Speellyste

Wat is ‘n verhouding met YHWH? (08-09-2024)

Wat is ‘n verhouding met YHWH? (08-09-2024)

Banie Swanepoel:

Ons kan ons lewe lank God dien en aanbid, maar aan die einde daarvan, hoor ons dalk hierdie woorde van God af: Hebreërs 3:10-11  Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie,  11  sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.

Wat is God se weë en wat is dit wat ons moet leer ken?, want as ons dit nie leer ken het nie, sal ons in sy rus nie ingaan nie. Dit is nie noodwendig dinge wat ons met die vlees moet doen nie. Ons moet Sy hart leer ken en weet wat Hom gelukkig maak en waarvan Hy hou.

Elke Christen en elke denominasie het ‘n verskillende idee van wat sy weë is en wat dit is wat Hom gelukkig maak met ‘n verhouding met Hom, maar weet ons werklik wat Hy van ons wil hê? Weet ons wat Hom gelukkig maak met ‘n verhouding met Hom?

  1. As ons kan uitvind waarom God vir Adam geskape het en wat sy verwagting van Adam was, sal ons kan sien wat God uit sy verhouding met Adam verwag het.
  2. Adam was na sy beeld geskape en het dus karaktereienskappe van God gehad.
  3. Adam het met God gekommunikeer omdat God hom met sulke vermoë geskape het.
  4. Adam het namens God die aarde regeer en met God daaroor gesels.
  5. God het met hom in die aandwindjie gewandel.

God wil met ons ‘n verhouding hê en dit is die rede waarom Hy vir Adam en ook vir ons geskape het. Ons wil ook met Hom ‘n verhouding hê, want dit is waarom ons onsself Christene noem. Die probleem is dat ons nie met Hom ‘n verhouding kan hê wat óns kies en wat óns gelukkig maak nie, maar Hy skryf voor en ons moet uitvind wat sy voorskrifte is, voordat Hy met ons verhouding sal hê.

Elke persoon moet dus stil word en kyk wat sy eie verhouding met die Almagtige is en dan die Skrif ondersoek om te sien wat Hy in sy verhouding met ons wil hê en dan besluit of ons verhouding met Hom daaraan voldoen.

Omdat alle verhoudings tussen persone verskil, sal ons elkeen se verhouding met Vader ook verskil, maar dit moet binne God se voorskrif van verhouding wees.

  • Party van ons, soos Abraham, sal met Hom ‘n baie goeie verhouding hê.
  • Ander van ons sal soos Dawid ook ‘n baie goeie verhouding met Hom hê, maar verskillend van Abraham en verskillend van Dawid.
  • Party van ons sal met Hom ‘n oppervlakkige verhouding hê en party van ons sal met Hom ‘n swak verhouding hê.
  • Laastens sal party van ons ‘n vyandige verhouding met Hom hê.

Wat is dit wat ‘n goeie verhouding bepaal en wat is dit wat ‘n slegte verhouding bepaal, en dan is die vraag of ek met ‘n slegte verhouding sy Koninkryk sal kan beërwe? Wat is ‘n verhouding met God en hoe het ek ‘n goeie verhouding met Hom?

Wat is volgens die algemene Christen die kriteria wat ‘n verhouding met God kwalifiseer?

  1. Ek is lid van my kerk en gaan gereeld kerk toe.
  2. Ek gee geld vir die kerk en vir die arm mense.
  3. Ek sing in die kerk se koor.
  4. Ek werk naweke by ‘n tehuis vir siek mense.
  5. Ek leef moreel goed en probeer om my naaste lief te hê soos myself.
  6. Ek hou sekere van sy wette wat Hy deur Moses voorgeskryf het en veral die tien gebooie:
    1. Ek hou die sabbat.
    1. Ek hou die Pasga.
    1. Ek het my selfs laat besny.
    1. Ek eet nie varkvleis nie.
    1. Ek eet nie varkvleis nie en ook nie volstruis en ander onrein diere en seediere nie.
  7. Ek misbruik nie drank nie en vloek nie.
  8. Ek bid gereeld by openbare plekke en in my binnekamer.
  9. Ek kyk nie verkeerde dinge op TV nie en neem nie deel aan swak gesprekke nie.

Hierdie is dalk soms goeie standaarde om volgens te lewe, maar nie een van hierdie dinge dui op verhouding nie en ook nie op ‘n verhouding met God nie, maar is alles werke wat ek met my liggaam kan doen, al is daar nie ‘n God betrokke nie.

Die probleem met vormgodsdiens is, is dat daar vir die lid voorgeskryf word van hoe hy ‘n verhouding met God moet hê en net soos ons as mense nie met mekaar ‘n voorgeskrewe verhouding kan hê nie, kan ons dit ook nie met God hê nie, want dan is dit nie meer ‘n verhouding nie.

  1. Ses dae is jou eie tyd, maar die sewende dag is heilig aan God.
  2. Dan moet jy kerk toe gaan en mag nie sport doen nie.
  3. By die kerk gebeur alles volgens voorafbepaalde gebeure en meeste mense is net bystanders en toeskouers. Die enigste deelname is gewoonlik die sang. Daar is geen verhouding met God nie.
  4. Al wanneer ons dan andersins werklik tot God nader, is as ons in die nood is en bid vir verlossing.
  5. Ons verhouding met Hom is dus net as ons Hom nodig het, maar as ons Hom nie nodig het nie, is daar geen toenadering nie.

In die wêreld is daar 50 000 denominasies en elke denominasie het sy eie voorskrif van wie God is, hoe Hy aanbid moet word en hoe ons verhouding met Hom moet wees. In die kerk waar ons na God gaan soek, word ons dan geleer hoe om met Hom verhouding te hê en almal in daardie kerk het met Hom dieselfde voorgeskrewe verhouding.

As ‘n pa 10 kinders het, gaan hy beslis 10 verskillende verhoudings beleef en as hulle begin om dieselfde vorm aan te neem, sal hy onraad vermoed en begin ondersoek instel, want dit is onnatuurlik. Tog het almal in een kerk-denominasie almal soortgelyke verhoudings met God. Dit beteken ons het met Hom ‘n kerk-verhouding en nie ‘n persoonlike verhouding nie. Ons het nie sy weë leer ken nie. Ons doen niks waarvan Hy noodwendig hou nie, want ons weet nie waarvan Hy hou nie.

Om radikaal te wees en die probleem te identifiseer moet ons onsself afvra of dit moontlik is om met Vader ‘n verhouding te kan hê sonder die insette van enige kerk, en die antwoord is beslis ja. As die antwoord dan ja is, wat is die nut van die kerk dan? Onderlinge byeenkomste is nie verhouding met God nie, maar onderlinge verhouding met mekaar. Waar is die verhouding met Vader dan? Ons is onder die indruk dat wanneer ons kerk toe gaan en oor Hom praat en saam musiek maak oor Hom, dat ons met Hom verhouding gehad het. Dit veroorsaak egter dat ons geen verhouding met Hom het nie.

Nie Abraham of Dawid was ooit in ‘n kerk of ‘n ander onderlinge byeenkoms om met God ‘n verhouding te hê nie. Toe Adam die enigste mens op aarde was, het hy met God verhouding gehad. Verhouding met vader is nie ‘n groep-oefening nie, maar “ek en Hy” en “Hy en ek”- verhouding. Vir meeste mense wat hul self as Christine beskou, is dit ‘n vreemde en selfs skrikkerige gedagte: alleen-tyd met God. Selfs hulle wat vieruur in die oggend opstaan om te gaan bid, het dalk net verval in ‘n ritueel om God te probeer beïndruk en doen geen verhouding nie.

Wat is verhouding met Vader?

  1. In die begin het God Adam gemaak, na sy beeld, en met hom ‘n perfekte verhouding gehad. Adam breek Vader se hart en die verhouding gaan ten gronde. Vader se weë is dat Hy ‘n hart het wat liefkry en daarom ook kan breek.
  2. Menslik gesproke lyk dit of Vader belangstelling verloor het in die mens en vir 2000 jaar laat Hy dinge maar net gebeur met die mens en maak nie bemoeienis met hulle nie. Hy erken selfs dat Hy spyt is dat Hy hulle gemaak het.
  3. Dan, na die sondvloed kom Abraham op die toneel. ‘n Man wat God glo en Hom aanbid, nie vir dit wat Hy uit God uit kan kry nie, maar vir wie God is. Hy vertrou sy lewe aan God toe en betaal enige prys wat God se vriendskapsverhouding vereis, omdat Hy vir Hom lief is. God maak ‘n verbond met Abraham en noem hom ‘n vriend.
  4. Met Abraham beleef Vader weer verhouding met die mens en Hy reik opnuut uit na die mens en verklaar selfs sy liefde teenoor hulle by die berg Sinai, maar na Abraham is daar weer ‘n leemte vir verhouding en meeste van die kinders van die verbond dien Hom met hulle lippe, maar hulle harte is ver van Hom af.
  5. Dawid is ‘n man na God se hart en omdat God sy Vader en vertroueling is, raadpleeg hy Hom oor alle fassette van sy lewe. Ons sien dit in baie van sy psalms.

 Dawid het verhouding met God gehad:

  1. Terwyl hy skape opgepas het.
    1. Toe hy die reus verslaan het.
    1. Toe hy vir Saul wapendraer was en Saul hom wou doodmaak.
    1. Toe hy vir Saul gevlug het en in Felistia gaan skuil het.
    1. Toe die vyande al hulle mense en besittings geroof het en Dawid se eie mense hom wou doodmaak.
    1. Toe Dawid teen die Filistyne oorlog gemaak het en hy wou weet of hy hulle voor, of agter die bos, moes aanval.
    1. Toe Dawid moord en owerspel gepleeg het.
    1. Toe Dawid vir sy eie seun, Absalom, gevlug het dié hom wou doodmaak.
    1. Toe Dawid se seun Absolom deur Dawid se weermag doodgemaak was en Dawid nie oor sy dood kon rou nie.
    1. Toe Dawid oud was en sy koninkryk moes oorgaan na sy seun Salomo.

Matthéüs 5: 1  En toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom;  2  en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê:  3  Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.  4  Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.  5  Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.  6  Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.  7  Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.  8  Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.  9  Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.  10  Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.  11  Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. 

Omdat ons almal verskil, sal ons verhoudings met God ook verskil, maar Hy vereis:

  1. Geloof in Hom.
  2. Ons eerste liefde is Syne.
  3. Omdat ons vertrou in Hom en ons lewe aan Hom behoort, mag ons niks vrees nie.
  4. Moet ons Hom ken vir wie Hy is en moet Hy ons ken, sodat ons verhouding kan hê, omdat ons mekaar ken.

Dinge wat Hy nie vereis om verhouding te hê nie:

  1. Vormgodsdiens.
  2. Rituele.
  3. Vasgestelde datums en tye.
  4. Lofprysing.

Wanneer ons self besluit, of as daar vir ons deur ‘n denominasie besluit word waarvan God hou, maar Hy hou nie noodwendig daarvan nie, is ons verhouding met Hom net in ons gedagte.

Ons besluit sommer dat Hy daarvan hou as ons byeenkomste het en met mekaar kuier en saam sing en mekaar druk, maar geen verhouding met Hom gehad het nie.

Ons maak vir onsself sekere reëls en wette waarvolgens ons lewe en wat ons besluit het Hy van hou. Wanneer ons redelik in staat is om by daardie reëls te hou, dink ons dit maak God gelukkig. Intussen is dit net ons eie gedagte om saligheid te verdien.

As ons God soek net terwille van ons verlossing, is ons nog steeds nie besig met verhouding met Hom nie, maar ons gebruik hom net as ‘n middel tot verlossing.

‘n Goeie verhouding gee, maar ‘n slegte verhouding wil net hê.

As ons lewe volgens God se wil sodat ons geregverdig kan word en hemel toe gaan, is ons motief ons verlossing en nie ons verhouding met Hom nie.

Omdat ons Hom lief het en ‘n verhouding met Hom het, werk ons aan ons verhouding met Hom om dit beter te maak. Dan doen ons nie dinge waarvan Hy nie hou nie, terwille van ons verhouding met Hom.

As jou kind die grassny sodat Hy R10 kan kry, doen hy dit vir die voordeel wat jy vir hom inhou en nie omdat hy ‘n liefdesverhouding met jou het nie. ‘n Vrou kan vir haar man broodjies insit werk toe omdat dit die regte ding is om te doen, of omdat sy vir hom lief is en in ‘n verhouding met hom is.

Waarom maak ons met God bemoeienis? Is dit omdat ons nie wil hel toe gaan nie, of omdat ons Hom ken en met Hom ‘n verhouding het? Ons eerste verhouding moet met Hom wees ten koste van alle ander verhoudings, indien nodig.

Lukas 18: 10  Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een ‘n Fariseër en die ander ‘n tollenaar. 13  En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig! 

Markus 10: 15  Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Kan die Duiwel mense aanval? (01-09-2024)

Kan die Duiwel mense aanval? (01-09-2024)

Banie Swanepoel:

Openbaring 20: 10  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. 

Johannes 8: 44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan. 

Matthéüs 9: 32  En terwyl hulle weggaan, bring die mense ‘n stom man wat van die duiwel besete was, na Hom toe. 33  En nadat die duiwel uitgedryf was, het die stomme gepraat. En die skare het hulle verwonder en gesê: So iets is nog nooit in Israel gesien nie! 

Matthéüs 15: 22  En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. 

Matthéüs 17: 15  Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water. 16  En ek het hom na u dissipels gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie. 17  Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom hier vir My. 18  Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af. 

Lukas 8: 27  En toe Hy aan wal uitklim, kom ‘n sekere man uit die stad Hom tegemoet, wat vir ‘n geruime tyd van duiwels besete was en geen klere gedra het nie; hy het ook nie in ‘n huis gewoon nie, maar in die grafte. 28  En toe hy Jesus sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met ‘n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie— 29  want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe. 

2 Thessalonicense 2: 7  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, 9  hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen 10  en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. 

Matthéüs 13: 19  As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is. 

Matthéüs 17: 17  Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom hier vir My. 18  Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af. 

Jakobus 4: 7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. 

Job 1: 13  En op ‘n dag, terwyl sy seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer, 14  kom ‘n boodskapper na Job en sê: Terwyl die beeste aan ploeë was en die esels aan wei langs hulle, 15  het die Sabeërs ‘n inval gedoen en dit weggeroof, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 16  Terwyl dié een nog spreek, kom daar ‘n ander een en sê: Die vuur van God het van die hemel geval en gebrand onder die kleinvee en onder die dienaars, en dit het hulle verteer; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 17  Terwyl dié een nog spreek, kom daar ‘n ander een en sê: Die Chaldeërs het drie leërafdelings opgestel en ‘n aanval op die kamele gemaak en dit weggeroof, maar hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 18  Terwyl dié een nog spreek, kom daar ‘n ander een en sê: U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer, 19  toe daar meteens ‘n groot wind oor die woestyn kom wat die huis aan die vier hoeke gryp; en dit het op die jongmense geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 

Job 7: 4  As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe. 5  My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer. 

Job 19: 20  My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap. 

Génesis 1: 31  Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag. 

Génesis 3: 16  Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers. 17  En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. 18  Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. 19  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer. 

Psalm 90: 9  Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos ‘n gedagte. 10  Die dae van ons jare—daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen. 

Matthéüs 6: 9  Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; 10  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

Génesis 37: 33  En hy het dit herken en gesê: Die rok van my seun! ‘n Wilde dier het hom opgeëet. Verskeur, verskeur is Josef! 34  Toe skeur Jakob sy klere en trek ‘n roukleed om sy heupe, en hy het oor sy seun gerou, baie dae lank. 35  En al sy seuns en al sy dogters het moeite gedoen om hom te troos, maar hy het geweier om hom te laat troos en gesê: Nee, treurende sal ek na my seun in die doderyk afdaal! So het sy vader hom dan beween. 

Génesis 45: 4  Verder sê Josef vir sy broers: Kom tog nader na my. En toe hulle nader kom, sê hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het.  Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur. 

Matthéüs 6: 19  Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; 20  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; 21  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. 

Hebreërs 11: 8  Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. 9  Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. 10  Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is. 

Openbaring 3: 12  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam. 

1 Petrus 1: 6  Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, 7  sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; 8  vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, 9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

Jakobus 1: 2  Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, 3  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. 4  Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. 5  En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. 6  Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. 

Romeine 5: 3  En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, 4  en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; 5  en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is. 

Openbaring 2: 8  En skryf aan die engel van die gemeente in Smirna: Dít sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het: 9  Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan. 10  Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. 11  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie. 

Psalm 70: 1  Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid, by die gedenkoffer. 2  o God, maak tog gou om my te red, o HERE, om my te help! 3  Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my ongeluk, agteruitwyk en in die skande kom. 4  Laat hulle wat sê: Ha, ha! teruggaan vanweë hul beskaming. 5  Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; en laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is God! 6  Maar ek is ellendig en behoeftig: o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie! 

Psalm 50: 14  Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; 15  en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer. 16  Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond— 17  terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp? 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

MATTHÉÜS (2024)

MATTHÉÜS (2024)

MATTHÉÜS 2

Die wyse manne uit die Ooste.

1 EN toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom

2 en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.

3 En toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom;

4 en hy het al die owerpriesters en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom en by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word.

5 En hulle het vir hom gesê: Te Betlehem in Judéa, want so is daar deur die profeet geskrywe:

6 En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ‘n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees.

Johannes 7:40  Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet. 41  Ander het gesê: Hy is die Christus. En ander het gesê: Kom die Christus dan uit Galiléa? 42  Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie? 

Miga 5:1  En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid. 

7 Toe het Herodes die wyse manne in die geheim geroep en hulle na die tyd van die ster se verskyning uitgevra;

8 en hy het hulle na Betlehem gestuur en gesê: Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom vind, laat my weet, sodat ek ook kan gaan en Hom hulde bewys.

9 En nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan bo-oor die plek waar die Kindjie was.

10 En toe hulle die ster sien, het hulle hul met baie groot blydskap verheug.

11 En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre.

12 En omdat hulle in ‘n droom ‘n goddelike waarskuwing ontvang het om nie na Herodes terug te keer nie, het hulle met ‘n ander pad na hul land teruggegaan.

Die vlug na Egipte. Die kindermoord.

13 EN toe hulle teruggegaan het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan Josef en sê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood te maak.

14 Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek.

15 En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep.

Hoséa 11:1  Toe Israel ‘n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep

16 Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.

17 Toe is vervul wat deur Jeremia, die profeet, gespreek is toe hy gesê het:

18 ‘n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie.

Jeremia 31:15  So sê die HERE: ‘n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie. 16  So sê die HERE: Bedwing jou stem van geween en jou oë van trane; want daar is loon vir jou arbeid, spreek die HERE; en hulle sal uit die land van die vyand terugkom. 17  Ja, daar is verwagting vir jou nakomelinge, spreek die HERE; en die kinders sal terugkom na hulle grondgebied. 

Om Hom te kan ken (25-08-2024)

Om Hom te kan ken (25-08-2024)

  • Banie Swanepoel:

Psalm 34: 12  Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer.

Filippense 3:7-11  Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag.  8  Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry  9  en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;  10  sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,  11  of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik.

‘n Groot rede vir twyfel in God en ons wantroue in God, is oënskynlike teenstrydighede wat ons in die Bybel lees. In ons verstand aanvaar ons nie dat daar vir ons teenstrydighede in die Woord bestaan nie, maar ons uitsprake en vrae verklap soms ons twyfel wat ons in ons hart het.

  1. Ons bely God as die Skepper van hemel en aarde, maar in ons gesprekke praat ons van die aarde wat miljoene jare oud is. Ons impliseer dus dat God nie heeltemal die waarheid gepraat het toe Hy gesê het dat Hy alles in 6 dae geskape het nie. Exodus 20:11  Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus.
  2. Ons bely God as waarheid en dat Hy nie kan lieg nie en nie teruggaan op iets wat Hy gesê het nie, maar dan vind ons gereeld Skrifgedeeltes waar ons reken Hy nie die waarheid gepraat het nie. Hy sê dat Hy net een volk uit al die volke op die aarde lief gehad het, maar later vind ons uit dat Hy wel al die volke liefhet. Deuteronómium 7:6-8  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendoms volk te wees.  7  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.  8  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
  3. Ons bely God as onveranderlik, konsekwent en eerlik, maar hoewel God in Romeine 1 sê dat manne met manne skandelike dade gepleeg het en dat Hy sulke optrede haat, glo ons dat dit tog deur God toegelaat word, want dit is liefde.

Omdat daar sulke onbeantwoorde onsekerhede in ons gemoed is, kry geloof in God nie vashouplek in ons hart nie. Ons wil Hom graag op sy Woord neem, maar dan twyfel ons omdat daar vir ons dubbel standaarde van God se kant af is. Ons is te bang om daaraan te dink, omdat dit verkeerd voel, maar voordat ons nie hierdie onsekerheid uitgeklaar het nie, sal ons Hom nie kan glo en vertrou nie. Ons ken Hom, maar ken ons Hom vir wie Hy werklik is?, want ons ondersoek nie sy karakter nie.

God sê sy Naam is EK IS WAT EK IS. Dit impliseer dat Hy is wie Hy is en as ons Hom wil ken vir wie Hy is, moet ons uitvind wie Hy is. Deuteronómium 4:29  Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek. Indien Hy sou verander, is Hy nie is wie Hy sê Hy is nie, maar ons sal dan elke dag maar kyk wie Hy vandag is. Indien Hy altyd 100% die waarheid praat en indien Hy hou by wat Hy gesê het, sal ons ‘n vaste vertroue in Hom kan hê, maar as Hy dubbel standaarde het, sal ons Hom nie kan vertrou nie.

As Hy dus byvoorbeeld sê dat Hy ‘n ewige verbond met die kinders van Israel het en Hy by sy verbond hou, bewys Hy Hom as geloofwaardig en betroubaar, maar indien Hy die verbond laat vaar omdat die omstandighede verander het, is sy verbonde nie baie werd nie. Omdat ons as moderne kerkmense geleer word dat Hy wel sy ewige verbond met die kinders van Israel gebreek het, twyfel ons nou vanselfsprekend aan sy ander beloftes. As Hy nou vir ons die ewige lewe belowe, wonder ons of Hy daarby gaan hou en of Hy dit dalk ook oor duisend jaar sal verander.

As Hy sê Hy is waarheid, maar Hy praat nie die hele waarheid nie, dan is Hy nie wie Hy sê Hy is nie. As Hy sê Hy het die hemel en die aarde in ses dae geskape, maar die wetenskap het bewys dat dit miljoene jare gevat het, is Hy nie Waarheid nie.

Sodra ons met hierdie stellinge gekonfronteer word, en ons eerlik is, besef ons dat ons gedagte van God heeltemal verskil van ons belydenis van God. Ons bely dat Hy waarheid is, maar ons glo egter dat Hy nie altyd die waarheid praat nie. Enige persoon wat nou met hierdie stelling verskil, sal sy geloof op die proef moet stel om te sien of hy dit wat God sê, soos ‘n kind glo.

Voorbeeld: God verbied die kinders van Israel om met nasies buite Israel te trou en nadat Salomo ongehoorsaam was en dit gedoen het, vat God die grootste deel van sy koningskap van hom af weg.

  • 1 Konings 11:1-2  En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese—  2  uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan—Salomo het hulle met liefde aangehang.

Dit glo en bely ons, want Salomo het mos God se gebod gebreek.

Hierdie selfde God het net so ook vir die kinders van Israel by Sinai belet om met nasies buite Israel te trou, maar toe hulle die land Kanaän ingegaan het, het hulle ‘n verbond met Ragab die hoer gemaak en haar lewe gespaar. Later het sy met een van die kinders van Israel getrou en God was daarmee tevrede. Wat maak ons nou met hierdie dubbel standaard van God? Aanvaar ons dat Hy nie konsekwent is nie, of glo ons soos ‘n kind dat Hy konsekwent is en dat daar by ons ‘n misverstand is?

Wat is die probleem? Ragab was ‘n Kanaäniet van een van die volke waarvan God die kinders van Israel verbied het om mee te trou.

  • Josua 6:25  Maar Josua het Ragab, die hoer, laat lewe en haar familie en almal wat aan haar behoort het; sodat sy onder Israel gewoon het tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat Josua gestuur het om Jérigo te verken.
  • Hebreërs 11:31  Deur die geloof het Ragab, die hoer, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, omdat sy die spioene in vrede ontvang het.
  • Jakobus 2:25  En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met ‘n ander pad weggestuur het nie?

Nou sien ons ‘n God met dubbel standaarde. Ragab, wat ‘n Kanaäniet is word deel van die volk en word geregverdig deur haar geloof, maar toe Salomo met ander volke meng, toe is God hoogs ontsteld oor sy optrede en vat die koninkryk van Israel by hom weg.

Hierdie geloofsvraagstuk is vir ons almal opsigtelik, maar meeste mense vermy liewers die onderwerp. Ons moet egter besluit en nie op twee gedagtes hunker nie. Is God dan so opreg en eerlik soos wat ons dink en sê?, want hierdie gebeure uit die geskiedenis laat Hom oneerlik lyk.

As ons verkies om nie ondersoek tot hierdie vraagstuk te doen nie, sal dit ons verhouding met God en ons geloof in God beïnvloed. Dit beteken dat ons denke van Hom verkeerd sal wees en ons minder van Hom sal dink as wat Hy is.

En wat van Moses se Kusitiese vrou en Rut wat ‘n Moabitiese vrou was en later deel van die voorgeslag van Yahshua geword het? Is daar miskien onreg by God? Ons sal dadelik antwoord en verklaar dat daar nie is nie, maar in ons agterkop vertrou ons Hom nie, want Hy is nie eerlik nie… So dink ons, want kyk hoe tree Hy op.

Daar is ander verklarings van Ragab en Rut, maar ons aanvaar dadelik dat God self sy eie gebod oortree en aan die een kant verbied dat die kinders van Israel met Moabiete mag trou, maar aan die ander kant dit toelaat. Ons verklaar God dus skuldig, totdat Hy Homself onskuldig bewys het. Ons lees van sy gebod teen verbastering, maar vra dan onmiddellik, ja, maar wat van Rut, of wat van Ragab? Ons verdink God van bedrog en dit is laster teen die Almagtige, omdat ons Hom nie ken nie. Waarom gee ons Hom nie eerder die voordeel van die twyfel nie?

As dit lyk of Hy oneerlik is, behoort ons onmiddellik te weet dat Hy nie oneerlik kan wees nie en dat ons iets verkeerd verstaan. As Hy sê die kinders van Israel mag nie trou met die Moabiete nie en Boas trou met Rut, wat ‘n Moabiet is, sal ‘n gelowige in YHWH nooit waag om Hom te wantrou nie, maar weet dat daar ‘n verklaring is, want God sal nooit skuldig wees aan so iets nie, bloot net omdat Hy is wat Hy is. Om God te bevraagteken oor sy eerlikheid, is absolute laster en ongeloof in dit wie Hy is. Iemand wat dink dat Hy iets haat en verbied en dit dan tog self toelaat, ken Hom nie en sal ook nie deur Hom geken word nie.

Iemand wat sy Naam ken, sal weet dat Hy is wat Hy is en nie kan lieg nie, en nie oneerlik kan wees nie, nie iets verbied en dan soms dit goedkeur nie, nie iets sê en dan later sy woorde terug trek nie. Iemand wat sy Naam ken, sal weet dat ‘n oënskynlike teenstrydigheid net een uitkoms kan hê en dit is ten gunste van die eer en heerlikheid van God se Naam.

Die implikasie van hierdie stelling is dat ‘n ware gelowige, in die Naam van God, sal weet dat God nie dubbel standaarde het nie. Indien dit egter sou lyk of Hy sy eie Woord breek deur toe te laat dat ‘n Moabiet met ‘n Israeliet trou, dan sal ‘n ware gelowige weet en glo dat sy nie ‘n Moabiet is nie, maar wel ‘n kind van Israel. Dit sal ‘n ware gelowige se enigste gevolgtrekking wees, omdat God so gesê het en hy God se Woorde glo.

Dit beteken dat ‘n gelowige in die Naam van God sal aanvaar dat God nie sy eie Woord kan breek nie, want Hy is wie Hy is en ons verstaan net iets verkeerd. Ons as moderne Christene verwag egter dat God Homself moet verdedig en onskuldig bewys voordat ons Hom gaan glo, maar Hy verwag van ons om Hom blindelings te glo, ten spyte van hoe die omstandighede lyk. Dit is juis wat geloof in God beteken.

‘n Moontlike verklaring van die Kanaänitiese Ragab. Dalk net het haar oupa as jong man uit Egipte gevlug met sy gesin want die slawerny in Egipte was te erg en hy het hom gaan vestig in Kanaän. Sy is daar gebore en het later met nog een van die ander vlugtelinge van die kinders van Israel, uit Egipte getrou. Sy is dus in Kanaän gebore en het daar skool gegaan en het daar groot geword as ‘n Kanaäniet, maar sy is ‘n kind van Abraham. Ons het geen bewys dat dit met haar gebeur het nie, maar ons het ‘n bewys dat sy ‘n kind van Abraham is, want God vereis dit en dit is genoeg. Hebreërs 11:1  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Moses was deur sy toekomstige vrou as ‘n Egiptiese man beskryf omdat hy van Egipte af gekom het, maar hy was ‘n kind van Abraham. Ons glo dit, want ons lees dit in die Bybel. Ons hoef egter nie die geskiedenis te weet in Ragab se geval nie, want ons het God se Woord deur die verbod op die trou tussen Moabiet en Israeliet, en daarom weet ons sy was van Moab, maar sy was ‘n Israeliet, dit is wat geloof in God is.

Hierdie is net ‘n moontlike verklaring van Ragab, maar waarom vertrou ons God nie uit die staanspoor nie, en vereis ons eers van Hom om Homself te bewys voordat ons sal aanvaar wat Hy sê? As Hy sê ons moet in Hom glo, is dit dan nie juis wat Hy van ons verwag nie? Geloof in Hom beteken nie dat ek die bewyse wil sien nie, maar dat sy Woord vir my genoeg is en ek die saak as afgehandel beskou. As God dus sê ons mag nie verbaster nie, is dit vir my genoeg rede om dit te glo. Indien ek dan Skrifgedeeltes sou lees wat nie vir my sin maak nie, twyfel ek nie in God se Woord nie, maar weet dat ek iets verkeerd verstaan het, want God kan nie ‘n fout maak nie.

Ons word deur ons geloof in Hom gered. As ek Hom glo met my hele hart in alles wat Hy sê sal ek gered word, maar as ek twyfel in Hom en in wat Hy gesê het, sal ek verlore gaan. Die Satan wil hê ons moet ongelowig in God bly, sodat ons saam met hom verlore kan gaan. Sy metode van die begin af was om ongeloof in God se woorde te veroorsaak met alternatiewe.

Is dit so dat God gesê het…?

Is dit so dat God gesê het jy mag nie verbaster nie, want wat dan van Ragab die Kanaäniet? Die Satan vra vir Eva, is dit so dat God gesê het… en Eva se regte antwoord sou gewees het dat sy nie verstaan waarom God hulle verbied het om van die boom te eet nie, maar omdat sy in Hom glo en Hom vertrou wil sy nie van die boom eet nie want sy weet dit sal haar dood veroorsaak.

Ons antwoord van verbastering behoort te wees dat ons nie noodwendig verstaan waarom Rut op die oog af na ‘n nie Israeliet lyk nie, maar omdat God verbastering verbied het, is dit beslis ‘n uitgemaakte saak dat sy wel ‘n Israeliet was, want dan is haar betrokkenheid by die volk van God en haar deelname aan die voorgeslag van Yahshua, nie verbode nie en God het nie dubbel standaarde nie.

Waarom gee ons God nie die voordeel van die twyfel nie? Is Hy dan nie geloofwaardig nie? Wanneer ons sy Woord bevraagteken ontheilig ons sy Naam, want sy Naam is EK IS volmaak, maar dan betwyfel ons of Hy waarlik volmaak is. As ons bid, laat U Naam geheilig word, het ons ‘n bydra daartoe.

Jakobus 2:18-23  Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.  19  Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.  20  Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?  21  Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie?  22  Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?  23  En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.

Matthéüs 8:8-10  En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ‘n woord, en my kneg sal gesond word.  9  Want ek is ook ‘n man onder gesag, en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir ‘n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.  10  Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ‘n groot geloof nie gevind nie.

As Hy sê ons moet weer gebore word, bedoel Hy dit of praat Hy maar net?

As Hy sê ‘n nuwe verbond, is dit ‘n nuwe of bedoel Hy eintlik ‘n herstelde ou verbond?

As Hy sê …

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die onwettige Hoëpriester (18-08-2024)

Die onwettige Hoëpriester (18-08-2024)

Banie Swanepoel –

Die priesters was net uit die stam van Levi en uit dieselfde geslag:

Esra 6: 18  En hulle het die priesters aangestel volgens hulle afdelings en die Leviete volgens hulle afdelings vir die diens van God in Jerusalem, volgens die voorskrif van die boek van Moses.

Levítikus 6: 22  Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy plek gesalf word, dit berei, as ‘n ewige insetting. Dit moet geheel en al vir die HERE aan die brand gesteek word.

Levítikus  6: 32  En die priester wat gesalf en aangestel sal word om in die plek van sy vader die priesteramp te bedien, moet die versoening doen; en hy moet die linne klere, die heilige klere, aantrek

Dis sonde om iemand aan te stel as priester wat nie uit Levi was nie:

1 Konings 12: 30  En hierdie saak het tot sonde geword; ja, die volk het voor die een gaan aanbid tot by Dan.  31  Hy het ook tempels van die hoogtes gebou en priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie.

Vader veroordeel as mense sy woorde nie gehoorsaam nie.

Levítikus 10: 1 En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.  2  Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE. 

Volgens die Bybel is Yahshua ook Hoëpriester.

Hebreërs 3: 1  Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus,

Hebreërs 4: 14  Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.

Is Hy ‘n onwettige Hoëpriester omdat Hy nie uit Levi is nie?

Hebreërs 7: 14  Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie.

Daar is net twee moontlikhede:

  1. Yahshua breek die wet van Moses deur ‘n priester te wees uit die stam van Juda
  2. Yahshua is nie priester onder die wet van Moses nie

Yahshua is priester volgens die orde van Melgisédek en nie volgens die orde van Aäron nie.

Hebreërs 7: 17  Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

Die gesag van die priesters:

Deuteronómium 21: 5  Dan moet die priesters, die seuns van Levi, aankom; want die HERE jou God het hulle uitverkies om Hom te dien en om in die Naam van die HERE te seën, en volgens hulle uitspraak moet elke saak van twis en verwonding afgehandel word.

Wat is die orde van Aäron en wat is die orde van Melgisédek?

Die doel van die wet van Moses was om die orde van Aäron te handhaaf. Dit beteken dat die kinders van Israel die wet van Moses gehou het en dan ordelik daarvolgens geleef het om te bereik wat die verbond verwag het. Hierdie orde was bewerk deur die diens van die priesters volgens die orde van Aäron. Volgens die orde van Aäron mag hierdie priesters net aangestel word uit die stam van Levi.

Nou verskyn Yahshua op die toneel as priester, maar Hy is uit die geslag van Juda en nie uit Levi nie. Die orde volgens Aäron maak Hom dus ‘n onwettige priester. Ons weet egter dat Hy nie ‘n onwettige priester is nie, omdat Hy nie priester is volgens die orde van Aäron nie, maar volgens die orde van Melgisédek.

Melgisédek is nie Aäron nie, en Aäron is nie Melgisédek nie. Aäron was die broer van Moses uit die stam van Levi en Melgisédek het geleef voor die kinders van Israel, reeds in die tyd van Abraham.

Wie was Melgisédek dan?

Génesis 14: 18  En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring  19  en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.  20  En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.

Hebreërs 7: 1 Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het;  2  aan wie Abraham ook ‘n tiende deel van alles gegee het—hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede;  3  sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur.  4  Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, ‘n tiende van die buit gegee het.  5  Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel ‘n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het;  maar hy wat nie uit húlle sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes geneem en die besitter van die beloftes geseën.  7  Nou word sonder enige teëspraak die mindere deur die meerdere geseën.  8  En hier neem wel sterflike mense tiendes, maar dáár een van wie getuig word dat hy lewe.  9  En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee;  10  want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het.

Yahshua is dus Priester volgens die orde van Melgisédek en nie Aäron nie. Melgisédek en Aäron het elkeen sy eie orde, wet en Hoëpriester. Yahshua was nie Hoëpriester volgens die orde en wet van Aäron nie.

Hebreërs 7: 12  Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;

Hoekom is dit noodsaaklik dat daar ‘n ander wet moet wees, as die wet van Moses, volgens die orde van Aäron?

As dit nie ‘n ander wet as die wet van Moses is nie sal die wet van Moses volgens die orde van Aäron Yahshua veroordeel as ‘n onwettige priester omdat Hy nie uit die stam van Levi is nie. Yahshua sal ‘n wetverbreker wees.

Hoekom was dit nodig vir ‘n nuwe priester orde volgens Melgisédek en kan ons nie nog onder die orde van Aäron wees nie?

Hebreërs 7: 20 En vir sover dit nie sonder eed swering was nie—want húlle het sonder eed swering priesters geword,  21  maar Hy met eed swering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek—  22  in sover het Jesus van ‘n beter verbond borg geword.  23  En hulle het wel priesters geword in ‘n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly;  24  maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie.  25  Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.  26  Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het;  27  wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het.  28  Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eed swering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is.

As die orde van Aäron ons nie kan red nie, maar die orde van Melgisédek kan wel, wat is die waarde van die orde van Aäron en sy meegaande wet vandag as die orde van Melgisédek sy eie wet het?

Hebreërs 7: 12  Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;

Hebreërs 8: 1   Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele,  2  ‘n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ‘n mens nie.  3  Want elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te bring. Daarom moes Hy ook iets hê om te offer.  4  Want as Hy op aarde was, sou Hy selfs geen priester wees nie, omdat daar priesters is wat volgens die wet die gawes offer,  5  hulle wat ‘n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses ‘n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is.  6  Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.  7  Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie.  8  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,  9  nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.  10  Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.  11  En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.  12  Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.  13  As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning.

Waarom kan ons ons nie onder die orde van Aäron skaar en die wet van Moses hou nie?

Yahshua is ons verlosser en het in ons plek vir ons gesterf en ons sonde op Hom geneem. Hy is nie Priester volgens die orde van Aäron nie en kan ons nie red as ons onder die orde van Aäron wil leef nie.

Galásiërs 3: 22  Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word. 23  Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. 24  Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. 25  Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie. 

As ons wil leef volgens die wet van Moses onder die orde van Aäron is ons verplig om die hele wet te hou en nie net die wette wat ons kies nie, want as ons in een wet struikel is ons skuldig aan die hele wet. Die wet het geen genade nie, maar straf altyd alle wetsoortredinge met die dood.

Yahshua het die wet vervul en nie ontbind nie.

Matthéüs 5: 17  Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. 18  Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. 

Wanneer ons in Hom sterf is ons dood vir die wet en die wet vir ons en dit is die enigste manier om onder die oordeel van die wet uit te kom, omdat ons nie die hele wet kan hou nie. Omdat die wet nie ontbind is nie veroordeel die wet nog steeds almal wat onder die wet is en nie vrygekom het deur in Yahshua te sterf nie.

Romeine 6: 3  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?  4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.  5  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die geleikvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;  6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.  7  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.

Galàsiërs 2: 18  Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself ‘n oortreder;  19  want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe.  20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.  21  Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.

Romeine 7: 1  Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?  2  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.  3  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.  4  So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.  5  Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.  6  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.

Beteken dit dat ons nou wetteloos is en dat ons kan doen wat ons wil?

Nee, ons is nie sonder wet nie, maar onder die wet volgens die orde van Melgisédek en nie die wet volgens die wet van Aäron nie. Die wet van Aäron is met letters op klippe gegraveer en die wet van Yahshua is op ons harte gegee deur die Heilige Gees. Die mense onder die wet van Moses was gelei deur die wet op klippe gegraveer en die mense onder die wet van Yahshua word gelei deur die Gees van God. Vir die natuurlike mens maak die wet op klippe baie sin en is die wet op ons hart dwaasheid en daarom verwerp hulle die nuwe verbond, maar daarmee saam verwerp hulle ook hulle eie verlossing

Galàsiërs 5:14   Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. (Dit sê nie die volheid van die nuwe wet is jy moet jou naaste liefhê soos jouself nie, maar dit sê dat die wet van Moses vervul was deur die liefde tot die naaste. Die wet van Yahshua bevat dus dit en meer.) 15  Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.  16  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;  17  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.  18  Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.  19  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;  20  afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;  21  afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.  22  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.  23  Teen sulke dinge is die wet nie.  24  Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.  25  As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE