Speellyste

Jeróbeam se nalatenskap (10-2024)

Jeróbeam se nalatenskap (10-2024)

Banie Swanepoel:

Ons verhouding met die Almagtige kan nie op ons voorwaardes wees nie.

  1. Waar kom ons vorm van aanbidding vandaan?
  2. Hoekom is daar so baie verskille tussen denominasies?
  3. Is dit sonde om Hom anders te aanbid as wat Hy wil hê?
  4. Is daar dan ‘n regte manier, en hoe weet ons wat dit is?

Jeróbeam se nalatenskap:

1 Konings 12: 25  En Jeróbeam het Sigem op die gebergte van Efraim gebou en daarin gewoon, en daarvandaan uitgetrek en Pnuel gebou.  26  En Jeróbeam het in sy hart gesê: Nou sal die koningskap na die huis van Dawid terugkeer:  27  as hierdie volk opgaan om offers te bring in die huis van die HERE in Jerusalem, dan sal die hart van hierdie volk terugkeer na hulle heer, na Rehábeam, die koning van Juda, en hulle sal my om die lewe bring en teruggaan na Rehábeam, die koning van Juda.  28  Daarom het die koning raad gehou en twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem—hier is, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het!  29  En die een het hy in Bet-el opgerig en die ander in Dan opgestel.  30   En hierdie saak het tot sonde geword; ja, die volk het voor die een gaan aanbid tot by Dan.  31  Hy het ook tempels van die hoogtes gebou en priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie.  32  En Jeróbeam het ‘n fees gehou in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soos die fees wat in Juda was, en op die altaar geklim. So het hy in Bet-el gedoen en geoffer aan die kalwers wat hy gemaak het, en ook in Bet-el priesters aangestel vir die hoogtes wat hy gemaak het.  33  En hy het geklim op die altaar wat hy in Bet-el gemaak het, op die vyftiende dag in die agtste maand, in die maand wat hy uit sy eie hart versin het, en vir die kinders van Israel ‘n fees ingestel en op die altaar geklim om offerrook te laat opgaan.

Selfs al noem hulle die beeld “die God wat hulle uit Egipte gelei het” word dit nie die God wat hulle uit Egipte gelei het nie. Ons doen vandag dieselfde: Ons maak ‘n beeld van aanbidding en sê dan vir mekaar dat dit YHWH is, maar deur ons dan ons eie god “YHWH” te noem, maak nie van ons eie god YHWH nie, daarom spel Hy dit uit dat “Hy is wat Hy is” en nie wat Jeróbeam sê Hy is nie, en ook nie wat ons sê wat Hy is nie. As ons ‘n afbeelding van Hom in ons gedagtes gemaak het, maar dit is ‘n goue kalf, dan doen ons presies dieselfde as Jeróbeam.

  • Hoe lyk ons God?
  • Wie is Hy?
  • Waarvan hou Hy en waarvan hou Hy nie?
  • Hoe aanbid ons Hom?
  • Hoekom aanbid ons Hom?

Jeróbeam se motief vir sy aanbidding was terwille van homself en wat vir hom gemaklik en veilig was. Dit het nie oor God gegaan nie. (Humanisme) Net soos hy ‘n afgod aanbid het, het sy volk hom slaafs nagevolg. Hoewel dit die koning is wat hulle verlei het, het hulle self die gevolge van hulle optrede gedra.

Waar kom ons beeld van God vandaan?

Ons almal wat onsself as Protestante sien, weet dat die Rooms-Katolieke Kerk ‘n vals beeld van die Almagtige gegee het en dat ons daarvan af moet wegvlug, maar het ons? Is ons vorm godsdiens en rituele wat ons van die Rooms-Katolieke Kerk af oorgedra het, nie maar ook net ‘n beeld wat ons van God gemaak het nie?

Wanneer ons verlei word om ander gode te aanbid, sal God se oordeel oor ons kom:

1 Konings 13: 1  Toe kom daar ‘n man van God uit Juda deur die woord van die HERE in Bet-el aan, terwyl Jeróbeam op die altaar staan om offerrook te laat opgaan;  2  en hy het uitgeroep teen die altaar deur die woord van die HERE en gesê: Altaar, altaar, so spreek die HERE: Kyk, ‘n seun sal gebore word vir die huis van Dawid met die naam van Josía, en hy sal op jou slag die priesters van die hoogtes wat op jou offerrook laat opgaan, en op jou sal mensbene verbrand word.  3  En hy het dieselfde dag ‘n wonderteken aangekondig en gesê: Dit is die wonderteken dát die HERE gespreek het: Kyk, die altaar sal uitmekaarskeur en die as wat daarop is, afgegooi word.  4  En net toe die koning die woord van die man van God hoor wat hy teen die altaar in Bet-el uitgeroep het, steek Jeróbeam sy hand uit bo van die altaar af en sê: Gryp hom! Maar sy hand wat hy teen hom uitgesteek het, het styf geword, sodat hy dit nie weer kon terugtrek nie.  5  En die altaar is uitmekaargeskeur, en die as is van die altaar afgegooi volgens die wonderteken wat die man van God aangekondig het deur die woord van die HERE.  6  Toe begin die koning om aan die man van God te sê: Smeek tog die aangesig van die HERE jou God om genade en bid vir my, dat my hand tot my terugkeer. En die man van God het die aangesig van die HERE om genade gesmeek, sodat die hand van die koning tot hom teruggekeer het en dit soos tevore was.  7  Daarop sê die koning aan die man van God: Kom met my saam huis toe en versterk jou, en laat ek jou ‘n geskenk gee.  8  Maar die man van God sê vir die koning: Al gee u my die helfte van u huis, ek kan nie met u saamgaan nie, en ek kan geen brood eet of water drink in hierdie plek nie.  9  Want so het die HERE my bevel gegee deur sy woord en gesê: Jy mag geen brood eet of water drink nie, en jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie. 

Vader praat met ons deur sy Woord en waarsku ons dat ons Hom moet ken vir wie Hy is, dat ons die weg moet ken wat Yahshua vir ons in geregtigheid gemaak het, wandel soos wat Yahshua ons geleer het, anders is ons besig met ‘n ander God en dit is nie die God van die Bybel nie. Ondersoek jou eie lewe: Is ons algemene kerk-aanbidding dit wat God behaag, of het Hy nooit so iets gesê nie, maar ons wandel in die spore van Jeróbeam, die Pous?

  1. As ons dink dat sy genade net bloot almal se sonde vergewe, is ons besig met Jeróbeam se sonde.
  2. As ons dink dat Hy liewe Jesus is en nie ‘n God van wraak wat elke dag toornig is nie, is ons besig met Jeróbeam se afgode.
  3. As ons dink dat ons vir onsself ‘n kerkorganisasie kan stig en dan self besluit hoe ons daarbinne gaan wandel en wat ons gaan glo, het ons soos Jeróbeam ‘n altaar gebou wat deur God self verwoes sal word, nie net die kerk nie, maar die mense van die kerk.
  4. As ons bely dat al die Gode van die wêreld die selfde God is en elkeen hom net met ‘n ander naam noem, is ons totaal vasgevang in die teologie van Jeróbeam.

Di’s jou lewe wat op die spel is, moenie jou ore uitleen nie. Glo net God se Woord.

1 Konings 13: 10   Hy het toe met ‘n ander pad gegaan en nie teruggekeer met die pad waarmee hy na Bet-el gekom het nie.  11  En daar het ‘n sekere ou profeet in Bet-el gewoon; en sy seuns het gekom en hom alles vertel wat die man van God dié dag in Bet-el gedoen het; ook die woorde wat hy met die koning gespreek het. En toe hulle dit aan hul vader vertel,  12  sê hul vader vir hulle: Met watter pad het hy gegaan? Want sy seuns het die pad gesien waarmee die man van God weer weg is wat uit Juda gekom het.  13  Toe sê hy aan sy seuns: Saal vir my die esel op. En hulle het vir hom die esel opgesaal, en hy het daarop gery.  14  En hy het agter die man van God aan gegaan en hom aangetref terwyl hy onder die terpentynboom sit; en hy sê vir hom: Is jy die man van God wat uit Juda gekom het? En hy antwoord: Ja.  15  Toe sê hy vir hom: Gaan met my saam huis toe en eet brood.  16  Maar hy antwoord: Ek kan nie met jou saam omdraai of met jou saam ingaan nie; ek mag ook nie brood eet of met jou saam water in hierdie plek drink nie;  17  want aan my is gesê deur die woord van die HERE: Jy mag daar geen brood eet of water drink nie; jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.  18  Maar hy sê vir hom: Ek is ook ‘n profeet net soos jy, en ‘n engel het met my gespreek deur die woord van die HERE en gesê: Bring hom terug saam met jou na jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Hy het vir hom gelieg19  Toe het hy met hom saam omgedraai en in sy huis brood geëet en water gedrink.  20  Maar terwyl hulle aan tafel sit, kom die woord van die HERE tot die profeet wat hom laat omdraai het;  21  en hy het die man van God wat uit Juda gekom het, toegeroep en gesê: So spreek die HERE: Omdat jy wederstrewig was teen die mond van die HERE deur nie die gebod te hou wat die HERE jou God jou beveel het nie,  22 maar omgedraai en brood geëet en water gedrink het in die plek waarvan Hy aan jou gesê het: Jy moet geen brood eet of water drink nie—daarom sal jou lyk nie in die graf van jou vaders kom nie.  23  Nadat hy dan geëet en gedrink het, saal hy vir hom die esel op—vir die profeet wat hy laat omdraai het—  24  en hy gaan weg; toe kom ‘n leeu hom teë op die pad en maak hom dood.

Selfs nadat Jeróbeam die wonderwerk gesien het en die woord van God gehoor het, het hy hom nie bekeer van sy afgode nie.

Ons kyk vandag na Jeróbeam en dink watter dwaas was hy om ander gode te aanbid, maar vir wie aanbid ons? Ons sê met ons mond dat ons in die God van die Bybel glo, maar ons ken Hom nie. Die enigste manier om Hom te ken, is om sy Woorde te ken, maar ons ken dit nie en daarom val ons so maklik vir Jeróbeam, net omdat hy vir ons sê: “Hier is julle God wat julle uit Egipte gelei het.” Jeróbeam staan vandag op die preekstoel en sê: “Hier is julle God van die Bybel”, maar dit is nie Hy nie.

1 Konings 13: 33   Ná hierdie gebeurtenis het Jeróbeam nie van sy verkeerde weg teruggekom nie, maar weer priesters van die hoogtes aangestel uit al die dele van die volk. Elkeen wat wou, dié het hy aangestel, dat hy een van die priesters van die hoogtes kon word.  34  En hierdeur was daar sonde vir die huis van Jeróbeam, en wel om dit te verdelg en uit te roei van die aarde af.

Dit is ironies, wanneer ons siek is of in die moeilikheid is, gaan ons nie na die God van die kerk toe nie, maar dan weet ons waar ons hulp is:

1 Konings 14: 1   In dieselfde tyd het Abía, die seun van Jeróbeam, siek geword.  2  En Jeróbeam het vir sy vrou gesê: Maak jou tog gereed en trek ander klere aan, sodat hulle nie kan merk dat jy die vrou van Jeróbeam is nie, en gaan na Silo; kyk, daar is die profeet Ahía wat van my gesê het dat ek koning oor hierdie volk sou word.  3 En neem met jou saam tien brode en koeke en ‘n kruik met heuning, en gaan na hom toe; hy sal jou te kenne gee wat met die seun sal gebeur.

1 Konings 14: 7  Gaan sê vir Jeróbeam: So spreek die HERE, die God van Israel: Omdat Ek jou onder die volk uit verhef het en jou as ‘n vors oor my volk Israel aangestel het  8  en die koningskap van die huis van Dawid afgeskeur en dit aan jou gegee het, maar jy nie soos my kneg Dawid was wat my gebooie gehou en My met sy hele hart nagevolg het om net te doen wat reg is in my oë nie,  9 maar jy meer kwaad gedoen het as al jou voorgangers en vir jou ander gode en gegote beelde gaan maak het om My te terg en My agter jou rug gewerp het—  10  kyk, daarom bring Ek onheil oor die huis van Jeróbeam en sal van Jeróbeam uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering; en Ek sal die huis van Jeróbeam skoon wegvee soos ‘n mens drek wegvee totdat daar niks van oor is nie.  11  Die een wat van Jeróbeam in die stad sterwe, hom sal die honde eet; en wat in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet, want die HERE het dit gespreek.  12  Maak jou dan klaar, gaan na jou huis; as jou voete die stad inkom, sal die kind sterwe.

Die God van die Bybel is nie ‘n teologie of ‘n positiewe gedagte nie, maar Hy is die Almagtige Skepper van hemel en aarde. Hy is ‘n God van geregtigheid en maak met ons bemoeienis omdat Hy vir ons lief is en nie omdat Hy ons nodig het nie. Ons is die party wat verlore is, nie Hy nie. Wanneer ons egter sy genade verwerp en ons eie waarheid uitdink en bepaal, ons eie priesters aanstel om vir ons ‘n evangelie te bring wat ons in die gehoor moet streel, dan sal Hy ons verwerp en ons vernietig.

1 Konings 15: 27   Maar Baésa, die seun van Ahía, van die huis van Issaskar, het ‘n sameswering teen hom gesmee, en Baésa het hom verslaan by Gíbbeton wat aan die Filistyne behoort, terwyl Nadab en die hele Israel besig was om Gíbbeton te beleër.  28  So het Baésa hom dan gedood in die derde jaar van Asa, die koning van Juda, en koning geword in sy plek.  29  En sodra hy koning was, het hy die hele huis van Jeróbeam omgebring; hy het van Jeróbeam niks laat oorbly wat asemhaal nie, totdat hy hom verdelg het, volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg Ahía, die Siloniet—  30  vanweë die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen en waarmee hy Israel laat sondig het, deur sy geterg waarmee hy die HERE, die God van Israel, geterg het.

Die nalatenskap van Jeróbeam is deur Oorlewering.

1 Konings 15: 33   In die derde jaar van Asa, die koning van Juda, het Baésa, die seun van Ahía, oor die hele Israel koning geword in Tirsa, vier en twintig jaar lank.  34  En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en gewandel in die weg van Jeróbeam en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.

*uU*uU**uU*uU**uU*uU*

002 Jeróbeam  se nalatenskap (Jeróbeam aanbid net soos hy wil) (20-10-2024)

1 Konings 18:1   En geruime tyd daarna het die woord van die HERE in die derde jaar tot Elía gekom en gesê: Gaan heen, vertoon jou aan Agab, dan wil Ek reën gee op die aarde.  2  En Elía het gegaan om hom aan Agab te vertoon. En die hongersnood was swaar in Samaría. 

Agab het aanbid volgens die oorlewering van Jeróbeam, maar omdat hy op sand gebou het, was hy iemand wat rondgeslinger was deur enige vreemde lering. Nadat hy met Isébel getrou het, aanbid hy sommer haar god ook.

  • Jesaja 5: 13  Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.
  • Hoséa 4: 6  My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

1 Konings 18: 17 En net toe Agab Elía sien, vra Agab vir hom: Is dit jy, jou beroerder van Israel?  18  Toe sê hy: Ek het Israel nie in beroering gebring nie, maar u en u familie, deurdat u die gebooie van die HERE verlaat het en agter die Baäls aan geloop het.  19  Stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die berg Karmel, ook die vier honderd en vyftig profete van Baäl en die vier honderd profete van Asjéra wat aan die tafel van Isébel eet.  20  En Agab het gestuur onder al die kinders van Israel en die profete op die berg Karmel bymekaar laat kom.  21  En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.  22 Toe sê Elía vir die volk: Ek het alleen oorgebly as profeet van die HERE, terwyl die profete van Baäl vier honderd en vyftig is.  23  Maar laat hulle vir ons twee bulle gee; dan kan hulle vir hul een bul uitkies en dit in stukke verdeel en op die hout sit, maar sonder om vuur te maak; en ék sal die ander bul gereedmaak en op die hout sit, maar ek sal geen vuur maak nie.  24  Roep julle dan die naam van julle god aan, en ék sal die Naam van die HERE aanroep; en die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed.  25 Verder het Elía aan die profete van Baäl gesê: Kies vir julle een bul uit en maak dit eerste gereed, want julle is die meeste; en roep die naam van julle god aan, maar julle mag geen vuur maak nie.  26   En hulle het die bul wat hy hulle gegee het, geneem en dit gereedgemaak en die naam van Baäl van die môre tot die middag aangeroep en gesê: o Baäl, gee ons antwoord! Maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. En hulle het rondgespring by die altaar wat hulle gemaak het.  27  En toe dit middag was, het Elía met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos ‘n god! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word.  28  En hulle het hard geroep en hulleself volgens hul gebruik met swaarde en spiese stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het.  29  En toe die middag verby was, het hulle begin raas tot op die tyd dat die spysoffer gebring word; maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie, en geen opmerksaamheid nie.  30  Toe sê Elía vir die hele volk: Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van die HERE herstel wat afgebreek was.  31  Daarop neem Elía twaalf klippe volgens die getal van die stamme van Jakob se kinders tot wie die woord van die HERE gekom het om te sê: Israel sal jou naam wees—  32 en hy bou met die klippe ‘n altaar in die Naam van die HERE. Daarna het hy ‘n sloot gemaak rondom die altaar, ‘n ruimte vir omtrent twee mate saad,  33  en die hout gerangskik en die bul in stukke verdeel en bo-op die hout gelê.  34 Toe sê hy: Maak vier kruike vol water en giet dit op die brandoffer en op die hout. En hy sê: Doen dit vir die tweede maal. En hulle het dit vir die tweede maal gedoen. En hy sê: Doen dit vir die derde maal. En hulle het dit vir die derde maal gedoen,  35  sodat die water rondom die altaar geloop het; en ook die sloot het hy vol water gemaak.  36  En op die tyd dat hulle die spysoffer bring, het die profeet Elía nader gekom en gesê: HERE, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit vandag bekend word dat U God in Israel is, en ek u kneg, en dat ek al hierdie dinge op u woord gedoen het.  37  Antwoord my, HERE, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, HERE, God is, en dat U hulle hart tot U laat terugkeer.  38  Daarop het die vuur van die HERE neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek.  39  En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die HERE, Hy is God, die HERE, Hy is God!  40  Maar Elía sê vir hulle: Gryp die profete van Baäl! Laat niemand van hulle vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en Elía het hulle afgebring na die spruit Kison en hulle daar geslag. 

  1. Hoewel ons as “gelowiges” dink ons geloof gaan oor wie is reg en wie is verkeerd, gaan dit oor wie aanbid die God van Israel en wie dínk hy aanbid die God van Israel. Daar is nie ‘n klop op die skouer vir die een wat reg is en ‘n vernedering vir die verkeerde een nie, maar dit is ‘n geval van wie van ons gaan in die Koninkryk van God in en wie gaan hel toe.
    1. Matthéüs 7: 13  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.  14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.  15  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
    1. Matthéüs 7: 21  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.  22  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?  23  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!  24  Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
    1. Markus 13: 21  En as iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! —moet dit nie glo nie.  22  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.  23  Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê.
  • Vir die van ons wat dan wel na die waarheid wil soek ter wille van ons lewe, waar is die ware God dan en hoe sal ek kan weet dat dit nie ‘n verkeerde god is nie?
    • Johannes 14: 5  Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?  6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.  7  As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.
    • Lukas 11: 9  En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word10  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
    • Matthéüs 10: 34  Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.  35  Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder.  36  En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees.  37  Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.  38  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.  39  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
    • Matthéüs 16: 24  Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.  25  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.  26  Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?  27  Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade.
  • Ons mag nooit ophou om agterdogtig en versigtig te wees vir die vals afgode wat hulself voordoen as die ware God van Israel nie.
    • Johannes 10: 9  Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.  10  Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.  11  Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
    • Matthéüs 24: 4  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.  5  Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei. (11)  En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
  • Beteken dit dat die kennis van die waarheid my red en as ek verkeerde kennis het, gaan ek nie gered word nie? Nee, maar die kennis wat ek het, is die saad wat die geloof in my hart veroorsaak en die geloof red my. My geloof is die produk van die saad wat in my hart gesaai word.
  • Is dit dan moontlik dat ons ons hele lewe gelowig kan wees en dan nog steeds nie gered sal word van ons sonde nie? Ja, verkeerde kennis veroorsaak verkeerde geloof en verkeerde geloof veroorsaak dat ek Agab se gode aanbid.
  • Is dit moontlik dat almal dan verkeerdelik ‘n afgod aanbid en dink dit is die ware God van die Bybel?

Exodus 32: 1  Toe die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.  2  En Aäron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my.  3  Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring.  4  En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ‘n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.  5  Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor ‘n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die HERE.  6  En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers aangebring; daarop het die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel.

  • God het hulle nie verskoon omdat hulle verkeerd van Hom geglo het nie, maar hulle is vernietig.
  • Ons as gelowiges is onder die indruk dat enige tipe van geloof betreffende die Almagtige, vir Hom aanvaarbaar is en ons sal daardeur hemel toe gaan.
  • Sommige van ons se gelowe oor God stem nie ooreen met die Bybel nie, maar ons dink God sal maar daarmee tevrede moet wees:

Ons glo ons hoef Hom nie te ken vir wie Hy werklik is nie, maar ons moet Hom ken vir wie my kerk sê Hy is en wat ek wil glo wie Hy is, bv:

  1. Hoewel God self gesê het ons moet weer ‘n keer gebore word, vind sommige van ons dit onnodig, want dit klink vir ons nie logies nie en ons kerk sê dit is nie nodig nie. As God dus sê ons moet weer gebore word en ons opinie van Hom is dat ons Hom kan ignoreer in verband daarmee, aanbid ons dan werklik die God van die Bybel, of aanbid ons ‘n afgod wat ons net God noem.
    1. As Hy Homself beskryf en openbaar as net die God van Israel en daardeur self sê dat Hy die sonde van net sy volk verlos het en dat Hy verder sê dat Hy sy nuwe verbond net met die huis van Israel en Juda sluit, maar ons reken dat dit is nie nodig om dit te glo nie, want ons dink dit is onregverdig en ons kerk sê bowenal dat dit nie so is nie, is ons dan besig om die God van Elía te aanbid, of die God van Agab?
    1. As Yahshua sê dat Hy Middelaar is van ‘n beter verbond en dat die ou verbond naby die verdwyning is en dat Hy nie volgens die orde van Aäron Hoëpriester is nie, maar Hoëpriester volgens Melgisédek se orde en ons verkies om onder die wet van die orde van Aäron te bly en nie volgens Melgisédek se orde nie, is Hy dan ons Hoëpriester wat vir ons intree, of is Aäron ons hoëpriester.
    1. As ons vir ons ‘n kerkstelsel geskep het wat ons weekliks ondersteun met bywoning omdat ons dink dat ons God daardeur behaag en aanbid, maar Hy het dit nêrens in sy Woord beveel of voorgeskryf nie; watter God het dan gesê dat ons weekliks kerk toe moet gaan om Hom te behaag? Is dit dalk Agab se God?

Net soos wat die volk by Sinai Hom nie geken het nie en die huis van Israel saam met Jeróbeam Hom nie geken het nie en Israel by Karmel Hom nie geken het nie, net so ken ons gelowiges Hom nie vandag nie en enige opinie van Hom wat vir ons geloofwaardig klink, word ons geloof. Die rede hoekom ons Hom nie ken nie, is omdat ons sy Woord nie gehoor het nie en dan self besluit wie Hy is. Die resultaat is die God van Jeróbeam en Agab.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Vrae en Antwoorde – BYBELSTUDIE (2024)

Vrae en Antwoorde – BYBELSTUDIE (2024)

001 V&A (Selfbeheersing) (01-10-2024)

002 V&A (Stryd tussen vlees en gees) (15-10-2024)

003 V&A (Verassing, Huwelik, Tegnologie) (22-10-2024)

004 V&A (Hoe weet ek wanneer doen ek sonde en wat VADER se wil is?) 05-11-2024

Die Israeliete se God (2024)

Die Israeliete se God (2024)

  • Banie Swanepoel:

001 Die Israeliete se God (22-09-2024)

Die Israeliete het ‘n God wat geen ander volk het nie. Net hulle kan Hom hulle God noem. Anders as met ander volke, het die Israeliete nie hulle God gekies nie, maar Hy het hulle gekies. Reeds voordat hulle ‘n volk was, het hulle God ‘n ooreenkoms met hulle Vaders gemaak waarin Hy gesê het dat Hy hulle God is en hulle, met hulle nageslag, sal sy volk wees. (Die beginsel is dat jy nie hierdie God kan kies om jou God te wees nie, maar dat Hy jou kies)  Johannes 6: 44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Die persoon met wie God die ooreenkoms gemaak het, was natuurlik Abraham. Génesis 17: 5  Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies.  6  En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.  7  En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou8  En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees. (Die ooreenkoms)

Hoewel Abraham  8 seuns gehad het, het die God van Abraham sy ooreenkoms met net één van daardie agt seuns voortgesit, naamlik Isak. Dus, hoewel Ismael die eersgeborene van Abraham was, was God nié die God van Ismael nie, ook nie vir die van die ander ses broers nie, maar nét Isak.

Isak het op sy beurt weer twee seuns gehad, en hoewel die God van Abraham en die God van Isak gesê het hy sal Abraham en sy nageslag se God wees, gebeur dieselfde met die seuns van Isak, as wat met die seuns van Abraham gebeur het. Hoewel Isak twee seuns gehad het, is Hy net die God van een van hulle. Die ander een het Hy verwerp en Hy is nie sy God nie. Esau was nie geregtig om te sê dat die God van Isak, sy God is nie.

Romeine 9: 13  Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. (Ons is onder die indruk dat ons God moet kies, maar intussen moet Hy ons kies.)

Jakob het twaalf seuns gehad en God maak sy ooreenkoms met hulle almal. Jakob se naam word deur sy God verander na Israel en al sy kinders is sy kinders en daarom praat God van die kinders van Israel, dit beteken die kinders van Jakob. As ons dan 187 keer in die Bybel lees van “Die God van Israel” beteken dit Hy is die God van Israel en nie van iemand  anders nie. Die Israeliete se God is nie die God van die hele wêreld nie, maar van die Israeliete alleen.

Toe die kinders van Jakob na hulle uittog uit Egipte by die berg Sinai kom, , het hulle God sy ooreenkoms met hulle bevestig. Hy praat met hulle met ‘n hoorbare stem en sê dat Hy hulle God is en hulle sy volk is. So het Hy met geen ander volk gedoen nie. Hy openbaar ook sy rede vir sy ooreenkoms met hulle deur aan hulle te sê; hoewel hulle die geringste van al die nasies was, Hy nog steeds met hulle alleen ‘n ooreenkoms gemaak het. Die rede vir sy ooreenkoms was omdat Hy hulle liefgehad het. Dit impliseer dan dat Hy geen ander van die nasies op die aarde liefhet nie, ander sou Hy hulle God ook gewees het. Ons verstaan dus dat die Israeliete se God nie met alle mense ‘n ooreenkoms het nie, maar net met die mense wat Hy lief het.

Deuteronómium 7: 7  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.  8  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.

  • As dit dan net die nageslag van Israel is wie se God die God van die Bybel is, watter gode moet die ander mense dan aanbid?
  • As die God van die kinders van Israel al die beloftes in die Bybel met die kinders van Israel gemaak het, wat van al die ander mense op die aarde?
  • As die kinders van Israel by Hom geliefd is, wat dan van al die ander mense op die aarde? Miga 4: 5  Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos.

Wanneer God dan sê dat Hy sy Seun gestuur het om vir die wêreld se sonde te betaal deur aan die kruis te sterf, op watter punt het Hy dan vir al die ander mense van die wêreld begin lief word as Hy by Sinai nog nie vir hulle lief was nie?

Daar word gesê dat Hy by die kruis vir die hele wêreld lief geword het, maar dan is die tyd-orde verkeerd, want voor die kruis moes Hy vir hulle lief geword het, anders sou Hy nie by die kruis vir hulle lief gewees het nie. As God dus sê: Johannes 3: 16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Dan moes hierdie liefde gebeur het voor die besluit om sy Seun as offer te stuur, want Hy het net die kinders van Jakob lief gehad met die kruisiging.

As Hy dus sy Seun gestuur het om vir die mense te sterf vir wie Hy lief is, dan beteken dit tog seker dat Hy gesterf het vir die kinders van Jakob met wie Hy ‘n ooreenkoms het slegs omdat Hy vir hulle lief is. Hoewel Johannes 3: 16 ons verwar, is daar tog ander woorde van God wat nie verwarrend is nie: Matthéüs 1: 20  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;  21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. Die ooreenkoms was: Ek sal vir julle ‘n God wees en julle sal vir my ‘n volk wees.

As die God van die kinders van Jakob dan net gesterf het vir die vir wie Hy lief was, hoe verklaar ons dan Johannes 3: 16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.? Die punt van verwarring is dat God nie vir die Israeliete liefgeword het omdat Hy vir hulle gekruisig was nie, Hy het hulle voor die kruisiging reeds liefgehad. Die Engel was dus reg.

Dit lyk dus of die God van die kinders van Jakob nog steeds net die God van die kinders van Jakob alleen is, en dat Hy net vir hulle sonde gesterf het. Dit is ‘n gewigtige onderwerp met geweldige implikasies. As dit wel so is, was ons as mensdom al die jare verkeerd betreffende die liefde van God.

Daar word wêreldwyd deur alle kerke verkondig en aanvaar dat Hy vir die wêreld se mense gesterf het, hoewel alle kerke aanvaar dat Hy ‘n ooreenkoms met die kinders van Jakob het. Maar as Hy dan net gesterf het vir die mense vir wie Hy lief was, dan is daar ‘n groot misverstand iewers. Johannes 3: 16 se verklaring van God se liefde blyk om loodreg in te druis teen sy liefdesverklaring aan die nageslag van Jakob by Sinai en dit veroorsaak ‘n groot verwarring omdat dit lyk na ‘n teenstelling.

Johannes wat geskryf het van die liefde vir die wêreld in 3:16 het ook in Johannes 13:1 daarvan geskryf, maar dan sien ons dat die wêreld ‘n plek is en nie die mense van die wêreld nie.  Johannes 13: 1  En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.

Hy het die wêreld lief, maar tog kan Hy uit die wêreld weggeneem word, dit is dus ‘n plek. Hy het die hele wêreld lief gehad, want dit is die plek waar die kinders van Jakob is wie se God Hy is en vir wie Hy lief is. In die wêreld is baie mense, maar in die wêreld is ook sy eie mense: die kinders van Jakob, wat Hy lief het.

Matthéüs 13: 44  Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.

Matthéüs 13: 37  En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,  38  en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,  39  en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.

Buiten Johannes 3: 16 is daar ook ander gedeeltes in die Bybel wat van die heidene praat en die vrede wat God met hulle gemaak het. Ons moet oënskynlike teëspraak deur God versigtig benader omdat ons nie die agtergrond van die skepping van ons hemel en aarde ken nie. Ons wil ons reëls en agtergrond toepas op God, soos wat ons dit verstaan. Ons is ook ongelukkig baie beïnvloedbaar en net soos met Eva kry die Satan dit maklik reg om ons denke te beïnvloed, sodat ons anders begin dink as wat God dink.

Die eerste beginsel waarby ons moet bly is dat God is wat Hy is en Hy verander nie. Hy sê baie dinge van Homself en dit is die beginsels wat nie kan verander nie. Die Satan val ons juis aan om te vra of dinge wat God gesê het regtig so is.

God sê Hy is waarheid en Hy kan nie lieg nie. Dan sê Hy vir Israel dat Hy hulle God is en dat Hy hulle alleen uitverkies het uit al die nasies wat op die aarde is om hulle God te wees. Indien Hy ná die kruis al die volke sou liefhê en hulle almal uitverkies het, lieg Hy dan nie vir Israel nie?  Indien Hy by die kruis nét vir die sonde van sy volk betaal het, soos wat die engel gesê het, sal sy Naam nie dan gestand bly en geëer word nie? Ons is banger om aan mense aanstoot te gee, as aan God.

Net soos wat daar ‘n verklaring is van Johannes 3: 16 om te kan sien dat God se liefde nie verander het nie, net so is daar ‘n verklaring van die heidene wat deel van God se volk word. Uit beginsel uit en uit geloof in God se Naam moet ons dit reeds weet, want dit is wat geloof beteken. Ek glo God net omdat Hy so gesê het en wanneer ek sy Woord nie verstaan nie, sal Hy dit aan my openbaar as ek dit soek met my hele hart.

**&&**

002 Die Israeliete se God (29-09-2024)

Maar wie is sy volk dan?

  1. Is dit die Jode en hulle wat hul-self Jode noem?
    1. Openbaring 2: 9  Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.
    1. Die Moderne Jood is nie ‘n geslag nie, maar ‘n kultuur. God se ooreenkoms is met Abraham en sy nageslag deur Jakob.
  2. Is dit die kerk en die geredde mense?
    1. Niemand van ons kan gered word tensy ons die volk van God is nie.
    1. Ons word nie die volk van God omdat ons gered is nie, maar die nageslag van Jakob is die volk van God, ongeag of hulle gered is of nie
    1. Jesaja 59: 20  Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die HERE.  21  Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.
  3. Is dit die mense aan wie die apostels die evangelie gaan verkondig het?
    1. Ons kan die kaart agter in ons Bybel gaan bestudeer

Matthéüs 28: 19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Romeine 15: 24  sal ek na julle kom wanneer ek na Spanje reis; want ek hoop om julle op my deurreis te sien en deur julle daarheen voortgehelp te word, as ek eers ‘n tyd lank van julle geniet het.

Handelinge 20: 1  En nadat die oproer verby was, het Paulus die dissipels na hom geroep en gegroet en het vertrek om na Macedónië te reis.  2  En hy het daardie streke deurgegaan, en nadat hy hulle met baie woorde bemoedig het, in Griekeland gekom.

Handelinge 19: 21  En toe hierdie dinge verby was, het Paulus hom voorgeneem om deur Macedónië en Acháje te gaan en na Jerusalem te reis. Hy het gesê: Nadat ek daar gewees het, moet ek Rome ook sien.

Markus 16: 15  En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

Kollesense 1: 23  as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel, waarvan ek, Paulus, ‘n dienaar geword het.

Tog is Paulus na die heidene gestuur

Romeine 11: 13  Want aan julle heidene sê ek: Vir sover as ek ‘n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening  14  as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red!

Galásiërs 2: 7  Maar, inteendeel, toe hulle sien dat aan my die evangelie vir die onbesnedenes toevertrou is, net soos aan Petrus dié vir die besnedenes—  8  want Hy wat Petrus bekragtig het met die oog op die apostelskap vir die besnedenes, het my ook bekragtig met die oog op die heidene—  9  en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en Céfas en Johannes, wat as pilare geag is, aan my en Barnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan;

As die God van die Israeliete dan net hulle God is, wie is hierdie heidene vir wie Paulus bedien het?

Romeine 9 is deur Paulus geskryf en verduidelik wie die heidene is:

  • 1. Paulus noem homself ‘n Israeliet en is die Apostel vir die heidene.
  • 2. Hy sê dat nie almal wat uit Abraham is Israeliete is nie, maar net        

hulle wat deel is van die belofte aan Abraham, kinders van God is.

  • 3. Die belofte was net aan sy seun Isak en nie aan die ander sewe  

seuns nie, dus was net Isak ‘n kind van die belofte.

  • 4. Die belofte was net aan sy seun Jakob en nie aan Jakob se broer Esau nie, dus was net Jakob ‘n kind van die belofte. Wat dan van Esau? Hom het God gehaat en is vertorend op sy nageslag tot in ewigheid.
  • 5. Is God dan nie onregverdig nie? Nee Hy kan doen wat Hy wil, Hy is God.
  • 6. Hy maak die kinders van die belofte as voorwerpe tot eer en die ander mense as voorwerpe tot oneer, daarom handel Hy met die kinders van die belofte anders as met die kinders sonder belofte.
  • 7. Die kinders van die belofte wat Hy gemaak het tot eer, is egter nie     

net uit die Jode nie, maar ook uit die heidene wie deel is van die belofte van Abraham, Isak en Jakob, soos wat Hy in Hoséa sê.

  • 8. Hoséa profeteer dat God sy liefdesverbond met tien van die stamme van Israel gaan breek, omdat hulle nooit aan Hom gehoorsaam is nie.
  • 9. Dit gebeur ook so en toe hulle 700 vC. in ballingskap gaan, 

 verheidens hulle omdat God nie meer hulle God is nie.

  • 10. Hoewel God nie meer hulle God is nie, is dit ‘n tydelike toestand, want terwyl Hoséa profeteer dat Hy nie meer hulle God gaan wees nie, profeteer hy ook dat Hy weer hulle God sal wees.
  • 11. Hierdie heidene aan wie Paulus die evangelie verkondig is hierdie 10 stamme wat verheidens het, maar nou deur die offer van Yahshua deur ‘n nuwe verbond kan hulle weer deel van die huis van Dawid word.
  • 12. Daar is dus “heidene” en “heidene”. Daar is dus “Israeliete” en “Israeliete”.

Romeine 9: 1  Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees  2  dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart.  3  Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ‘n vervloeking te wees, wég van Christus af.  4  Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes;  5  aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen.  6  Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.  7  Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.  8  Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.  9  Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal ‘n seun hê.  10  En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader.  11  Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep  12  is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien.  13  Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.  14  Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!  15 Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.  16  So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.  17  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.  18  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.  19 Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?  20  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?  21  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?  22  En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het,  23  juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid,  24  ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?  25  Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;  26  en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God. 

Hoséa 1: 1  Die woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel.  2  Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word.  3  Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ‘n seun gebaar.  4  En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel5  Ja, in dié dag sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jísreël.  6  Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie7 Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie.  8  Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en ‘n seun gebaar.  9  En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie10  Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.  11  Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!  12  Sê aan julle broers: Ammi, (my volk) en aan julle susters: Rugáma (vergifnis).

**&&**

003  Die Israeliete se God

Dit gaan oor  ‘n liefdesverhouding (06-10-2024)

Psalm 50: 7  Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God!   

Wanneer kerke kyk na die verhouding tussen God en sy volk, is dit ‘n akademiese oefening en word dan deel van elke kerk se dogma op grond van hoe hulle dit insien. Ons speel egter met ons lewe wanneer ons hierdie onderwerp sonder respek en vrees hanteer.

YHWH is nie die God van die Israeliete terwille van hulle verlossingsplan, terwille van die verlossing van die wêreld, terwille van  geregtigheid of enige ander rede, behalwe terwille van sy verhouding met hulle nie.

Van Abraham se tyd af het dit vir God gegaan oor ‘n verhouding met hom en sy nageslag na hom. Hierdie verhouding van God met hulle, is nie net ‘n vriendskapsverhouding nie, maar ‘n liefdesverhouding.

By die berg Sinai gee God sy rede waarom Hy Israel uitverkies het bo al die ander nasies wat op die aarde is;  Hy het hulle lief gehad. Hy kies dus uit, omdat Hy sommige nasies liefhet en ander nie, anders sou Hy met die ander nasies ook ‘n verhouding gehad het.

Exodus 20: 4  Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. 5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou (Israel) God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; 6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

By Sinai sê Hy vir die Israeliete dat Hy hulle God is en dat hulle geen ander gode mag hê nie, want Hy is jaloers op hulle, omdat Hy in ‘n liefdesverhouding met hulle is. Net soos wat ‘n man met ‘n vrou trou en sy nie met ander mans ‘n verhouding mag hê nie, net so mag Israel nie met ander gode ‘n verhouding hê nie.

Wanneer God vir Israel sê dat hulle nie ander gode mag liefhê nie, sê Hy ook vir hulle dat Hy geen ander nasies sal liefhê nie. Dieselfde belofte wat ons tydens huwelike doen, het God met sy volk gedoen. Ons moet dus baie versigtig wees om te sê, of om selfs net te dink, dat Hy sy gelofte verbreek het.

Deuteronómium 4: 15 Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele — want julle het géén verskyning gesien op die dag dat die HERE by Horeb uit die vuur met julle gespreek het nie — 16 sodat julle nie verderflik handel deurdat julle vir julle ‘n gesnede beeld, ‘n gelykenis van enige afgodsbeeld, maak nie: ‘n afbeelding van man of vrou, 17 ‘n afbeelding van enige dier wat op die aarde is, ‘n afbeelding van enige gevleuelde voël wat in die lug vlieg, 18 ‘n afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, ‘n afbeelding van enige vis wat in die water onder die aarde is; 19 dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie — dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het. 20  Maar die HERE het julle geneem en julle uit die yster-smeltoond, uit Egipte, uitgelei om sy erfvolk te wees soos dit vandag is.

Deuteronómium 4: 25  As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in die land verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle ‘n gesnede beeld maak, ‘n gelykenis van enigiets, en doen u wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God om Hom te terg, 26 dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word. 27 En die HERE sal julle onder die volke verstrooi, en ‘n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die HERE julle sal drywe. 28 En daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie. 29 Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek. 30 As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister. 31 Want die HERE jou God is ‘n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie. 32 Want doen tog ondersoek na die vorige dae wat voor jou gewees het, van die dag af dat God mense op die aarde geskape het, en van die een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel, of so iets groots gebeur het of iets dergeliks gehoor is. 33 Het ‘n volk die stem van God uit die vuur hoor spreek, soos jy gehoor het, en in die lewe gebly? 34 Of het ‘n god probeer om vir hom ‘n nasie uit ‘n ander nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade soos die HERE julle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het? 35 Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die HERE God is; daar is geen ander buiten Hom nie. 36 Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor. 37 En omdat Hy jou vaders liefgehad en hulle nageslag na hulle uitverkies het, en Hy self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het, 38 om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit te verdrywe en jou in te bring om hulle land aan jou as erfenis te gee soos dit vandag is — 39 daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie

Deuteronómium 7: 16 En jy sal al die volke verteer wat die HERE jou God aan jou oorgee; jou oog mag hulle nie verskoon nie, en jy mag hulle gode nie dien nie; want dit sal vir jou ‘n strik wees. 17 As jy in jou hart dink: Hierdie nasies is meer as ek, hoe sou ek hulle kan verdrywe? — 18 wees dan nie bevrees vir hulle nie; dink gedurig aan wat die HERE jou God aan Farao en die hele Egipte gedoen het, 19 die groot versoekinge wat jou oë gesien het, en die tekens en die wonders en die sterke hand en die uitgestrekte arm waardeur die HERE jou God jou uitgelei het; so sal die HERE jou God aan al die volke doen vir wie jy bevrees is.

Deuteronómium 23: 5  Maar die HERE jou God wou nie na Bíleam luister nie; maar die HERE jou God het vir jou die vloek in ‘n seën verander, omdat die HERE jou God jou liefgehad het. 6  Jy mag hulle vrede en hulle geluk solank as jy lewe, vir ewig nie soek nie.”

Deuteronómium 10: 12   En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel, 13 om te hou die gebooie van die HERE en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan? 14  Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. 15  Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.”

Deuteronómium 7: 6  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. 7  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. 8  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. 9  Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte. 10  Maar aan die wat Hom haat, aan elkeen persoonlik, vergeld Hy dit, om hom te vernietig; Hy sal met sy hater nie versuim nie, hom persoonlik sal Hy dit vergelde.

Die nasies sal na goëlaars en waarsêers luister, maar Israel sal na Yahshua luister.

Deuteronómium 18: 13  Opreg moet jy wees met die HERE jou God. 14 Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat nie. 15  ‘n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister —

Die Israeliete se beloftes vanaf hulle God

Josua 1: 9  Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

Jesaja 41: 8 Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend,  9   jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy (Israel) is my kneg; jou (Israel) het Ek uitverkies en jou (Israel) nie verwerp nie.  10  Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou (Israel); kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.  11 Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom.  12  Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie—die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos ‘n nietige ding—die manne wat teen jou oorlog voer.  13  Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.  14   Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel.

Jesaja 43: 1 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!  2   As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.  3   Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.  4  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.  5  Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.  6  Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,  7  elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.  8  Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het.  9  Al die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid!

Matthéüs 10: 34  Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. 35  Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. 36  En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. 37  Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. 38  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind. 

Efésiërs 5: 14  Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. 

Jeremia 31: 31  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; 32  nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. 33  Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. 34  En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie. 35  So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam: 36  As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd. 37  So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE. 

**&&**

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Omdat ék so sê… (15-09-2024)

Omdat ék so sê… (15-09-2024)

Banie Swanepoel:

Lukas 4: 5  Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. 6  En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. 7  As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort. 8  En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. 

Johannes 8: 44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan. 45  Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie. 

Romeine 3: 28  Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. 

Lukas 18: 16  Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. 17  Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. 

1 Kronieke 28: 9  En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met ‘n volkome hart en met ‘n gewillige siel, want die HERE deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.

Matthéüs 10: 32  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. 33  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is. 34  Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. 35  Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. 36  En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. 37  Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. 38  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind. 

Matthéüs 8: 19  En ‘n sekere skrifgeleerde het gekom en vir Hom gesê: Meester, ek sal U volg waar U ook al mag gaan. 20  En Jesus sê vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie. 

Matthéüs 10: 21  Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. 22  En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 23  En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die mens kom nie. 24  ‘n Leerling is nie bo die meester nie en ‘n dienskneg ook nie bo sy heer nie. 25  Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote! 26  Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie. 27  Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke. 28  En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel. 

Exodus 20: 11  Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig. 

Deutoronómium 7: 6  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. 

Matthéüs 1: 21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. 

Johannes 3: 3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 

Handelinge 2: 38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Jesaja 44: 6  So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie. 

Jesaja 9: 5  Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors— 

Hebreërs 1: 5  Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees? 6  En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. 

Lukas 1: 31  En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. 32  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, 33  en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie. 

Josua 24: 15  Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien. 

Hebreërs 8: 13  As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning. 

Hebreërs 7: 11  As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was—want met die oog daarop het die volk die wet ontvang—waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie? 12  Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet; 13  omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan ‘n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie. 14  Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie. 

Filippense 2: 12  Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; 

Romeine 14: 11  Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. 12  So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE