Nuutste Boodskap

Hou goeie moed. (2025)
Johannes 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
Romeine 8:22-28 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. (23) En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam. (24) Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? (25) Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding. (26) En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. (27) En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. (28) En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.
Handelinge 20:22-25 En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie, (23) behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag. (24) Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God. (25) En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.
Lukas 12:22-59 En Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie. (23) Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere. (24) Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie! (25) En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? (26) As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge? (27) Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie. (28) As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges! (29) Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie; (30) want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het. (31) Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. (32) Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee. (33) Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie. (34) Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. (35) Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. (36) En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop. (37) Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien. (38) En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte. (39) Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie. (40) Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.
Hou goeie moed. (b) 29-06-2025
Lukas 12: (41) Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal? (42) En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee? (43) Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind. (44) Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel. (45) Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word, (46) dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot maak van die ontroues. (47) En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; (48) maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis. (49) Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was! (50) Maar Ek het ‘n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is! (51) Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid. (52) Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie. (53) Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder. (54) En Hy het ook aan die skare gesê: Wanneer julle ‘n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom reën! en dit gebeur ook. (55) En wanneer julle die suidewind sien waai, sê julle: Dit sal gloeiend warm wees! en dit gebeur. (56) Geveinsdes, die voorkoms van die aarde en die lug weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan beoordeel nie? (57) En waarom oordeel julle ook nie uit julleself wat reg is nie? (58) Want terwyl jy met jou teëstander na die owerheid gaan, doen moeite op die pad om van hom los te kom; sodat hy jou nie miskien voor die regter sleep en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en die geregsdienaar jou in die gevangenis werp nie. (59) Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy ook die laaste oortjie betaal het nie.
Hábakuk 3:16-19 Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ‘n aanval maak. (17) Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie— (18) nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. (19) Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.
Daniël 6:23-24 My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie. (24) Toe het die koning baie bly geword en bevel gegee om Daniël uit die kuil op te trek. So is Daniël dan uit die kuil opgetrek sonder dat daar ‘n letsel aan hom gevind is, omdat hy op sy God vertrou het.
Daniël 3:15-27 As julle dan nou, sodra julle die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, bereid is om neer te val en die beeld wat ek gemaak het, te aanbid, goed; maar as julle nie aanbid nie, sal julle oombliklik binne-in die brandende vuuroond gegooi word, en wie is die God wat julle uit my hand kan verlos? (16) Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop ‘n antwoord te gee nie. (17) As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos; (18) maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie. (19) Toe het Nebukadnésar baie woedend geword en sy gelaatstrekke het verander teenoor Sadrag, Mesag en Abednégo; as antwoord het hy bevel gegee om die oond sewe maal warmer te maak as wat eintlik nodig was. (20) En aan sommige van die sterkste manne wat in sy leër was, het hy bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednégo te boei, om hulle in die brandende vuuroond te gooi. (21) Toe is daardie manne geboei met hulle mantels, hulle broeke en hulle tulbande en hulle ander klere aan, en hulle is binne-in die brandende vuuroond gegooi. (22) Omdat dan nou die woord van die koning streng en die oond uitermate verhit was, het die vlam van die vuur daardie manne wat Sadrag, Mesag en Abednégo opgeneem het, doodgebrand. (23) Maar daardie drie manne, Sadrag, Mesag en Abednégo, het geboeid binne-in die brandende vuuroond geval. (24) Toe het koning Nebukadnésar verskrik geword en haastig opgestaan; hy het sy raadsmanne toegespreek en gesê: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en sê aan die koning: Sekerlik, o koning! (25) Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ‘n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ‘n godeseun. (26) Toe het Nebukadnésar nader gekom na die opening van die brandende vuuroond en daarop gesê: Sadrag, Mesag en Abednégo, knegte van die allerhoogste God, gaan uit en kom hier! Toe het Sadrag, Mesag en Abednégo uit die vuuroond uitgegaan. (27) Daarop het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs en die raadsmanne van die koning vergader en aan daardie manne gesien dat die vuur geen mag oor hulle liggame gehad en die hare van hulle hoof nie geskroei het nie, en dat hulle mantels geen verandering ondergaan en die reuk van die vuur nie aan hulle gekom het nie.
Psalm 138:1-8 ‘n Psalm van Dawid. Ek sal U loof met my hele hart; in die teenwoordigheid van die gode sal ek psalmsing tot u eer. (2) Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak. (3) Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel. (4) Al die konings van die aarde sal U loof, o HERE, as hulle gehoor het die woorde van u mond; (5) en hulle sal sing van die weë van die HERE, want die heerlikheid van die HERE is groot. (6) Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte. (7) As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my. (8) Die HERE sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

OPENBARING (2025)
OPENBARING 2025 (Profeties oor wat nog moet gebeur.)
VOORWOORD
Afdeling 1: Hoofstukke 1 – 4, die Gemeentes.
Afdeling 2: Hoofstukke 5 – 11, die seëls van die Boek.
1) 4 Perde. 1ste Wit perd, boog, kroon, oorwinnaar. Openb. 6:2
2) 2de Vuurrooi perd, vrede van die aarde weggeneem. Openb. 6:2-4
3) 3de Swart perd, skaal. Openb. 6:5 – 7
4) 4de Vaal perd, sy naam = die dood. Openb. 6:8
5) Siele onder die altaar. Openb. 6:9
6) Wederkoms, verseëldes word weggeneem voor Sy wraak. Openb. 6:12 – 17
7) Sewe engele met sewe basuine. Openb. 8
• 1) ’n Derde van die natuur het verbrand. Openb. 8:7
• 2) ’n Derde van die see het bloed geword. Openb. 8:8
• 3) ’n Derde van die riviere en waterfonteine is beskadig. Openb. 8:12
• 4) ’n Derde van die dag en nag is beskadig. Openb. 8:12
• 5) Abadon, gevalle engel, pynig die mense 5 maande. Openb. 9:1 – 12
• 6) Armagéddon. Openb. 9:13 – 21
• Yahshua aanvaar Sy koningskap. Openb. 17:15
Afdeling 3: Hoofstukke 12 – 16, Johannes sien ’n gesig.
• Vrou met kroon van twaalf sterre. Openb. 12:1
• Vuurrooi draak met sy een derde gevalle sterre. Openb. 12:3
• Draak wil haar Kind verslind sodra Hy gebore word. Openb. 12:4
• Manlike Kind word weggeneem na GOD in die hemel. Openb. 12:5
• Oorlog in die hemel tussen Draak en Migael. Openb. 12:7
• Draak verloor en word na die aarde verban. Openb. 12:9
• Wees verheug hemele, weë die bewoners van die aarde. Openb. 12:12
• Die Draak vervolg die vrou en haar nakomelinge. Openb. 12:17
Johannes sien ’n dier wat uit die see uit opkom soos ’n luiperdBabilon, voete soos ’n beerMede en Perse, bek soos ’n leeuGrieke. (Daniël 7)
• Een van sy sewe koppe is dodelik gewond. Openb. 13:3
• Hy voer oorlog teen die heiliges en oorwin. (Wie kan teen hom oorlog voer?) Openb. 13:7
• Al die bewoners van die aarde sal hom aanbid en ’n mond is aan hom gegee. Openb. 13:8
Johannes sien ’n dier uit die aarde uit kom. Openb. 13:11
• Hy ontvang die mag van die eerste dier en dwing die mense om die eerste dier te aanbid. Openb. 13:12
• Hy gee aan die mense ’n merk om te koop en verkoop. 666 Openb. 13:16
○ Wederkoms, die Lam staan op die berg saam met Sy verlostes. Openb. 14:1
○ Engele kondig Sy wraak aan op hulle wat die merk van die dier het. Openb. 14:6
Sewe engele met sewe skale wat die grimmigheid van GOD het. Openbaring. 16:1
• 1) Bose swere aan die mense. Openb. 16:2
• 2) See word bloed. Openb. 16:3
• 3) Riviere en fonteine word bloed. Openb. 16:4
• 4) Son skroei die mense. Openb. 16:8
• 5) Mense word gepynig deur skaal wat uitgegooi word op die troon van die dier. Openb. 16:10
• 6) Armagéddon. Openb. 16:12 – 16
• 7) Dit is verby! Openb. 16:17
Afdeling 4: Hoofstukke 17 – 19: 10, Die hoer van Babilon.
• Sy dryf handel met die konings van die aarde en is baie ryk.
• Haar val gebeur in ’n oomblik.
Afdeling 5: Hoofstuk 19:11 – 22.
• Wederkoms. Openb. 19:11
• Armagéddon. Openb.19:12 – 21
• Die Draak vir ’n duisend jaar gebind. Openb.20:1 – 3
• Trone word reggesit vir hulle wat moet oordeel. Openb. 20:4 – 6
• Na die duisend jaar word die Draak ontbind. Openb. 20:7
• Hy hits die Gog en Magog op om oorlog te maak teen Yahshua. Openb. 20:8
• Vuur uit die hemel verteer hulle. Openb. 20:9
• Die Duiwel word in die poel van vuur gegooi. Openb. 20:10
• Die Wittroon Oordeel. Openb. 20:11 – 15
○ ’n Nuwe hemel en aarde. Openb. 21:1 – 8
○ Die bruid van die Lam, die Nuwe Jerusalem, daal uit die hemel neer. Openb. 21: 2 – 6
WAT SIEN ONS NIE:
1) Die kerk wat met Yahshua trou.
2) Die Antichris.
3) Die wegraping.
[;[;[;[;[;[;[;[;;[;[;[;[;[;[;[
- Eerste basuin en skaal.
Openbaring 8:6 En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas. 7 En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En ‘n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.
Openbaring 16: 1 En ek het ‘n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit. 2 Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.
- Tweede basuin en skaal.
Openbaring 8:8 En die tweede engel het geblaas, en iets soos ‘n groot berg wat brand met vuur, is in die see gegooi. En ‘n derde van die see het bloed geword, 9 en ‘n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en ‘n derde van die skepe het vergaan.
Openbaring 16:3 En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van ‘n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe.
- Derde basuin en skaal.
Openbaring 8:10 En die derde engel het geblaas, en ‘n groot ster wat soos ‘n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ‘n derde van die riviere en op die waterfonteine. 11 En die naam van die ster word genoem Alsem; en ‘n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.
Openbaring 16:4 En die derde engel het sy skaal uitgegooi op die riviere en op die waterfonteine, en dit het bloed geword. 5 En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het; 6 want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien. 7 En ek het ‘n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.
- Vierde basuin en skaal.
Openbaring 8:12 En die vierde engel het geblaas, en ‘n derde van die son is getref en ‘n derde van die maan en ‘n derde van die sterre, sodat ‘n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so. 13 En ek het gesien en gehoor ‘n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ‘n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!
Openbaring 16:8 En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei. 9 En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.
- Vyfde basuin en skaal.
Openbaring 9:1 En toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee. 2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ‘n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister. 3 En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het. 4 En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie. 5 En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek. 6 En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug. 7 En die voorkoms van die sprinkane was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense. 8 En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos dié van leeus. 9 En hulle het borsharnasse gehad soos van yster, en die gedruis van hulle vlerke was soos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog. 10 En hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen. 11 En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion. 12 Die een wee het verbygegaan; hierna kom daar nog twee weë.
Openbaring 16:10 En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn; 11 en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie.
- Sesde basuin en skaal.
Openbaring 9:13 En die sesde engel het geblaas, en ek het ‘n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is, 14 en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat. 15 Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om ‘n derde van die mense dood te maak. 16 En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal gehoor. 17 En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan. 18 Deur hierdie drie plae is ‘n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het; 19 want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan. 20 En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie. 21 En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.
Openbaring 16:12 En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word. 13 En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. 14 Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God. 15 Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie. 16 En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.
- Sewende basuin en skaal
Openbaring 11:15 En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.
Openbaring 16:17 En die engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby! 18 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing. 19 En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn. 20 En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie; 21 en groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.
- Derde getuie.
Openbaring 19:11 Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. 12 En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. 13 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. 14 En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. 15 En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige. 16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here. 17 En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God, 18 dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot. 19 En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër. 20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. 21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees.
Nog studies oor Openbaring:
Openbaring van Yahshua Messias (2022)
Profesië van JESAJA met betrekking tot die boek OPENBARING (2022)
Profesië van JEREMIA met betrekking tot die boek OPENBARING (2022)
Profesië van JOËL met betrekking tot die boek OPENBARING (2022)
MIGA met betrekking tot Openbaring (27-10-2022)
Psalm 2 – 110 en 91 met betrekking tot Openbaring (01-11-2022)
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Ek is wat Ek is. (15-06-2025)
EK IS WAT EK IS – Dit is die Naam van die God wat aanbid moet word. Die uitspraak en die taal waarin ons dit sê, is nie belangrik nie, maar die betekenis is belangrik, want dit identifiseer die ware God tussen die afgode uit, wat hulle self voordoen as die waarde God en wat ongelukkig deur meeste mense aanbid word. Baie ander gode gee voor om die God van die Bybel te wees, maar net Hy wat voldoen aan EK IS WAT EK IS, is die ware God. Indien ons oortuig is dat ons die God van die Bybel aanbid, maar hy wie ons aanbid verskil van Hom wat die Bybel sê “HY IS”, aanbid ons ‘n afgod. ‘n Afbeeldsel van die ware God.
Exodus 32:4-5 En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ‘n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het. (5) Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor ‘n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die HERE.
1 Konings 12:28-29 Daarom het die koning raad gehou en twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem—hier is, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het! (29) En die een het hy in Bet-el opgerig en die ander in Dan opgestel.
Waarom wil ons ‘n god (‘n opperwese) aanbid? Waarom het ons ‘n behoefte daarna? Omdat ons na bonatuurlike krag smag om ons uit ons probleme te red wat vir ons te groot is. Persone sonder noemenswaardige probleme en wat voorspoedig lewe kyk na mense wat ‘n god aanbid as dwase, omdat dit vir hulle nie sin maak nie. Wanneer so ‘n persoon se vyfjarige dogtertjie egter ontvoer word en hy magteloos staan, begin hy in sy nood uit te roep tot ‘n god om hom te help, maar wie is God en waar is God en hoe roep ek tot God?
Alle mense se grootste vrees is die onbekendheid van die lewe na die dood. Die maklikste manier om van daardie vrees ontslae te raak, wat elke dag aan jou knaag, is om daagliks vir jouself te vertel dat daar nie lewe na die dood is nie.
Omdat sulke mense die verkondigde “bewusteloosheid na die dood” nie kan bewys nie, bly hulle onseker van hulle eie oortuiging dat daar nie lewe na die dood is nie, en die dag wanneer hulle lewe bedreig word, en hulle staar die dood in die oë, kom daardie vrees vir die dood in volle mag terug en dan roep hulle met vrees tot die god van die dood om hulle genadig te wees.
Is daar lewe na die dood, en is daar ‘n god van die dood? Niemand weet nie, want niemand was al daar en het weer teruggekom om ons te kon inlig nie. So, ons wat nog in die lewe is, bly onseker. Tog is daar baie mense wat sê dat hulle weet wat na die dood met ons gebeur, maar meeste van hulle verskil van mekaar oor wat gaan gebeur en gee verkillende inligting en raad.
Vir die van ons wat onsself vroegtydig wil voorberei vir die lewe na die dood, lê daar dus ‘n wêreld van onsekerheid en verwarrende inligting voor, waardeur ons moet soek, om die waarheid te kry. Iemand wat die eerste opinie, wat op sy pad langs kom aangryp, sal heel waarskynlik onvoorbereid wees, omdat daar so baie opinies is wat almal met mekaar verskil, tensy die voorbereiding vir die lewe na die dood eenvoudig en maklik is en met min insette suksesvol gedoen kan word.
Deur die eeue aanbid mense hulle gode om hulle in hierdie lewe te help, maar baie van hulle vertrou ook op hulle gode om hulle te help met dit wat vir hulle voorlê aan die anderkant van die dood. Weereens probeer meeste mense hulle self sus, deur vir hulself te vertel dat daar geen lewe na die dood is nie, maar dan kom daardie knaende vraag altyd weer terug, sê nou net daar is lewe na die dood, wat dan?
Die Grieke en Romeine het hulle Pagan-gode aanbid en gehoop dat daardie gode die vermoë het om hulle deur die dood te begelei na een of ander plek van saligheid. Die Romeinse kerk het by hulle oorgeneem met hulle eie weergawe van lewe na die dood en leer hulle volgelinge hoe hulle, hulle gode moet aanbid, om saligheid na die dood te kan verkry.
Iemand wat homself as ‘n ware Christen beskou, gebruik die inligting wat in die Bybel is om homself gereed te maak vir die lewe na die dood. Volgens die Bybel is daar twee eindbestemmings vir alle mense na die dood. Die eerste is die ewige lewe, in die koninkryk van hulle Skepper, en die tweede is die ewige dood, in die poel van vuur. Dit is twee uiteenlopende uiteindes en vanselfsprekend sal almal die ewige lewe kies en nie die ewige dood nie.
Selfs tussen die ernstige Christene verskil hulle geweldig oor die vereistes en metode om die koninkryk van God te kan ingaan en nie die ewige dood nie. Vir buitestaanders wat soekende is na die pad na die ewige lewe lyk hierdie verskille tussen Christene so uiteenlopend en verwarrend, dat hulle soms hulle soektog na die ewige lewe eerder stop, nog voor hulle begin het, want wat is waarheid?
So het elke mens sy opinie van die lewe en die lewe na die dood, en geweldig baie mense sit nou maar net onverantwoordelik en wag om te kyk hoe dit dan sal wees, maar die werklikheid daarvan is dat daardie individue dan totaal onvoorbereid is om hulle Maker te ontmoet. Ander word grootgemaak met ‘n sekere oortuiging en klou dan daaraan vas, sonder om dit aan enige iets te toets, met die hoop dat so ‘n opregte poging van geloof, in ‘n oorgelewerde godsdiens, genoeg sal wees om hulle van die ewige dood te bevry en toe te laat tot die ewige lewe.
As ons dan bely dat ons Christene is en in die Bybel glo, is ons mos dwaas om nie te gaan kyk wat daar staan en dan te doen wat daar staan om die ewige lewe te kan kry nie. Meeste Christine abdikeer hierdie groot verantwoordelikheid aan iemand anders en plaas hulle ewige lewe in ‘n vreemdeling se hande. Omdat ons skape is, doen ons sulke dinge. Alle skape volg ander skape, wat dan self onseker is wie die eerste skaap lei.
Ons vertrou ‘n vreemde dokter om ons onder narkose te sit en met ‘n mes aan ons te sny, net omdat al die ander skape dit ook doen. Ons glo wat die ander skape glo, want al die ander skape glo dit en almal kan tog nie verkeerd wees nie, of so redeneer ons.
Met die ondersoek van die Bybel sien ons dat die Bybel sê as ons in God glo sal ons gered word. Handelinge 16:30-31 En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? (31) Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
Dit klink tog baie eenvoudig om te doen en almal wat dit doen sal dus gered word, maar dit is nie so eenvoudig nie. Wie is Yahshua in wie ons moet glo? HY IS WAT HY IS. HY IS die God wat Israel uit Egipte uitgelei het en met hulle die verbond aan Jakob bevestig het.
So, beteken dit dan dat as ek Hom sou aanbid as die God wat die Israeliete uit Egipte uitgelei het, ek dan die regte God aanbid? Nee, nie noodwendig nie, want dit is presies wat Aäron en Jeróbeam gesê het en hulle het afgode aanbid. Hulle het bely dat hulle YHWH (die God wat hulle uit Egipte uit verlos het) aanbid, maar hulle belydenis was nie goed genoeg nie. Om te glo dat Hy die God van Israel is, is reg, maar sodra ons glo dat ons Hom deur ‘n beeld van Hom kan aanbid, diskwalifiseer ons ons eie geloof.
Daarom moet ons weet wie Hy is wanneer Hy sê; EK IS WAT EK IS. Ek is die God van Israel, maar Ek is nie ‘n beeld van wat jy dink EK is nie. HY IS WAT HY IS trek besliste grense van wie Hy is en wie Hy nie is nie, en die oomblik wat ons oor die grens gaan van wie Hy is, is ons besig met ‘n afbeelding van Hom, en daarom is dit van uiterse belang om Hom te ken vir wie Hy is.
Prakties beteken dit dat ons vir onsself afbeeldings maak, van wie Hy vir ons is, en dan daardie beelde, wat ons vir onsself gemaak het, aanbid. So ‘n persoon wat dit namens baie ander gedoen het, is Konstantyn. Soos Aäron en Jeróbeam maak hy ‘n beeld van God en net soos Israel van ouds volg almal hom in die aanbidding van die beeld. Tot vandag toe word hierdie beeld deur miljoene aanbid en hulle bely dat hulle God aanbid en ook dat hulle Christene is, tog ken hulle Hom nie en weet nie wie Hy is nie.
Luther sien later dat daar ‘n beeld gemaak is van die ware God en protesteer daarteen, maar ironies genoeg, maak hy net ‘n ander beeld van wie hy dink God is, en saam met Luther aanbid miljoene mense die afgod van die Lutherane. Calvyn maak sy eie beeld van wie God is en miljoene mense aanbid die beeld wat Calvyn gemaak het. Latere jare kom meer en meer instansies en maak beelde van God en leer die mense om dit te aanbid.
Ken ons God soos wat Abraham Hom geken het, of gaan ons kerk toe en doen ‘n paar rituele saam met ander mense, onder leiding van ‘n Ds. of Pastoor en dien ‘n god wat deur oorlewering aan ons oorgelewer is? Glo ons wat vir ons gesê word van wie God is, want dan glo ons in die beeld van ‘n god wat iemand anders vir ons gemaak het, of glo ons in God soos wat Dawid in Hom geglo het.
Voorbeelde:
- Is daar drie gode in een of is dit een God? EK IS WAT EK IS.
- Is Hy die Verlosser van almal, of is Hy die Verlosser van sy volk? EK IS WAT EK IS.
- Word almal verlos en gaan deur genade in sy Koninkryk in, of moet ons eers weergebore word?
- Kan ons losbandig in ons sonde bly lewe, of moet ons die begeertes van die sondige vlees afsterf?
- Indien God voorskryf dat ons ons moet bekeer en dan gedoop word, maar die beeld van Calvyn sê ons moet babas doop om deel van die verbond te word, is dit dan dieselfde God?
1 Petrus 1:9 en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.
As die einddoel van ons geloof die redding van ons siele is, en ons word gered deur ons geloof in God, maar ons geloof is in ‘n beeld van God, sal dieselfde met ons gebeur as wat met die Israeliete gebeur het wat ‘n beeld van God gemaak het en dit aanbid het. Die beeld kan ons nie red nie en God gaan ons nie red as ons ‘n beeld van Hom aanbid nie, ons moet Hom ken en ‘n verhouding met Hom hê, sonder die insettinge en verhouding met ander mense. Ek in Hom en Hy in my.
Psalm 91:14-16 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. (15) Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee. (16) Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.
Jesaja 5:13-16 Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors. (14) Daarom het die doderyk sy keel wyd oopgemaak en sy mond uitgerek sonder maat, en daarin sink hulle adel en hulle menigte en hulle luidrugtigheid en diegene onder hulle wat uitgelate is. (15) Dan word die mens gebuig en die man verneder, en die oë van die hoogmoedige mense word verneder. (16) Maar hoog sal die HERE van die leërskare wees deur die strafgerig, en die heilige God sal Hom as die Heilige laat ken deur geregtigheid.
Jeremia 9:23-24 So sê die HERE: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie; (24) maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek ‘n behae, spreek die HERE.
Titus 1:15-16 Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel. (16) Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.
Filippense 3:8-14 Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry (9) en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; (10) sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE
- AllES
- Bybelstudie
- Preke
- Reekse






