Speellyste

SPREUKE (2025)

Waar kom “mis leiding” vandaan? (26-01-2025)
Banie Swanepoel:
Die tyd toe Moses met God ontmoet het op die berg Sinai, het dit so lank gevat dat die volk gedink het dat Moses nie weer terugkom nie. Die God wat hulle uit Egipte uitgelei het se stem was nou stil en hulle moes ‘n plan maak om Hom weer te kan hoor, want hulle is op pad na die beloofde land en het leiding nodig. Hulle ken nie die pad nie en het hulle God nodig.
Ons bevind ons in dieselfde situasie. Ons is op pad na die beloofde land (die Koninkryk van God) maar ons hoor nie God se stem nie en weet nie waar die pad is wat ons moet loop nie. Omdat ons nie onbepaald in die woestyn kan bly nie, moet ons leiding soek om ons die pad te wys wat ons moet loop.
Exodus 32:1-7 Toe die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie. (2) En Aäron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my. (3) Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring. (4) En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ‘n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het. (5) Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor ‘n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die HERE. (6) En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers aangebring; daarop het die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel. (7) Toe sê die HERE vir Moses: Gaan heen, klim af, want jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, het verderflik gehandel.
Aäron het ‘n “goeie plan” gemaak. Hy het gedoen wat hy gedink het reg was en wat vir hom sin gemaak het en al die mense was tevrede. Aäron was ‘n belangrike man en het baie gesag gehad. Wat was fout daarmee om ‘n beeld te maak en te sê dat dit die God verteenwoordig wat hulle uit Egipte uitgelei het? As ons vandag terugkyk na hulle, sien ons hoe dwaas hulle was om self te besluit wie en hoe God is, maar as ons na onsself kyk, sien ons nie dat ons presies dieselfde doen nie.
Ons besluit self wie God is en hoe God is en waarvan God hou en hoe Hy aanbid moet word. Inderwaarheid besluit ons nie self dit nie, maar iemand anders, of ‘n godsdienstige instansie, besluit vir ons en ons aanvaar dit sonder navraag en volg dit na, net soos met Aäron-hulle.
Wanneer daar ‘n belangrike mens met ‘n toga op ‘n preekstoel indrukwekkende woorde op ‘n oortuigende manier aanbied, glo ons hom. Ons vind nie self uit of dit wat hy van God sê die waarheid is nie; so baie mense glo hom dan, hoe kan hy verkeerd wees?, net soos die volk met Aäron.
Wat verbasend is, is dat ‘n massa mense net so in ‘n oogwink kan inval in ‘n nuwe gedagte wat een persoon uitgedink het en dit dan glo. Aäron het besluit dat YHWH nou deur ‘n goue kalf verteenwoordig gaan word en die massa het gelowig in sy evangelie geword. Jerobeam het besluit dat die volk nie meer Jerusalem toe hoef te gaan nie, maar dat hulle God sommer in Dan en Bet-el kan aanbid. Die meeste mense het daarby ingeval en “gelowig” geword.
1 Konings 12:28-32 Daarom het die koning raad gehou en twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem—hier is, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het! (29) En die een het hy in Bet-el opgerig en die ander in Dan opgestel. (30) En hierdie saak het tot sonde geword; ja, die volk het voor die een gaan aanbid tot by Dan. (31) Hy het ook tempels van die hoogtes gebou en priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie. (32) En Jeróbeam het ‘n fees gehou in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soos die fees wat in Juda was, en op die altaar geklim. So het hy in Bet-el gedoen en geoffer aan die kalwers wat hy gemaak het, en ook in Bet-el priesters aangestel vir die hoogtes wat hy gemaak het.
Die volk van Jeróbeam het gehoor wat die koning sê en daarmee saamgestem en dit het hulle geloof geword. Hoewel God gesê het dat daar net in Jerusalem geoffer mag word, het die koning anders besluit en die volk was tevrede om die koning gehoorsaam te wees en God ongehoorsaam. God was egter woedend. Israel het geglo dat God tevrede was en het volhard in hulle eie manier van aanbidding en die uiteinde was dat God hulle as ‘n volk verwerp het, sy verbond met hulle opgeskort het en hulle in ballingskap laat gaan het. Al was hulle opreg en goeie mense en gelowig en het gereeld en hard gebid, het Hy hulle verwerp.
En toe kom Konstantyn en hy verander die aanbidding wat Yahshua nagelaat het in ‘n godsdiens wat vir hom meer verstaanbaar is en beter werk. Daar was baie beter gewoontes en rituele in die Pagan godsdiens wat hy ingevoer het en hy het God aanbid op sy manier, net soos Jeróbeam. Die vraag is nou net wat God daarvan gedink het, soos met Jeróbeam? Soos met Jeróbeam was die mense tevrede met Konstantyn se godsdiens en het soos skape gevolg in sy dwaling.
Konstantyn se eie geloof is die oorspronklike oorsprong van die kerk (die Romeinse Kerk), want hy was die keiser van die Romeinse Ryk. Soos wat die Romeinse gode in tempels gebly het, so bly Konstantyn se god ook in ‘n gebou en hy noem dit die huis van god, hoewel God gesê het Hy bly nie in geboue wat met hande gemaak word nie, maar in die harte van sy kinders. Miljoene mense volg vandag nog Konstantyn in sy misleiding en is oortuig dat hulle God in Gees en in waarheid aanbid, maar net soos God Jeróbeam verwerp het, net so verwerp Hy Konstantyn se kerkgeloof.
Hoe word mense dan mislei? Só word mense mislei. Iemand slim of belangrik dink sy eie godsdiens uit en oortuig mense daarvan en hulle volg dit na sonder om navraag te doen. Hulle kinders word in daardie vals godsdiens gebore en volg dit dan na soos hulle ouers hulle geleer het.
Calvyn is ‘n geleerde en gerespekteerde Fransman en verklaar die evangelie van die Koninkryk van God soos hy dit verstaan en hoe dit vir hom sin maak. In die nuut gebore protestantse wêreld is ‘n groot behoefte vir ‘n alternatiewe godsdiens vir die Rooms Katolieke Kerk. Calvyn verander dit waarmee hy nie saamstem uit die Rooms Katolieke Kerk nie (hervorm die Rooms Katolieke Kerk) en dit word die Calvinistiese godsdiens wat soos ‘n veldbrand versprei en wat mense vandag nog met hulle lewe aanhang.
Calvyn se godsdiens is ‘n veranderde Rooms Katolieke Kerk evangelie, in plaas van ‘n evangelie wat slegs gebaseer is op die woorde van God. Hierdie godsdiens is waardeloos omdat dit nie die weg na saligheid verkondig nie.
Matthéüs 23:13-15 Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie. (14) Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ‘n swaarder oordeel ontvang. (15) Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ‘n kind van die hel, twee maal erger as julle self.
Die Rooms Katolieke Kerk en die Calvinistiese kerk word net uitgesonder as voorbeelde, maar so het elke kerk sy eie weergawe van waarheid is en verkondig dit ter wille van voordeel vir hulself. Mense glo sulke predikers, volg hulle na en hulle kinders volg in hulle voetspore… geslag na geslag. Niemand toets die waarheid van hulle eie kerk nie, want dit veroorsaak geweldige ongemak en ons hou van ‘n gemaksone.
Daar is net een weergawe van die waarheid, nie 50 000 nie. Daar is net een manier om Hom te aanbid en net een weg na saligheid en ons kan nie elkeen self besluit wat voel vir ons reg en wat maak ons gelukkig nie. Jeróbeam was baie gelukkig met sy manier van aanbidding en dit het vir hom reg gevoel, maar God het dit gehaat en hy het Jeróbeam verwerp en sy hele nageslag uitgeroei. Is Calvyn of enige ander kerk se weergawe van die evangelie genoeg?
Wat is die doel van ons geloof? Waarom dien ons God en wat probeer ons daardeur bereik?
1 Petrus 1:9 en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.
Is daar saligheid in die geloof vir die Rooms Katolieke Kerk? Is daar saligheid vir ons siele volgens die geloof van Calvyn wat baie net oorgeneem het? Is daar saligheid in die geloof van elkeen van ons individuele geloof? Ons geloof in die evangelie van die Koninkryk van God gee vir ons saligheid vir ons siele. As ons ‘n veranderde weergawe volgens Konstantyn, of een van sy ander makkers glo, sal ons nie gered word nie, maar verlore gaan. Ons moet in God glo, maar ons ken nie sy woorde om Hom te kan glo nie.
Markus 1:14-15 En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig (15) en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.
Joh 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie My woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Indien ons self besluit wat die evangelie is en dit verskil met die evangelie van Yahshua, is ons besig met die evangelie volgens Aäron en Jeróbeam. Aäron het hom bekeer van sy verkeerde weë, maar Jeróbeam het nie.
So, hoe word ons mislei?
Daar is 50 000 denominasies wat elkeen sy eie weergawe van die evangelie van die Koninryk van God verkondig, maar daar is net een regte evangelie. Meeste Christene word gebore in een van hierdie denominasies en word dan van kleins af geleer dat dít die regte kerk is wat die waarheid glo en verkondig en dat al die ander gelowe verkeerd is. Iemand wat gebore word in die Rooms Katolieke Kerk glo hulle is reg en die ander is verkeerd. Iemand wat gebore word in die Calvinistiese kerk glo hulle is reg en die ander is verkeerd. Iemand wat gebore was in die koninkryk van Jeróbeam het geglo hy is reg en die ander is verkeerd… Maar wie is dan reg, of is almal reg, of moet ons net ons bes doen en God se genade sal ons red?
Sommige mense dink dat dit ‘n tipe van ‘n kompetisie is van wie is reg en wie is verkeerd. Ek skree vir die groen span en jy vir die rooi span en ek verdedig my span, want dit is my mense en dit is waar ek vandaan kom. As my groen span die rugby verloor, is ek die volgende dag bietjie depressief, maar die lewe gaan aan en ons sal weer probeer, maar as jou groen kerk verloor en jy word veroordeel soos Jeróbeam, gaan die lewe nie net weer aan nie… Jy is vir ewig verlore.
Meeste mense is dus mislei en daarom waarsku God ons om ons tot Hom te bekeer. Omdat ons egter gelowig is en in ‘n kerk grootgeword het, dink ons dat ons nie bekering nodig het nie, want ons is bekeerd. Geen mens lewe homself in die Koninkryk van God in met lidmaatskap van ‘n kerk en ‘n goeie lewe nie.
Is ‘n redelike goeie lewe dan nie goed genoeg nie? Moet ek regtig al die moeite doen om God te leer ken en sy weë te leer ken en dan alles presies te doen soos wat Hy sê? Hoe kritiek is dit?
Matthéüs 24:10-11 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat. (11) En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
Yahshua is die Goeie Herder en Hy alleen lei ons na die ewige lewe. Nou is daar mense wat ook leiding gee, maar hulle mislei. Hulle leiding lei nie na dieselfde plek as Yahshua se leiding nie, maar na die ewige dood.
Lukas 13:23-28 Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle: (24) Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie. (25) Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. (26) Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer. (27) En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! (28) Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.
Pasop vir ‘n tweede misleiding:
Om bewus te word dat jy jou lewe lank ‘n nuttelose godsdiens nagevolg het en dan net weer ‘n ander nuttelose godsdiens te volg, is hartverskeurend.
Wat moet ons doen broeders?
Sodra iemand bewus word van die gevaar dat hy moontlik mislei is, moet hy self ondersoek instel na wat die waarheid is. Geen mens gaan dit vir jou doen nie, want die verandering moet in jou eie hart plaasvind. Jy het in ‘n organisasie, of ‘n oorlewering, of jou eie afleiding se evangelie, geglo. Dit moet nou ondersoek en uitgewys word as misleiding en as drek beskou word voordat jy dit met die waarheid van God se woord kan vervang. Ons moet eers ophou om ons eie oorlewering te beskerm alvorens ons dit met die waarheid kan vervang. Al hierdie verandering vind in ons hart plaas en daarom moet elkeen self ondersoek instel, self die waarheid soek en self die waarheid liefkry en dan toelaat dat God dit in jou hart saai. Dit is bekering.
Filippense 3:5-14 Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, ‘n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, ‘n Fariseër; (6) wat ywer betref, ‘n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik. (7) Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. (8) Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry (9) en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; (10) sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, (11) of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik. (12) Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. (13) Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. (14) Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Wie is my naaste? (19-01-2025)
Banie Swanepoel:
Lukas 10:27 En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.
Naaste is ‘n aanduiding van ‘n groep, dit beteken dat hierdie “naaste” liefgehê moet word, maar dan impliseer dit dat die mense buite hierdie groep nie liefgehê moet word nie. Die moderne interpretasie van hierdie term “naaste” is egter dat alle mense jou naaste is.
Indien alle mense mekaar se naaste is, waarom het God dan gesê jy moet jou naaste liefhê soos jouself en nie sommer net gesê jy moet alle mense liefhê soos jouself nie? Die wet van moses was net aan die Israeliete gegee by die berg Sinai en geen ander volk was daar nie. So, wanneer God dan vir hulle sê jy moet jou naaste liefhê, dan praat Hy met die mense by Sinai en hulle moet hulle naaste liefhê.
Levítikus 19:. (16) Jy mag nie as ‘n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is die HERE. (17) Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie. (18) Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.
Toe koning Jeróbeam goue kalwers vir die tien stamme gemaak het om te aanbid was God se oordeel op hom, maar toe die koning van Egipte, in daardie selfde tyd, saam met sy volk beelde aanbid, het dit God geensins gepla nie en Hy het geen bestraffing teenoor Egipte uitgespreek nie. Die wet van Moses was net vir die twaalf stamme van Israel en geen ander nasie was daardeur beïnvloed nie en geen nasie was onder die wet van Moses nie.
As God dus sê jy moet jou naaste liefhê soos jouself, het dit net betrekking op die Israeliete. Hulle moet mekaar liefhê, maar toe Moses die Egiptenaar doodslaan beskou God dit nie as ‘n oortreding nie, maar later vermaan Moses twee Israeliete wat met mekaar baklei.
Exodus 2:11-13 En in dié dae toe Moses al groot was, het hy na sy broers uitgegaan en hulle harde arbeid aangesien. En hy het gesien hoe ‘n Egiptiese man ‘n Hebreeuse man, een uit sy broers, slaan. (12) En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand begrawe. (13) Die volgende dag het hy weer uitgegaan, en daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die een wat ongelyk gehad het: Waarom slaan jy jou naaste?
Die wet van Moses was vir die Israeliete gegee en hulle was mekaar se naaste. Die kinders van die volk was die naaste van die kinders van die volk. ‘n Israeliet se naaste was ‘n ander Israeliet en toe God vir hulle gesê het jy moet jou naaste liefhê soos jouself het Hy bedoel, en hulle verstaan, dat dit hulle mede-Israeliete is. ‘n Egiptenaar was nie ‘n Israeliet se naaste nie en God het nie gesê ‘n Israeliet moet ‘n Egiptenaar liefhê soos homself nie.
Romeine 13:9 Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Nou is ons in die tyd van die Nuwe testament en word deur die menigte predikers geleer dat Israel se naaste nou alle mense is. Die vraag wat ons egter moet vra is hoe het ons almal nou mekaar naastes geword as ons nie voorheen was nie? Die menigte predikers se antwoord is maklik: deur die kruis. Dit is dieselfde verduideliking as wat mens van iemand kry wat in ewolusie glo – deur miljoene jare. Niemand verstaan wat dit beteken nie, maar almal aanvaar dit net. “Alles wat ons anders wil sien as wat die Bybel sê, het verander deur die kruis”
Omdat God egter nie alle mense liefhet nie, maak Hy ‘n verbond net met hulle vir wie Hy lief is, naamlik Israel. Hy gee hulle ook die opdrag om mekaar lief te hê soos wat hulle hulself lief het. Die menigte predikers leer ons ook dat die nuwe verbond nie net meer met die Israeliete is nie, maar met alle mense en daarom is almal nou verplig om as mekaar se naaste, mekaar lief te hê. Is dit die waarheid of is die ‘n leuen?
- God het nie alle mense lief nie.
Maleági 1:2-4 Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad, (3) maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee. (4) As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou—dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!
- God het net een groep mense liefgehad en met hulle ‘n verbond gemaak.
Deuteronómium 7:6-8 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. (7) Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. (8) Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
- Hy het Israel liefgehad en hulle uitverkies om sy volk uit al die volke op die aarde te wees en net soos wat Hy hulle liefgehad het, net so moet hulle mekaar ook liefhê.
Johannes 13:34-35 ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. (35) Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
- Die Ou Verbond het gesê jy moet jou naaste liefhê soos jouself en die Nuwe Verbond sê jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die naaste tydens die Ou Verbond en die naaste tydens die Nuwe Verbond is dieselfde. Hy maak ‘n nuwe verbond, maar weer met dieselfde mense en sluit nog steeds die ander uit wat nie deel van die verbond is nie.
Jeremia 31:31 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; Heb 8:8 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,
- Nie alle mense is dieselfde nie, maar net sommige is uit Hom en daarom is sy verbond nie met almal nie.
“Vader jou nie trek nie”, “elke plant wat my Vader nie geplant het nie.” Gelykenis van die vyandige mens. Yahshua noem hulle addergeslag.
Wie is dan my naaste en is ek deel van die verbondsvolk?
God kies ‘n geslag mense uit deur Jakob. Jakob se naam word deur God verander na Israel en al twaalf sy seuns en hulle nageslag word Israeliete genoem. Hy maak met hulle ‘n verbond om vir hulle ‘n God te wees en dat net hulle sy volk sal wees, tot in ewigheid. Hy maak later met dieselfde geslag ‘n nuwe verbond, maar wat nog steeds dieselfde einddoel het, naamlik Hy sal vir hulle ‘n God wees en hulle sal vir Hom ‘n volk wees.
Koning Salomo is koning oor die twaalf stamme, maar omdat hy vroue liefgehad het wat nie sy naaste was nie en met hulle getrou het, vat God die koningskap van Israel van hom af weg. 1 Konings 11:1-2 En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese— (2) uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan—Salomo het hulle met liefde aangehang.
Pasop wie jy liefhet, Salomo was gestraf omdat hy mense liefgehad het wat hy nie mag nie. Jy kan nie rasse meng en sê dit is liefde nie en jy kan nie homoseksuele verhoudings hê en sê dit is liefde nie. Salomo het dit liefde genoem, maar God het dit gehaat.
Omdat God ‘n eed aan Dawid gesweer het dat daar altyd iemand van Dawid se nageslag op die troon van Israel sal sit, vat Hy nie al die stamme van Israel by Salomo weg nie, maar net tien van die stamme. Hierdie tien stamme word hulle eie koninkryk met hulle eie koning en grondgebied. Hierdie tien stamme staan bekend as “die huis van Israel” en die twee stamme wat onder koningskap van Dawid se nageslag bly, staan bekend as “die huis van Juda”.
Hoewel daar nou twee volke was, was albei nog steeds deel van die mense met wie God ‘n verbond gehad het, omdat Hy nog steeds vir hulle lief was. Albei hierdie volke was mekaar se naaste en was saam onder dieselfde verbond.
Hoewel die huis van Israel ook onder die wet van die verbond was, het hulle nie daarby gehou nie en God het hulle in ballingskap laat gaan na Assirië. Hulle was nie net ballinge in ‘n vreemde land nie, maar ook nie meer ‘n koninkryk met ‘n koning nie. Die ergste was dat God ook sy verbond met hulle opgeskort het omdat hulle nie gehoorsaam aan Hom was nie.
Hierdie Assiriese ballingskap het opgehou en die huis van Israel het verstrooi geraak oor die hele bekende wêreld van daardie tyd, die streke van die Middellandse see.
Dit is belangrik om te onthou dat God nie meer met hulle ‘n verbond het nie, maar dit is nog meer belangrik om te onthou dat God sekere mense liefhet en ander nie en hierdie was tien van die twaalf stamme van Israel vir wie God wel liefhet. Sy liefde het nie teenoor hulle verander nie, maar sy verhouding met hulle het verander. Hulle was deel van die verbond by Sinai, maar nou nie meer onder die verbond nie.
Die twee stamme gaan ook in ballingskap, maar hulle bly onder die verbond van God en hulle alleen is op hierdie stadium sy volk en Hy is hulle God. Hulle was nou die enigste Israeliete en die tien stamme was heidene. Na sewentig jaar van ballingskap is die twee stamme ook ‘n verstrooide volk en baie van hulle bly agter in Babilon. Ander het agtergebly in Kanaän tydens die ballingskap en ook hierdie twee stamme raak verstrooi oor die bekende wêreld van daardie tyd.
Die groot gebeurtenis in die geskiedenes was die koms van Yahshua. Hy kom maak ‘n nuwe verbond met sy volk en word die volmaakte offer in hulle plek om hulle siele te red van die hel, maar die volk van God was op daardie stadium net twee van die twaalf stamme. Die tien stamme was nog sonder ‘n verbond. Die profete het egter getuig dat die nuwe verbond met die tien stamme ook sal wees.
Jeremia 31:31-34 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; (32) nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. (33) Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. (34) En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.
Die einddoel van die verbond bly onveranderd, naamlik: Ek sal vir julle ‘n God wees en julle sal vir my ‘n volk wees.
Die mense met wie die verbond is bly ook onverander, hoewel die tien stamme ‘n tyd lank weg van die verbond was. God het oorspronklik ‘n verbond gemaak a.g.v. liefde met sekere mense en dit het nooit verander nie. Met die Nuwe Verbond bring Hy hierdie tien stamme weer terug onder die burgerskap van Israel.
Efésiërs 2:11-16 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, (12) dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. (13) Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. (14) Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het (15) deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep (16) en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.
God se liefde vir die mensdom het nie verander nadat Hy vir hulle gesterf het nie, want dan sou Hy nie vir hulle gesterf het nie. As Hy nie vir hulle lief was nie, sou Hy nie vir hulle gesterf het nie, maar omdat Hy reeds vir hulle lief was, het Hy vir hulle gesterf. Hy het juis vir hulle gesterf omdat Hy vir hulle lief is. Hy het nie vir mense gesterf vir wie Hy nie lief is en toe vir hulle lief geword nie. Hy het nie vir Esau en sy nageslag gesterf terwyl Hy hulle gehaat het en toe vir hulle lief geword nie. Hy het vir Israel gesterf en sy liefde het onveranderd gebly, want Hy kan nie verander nie en sy liefde kan nie verander nie. Hy is liefde.
Matthéüs 1:20-21 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; (21) en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
Maar wat van Johannes 3:16? Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Johannes 3:16 bevestig dat Hy gesterf het vir mense wat Hy reeds liefgehad het. Omdat Hy die Israeliete liefgehad het, want dit was die enigste mense wat Hy liefgehad het, het Hy sy seun gestuur om vir hulle te sterf. Hy het nie sy seun gestuur om vir die Edomite te sterf nie, want Hy het hulle nog nooit liefgehad nie.
So, wie is my naaste?
Yahshua stuur sy dissipels uit om die evangelie te gaan verkondig en dan mense te doop in sy Naam. Sy dissipels verkondig die evangelie in die omgewing van die Middellandse see wat groot dele van Europa beslaan.
As daar net een geslag is wat deur hom uitverkies is, kan ons deur eliminasie bepaal wie dit is. Is dit die Mongoolse nasies van Asië? Is dit die swart nasies van Afrika? Is dit die Indiër of Arabiese nasies? Is dit die volke van Suid Amerika of Australië? Watter van hierdie nasies was moontlik in slawerny in Egipte en later by die berg Sinai? Was dit dalk die Jode?
Die Jode is nie ‘n volk of ‘n nasie nie, maar ‘n kultuur. Enige persoon uit enige nasie kan ‘n Jood word as hy wil, as hy net bereid is om die Joodse kultuur aan te neem en lief te kry. Die Jode kan dus nie die volk van die verbond wees nie, omdat die verbondsvolk die nageslag van Jakob is, en hulle is nie ‘n geslag nie, maar ‘n kultuur-organisasie.
Is dit moontlik dat die Europeërs by die berg Sinai was in die tyd van die eerste verbond? As Paulus na Griekeland, Italië en Spanje reis om vir hulle die evangelie van die Nuwe Verbond te verkondig, het hy dit aan die Europese mense verkondig. Hulle is die verlore twaalf stamme van die huis van Israel en is oor die hele wêreld verstrooi.
Handelinge 26:6-7 En nou staan ek tereg oor die hoop op die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is, (7) waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig.
Jakobus 1:1 Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!
Johannes 6:60-66 En baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister? (61) En Jesus het in Homself geweet dat sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle: Is dit julle tot ‘n aanstoot? (62) Hoe dan as julle die Seun van die mens daarheen sien opvaar waar Hy tevore was? (63) Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe. (64) Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai. (65) En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie. (66) Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die drie weë (12-01-2025)
Banie Swanepoel:
Daar is drie weë, maar net een lei na die lewe.
Ons almal is onwillekeurig op ‘n lewenspad wat eindig met die ewige dood. Daar is geweldige onsekerheid oor wat na die dood vir die mens voorlê. Sommige mense sê dat daar niks is nie en dat ons net ons bewussyn verloor. Ander glo in reïnkarnasie en ander glo dat daar wel lewe na die dood is en ander verkies om apaties te staan en nie daaroor te dink of te praat nie. Wat is die waarheid en hoe kan ons weet wat gebeur na die dood?
Johannes 17:17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
Daniël 12: (2) En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik. (3) En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.
Hebreërs 9:27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel,
Ons liggaam gaan dood, maar ons siel bly lewe. In ‘n bewuste staat verskyn ons dan na ons aardse dood voor die Regter en word veroordeel vir ons dade, of verwelkom in sy Koninkryk omdat ons geregtig is.
Die drie weë se opinies vir redding:
- Die eerste weg: Mense wat hulself oortuig het dat daar geen God bestaan nie en dat ons nie lewe na die dood nie, tref geen voorbereiding nie en lewe onverskillig en onverantwoordelik asof daar geen rekenskap na die dood is nie.
Psalm 10:3-6 Want die goddelose juig oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die HERE. (4) Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie—dit is al sy gedagtes! (5) Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u gerigte, weg van hom af; al sy teëstanders—hy blaas op hulle. (6) Hy sê in sy hart: Ek sal nie wankel nie; van geslag tot geslag is ek die een wat nie in die ongeluk sal wees nie.
- Die tweede weg: Mense wat glo daar is lewe na die dood, maar hulle het hul eie evangelie vir saligheid gemaak en glo dat dit hulle sal red.
Matthéüs 7:21-23 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. (22) Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? (23) En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
- Die derde weg: Hulle wat alles verlaat en die Lam volg waar Hy ook al heen gaan, elke dag hulle kruis opneem om gekruisig te word en volhard tot die einde toe.
Matthéüs 16:24-27 Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. (25) Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. (26) Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel? (27) Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade.
Is dit regtig so moeilik om die ewige lewe te kry, of kan ek maar net my beste probeer en ‘n goeie lewe lei?
Matthéüs 7:13-14 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. (14) Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
- Die eerste weg is vir die wat die evangelie verwerp en lewe asof daar geen God is nie.
- Die tweede weg is hulle wat ‘n lou Christelike lewe lei wat gebaseer is op ‘n pad van geregtigheid wat hulle self bepaal het, of wat hulle deur oorlewering ontvang het en dan glo dat hulle gereed is. Hulle is baie wat sal probeer om die nou poort in te gaan, maar dit nie sal regkry nie.
- Die derde weg is hulle wat die koninkryk van hierdie wêreld verlaat het en oorgegaan het na die Koninkryk van lig en dan in vyandskap staan met hierdie wêreld se koninkryk en nie skatte hier bymekaar maak nie, maar skatte in die hemel bymekaar maak.
Openbaring 3:14-18 En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God: (15) Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! (16) Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug. (17) Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. (18) Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.
‘n Lou lewe beteken dat iemand self besluit wat die vereistes en standaard is van wat God vereis voor Hy iemand in sy Koninkryk toelaat. Lou mense glo hulle is goed genoeg om toegelaat te word op grond van dinge wat hulle geglo en gedoen het, ongeag of hierdie dinge wat hulle glo en doen deur God bepaal was.
Die geloof van lou Christene sluit standaarde soos die volgende in wat hulle self bepaal het en wat veroorsaak dat hulle glo hulle gaan gered word:
- 1. Is ‘n lid van hulle kerk.
- 2. Gaan gereeld na hulle kerk toe en is betrokke by aktiwiteite van die kerk.
- 3. Glo alles wat die kerk verkondig en doen dit getrou wat voorgeskryf word.
- 4. Praat geestelike gesprekke met ander mense en selfs soms met vreemde mense.
- 5. Lewe morele goeie lewens en respekteer hulle naaste en is lief vir hulle medemens
- 6. Is voorbeelde en steunpilare in die gemeenskap. Hulle is goeie kerkmense.
- 7. Gee van hulle geld en besittinge vir die kerk en die armes.
- 8. Bestraf ander mense wat sonde doen en verkeerd lewe.
- 9. Hou die tien gebooie en ook ander menslike reëls om regverdig te wees.
- 10. Hulle is nie radikaal in hulle geloof nie, maar laat ruimte vir ander mense se opinies en gelowe. Dit word as verdraagsaamheid en liefde beskou.
- 11. Hoewel God sekere dinge, soos homoseksualiteit verbied en haat, verdra hulle dit ter wille van liefde.
- 12. ‘n Vaste geloof in die woorde van God is skaars en dit word al meer gewild om te glo dat ander gelowe ook gered gaan word, bloot net omdat hulle ook in ‘n god glo.
- Oorlewering van die kerk en gesag van die prediker is bo die woorde en gesag van God. As die Bybel sê dit is blou en die kerk sê dit is groen, sal die Bybel verander word om te sê dit is groen.
2 Timótheüs 4:3-4 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leerRom 1 nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, (4) en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
Lukas 13:23-28 Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle: (24) Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie. (25) Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. (26) Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer. (27) En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! (28) Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.
Wat is die derde weg dan en hoe kan ons die Koninkryk van God beërwe? (VERW na koninkryk van GOD)
- 1. Hoekom is ons verlore?
- 2. God se geregtigheid vereis dat ons sterf.
- 3. Hy sterf in ons plek en maak vir ons ‘n weg in geregtigheid.
- 4. God het Hom met ons versoen en nou moet ons ons met Hom versoen.
- 5. As ons nie weer gebore word nie, kan ons nie in sy Koninkryk ingaan nie.
- 6. Ons mag nie hier skatte bymekaar maak nie.
- 7. Ons moet ons naaste vergewe.
- 8. Ons moet volhard tot die einde toe.
- 9. As ons enige persoon se belang bo sy belang stel, is ons Hom nie werd nie.
- 10. Ons kan nie twee here dien nie.
- 11. Soos die Vader Hom gestuur het, stuur Hy ons ook. Ons moet ons lewe aflê vir die skape.
- 12. As ons Hom nie eet nie, het ons geen deel aan Hom nie.
Openbaring 20:10-15 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. (11) En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. (12) En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. (13) En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. (14) En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. (15) En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Matthéüs 25:41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Hoekom ‘n volk en hoekom Israel?

‘n Jaloerse God (Vakansie met Nimrod) (22-12-2024)
Banie Swanepoel:
Deuteronómium 6:13-15 Jy moet die HERE jou God vrees en Hom dien; en by sy Naam moet jy sweer. (14) Julle mag nie agter ander gode aan loop uit die gode van die volke wat rondom julle is nie— (15) want die HERE jou God is ‘n jaloerse God by jou—sodat die toorn van die HERE jou God nie teen jou ontvlam en Hy jou van die aarde verdelg nie.
Nahum 1:2 ‘n Jaloerse God en ‘n wreker is die HERE, ‘n wreker is die HERE, en vol grimmigheid; ‘n wreker is die HERE vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande.
Spreuke 6:32-35 Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets; (33) slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie; (34) want jaloersheid is ‘n toorngloed in ‘n man, en op die dag van wraak verskoon hy nie; (35) hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en hy willig nie in nie al maak jy die omkoop geskenk nog so groot.
Wanneer ‘n man hom aan ‘n vrou verbind het, is haar liefde en lewe net vir hom en indien sy met ‘n ander man te doen het, sal daar vanself ‘n jaloersheid in haar man ontstaan. In die moderne tyd, met sosiale media, gebeur dit ook dikwels dat jaloesie ontstaan omdat eggenote nog vorige verhoudings deur die internet koester terwyl hulle reeds getroud is.
Hierdie verhoudings word deur die een party gesien as net vriende, maar deur die ander party word dit verpes omdat daar vir hulle nie plek is in hulle huwelik vir ander verhoudings nie. Dikwels lei dit dan tot jaloesie en gaan die verhouding tussen die getroudes as gevolg daarvan dood.
Wanneer ons met ons God in ‘n verhouding is, is Hy uiters gesteld daarop dat dit nét Hy in die verhouding is met ons, en geen ander gode nie.
- Ons mag nie geloof in Hom en ook in iemand, of iets anders, hê nie.
- Ons mag nie ons vertroue ook in iemand anders plaas nie.
- Ons mag nie ons aanbidding en verwondering vir Hom ook in iemand anders hê nie.
Ons mag nie ander gode ook aanbid, bewonder en vereer nie.
Exodus 34:13-14 Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klip pilare verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap. (14) Want jy mag jou nie neerbuig voor ‘n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers—’n jaloerse God is Hy.
Net soos wat ‘n man jaloers word as sy vrou met ‘n ander man te doen het, net so word God op ons jaloers as ons met ander Gode te doen het. God se jaloesie loop uit in wraak en vergelding indien ons ons nie bekeer van sulke verhoudings met afgode nie, dit is onvermydelik, want Hy is ‘n jaloerse God.
Deuteronómium 6:14-15 Julle mag nie agter ander gode aan loop uit die gode van die volke wat rondom julle is nie— (15) want die HERE jou God is ‘n jaloerse God by jou—sodat die toorn van die HERE jou God nie teen jou ontvlam en Hy jou van die aarde verdelg nie.
Alle Christene is oortuig dat hulle geen ander Gode aanbid nie, maar net soos wat iemand ‘n sosiale media verhouding het wat hulle huwelik verwoes, net so het ons sogenaamde onskuldige verhoudings met ander gode en weet nie dat ons dit doen nie en weet nie dat God dit haat nie.
As jy in ‘n sosiale media verhouding is en jou huweliksmaat vra jou om dit te stop, en jy doen nie, maar het allerhande redes waarom dit nie verkeerd is nie, dan ag jy die sosiale media verhouding hoër as jou huweliksverhouding. As God ons vra om ons afgodsverhoudings te stop en ons doen nie, maar hou aan verskonings hê omdat dit in ons oë onskuldig is, ag ons ons afgodsverhoudings hoër as ons verhouding met Hom.
In ons eie lewe word ons deur die profete gewaarsku van ander gode, ons word deur stemme van ander mense in ons lewe gewaarsku van ander Gode, ons voel ongemaklik in ons binneste oor daardie waarskuwings, en in ons hart weet ons daar is fout, maar ons wil dit nie ondersoek nie, want dan moet ons dalk breek met dit.
Net soos wat dit onaangenaam is om die sosiale media verhoudings te breek, is dit onaangenaam om die verhoudings met ander gode te breek. Sommige van daardie sosiale media verhoudings kom van skooldae af en om dit te breek vra ‘n prys. Ons aanbidding van ander gode kom deur geslagte en om daarmee te breek vra ‘n prys. Dit is lekker om ander gode te dien en om op te hou is “onlekker”.
Nimrod is een van daardie gode wat ons vandag nog saam met die God van die Bybel dien, en ons weet dit nie en ons weet nie dat dit God woedend maak nie. Dit maak God ontstoke elke keer wat ons ons hart tot Nimrod wend en aan hom verering gee, maar omdat ons daarmee grootgeword het en meeste Christene dit doen, en ons geestelike leiers dit self regverdig, doen ons dit ook.
Ons dink in ons hart en in ons verstand dat dit geen verhouding is nie en dat dit God nie jaloers maak nie, net soos wat ‘n eggenoot op sosiale media dink dat dit geen verhouding is nie en sy huweliksmaat nie affekteer nie. Die impak wat dit het op die belangriker verhouding neem ons nie in ag nie, want ons geniet die ander verhouding, dit is vir ons lekker, maar ten koste van die verhouding met God.
Dit laat my dink aan ‘n man wat jaarliks sy vrou by die huis laat bly en dan saam met ‘n skool vriendin gaan vakansie hou het. Vir ons is dit absurd, maar vir hom is dit normaal. Ons gaan jaarliks saam met Nimrod met vakansie en dink dit is normaal, maar dit is absurd.
Jeremia 10:2-8 So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie. (3) Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl. (4) Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie. (5) Soos ‘n voëlverskrikker in ‘n komkommer tuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie. (6) Geeneen is soos U nie, o HERE! U is groot, en u Naam is groot in krag. (7) Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies en in hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie. (8) Maar almal saam word hulle dom en dwaas, die tugtiging van die nietige afgode—dit is hout.
Elke jaar gaan ons in die bos en kom terug met die boom. Ons maak hom staan in ons huis en versier hom en het geen idee hoekom ons dit doen en waar die gebruik vandaan kom nie. Ons wil liewer nie navraag doen nie, want wat as dit dalk verkeerd is, dan moet ek ophou en ek wil nie, want dit is lekker.
Nimrod het geleef in die tyd van die toring van Babel. Hy was volgens die Bybel ‘n magtige jagter en ‘n heerser in sy tyd. Hy was ‘n rebel teen die Almagtige en ‘n yweraar vir die toring waarmee die mens hulle kon verskans teen die Almagtige.
Génesis 10:8 Kus was ook die vader van Nimrod. Hy het begin om ‘n geweldenaar op aarde te wees. (9) Hy was ‘n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, ‘n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. (10) En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear. (11) Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: Ninevé en Réhobot-Ir en Kalag (12) en Resen, tussen Ninevé en Kalag—dit is die groot stad.
Volgens die geskiedenis was hy getroud met Semiramis. Sy was ‘n heks en Satansaanbidder. Nimrod het as koning geheers en sy was die hoof van aanbidding. Terwyl Nimrod op een van sy jagtogte was het Semiramis swanger geword deur haar hoerery. Nimrod het egter nie teruggekom van sy jagtog nie, maar is dood tydens die jagtog.
Omdat Semiramis swanger was en haar man nie daar was om haar swanger te maak nie, was sy in ‘n verleentheid en almal sou wonder wie se kind dit is. Haar hoop was dat haar man betyds sou terugkom, maar nou was hy dood. Toe die kind gebore word het sy verklaar dat sy deur Nimrod bevrug was, al was hy dood, en dat die kind wat gebore is Nimrod was wat gereïnkarneer is. Die teken dat dit ‘n wonderwerk is, is dat daar wonderbaarlik ‘n volgroeide boom in haar tuin verskyn het wat gister nie daar was nie. Sy, en al die ander mense, het jaarliks daardie boom versier om Nimrod se nuwe lewe te herdenk. Hierdie verjaardag van Nimrod was 25 Desember.
Die kind wat gebore was se naam was Tamus en saam met sy pa, Nimrod, wat dan eintlik hyself was, en met sy ma Semiramis vorm hulle die driemanskap wat vandag nog oral in die wêreld se afgode gevind word. Hierdie godsdiens het deur die wêreld versprei nadat God die taal by die toring van Babel verwar het en die mense oor die aarde versprei het. Egipte, Babilon, China, Indië en nog ander volke aanbid hierdie drie, elke volk het net ander name vir hulle.
Eségiël 8:14 Hy het my toe gebring na die noordelike ingang van die poort by die huis van die HERE, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween.
Hoe weet ons dat Nimrod se verjaardag op die 25ste Desember was? Dit is die tyd wat die son sy rigting verander. In die noordelike halfrond is dit winter en die son is op sy verste, maar dit is wanneer hy omdraai en die somer weer gaan begin. Dit simboliseer nuwe geboorte, nuwe begin, Nimrod wat dood was, maar lewe weer. Plekke in die wêreld soos Stonehenge in Engeland was juis gebou om hierdie omkering van die seisoen te kon waarneem.
Is dit die waarheid? Volgens die geskiedenis is dit wat gebeur het, en ons het geen ander verklaring van waar die boom en die 25ste Desember vandaan kom nie. In die Bybel lees ons niks van die viering van die geboorte van die Christus nie, maar dit word tog entoesiasties verkondig deur die Romeinse Kerk. Hulle het egter ook die driemanskap wat hulle aanbid, maar noem dit natuurlik net ander name. Die vader, Maria en die seun Jesus. Nimrod is die vader wat Maria bevrug het en die seun voortgebring het, wat dan eintlik die vader is.
Hoewel die Romeinse kerk Kersfees ywerig gevier het, het die protestante hulle daarvan gedistansieer. Kersfees was jaarliks saam met Paasfees gevier deur die Romeinse Kerk, maar nie die Protestante nie. Die Romeinse Kerk het egter weer sy greep op die Protestante gekry en die feeste is weer ingevoer. Meeste ernstige Protestante neem ook deel aan hierdie “ander gode verering” en besef nie wat hulle doen nie en weet nie hoe jaloers hulle hul God maak nie.
In Suid Afrika was dit nooit gevier nie omdat ons ‘n protestantse nasie was, maar in die 20ste eeu is Kersfees wêreld wyd gewild gemaak deur onder andere Coca-Cola se bemarking van hulle produkte en gepaardgaande films wat Kersfees aangebied het vir wat dit vandag is. Winkels floreer gedurende hierdie tyd omdat dit bemark was as ‘n tyd wat die mense vir mekaar geskenke gee. Sint Niklaas en sy slee het ook toe op die toneel verskyn.
Onkundige Protestante, selfs in Suid Afrika, neem nou jaarliks deel aan die fees van Nimrod en besef dit nie. In die Bybel is geen opdrag om Yahshua se geboorte te herdenk nie en indien ons dit wel doen, is dit uit onsself en nie uit Hom nie.
As ons dan sou sê dat ons nie Nimrod se verjaardag herdenk nie, maar Yahshua s’n, al het God nie gesê ons moet dit herdenk nie, waarom doen ons dit dan ook op die 25ste Desember en nie op Sy verjaardag nie? Tydens die geboorte van die Messias was daar herders op die oop veld saam met hulle skape, dit sou nie in Desember kon wees nie, want dit is dan winter en die diere sou doodgaan van die koue.
As ek my eie verjaardag sou vier in Desember, maar ek is gebore in Julie, sal mense nie dink daar is iets fout met my nie? Gaan die viering van ‘n geboortedag dan nie juis oor die dag waarop iemand gebore is nie, waarom dan 25 Desember? Want dit is die geboortedag van Nimrod en ons is verlei om sy geboorte te herdenk.
In ons hart is daar ‘n innerlike konflik of hierdie argumente reg of verkeerd is, maar dit bly waar dat daar geen opdrag in die Bybel is om ons Koning se geboorte te herdenk nie, tog herdenk ons ‘n geboorte waarvan ons nie seker is wat die oorsprong is nie. Dit is ‘n sosiale media verhouding wat ons probeer motiveer omdat dit vir ons lekker is, maar dit is ten koste van ons verhouding met die Almagtige.
1 Konings 18:20-22 En Agab het gestuur onder al die kinders van Israel en die profete op die berg Karmel bymekaar laat kom. (21) En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.
Die feeste wat vandag deur die Christene gevier word is Kersfees en Paasfees en albei hierdie feeste kom van die Romeinse Kerk af en was geen opdrag van God nie. Ons was mislei om te dink dat dit van God af is, maar die waarheid maak ons vry daarvan. Ons moet elkeen vir onsself dink en vra hoekom ons dit vier as ons geen opdrag van God gekry het nie. Moenie beïnvloed word deur die meerderheid mense nie, die meerderheid is selde reg. As jou eie verhouding met God vir jou ernstig is, neem dit dan ernstig op.
Amos 5:18-24 Wee die wat na die dag van die HERE verlang! Wat sal tog die dag van die HERE vir julle wees? Dit sal duisternis wees en geen lig nie. (19) Soos wanneer iemand vlug vir ‘n leeu, maar ‘n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en ‘n slang byt hom! (20) Is die dag van die HERE nie duisternis en geen lig nie, ja, donkerheid sonder ‘n ligstraal? (21) Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie. (22) Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie. (23) Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie. (24) Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos ‘n standhoudende stroom.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE