Speellyste

‘n Deugsame vrou. (27-04-2025)
Banie Swanepoel:
Génesis 2:18 Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.
Spreuke 31:10-11 Alef. Wie sal ‘n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale. (11) Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.
Vader het Adam geskape en gemerk dat Adam hulp nodig het. Hy het nie hulp nodig om hout te kap of ‘n beer te jag nie, maar Adam het ander hulp nodig. As Adam hulp nodig het om ‘n beer te jag, vra hy ‘n ander Adam, maar daar is hulp wat Adam nodig het wat net ‘n vrou mee kan help en dit is slegs die vrou met wie hy getroud is, wat hom kan help.
Om ‘n vrou te kry wat hom kan help is nie maklik nie, selfs al in Salomo se dae, want Hy vra: Wie sal ‘n deugsame vrou vind, want hulle is uiters skaars. Deugsaam beteken nie oulik en mooi nie, maar dit beteken dat sy deug vir die probleem wat Adam het. Hy het hulp nodig en sy deug as die oplossing van sy probleem en daarom is sy dan deugsaam.
Opsetlike sabotasie:
Vir die laaste vyftig, tot sestig jaar, was daar ‘n doelbewuste poging van die Satan om alle vrou deugniete te maak t.o.v. die mans. Dit wil sê, hulle deug nie as oplossings vir die hulp wat die man nodig het nie. Feminisme was doelbewus beplan met die doel om Adam se hulp weg te vat en dit was en is nog baie suksesvol. Die resultaat is dat beide die man en die vrou onvervuld en ongelukkig is.
Sestig tot sewentig jaar gelede al was vroue geleer, deur feminisme, dat hulle nie aan hulle mans onderdanig hoef te wees nie en dat hulle in alle aspekte aan hom gelyk is en dat hulle alles kan doen en bereik wat hy kan doen en bereik. Hierdie stelling klink selfs vir ‘n man reg, maar die gevolge hiervan is dat geen verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou meer vervulend is nie en dat dit lei tot geweldige spanning en onenigheid in die huwelik.
Feminisme verklaar dat mans en vrou presies dieselfde is, maar dit is nie die waarheid nie. Net soos wat hulle liggame ooglopend verskil, verskil hulle vermoë , hulle begeertes en hulle innerlike vervulling. Dit waarna ‘n man streef, is nie waarna ‘n vrou streef nie. Dit wat ‘n man vervul, verskil van dit wat ‘n vrou vervul.
Feminisme het opsetlik hierdie verskille verbloem en die vroue laat voel dat hulle minderwaardig is teenoor die mans en hulle is aangehits om in opstand te kom teen hulle eie begeerte, naamlik hulle eie innerlike vervulling. Vir die vrou het dit minderwaardig geword om ‘n vrou se rol te vervul en hulle was, en is, aangemoedig om die man se rol aan te neem en direk met hom te kompeteer.
Aanvanklik was vroue huiwerig en min van hulle het kans gesien om die tradisionele rol van die vrou te verlaat en die nuwe, sogenaamde, bevrydende rol van die korporatiewe vrou aan te neem, maar meeste vroue vandag is totaal oortuig dat dit die regte ding is om met die man te kompeteer in ‘n mans-wêreld.
Buiten dat die vrou nou in ‘n rol was waarvoor sy nie bekwaam was nie, en innerlik nie vervulling ervaar het nie, was die man nou sonder die hulp wat hy nodig het. Die tekortkominge wat God in Adam gesien het manifesteer nou in alle mans deur die hele wêreld, want daar is min deugsame vroue oor om die mans te help. Vroue is nie meer die hulp vir die man nie, maar het die kompetisie geword.
Dit mag dalk klink na ‘n beskuldiging teenoor die vroue, maar ons huidige vroue was opgevoed as onafhanklike sterk vroue wat hulle man moet kan staan en so ‘n vrou deug nie as hulp vir die man nie. Die hartseer is dat daar bykans geen deugsame vrou oor is wat weet hoe dit is om ‘n man se hulp te wees nie, want niemand het hulle geleer nie, maar hulle was geleer om met die man te kompeteer.
Sê ek dan dat die vrou ter wille van die man gemaak was? Ja, dit is nie ek wat dit sê nie, maar God wat dit sê: 1 Korinthiërs 11:8-9 Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man. (9) Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man.
Is die vrou dan minder werd as die man? Nee, beslis nie, maar sy het ‘n ander rol om te speel in hierdie lewe. Aan die einde van hierdie lewe is daar nie meer man of vrou nie. Ons sal soos die engele wees, maar in hierdie lewe is daar sommige van ons wat mans is en ander wat vroue is. Wie mans is en wie vroue is word slegs deur God bepaal en ons kan self besluit of ons met sy besluit tevrede is en of ons daarteen rebelleer.
‘n Vrou wat daarmee tevrede is dat God haar as ‘n vrou geskape het, behoort dan gehoorsaam te wees aan haar vroulike rol en aan haar man onderdanig te wees en vir hom ‘n hulp te wees.
Die ironie is dat daar geen verheerliking daarin is om ‘n man te wees in plaas van ‘n vrou nie, maar dit word net so aan ons aangebied deur die wêreldheersers, sodat ‘n vrou moet dink sy word ingedoen. Mans se lewens is nie noodwendig makliker en lekkerder as ‘n vrou se lewe nie.
Mans is geskape met ‘n sekere doel en is deur God bekwaam gemaak om hierdie mans-dinge te kan doen en vrou is geskape om vroue dinge te kan doen. ‘n Hamer is as ‘n hamer gemaak en kan hamerwerk doen. ‘n Byl is as ‘n byl gemaak en kan bylwerk doen. Hulle is in baie opsigte dieselfde, maar tog baie verskillend.
Hamers kan spykers in hout in slaan en met die byl se agterkant kan jy ook spykers in hout inslaan. Die byl is egter nie so effektief soos ‘n hamer nie, maar as jy die byl moet gebruik om spykers te slaan, kan jy. Byle kan egter ook hout kloof, maar hamers kan nie hout kloof nie. Mans is soos die hamer en vroue is soos die byl. Vroue kan met moeite in ‘n mans-wêreld oorleef, maar mans kan glad nie in ‘n vroue wêreld enige bydrae lewer nie. As ‘n vrou minderwaardig teenoor ‘n man voel, moenie, jy is baie begaafd vir dit waarvoor God jou gemaak het.
Terug na die oorspronklike doel van die skepping van die vrou, naamlik om vir die man ‘n hulp te wees. Die man se probleem was so groot dat God spesiaal ‘n ander tipe mens gemaak het om hom te help en nou is meeste mans hulpeloos omdat die meeste deugsame vroue weg is.
Omdat die vrou bekwaam gemaak is om die man se hulp te wees, is dit nie vir haar moeite om dit te doen nie en sy wonder ook nie hoe om dit te doen nie, want sy is so gemaak. Die feministe het egter vroue van ‘n baie jong ouderdom af opsetlik geleer om nie ‘n hulp vir ‘n man te wees nie, maar om met hom te kompeteer.
Nou lewe ons al reeds twee tot drie geslagte verder in die feministiese plan en die resultaat is ongelukkige huwelike wat meestal uitloop op egskeiding. Ten spyte daarvan dat jongmense weet hulle gaan ook swaar tye beleef in ‘n huwelik, trou hulle nog steeds. Hoekom? Omdat daar ‘n aantrekking tussen ‘n man en ‘n vrou is, in die wete dat hulle by mekaar hoort.
Wat ‘n tragiese situasie. Twee mense word lief vir mekaar, trou, vind die verhouding onuithoudbaar en skei dan weer, die een na die ander. Hoekom gebeur dit en hoekom hou ons aan met dit? Is dit dan nie beter om liewer alleen te bly nie?
Alleen is ook nie ‘n oplossing nie, want dit is ook ‘n baie onaangename situasie en daarom probeer mense alternatiewe maniere van saambly-verhoudings, wat ook net tot groot hartseer lei. Wat is dan die antwoord, of is huweliksverhoudings maar net ‘n mislukte poging van Vader se skepping?
Die antwoord is om dit te doen soos wat die Skepper van die mens dit gemaak het, maar daar is geweldige weerstand van die koninkryk van hierdie wêreld af vir enige persoon wat dit voorstel, of uitleef. ‘n Vrou wat haar onder die gesag van haar man stel, word juis deur ander vroue verkleineer en haar eie ma is soms die eerste om haar anders te probeer oortuig.
Haar ma se vrees is dat haar dogter mishandel of in die steek gelaat sal word en daarom leer sy haar dogter om nie op ‘n man te vertrou nie en nie van hom afhanklik te wees nie. Dit is ongelukkig ook so dat die ma’s gewoonlik reg is, maar nou sit ons met hierdie verhouding-situasie wat nie reggestel kan kan word nie.
Waarom neem die man dan nie die inisiatief om die herstel te begin nie, hy is dan tog die hoof van die huis? Dit is ‘n geregverdigde vraag, maar die probleem is, hy kan nie. Hy het nie die vermoë nie. Hy is juis die een wat die hulp nodig het en daarom van die vrou afhanklik is. Die hulp wat die vrou hom moet verskaf, is wat hy nodig het om die hoof van huis te kan wees. Sy vrou moet die pilare in hom bou waarop hy moet staan om te kan heers, maar as sy dit afbreek, kan hy nooit heers nie en as hy nie heers nie, sal sy nie onderdanig kan wees nie en dan is niemand gelukkig nie.
Hoe meer die vrou die tekortkominge (die man het ‘n hulp nodig) van die man kan aanvul en uitbou, hoe meer sal hy in die lewe triomfeer en hoe hoër sal sy hom kan laat uitstyg en hoe makliker sal sy aan hom onderdanig kan wees en hoe hoër styg sy saam met hom uit. Die fatale probleem is as sy bo hom uitstyg, dan tuimel sy wêreld in duie en as sy wêreld in duie stort, stort haar wêreld daarmee saam in duie.
Die vrou mag dalk nou voel dat sy haar hele lewe moet opoffer ter wille van haar man, maar haar innerlike vervulling is juis daarin om ‘n hulp vir haar man te wees. Vader het ‘n vrou gemaak om onder haar man se gesag te wíl wees. Hoewel feminisme vir ‘n vrou leer dat sy onafhanklik wil wees, is ‘n vrou se begeerte in haar hart om van haar man afhanklik te wil wees. Sy wil deur hom versorg en beskerm word, maar weet dit nie, omdat haar gedagtes besoedel is.
‘n Vrou wil opsien na haar man en hom eer, maar feminisme het vroue oortuig dat dit minderwaardig is om dit te doen. Wanneer ‘n vrou opsien na haar man en hom ondersteun in sy besluite, motiveer dit hom geweldig in dit wat hy doen omdat hy haar wil beïndruk. Die oomblik wat sy hom egter kritiseer en fout vind met wat hy doen, verdwyn sy motivering en gebeur die teenoorgestelde as wat die vrou probeer bereik het.
Efésiërs 5:33 In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig.
Wanneer die vrou die man eer, verander die man in ‘n persoon wat enige iets vir sy vrou sal doen, maar die oomblik wat sy hom nie eer in dit wat hy doen nie, verdwyn sy manlikheid en kan hy nie die man wees wat sy wil hê hy moet wees nie; ‘n man waarna sy kan opsien. Wanneer die vrou hom ondersteun in alles wat hy doen, eer sy hom. Wanneer sy hom prys by haar ouers en hulle vriende, eer sy hom. Wanneer hy opreg probeer om iets te doen, waarin hy nie noodwendig goed is nie en sy sien dit raak en prys hom daarvoor, eer sy hom. Wanneer sy hom by hulle kinders voorstel as die beste pa, eer sy hom. Wanneer sy hom op hierdie manier eer, sal hy net meer aandag aan aan hulle verhouding gee en alles in sy vermoë doen om haar nie teleur te stel nie.
Daar word gesê: Gelukkige vrou, gelukkige lewe, maar dit is verkeerd. Dit is gelukkige man, gelukkige lewe. Wanneer die man alles doen om die vrou tevrede te stel, kan die vrou nie opsien na hom nie, want sy is hoër as hy, want hy doen alles om haar tevrede te maak. As sy hom egter eer en hom onderdanig is, sal hy vanself uitstyg en sy sal na hom kan opkyk as haar leier en dit sal haar gelukkig maak, want sy het dan ‘n man wat sy kan ondersteun en volg.
Efésiërs 5:22-24 Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. (23) Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. (24) Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.
Onderdanig is nie ‘n moeilike woord om te verstaan nie. Dit beteken nie gelyk in die huwelik nie, maar die een is aan die ander een onderdanig. Die gemeente is nie gelyk aan Christus nie en die vrou is nie gelyk aan die man nie. Die gemeente het geen begeerte om aan Christus gelyk te wees nie, want dan is hulle God aan hulle gelyk en watter tipe God is dit? Hoe kan die vrou opsien na ‘n man wat aan haar gelyk is?
Wanneer ‘n vrou vir ‘n baas werk is sy hom onderdanig, want hy is die baas, maar wanneer sy by haar man kom is die betekenis van onderdanig skielik anders. Sy sal nie vir haar baas voorskryf wat om te doen nie en sy sal ook nie met hom raas as sy kantoor deurmekaar is nie. Sy sal hom nie kritiseer in sy optrede nie en sy sal hom nie teëgaan in sy besluite nie, want sy is hom onderdanig. Presies dieselfde geld vir haar man.
Wanneer ‘n man sien dat sy vrou onvoorwaardelik onderdanig aan hom is, tree hy baie verantwoordelik op, omdat hy dan alleen verantwoordelik is. As sy egter aan hom gelyk is, sien hy haar as mede-verantwoordelik en sy manlikheid in die verhouding word geneutraliseer.
Indien ‘n vrou haar man net één keer kritiseer, kan daardie een keer hulle verhouding vir jare negatief beïnvloed. ‘n Vrou wat haar man gereeld kritiseer sê indirek vir hom dat hy nie goed genoeg is nie en daardeur eer sy hom nie en sy vermoë om manlik teenoor haar op te tree in die verhouding, verdwyn.
‘n Ma is uiters versigtig wat sy vir haar kinders sê om nie skade in hulle opvoeding te veroorsaak nie, maar sy neem aan dat haar man sterk is en nie beïnvloed sal word deur kritiek nie, dit is ‘n groot fout. ‘n Opregte vrou se kritiek staan ten doel om ‘n man se verkeerde optrede te korrigeer, maar sy bereik die teenoorgestelde deurdat kritiek altyd ‘n uiters negatiewe reaksie by hom gaan veroorsaak. ‘n Vrou het egter die vermoë om met vroulikheid ‘n man se verkeerde optrede te korrigeer, sonder dat hy negatief daarteen sal reageer. ‘n Man kom voor asof sy vrou se woorde min invloed op hom het, maar intussen is hy uiters sensitief vir haar woorde en dit het ‘n geweldige invloed op hom.
‘n Vrou moet aan haar eie man onderdanig wees ter wille van haar verhouding met hom. Die oomblik wat sy ‘n ander persoon se gesag bo haar eie man se gesag aanvaar, is hulle verhouding se wind uit, al is dit haar eie pa. Sy mag ter wille van hulle verhouding onder geen ander man se gesag staan nie.
Sy mag ook met geen ander man ‘n vriendskapsverhouding sonder haar man teenwoordig hê nie, nie eers op sosiale media nie, dit haal die ook die wind uit hulle verhouding uit.
‘n Man is manlik as hy ‘n vroulike vrou het wat net aan hom onderdanig is en net sy goedkeuring wil hê. ‘n Manlike man wat in so ‘n verhouding met sy vroulike vrou staan, is onkeerbaar. ‘n Vrou mag nie haar man jaloers maak op ander mans deur haar vriendelike houding teenoor hulle nie, maar moet ander mans jaloers maak op haar man, deur haar verhouding met hom.
Indien ‘n vrou beleef dat haar eie vermoë baie beter as haar man se vermoë is, is sy in groot gevaar om hulle verhouding te laat misluk. Die oomblik wat sy bo hom uitstyg, is hulle huweliksverhouding verby. Hy is nie meer die manlike persoon in die verhouding nie en sy is nie meer die vroulike persoon in die verhouding nie.
Wat staan haar dan te doen as sy sien haar vermoë is beter as haar man se vermoë? Sy moet besef dat haar man se vermoë haar plafon is en sy mag ter wille van haar eie geluk, in die verhouding, nie by hom verby groei nie. Wat sy egter kan doen is om haar man se vermoë te verhoog op ‘n baie versigtige vroulike manier, sonder dat hy dit agterkom. Hoe hoër hy gaan, hoe hoër kan sy gaan.
Wat gebeur as ‘n man ‘n deugniet is en sy vrou is onderdanig aan hom en eer hom, maar hy bly ‘n swakkeling in die verhouding? Eerstens moes sy dan nie met hom getrou het nie, en tweedens, as sy wel met hom getrou het, volhard in haar getrouheid as ‘n deugsame vrou en Vader sal haar eer.
Efésiërs 6:5-8 Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus; (6) nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen (7) en met goedwilligheid die Here dien en nie mense nie, (8) omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang, of hy ‘n slaaf is of ‘n vryman.
1 Petrus 2:18-23 Diensknegte, wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is. (19) Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly. (20) Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly—dit is genade by God. (21) Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg; (22) Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; (23) wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel;
‘n Vrou se magtigste wapen in die huwelik is haar vroulikheid en haar mees vernietigende optrede is om met haar man te kompeteer vir gesag. Vroulikheid en onderdanigheid is tot haar eie voordeel.
Spreuke 31:10-12 Alef. Wie sal ‘n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale. (11) Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie. (12) Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE
SPREUKE 31: 10 – 31 Wie sal ‘n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie. Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande. Sy is soos die skepe van ‘n handelaar—van ver af bring sy haar brood in. En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies. Sy dink na oor ‘n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy ‘n wingerd. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig. Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas. Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige. Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof. Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit. Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars. Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar: Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; ‘n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word. Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poorte.

OPENBARING (2025)
OPENBARING 2025 (Profeties oor wat nog moet gebeur.)
VOORWOORD
Afdeling 1: Hoofstukke 1 – 4, die Gemeentes.
Afdeling 2: Hoofstukke 5 – 11, die seëls van die Boek.
1) 4 Perde. 1ste Wit perd, boog, kroon, oorwinnaar. Openb. 6:2
2) 2de Vuurrooi perd, vrede van die aarde weggeneem. Openb. 6:2-4
3) 3de Swart perd, skaal. Openb. 6:5 – 7
4) 4de Vaal perd, sy naam = die dood. Openb. 6:8
5) Siele onder die altaar. Openb. 6:9
6) Wederkoms, verseëldes word weggeneem voor Sy wraak. Openb. 6:12 – 17
7) Sewe engele met sewe basuine. Openb. 8
• 1) ’n Derde van die natuur het verbrand. Openb. 8:7
• 2) ’n Derde van die see het bloed geword. Openb. 8:8
• 3) ’n Derde van die riviere en waterfonteine is beskadig. Openb. 8:12
• 4) ’n Derde van die dag en nag is beskadig. Openb. 8:12
• 5) Abadon, gevalle engel, pynig die mense 5 maande. Openb. 9:1 – 12
• 6) Armagéddon. Openb. 9:13 – 21
• Yahshua aanvaar Sy koningskap. Openb. 17:15
Afdeling 3: Hoofstukke 12 – 16, Johannes sien ’n gesig.
• Vrou met kroon van twaalf sterre. Openb. 12:1
• Vuurrooi draak met sy een derde gevalle sterre. Openb. 12:3
• Draak wil haar Kind verslind sodra Hy gebore word. Openb. 12:4
• Manlike Kind word weggeneem na GOD in die hemel. Openb. 12:5
• Oorlog in die hemel tussen Draak en Migael. Openb. 12:7
• Draak verloor en word na die aarde verban. Openb. 12:9
• Wees verheug hemele, weë die bewoners van die aarde. Openb. 12:12
• Die Draak vervolg die vrou en haar nakomelinge. Openb. 12:17
Johannes sien ’n dier wat uit die see uit opkom soos ’n luiperdBabilon, voete soos ’n beerMede en Perse, bek soos ’n leeuGrieke. (Daniël 7)
• Een van sy sewe koppe is dodelik gewond. Openb. 13:3
• Hy voer oorlog teen die heiliges en oorwin. (Wie kan teen hom oorlog voer?) Openb. 13:7
• Al die bewoners van die aarde sal hom aanbid en ’n mond is aan hom gegee. Openb. 13:8
Johannes sien ’n dier uit die aarde uit kom. Openb. 13:11
• Hy ontvang die mag van die eerste dier en dwing die mense om die eerste dier te aanbid. Openb. 13:12
• Hy gee aan die mense ’n merk om te koop en verkoop. 666 Openb. 13:16
○ Wederkoms, die Lam staan op die berg saam met Sy verlostes. Openb. 14:1
○ Engele kondig Sy wraak aan op hulle wat die merk van die dier het. Openb. 14:6
Sewe engele met sewe skale wat die grimmigheid van GOD het. Openbaring. 16:1
• 1) Bose swere aan die mense. Openb. 16:2
• 2) See word bloed. Openb. 16:3
• 3) Riviere en fonteine word bloed. Openb. 16:4
• 4) Son skroei die mense. Openb. 16:8
• 5) Mense word gepynig deur skaal wat uitgegooi word op die troon van die dier. Openb. 16:10
• 6) Armagéddon. Openb. 16:12 – 16
• 7) Dit is verby! Openb. 16:17
Afdeling 4: Hoofstukke 17 – 19: 10, Die hoer van Babilon.
• Sy dryf handel met die konings van die aarde en is baie ryk.
• Haar val gebeur in ’n oomblik.
Afdeling 5: Hoofstuk 19:11 – 22.
• Wederkoms. Openb. 19:11
• Armagéddon. Openb.19:12 – 21
• Die Draak vir ’n duisend jaar gebind. Openb.20:1 – 3
• Trone word reggesit vir hulle wat moet oordeel. Openb. 20:4 – 6
• Na die duisend jaar word die Draak ontbind. Openb. 20:7
• Hy hits die Gog en Magog op om oorlog te maak teen Yahshua. Openb. 20:8
• Vuur uit die hemel verteer hulle. Openb. 20:9
• Die Duiwel word in die poel van vuur gegooi. Openb. 20:10
• Die Wittroon Oordeel. Openb. 20:11 – 15
○ ’n Nuwe hemel en aarde. Openb. 21:1 – 8
○ Die bruid van die Lam, die Nuwe Jerusalem, daal uit die hemel neer. Openb. 21: 2 – 6
WAT SIEN ONS NIE:
1) Die kerk wat met Yahshua trou.
2) Die Antichris.
3) Die wegraping.
Nog studies oor Openbaring:
Openbaring van Yahshua Messias (2022)
Profesië van JESAJA met betrekking tot die boek OPENBARING (2022)
Profesië van JEREMIA met betrekking tot die boek OPENBARING (2022)
Profesië van JOËL met betrekking tot die boek OPENBARING (2022)
MIGA met betrekking tot Openbaring (27-10-2022)
Psalm 2 – 110 en 91 met betrekking tot Openbaring (01-11-2022)
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

NÚMERI (2025)

LEVÍTIKUS 2025

Is dit nou die einde van die Boervolk? (2025)
Banie Swanepoel: Die blankes in Suid Afrika, en veral die Afrikaner blankes, is nie welkom in hulle eie land nie, maar word deur die ander rasse gehaat en dit word openlik gesê.
001 – Is dit nou die einde van die Boervolk? (13-04-2025)
Die blankes in Suid Afrika, en veral die Afrikaner blankes, is nie welkom in hulle eie land nie, maar word deur die ander rasse gehaat en dit word openlik gesê.
Die amptelike regering verklaar dat grond by die blankes weggeneem moet word om aan “ons” mense gegee moet word. Die blankes is dus nie deel van die sogenaamde “ons” mense nie, maar word na 400 jaar nog beskou as kolonikuste. Hoewel die swart nasies in Afrika geen geskiedenis kan ophaal nie, is hulle bewering dat alle grond in Afrika aan hulle behoort, omdat hulle nog altyd in Afrika is.
Byeenkomste, met meer as 50 000 deelnemers, sing liedere wat die menigtes aanhits om die Boere te skiet en daarom is plaasmoorde al normaal in Suid Afrika. Hierdie liedere wat die moord op die blanke aanhits, was in die hof verdedig, maar die hof het beslis dat dit gedoen mag word.
Daar is meer as 120 amptelike landswette wat openlik diskrimineer teen die blankes van Suid Afrika en nog strenger wette word beplan. Grondonteiening sonder vergoeding word gemik teen die blankes wat nog op plase bly, om hulle grond ook weg te neem. Nadat Amerika hierdie gebeure aan die wêreld bekend gemaak het, word die blanke in Suid Afrika nog meer gehaat deur die res van die inwoners in Suid Afrika.
In 1994 het die blanke regering van Suid Afrika ‘n eerste wêreld land oorhandig aan ‘n swart regering wat dit net geplunder en vernietig het vir eie belang, sodat daar vandag net ‘n leë dop oor is. Energie- en watervoorsiening hang aan ‘n draadjie en dit is vir die swart regering geen abnormaliteit nie, omdat hulle geen sin vir verantwoordelikheid het nie. Paaie en ander vervoer is ook op hul einde. Die weermag bestaan nie meer nie en ons het ‘n lugmag sonder vliegtuie.
Wanneer die blankes hierdie vernietiging van instansies waarneem, probeer hulle hul eie inisiatief gebruik om alternatiewe te skep soos skole, universiteite en selfs dorpe, maar omdat dit dan die ander inwoners van die land tot skande is, wil hulle dit met alle mag vernietig.
Hoe het ons tot in hierdie toestand gekom?
Omdat ons as blankes geïndoktrineer en gebreinspoel was, reeds in die tagtiger jare, naamlik deur te verklaar dat alle rasse dieselfde is, is ons as blankes nou verbaas oor wat nou in die land gebeur, maar die swart rasse wat die land moet bestuur vind geen fout met dit wat gebeur nie, vir hulle is dit normaal. Ons as blankes se verwagting is nog steeds dat hulle op ‘n stadium moet agterkom hoe die lewe werk en waarmee hulle besig is en dan verander en dan die land regruk en reg bestuur, maar hulle kan nie, hulle het nie die vermoë nie. Hulle is anders as ons en ons is nie dieselfde as hulle nie.
Hierdie feit het homself oor die laaste 30 jaar openbaar en tog kan meeste mense dit nog nie sien nie. Nêrens in Afrika het dit anders gewerk nie en hier sal dit ook nie gebeur nie. Ons as blankes wat nie in armoede wil bly nie, werk elke dag lang ure om dit te voorkom, maar die swart ras gee nie om om in armoede te bly nie, want dit is vir hulle normaal. As daar nie elektriese krag is nie, gebruik hulle net ‘n kers. As daar ‘n sinkgat in die pad is, maak hulle net die pad toe. As daar nie genoeg geld vir die regering is om die land te bestuur nie, maak hulle net die belasting meer.
Net soos wat mans en vroue nie dieselfde is nie, is rasse nie dieselfde nie, maar die liberalis probeer ons daarvan oortuig dat nie so is nie. As ons kan wakker word en die waarheid sien, sal die waarheid ons vry maak. Omdat mense gemaklik is in ‘n gemaksone, wil hulle gewoonlik nie die waarheid weet nie, want dit is ongemaklik, maar omdat omstandighede in ons land so haglik raak, is die gemaksone besig om ongemaklik te word en daarom begin al meer mense bereid word om alternatiewe waarheid te oorweeg.
Die CIA het jare gelede al ‘n eksperiment gedoen waar hulle 15 mense getoets het, maar 14 van hierdie mense was CIA-agente wat deel van die toetsers was. Aan al 15 “deelnemers” is ‘n tekening van ‘n driehoek gegee en hulle moes dan sê wat hulle sien. Al 14 die agente het eerste gesê dat dit ‘n sirkel was, hoewel dit ‘n driehoek was.
Die 15de persoon was die enigste een wat nie ingelig was nie en was dan verbaas dat almal sê dit is ‘n sirkel, hoewel dit ‘n duidelike driehoek was. Omdat almal gesê het dat dit ‘n sirkel was, het die 15de persoon nie kans gesien om met almal te verskil nie en het dan gesê dat dit ‘n sirkel is. Almal kan tog nie verkeerd wees nie, daar is seker fout met my en ek wil nie hê die mense moet dink ek is mal nie.
Bykans nooit het dit gebeur dat iemand as die uitsondering sou erken dat dit ‘n driehoek is nie, hoewel dit ‘n duidelike driehoek was. Hierdie konsep is dan deur die CIA toegepas om die massas van ander sieninge te oortuig, deur die media in te span en oor en oor te sê wat waarheid volgens hulle is, hoewel dit dan ‘n volkome leuen was.
In Suid Afrika was hierdie tegniek ook deur dieselfde CIA toegepas en meeste mense het net aanvaar wat deur die koerante, TV, skole, universiteite en veral predikante gesê was. Hierdie instansies het almal saamgespan om die blanke ras, wat altyd geweet het hulle is anders, te oortuig dat hulle dieselfde as alle ander rasse is.
Vir sesduisend jaar was apartheid normaal, anders sou daar nou al net een ras gewees het, maar met hulle metode het hulle ons almal gekondisioneer om te aanvaar dat apartheid ‘n skande is. Almal aanvaar dat apartheid verkeerd is, maar niemand weet hoekom nie. Almal aanvaar dat ons maskers moet dra vir die virus, want al die dokters en media sê so.
Daar is egter die enkeling wat hierdie indoktrinasie ‘n myl vêr sien aankom en dadelik weet dit is ‘n driehoek en dadelik sê dit is ‘n driehoek, omdat hulle nie bereid is om net te glo wat almal sê die waarheid is nie. In ons Boere Afrikaner gemeenskap is heelwat sulke mense en nog meer van hulle word wakker uit die beswyming waar in hulle geplaas was deur die Dominee en ander media.
Wat het dit te doen met ons tema? Die Bybel sê die waarheid sal ons vry maak en almal wat onder die betowering van die wêreldheersers kan uitkom, is kandidate om by die waarheid van God se Woord te kan uitkom. Dit is ‘n ongewilde pad, want jy is die een wat die driehoek sien en dan erken dat dit ‘n driehoek is. Almal wat bang is om die waarheid te erken, sal dan saam met die wat die leuens versprei spot dryf met die enkeling wat by die waarheid staan.
So wat is dan die waarheid wat ons vry sal maak?
Omdat alle rasse nie deur God dieselfde gemaak is nie, verskil hulle in hoe hulle lyk en ook in hulle optrede en opvattinge wat nie kan en sal verander nie. God voel ook nie dieselfde oor al die rasse nie en hoewel die Bybel duidelik daaroor is, verander die predikante die Bybel om dit te verberg.
God het ‘n geslag uitverkies en met hulle ‘n verbond gemaak. Die implikasie is dat Hy nie met die ander geslagte op die aarde ‘n verbond gemaak het nie. Die indoktrinasie-masjien se boodskap verklaar dat almal voor God dieselfde en gelyk is, maar God verklaar dat almal nie voor Hom dieselfde is nie.
Exodus 11:7 Maar teen geeneen van die kinders van Israel sal ‘n hond sy tong verroer nie, van die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat die HERE ‘n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete.
God het met ‘n sekere geslag ‘n verbond (die eerste verbond) gemaak en toe Hy die tweede verbond maak, toe maak Hy dit weer met dieselfde mense.
Hebreërs 8:8 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,
Die eerste persone met wie God hierdie verbond gemaak het, was met Abraham, sy seun Isak en die se seun Jakob. God maak met húlle ‘n verbond en sê dat Hy húlle God sal wees en húlle en húlle nageslag sal sy volk wees. Húlle kan Hom aanroep in ‘n tyd van benoudheid en Hy sal húlle uitred. So het Hy met geen ander nasie gedoen nie.
Levítikus 26:12 En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ‘n God wees, en júlle sal vir My ‘n volk wees.
(Aan die ander nasies: Ek sal nie in júl midde wandel nie en nie vir júlle ‘n God wees nie, en júlle sal nie vir My ‘n volk wees nie.)
Die rede waarom God hierdie geslag van Abraham, Isak en Jakob uitverkies het bo al die ander nasies wat op die aarde is, is omdat Hy hulle lief het. Die implikasie is dat die nasies met wie Hy nie ‘n verbond het nie, Hy nie liefhet nie.
Deuteronómium 7:6-8 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendoms volk te wees. (7) Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. (8) Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
Omdat God met hierdie uitgesoekte volk ‘n liefdesverbond het, maak Hy beloftes aan hulle. Wanneer hulle in die nood is en hulle Hom roep, sal Hy hulle uitred. Hulle vyande is sy vyande en Hy sal hulle van hul vyande verlos.
Deuteronómium 33:29 Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? ‘n Volk wat deur die HERE verlos is, die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande julle al kruipende aan jou onderwerp; maar jy sal op hulle hoogtes stap.
Jesaja 43:1-4 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! (2) As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. (3) Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. (4) Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
Hierdie volk het ‘n groot voorreg om ‘n Almagtige God te hê wat al hulle vyande beskou as sy Eie vyande. Deur die eeue het Hy hulle uit al hulle benoudhede gered en tot vandag doen Hy dit nog, maar wie is hierdie volk vandag en wat het dit met die bedreigde Boere Afrikaners in Suid Afrika te doen.
Daar is ‘n groot waarheid wat vir ons weggesteek word deur die propaganda-masjien en as ons hierdie waarheid weet, sal dit ons vry maak. Die propaganda-masjien sê elke dag en heel dag op elke moontlike media dat die driehoek ‘n sirkel is en net die wat bereid is om uit te staan uit die massas, sal die waarheid kan sien.
In die jaar 1838 is die Boere Afrikaners van vandag, se voorouers in ‘n lewensgevaarlike situasie toe minder as 400 van hulle oorlog moes maak teen meer as 20 000 Zoeloes. Die Boere roep tot die God van hulle voorvaders en Hy hoor hulle stem en verlos hulle soos wat Hy nog altyd deur die eeue gedoen het. 10 000 Zoeloes sterf en nie een van die Boere nie.
God sê dat Hy die God is van net een geslag op die aarde en hier word een volk verlos, deur ‘n wonderwerk, ten koste van ‘n ander volk, en nog steeds wonder ons wie die uitverkore geslag is wie tot God kan roep en Hy hulle dan uit red.
Jesaja 43:3 Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
Romeine 9:17-21 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. (18) So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. (19) Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? (20) Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? (21) Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
Die propaganda-masjien kry dit al vir baie eeue reg om hierdie waarheid weg te hou van hierdie uitverkore geslag waarvan die Boere-Afrikaners deel is. Vandag is ons die nageslag van hierdie mense wat deur God gered was en daarom staan ons met Hom in dieselfde verhouding as hulle. As ons Hom aanroep, sal Hy ons uitred. Dit maak nie saak hoe groot die teenstanders is nie.
;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;’;
002 – Is dit nou die einde van die Boervolk? (20-04-2025)
Slegs wanneer ons weet ons het ‘n God wat met ons ‘n verbond het en Hy het nie met ons vyande ook ‘n verbond nie sal ons in staat kan wees om in Hom te kan glo en op Hom te kan vertrou. As Hy met ons vyande ook ‘n verbond het hoe sal ons op Hom kan vertrou vir verlossing, want dalk verlos Hy hulle eerder a ons ten koste van ons. Die uitkoms van hierdie gedagte in ons hart sal ons vertroue en geloof in God bepaal.
As God se volk, met wie Hy ‘n verbond het, in Hom glo en tot Hom roep om hulp sal Hy hulle uitred. As God se volk se vyande tot Hom roep vir hulp, sal Hy hulle nie uitred nie, want Hy het geen verbond met hulle nie. Sy eie volk weet dan dat hulle op Hom kan vertrou, want Hy het reeds hulle kant gekies, omdat Hy met hulle ‘n verbond het.
Die owerhede, die magte, die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu en die Bose geeste in die lug weet dit en daarom is dit by hulle hoogste prioriteit dat die volk van God dit nie moet weet nie en veral nie moet weet dat hulle sy volk is en dan met Hom ‘n verbond nog ook het nie. Hulle mag nie weet dat hulle die uitverkorene uit al die volke wat op die aarde is, is nie en dat die Almagtige Skepper met hulle ‘n verbond het nie, maar hulle moet so min as moontlik weet en so gou as moontlik onder die indruk geplaas word dat alle volke voor God gelyk is en dat Hy geen onderskeid maak nie.
Jesaja 5:13 Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.
Hoséa 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp,
Die propaganda-masjien het ‘n paar wapens om die ware Israeliete weg van die verbond wat hulle met die Allerhoogste het, te hou.
- Hulle weet niks van die verbond en die uitverkiesing af nie. Hou hulle besig met ander onderwerpe.
- Hulle word geleer dat die Nuwe Verbond met die kerk gemaak is en dat die kerk die bruid van Yahshua is
- As hulle nuuskierig raak oor die uitverkiesing, word hulle geleer dat die Jode die uitverkore volk van God is, hoewel die Bybel sê dat hulle wat sê dat hulle Jode is, lieg, maar is in werklikheid ‘n sinagoge van die Satan is.
Openbaring 2:9 Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.
Openbaring 3:9 Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.
Omdat God met die Israeliete ‘n verbond gehad het, kon hulle Hom aanroep in Egipte en Hy het hulle verhoor. Nie omdat hulle beter en groter as die ander volke was nie (hulle was die geringste), maar omdat Hy hulle lief gehad het en ‘n verbond met hulle gehad het.
Slegs wanneer ons kan ontsnap uit die leuen wat ons gevange hou in die kerker, sal ons in staat wees om in ons God te kan glo. Omdat die propaganda-masjien (deur die preekstoel) vir ons leer dat God verbonde maak en dit dan weer kanselleer en ‘n eed sweer en dit dan later weer laat vaar, veroorsaak dit dat ons vertroue in God verloor, omdat Hy nie getrou aan sy Woord is nie en dan is dit vir ons onmoontlik om in Hom te kan glo. As ons nie in Hom glo nie, sal ons Hom nie vertrou vir ons verlossing nie en sal dan op ons eie vermoë probeer staatmaak.
Jeremia 33:24 Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie.
As ‘n vriend jou belowe om jou te kom help trek en hy daag nie op nie en later sê hy dat iets anders voorgeval het, sal jy vanselfsprekend volgende keer twyfel of hy gaan opdaag. As Hy weer nie opdaag nie, sal jy moeilik in hom kan glo, want sy woord is nie veel werd nie. As God beloftes maak en nie daarby hou nie, hoe sal ons in enige van sy beloftes kan glo?
Génesis 17:7-8 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. (8) En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.
Exodus 2:23-25 En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God. (24) En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob. (25) En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken.
As God met ‘n eed aan Abraham belowe dat Hy vir hom en sy nageslag tot in ewigheid ‘n God sal wees, maar later laat vaar Hy die verbond en maak ‘n soortgelyke verbond met die kerk, is God se Woord dan betroubaar? Kan ons Hom glo as Hy belowe om ons te red wanneer ons deur ‘n dal van doodskaduwee gaan, of wanneer Hy sê Hy sal ons siel red van die hel? Hoe kan ons Hom dan vir die een belofte glo, maar Hy is onbetroubaar vir die ander?
Dawid was totaal oortuig dat hy die reus gaan verslaan omdat hy heeltemal bewus was van sy verbond met God. Hy het ook ‘n vaste vertroue gehad dat God getrou sal wees aan sy verbond, en dit is die definisie van geloof.
1 Samuel 17:26 Daarop het Dawid die manne wat by hom staan, gevra en gesê: Wat sal met die man gebeur wat hierdie Filistyn verslaan en die smaad van Israel wegneem? Want wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die lewende God durf uitdaag?
1 Samuel 17:36 U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het.
Dawid het ‘n verbond met die Almagtige gehad en die Filistyn het nie en daarom was die uitkoms van hierdie geveg vir Dawid geen verborgenheid nie. Dawid was heeltemal bewus daarvan dat hy ‘n seun is en dat die reus ‘n geoefende soldaat was. Verder het Dawid net ‘n slingervel gehad, waar die reus ‘n wapenrusting gehad het. Vir die normale menslike oog was Dawid op pad na ‘n gewisse dood, maar vir Dawid was hy op pad na ‘n ongetwyfelde oorwinning.
1 Samuel 17:43-51 En die Filistyn vra vir Dawid: Is ek ‘n hond dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode. (44) Verder sê die Filistyn vir Dawid: Kom na my toe, dat ek jou vlees aan die voëls van die hemel en die diere van die veld kan gee. (45) Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het. (46) Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel ‘n God het. (47) Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee. (48) Toe die Filistyn hom dan klaarmaak en aldeur nader kom om Dawid te ontmoet, loop Dawid gou na die vegterrein om die Filistyn te ontmoet; (49) en Dawid steek sy hand in die tas en neem ‘n klip daaruit en slinger, en hy tref die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die grond val. (50) So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met ‘n slinger en ‘n klip. En hy het die Filistyn verslaan en hom gedood alhoewel daar geen swaard in Dawid se hand was nie. (51) Daarop het Dawid gehardloop en by die Filistyn gaan staan en sy swaard geneem, dit uit sy skede getrek en hom van kant gemaak, en hy het daarmee sy hoof afgekap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood was, het hulle gevlug.
As gevolg van die verbond is God self betrokke by die geveg en gee Hy die oorwinning. Dit maak nie saak hoe klein Dawid is en hoe groot is die reus nie, die oorwinning is baie maklik vir YHWH.
Psalm 33:16-22 ‘n Koning word nie verlos deur ‘n groot leër, ‘n held nie gered deur groot krag nie. (17) Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie. (18) Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag; (19) om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood. (20) Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild; (21) want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou. (22) Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!
Gideon vat ‘n hele weermag om die Midianiete te verslaan, maar God bewys dat getalle niks beteken nie en dat dit glad nie die uitkoms bepaal nie, soos met die slag van Bloedrivier.
Rigters 7:2-4 Toe sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos. (3) Roep dan nou tog uit voor die ore van die manskappe en sê: Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai van die gebergte van Gílead af. Toe het daar van die manskappe twee en twintig duisend omgedraai, en tien duisend het oorgebly. (4) Daarop sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan—dié mag met jou saamgaan
Rigters 7:7 Toe sê die HERE vir Gídeon: Deur die drie honderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee; maar al die ander manskappe kan elkeen na sy woonplek gaan.
Rigters 7:22 En toe die drie honderd op die ramshorings blaas, het die HERE die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Seréda toe, tot by die oewer van Abel-Mehóla by Tabbat.
Sodra ons vry kan kom van die leuen wat ons gevange hou, sal ons in staat wees om die waarheid te glo. Dit wat ons van die waarheid weghou, is die potensiële skande wat ons mag oorkom. Sodra ons die waarheid glo, deur in ons God te glo, sal niemand teen ons kan staan nie en sal Hy ons van ons vyande verlos. Dit is nie die einde van die Boere-Afrikaners nie, want ons het ‘n God en ons het ‘n verbond met Hom.
Net Dawid het in God geglo en al die ander Israeliete het gebewe vir die reus, maar God het net een persoon nodig wat in Hom glo en dit kan enige een van ons wees. As almal Baäl wil volg en jy is die enigste een wat YHWH volg, laat dit so wees. Al die bewoners van die aarde sal die Draak aanbid, behalwe hulle wat die waarheid liefhet en die waarheid soek. Hulle alleen sal God vind, want God is waarheid.
Is die verbond waarlik op ons ook van toepassing?
Deuteronómium 4:25-31 As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in die land verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle ‘n gesnede beeld maak, ‘n gelykenis van enigiets, en doen u wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God om Hom te terg, (26) dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word. (27) En die HERE sal julle onder die volke verstrooi, en ‘n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die HERE julle sal drywe. (28) En daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie. (29) Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek. (30) As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister. (31) Want die HERE jou God is ‘n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.
Die keuse is elkeen van ons se eie. As ons bly glo in ‘n wêreldse God wat die God van ons en ons vyande is, sal ons nooit geloof in Hom kan hê om ons van ons vyande te verlos nie. As ons egter weet dat Hy ons God is en ons vyande is sy vyande, soos die reus was, dan sal Hy ons verlos van al ons vyande as ons Hom aanroep, want ons het ‘n verbond met Hom.
As my verhouding met die wêreld egter vir my belangriker is as my geloof in God, sal ek glo wat die propaganda-masjien (deur die preekstoel) vir my leer en hoewel ek dan by hulle gewild sal wees, sal ek nie die vermoë hê om in God te kan glo nie.
Filippense 2:12 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;
Joshua 24:14-15 Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die HERE. (15) Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Drie enige GOD (2025)
Banie Swanepoel:
001 – Drie enige God (2025)
Drie enige God is nie ‘n term wat uit die Bybel uit kom nie en daarom moet ons versigtig wees watter betekenis ons daaraan heg, omdat elke mens se definisie daarvan sal verskil. Volgens die algemene aanvaarde verklaring, beteken dit dat God drie persone is, maar tog net een God.
Die drie persoonlikhede is die persoon van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, maar tog is daar nie drie Gode nie. Ons as mens kan ook drie persoonlikhede aanneem; pa van my kinders, man vir my vrou en onderwyser by die skool, maar ons kan dit nie gelyktydig doen nie.
Net soos ons meer as drie persoonlikhede kan aanneem, kan God ook. So, dit is gevaarlik om Hom te definieër as ‘n “drie enige God”, want dalk is Hy vier of dalk is Hy honderd.
Die Romeinse Kerk het die “drie” ongelukkig oorbeklemtoon en die gevolg is dat mense verward raak en dink dat daar dalk drie gode is wat tog net een God is.
Hoewel Hy reeds in die tyd van die Ou Verbond gemanifesteer het in drie persone, sien hulle Hom eers in die tyd van Yahshua as drie.
Daar is net een God, maar Hy kan as meer as een persoon gelyktydig manifesteer. Ons as mens kan dit glad nie doen nie en daarom dink ons dat God dit ook nie kan doen nie, maar Hy is God vir wie niks onmoontlik is nie en ons is die mens wat deur Hom geskape is sonder so ‘n vermoë.
Die Engel van God verskyn telkens aan mense gedurende die tyd van die Ou Verbond, maar dit is nie ‘n afgevaardigde engel van God af nie, maar God self in die vorm van ‘n Engel. Terwyl Hy dan as Engel op die aarde is, is Hy ook nog Alomteenwoordige en Almagtige God van al die hemele.
- Rigters 2:1 Toe trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met ‘n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;
- Rigters 13:17-22 Daarop vra Manóag die Engel van die HERE: Wat is u naam, dat ons U kan vereer as u woord uitkom? (18) En die Engel van die HERE sê vir hom: Waarom vra jy dan na my naam terwyl hy wonderbaar is? (19) Toe neem Manóag die bokkie en die spysoffer en offer dit op die rots aan die HERE terwyl Hy wonderbaarlik handel voor die oë van Manóag en sy vrou: (20) toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die HERE in die vlam van die altaar opgevaar; en Manóag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval. (21) En die Engel van die HERE het verder nie meer aan Manóag en sy vrou verskyn nie. Daarop bemerk Manóag dat dit die Engel van die HERE was. (22) En Manóag sê vir sy vrou: Ons sal sekerlik sterwe, omdat ons God gesien het.
- Maleági 3:1 Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare.
Die Engel van YHWH is Yahshua, want Hy is die Engel van die Verbond. Yahshua is dus die Engel van YHWH en die Engel van YHWH is YHWH self.
Wanneer daar ‘n sekere taak is wat die Alomteenwoordige God in ‘n sienlike gedaante wil doen, sodat die mense Hom kan sien, neem Hy ‘n sienlike liggaam aan van ‘n engel, maar toe Hy die Engel van die Verbond was, het Hy die liggaam van ‘n mens aangeneem. Net soos wat Hy tegelyk alomteenwoordig kan wees terwyl Hy ook die Engel van YHWH is, net so kan Hy ook te gelyke tyd in die liggaam van ‘n mens wees, maar nog steeds alomteenwoordig.
Die rede waarom Hy die liggaam van ‘n mens aangeneem het, verduidelik vir ons waarom Hy mens geword het en nie as Engel van YHWH gekom het nie.
- Hebreërs 10:5-7 Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ‘n liggaam berei. (6) Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie. (7) Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om u wil te doen, o God.
- Hy moes ‘n menslike liggaam hê om die sondes van hulle, wat ook menslike liggame het, op sy menslike liggaam te kon neem.
- Hy moes in alle opsigte aan hulle gelyk wees om ‘n regverdige alternatief vir die straf te kon wees.
- Hy moes, soos hulle, ‘n vleeslike liggaam hê wat van nature geneig is tot die sonde, sodat dit geregverdig sal wees dat Hy in hulle plek kon sterf.
- In die liggaam van ‘n Engel van God sou Hy nie kon sterf nie en daarom moes Hy ook ‘n sterflike liggaam hê met ‘n sterflike liggaam se vernederde eienskappe.
- Hebreërs 2:17-18 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. (18) Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.
Omdat Hy in alle opsigte aan ons as mens gelyk moes wees voordat Hy ons hoëpriester kon word, moes Hy verander van die Almagtige Alomteenwoordige God na ‘n vernederde, verlaagde God, maar ter selfde tyd nog steeds die Alomteenwoordige instandhouer van alle dinge.
Hebreërs 2:9 maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.
Omdat ons minder as die engele is, moes Hy minder as die engele word sodat Hy ook soos ‘n mens kan sterf. Hy moes ook eet, want Hy het honger geword en sou soos ons kon sterf van honger, al was Hy God. Hy het ook gerus, want Hy het moeg geword, net soos ons. Hy het ook benoud geword, net soos ons, en Hy het ook tot Vader gebid, net soos ons. Hy was ook versoek en kon kies om die sonde doen, net soos ons. Hy het egter niks sonde gedoen nie, sodat Hy sondeloos kon sterf en dan ons sonde op Hom kon neem.
Omdat Hy die vermoë het om dieselfde tyd Vader en Seun te wees, maar ons dit nie kan glo nie, want ons verstaan dit nie, verander ons die Bybel om by ons ongeloof aan te pas. Geloof beteken juis om God soos ‘n kind te glo, al verstaan ons nie.
Jesaja 55:8-9 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. (9) Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.
God stel homself voor aan ons met die uitdruklike begrip dat Hy die enigste God is en dat sy Seun nie nog ‘n God is nie.
- Jesaja 44:6 So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.
- Jesaja 45:5-9 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, (6) sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; (7) wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen. (8) Laat dit drup, o hemele, van bo af, en laat die wolke vloei van geregtigheid; laat die aarde oopgaan, en laat heil voortkom en geregtigheid; laat hulle saam uitspruit. Ek, die HERE, het dit geskape. (9) Wee hom wat met sy Formeerder twis—’n potskerf by erdepotskerwe! Sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!
- Hoséa 13:4 Tog was Ek, die HERE, jou God van Egipteland af, en buiten My het jy geen God geken nie, ja, behalwe My is daar geen Heiland nie.
Sy Naam is nie meervoud nie, maar enkelvoud.
Exodus 3:14 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.
Omdat al hierdie Skrif dui op net een God, meen sommige mense dat Yahshua dan nie God kan wees nie, maar dat Hy net die Seun van die Vader is wat namens ons kom sterf het, Hy is net ons oudste Broer.
Yahshua is die Skepper, en God is die Skepper, so Yahshua is dan God:
- Johannes 1:1-10 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. (2) Hy was in die begin by God. (3) Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. (4) In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. (5) En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. (6) Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. (7) Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo. (8) Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. (9) Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. (10) Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
- Gén 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
Yahshua is die Vader en die Vader is Yahshua:
Jesaja 9:5 Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—
Ons soek Yahshua maar ons vind Hom nie omdat ons Hom nie soek vir wie Hy is nie, maar vir wie ons wil hê Hy moet wees. Ons wil hê Hy moet wees soos ons Hom verstaan en hoe Hy aan ons oorgelewer was, maar Hy is wat Hy is en ons moet Hom soek vir wie Hy is.
Johannes 14:7-11 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien. (8) Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. (9) Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader? (10) Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke. (11) Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self.
;’;’;’;-;’;’;’;-;’;’;’;-;’;’;’;-;’;’;’;-;’;’;’;
002 – Drie enige God – Die Heilige Gees (06-04-2025)
Die Heilige Gees is ook nie ‘n derde God wat een is nie, maar daar is net een Gees en dit is God self. God is die Gees en Hy gee aan ons sy eie Gees en nie ‘n ander God as Gees nie.
Johannes 4:23-24 Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. (24) God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
Génesis 1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
Matthéüs 3:16 En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.
Matthéüs 12:28 Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.
Romeine 8:9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
1 Korinthiërs 3:16 Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
Johannes 14:16-18 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: (17) die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. (18) Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
Handelinge 2:1-4 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. (2) En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. (3) Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. (4) En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Watter terminologie ons gebruik is nie belangrik nie, maar om God te ken vir wie Hy is, is belangrik. Om in dogmatiese argumente te verval is dood en tot geen nut vir ons siel nie, maar dodelik vir ons siel.
Filippense 3:5-10 Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, ‘n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, ‘n Fariseër; (6) wat ywer betref, ‘n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik. (7) Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. (8) Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry (9) en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; (10) sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,
Wat doen die Gees van God?
Wanneer die Gees van God teenwoordig is gebeur daar iets, daar is ‘n werking van God deur sy eie Gees wat iets sigbaars laat gebeur.
Númeri 24:2-3 Toe Bíleam sy oë opslaan en Israel sien soos hy volgens sy stamme in die laer staan, het die Gees van God op hom gekom. (3) En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.
1 Samuel 11:6 En die Gees van God het oor Saul vaardig geword terwyl hy dié woorde hoor, en hy het baie kwaad geword.
Eségiël 11:24 Daarna het die Gees my opgeneem en my, in ‘n gesig deur die Gees van God, gebring na Chaldéa, na die ballinge; en die gesig wat ek gesien het, het van my af opgetrek.
Matthéüs 12:26-28 En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan? (27) En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees. (28) Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.
Romeine 8:8-11 En die wat in die vlees is (nie-weergeborene), kan God nie behaag nie; (9) julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon (weergeborene). Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. (10) Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid. (11) En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
1 Korinthiërs 2:10-14 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. (11) Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. (12) Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. (13) Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons (weergeborene) geestelike dinge met geestelike vergelyk. (14) Maar die natuurlike mens (nie-weergeborene) neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
Efésiërs 4:30 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
Jesaja 63:10 Maar húlle was wederstrewig (het teen Hom gerebbeleer) en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ‘n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry. (Wanneer die Heilige Gees in ons werk en ons is kleingelowig deur teen Hom te rebelleer, dan bedroef ons Hom)
Johannes 7:38-40 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. (39) En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. (40) Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE