Speellyste

En die lewe gaan aan. (23-03-2025)

En die lewe gaan aan. (23-03-2025)

Banie Swanepoel:

Deur die eeue het daar baie mense geleef en elkeen van hulle het verskillende omstandighede beleef. Ons kan terug kyk na sommige van hulle se lewens, maar ons sal dit altyd net kan doen as buitestaanders. Elkeen van ons het ons eie lewe wat ons in detail beleef en in detail ervaar. Vir ons self is ons eie lewe die belangrikste van almal, omdat dit ons eie is, maar tog is elkeen van ons net nog een van miljoene lewens deur duisende jare.

Elkeen van ons begin ons lewe in ‘n gesin wat ons nie gekies het nie, maar tog het dit ‘n ontsaglike invloed op ons hele lewe. Iewers gedurende die laaste 6000 jaar word ons gebore en ons leef in ‘n land en onder ‘n volk waarvan ons geen invloed of keuse gehad het nie. Party van ons het makliker omstandighede as ander, maar vir elkeen van ons bly die lewe ‘n geweldige uitdaging.

Die wat jonk is wil ouer wees en die wat oud is, wil weer jonk wees. Hulle wat bekend en gewild is, begeer die privaatheid en eenvoudige lewe van die onbekendes en hulle wat onbekend is, begeer die roem en aansien van die beroemdes. Ons kyk ons hele lewe rond hoe ander se lewe lyk en wonder hoekom ons die verkeerde kant van die stok gekry het.

Na ons geboorte word ons opgevoed deur ouers wat dit doen volgens hoe hulle dink en sommige van ons het selfs nie eers ouers om ons op te voed nie en opvoeding gebeur dalk glad nie. Hierdie meestal onervare ouers wat die opvoeding moet doen, het geen begrip dat hulle besig is om treinspore te vorm in ‘n nuwe mens se wese nie en hierdie nuwe wesens probeer dan rigting kry in hierdie vreemde wêreld met treinspore in hulle gemoed, wat heeltemal in ‘n ander rigting gaan as wat prakties in hierdie lewe werk.

Ten koste van ons eie lewe neem ons verkeerde besluite waarvoor ons onsself dan later kwalik neem, maar met die bekwaamheid waarmee ons bekwaam gemaak is, stry ons maar voort, …maar die lewe gaan aan.

Tou opgooi bestaan nie al hou ons ook hoe min van ons lewe, want ons het nie ‘n alternatief nie. Soms is daar wel vooruitsigte in hierdie lewe waarna ons uitsien, maar nadat ons dit bereik het en die opwinding verby is, is ons weer op die gewone vlaktes en stoei elke dag om te oorleef. Die een dag loop oor in die volgende dag en Salomo se woorde weergalm in ons gemoed: Di’s net ‘n gejaag na wind, …maar die lewe gaan aan.

Nee wat, miskien oordryf ek, daar is baie gelukkige mense ook. Kyk net na die geloofshelde wat met God gewandel het.  Kom ons kyk na hulle lewens en sien of dit net ons is wat deur die lewe verniel word, of was hulle dalk ook?

Psalm 90:10  Die dae van ons jare—daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.

‘n Gebed van Moses, een van die grootste manne van God, maar hoe was sy lewe? Nadat hy deur sy ma gesoog was, is hy as ‘n klein seuntjie weggegee aan ‘n vreemde vrou van ‘n vreemde volk waar hy sy lewe moes deurbring as iemand van ‘n ander volk. Deur sy alleen-lewe onder hierdie vreemde volk, het hy sy eie volk gesien, maar hy kon nie deel van hulle wees nie.

Hy probeer een van sy eie mense se lewe red deur ‘n Egiptenaar dood te slaan, maar toe verraai sy eie volksgenoot hom en hy moet uit die land vlug vir sy lewe en as vreemdeling gaan bly in ‘n ander land. Daar trou hy en het twee seuns. Veertig  jaar later roep God hom terug om die Israeliete uit Egipte uit te lei. Aanvanklik het hulle hom verwelkom as hulle redder, maar toe hulle omstandighede moeiliker gemaak word deur Farao, omdat Moses kom inmeng het, bied hulle weerstand teen Moses.

Eindelik lei hy sy eie volk uit Egipte en vir veertig jaar dwaal hy saam met hulle in die woestyn rond, maar self gaan hy nie in die beloofde land in nie. Wat ‘n lewe, veertig jaar in die huis van Farao in plaas van sy eie mense, dan veertig jaar in ‘n vreemde land sonder sy eie mense, en dan veertig jaar saam met sy eie mense, maar dwalend in die woestyn, en dan die dood.

Is hy die uitsondering? Wat van Abraham, hy was tog ‘n vriend van God. Hy bly in Ur, maar God gee hom ‘n opdrag om te trek uit sy land en vir die res van sy lewe is hy ‘n swerwer en bly in tente. Hy is die land Kanaän belowe as erflating, maar tot aan die einde van sy lewe besit hy nie ‘n stukkie grond nie. Hy word ‘n groot nageslag belowe, maar toe hy al oud was, was daar nog nie eers een kind nie. Hy leef ‘n lewe van uitgestelde hoop.

Sy vrou stel voor dat hy by haar slavin ingaan en sy baar vir hom ‘n seun, Ismael, maar Ismael was nie deel van God se raadsplan nie en God sê vir  Abraham om sy tienerseun, Ismael en sy vrou Hagar weg te stuur die woestyn in. Hoewel dit sy seun was, het hy Ismael nooit weer gesien nie, …maar die lewe gaan aan.

Deur ‘n wonderwerk word Sara wel swanger en sy baar vir hom Isak, maar toe Isak ‘n tiener was gee God vir Abraham ‘n opdrag om Isak te gaan offer. Die volgende dag gaan Abraham met sy seun en stap drie dae tot by die plek waar hy geoffer moes word. Net voor Abraham vir Isak slag, keer ‘n engel hom en die kind se lewe is gespaar. Watter trauma vir pa en seun. Vir die res van sy lewe as ‘n ou man swerf hy nog die woestyn vol en sterf sonder die land wat hy sou erf.

Maar wat van Dawid, hy was tog ‘n man na God se hart? Dawid verlos Israel van die Filistyne deur die reus te verslaan hoewel hy nog ‘n jong seun was. Hy veg as ‘n dapper soldaat in die koning se weermag en die mense besing hom, maar dit maak die koning van Israel jaloers en hy wil Dawid doodmaak. Vir jare vlug Dawid die land vol om uit die koning se mag te kom, maar moet later tussen die Filistyne gaan bly, net om van hom af weg te kom.

Nadat Saul in die oorlog gesterf het, word Dawid koning oor Israel. Omdat hy net soos ons nie ‘n volmaakte mens is nie, pleeg hy egbreuk en moord en word ‘n bespotting vir die vyande van God. Later wil sy eie seun sy troon by hom afneem en dit lei tot burgeroorlog in Israel.

God verlos Dawid van sy vyand, maar daardie vyand was Dawid se eie seun Absalom en Dawid se hart is verskeur. Ook verkrag een van Dawid se seuns Dawid se dogter, …maar die lewe gaan voort. Tot aan die einde van Dawid se lewe is daar stryd tussen sy seuns oor wie op die troon van hulle vader gaan sit en soos die res van die mensdom, blaas hy ook die laaste asem uit.

Elkeen van ons het ook ‘n lewe, maar ‘n lewe wat ons in detail beleef met ‘n oorvloed van emosie. Ons is onsekerheid as kinders en wil so graag deur ons vriende aanvaar word, maar beleef gewoonlik verwerping. Sommige van ons word geboelie en ander word verwaarloos of selfs mishandel, …maar die lewe gaan voort. Daar is nie vir ons ‘n ander lewe as ‘n alternatief nie. Word ons groot, soek ons na ons eie plek in die samelewing en probeer inpas en wil aanvaar word. Ons doen baie vreemde dinge net om te voel ons is goed genoeg, maar bly twyfel en voel minderwaardig.

Liefdesteleurstellings, geliefdes wat sterf of emigreer, goeie verhoudings wat tot niet gaan, finansiële inkomste wat verdwyn, gesondheid wat verswak en omsit in siekte en pyn en soms vrees ons vir ons lewe. Onsekerheid oor die toekoms en ‘n antiklimaks aan die einde van ons lewe.   

Prediker 12:1-8  En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie—  (2)  voordat die son en die lig en die maan en die sterre verduister word en die wolke terugkom ná die reën,  (3)  dié dag wanneer die wagters van die huis sal bewe en die sterk manne krom word en die malers die werk staak, omdat hulle te min geword het, en die wat deur die vensters kyk, verduister word,  (4)  en die deure na die straat gesluit word, terwyl die geruis van die meul verswak; en hy opstaan as die voëltjies begin sing en al die tone van die lied dof sal word.  (5)  Ook sal hy bang wees vir ‘n hoogte, en verskriklike dinge sal op die pad wees! En die amandelboom sal in bloei staan, en die sprinkaan sal homself met moeite voortsleep, en die kapperkruid nutteloos wees; want die mens gaan na sy ewige huis, en die rouklaers sal op die straat rondgaan.  (6)  Voordat die silwerdraad verwyder word en die goue oliekruik stukkend val en die kruik by die fontein gebreek word en die wiel stukkend in die put val  (7)  en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.

Die dood is gelukkig nie die einde van ons lewe is nie, maar die lewe gaan voort nadat ons die laaste asem uitgeblaas het. Niemand wat uit die geslag van Adam voortgekom het, is sonder bewussyn na die dood nie, maar almal van hulle lewe. Ons kan nie sterf nie, want ons is uit God gebore.

Matthéüs 22:31-32  En wat die opstanding van die dode betref—het julle nie die woord gelees wat tot julle deur God gespreek is nie:  (32)  Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie ‘n God van dooies nie, maar van lewendes.

Die dood is dus nie die einde nie, maar die lewe gaan aan. Iemand wat nou 40 jaar oud is en dink hy het nog 40 jaar oor om te lewe en dan is daar niks nie, het ‘n verkeerde verwagting. Hy het dalk nog 40 jaar oor in hierdie koninkryk van hierdie wêreld, maar ons moet ons denke verander om op te hou dink aan jare tot die dood en dan is ons klaar. Ons is ewige wesens en kan nie sterf nie. Sodra ons deur die gordyn van die dood gegaan het, gaan die lewe net aan.

In teenstelling met die toestand waarin ons nou is, gaan ons omstandighede drasties anders wees in een van twee rigtings, of uiters beter, of uiters erger. Ons moet dus nooit vaskyk in ons lewe op hierdie aarde wat verby is en ons lewe wat nog oor is nie, maar ons verwagting moet kyk op ‘n oneindige aantal jare wat nog voor ons lê.

Ons almal se lewens het tans geweldige uitdagings, maar dit is net vir ‘n kort tydjie. Spandeer hierdie kort tydjie om jou gereed te maak om jou Skepper te ontmoet, sodat jy die res van die ewigheid in sy koninkryk kan deurbring, in plaas van die ewige duisternis. Moenie jou ewige toekoms se uitkoms abdikeer aan iemand anders nie. Maak self die saak uit met jou Skepper en werk jou eie heil uit.

Johannes 16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Johannes 3: 16 (09-03-2025)

Johannes 3: 16 (09-03-2025)

Banie Swanepoel:

Johannes 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Die Skrifgedeelte waarop die evangelie van die wêreld gebaseer is:

  1. God het die ganse wêreld lief gehad en daarom het Hy sy seun gestuur sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê.
  2. Hoewel God voorheen net sommige mense lief gehad het, het Hy deur die kruis nou alle mense liefgekry.
  3. Hoewel God voorheen ‘n volk uitgekies het en met hulle alleen ‘n Verbond gemaak het, het Hy sy Verbond met hulle verbreek omdat hulle nie by sy Verbond gehou het nie en het Hy ‘n nuwe Verbond gemaak met die gelowiges uit alle nasies.

Is dit werklik wat Johannes 3:16 sê, of is ons net geleer dat dit is wat daar staan en het nooit self gaan lees nie? Hoewel hierdie Skrifgedeelte in Afrikaans is en geen verskuilde betekenis het nie, kon ons nog nooit self sien wat daar staan nie.

Wat was eerste, die liefde of die offer?

As ons kyk na die kronologie van Johannes 3:16 het hy eers lief gehad en toe die prys betaal omdat Hy lief gehad het en nie eers die prys betaal en toe lief geword nie. Omdat God so lief was vir die wêreld, het Hy sy Seun gegee as losprys vir hulle wat in Hom glo. Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy… die liefde was dus eerste en het toe die optrede veroorsaak.

Johannes 3:16 So lief het God vir die wêreld geword nadat hy vir hulle gesterf het dat Hy reeds vooraf, voor Hy vir hulle lief was, vir hulle gesterf het sodat elkeen wat Hy voorheen nie liefgehad het nie lief kon word en as hulle in Hom glo sal hulle die ewige lewe hê

OF

Johannes 3:16 Omdat God sy eie mense in die hele wêreld is het Hy die hele wêreld liefgehad en daarom het Hy sy Seun gestuur om namens sy eie mense wat in die wêreld is te sterf sodat elkeen van hulle wat dan in Hom sou glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

Nou is die vraag: Hoe was sy liefde gewees wat veroorsaak het dat Hy sy Seun gestuur het? Omdat sy liefde voor die kruis sy bereidheid vir die offer bepaal het, moet ons ondersoek wat daardie liefde was om te kan weet vir wie die liefde was. Sy liefde in sy hart voor die kruis het die kruis veroorsaak en as ons dan lees; So lief het God die wêreld gehad dat Hy… dan kan ons gaan kyk hoe hierdie liefde was.

God se liefdesverklarings voor die kruis:

Deuteronómium 10:14-15  Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.  (15)  Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.

  • God maak sy hart oop teenoor ons en verklaar sy liefde tydens Israel se uittog uit Egipte. Hy sê sonder dubbelsinnigheid duidelik dat Hy net die Israeliete en hulle voorgeslag liefhet uit al die volke wat op die aarde is.
  • Selfs ons as mens verstaan nie die liefde nie en weet nie wat liefde is en hoe liefde werk nie, maar weet wel dat wanneer jy iemand liefhet, kan dit jou lewe vervul of jou hart breek en jy het self nie beheer daaroor nie. Ons kan nie die liefde aanskakel of afskakel nie, al wil ons. God se liefde is soos ons liefde, want ons liefde kom van Hom af. Net soos ons hart kan pyn van onbeantwoorde liefde, pyn sy hart ook.
  • Indien ons iemand liefhet, sal ons ons lewe vir daardie persoon gee, maar ons kan nie verklaar hoekom nie. Indien ons iemand egter nie liefhet nie, sal ons nie ons lewe vir hom gee nie en dit kan ons ook nie verklaar nie. As ons iemand sou haat, wil ons hom om die lewe bring en dit kan ons ook nie verklaar nie.
  • Ons kyk werklik in ‘n spieël na ‘n raaisel as dit by die liefde kom, maar ons het geen respek en selfs vrees vir God se eie liefde in sy hart nie. Net die feit dat Hy sy liefde aan ons verklaar, moet dit ons alreeds met verbasing en bewondering vervul, maar intussen is ons besig om sy liefde namens Hom te bepaal en te beoordeel.
  • Dink maar net hoe ons as mens reageer as daar vir ons voorgeskryf word wie ons mag liefhê en met wie ons mag trou. God sê in Johannes 3:16 dat hierdie liefde van Hom so groot was, dat Hy sy lewe daarvoor gegee het.

Deuteronómium 7:6-8  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendoms volk te wees.  (7)  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.  (8)  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.

Wanneer dit by iemand se liefde teenoor iemand anders kom, kan geen ander persoon die reëls maak nie. Wanneer God dus sê dat Hy net die Israeliete uit al die nasies op die aarde liefhet, watter mens mag daaroor kommentaar lewer en selfs vir Hom voorskryf? Dit is iets waarvoor ons net geweldige respek moet hê.

Indien ‘n dogter by haar welgestelde pa kom en verklaar dat sy haar hart verloor het op ‘n man van die onderdorp wat met raserige motorfietse jaag, het hy seker gesag en reg om haar teë te gaan en anders te probeer oortuig, maar wanneer die Skepper van hemel en aarde sy liefde verklaar vir ‘n volk, wie is ons om dit te beoordeel?

Die liberale wêreld (wat in die mag van die Bose lê) se doel is om God se liefde vir sy volk te verander in sy liefde vir alle volke. Dit word gedoen deur byvoorbeeld Johannes 3:16, maar na noukeurige ondersoek sien ons dat sy voorafbestaande liefde veroorsaak het dat Hy sy geliefdes van ‘n gewisse dood wil red en daarom het Hy sy Seun gestuur om in hulle plek te sterf.

Ons is deur die eeue gebreinspoel om hierdie leuen te glo omdat dit deur die Satan beplan is om te laster teen die almag van God. Dink mooi wat ons doen, ons belet Hom om lief te hê wie Hy wil en skryf dan vir Hom voor wat aanvaarbaar is vir ons en wie Hy behoort lief te hê. Ons speel letterlik met vuur.

Omdat ons van dag een af geleer word deur elke middel van opvoeding en propaganda, is dit vir ons bykans onmoontlik om die teendeel in te sien en vra dit ‘n bewuste besluit om ons denke te ondersoek en te kyk of dit wat ons glo, waar is. Indien die teenoorgestelde waar is as wat ons nog altyd van Johannes 3:16 glo, beteken dit dat God net sekere mense liefhet en dan die res nie liefhet nie. Is dit moontlik dat God sekere mense selfs kan haat, ten spyte van wat ons nog altyd verstaan 3:16 sê?

Maleági 1:2-4  Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad,  (3)  maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee.  (4)  As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou—dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!

Die gevolgtrekking: toe sy Seun gekom het om vir die wie Hy liefhet se sonde te sterf, het Hy dus net gesterf vir die wat Hy liefgehad het; dit is tog immers waarvoor Hy gesterf het. Logies en kronologies maak dit tog sin, maar die vals profete insinueer dat sy liefde reeds vir die ander volke ook bestaan het en daarom praat Hy van die wêreld wat Hy liefgehad het.

Johannes 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Opinie: Die wêreld kan egter ook ‘n plek wees en nie noodwendig ‘n aanduiding van die mense in die wêreld nie, maar as ons verder in Johannes lees dan verklaar Johannes self vir ons dat die wêreld waarvan hy gepraat het in 3:16 nie dui op mense nie, maar op ‘n plek. Hy het dus die plek, die wêreld, liefgehad en nie die mense van die wêreld nie.

Johannes 13:1  En voor die fees van die Pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.

Toe die Israeliete by die berg Sinai was, was hulle in die wêreld, maar daar was nog baie ander mense in die wêreld, maar sommige was sy mense en ander was nie sy mense nie. Hy het die wêreld (die plek) lief, omdat sy eie mense in die plek is. Ek het Suid Afrika lief, want my eie mense is in Suid Afrika, maar almal wat in Suid Afrika is, is nie noodwendig my eie mense nie. Suid Afrika wat ek liefhet dui dus op ‘n plek en nie op al die inwoners van Suid Afrika nie.

Het Hy dan werklik nie vir al die mense van die wêreld gesterf nie? Is dit nie haatspraak nie en is dit nie onregverdig nie?

Psalm 85:2-4  U het, o HERE, ‘n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander.  (3)  U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela.  (4)  U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toorn afgewend.

Matthéüs 1:19-21  En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei.  (20)  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;  (21)  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

As hy dan net vir een volk lief is, wat van al die ander volke?

Jesaja 45:9  Wee hom wat met sy Formeerder twis—’n potskerf by erdepotskerwe! Sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!

Romeine 9:17-21  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.  (18)  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.  (19)  Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?  (20)  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?  (21)  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

Omdat God net sy eie mense in die wêreld liefhet, volgens Homself, en net vir hulle die offer gebring het, kan net hulle gered word deur in Hom te glo. … sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

God se Nuwe Verbond stel sy eie mense in staat om weer gebore te word en daardeur die koninkryk van God te kan ingaan, maar sy verbond was net met sy eie mense en die Nuwe Verbond is nou ook net met sy eie mense.

Sy eie mense was voor die grondlegging van die aarde af bepaal en is vergestalt in die nageslag van Abraham, Isak en Jakob, die uitverkore Israeliete.

Hebreërs 8:8-10  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,  (9)  nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.  (10)  Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

Die hartseer van die eeue is dat die Satan dit reg gekry het dat die verkondigers van die boodskap van verlossing reeds van vroeg af mislei was met ‘n vals evangelie wat sekere verse buite konteks aangehaal het en dan die evangelie aan die hele wêreld gaan verkondig het en nie aan sy eie mense in die hele wêreld nie. Die gevolg is dat baie geroep word, maar min is uitverkies.

Matthéüs 22:12-14  En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.  (13)  Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.  (14)  Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Psalm 147:19-20  Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge.  (20)  So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!

z`~ z`~ z`~ z`~ z`~ z`~ z`~ z`~ z

002 – Johannes 3 v 16  (16-03-2025)

(Hoe lief het God dan sy eie mense in die wêreld gehad?)

Johannes 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Ken ons die God van die Bybel, of ken ons die wêreld se weergawe van Hom?

Exodus 33:12-13  Toe het Moses met die HERE gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar U laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind.  (13)  As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is.

Psalm 95:8-11  Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;  (9)  waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.  (10)  Veertig jaar het Ek ‘n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is ‘n volk met ‘n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;  (11)  sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie! Hebreërs 3: 7 – 11

1 Johannes 2:18-19  Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.  (19)  Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.

Johannes 16:1-3  Hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie mag struikel nie.  (2)  Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom ‘n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy ‘n diens aan God bewys.  (3)  En dit sal hulle aan julle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie.

(Vooraf) God se liefde is anders as wat deur die wêreld vir ons geleer word. Wat sê die evangelie van die wêreld en wat sê God self?

  1. God se liefde het nie verander by die kruis nie, want dit kan nie. God word nie lief vir iemand nie, maar is lief vir iemand of is nie lief vir iemand nie, van die begin af.

Jesaja 41:4  Wie het dit gedoen en tot stand gebring? Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, die HERE, die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde.

Johannes 6:44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Johannes 6:65-68  En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie.  (66)  Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.  (67)  Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie?  (68)  En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.

  • God het nie almal lief nie, maar haat selfs sommiges. (Wie is ons om anders te sê?)

Maleági 1:1-4  Godspraak. Die woord van die HERE aan Israel deur die diens van Maleági.  (2)  Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad,  (3)  maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee.  (4)  As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou—dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!

  • Wedergeboorte is net vir die wat Hy liefhet, want Hy gee sy Gees net aan hulle.

Jesaja 44:1-5  Maar luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het!  (2)  So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het!  (3)  Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.  (4)  En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope.  (5)  Die een sal sê: Ek behoort aan die HERE; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan die HERE, en hom met die erenaam Israel noem.

Hoe lief het God dan sy eie mense in die wêreld gehad?

Deuteronómium 10:15  Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.

Deuteronómium 33:2-3  En hy het gesê: Die HERE het gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Seïr af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte Paran en gekom van heilige tien duisende af; aan sy regterhand was vlammende vuur vir hulle.  (3)  Ja, Hy het die stamme lief. Al sy heiliges—hulle is in u hand; en hulle was gelaer by u voet; elkeen ontvang iets van u uitsprake.

Hoséa 11:1-11  Toe Israel ‘n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.  (2)  Hoe meer die profete hulle geroep het, des te meer het hulle van húlle af weggeloop; hulle het aan die Baäls geoffer en vir die gesnede beelde rook laat opgaan.  (3)  En Ek self het Efraim leer loop. Hy het hulle op sy arms geneem, maar hulle het nie erken dat Ek hulle genees het nie.  (4)  Met mensebande, met koorde van liefde het Ek hulle getrek; en Ek was vir hulle soos diegene wat die juk van hulle kakebeen af oplig; en Ek het My na hom neergebuig, Ek het hom voedsel gegee.  (5)  Hy sal na Egipteland nie terugkeer nie, maar Assur—dié sal sy koning wees; omdat hulle geweier het om hulle te bekeer.  (6)  En die swaard sal geswaai word in sy stede en sy grendels vernietig en verteer weens hulle planne.  (7)  Want my volk dwing om van My afvallig te word; en as die profete hom roep na bo, rig hy hom glad nie op nie.  (8)  Hoe kan Ek jou oorgee, o Efraim, jou prysgee, o Israel? Hoe kan Ek jou maak soos Adma, jou gelykstel met Seboïm: my hart is omgekeer in My, tegelykertyd is my medelyde opgewek.  (9)  Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie; want Ek is God en nie ‘n mens nie, die Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in grimmigheid nie.

Jesaja 44:21-24  Dink aan hierdie dinge, o Jakob en Israel! Want jy is my kneg; Ek het jou geformeer; jy is my kneg, Israel! Jy sal deur My nie vergeet word nie.  (22)  Ek delg jou oortredinge uit soos ‘n newel en jou sondes soos ‘n wolk; keer terug na My, want Ek het jou verlos.  (23)  Jubel, o hemele, want die HERE het dit gedoen. Juig, dieptes van die aarde! Breek uit in gejubel, o berge, bosse en al die bome daarin! Want die HERE het Jakob verlos, en Hy sal Homself verheerlik aan Israel.  (24)  So sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei—wie was met My? —

Psalm 47:1-9  Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ‘n Psalm.  (2)  Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met ‘n stem van gejubel!  (3)  Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, ‘n groot Koning oor die hele aarde.  (4)  Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.  (5)  Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.  (6)  God vaar op met gejuig, die HERE met basuin geklank.  (7)  Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!  (8)  Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met ‘n onderwysing.  (9)  God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon.

Hoewel Hy Koning oor die hele aarde sal wees, het Hy nog steeds net een volk lief.

Jesaja 43:1-28  Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!  (2)  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.  (3)  Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.  (4)  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.  (5)  Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.  (6)  Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,  (7)  elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.  (8)  Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het.  (9)  Al die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid!  (10)  Júlle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is—voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie.  (11)  Ek, Ek is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie.  (12)  Ék het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander god onder julle nie; en julle is my getuies, spreek die HERE, en Ek is God.  (13)  Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit my hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer?  (14)  So sê die HERE, jou Losser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil het Ek na Babel gestuur, en Ek sal hulle almal as vlugtelinge laat afdaal, naamlik die Chaldeërs, in die skepe waarop hulle gejuig het.  (15)  Ek is die HERE, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning.  (16)  So sê die HERE wat in die see ‘n weg en in die sterk waters ‘n pad gemaak het,  (17)  wat waens en perde, leërmag en held laat uittrek het; tesame lê hulle, hulle sal nie opstaan nie; hulle is uitgeblus, soos ‘n lamppit uitgedoof.  (18)  Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.  (19)  Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.  (20)  Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink.  (21)  Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig.  (25)  Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.  (26)  Maak My indagtig; laat ons teen mekaar pleit; vertel jy, dat jy in die gelyk gestel kan word.  (27)  Jou eerste vader het gesondig, en jou tolke het teen My oortree.  (28)  So het Ek dan heilige vorste ontheilig en Jakob aan die banvloek oorgegee en Israel aan beskimpinge.

Jeremia 33:14-16  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die goeie woord in vervulling laat gaan wat Ek gespreek het aangaande die huis van Israel en die huis van Juda.  (15)  In dié dae en in dié tyd sal Ek vir Dawid ‘n Spruit van geregtigheid laat uitspruit, en Hy sal reg en geregtigheid doen in die land.  (16)  In dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.

Matthéüs 2:5-6  En hulle het vir hom gesê: Te Betlehem in Judéa, want so is daar deur die profeet geskrywe:  (6)  En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ‘n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees.

Matthéüs 15:22-24  En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete.  (23)  Maar Hy het haar nie ‘n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan.  (24)  Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.

Handelinge 5:29-32  En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.  (30)  Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n kruishout te hang.  (31)  Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.  (32)  En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.

Handelinge 28:20  Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is.

Paulus was ‘n gevangene en het ook sy hele lewe opgeoffer terwille van die hoop van Israel, wat is ons hoop en waarvoor gee ons ons lewe, vir die kerk, vir ‘n beter wêreld, vir die verlossing van alle nasies?

Jeremia 33:24  Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie.

Jeremia 31:31-37  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit;  (32)  nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE.  (33)  Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.  (34)  En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.  (35)  So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam:  (36)  As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd.  (37)  So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Toegepaste geloof (23-02-2025)

Toegepaste geloof (23-02-2025)

Banie Swanepoel:

Matthéüs 17:20 En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.

001 Toegepaste geloof (23-02-2025)


Matthéüs 21:21 Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see—sal dit gebeur.

  1. Geloof is ‘n vaste vertroue in die Persoon wat iets vir my gesê het.
    Hebreërs 11:1 Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
  2. As ons nie blindelings glo soos ‘n kind nie, maar dit wat God gesê het eers oordink en die moontlikheid en geloofwaardigheid daarvan oorweeg, is dit nie geloof nie.
    Lukas 18:17 Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
  3. ‘n Persoon wat glo hou nie ‘n tweede opsie oop nie en het nie ‘n agterdeur of ‘n alternatief nie. Alles of niks, want geloof is juis om te weet dat God gaan verhoor.
    Johannes 16:23-24 En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. (24) Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.
  4. Vader verhoor altyd as ons iets volgens sy wil vra, maar Hy verhoor nie noodwendig op ons tyd nie, maar op sy tyd.
    Hebreërs 11:39-40 En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie, (40) omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.
  5. Bedink wat jy wil vra voordat jy vra, ondersoek Vader se weë en wil in sy Woord. As Vader beloof het waarvoor jy wil bid, vra dan as jy nog wil vra en gee dan oor aan sy voorsiening.
    Johannes 16:23-24 En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. (24) Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.
    Matthéüs 6:11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
  6. As ons nie volgens sy wil vra nie sal ons nie kan glo nie, want daar is nie Skrif vir ons gebed nie en as daar nie Skrif is waarvoor ons bid nie, sal ons nie kan glo nie en ons sal nie ontvang nie.
    Jakobus 4:1-3 Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? (2) Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. (3) Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.
  7. Mag ons bid vir ons eie behoeftes? Is dit God se wil?
    Matthéüs 6:11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
    2 Konings 1:2-3 En Ahásia het deur die tralievenster in sy bo-kamer, in Samaría, geval en siek geword. Toe stuur hy boodskappers uit en sê vir hulle: Gaan raadpleeg Baäl-Sebub, die god van Ekron, of ek van hierdie siekte gesond sal word. (3) Maar die Engel van die HERE het vir Elía, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg?
  8. Iemand wat in God glo betreffende een onderwerp is verplig om in Hom te glo betreffende alles wat Hy sê, want Hy is of volmaak geloofwaardig, of Hy is nie geloofwaardig nie. Indien ons glo Hy is nie 100% geloofwaardig nie, kan ons Hom nie 100% vertrou nie en moet ons uiteraard ‘n alternatief hê ingeval Hy nie kon presteer nie.
    Jesaja 50:2 Waarom het Ek gekom en daar was niemand nie, het Ek geroep en niemand geantwoord nie? Is my hand werklik te kort om te verlos, of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur my dreiging maak Ek die see droog; Ek maak die riviere tot ‘n woestyn, sodat hulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterwe van dors.
  9. Ons moet sy weë ken om in Hom te kan glo en ons moet in Hom glo voordat ons Hom kan glo en met ons lewens vertrou.
    Hebreërs 3:10-11 Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie, (11) sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.
  10. Wanneer iemand wel in God glo en Hom wel vertrou vir die uitkoms en die uitkoms van ‘n saak waaroor Hy gebid het, moet hy bewus wees dat hy dan gaan moet wag. Nadat ons gebid het, het ons ‘n vaste vertroue op ons God, maar daardie vertroue moet dalk staande bly oor baie jare. Tydens hierdie wagtydperk oorweeg ons dan ander alternatiewe hulp omdat ons geloof nie sterk genoeg is nie.

Romeine 4:18-22 Hy het teen hoop op hoop geglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesê was: So sal jou nageslag wees. (19) En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie. (20) En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee (21) en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het. (22) Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.

  1. Terwyl jy wag mag jy God herinner aan sy beloftes.
    Jesaja 62:6-7 o Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes—moenie rus nie (7) en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot ‘n lof op aarde!

*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~

 002 Toegepaste geloof (02-03-2025)

  1. Geloof is ‘n vaste vertroue in die Persoon wat iets vir my gesê het. Heb
  2. As ons nie blindelings soos ‘n kind glo dit wat God gesê het nie.
  3. ‘n Persoon wat glo hou nie ‘n tweede opsie oop nie.
  4. Vader verhoor altyd as ons iets volgens sy wil vra, maar Hy verhoor nie noodwendig op ons tyd nie, maar op sy tyd
  5. Bedink wat jy wil vra voordat jy vra.
  6. As ons nie volgens sy wil vra nie sal ons nie ontvang nie.
  7. Mag ons bid vir ons eie behoeftes, is dit God se wil?
  8. Iemand wat in God glo betreffende een onderwerp is verplig om in Hom te glo betreffende alles wat Hy sê
  9. Ons moet sy weë ken om in Hom te kan glo.
  10. Nadat ons tot Hom gebid het, moet ons wag en dit is geloof in aksie.

Jesaja 28:16  daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion ‘n grondsteen, ‘n beproefde steen, ‘n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.

1 Samuel 13:7-11  En die Hebreërs het die Jordaan deurgetrek na die land Gad en Gílead; maar Saul was nog in Gilgal met al die manskappe wat bewende agter hom aan gegaan het.  (8)  En hy het sewe dae lank gewag, tot die tyd wat Samuel bepaal het; maar toe Samuel nie na Gilgal kom nie en die manskappe van hom af verstrooid raak,  (9)  het Saul gesê: Bring na my die brandoffer en die dankoffers; en hy het die brandoffer geoffer.  (10)  En toe hy net gereed was om die brandoffer te bring, kom Samuel meteens daar aan; en Saul het uitgegaan hom tegemoet om hom te groet.  (11)  Daarop vra Samuel: Wat het jy gedoen? En Saul sê: Ek het gesien dat die manskappe verstrooid raak van my af; en toe u nie kom op die afgesproke tyd nie, terwyl die Filistyne in Migmas bymekaarkom, 12  het ek gesê: Nou sal die Filistyne na my toe aftrek in Gilgal, en ek het die aangesig van die HERE nie om genade gesmeek nie; daarom het ek myself sterk gehou en die brandoffer gebring.

Exodus 32:1  Toe die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.

Daniël 10:12-14  Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom;  (13)  maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië.  (14)  Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms.

Psalm 27:7-14  Hoor, o HERE, ek roep luid; en wees my genadig en antwoord my.  (8)  Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o HERE!  (9)  Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil!  (10)  Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die HERE sal my aanneem.  (11)  HERE, leer my u weg en lei my op ‘n gelyk pad, vanweë my vyande.  (12)  Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse getuies het teen my opgestaan, en hy wat geweld uitblaas.  (13)  o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE sal sien in die land van die lewendes nie….  (14)  Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!

Psalm 33:16-22  ‘n Koning word nie verlos deur ‘n groot leër, ‘n held nie gered deur groot krag nie.  (17)  Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.  (18)  Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;  (19)  om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.  (20)  Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild;  (21)  want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.  (22)  Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!

Psalm 37:32-40  Sade. Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak.  (33)  Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie.  (34)  Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.  (35)  Resj. Ek het die goddelose gesien, ‘n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos ‘n groen inlandse boom.  (36)  Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.  (37)  Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is ‘n toekoms vir die man van vrede.  (38)  Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny.  (39)  Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid.  (40)  En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.

Hábakuk 3:16-19  Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ‘n aanval maak.  (17)  Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie—  (18)  nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.  (19)  Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes..

Jakobus 5:7-11  Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het.  (8)  Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.  (9)  Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur.  (10)  Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het.  (11)  Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is.

Psalm 27:14  Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!

Psalm 31:25  Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag!

Jesaja 40:27-31  Waarom sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir die HERE verborge, en my reg gaan by my God verby?  (28)  Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.  (29)  Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.  (30)  Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;  (31)  maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

Jesaja 30:18-21  En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is ‘n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!  (19)  Want ‘n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.  (20)  Die Here gee julle wel brood van benoudheid en water van bedruktheid, maar jou leraars sal hulle nie langer verberg nie—maar jou oë sal jou leraars sien;  (21)  en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Donald vat ons Amerika toe. (16-02-2025)

Donald vat ons Amerika toe. (16-02-2025)

Banie Swanepoel:

Donald hoor ons hulpgeroep en verklaar dat ons na sy land toe kan kom en toe gebeur daar baie dinge wat ons herinner aan Donald vat ons Amerika toe. (16-02-2025)

Donald hoor ons hulpgeroep en verklaar dat ons na sy land toe kan kom en toe gebeur daar baie dinge wat ons herinner aan God se verklaring dat Hy ons siele sal red en ons na sy Koninkryk toe sal vat.

  1. Wie kan almal gaan en wat is die voorwaardes?
    Boere Afrikaner. Daar is geen voorskrif vir ouderdom of geleerdheid nie. Uit genade sonder werke.
    • Yahshua was reeds self hier met sy eerste koms en het vir ons gesê dat Hy sy eie lewe vir ons kom opoffer sodat ons na sy Koninkryk toe kan gaan uit hierdie wêreld uit. Wie mag gaan en wie het Hy kom red?
    Jesaja 41:13-14 Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou. (14) Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel.
  2. Wat is die voorwaardes?
    Die inligting kom van uit alle oorde en verskil baie met mekaar. Almal is onseker of dit regtig gaan gebeur en of dit vertrou kan word. Mense hou hulle opsies oop, maar gaan intussen aan met hulle lewe.
    • Hoewel voorskrifte van Donald nie bekend is nie het Yahshua reeds sy voorwaardes bekend gemaak.
    Johannes 3:3-6 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (4) Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? (5) Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. (6) Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
  3. Hoe lyk die land waar hy ons wil heenvat?
    Sovêr die Boere weet, is dit ‘n goeie land, maar hulle was nie self daar nie en inligting is min. Sal hulle almal op een plek ‘n gemeenskap vorm of sal hulle oor die land verdeel word? Is dit ‘n beter opsie of moet hulle liewer hier bly?
    Omdat inligting oor die Koninkryk baie skaars is, het niemand ‘n visie nie, maar wag maar om te sien. Ons weet dit sal hemel op aarde wees, maar het geen begrip van wat vir ons wag nie.
    • 1 Konings 2:9 maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.
    Jesaja 65:19-25 En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie. (20) Daarvandaan sal nie meer kom ‘n suigling van ‘n paar dae of ‘n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want ‘n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word. (21) En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet: (22) hulle sal nie bou dat ‘n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ‘n ander dit eet nie; want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet. (23) Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie; want hulle is ‘n geslag van die wat deur die HERE geseën is, en hulle nakomelinge is by hulle. (24) En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek. (25) Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ‘n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.
  4. Kan ek my huis hier behou en die geld saamvat?
    Nee, dit sal nie toegelaat word deur Suid Afrika nie. So, die Boer sal al sy goed moet verkoop en die geld aan die armes gee. Hulle word vlugtelinge en kan niks saamvat nie. Enige persoon wat nie bereid is om dit te doen nie, sal kan gaan nie.
    • Lukas 14:33 So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.
    Markus 10:21-24 En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My. (22) Maar hy het treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad. (23) Toe kyk Jesus rond en sê vir sy dissipels: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan! (24) En die dissipels was verbaas oor sy woorde; maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan!
    Matthéüs 6:24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
  5. Die Boere Afrikaners het jaloerse vyande wat opstaan teen die gedagte dat hulle na ‘n ander land kan gaan.
    Die regering in Suid Afrika bied weerstand en verskerp hulle verdrukking van die Boere.

    • 2 Titus 3:12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.
    1 Petrus 5:8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.
  6. Om vervolging te voorkom, lewe die Boere asof hulle nie in die verlossing belangstel nie.
    Werkkollegas en politieke leiers wat nie genooi is nie, asook Boere wat nie saamstem nie, word vyandig en om dit te voorkom kies die Boere dan teen die aanbod van Donald.
    Matthéüs 10:32-39 Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. (33) Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is. (34) Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. (35) Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. (36) En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. (37) Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. (38) En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. (39) Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
    Jakobus 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
  7. Die media in Suid Afrika behoort aan die vyande en verkondig propaganda teen dit.
    Vals inligting betreffende die hele projek word orals versprei om mense negatief te maak en te mislei. Die Boere is ongelukkig goedgelowig en glo maklik enige iemand wat geloofwaardig lyk en klink.
    • Lukas 21:8 En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.
    1 Johannes 2:26-27 Dit het ek aan julle geskrywe met betrekking tot die wat julle mislei. (27) En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly. 1Jo 2:20 En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.
  8. Sommige Boere Afrikaners het te veel besittings hier en wil dit nie verruil vir die geleentheid nie, ten spyte van die dreigende gevaar.
    Baie Boere is ryk en hoop maar dit sal so bly en kies daarom om nie alles te verlaat en na die onbekende toe te gaan nie.
    • 1 Johannes 2:15-17 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. (16) Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. (17) En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.
  9. Sommige Boere Afrikaners voel dis onregverdig dat die res nie mag gaan nie en besluit dan daarom om nie sy aanbod te aanvaar nie.
    Diskriminasie teen almal buiten die Afrikane Boere is onregverdig en omdat hulle nie daarmee verbind wil word nie, sal hulle liewers bly en maar die diskriminasie teen hulle verdra.
    Omdat die God van Israel diskrimineer en net een volk uitverkies en verlos, kies mense om ‘n ander God te dien wat almal verlos.
    • Romeine 9:13-21 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. (14) Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! (15) Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. (16) So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. (17) Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. (18) So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. (19) Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? (20) Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? (21) Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
  10. Tussen die Boere-Afrikaners ontstaan organisasies wat inligting versamel en mense dan help, maar hierdie organisasies word deur die vyande geïnfiltreer sodat hulle verkeerde inligting kan versprei.
    • 2 Petrus 2:1-3 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring; (2) en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; (3) en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
  11. Die enigste manier om te weet wat regtig aangaan, is om Donald se eie verklaring te lees.

• 2 Timóthéüs 3:14-17 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, (15) en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. (16) Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, (17) sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
Psalm 25:4-5 HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie. (5) He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.
Hebreërs 3:10-11 Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie, (11) sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.

  1. Wanneer Donald sy plan bekend maak moet dit presies gevolg word om saam te kan gaan.
    Hy stel die voorwaardes en maak die operasionele beplanning bekend en die wat gered wil word, het nie ‘n aandeel daarin anders as om gereed te wees nie.
    Matthéüs 24:42-46 Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie. (43) Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie. (44) Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie. (45) Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee? (46) Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Kan ‘n mens se gebed GOD beïnvloed? (02-2025)

Kan ‘n mens se gebed GOD beïnvloed? (02-2025)

Banie Swanepoel:

001 – Kan ‘n mens se gebed GOD beïnvloed? (02-02-2025)

Génesis 18:16  Toe staan die manne daarvandaan op, en hulle het gekyk na die kant van Sodom; en Abraham het saam met hulle gegaan om hulle weg te bring. 17  Daarop sê die HERE: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen, 

Génesis 18:20  Verder het die HERE gesê: Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is waarlik baie swaar. 21  Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet. 22  Toe het die manne daarvandaan weggedraai en na Sodom gegaan, maar Abraham het nog bly staan voor die aangesig van die HERE. 23  En Abraham het nader gekom en gesê: Sal U ook die regverdige saam met die goddelose ombring? 24  Miskien is daar vyftig regverdiges binne-in die stad; sal U hulle ook ombring en die plek nie spaar ter wille van die vyftig regverdiges wat daarin is nie? 25  Laat dit ver van U wees om so iets te doen: om die regverdige saam met die goddelose om te bring, sodat die regverdige gelyk is met die goddelose. Laat dit ver van U wees! Sal die Regter van die ganse aarde geen reg doen nie? 26  Toe sê die HERE: As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil. 

Númeri 14:8  As die HERE ‘n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, ‘n land wat oorloop van melk en heuning. 9  Wees net nie teen die HERE opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die HERE is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie! 10  Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig moet word. Maar die heerlikheid van die HERE het in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel. 11  Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het? 12  Ek sal hulle met die pes tref en hulle uitroei; en Ek sal jou ‘n groter en sterker nasie maak as hulle. 13  Toe het Moses aan die HERE gesê: Maar die Egiptenaars het gehoor dat U deur u krag hierdie volk onder hulle uit laat optrek het 14  en dit aan die inwoners van hierdie land gesê. Hulle het gehoor dat U, HERE, in die midde van hierdie volk is; dat U, HERE, duidelik waarneembaar verskyn; dat u wolk oor hulle staan en U in ‘n wolkkolom voor hulle uit trek bedags en in ‘n vuurkolom by nag. 15  As U nou hierdie volk soos een man ombring, dan sal die nasies wat die tyding aangaande U gehoor het, spreek en sê: 16  Omdat die HERE hierdie volk nie kon inbring in die land wat Hy hulle met ‘n eed beloof het nie, het Hy hulle in die woestyn omgebring. 17  Laat dan nou tog die krag van die HERE groot word, soos U gespreek het deur te sê: 18  Die HERE is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag. 19  Vergeef tog die ongeregtigheid van hierdie volk na die grootheid van u goedertierenheid, en soos U hierdie volk van Egipte af tot hiertoe vergewe het. 20  Toe sê die HERE: Ek vergewe, volgens jou woord. 21  Maar so waar as Ek leef en die hele aarde van die HERE se heerlikheid vol sal word, 22  al die manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, en My nou al tien maal versoek het en na my stem nie geluister het nie, 23  hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met ‘n eed beloof het nie, ja, almal wat My verag het, sal dit nie sien nie. 24  Maar my kneg Kaleb, omdat ‘n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg—hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem. 25  Die Amalekiete en die Kanaäniete woon in die laagte—draai môre weg en trek tog die woestyn in, op pad na die Skelfsee. 26  Daarna het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê: 27  Hoe lank sal hierdie bose vergadering aanhou dat hulle teen My murmureer? Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen My bly murmureer. 28  Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die HERE, waarlik, soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen. 29  Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het. 30  Waarlik, júlle sal nie in die land kom waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun. 31  En julle kinders waarvan julle gesê het: Hulle sal ‘n buit word—dié sal Ek inbring en dié sal die land leer ken wat julle verwerp het. 32  Maar júlle lyke sal in hierdie woestyn lê. 33  En julle kinders sal soos herders rondtrek in die woestyn, veertig jaar lank, en sal so die gevolge van julle hoerery (geloof nie in God) dra totdat julle lyke in die woestyn verteer is. 34  Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul ongeregtighede dra, veertig jaar lank, en my teëstand gewaar word. 35  Ek, die HERE, het dit gespreek; waarlik, dit sal Ek aan hierdie hele bose vergadering doen wat teen My bymekaargekom het. Hulle sal in hierdie woestyn omkom en daar sterwe. 36  En die manne wat Moses gestuur het om die land te verken en wat ná hulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat murmureer het deur ‘n slegte gerug aangaande die land te versprei, 37  die manne wat ‘n slegte gerug aangaande die land versprei het, het gesterwe deur ‘n plaag voor die aangesig van die HERE. 

Númeri 14:39  En toe Moses hierdie woorde aan al die kinders van Israel gesê het, het die volk baie getreur 40  en die môre vroeg klaargemaak en op die top van die berg geklim en gesê: Hier is ons, en ons wil optrek na die plek wat die HERE gesê het, want ons het gesondig. 41  Maar Moses het gesê: Waarom oortree julle tog die bevel van die HERE, aangesien dit tog nie sal geluk nie? 42  Moenie optrek nie, want die HERE is nie in julle midde nie—anders word julle verslaan voor julle vyande. 43  Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van die HERE afvallig geword het, daarom sal die HERE nie met julle wees nie. 44  Nogtans het hulle vermetel gehandel om op die top van die berg te klim; maar die verbondsark van die HERE en Moses het nie uit die laer gewyk nie. 45  Toe het die Amalekiete en die Kanaäniete wat in dié gebergte woonagtig was, afgekom en hulle verslaan en hulle verstrooi tot by Horma. 

2 Konings 20:1  In dié dae het Hiskía dodelik siek geword; en Jesaja, die seun van Amos, die profeet, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie. 2  Toe draai hy sy gesig na die muur, en hy het gebid tot die HERE en gesê: 3  Ag, HERE, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met ‘n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween. 4  En Jesaja het die middelste voorhof nog nie uitgegaan nie of die woord van die HERE het tot hom gekom en gesê: 5  Draai om en sê vir Hiskía, die vors van my volk: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak; op die derde dag sal jy opgaan na die huis van die HERE. 6  En Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg en jou en hierdie stad uit die hand van die koning van Assirië red, en ook hierdie stad beskut ter wille van My en my kneg Dawid. 

Eségiël 4:10  En jou voedsel wat jy moet eet, sal in gewig wees twintig sikkels elke dag; van tyd tot tyd moet jy dit eet. 11  Jy moet ook water by die maat drink, die sesde deel van ‘n hin; van tyd tot tyd moet jy dit drink. 12  En as garskoeke moet jy dit eet en dit op die mis van mensedrek bak voor hulle oë. 13  Toe sê die HERE: So sal die kinders van Israel hulle brood onrein eet onder die nasies waarheen Ek hulle sal verdrywe. 14  En ek sê: Ag, Here HERE! Kyk, my siel is nooit verontreinig nie, en ek het van my jeug af tot nou toe geen aas of iets wat verskeur is, geëet nie, en daar het geen bedorwe vleis in my mond gekom nie. 15  Toe sê Hy vir my: Kyk, Ek het vir jou beesmis gegee in plaas van mensedrek; daarop moet jy jou brood klaarmaak. 

1 Konings 21:18  Maak jou klaar, gaan af Agab, die koning van Israel, wat in Samaría is, tegemoet; kyk, hy is in die wingerd van Nabot, waarheen hy afgegaan het om dit in besit te neem. 19  En jy moet met hom spreek en sê: So sê die HERE: Het jy doodgeslaan en ook in besit geneem? Verder moet jy met hom spreek en sê: So spreek die HERE: Op die plek waar die honde die bloed van Nabot gelek het, sal die honde ook jou eie bloed lek. 20  Daarop sê Agab vir Elía: Het jy my gekry, my vyand? En hy antwoord: Ek het u gekry, omdat u uself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE! 21  Kyk, Ek gaan onheil bring oor jou en jou skoon wegvee; en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering. 22  En Ek sal jou huis maak soos die huis van Jeróbeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Baésa, die seun van Ahía; weens die geterg waarmee jy My geterg het, en dat jy Israel laat sondig het. 23  En ook oor Isébel het die HERE gespreek en gesê: Die honde sal Isébel eet by die voorskans van Jísreël. 24  Die een wat van Agab in die stad sterwe, hom sal die honde eet, en wie in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet. 25  Waarlik, daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE nie, omdat sy vrou Isébel hom verlei het. 26  En hy het baie afskuwelik gehandel deur agter die drekgode aan te loop net soos die Amoriete gedoen het wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het. 27  En toe Agab hierdie woorde hoor, het hy sy klere geskeur en ‘n roukleed om sy lyf gebind en gevas; hy het ook met die roukleed geslaap en stadig rondgeloop. 28  Toe kom die woord van die HERE tot Elía, die Tisbiet, en sê: 29  Het jy gesien dat Agab hom voor my aangesig verneder het? Omdat hy hom voor my aangesig verneder het, sal Ek die onheil in sy dae nie bring nie; in die dae van sy seun sal Ek die onheil oor sy huis bring. 

Jeremia 14:11  Verder het die HERE vir my gesê: Bid nie vir hierdie volk ten goede nie. 12  As hulle vas, luister Ek nie na hulle gesmeek nie; en as hulle brandoffer en spysoffer bring, het Ek in hulle geen behae nie; maar deur die swaard en die hongersnood en die pes maak Ek hulle tot niet. 13  Toe sê ek: Ag, Here HERE, kyk, die profete sê vir hulle: Julle sal geen swaard sien en geen hongersnood hê nie; maar Ek sal julle ‘n duursame vrede gee in hierdie plek. 14  En die HERE het vir my gesê: Die profete profeteer vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur en hulle geen bevel gegee en met hulle nie gespreek nie; hulle profeteer vir julle ‘n leuengesig en nietige waarsêery en bedrieëry van hulle hart. 15  Daarom, so spreek die HERE: Aangaande die profete wat profeteer in my Naam sonder dat Ek hulle gestuur het, en wat sê: Daar sal geen swaard of hongersnood in hierdie land wees nie—dié profete sal deur die swaard en die hongersnood omkom. 16  En die volk vir wie hulle profeteer, sal in die strate van Jerusalem weggegooi lê vanweë die hongersnood en die swaard sonder dat iemand hulle begrawe; hulle, hulle vrouens en hulle seuns en hulle dogters. So sal Ek dan hulle boosheid oor hulle uitstort. 

Jeremia 15:1  Maar die HERE het vir my gesê: Al staan Moses en Samuel voor my aangesig, my siel wil niks van hierdie volk weet nie; dryf hulle van my aangesig af weg, en laat hulle heengaan. 2  En as hulle jou vra: Waar moet ons heengaan? sê dan vir hulle: So spreek die HERE: Wie vir die pes bestem is, na die pes; en wie vir die swaard, na die swaard; en wie vir die hongersnood, na die hongersnood; en wie vir die gevangenskap, na die gevangenskap. 

2 Konings 3:10  Toe sê die koning van Israel: Ag, die HERE het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee! 11  En Jósafat vra: Is hier nie ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom die HERE kan raadpleeg nie? Toe antwoord een van die koning van Israel se dienaars en sê: Hier is Elísa, die seun van Safat, wat water op die hande van Elía gegiet het. 12  Daarop sê Jósafat: By hom is die woord van die HERE. So het die koning van Israel en Jósafat en die koning van Edom dan na hom afgegaan. 13  Maar Elísa het aan die koning van Israel gesê: Wat het ek met u te doen? Gaan na die profete van u vader en die profete van u moeder! Maar die koning van Israel antwoord hom: Ag nee, want die HERE het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee. 14  En Elísa sê: So waar as die HERE van die leërskare leef voor wie se aangesig ek staan, as ek nie agting gehad het vir die persoon van Jósafat, die koning van Juda, nie, ek sou na u nie kyk en u nie aansien nie. 

002 – Kan ‘n mens se gebed God beïnvloed?  (09-02-2025)

Ons gebede kan God beïnvloed:

Jakobus 5:16  Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag. 

1 Samuel 7:5-10  Verder het Samuel gesê: Versamel die hele Israel by Mispa, dan sal ek tot die HERE vir julle bid.  (6)  Hulle kom toe bymekaar by Mispa, en hulle het water geskep en dit voor die aangesig van die HERE uitgegiet, en dié dag het hulle gevas en daar gesê: Ons het gesondig teen die HERE. En Samuel het die kinders van Israel in Mispa gerig.  (7)  Toe die Filistyne hoor dat die kinders van Israel by Mispa saamgekom het, het die vorste van die Filistyne teen Israel opgetrek. En die kinders van Israel het dit gehoor en bevrees geword vir die Filistyne.  (8)  En die kinders van Israel sê aan Samuel: Laat nie ná om die HERE onse God vir ons aan te roep nie, dat Hy ons uit die hand van die Filistyne verlos.  (9)  Toe het Samuel ‘n suiglam geneem en dit as ‘n brandoffer in sy geheel aan die HERE geoffer, en Samuel het die HERE aangeroep vir Israel; en die HERE het hom verhoor.  (10)  Want onderwyl Samuel die brandoffer bring en die Filistyne nader kom om teen Israel te veg, het die HERE dit dié dag met ‘n groot geluid laat donder oor die Filistyne, en Hy het hulle in verwarring gebring, sodat hulle verslaan is voor Israel.

Jona 2:1-10  En Jona het tot die HERE sy God gebid uit die ingewande van die vis  (2)  en gesê: Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp—U het my stem gehoor.  (3)  U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat ‘n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.  (4)  Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.  (5)  Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai.  (6)  Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God!  (7)  Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.  (8)  Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is.  (9)  Ek daarenteen sal aan U offer met ‘n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die HERE.  (10)  Daarop het die HERE die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug.

Jesaja 37:10-36  So moet julle aan Hiskía, die koning van Juda, sê: Laat u God op wie u vertrou, u nie bedrieg nie deur te sê: Jerusalem sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.  (11)  Kyk, u het self gehoor wat die konings van Assirië aan al die lande gedoen het deur dit met die banvloek te tref, en sou ú gered word?  (12)  Het die gode van die nasies wat my vaders uitgeroei het, hulle gered—Gosan en Haran en Resef en die kinders van Eden wat in Telássar was?  (13)  Waar is die koning van Hamat en die koning van Arpad en die koning van die stad Sefarváim, van Hena en Iwa?  (14)  En toe Hiskía die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van die HERE; en Hiskía het dit uitgesprei voor die aangesig van die HERE,  (15)  En Hiskía het tot die HERE gebid en gesê:  (16)  o HERE van die leërskare, God van Israel wat op die gérubs troon! U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde; U het die hemel en die aarde gemaak.  (17)  o HERE, neig u oor en luister! HERE, open u oë en kyk en hoor al die woorde van Sánherib, wat hy gestuur het om die lewende God te smaad!  (18)  Waarlik, HERE, die konings van Assirië het al die lande en hulle gebied verwoes  (19)  en hulle gode in die vuur gegooi; want dit was geen gode nie, maar werk van mensehande, hout en klip—daarom kon hulle dié vernietig.  (20)  HERE onse God, verlos ons dan nou uit sy hand, sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U, HERE, dit alleen is.  (21)  Toe laat Jesaja, die seun van Amos, vir Hiskía weet: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat jy tot My gebid het aangaande Sánherib, die koning van Assirië, het Ek gehoor.  (22)  Dit is die woord wat die HERE oor hom gespreek het: Die jonkvrou, die dogter van Sion, verag jou, bespot jou; agter jou skud die dogter van Jerusalem die hoof.  (23)  Wie het jy gesmaad en gelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou oë hoogmoedig opgehef? Teen die Heilige van Israel!  (24)  Deur jou dienaars het jy die HERE gesmaad en gesê: Met die menigte van my strydwaens het ek geklim op die hoogte van die berge, die uithoeke van die Líbanon, en ek wil sy statige seders, die keur van sy sipresse, omkap en deurdring tot sy uiterste hoogte, sy bos wat is soos ‘n tuin

Jesaja 37:25  Ék het gegrawe en water gedrink en laat met die sool van my voete al die strome van Egipte opdroog. 26  Het jy dit nie gehoor nie? Van lankal het Ek dit berei, van die dae van die voortyd af dit beskik. Nou het Ek dit laat kom, dat jy versterkte stede tot puinhope kom verwoes. 27  En hulle inwoners was magteloos, het verskrik en beskaamd gestaan; hulle was soos plante van die veld en groen grassies, soos gras van die dakke en ‘n koringland voordat dit are skiet. 28  Maar Ek ken jou sit en jou uitgang en jou ingang en hoe jy teen My raas. 29  Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het. 30  En dit sal vir jou die teken wees: Eet hierdie jaar wat vanself opslaan, en in die tweede jaar wat dan nog opkom; maar in die derde jaar—saai en oes, en plant wingerde en eet die vrugte daarvan. 31  Dan sal die vrygeraaktes wat oorgebly het van die huis van Juda, weer wortel skiet ondertoe en vrugte dra boontoe. 32  Want uit Jerusalem sal ‘n oorblyfsel uitgaan en vrygeraaktes van die berg Sion. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen. 

(33)  Daarom, so sê die HERE aangaande die koning van Assirië: Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet nie en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opwerp nie.  (34)  Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan; maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek die HERE.  (35)  En Ek sal hierdie stad beskut om dit te verlos, om My en om my kneg Dawid ontwil.  (36)  Toe het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van Assirië honderd vyf en tagtig duisend verslaan. En toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak—was dit almal dooie liggame.

Jeremia 29:11-14  Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.  (12)  Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.  (13)  En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.  (14)  En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE, en julle lot verander en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek die HERE; en Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggevoer het.

Matthéüs 6:9-13  Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;  (10)  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;  (11)  gee ons vandag ons daaglikse brood;  (12)  en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;  (13)  en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

1 Johannes 3:22  en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.

Jakobus 4:2-4  Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.  (3)  Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.  (4)  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van  die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.

1 Petrus 3:10-12  Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.  (11)  Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.  (12)  Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.

Filippense 4:6-7  Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.  (7)  En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

Openbaring 8:3  En ‘n ander engel het gekom en met ‘n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê; 4  en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God. 5  En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

~`~`~`~~`~`~`~~`~`~`~

Openbaring 5:7  Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit; 8  en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is. 9  Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, 10  en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers. 

Openbaring 8:3  En ‘n ander engel het gekom en met ‘n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê; 4  en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God. 5  En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing. 

Matthéüs 6:5  En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het. 6  Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. 7  En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. 8  Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra. 9  Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; 10  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; 11  gee ons vandag ons daaglikse brood; 12  en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; 13  en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. 14  Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 15  Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie. 

Psalm 139:1  Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my. 2  U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. 3  U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. 4  Want daar is nog geen woord op my tong nie—of U, HERE, U ken dit geheel en al. 5  U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my. 6  Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie. 7  Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig? 8  Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! 9  Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, 10  ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou. 11  En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, 12  dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig. 13  Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. 14  Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed. 15  My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. 6  U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. 17  Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie! 18  Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U. 19  o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg! 20  Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef—u teëstanders! 21  HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en ‘n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? 22  Ek haat hulle met ‘n volkome haat; vyande is hulle vir my! 23  Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; 24  en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE