesing deel van GOD is. Dat Hy uitverkies het en dat Hy baie ernstig daaroor voel.
Waneer jou lering, evangelie of geloof verskil van GOD se Woord, dan het jy jou eie geloof.
So, wanneer jy hierdie boodskap hoor, bêre dit in jou hart en sien dit in die Skrif, sodat niemand dit van jou kan roof nie.
Deuteronómium 7:6 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. 7 Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. 8 Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
Deuteronómium 10:14 Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. 15 Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.
Johannes 15:12 Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. 13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
Deuteronómium 14:2 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.
Jesaja 41:8 Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend, 9 jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie. 10 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
Psalm 147:19 Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge. 20 So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!
Jeremia 33:23 Verder het die woord van die HERE tot Jeremia gekom en gesê: 24 Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie. 25 So sê die HERE: As Ek my verbond met dag en nag, die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie, 26 dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp,
Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. 18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
Jeremia 31:35 So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam: 36 As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd. 37 So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE.
Lukas 1:16 En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God.
Matthéüs 1:20 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; 21 en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
Matthéüs 2:6 En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ‘n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees.
Hebreërs 2:17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.
Hebreërs 4:8 Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie. 9 Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; 10 want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.
Hebreërs 8:8 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring, 9 nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here. 10 Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
Hebreërs 13:11 want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word—hulle liggame word buitekant die laer verbrand. 12 Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely.
2 Timótheüs 2:8 Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is volgens my evangelie, 9 waarin ek verdrukking ly tot die boeie toe soos ‘n kwaaddoener; maar die woord van God is nie gebonde nie. 10 Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.
Eségiël 33:11 Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?
Jesaja 59:20 Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die HERE. 21 Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.
Openbaring 3:18 Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. 19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. 20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
Handelinge 2:22 Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasaréner, ‘n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet—
Handelinge 2:37 Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 39 Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. 40 En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag. 41 Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring.
2 Petrus 3:9 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. 10 Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand. 11 Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — 12 julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt. 13 Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon. 14 Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.
As jy hierdie gelees het en dit nie die eerste keer insien nie, lees dit weer aandagtig en sien in wat die diep betekenis is.
Ons dink Vader YHWH is gevoelloos. Ons dink Hy werk net volgens reëls en beginsels. Ons besef nie dat Hy net soos ons ook emosies het nie. Wanneer Hy sê Hy het ons lief, is dit nie uit beginsels nie, maar net soos wat ons liefhet, het Hy óók lief. Net soos wat ons hart skeur as ons iemand liefhet, maar daardie persoon het ons nie terug lief nie, net so skeur sý hart ook. Net soos ons wonder hoe lank gaan ons nog probeer om ons geliefde se hart te wen voordat ons tou opgooi, net so stel Hý ook uit.
Het sy my lief, of gebruik sy my net vir dit wat ek haar bied? Hoe is dit dat sy sê sy het my lief, maar sy maak onderlangs ogies vir ander mans?
Dieselfde skok wat ons hart tot stilstand bring as ons dit agterkom, is die skok wat deur Hom gaan as ons sê ons het Hom lief, maar ons bedrieg Hom, net sodat ons voordeel uit Hom kan trek. Net soos wat ons nagte om huil omdat ons geliefde se hart aan iemand anders behoort, net so treur YHWH oor ons.
Wanneer Hy Israel vir jare waarsku dat Hy hulle in ballingskap gaan stuur omdat hulle Hom nie liefhet nie, maar dan lank vat om dit uiteindelik te doen, is dit omdat Hy uitstel in die hoop dat hulle hart sal verander om Hom lief te kry.
Jesaja 54:5-8 Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word. 6 Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos ‘n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God. 7 Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader. 8 In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.
Wanneer Hy wel Israel in ballingskap laat gaan is sy motief nie om hulle te straf nie, maar dat hulle van hulle ander liefde afstand moet doen en Hom sien vir wie Hy is en Hom lief kry. Hy is die “prins op die wit perd” wat sy lewe in hulle plek gee, sodat hulle verlos kan word van die dood. Hy is die een wat hulle gevormeer het en hulle die kroon van sy skepping gemaak het deur hulle na sy beeld te skape. Hy is die een wat net goeie dinge oor hulle bedink en niks wat sleg is nie.
Hulle het agter ander liefde aangegaan net omdat hulle bedrieg is en Hom nie ken vir wie Hy is nie.
Die van ons wat die ondervinding van ‘n gebroke hart het deurdat jou geliefde jou verlaat en iemand anders liefgekry het, beleef die geweldige pyn wat dit veroorsaak het. Dit wat jy daaruit kan neem, is om te weet dat die onverganklike pyn wat jy daagliks in jou hart voel vergelykbaar is met die pyn in sý hart as ons Hom vergeet… as ons ons eerste liefde verlaat. Die van ons wat die ervaring het dat jy iemand liefgekry het, maar daardie persoon het jou nie lief nie en jy wonder of dit die moeite werd is om aan te hou probeer.
Jy wonder of dit die moeite werd is om emosies te beleef wat jou lewe moeilik maak. Jou slaap het verdwyn en jou denke aan daardie persoon wil jou nie verlaat nie. Jy probeer vergeet, maar jy kan nie… weet dat Vader ook so voel. Hy het Israel liefgekry en sy liefde aan Israel verklaar. Hy het sy hart oopgemaak en gesê; “jou alleen het Ek liefgehad uit al die volke wat op die aarde is”.
Ons neem sy woorde ligtelik op, maar wie van ons sal vir die een vir wie jy liefgekry het sommer jou hart oopmaak en die diepste geheim van liefde aan daardie persoon verklap? Ons doen dit nie, want ons is te bang ons gaan seerkry, maar Hý het dit gedoen, en toe gebeur dit werklik ook so met Hom; Hy het seergekry, want Israel het Hom nie terug liefgekry nie.
As jy dus die ervaring van ‘n stukkende hart het en jy voel stoksielalleen en uitverkoop, assosieer dan met God, want dit is hoe Hy elke dag, heeldag voel oor sy onbeantwoorde liefde tot ‘n volk wat Hom nie wil liefhê nie. Sy geliefdes bespot Hom en ontken Hom. Hy het nie lief nie, maar Hy is liefde.
Wanneer ons liefde tot ‘n ander persoon onbeantwoord bly en ons lewe kompliseer en dreig om dit te verwoes, beëindig ons daardie uitreiking na die ander persoon en sny alle bande en beoefen totale vermyding van kontak. Ons verwyder tot alle foto’s en vermy plekke wat ons aan daardie persoon sal laat dink, sodat daardie persoon totaal uit ons geheue kan verdwyn, sodat die pyn daarmee saam kan verdwyn. Vader beleef dit ook, maar sy liefde vir ons is sterker as die pyn wat ons afwesigheid van liefde aan Hom veroorsaak. Al is ons ontrou, Hy bly getrou. Hy kan nie ontrou wees nie. Al gee Hy ons oor aan tye van benoudheid, bly sy hand altyd uitgereik na ons toe, want die begeerte van sy hart is altyd dat ons terug uitreik en sy hand gryp en Hom terug liefhê.
Jesaja 49:14-16 Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet! 15 Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie! 16 Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My. Hoséa 1:10-11 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. 11 Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!
Vader YHWH, ons het U baie lief, want U is ons alles. Ons het nie ander liefde buite U nie, want U is ons Alfa en ons Omega. Baie dankie dat U ons liefgehad het toe ons nog sondaars was en dat U volhard het in U liefde vir ons, al het ons U nie dadelik gehoor nie. Ons dank U dat U volhard het in U liefde, al het ons U baie hartseer gemaak omdat ons U liefde verwerp het. Wanneer ons self seerkry as gevolg van onbeantwoorde liefde en ons besef dit is hoe ons U seer gemaak het, dan kry ons skaam en ons voel self hartseer omdat ons so opgetree het.
Hoe langer ons in ‘n liefdesverhouding met U is hoe meer deel U U hart met ons en hoe meer liefde ervaar ons van U. Dankie dat ons verhouding met U gebaseer kan wees op liefde; liefde wat U reeds bewys het. U het die waarde van U liefde aan ons afgemeet en die prys was bereken; dit was só duur soos die lewe van die ewige Skepper. Baie dankie Vader.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Uitverkiesing (17-11-2013)
– Banie Swanepoel:
Die uitverkiesing. ‘n Baie algemene onderwerp, maar die aanslag van liberalisme is geweldig en daarom kan mens hierdie onderwerp nie genoeg, of te veel, bestudeer nie.
Hoekom is daar ‘n Uitverkiesing?
Deuteronómium 4:37 En omdat Hy jou vaders liefgehad en hulle nageslag na hulle uitverkies het, en Hy self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het,
Deuteronómium 7:6 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. 7 Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.
Deuteronómium 10:15 Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.
Deuteronómium 14:2 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.
Nehemía 9:7 U is die HERE, die God wat Abram uitverkies het en hom uit Ur van die Chaldeërs uitgelei het en sy naam tot Abraham gemaak het.
Psalm 135:4 Want die HERE het Jakob vir Hom uitverkies, Israel as sy eiendom.
Jesaja 41:8 Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend, 9 jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie. 10 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou…
Jeremia 33:24 Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie. 25 So sê die HERE: As Ek my verbond met dag en nag, die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie, 26 dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm.
Hoekom was dit nodig vir ‘n uitverkiesing?
Maleági 2:15 Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek…
Handelinge 17:26 En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,
Handelinge 17:28 want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag. 29 As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie.
Génesis 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
Génesis 3:14 Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe. 15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.
Génesis 6:4 In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.
Númeri 13:33 Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë.
Matthéüs 3:7 Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy (Johannes) vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?
Matthéüs 12:24 Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.
Matthéüs 12:34 Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is?
Matthéüs 23:29 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges; 30 en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie. 31 Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het. 32 Maak die maat van julle vaders dan vol! 33 Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
Johannes 8:39 Hulle antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen; 40 maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, iemand wat aan julle die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie. 41 Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir Hom: Ons is nie uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik God. 42 En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur. 43 Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie. 44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie.
Johannes 8:48 Die Jode antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U ‘n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie?
Matthéüs 13:23 En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig.
Matthéüs 13:24 ‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het; 25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan. 26 En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.
Matthéüs 13:37 En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens, 38 en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose, 39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
Die gevolg van ongehoorsaamheid.
2 Petrus 2:4 Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;
Judas 1:6 En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar;
Efésiërs 2:5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—
Efésiërs 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
Hoekom kry GOD se nageslag genade?
Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
Is “die wêreld” dan nie alle persone nie?
Romeine 9:1 Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees 2 dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart. 3 Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ‘n vervloeking te wees, wég van Christus af. 4 Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes; 5 aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen. 6 Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie. 7 Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. 8 Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag. 9 Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal ‘n seun hê. 10 En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. 11 Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 12 is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. 13 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 14 Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!
Filippense 1:21 Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.
Matthéüs 7:23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
Matthéüs 13:40 Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld: 41 die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen, 42 en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande. 43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Strategie teen misleiding (08-05-2016)
– Banie Swanepoel:
Daar was jare terug ‘n boek getitel “Die Pelgrimsreis”. Die boek gaan oor die geestelike reis oor die kind van GOD op aarde; Al die aanvalle en misleiding en hoe hy die reis voltooi.
Ons is almal pelgrims op reis.
Leiding kry jou op die einde van jou reis.
Misleiding, maak seker dat jy nie jou einddoel bereik nie.
Daar is duisende kerke in die wêreld en elke kerk het ‘n ander aanslag op die evangelie en ander het selfs ‘n ander evangelie. Elkeen stap in ‘n ander rigting. Hoe gaan jy weet watter kerk lei en watter kerk mislei?
Kom ons kyk na ‘n klompie strategieë wat ons moet toepas, om nie mislei te word nie…
Matthéüs 24:3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? 4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
Matthéüs 24:24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. 25 Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.
Génesis 3:1 Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
Génesis 2:16 En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, 17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
Génesis 3:5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken. 6 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet. 7 Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is;
2 Thessalonicense 2:3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie…
1 Johannes 3:7 My kinders, laat niemand julle mislei nie…
1 Korinthiërs 3:18 Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
Galásiërs 6:3 Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself.
Jeremia 23:31 Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat hulle eie tong gebruik en sê: Die HERE spreek! 32 Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die HERE, en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die HERE.
Romeine 16:17 En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. 18 Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.
Deuteronómium 4:19 dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie—dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het.
Deuteronómium 11:16 Neem julle in ag dat julle hart nie verlei word nie, sodat julle afwyk en ander gode dien en voor hulle neerbuig,
Spreuke 1:10 My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie;
Spreuke 1:13 allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit;
2 Timótheüs 3:13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word. 14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, 15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. 16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
1 Johannes 2:26 Dit het ek aan julle geskrywe met betrekking tot die wat julle mislei. 27 En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.
Openbaring 2:6 Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat.
Openbaring 2:15 So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat.
1 Korinthiërs 2:13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 15 Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Sonder die Bybel sou ons dit nie geweet het nie (21-08-2016)
– Banie Swanepoel:
Ons is so gewoond aan die Bybel en die hele wêreld wat die Bybel afkraak, is net so gewoond aan die Bybel, want almal verwys maar altyd terug in die geskiedenis na die Bybel, want watter ander geskiedenisboek is daar? Jy gaan dalk nog ‘n geskiedenisboek kry wat tot by die Romeinse tyd gaan, maar wat is daar wat verder teruggaan?
Daar is nie…
So, wat almal ook al te sê het van die verskillende Ryke wat daar was en die gebeure wat daar was, Toring van Babel, Sondvloed en al daai dinge, verwys maar altyd terug na die Bybel.
Ons weet ons is verlore…
Ons weet waar ons vandaan kom…
Ons weet dat die huidige wêreld tot ‘n einde gaan kom…
Ons weet ook dat ons gered kan word van verderf…
Ons weet ook hóé ons gered kan word van verderf…
Dan is ons reaksie, “Ja, ons weet dit…”
Hoe weet jy dit?
As jy dit nie in die Bybel gelees het nie, dan weet jy dit nie. Die Bybel is die bron en daarom moet ons die bron beskerm.
Of dalk weet jy dit, omdat jou dominee dit vir jou vertel het en hy kry dit uit die Bybel en jy glo hom onvoorwaardelik om jou siel se ewigheid daarop te plaas. Jy doen nie moeite om te gaan kyk of dit wat hy aan jou verkoop het, werklik so is nie. Sy woord en jou tiende, en daar gaan jy…
Ons kyk in hierdie boodskap na ‘n paar goed wat in die Bybel vir ons opgeteken staan…
Génesis 6:17 Want kyk, Ék bring ‘n watervloed oor die aarde, om van onder die hemel te verdelg alle vlees waar ‘n lewensgees in is. Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe. 18 Maar met jou (Noag) sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou.
Génesis 9:11 En Ek rig my verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie. 12 En God het gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, vir ewige geslagte: 13 my boog gee Ek in die wolke; dit sal ‘n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.
Psalm 147:19 Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge. 20 So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!
Johannes 6:60 En baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister? 61 En Jesus het in Homself geweet dat sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle: Is dit julle tot ‘n aanstoot?
Miga 4:5 Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos.
Génesis 17:1 Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees. 2 En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder.
Génesis 17:4 Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word.
Génesis 17:7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou.
Deuteronómium 4:37 En omdat Hy jou vaders liefgehad en hulle nageslag na hulle uitverkies het, en Hy self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het, 38 om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit te verdrywe en jou in te bring om hulle land aan jou as erfenis te gee soos dit vandag is— 39 daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.
Deuteronómium 7:6 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. 7 Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. 8 Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
Johannes 6:60 En baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?
Deuteronómium 10:14 Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. 15 Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is. 16 Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie. 17 Want die HERE julle God is die God van die gode en die HERE van die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie;
Jesaja 41:8 Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend, 9 jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie. 10 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. (Yahshua)
Jesaja 44:1 Maar luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het! 2 So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het! 3 Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.
Jesaja 44:5 Die een sal sê: Ek behoort aan die HERE; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan die HERE, en hom met die erenaam Israel noem. 6 So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.
Joël 2:27 En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie. 28 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.
Jeremia 33:23 Verder het die woord van die HERE tot Jeremia gekom en gesê: 24 Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie. 25 So sê die HERE: As Ek my verbond met dag en nag, die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie, 26 dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm.
Jeremia 31:31 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit;
Jeremia 31:33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. 34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie. 35 So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam: 36 As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd. 37 So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE.
Hebreërs 8:6 Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. 7 Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie. 8 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring, 9 nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here. 10 Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
Matthéüs 1:21 en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. 22 En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:
Matthéüs 2:6 En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ‘n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees.
Matthéüs 15:22 En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. 23 Maar Hy het haar nie ‘n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan. 24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel. 25 Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Here, help my! 26 Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie. 27 En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval. 28 Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.
Maleági 1:2 Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad, 3 maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee.
Romeine 9:10 En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. 11 Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 12 is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. 13 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.
Romeine 9:25 Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26 en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
Jesaja 43:1 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! 2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. 3 Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. 4 Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. 5 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. 6 Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af, 7 elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het. 8 Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het. 9 Al die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid! 10 Júlle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is—voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie. 11 Ek, Ek is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Sommige het ons vooruitgegaan (21-01-2018)
– Banie Swanepoel:
As die Woord van GOD nie binne jou is nie, sal die benouheid jou oorval.
Yhahsua se Woord is lewendig en Hy sê as ons Hom nie eet nie, het ons geen deel aan Hom nie. Dan bly ons dood…
1 Petrus 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, 4 sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons 5 wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.
Efésiërs 2:4 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, 5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— 6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,
Efésiërs 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
1 Petrus 1:6 Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, 7 sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; 8 vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, 9 en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.
1 Petrus 1:13 Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.
1 Petrus1:15 Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, 16 omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.
1 Petrus 1:22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart; 23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. 24 Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, 25 maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.
2 Petrus 1:3 Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, 4 waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. 5 En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, 6 en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, 7 en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.
Hoor en Verhoording van gebed (2017)
2 Petrus 1:8 Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; 9 want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet. 10 Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie. 11 Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. 12 Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd hieraan te herinner nie, alhoewel julle dit weet en vasstaan in die waarheid wat by julle is. 13 En ek beskou dit as reg, so lank as ek in hierdie tentwoning is, om julle deur herinnering op te wek,
2 Petrus 1:16 Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit;
- Volhard in die geloof, wees getrou en leef ‘n Geeslewe.
- Kruisig die dinge van die wêreld en verlaat dit.
- Oorhandig die sleutels en glo en vertrou Yahweh.
- Word ‘n medewerker in verdrukking.
- Moenie vrees nie en moenie Mammon aanbid nie.
- Verbly jou in Yahweh en hoop op Hom.
- Word getransformeer na die Beeld van Yahshua en kry Sy karakter.
- Moenie jouself aan ander meet nie, meet jou aan Yahshua.
- Werk jou eie heil uit, met vrees en bewing.
Laat dit oor aan God, oorhandig die Sleutels (27-08-2017)
Mammon Maak My Bang (13-08-2017)
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE